BEVOLKINGS GEOGRAFIE
Wat is bevolkingsdigtheid? Bevolkingsdigtheid is die meting van hoeveel mense daar in 'n gebied is. Ons skryf gewoonlik digtheidsmeting as mense per vierkante. Ons bereken hierdie syfer deur die aantal mense in 'n gebied te deel deur die grootte van die gebied. Indien daar baie mense in een gebied is, is die digtheidsmeting groot.
Wat is bevolkingsdigtheid? Ons sê plekke met slegs 'n paar mense in verhouding tot die beskikbare grondgebied is ylbevolkte plekke. Ylbevolkte plekke is plekke waar dit moeilik is om te woon. Dis plekke met omgewings waar dit te warm, te koud, te droog, te nat, te ruig of te bergagtig is om te woon. Op digbevolkte plekke is baie mense in 'n gebied saamgedrom. Die stede van die wêreld is digbevolkte gebiede. Plekke wat digbevolk is, is bewoonbare omgewings soos laaglande met 'n gematigde klimaat.
Wat is bevolkingsverspreiding? Bevolkingsverspreiding beskryf die manier waarop mense oor die wêreld se oppervlak versprei is. Die wêreld se bevolkingsverspreiding is oneweredig. (Daar is baie mense in sommige gebiede en min mense in ander.)
Waar woon die wêreld se mense? Die manier hoe mense oor 'n gebied versprei is, word bevolkingsverspreiding genoem. Hierdie verspreiding is oneweredig en verander mettertyd. Die meeste mense woon tussen die subtropiese en gematigde lengtegrade van 20 N en 60 N, en op die rande van kontinente. Sestig persent van die wêreldbevolkings woon binne 500 km van die kus af. Mense verkies om in laagliggende gebiede te woon, selfs al is daar 'n risiko van oorstroming. Meer as 50% van die wêreldbevolkings woon in gebiede wat minder as 200 m bo seevlak is.
Waar woon die wêreld se mense? Dit beteken dat net 'n bietjie meer as 20% van die aarde se grondgebied mense het wat daarop woon. n Groot gedeelte van die ander landstreke is te koud, te warm of te bergagtig om mense daarheen aan te lok. n Groot aantal mense woon in gunstige gebiede van die wêreld. Ons dui dikwels bevolkingsverspreiding met behulp van 'n stippelkaart aan. Die volgende kaart toon hoe die wêreld se bevolking versprei is. Een stippel stel 500 000 mense voor.
Wat is bevolkingsdigtheid? n Bevolkingsdigtheidskaart maak dit moontlik om te sien watter gebiede digbevolk is en watter nie. n Choropleetkaart word ook gebruik om bevolkingsdigtheid aan te dui. Dit gebruik skakering of kleure om die gebied met die selfde bevolkingsdigtheid te toon.
Waarom is die wêreldbevolkings oneweredig versprei? Verskeie faktore beïnvloed bevolkingsverspreiding en -digtheid. Ons kan die faktore in twee groepe verdeel: fisiese faktore en menslike faktore.
Fisiese faktore: Toeganklikheid: Bevaarbare riviere en kuslyne wat maklik bereik word. Reliëf: Laagliggende gebiede word verkies eerder as hoë bergagtige gebiede. Grondvrugbaarheid: Hoe vrugbaarder die grond, hoe groter die opbrengs. As die grond vrugbaar is, kan meer mense 'n bestaan maak per area. Klimaat: Klimaatstoestande wat te nat, te droog, te warm of te koud is, help nie grootskaalse boerderyaktiwiteite aan nie.
Fisiese faktore: Natuurlike plantegroei: 'n Tekort aan geskikte natuurlike plantegroei vir weiveld lei tot oorbeweiding en yl bevolking. Die teenwoordigheid van delfstowwe: Die teenwoordigheid van minerale soos goud, diamante en steenkool in Suid-Afrika het baie mense gelok.
Menslike faktore: Tegnologie: In tegnologies gevorderde lande ontwikkel baie sekondêre en tersiêre bedrywe. Dit dra by tot digte bevolkings-konsentrasies. Godsdienstige en ander kulturele oorwegings: Mense is gelukkig wanneer hulle by ander mense met dieselfde geloofsoortuigings en waardes woon. Geskiedenis: Die opkoms en ondergang van beskawings het die verspreiding van mense beïnvloed.
Menslike faktore: Ekonomiese faktore: Ontwikkelings in mynbou, landbou, besproeiing, hawens, snelweë en infrastruktuur bring ekonomiese voordele wat mense en besighede lok. Politiek: Regering en plaaslike beleid kan bevolkingsverspreiding en -digtheid beïnvloed. Segregasiebeleide kan bepaal waar mense toegelaat word om te woon - soos die geval in suider Afrika in die verlede was. Demografiese faktore: Natuurlike bevolkingsgroei en bevolkingsbeweging beïnvloed ook bevolkingsdigtheid en -verspreiding.