Bloubuffelgras (Cenchrus ciliaris) Beskrywing : n Meerjarige polvormige gras met ondergrondse wortelstokke. Verspreiding : Inheems aan : Angola, Botswana, Egipte, Ethopië, Ghana, Kenya, Libya, Malawi, Mali, Morocco, Mozambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Senegal, Somalië, Suid Afrika, Sudan, Swaziland, Tanzanië, Uganda, Zambië, Zimbabwe. Ekologie : Grondvoorkeur : Kom meestal natuurlik voor op sanderige gronde, maar is ook aangepas om op sand- en kleileem grondtipes te groei. Vestig moeilik en stadig op turf grondtipes. Benodig redelike vrugbare grond veral wat betref Stikstof, Fosfaat en Kalsium vlakke. P vlakke behoort >10mg/kg te wees. Totale N vlakke moet verkieslik > 0.1% wees. Optimum ph is 7 8 maar sal ook presteer op gronde met n ph van 5.5. Gronde met n ph vlak van laer as 5 is nie geskik nie.
Vogbehoefte : Bloubuffelgras is die mees droogte verdraagsame gras van die reeks grasse wat normaalweg in die republiek as aangeplante weidings gevestig word. Geskik vir gebiede waar reënval van 300mm 750mm per jaar wissel. Kan nie lang periodes van versuip toestande verdra nie. Opbrengs verliese van tussen 15 20% kan verwag word waar die gras vir langer as 20 dae onder versuip toestande verkeer. Temperatuur : Gemiddelde jaarlikse temperatuur in die gebiede waar bloubuffel natuurlik voorkom wissel van 12 28 C. Presteer goed in gebiede waar die minimum winter temperatuur verkieslik hoër as 5 C is. Kan hoë somer temperature verdra. Sterk groei kan by temperature van 36 C en selfs hoër verwag word. Lig : Is nie verdraagsaam teenoor skadu toestande nie. Voorkoms van vuur : Is verdraagsaam teenoor brand. By sommige spesies kan die voorkoms van vuur die stand van die gras verbeter.
Akkerbou : Vestiging : Vars saad het normaalweg hoë vlakke van dormansie. In so n geval is dit raadsaam om die saad vir 6 18 maande na oes onder die regte toestande op te berg. Saai op n fyn, ferm en onkruidvrye saadbed. Dit is belangrik om onkruiddruk gedurende die vestigings fase tot die minimum te beperk. Vasrol na saai word aanbeveel. Plain saad plant moeilik. Agricote Coated Saad plant maklik en kan baie probleme wat tydens plant ondervind word uitskakel. Dit is altyd raadsaam om n grondontleding voor vestiging te laat doen. Saaidigtheid : Rye Agricote 10kg/ha. Breedwerpig Agricote 10kg/ha. Bemesting : Indien Bloubuffelgras op vrugbare gronde geplant word is dit selde nodig om bemesting toe te dien. Indien die gras met n peulgewas gevestig word is dit raadsaam om fosfaat toe te dien. Stikstof toedienings van 50 120kg / ha/jaar word aanbeveel. Met verloop van tyd word Stikstof in die wortel stelsel van die weiding gebind en derhalwe is dit raadsaam om deur middel van n tand implement die boonste grondvlak los te maak. Sodoende word minerale stikstof wat in die organiese material van die bogrond voorkom, vrygestel. Die proses kan elke 3 jaar herhaal word. Instandhoudings bemestings vlakke sal grootliks deur die aanwending van die weiding bepaal word.
Komplimenterende spesies. Kan saam met Rhodesgras, Smutsvingergras en Witbuffelgras gevestig word. Siektes en Plae : Die voorkoms van Bloubuffelgras blaarvlek wat deur die swam (Magnaporte grisea) veroorsaak word kan ernstige opbrengsveliese veroorsaak and selfs die afsterf van die weiding meebring. Die patogeen is hoogs veranderlik in voorkoms en skade volg dieselfde patroon. Sekere Bloubuffelgras tipes is weerstandbiedend teenoor die patogeen. Voortplanting Die gras versprei maklik deur middel van saad wat hoofsaaklik deur wind en water versprei word. Geen natuurlike verspreiding sal egter voorkom op gronde met n ph van minder as 7. Voedingswaarde : Ru proteἵn vlakke wissel van 6-16%. In vitro DMV wissel van 50 60%. Dit sal egter deur groeistadium, kultivar, grondvrugbaarheid en bestuur bepaal word. Produksie potesiaal Bloubuffel vestig stadig. Afhangende van toestande wat tydens vestiging heers kan die weiding na ongeveer 6 9 maande na vestiging benut word. Die gras reageer goed teenoor gereelde sny en/of beweiding. Kwaliteit van die weiding daal vinnig met ouderdom en derhalwe word aanbeveel dat elke 8 weke gesny of bewei word. DM: 2 9t/ha/jaar.
Bestuur, gebied en klimaat sal potensiaal bepaal. Drakrag : 1 3 GVE/ha. Dit sal egter deur die gebied, bestuur, grondvrugbaarheid en reënval bepaal word. Saad produksie : Stikstof toediening is noodsaaklik as die gras vir n saad oes aangeplant word. Stikstof toedienings van 100 200kg / ha / jaar word aanbeveel. Onder idieale toestande kan saadopbrengste van 150 500kg / ha/ jaar verkry word.