Skriflesing: Mattheus 21:1-11 Teks: Mattheus 21:3,5 Sing- Ps. 104:1,7,8; Ps. 130:1,2; Ps. 90:7; Ps. 24:1,5

Vergelijkbare documenten
SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Die Kerk se Geboorte

n Tempel Leier besoek Jesus

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Jesus is ons Koning Die einde van Jesus se aardse lewe

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Welkom by Die Storie God se storie

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Van Vervolger tot Prediker

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Van Vervolger tot Prediker

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Jesaja sien die Toekoms

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Baie welkom by vanoggend se erediens

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

God eer Josef die slaaf

'n Man gestuur deur God

Deur Sy wet gee God ons broodnodige kennis van sonde

Lees: Lukas 19 verse 1 tot 10. Teks: Lukas 19 verse 5 en 10. Sing: Psalm 68 vers 9 Gesang 253 vers 1 Gesang 230 verse 1 en 3

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Preek deur ds. Jaco van Sittert Sondag, 2 Julie Skriflesing: Matteus 5:5; Matteus 11:28-30

Les 1 vir 7 Oktober 2017

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

N PALMTAK VOOR SY VOET

Petrus en die Krag van Gebed

Paulus en sy vriende vertel ander van God

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

MARK 11:7-11 JESUS SE INTOG IN JERUSALEM EN WAT HY DAARMEE AAN ONS OPENBAAR

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

LYDINGSREIS. Paasweek 2011

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Jesus lewe! Kruisiging en opstanding. Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

Tema: Dra die vrug van die Gees om meer soos Christus te word. Vooraf sang Sb 9 4: 1,2,3,4 Sb 14 1: 1,3

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Pretoria- 14 Augustus 2011

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

SKRIFLESING: Romeine 1:1-17. TEKS: Romeine 1:3b-4a HK 13. Jesus is die Seun van God en ons Here. Psalm 149 : 1, 2.

1 KORINTIËRS 13:12. Ook: Sb 18-8 (30) : 4, 5

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

Deur Christus Alleen

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Pragtige Koningin Ester

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

Pretoria- 20 November 2011 (Nabetragting)

Kersliedere. Jesus is die Ewige Lig!

Efesiërs 2: Agtergrond. Oor die stad Efese:

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het

TEKS: Matteus 5:3 (AV 1933/53) HK 5

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

Eerder bang Jan as dooie Jan, of eerder dooie Jan as bang Jan?

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Wedergeboorte Johannes 2:23-3:8

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

Transcriptie:

1 Skriflesing: Mattheus 21:1-11 Teks: Mattheus 21:3,5 Sing- Ps. 104:1,7,8; Ps. 130:1,2; Ps. 90:7; Ps. 24:1,5 Mattheus 21:1-11 Mat 21:1 En toe hulle naby Jerusalem gekom en Bétfagé aan die Olyfberg bereik het, stuur Jesus twee dissipels uit en sê vir hulle: Mat 21:2 Gaan na daardie dorp reg voor julle, en dadelik sal julle n eselin vind wat vasgemaak is, en n vul by haar. Maak haar los en bring hulle vir My. Mat 21:3 En as iemand vir julle iets sê, moet julle antwoord: Die Here het hulle nodig; en dadelik sal hy hulle stuur. Mat 21:4 En dit het alles gebeur, sodat vervul sou word die woord wat deur die profeet gespreek is: Mat 21:5 Sê vir die dogter van Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe, sagmoedig, en Hy sit op n esel, ja, n jong esel, die vul van n pakdier. Mat 21:6 En die dissipels het gegaan en gedoen soos Jesus hulle beveel het; Mat 21:7 hulle het die esel en die vul gebring en hulle klere daarop gelê, en Hy het daarop gaan sit. Mat 21:8 En die grootste deel van die skare het hulle klere op die pad oopgegooi, en ander het takke van die bome afgekap en op die pad gestrooi. Mat 21:9 En die skare wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: Hosanna vir die Seun van Dawid! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! Hosanna in die hoogste hemele! Mat 21:10 En toe Hy in Jerusalem inkom, het die hele stad in opskudding geraak en gesê: Wie is hierdie man? Mat 21:11 En die skare sê: Dit is Jesus, die profeet, van Násaret in Galiléa. Skriflesing: Mattheus 21:1-11 Teks: Mattheus 21:5 Sing- Ps. 104:1,7,8; Ps. 130:1,2; Ps. 90:7; Ps. 24:1,5 Broeder en suster- Wanneer ons Mattheus 21-28 lees, dan het ons 8 hoofstukke wat oor 7 dae strek. Dit gaan oor Jesus se laaste week op aarde. n Week, net n week, maar dink so daaraan. Genesis 1 begin ook met n week, daardie 7 dae indeling waaroor die skepping strek was n voldag-program. Elke dag was daar iets volmaak en goed geskape, elke dag was daar n deel van die skepping voltooi waaroor ons kan juig en bly wees. Daar was lig, daar was lewe, dit was vars en die bries was mooi maar die 7 skeppings dae ontmoet 7dae in Jesus se lewe, sy laaste week op aarde wat ons moeilike dae kan noem. Dae wat in Jesus se lewe donkerheid, sweet, angs, pyn en die dood sou beteken. Hierdie laaste week van Jesus op aarde kan as die heel belangrikste week beskou word wat daar nog ooit op aarde was. Die belangrikste week nog ooit in die wêreldgeskiedenis, want ons het hier n oorlog week, n week waarin kosmiese kragte, heelal-kragte en mense kragte sou oploop tot n kosmiese oorlog wat inderdaad moet bepaal Wie waarlik ons Koning is.

2 Daardie oorlog tussen God en Satan, wat al vanaf Genesis 3 strek sou in hierdie week, die laaste 7dae wat Jesus op aarde was n keerpunt bereik. Wat sou in hierdie 7 dae vir ons uitstaan? Ons het hier te doen met die hart van die Bybel. Die hart van God se Woord wat met jou en my hart wil saampraat want in hierdie laaste week leer ons Jesus ken soos Hy Hom nooit vantevore bekendgemaak het nie. Alles wat Hy tot nou gedoen en gesê het, word bevestig, maar Hy doen nog meer. Hy is doelbewus op pad na Jerusalem, maar in en deur alles, is en bly Hy wat Hy is, Hy is wat Hy is, Hy is Jesus Christus, die Seun van God, die Gesalfde van God, wat in sy karakter en in sy Persoon vir ons dinge gaan wys wat nog nooit vantevore so uitgestaan het nie. Dit wat Hy vantevore gesê het, dit gaan Hy doen. Hy doen wat Hy sê en dit som sy lewe op. Ons as mens word gebore om te lewe, Hy is gebore om te sterwe. Van Jesus se kinderjare, sy jeugjare, sy mondigwording, hierin word ons nie veel geopenbaar nie. Sy geboorte is goed bekend, sy besnydenis op 8 dae, so ietsie van dat Hy na Egipte moes gaan, dan word dit stil, dan word n skrefie venster oopgemaak toe Hy 12 jaar was en Hy in Jerusalem in die tempel n wysheid leer asof Hy nie maar net 12 jaar oud kan wees nie. Dan is dit asof daar vir 18 jaar n digte gordyn oor die lewe van Jesus getrek word. Wat in daardie 18 jaar gebeur het, is nie vir ons om te weet nie en dan word Jesus 30 jaar oud. Hy word gedoop, met die Heilige Gees gesalf, in alles het God oor Hom gesê- Dit is my geliefde Seun in Wie Ek n welbehae het Die volgende 3 en n halwe jaar is daar weer maande wat verbygaan wat ons niks van weet nie. Jesus soek nooit doelbewus moeilikheid nie, dit is asof Hy aanhoudend vir sy dissipels dit sê dat hulle oor Hom moet stilbly, sê dit aan niemand wat julle hoor of sien nie, want my tyd het nog nie gekom nie. (Vgl. Matt. 12:14-16) Jesus vermy in besonder konfrontasie met die Joodse leiers, dit is glad nie asof Hy daarop uit is om Hom te openbaar as die Messias, die langverwagte Seun van Dawid nie. Dit word in hierdie amper 33 jaar wat Jesus op aarde was eintlik n al hoe moeiliker vraag Wie Jesus Christus dan nou werklik is? As Hy my Verlosser is, waarvan moet Hy my verlos? Is Hy maar net n tipe van waarborg of n soort van versekering wat my moet help as ek Hom regtig nodig het? Is Hy maar net die Geneesheer wat moet genees die oomblik as dit van Hom verwag word? Al hierdie vrae kan ons saamtrek tot die enkele vraag Wie is Jesus vir jou? Dit word die brandpunt van die

3 vergrootglas as ons vandag en die volgende Sondae Jesus se laaste spore op aarde tot sy laaste week op aarde laat saamvloei. As die laaste week van Jesus se lewe op aarde aanbreek, dan word daar niks teruggehou nie. Die stelselmatige oopmaak van Wie Hy waarlik is gebeur nou ingrypend en op die man af. Ja, soos wat Jesus Jerusalem sou nader was sy koms heeltemal anders as al die ander kere wat Hy ook na Jerusalem gegaan het. Jesus sal Hom nou deur niks laat keer nie. Ja, Lukas skryf in hfst. 9:51 51 En toe die dae van sy opneming nader kom, het Hy sy aangesig gerig om na Jerusalem te reis. Dit kan ook vertaal word Hy het vasbeslote sy reis na Jerusalem begin. Oppad begin die dinge te gebeur. Die Donderdag is Jesus naby Jerigo, daar is al klaar n groot skare, ook op pad na Jerusalem om die Paasfees te vier. Net buite Jerigo was daar n blinde bedelaar, Bartimeus, al wil die mense hom probeer stilmaak is dit Jesus wat hom hoor, wat hom help, wat hom genees. Die ander evangelies praat van twee blindes wat genees is. Die feit is die armes en ellendiges en die rykes word bymekaar voor Jesus geplaas. Voor Jesus is hulle gelyk... Die arm Bartimeus en tog hierdie Donderdag ook die gebeure rondom die ryk Saggeüs. n Kort man, n tollenaar wat in die wildevyeboom klim om Jesus te sien. Hy wat dink om Jesus te sien, sal gou moet afklim want moet hy besef Jesus het Hom reeds gesien lank voor Hy Jesus kon sien. Jesus sal by hom daardie Donderdag-nag oornag. Saggeüs word n ander mens in die besef van Wie Jesus waarlik is. Dan word dit Vrydag, ja die volgende Vrydag sou verskriklik wees. Waar dit vroeër jare, maande, dae geduur het om klein stukkies van Wie Jesus waarlik is te hoor, nou gebeur die dinge van dag tot dag, soos hierdie laaste week sou vorder gaan dit eintlik van uur tot uur. Lewensbelange en lewensbelangrike sekondes begin nou af te tik. Dit is ure waarin Jesus in besonder besig is, elke keer neem Jesus die inisiatief, dit sal al duideliker word Wie beheer oor sy lewe het. Nie mense nie, maar God, want Hy is God. Al is dit Jesus wat gaan ly is dit duidelik die Koning is hier ter sprake. Hy gaan nie ly soos n swakkeling, iemand wat maar oorgegee het, Één wat nie meer weet watter kant toe nie, née Hy sterf nie bloot nie, Hy gee Homself aan die dood oor. Hy is nie net die offerande nie, maar Hy is die Offeraar, wat vrywillig die offer bring, Hy is waarlik Hoëpriester wat gaan doen wat geen priester nog ooit kon doen nie.

4 Daarom vanaf Saggeüs, vanuit Jerigo is die koördinate ingestel op net een plek, op Jerusalem wat net minder as 30 km vanaf Jerigo is. Daardie Vrydag sal Jesus hierdie kilometers afstap, ja n opdraande pad want Jerusalem lê so 1000 m hoër bo seespieël as Jerigo. Daardie Vrydag is Jesus die nag tuis by hulle wat 3 km buite Jerusalem bly. Jesus is in Betanië by hulle wat Hom so goedgesind is, die huisbesoek daar was altyd vir Jesus aangenaam gemaak, tuis by Lasarus en sy twee susters, Martha en Maria. Jesus wat blindes laat sien, nou gaan Hy tuis by Lasarus, die man wat dood was, maar lewe. Mense sien Jesus daardie Vrydag by Lasarus en sy susters se tuinhekkie instap. Daar waar vir Jesus n krisisweek voorlê kan ons Hom daardie Vrydag-nag voorstel as n rustige nag, want môre is Saterdag, dit sou Jesus se laaste lewende Sabbat op aarde wees. n Rusdag so belangrik vir Hom vir Wie daar geen rus gegun sal word nie. Sy laaste werklike aardse rusdag het gekom. Broeder en suster en dan kom ons waar dit Sondag word. Daardie Sondag-môre met die besondere intog in Jerusalem kan ons moeilik oor uitgepraat raak. Dit wat n donkiemerrie en haar vul vir ons Here beteken het, dit wat mense van die Messias wil maak, dit wat van ons verwag word, dit is die groot lyne wat daardie Sondag getrek moet word. Die grootste en belangrikste Mens wat daar nog ooit op aarde kon wees stuur twee van sy dispels om vir Hom twee donkies te gaan haal. Dit moet n merrie en haar vul wees, n hingsvul waarop geen mens nog gery het nie. Ja, as Mattheus hier skrywe dan doen hy dit as Jood wat wil hê dat veral sy Joodse broers en suster moet mooi verstaan hier gebeur wat vir ons al in Sagaria 9:9 staan- Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op n esel op n jong esel, die vul van n eselin. Net buite Bethfage moet hulle die donkies in die dorpie gaan haal. Daar sal geen misverstand wees nie, die donkies sal beskikbaar wees, terwyl die vraag oor die beskikbaarheid van die mens al hoe dringender word. Want toe die dissipels aan die donkies se eienaar sê die Here het hulle nodig is daar geen misverstand en geen teëkanting nie. Hy laat eenvoudig sy donkies los. Weereens n bevestiging van hierdie Jesus se mag wat duidelik met n goddelike oortuiging en goddelike roeping die eienaar van die donkies nie laat wonder nie, maar is hy reeds oortuig wat van hom verwag word, bloot gee my jou donkies, die Here het hulle nodig. Dit kan in alle geval wees dat die eienaar van die donkies vir Jesus goed geken het. Op daardie Sondag-oggend was n reuse skare reeds aan die wag. Daar langs die pad, die pad wat van Jerigo kom, is hulle saamgedrom want in die Paastyd was die stad oorlopens vol

5 van mense. Ja, vandag sou mense sê daar was elektrisiteit in die lug, almal wat daar wag is asof hulle nie n minuut langer kan wag nie. As Jesus die stad op die donkie-vul ingery kom, sy dissipels se klere dien as saal, die merrie dra seker die bietjie aardse besittings wat daar nodig was, maar dit gaan oor Hom op die donkievul. Dit is asof dit ontplof toe Jesus daar aankom. Die skares het hulle bo-klere en groen takke van die nabygeleë bome soos n tapyt voor Jesus neergelê. Hy ry n pad uitgesprei met blare en klere. Sy lof word besing. Niemand kan die entoesiasme keer nie. Dit word n soort van Messiaanse demonstrasie wat Jesus nooit vantevore sou toegelaat het nie. Nou is daar geen keer nie! Dit wat die mens van Jesus wil maak en dit wat Hy waarlik kom doen het, staan in al hoe groter spanning. Die misverstand oor Jesus se Messiasskap wil nie end kry nie. Mense wat Hom hulle aardse verlosser wil maak, n politieke bevryder wat die Romeinse juk van hulle moet afhaal. Dit terwyl Hy wat op daardie donkie die stad inry dit duidelik wys Ek is nie wat julle My wil maak nie. Hy kom nie met n trippelende oorlogsperd die stad in gegalop nie, nee Hy kom op die rug van n rydier wat op geen manier geskik is om oorlog te maak nie. Sy koms en sy Koninkryk is nie van hierdie wêreld nie. Hy het geen wapen in sy hand nie, want nie wat Hy het, is wat belangrik is nie, maar Wie Hy is, dit is wat belangrik is, dit is eintlik al wat saak maak. Wie Hy is, die Seun van die mens maar ook die Seun van God, Hy wat Homself moet gee en op geen manier sal Hy dit wees wat ander Hom wil maak nie. U moet heeltyd besef dit is wat op hierdie Sondag raakgesien moet word. Dit wat mense van Hom wil maak, is vandag nog baie mense se totale misplaaste Messiasverwagting. Hy is nie daar om polities Homself te laat geld nie, Hy is nie daar om ons van teëspoed en aardse lyding, terugslae en teleurstellings te vrywaar nie. Hy is nie wat die Marxiste en sosialiste hom wil maak nie, met die bevrydingsteologie of swart teologie, hoe ook al, maar Hy is ook nie wat sommige nasionaliste Hom wil maak nie. n Wit gesig wat n wit teologie sou uitdra en as volks bevryder die Romeine in hulle mag sou breek nie. Née, dit is nie dat Hy sal toon Hy sekere volke bo ander volke verkies nie, dit is totaal en al van Wie Hy is verwyder. As ons in hierdie laaste 7 dae wat Hy op aarde was, wat ons in hierdie weke mooi na moet kyk, dan sien ons Hom in Wie Hy is. Nie Wie Hy was nie, maar Wie Hy is...! Die boodskap van die donkievul is sy boodskap. Hy ry op n hingsvul van n donkie wat tegelyk nederigheid en diensbaarheid uitspel. Dit is Wie Hy is. Nederig, diensbaar, Hy wat die hoogste Koning is. Tog het ons in Numeri die bepaling (Num.19:2) dat as n dier vir God

6 gebruik moet word dan moet dit sonder gebrek wees, op so n donkie moes daar nog nooit iemand gery het nie. Presies is dit die geval met die donkie wat Jesus vir Hom sou afsonder. Is n vul, niemand het nog daarop gery nie, dit is afgesonder, vir hierdie heilige doel beweeg die donkie daardie stad in sonder gebrek of gesukkel. Wie hierdie donkievul raaksien en Jesus daarop moet eintlik raaksien die Een om Wie dit waarlik gaan. Die vul is eintlik n preek. U wat al gesien het hoe donkies sulke kort vinnige treetjies kan gee, dit is n pakdier, n rydier, nie n oorlogsdier nie. Jesus se hart word in die donkie gesien want het Hy nie gekom om oorlog te maak nie, Hy het gekom om ons pak te kom dra. Hy is in die week ten spyte van die misplaaste heldeontvangs nie as held gehou nie. Hy is alles behalwe in hierdie tyd verhoog, die vernedering wat in hierdie dae sou opbou was daar nog nooit en sulke vernedering sal daar ook nooit weer kan wees nie. Broeder en suster, ons kan hierdie diens afsluit met die belangrike vraag, u wat meen u ken Jesus, is die donkie vir u n preek, het u waarlik die dieper, die heiliger punt raakgesien. U en ek, ons elkeen moet vir die Here die donkie kan wees. As ons dit nie wil wees nie, dan is u nie sy kind nie. Dit gaan om beskikbaarheid op die Here se pad. Of ons moet ons ook stel in die voete van die eienaar van die donkies. Wat was sy gedagtes toe die twee dissipels met sy twee donkies daar weg is. Was dit vir hom maklik om hulle af te staan? Het hy die dissipels vertrou? Sou hy ooit kon dink hierdie donkies het die Koning van alle konings moes dra, ja dat die donkies sou dien om God se raadsplan to verdere openbaring te bring? Die Here het hulle nodig... dit is al verduideliking. Dit moet duidelik genoeg wees, ons moet nie wil terughou as die Here iets van ons vra nie. Gewoonlik maak ons vinnig verskoning en sou ons die eienaar van die donkies wees sou ons aan baie redes kon dink hoekom hierdie donkies nie losgelaat mag word nie. Dit terwyl die Here vir jou sê jou hart, jou lewe, jou tyd, jou gawes word benodig... Maak dit los! Dit is alles dinge wat die Here in sy kerk wil gebruik. In alle geval die Here het nie toestemming nodig om te gebruik wat in alle geval aan Hom behoort nie. Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon... (Ps. 24:1). Ook hierdie twee donkies op hierdie besonder Sondagmôre toe die Here hulle nodig gehad het. Wat besit ons wat ons nie ontvang het nie? Dit word die vraag waarmee ons na onsself moet kyk. Die Here sê aan die Korintiërs, maar ook aan jou en my- En wat het jy wat jy nie ontvang het nie? En as jy dit dan ontvang het, waarom roem jy asof jy dit nie ontvang het nie? (1 Kor. 4:7)

7 Dikwels is jou en my woorde die donkie waarop die Here wil ry. My woorde wat die lewe van ander moet inry om God daar bekend te maak. Of jou gawes wil die Here as sy eseltjie gebruik of jou gesindheid moet die donkie van vrede wees waarmee die Here die huis wil inry waar daar nie vrede is nie. Dink maar aan die skrywer van Mattheus, die evangelie waarby ons hier stilstaan. Mattheus, hy was eers Levi, n tollenaar, maar die pen wat hy daar by die tolhek mee geskryf het, die Here het daardie pen sy donkie gemaak, die Here het hom nader geroep, n tollenaar om die evangelie te skryf, aan Jodegenote wat vir tollenaars eintlik geen ooghare kon hê nie. So werk die Here. Levi word Mattheus, wat die poorte van die Nuwe Testament oopgeskryf het. Dink daaraan waar die Here jou wil gebruik. Die Here wat gewone donkies nodig gehad, soveel te meer het Hy ons nodig wat vir die Here beskikbaar moet wees. Die Here het aan ons getoon, ten spyte van mense se verkeerde denke, mense wat die verkeerde verwagtinge oor Hom gehad het, mense wat gedink het die Here is daar ter wille van ons. Laat ons dit goed besef, die Here is nie hier ter wille van ons nie, ons is hier ter wille van die Here. Dit maak nogal n groot verskil, in die besef in Wie die Here is en in wie Hy nodig het. AMEN