Die Vestiging van Canola en Bemestingsriglyne Franco le Roux SOILL Landboukundige Hoekom Canola? Canola is al lankal nie meer net ʼn gewas vir die probleemkampe op die plaas nie en het al deur en deur bewys dat dit ʼn kontant gewas is wat kan saamgesels met ander gewasse / vertakkings op die plaas. Die belangrikste voordele van Canola kan as volg opgesom word: Verhoogde koring opbrengs vir die daaropvolgende jaar Studies van regoor die wêreld asook Suid-Afrika toon ʼn toename in produksie van koring op canola stoppels (12 20% in jaar 1, 8% in jaar 2). Canola gee die voordeel om alternatiewe chemie te gebruik in die bestaande wisselbou Clearfield kultivars gee die opsie om Cysure te gebruik om onkruid te bestry terwyl die TT kultivars die gebruik van Triasien moontlik maak om grasse te bestuur. Trifluralin kan ook suksesvol met plant toegedien word sonder ʼn noemenswaardige risiko om die canola te beskadig. Pas maklik by ʼn bestaande wisselboustelsel in Canola kan met geen tot minimale aanpassings inpas by enige boerdery waar kleingraan verbou word. Bestaande implemente kan net so gebruik word. Verleng die periode van plant en oes wat gevolglik ʼn beter benutting van implemente veroorsaak Canola word voor Koring en Gars gesaai en, afhangende van weersomstandighede, voor koring geoes. Indien canola platgesny is en stewig in windrye lê, is die risiko minimaal en kan dit tot 3 weke later suksesvol geoes word. Versprei die produsent se prys risiko Canola is ʼn oliesaad gewas, die oliesaadmarkte het ʼn onafhanklike siklus teenoor bv. Koring, wat die risiko vir die produsent kan verminder.
Suksesvolle vestiging Metode van vestiging Canola verbouing vereis baie goeie bestuur met aksies wat op kritieke tye uitgevoer moet word om sukses te verseker. Die suksesvolle vestiging van canola is sekerlik die belangrikste faktor wat winsgewendheid bepaal. Die mees algemene praktyk wat tans gevolg word is om die canola met geen bewerking planters te plant alhoewel die uitstrooi en ligte toewerk ook suksesvol toegepas word. Canola kan direk in stoppels geplant word met sukses. Figuur 1: Suksesvolle geenbewerking geplante canola direk in stoppels Die saai / plant van canola Die saadjies is baie klein met ʼn duisendkorrelmassa (DKM) wat wissel tussen 3.5g en 5g afhangende van kultivars. Dit is dus noodsaaklik dat die planter akkuraat gekalibreer is. Uniforme plantdiepte is belangrik, die saad moet gesaai/geplant word ongeveer 12 tot 25mm diep. Drukwiele op planters verseker genoegsame kontak met die saad wat goeie ontkieming sal verseker. Waar canola breedwerpig gestrooi word kan dit toegewerk word met ʼn ligte eg, ʼn roller kan gebruik word om die grond effens vas te rol, maar moet vermy word by gronde wat geneig is om toe te slaan. Dit is noodsaaklik dat onkruide chemies (of meganies by uitstrooi) beheer word voor plant om die kompetisie net na opkoms tot die minimum te beperk. Plantdigtheid Canola het ʼn uitstekende vermoë om te kompenseer vir ʼn swak plantestand. Die gewenste plante per vierkante meter is in die omgewing van 50 tot 60 plante/m 2. ʼn Plantestand van slegs 15 plante/m 2 is egter steeds voldoende om ʼn suksesvolle oes te verseker. Indien ʼn plantestand van bo 60 verkry word is die canola se stamme baie dun en is dit geneig om plat te gaan lê wat die oes proses baie bemoeilik. Canola saad se DKM verskil tussen kultivars en produsente moet hulle goed vergewis wat die betrokke kultivar se DKM is aangesien dit ʼn impak het op die plantdigtheid. Die plantdigtheid word bereken deur die volgende formule: Plantdigtheid (Kg/Ha) = Verlangde plante per m2 x DKM Oorlewings % Die oorlewingspersentasie word beïnvloed deur verskeie faktore en sal natuurlik wissel van plaas tot plaas, maar ʼn algemene norm wat gebruik word is ongeveer 70% oorlewing wanneer geplant word (met goeie dieptebeheer) en ongeveer 60% wanneer saad uitgestrooi en toegewerk word. Die belangrikste faktor by suksesvolle vestiging bly egter steeds grondvog, nie ideale toestande sal ʼn onegalige opkoms en stand veroorsaak, maar soos reeds genoem het canola ʼn uitstekende vermoë om te kompenseer vir ʼn swak plantestand.
Bemesting behoeftes Stikstof Stikstof kan toegedien word in die Nitraatvorm van die produsent se keuse. By die besluit van N bemesting is dit noodsaaklik om al die ander faktore wat ʼn rol mag speel in ag te neem (dit sluit in reënval en verspreiding daarvan, die wisselbou wat gevolg word, gondtekstuur, koolstof-inhoud, plantdatum, bewerkings/vestiging metodes asook die opbrengsmikpunt). Canola benodig ongeveer 40Kg N per ton graan geproduseer teenoor die ongeveer 27 Kg N by koring, daar word baie keer verkeerdelik verwys dat canola baie meer stikstof per hektaar benodig as koring, dit is egter nie waar nie aangesien canola se produksie heelwat laer is per hektaar. Tabel 1: Stikstof bemestingriglyne vir canola Reënval en opbrengspotensiaal Kg N per Ha na die volgende gewas: Suid-Kaap (65% winterreëns) Lusern* Eenjarige peulgewas Graanstoppel*** <350mm 1.25 ton/ha 10 25-30 30-50 350-425mm 1.5 ton/ha 10-20 30-35 50-70 450-500mm 2.0 ton/ha 20-30 40-45 60-90 >525mm 2.5 ton/ha 40-50 50-55 80-110 Swartland (83% winterreëns) Lusern* Eenjarige peulgewas Graanstoppel*** <325mm 1.25 ton/ha N.v.t. 50-70** 70-90 325-425mm 1.75 ton/ha N.v.t. 70-90 90-110 >425 mm 2.5 ton/ha N.v.t. 90-110 110-130 * Lusern weiding waarin grasse beheer is ** Hoër waarde van toepassing op ligter gronde *** Sluit minimum en geenbewerking in Indien Ureum gebruik word moet dit weg van die saad af geplaas word. Vir ʼn 25cm plantwydte kan ongeveer 20 Kg N/Ha by die pit gebanplaas word. Soos wat die rywydte verhoog moet dit dienooreenkomstig aangepas word (30cm ongeveer 15 18Kg maksimum). Indien kunsmis breedwerpig gestrooi word nie minder as 30 Kg N/Ha indien reënval onder 350mm is nie, en ʼn maksimum van 40Kg N/Ha wanneer reënval meer as 350mm is. Die verdeling van die stikstofbemesting moet veral aandag kry, oor die algemeen word dit aanbeveel dat die kopbemesting opgedeel word in twee komponente (afhangende van wat die totale bemesting beloop). Die eerste kopbemesting moet op 30 tot 40 dae na opkoms geskied, op swaarder gronde is die aanbeveling ten minste 65% van totale kopbemesting gegee word en op ligter gronde 50%. Indien slegs een kopbemesting gegee word moet dit op ongeveer 60 dae na opkoms geskied. Die tweede kopbemesting moet geskied net voor stamverlenging, teen hierdie tyd sal die produsent ook ʼn beter idee hê van die opbrengspotensiaal asook die reënval tot aanloop van stamverlenging, die kopbemesting kan dan dien ooreenkomstig aangepas word.
Fosfor ʼn Grondwaarde van 36 mg/kg (sitroensuur) of 24 mg/kg (Bray 1) word as vertrekpunt geneem. By laer of hoër grondontledings word aanpassings gemaak met inagneming van faktore wat opbrengspotensiaal bepaal. Tabel 2: Fosfor bemestingsriglyne vir canola Fosfor status van die grond (mg/kg) P Bemesting* (Kg P/Ha) Sitroensuur Bray 1 10 6 30 20 14 24 30 20 18 50 + 34 + 10 (onderhoud) * Pas opwaarts aan vir hoë klipfraksie Dit is belangrik om die toediening van die fosfate alreeds met plant reg te doen aangesien dit nie maklik en effektief reggestel kan word met kop bemesting nie. ʼn Riglyn wat gebruik kan word is wanneer jou koring ʼn positiewe reaksie gee op fosfaat bemesting dieselfde reaksie by canola vir die betrokke peil verkry sal word. Canola gebruik ongeveer 7 8 Kg P/Ha vir elke ton graan geproduseer. Kalium As riglyn word die kaliuminhoud van grond op ongeveer 80 mg/kg vir swaarder en 60 mg/kg vir liggetekstuurde grond gestel. By laer ontledings word kalium soos vir koring toegedien. As kunsmis gebandplaas word, kan ʼn te hoë soutlading skade veroorsaak en word aanbeveel dat kalium breedwerpig as ʼn bobemesting uitgestrooi word. Tabel 3: Kalium bemestingsriglyne vir canola volgens grondontleding (Bray 1 of Sitroensuur) Swaargetekstuurde Gronde Liggetekstuurde Gronde Kalium (mg/kg) K-Bemesting (Kg/Ha*) Kalium (mg/kg) K-Bemesting (Kg/Ha*) < 50 30 < 50 30 50-80 20 50-80 15 > 80 0-20 > 80 0 * Pas opwaarts aan vir hoë klipfraksie Swael Swael moet in die Sulfaatvorm toegedien word aangesien canola dit slegs in die wateroplosbare sulfaatvorm kan opneem. Canola se swawelbehoefte is ongeveer 4 keer meer as die van koring. Die toedien van die regte hoeveelheid swael op die regte tyd is dus krities. Daar word algemeen aanvaar dat die swael behoefte van canola ongeveer 15 20 Kg S/Ha per ton graan beloop. Die swael inhoud van gronde kan dikwels wissel en moet die grondmonsters net voor plant geneem word. Die koolstof inhoud van gronde gee ʼn goeie aanduiding van die swaelstatus van gronde, indien die koolstof onder 1% is, kan dit moontlik dui op sub optimale vlakke.
Die canola plant benodig swael regdeur sy groeiperiode tot en met rypwording, dus is dit noodsaaklik dat daar met swael gevestig moet word asook swael tydens die kopbemesting gegee moet word. Tabel 4: Swael bemestingsriglyne vir canola (Volgens swael inhoud van grond) S Status van grond (mg/kg in Interpretasie vir bemestingsaanbeveling grond) < 6 mg/kg Gebrekkig : S toediening hoër as spesifieke gewasbehoefte (> 15 20 kg S/ha) 7 12 mg/kg Voldoende : S toediening teen instandhoudingspeil (15 kg S/ha) > 12 mg/kg Meer as voldoende : S toediening minder as instandhoudingspeil (10 kg S/ha) Ander plantvoedingstowwe Canola is veral gevoelig vir boor asook molibdeen tekorte. Molibdeen tekorte gaan veral gepaard met lae grond ph. Tekorte kan opgehef word met ʼn toediening van Natriummolibdaat (150g/Ha vir blaarbespuiting) en ʼn Solubor (1Kg/Ha vir blaarbespuiting). Die tyd van toediening hier is ook belangrik, die beste tyd hiervoor is net voor blom. Grondontledingsnorme vir spoorelemente Tabel 5: Ontledingsnorme vir spoorelemente wat tans vir canola gebruik word Element Gebrekkig Laag Voldoende Dpm of mg per Kilogram, EDTA oplosbaar Koper 0.3 0.3 0.5 0.5 Sink 0.3 0.3 0.5 0.5 Mangaan 2 5 5-25 25 Boor (warm water) 0.2 0.3 0.3 0.5 0.5 Spoorelement aanvulling is nodig wanneer grond laag of gebrekkig ontleed. Tekorte aan spoorelemente kan aangevul word deur blaarbespuitings of grondtoediening. Grond toedienings se nawerking is gewoonlik baie langer as die van blaarbespuitings. In kalkryke gronde met hoë ph, word mangaan in die grond ontoeganklik vir plante en sal dit as blaarbespuiting toegedien moet word. Belangrike aspekte wat in gedagte gehou moet word vir die suksesvolle aanvulling van spoorelemente is: Tekorte moet reg geïdentifiseer word. Plante moet aktief groei en die blaaroppervlakte moet voldoende wees. Plante moet droog wees en dit moenie baie warm wees tydens aanvulling nie. Ten minste 2 3 uur tyd moet verloop na blaarbespuiting voor reën of besproeiing vir voldoende opname deur die plant. Kom spesifikasies van die vervaardigers deeglik na om sukses te verseker. Spoorelemente moet nie met onkruiddoders gemeng word nie.
Waar mengsels van spoorelemente gebruik word, moet die laer dosisse van die verskillende elemente gebruik word ten einde ʼn te hoë soutlading te voorkom, wat blaarskroei kan veroorsaak. Tabel 6: Spoorelement aanbevelings vir canola onder tekort situasies Spoorelemente Blaarbespuiting 500 liter water per hektaar Grondtoediening Kg per hektaar Sink (Zn) 1 2 kg sinkoksied 3,5 7 kg sinkoksied Mangaan (Mn) 2 4 kg mangaansulfaat Ondoeltreffend Boor (B) 2 4 kg boraks of 0,5 1,0 kg Solubor Word nie aanbeveel. Koper (Cu) 1 1,5 kg koperoksichloried 2,5 5,0 kg koperoksichloried (wees versigtig op sandgronde) Molibdeen (Mo) 100 150g natrium of 250 500g natrium of ammoniummolibdaat ammoniummolibdaat Behoorlike benatting van die plant is baie belangrik vir die beste resultate, m.a.w. gebruik die aanbevole hoeveelheid water indien moontlik. Blaar ontledingsnorme Element Blaarontleding Resultaat Stikstof (N) > 3 5% Voldoende Kalium (K) > 2.2% Voldoende Fosfor (P) > 0.3 0.6% Voldoende Kalsium (Ca) > 1.4 3.0% Voldoende Magnesium (Mg) > 0.2 0.6% Voldoende Natrium (Na) > 0.03 0.5% Voldoende Swael (S) < 0.5% Marginaal > 0.5 0.8 % Voldoende Koper (Cu) > 3 5 mg/kg Normaal Sink (Zn) > 20 mg/kg Voldoende Mangaan (Mn) > 30 200 mg/kg Normaal Boor (B) > 20 50 mg/kg Normaal Molibdeen (Mo) > 0.25 0.5 mg/kg Voldoende Bronne: Bemestingsriglyne vir Canola D Hanekom en H Agenbach Canola Handleiding - Proteïennavorsingstigting (PNS) Jannie Bruwer SSK Akkerboukundige Canola best practice management guide for South Eastern Australia Grains Research and Development Corporation Canola Growers Manual Canola council of Canada