HANDLEIDING LANDBOUBESTUURS- PRAKTYKE GRAAD 11 n Publikasie van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk Kopiereg voorbehou. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Kopieregwet, mag geen gedeelte van hierdie boek gereproduseer of versend word in enige vorm of op enige manier, elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring en opname, sonder skriftelike toestemming van Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk nie. KABV-aangepas Samesteller JC Zandberg Ë1511-A-AMP-SG01 µ Î
INHOUDSOPGAWE VOORWOORD... 5 JAARPROGRAM... 6 EENHEID 1 Gewasproduksie mielies... 9 Les 1. Mielies hoofproduksieareas... 9 AKTIWITEIT 1.1... 12 Les 2. Mielies klassifikasie van mielies... 12 AKTIWITEIT 1.2... 25 Les 3. Mielies belangrikste kultivars beskikbaar... 25 AKTIWITEIT 1.3... 30 Les 4. Neem van grondmonsters en profielstudies... 31 AKTIWITEIT 1.4... 39 Les 5. Grondkaraktertrekke en -eienskappe... 40 AKTIWITEIT 1.5... 43 Les 6. Grondbewerking en bewerkingsmetodes by mielies... 44 AKTIWITEIT 1.6... 48 Les 7. Besproeiing en waterskedulering by mielies... 48 AKTIWITEIT 1.7... 51 Les 8. Klimaatvereistes by mielies... 52 AKTIWITEIT 1.8... 55 Les 9. Grond- en plantontleding by mielies... 55 AKTIWITEIT 1.9... 59 Les 10. Bemestingmetodes en -program by mielies... 60 AKTIWITEIT 1.10... 62 EENHEID 2: Gewasbestuursaspekte... 64 Les 11: Mielies vestigingspraktyke... 63 AKTIWITEIT 2.1... 70 Les 12: Mielies siektes en plae... 70 AKTIWITEIT 2.2... 78 Les 13: Mielies peste en plae... 79 AKTIWITEIT 2.3... 83 Les 14: Mielies wisselbou... 84 AKTIWITEIT 2.4... 86 Les 15: Instel van implemente en presisieboerdery... 86 AKTIWITEIT 2.5... 98 2.6 Les 16: Manipulering van plante se groei... 98 AKTIWITEIT 2.6...105 Les 17 Gewasbestuursaspekte...105 Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk 1
AKTIWITEIT 2.7...109 EENHEID 3 Diereproduksie... 111 Les 18: Skaapboerdery ekonomiese belangrikheid...111 AKTIWITEIT 3.1...116 Les 19: Skaapboerdery rasstandaarde...117 AKTIWITEIT 3.2...120 Les 20: Skaapboerdery teelsisteme...120 AKTIWITEIT 3.3...123 Les 21 Reproduksie by skaapboerdery...124 AKTIWITEIT 3.4...128 Les 22: Skaapboerdery behuising en fasiliteite...129 AKTIWITEIT 3.5...138 Les 23: Skaapboerdery siektes...138 AKTIWITEIT 3.6...141 Les 24: Skaapboerdery dierehantering en fasiliteite...142 AKTIWITEIT 3.7...145 Les 25: Basiese veeartsenykundige praktyke...146 AKTIWITEIT 3.8...149 Les 26: Parasitologie...149 AKTIWITEIT 3.9...158 Les 27: Skaapboerdery voeding...158 AKTIWITEIT 3.10...163 EENHEID 4 Plantreproduksie... 164 Les 28: Rekordhouding...164 AKTIWITEIT 4.1...170 Les 29: Wetgewing...170 AKTIWITEIT 4.2...174 Les 30: Weiveldbestuur...174 AKTIWITEIT 4.3...179 Les 31: Voervloeiprogram...179 AKTIWITEIT 4.4...182 Les 32: Drakapasiteit van weiveld en veldsamestelling...182 AKTIWITEIT 4.5...189 BIBLIOGRAFIE EN VERWYSINGS...191 Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk 2
Eenheid 1 EENHEID 1 Gewasproduksie Mielies Les 1. Mielies hoofproduksieareas LEERDOELWITTE: Nadat jy hierdie les voltooi het, moet jy in staat wees om die volgende te doen: Die hoofproduksieareas in Suid-Afrika en die potensiële rol in die bedryf. Die oorsig oor die ekonomiese belangrikheid van mielies in Suid- Afrika te ken en te verstaan. VIR DIE NUUSKIERIGES: Die Westerse beskawing het waarskynlik die eerste keer met mielies kennis gemaak nadat Columbus in 1492 die Nuwe Wêreld ontdek het. Dit is deur die mees ontwikkelde Indiaanse rasse in die Amerikas verbou. Die Indiane het hierdie graangewas maiz genoem. n Aanduiding van die werklike ouderdom van die mielie kan verkry word uit fossiele van stuifmeelkorrels wat 60 m benede die huidige stad, Mexiko, opgegrawe is. Hoewel dit na skatting sowat 80 000 jaar oud was, was dit wat morfologiese eienskappe betref, feitlik identies aan die stuifmeel van moderne mielies. Wilde mielies het dus al baie duisende jare bestaan. Al die bekendste endospermtipes van mielies is reeds in die vroegste tye verbou te wete, duikpit-, blinkpit-, melerige, suiker- en springmielies. Omdat dit oor so n wye gebied verbou is, was daar n groot verskeidenheid tipes; onder meer laat tipes met n groeiperiode van 11 tot 12 maande wat in die tropiese dele van Suid-Amerika verbou is, en tipes wat in twee maande ryp word wat deur die Mandane van Noord-Dakota verbou is. Van die suidwestelike VSA was tipes wat meer besonder diepgewortel is, en is in dele verbou waar die somerreënval baie laag was. Hierdie eienskappe gebruik ons vandag nog vir die seleksie van nuwe kultivars. Die inheemse volke van Suid-Afrika het reeds mielies verbou lank voor die koms van Jan van Riebeeck. Van Riebeeck het mielies blykbaar vir die eerste keer in 1658 geplant. Die Groot Trek (1836 1838) het n belangrike rol gespeel in die verspreiding van mielies. Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk 9
Eenheid 1 KLASSIFIKASIE Genus: Spesie: Zea Zea mays EKONOMIESE BELANGRIKHEID VAN MIELIES 1. Mielies verdien buitelandse valuta weens uitvoer van mielies. 2. Mielies vorm die stapelvoedsel vir n groot deel van die bevolking. 3. Ander nywerhede ontwikkel rondom mielies, want boere spandeer miljoene rande aan brandstof, kunsmis, saad, implemente en lone van arbeiders. 4. Duisende werksgeleenthede word geskep. 5. Ander nywerhede wat direk afhanklik is van mielieverbouing, is: * Meulenaars * Vervaardigers van veevoer * Styselfabrieke * Ontbytkosvervaardigers * Vervaardigers van bio-brandstof soos etanol. Die hoofproduksieareas in Suid-Afrika KWAZULU -NATAL 1. Hoofsaaklik die somerreënstreke. 2. Droëlandverbouing in gebiede met n jaarlikse reënval tussen 600 mm en 900 mm. 3. Die belangrikste mielieproduserende gebied in Suid-Afrika is die mielievierhoek. Dié gebied lê tussen die dorpe Zeerust, Christiana, Ladybrand en Ermelo. Sowat 90% van Suid-Afrika se mielies word in dié vierhoek geproduseer. Die produksie wissel tussen 4 miljoen ton in 1984 tot 9 miljoen ton in 2002. Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk 10
Eenheid 1 Mielieproduserende lande of wêrelddele Vergelykende syfers oor die lewering van mielies deur die tien top-presteerders verskyn hieronder (gemeet in miljoene tonne). Kyk onder meer die geweldige verskil in die oeste van Suid-Afrika en die VSA. Tien vernaamste Mielieverbouing in Suid-Afrika mielieproduseerders KERNINHOUD: Suid-Afrika se rykste mieliestreek word die someroesgebied genoem, en die grys gedeelte op die kaart dui hierdie saaigebied aan. Dit het tradisioneel as ons land se Mieliedriehoek bekend gestaan, volgens sekere bronne ingesluit deur die dorpe Zastron, Mafeking en Machadodorp, waarvan die liggings ook op die kaart te sien is. Ander bronne dui die punte van die driehoek weer aan as Ladybrand in die Vrystaat, Mafikeng in Noordwes en Carolina in Mpumalanga. Tog verskil dit nie veel van die eersgenoemde drie punte nie en die presiese afbakening kan trouens geen geskilpunt meer wees nie. Hierdie someroesgebied is die groot mielieskuur van Suid-Afrika. By baie dorpe in die streek staan groot graansuiers vir die berging van die mielies, asook meulens waar dit gemaal word. Mielies word in hierdie streek gevind omdat die mielie as n somergewas hier uitstekend aard as die weer saamspeel, omdat dit water nodig het. En dan word dit natuurlik ook aangeplant omdat dit so gewild is by Suid-Afrikaners, vir gebruik as mieliepap, stampmielies, mielierys en selfs as springmielies. Mielies is die stapelvoedsel vir baie Suid-Afrikaners. Land Produksie (in miljoene tonne afgerond tot die naaste miljoen) VSA 333 Asië 234 China 163 Europa 84 Afrika 57 Brasilië 51 Meksiko 20 Indonesië 18 Indië 17 Frankryk 15 Argentinië 13 Suid- Afrika 12 Oekraïene 10 Wêreld 817 Impak Onderwysdiens (Edms) Bpk 11