GESKENKE AAN N KONING N KERSLES

Vergelijkbare documenten
VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Jesaja sien die Toekoms

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

n Tempel Leier besoek Jesus

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

Welkom by Die Storie God se storie

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

Inhoudsopgawe. Voorwoord... 11

God eer Josef die slaaf

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

'n Man gestuur deur God

Van Vervolger tot Prediker

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

Die Groot Gebod dennis de wet

Die brief aan die Filippense

JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg

Jona en die Groot Vis

Jakkals lê eendag heerlik en

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Vertrou. alles HERE OP DIE MET WAT JY HET. MO ENIE STAATMAAK OP JOU EIE INSIGTE NIE. SPREUKE 3:5

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Les 2 vir 13 Oktober 2018

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

Goeie Konings, Slegte Konings

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Die Here sal jou soos n kroon in sy hand hou, n koning se kroon in die hand van jou God.

Die Here laat ons maai wat ons gesaai het

Preek Efesiërs 4:26. Voor die erediens Sing: Lied 190:1,2,3 Sing: Psalm 4-1:3 Afkondigings Stilte

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

MEKAAR-TEKSTE IN DIE BYBEL

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Jona en die Groot Vis

TOETSE WAT SELFS TUISGESKOOLDE KINDERS MOET SLAAG INHOUDSOPGAWE

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11

1 Waar ek vandaan kom

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Debora. Wyding Sing die Temalied en doen die Stilword-ritueel soos by ontmoeting 1.

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Pragtige Koningin Ester

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Transcriptie:

GESKENKE AAN N KONING N KERSLES Doel: Om kinders te laat besef wat die ware betekenis van Kersfees is en om hulle te inspireer om geskenke aan die Koning te gee in die vorm van die vrug van die Gees. Skrifgedeeltes: Galasiërs 5:22-23 en verskeie ander soos dit voorkom in die teks. Benodigdhede: ʼn Tafel met ʼn tafeldoek, ʼn kersboom sonder enige versierings, nege mooi geskenkdose of sakke. In elke geskenk is daar ʼn kaartjie met ʼn woord en ʼn teksvers agterop. Die woord op elke kaartjie is ʼn aspek van die vrug van die Gees. Inleiding: Vra vir die kinders: Waarna sien jy die meeste uit hierdie Kersfees? Gesels daaroor. Geskenke behoort een van die dinge te wees waarna hulle uitsien. Hier op die tafel is ʼn hele klomp mooi geskenke. Ek wonder wat binne-in is? Wil julle graag weet? Vra ʼn kind om enige geskenk uit te wys en oop te maak. Die kind moet kyk wat daarin is en vir die ander vertel. Dis nie die tipe geskenk wat mens verwag om te kry nie. Is jy ʼn bietjie teleurgesteld dat dit nie ʼn speelding is nie? Hierdie geskenk is eintlik baie beter as ʼn speelding, ʼn DVD of klere. Hierdie geskenk vertel ons hoe Kersfees eintlik gevier moet word. Die Bybel vertel vir ons dat toe Jesus gebore is, daar wyse manne uit die Ooste gekom het om geskenke vir Jesus te bring. (Matt 2:1-12) Hulle het geweet Hy is ʼn Koning en hulle wou aan Hom hulde bring. Watter geskenke het hulle vir hom gebring? (Goud, wierook en mirre). So, Kersfees vier ons die geboorte van Jesus. Eintlik behoort net Hy geskenke te kry, want dis Sy dag. Ons gee geskenke aan mekaar om te wys hoe bly ons is dat Jesus gebore is. Hy is die Verlosser wat uiteindelik na die wêreld gekom het om ons te red van ons sonde. Kom ons kyk watter geskenke ons vir mekaar kan gee wat Jesus se hart bly sal maak. Dit is geskenke wat ʼn mens nie in ʼn winkel kan koop nie, maar wat BAIE waardevoller is as ENIGIETS wat jy kan koop of maak. VREUGDE Hoekom sal Jesus daarvan hou as ons vir mekaar vreugde gee? Dit is veel beter om iemand bly te maak as om hom hartseer te maak. Kersfees staan bekend as die Vreugdefees. Een van die geskenke wat die Here vir ons gee, is vreugde. Draai die kaartjie om en lees die teksverwysing. (ʼn Kind kan dit in die Bybel opsoek en vir die res lees.) Jeremia 31:13: Die meisies sal dans omdat hulle bly is. Die mans, of hulle nou oud of jonk is, sal deelneem aan hierdie vrolikheid. Die Here sê Hy sal hulle gehuil verander in blydskap. Hy sal hulle troos. Hy sal hulle depressiewe gevoel wegvat en in die plek daarvan vreugde gee. (Die Boodskap) Op watter maniere kan ons vir mekaar vreugde gee? (Ons kan help met takies by die huis, ons kan mooi met ons maats werk, ons gaan nie aspris ons broers/ susters irriteer nie, ens.) GOEDHARTIGHEID Wat beteken goedhartigheid? Om goedhartig te wees beteken om teenoor ander mense te doen wat reg is. Ons verdra ander mense sonder om ooit lelik met hulle te wees. Daar is ʼn vers in die Bybel wat ons help om dit beter te verstaan. Kolossense 3:12: Julle moet baie vir ander mense omgee en gaaf met hulle wees. Wees op jou plek en moenie te veel van jouself dink nie. Moet ook nie ongeskik met mense wees nie, maar hanteer hulle mooi. (Die Boodskap) Hosea 11:4: Ek het hulle met sorg en liefde gelei, Ek was vir hulle soos iemand wat die juk oplig as dit sy trekdier skaaf. Ek het na Efraim toe afgebuk en hom gereeld kos gegee God was goedhartig teenoor die volk Israel. Hy het baie mooi vir hulle gesorg. God is ook goedhartig teenoor ons. Hy sorg baie goed vir ons. Daarom moet ons ook goedhartig wees teenoor ander. VREDE Watter verskil sal vrede in huisgesinne en in die wêreld maak? Laat die kinders daaroor gesels. Vrede is die gevoel van rustigheid in jou hart en gedagtes al is jy in moeilike omstandighede. Hierdie vrede is iets wat jy van Jesus ontvang. Hy beloof om vrede te gee vir die wat in Hom glo. Jesus is immers die Vredevors (Jesaja 9:5). Johannes 14:27 Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moenie ontsteld wees nie, julle moet nie bang wees nie. Op watter maniere kan jy daardie vrede waarvan ons nou gepraat het, in jou optrede teenoor jou familie en vriende gaan wys? (Byvoorbeeld: Jou boetie is in ʼn omgekrapte bui en hy soek skoor en wil baklei? Jy bly kalm en baklei nie terug nie. Vra vir Jesus om jou te help om kalm te bly sodat jy die vrede kan behou.) NEDERIGHEID Wat beteken dit om nederig te wees? Laat die kinders

antwoord. Nederigheid is om nie te veel van jouself te dink nie. Die Bybel sê mos: 1 Petrus 5:6: God hou nie van mense wat te veel van hulself dink nie; Hy hou van mense wat nie windmakerig is nie (Die Bybel@kinders) Hoe tree jy nederig op? (Jy spog nie oor al jou prestasies nie, maar is eerder bly oor ander se prestasies en gee erkenning daaraan.) Jesus is ons groot voorbeeld. Hy was altyd nederigheid. Hy is in ʼn stal gebore, i.p.v. ʼn paleis en Hy was nie te belangrik in sy eie oë om sy vriende se voete te was nie. (Johannes 13) Ons moet Jesus se voorbeeld volg en nederig wees. LIEFDE In watter maand van die jaar hoor ons die meeste van LIEFDE? Laat die kinders antwoord. Februarie maand met Valentynsdag! Daardie tipe liefde hou nie altyd baie lank aan nie. Kyse breek maklik op. Jesus vertel egter vir ons van ʼn liefde wat vir altyd hou. Hoor wat sê die Bybel oor hierdie liefde: 1 Johannes 4:19: God het ons eerste liefgehad. Daarom kan ons ook nie anders as om lief te hê nie. (Die Boodskap) God het sy liefde aan ons bewys deur Sy Seun na die aarde te stuur om ons van ons sondes te red. As ons in Jesus glo as ons Verlosser, dan is sy liefde in ons harte. As ons God se liefde in ons harte het, hoe kan ons die liefde aan ander wys? Ons optrede teenoor hulle moet dit weerspieël. Ons waardeer ander en wil die beste vir hulle hê. Byvoorbeeld, omdat jou sussie baie lief is vir sport, sal jy haar toelaat om haar gunsteling sportprogram te kyk en nie altyd neul om te kyk wat jy wil nie. VRIENDELIKHEID Wees altyd vrolik, vriendelik en bly, want jy is Jesus se kind. Filippense 4:4-5: Wees altyd gaaf en vriendelik met jou vriende en ander mense. (Die Bybel@kinders) ʼn Glimlag kos niks. Het jy geweet dat vriendelikheid aansteeklik is? Glimlag vir enigiemand en kyk hoe maklik glimlag hy terug. Kyk hoeveel glimlagte kan jy in hierdie Kersfeestyd uitdeel! GEDULD Die beste voorbeeld van geduld is hoe God teenoor ons is. Ons doen sonde, maar God vergewe ons en help ons om meer en meer soos Jesus te word. Hy help ons om die sonde te oorwin, want Hy wil hê dat ons eendag saam met Hom in die Hemel sal bly. Jesus gee nooit moed op met mense nie. Hy bly geduldig met ons. Daarom moet ons ook geduldig wees teenoor ander en bereid wees om te wag vir iets. In plaas daarvan om ongeduldig te word omdat jy nie dadelik daardie Playstation kan kry wat jy so graag wil hê nie, wag geduldig totdat jy dit kry. Jy weet mos jou ouers sal dit vir jou gee wanneer die tyd reg is, bv. met jou verjaarsdag. 1 Tess 5:14: Wees geduldig met almal met wie julle te doen kry. (Die Boodskap) SELFBEHEERSING Selfbeheersing is om in beheer te bly van jou gedagtes, jou gevoelens, jou woorde en jou optrede. Jy laat nie toe dat dit jou beheer nie. Selfbeheersing is iets wat jy moet aanleer. Soos jy gereeld moet gaan netbal oefen om ʼn goeie netbalspeler te kan word, so moet jy ook gedurig oefen om jou woorde, gedagtes, gevoelens en optrede te beheer. Hoor wat sê die Bybel oor selfbeheersing: Spreuke 25:28: Iemand sonder enige selfbeheersing is net so weerloos soos ʼn groot stad sonder polisie of veiligheidswagte. Totale wanorde kan uitbreek. (Die Boodskap) Dink aan ʼn situasie wat vir jou baie moeilik is en waar jy nodig het om selfbeheersing te oefen. Vra Jesus om jou te help en om nie moedeloos te raak as jy sukkel om dit te bemeester nie. GETROUHEID ʼn Persoon wat getrou is, is iemand op wie jy kan staatmaak. God is vir ons die beste voorbeeld van getrouheid deurdat Hy altyd sy beloftes nakom, altyd vir ons lief is, altyd vir ons sorg en altyd ons sondes sal vergewe wanneer ons Hom vra. Hoe kan jy getrou wees? Jy kom jou beloftes na, sodat mense op jou kan staatmaak. As jy bv. ja gesê het om te help by die skool se snoepie, gaan help dan. Moenie net wegbly of op die laaste minuut kop uittrek omdat jy nie meer lus is daarvoor nie. Wees getrou. Wees iemand op wie mense kan staatmaak. Psalm 146:6: Hy sal nooit dit wat Hy gemaak het, in die steek laat nie. Hy bly altyd getrou. (Die Boodskap) SLOT Lees al die geskenke wat aan die boom hang. Dit is wat God wil hê dat ons uitleef teenoor ander. Dit gaan ʼn verskil maak in jou gesin en met jou vriende, want jy gaan mooi teenoor hulle optree. As ons dit uitleef, maak dit nie net ʼn verskil in ons wêreld nie, ons gee dit eintlik as geskenke aan Jesus. Dit is die tipe geskenke waarvan Hy die heel meeste hou! Kom ons maak Jesus se hart hierdie Kersfees bly deur sulke geskenke te gee!

1 Johannes 4:19: God het ons eerste liefgehad. Daarom kan ons ook nie anders as om lief te hê nie. 1 Petrus 5:6: God hou nie van mense wat te veel van hulself dink nie; Hy hou van mense wat nie windmakerig is nie Johannes 14:27: Vrede laat Ek vir julle na; my vrede gee Ek vir julle. Die vrede wat Ek vir julle gee, is nie die soort wat die wêreld gee nie. Julle moenie ontsteld wees nie, julle moet nie bang wees nie. Kolossense 3:12: Julle moet baie vir ander mense omgee en gaaf met hulle wees. Wees op jou plek en moenie te veel van jouself dink nie. Moet ook nie ongeskik met mense wees nie, maar hanteer hulle mooi. Psalm 146:6: Hy sal nooit dit wat Hy gemaak het, in die steek laat nie. Hy bly altyd getrou. Spreuke 25:28: Iemand sonder enige selfbeheersing is net so weerloos soos ʼn groot stad sonder polisie of veiligheidswagte. Totale wanorde kan uitbreek. 1 Tess 5:14: Wees geduldig met almal met wie julle te doen kry. Filippense 4:4-5: Wees altyd gaaf en vriendelik met jou vriende en ander mense. Kolossense 3:12 Johannes 14:27 1 Petrus 5:6 1 Johannes 4:19 GOEDHARTIGHEID VREDE NEDERIGHEID LIEFDE Filippense 4:4-5 1 Tess 5:14 Spreuke 25:28 Psalm 146:6 VRIENDELIKHEID GEDULD SELFBEHEERSING GETROUHEID

Jeremia 31:13 VREUGDE Kleur die versierings mooi in. Knip dit uit en vou dit op die stippellyn. Versier dit mooi met glitter. Lees die Bybelverse. Hang die kaartjies aan jul kersboom. Jeremia 31:13: Die meisies sal dans omdat hulle bly is. Die mans, of hulle nou oud of jonk is, sal deelneem aan hierdie vrolikheid. Die Here sê Hy sal hulle gehuil verander in blydskap. Hy sal hulle troos. Hy sal hulle depressiewe gevoel wegvat en in die plek daarvan vreugde gee.