MC Saak nr 539/86. - en -

Vergelijkbare documenten
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die

Appellant is n 25 jarige eerste oortreder wat in die Streekhof verskyn het. op n aanklag van verkragting van n 41 jarige vrou.

KRUGER R, et BLOEM WND R BLOEM, WND R. [1] Hierdie is n hersiening. Volgens die oorkonde was die

EPHRAIM BASIMANE MOTSHWAEDI. E M GROSSKOPF, VIVIER et HARMS ARR. UITSPRAAK

WRIGHT R et VAN DER MERWE R VAN DER MERWE R. [1] Die beskuldigde in hierdie hersieningsaak is op 26 Junie

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

MALHERBE RP et VAN COPPENHAGEN R VAN COPPENHAGEN R. [1] Die appellant n 46 jarige man het in die Landdroshof

skuldigbevinding aan moord met versagtende omstandighede;

Appellant THEMBILE JAMA. Respondent DIE STAAT

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING}

UITSPRAAK. IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Saak No: CA&R 23/2010 Saak Aangehoor: 24/05/2010 Datum gelewer: 28/05/2010

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) ABRAHAM PETER PRETORIUS. UITSPRAAK OP APPéL

Saak no 258/92 /MC IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) In die saak tussen. BAREND OOR Eerste Appellant

Saaknommer: 311/84 WHN. PHILLIP OOSTHUIZEN Appellant

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPéLAFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPéLAFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) KIMBERLEY SAAK NO.: 183/2005 DATUM: In die Hersieningsuitspraak van:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA 70/85. (APPèLAFDELING) In die saak tussen: CILLIé, HOEXTER et VAN HEERDEN, ARR. Verhoor: 24 Mei 1985

MALHERBE RP. Eiseres vorder skadevergoeding in haar persoonlike hoedanigheid. as moeder en natuurlike voog van haar minderjarige seun, Stefan

Saak nr 26/86 /MC. - en -

IN DIE Hoë HOF NOORD-KAAP, KIMBERLEY

VAN DER MERWE R. [1] Die appellant is in die Landdroshof te Viljoenskroon skuldig. bevind aan oortreding van die bepalings van Artikel 1(1)(b)

Saak nr 438/92 /MC IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPeLAFDELING) Tussen. GIDEON JOHANNES BOTHA Appellant. - en - DIE STAAT Respondenb

Pragtige Koningin Ester

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

PIETER WILLEM DE BEER DIE STAAT

LL Saak No 79/1988 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING. Insake die appèl van: teen. VAN HEERDEN, STEYN et EKSTEEN, ARR

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPeLAFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA

IN DIE HOOFGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA 141/84

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

Jona en die Groot Vis

BARTMANN (JNR) SPRINGBOK PATROLS (EDMS) BPK ALERT SPRINGBOK PATROLS BK ABRAHAM ALBERTUS CILLIERS. -en- VAN HEERDEN, VIVIER et MARAIS ARR.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

Paulus kritiseer sy tyd se manier

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

172/85 JONAS VUYANI MABHANI DIE STAAT

CORAM: CORBETT HR et HOEXTER, VIVIER, EKSTEEN, NIENABER ARR.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

[1] Hierdie appèl is gerig teen die afwysing, met koste, van die appellant se. vorderings teen beide die eerste respondent en die tweede

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

SCHALK JOHANNES BURGER Eerste Appellant. JOSEPH GEORGE SCHEEPERS Tweede Appellant JOHANNES VALENTINE ADRIAAN MATTHYSEN

FAKTORE EN VEELVOUDE

Jona en die Groot Vis

456/86/AV IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPeLAFDELING) In die saak tussen: GROSSKOPF, SMALBERGER, NESTADT, ARR. VERHOOR: 18 September 1987

Antonieme en sinonieme

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

Jesaja sien die Toekoms

4. Samothráce, Neápolis en Filíppi. Hand. 16:11-40 Nuwe gelowiges

KAN N MIELIE MET N HAMBURGER KRAGTE MEET? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) PATRICK JOSIAS... APPELLANT. VILJOEN, VAN HEERDEN et JACOBS, ARR VERHOORDATUM: 21 FEBRUARIE 1986

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

In God se plan, was dit die tyd vir Saulus om die evangelie te verkondig en nuwe kerke in en om die Romeinse Ryk te bou.

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

2. Die skepping van die mens

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Hoe om Jou Kind se Van te Verander

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

ANNA HENDRINA MYBURGH

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

CILLIé R et VOGES WR. [1] Die verhoor van hierdie beskuldigde het in die landdroshof te. Sasolburg n aanvang geneem op 11 November 2002.

GROSSKOPF, SMALBERGER, ARR en KUMLEBEN, Wnd AR

Fontein van die lewe. Liturgie

Goeie Konings, Slegte Konings

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN SKILLFULL 54 (EDMS) BEPERK JOHANNES WAGENAAR HUMAN N.O.

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

UITSPRAAKOPHERSIENING

Die intrige rondom Hanna kan in die volgende punte saamgevat word:

MALHERBE RP et WRIGHT R et MUSI R

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

Efesiërs 2: Agtergrond. Oor die stad Efese:

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan?

Transcriptie:

MC Saak nr 539/86 J S DELPORT - en - DIE STAAT VIVIER AR.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen: JOHANNES STEPHANUS DELPORT Appellant - en - DIE STAAT Respondent CORAM: VILJOEN, HEFER et VIVIER ARR VERHOORDATUM: 18 AUGUSTUS 1987. LEWERINGSDATUM: 24 AUGUSTUS 1987. U I T S P R A A K VIVIER AR:- Die appellant het in die Oranje-Vrystaatse Provinsiale /...

2. Provinsiale Afdeling voor HATTINGH Ren twee assessore tereggestaan op drie aanklagte: een van verkragting, een van onsedelike aanranding en een van moord. Op die aanklag van verkragting is hy onskuldig bevind en op die ander twee aanklagte is hy skuldig bevind. Op die aanklag van onsedelike aanranding is die appellant tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis. Op die moordaanklag is geen versagtende omstandighede gevind nie en is die appellant ter dood veroordeel. Met verlof van die Verhoorregter appelleer hy na hierdie Hof slegs teen die bevinding dat daar by die pleging van die moord geen versagtende omstandighede was nie en teen die gevolglike doodvonnis wat hom opgelê is. Aldrie die aanklagte spruit uit 'n aanval deur die /

3. die appellant op 'n 4-jarige blanke dogtertjie op Sondag 20 Oktober 1985 op die oewer van die Wilgerivier in Frankfort, toe hy haar eers onsedelik aangerand en daarna in die sterk vloeiende rivier gegooi het sodat sy verdrink het. Haar liggaam is 4 dae later gevind ongeveer 12 km stroomaf van die plek waar sy in die rivier gegooi is.die na-doodse ondersoek het getoon dat sy dood is a.g.v verdrinking.geen beserings is aan haar geslagsdele gevind nie, maar die gehele uit= wendige gedeelte van die anus was erg geskeur. In sy getuienis voor skuldigbevinding het die appellant erken dat hy die betrokke oggend alleen saam met die oorledene op die rivieroewer was, maar ontken dat hy haar aangerand of in die rivier gegooi het. Sy /

4. Sy weergawe was dat hy daar aan die slaap geraak het omdat hy onder die invloed was van brandspiritus wat hy vroeër die dag gedrink het, en dat hy nie weet wat met die oorledene gebeur het nie. Die Verhoorhof het die appellant se weergawe as vals verwerp en hom as "'n deurtrapte, geslepe en listige leuenaar" beskryf. Die Verhoorhof het bevind dat die appellant nie vroeër die dag gedrink het nie, dat hy die oorledene onsedelik aangerand het deurdat hy geslagsgemeenskap per anum met haar gehad het en dat hy haar daarna in die rivier gegooi het met die direkte opset om haar te dood ten einde alle spore van die onsedelike aanranding te verberg. Die appellant het nie self oor die vraag van versagtende omstandighede getuig nie, maar het volstaan met die getuienis /...

5. getuienis van 'n kliniese sielkundige, mnr Vernon Steyn. Namens die staat het 'n psigiater, dr Janse van Rensburg, hoof van die geregtelike psigiatriese afdeling van die Oranje-hospitaal in Bloemfontein, en mnr Calitz, kliniese sielkundige by dieselfde hospitaal, getuig. Van Rensburg en Calitz was lede van 'n paneel van deskundiges wat die appellant vanaf 2 Januarie 1986 tot 4 Februarie 1986 by die Oranje-hospitaal ondersoek het kragtens 'n bevel wat deur 'n landdros ingevolge art 78(2) van die Strafproseswet nr 51 van 1977 uitgereik is tydens die voorlopige verrigtinge in die landdroshof. 'n Ander lid van die paneel was dr Els, 'n psigiater wat deur die landdros aangestel is en wat nie in die heeltydse diens van die staat is nie. Volgens die eenparige verslag van die /...

6. die paneel het die appellant ten tyde van die pleging van die misdaad aan geen geestesafwyking gely wat hom tot so 'n mate geaffekteer het dat hy nie die ongeoorloofd= heid van sy dade kon besef of ooreenkomstig daardie besef kon optree nie. Steyn se getuienis was dat die appellant se gemoed ten tyde van die pleging van die moord waarskynlik beïnvloed was deur verskeie persoonlikheidsgebreke wat Steyn gevind het by die afneem van sekere toetse, waarvoor hy stawing gevind het in die appellant se kliniese geskiedenis. Die Verhoorhof het egter bevind dat die appellant doelgerig en berekend gehandel het toe hy die moord gepleeg het en dat hy nie deur enige per= soonlikheidsgebreke beïnvloed is nie. Voordat ek meer volledig /...

7. volledig met die getuienis oor die appellant se beweerde persoonlikheidsgebreke en die Verhoorhof se bevindings daaromtrent handel, is dit nodig om te verwys na die appellant se agtergrond en persoonlike omstandig= hede sowel as na sy bewegings vroeër die betrokke dag. Die appellant is 'n 48-jarige blanke. Hy het std 8 op skool geslaag en is 'n paneelklopper van beroep. Hy is reeds sowat 15 jaar van sy vrou, van wie hy twee kinders het, geskei. Die appellant het tot op 'n sekere stadium 'n bestendige werksrekord gehandhaaf; hy het 17 jaar vir een maatskappy gewerk. Daarna het hy 'n soort swerwersbestaan begin voer omdat hy wou reis en die land sien. Die appellant het die Maandag voor die betrokke Sondag op Frankfort aangekom om werk te soek en het tydelike /...

8 tydelike huisvesting gekry by die oorledene se moeder, mev Opperman, in 'n huis wat ongeveer 700 meter van die plek is waar die oorledene aangerand is.die betrokke Sondagoggend het ene Van Heerden, wat saam met die oorledene se moeder gewoon het, die appellant en die oorledene om elfuur by die kerk afgelaai en afgespreek om hulle aan die einde van die diens te kom haal. Die kerk is ongeveer 900 meter geleë van die plek waar die oorledene aangerand is, in die teenoorgestelde rigting van mev Opperman se huis. Toe mev Opperman om twaalfuur by die kerk kom, was die kerk so pas uit maar appellant en die oorledene was skoonveld.die Verhoorhof het bevind dat die appellant die oorledene direk vanaf die kerk na die rivieroewer geneem het en dat /...

9. dat hy dit nie gedoen het omdat, soos hy getuig het, sy 'n behoefte gehad het nie. Hierdie bevinding van die verhoorhof is nie op appel aangeveg nie. Indien die oorledene gesê het dat sy na die toilet wou gaan, sou mens eerder verwag dat die appellant by die kerk sou verneem of daar nie toilet-fasiliteite was nie (wat daar inderdaad was) of daar wag waar haar moeder of Van Heerden enige oomblik sou opdaag, as om na die rivier te stap wat betreklik ver van die kerk geleë was. In 'n verklaring wat die appellant aan majoor Viljoen gemaak het, het hy die gebeure by die rivieroewer as volg beskryf :- "Ons het hier afgekom, toe het ek en sy hier kom sit. Sy is eers privaat toe en toe kom lê sy hier langs my - Ek het eers met haar begin speel met my hand - Toe sê sy Mee Oupa - moenie - Toe het ek haar 'gerape' van agter af - Ek kon nie behoorlik voor inkom nie. Sy /

10. Sy het te veel geskreeu Hou op - en gegil. Ek het iets vergeet - Hier het 'n plastiese geel sak gelê - Ek het haar bo-op dit laat lê. Ek het haar aan haar skouer en been gevat en haar hier ingegooi Toe sit ek hier onder en was myself - Toe trek ek my klere aan en gaan maak ek of ek slaap - Ek het nie regtig geslaap nie." Ongeveer 4 uur die Sondagmiddag het die appellant na mev Opperman se huis teruggekeer en gemaak asof hy nie weet wat van die oorledene geword het nie. Volgens Steyn het hy die appellant aan die volgende toetse onderwerp: twee projektiewe persoonlik= heidstoetse, nl die Rorschach inkkladtoets en die Tematiese A-persepsietoets, 'n angsskaaltoets en die Wechsler-intelligensietoets vir volwassenes. Eersge= noemde drie toetse het getoon dat die appellant 'n onvolwasse/..

11. onvolwasse, ontoereikende persoonlikheid het en dat hy voortdurend onderhewig is aan neerslagtigheid en seksuele spanning. Volgens die Wechsler-toets het die appellant 'n intelligensie-kwosiënt van 83 terwyl die normale tussen 85 en 110 wissel. In een van die onderaf delings van lg toets, nl die voorwerp-samevoeg= ingstoets, word gebruik gemaak van drie legkaarte, en die appellant se onvermoë om een van die drie te voltooi het aangedui dat hy 'n selektiewe onvermoë het om te antisipeer. Dit is 'n begrip wat volgens Steyn nog nie in die literatuur omskryf is nie, maar volgens hom beteken dit dat die appellant geneig is tot onvoorspelbare en sinnelose optrede. Ander onderafdelings van die Wechsler-toets het getoon dat appellant 'n abnormale hoë /

12. hoë agteruitgang van breinfunksie het, nl 16% i p v 11% wat verwag word vir 'n man van sy ouderdom. Die appellant het egter steeds geweet wat hy doen en was in staat om homself te beheer.steyn het getuig dat hy stawing vir die resultate van bogenoemde toetse vind in wat hy meegedeel is oor die appellant se ongelukkige kinderjare en sekere voorvalle uit sy verlede. Steyn het verwys na die hegte band tussen die appellant en sy moeder gedurende sy eerste ses jaar terwyl sy vader op aktiewe diens weg was.hierdie band is verbreek toe sy vader terugkeer, sy moeder verwagtend van 'n ander man vind en hom na Suidwes-Afrika neem waar hy tot sy vyftiende jaar geen kontak meer met sy moeder gehad het nie. Hy het geen liefde van sy vader of stiefmoeder ontvang /...

13. ontvang nie. Op vyftienjarige ouderdom het hy weggeloop na sy moeder, maar omdat sy intussen getroud is en vier ander kinders gehad het, kon die vorige hegte band met haar nie herstel word nie. Steyn het voorts na die volgende insidente uit die appellant se verlede verwys: Toe sy dogter agt jaar oud was, het die appellant by een geleentheid bo-op haar geklim en gesê dat hy haar wou wys hoe die seksdaad gepleeg word. Hy het haar by 'n ander geleentheid in 'n rivier gegooi en net so gelos, Een keer het die appellant sy vrou met messe gedreig, haar kaal laat uittrek en op die kombuisvloer laat lê terwyl ander mans daar verby geloop het. Steyn het getuig dat die appellant se aggressie oorwegend gerig was teen die vroue-figuur, moontlik omdat hy gevoel het dat sy moeder /...

14. moeder hom verwerp het. Daar was geen getuienis voor die Verhoorhof om die inhoud van die bogenoemde mededelings aan Steyn te staaf nie, en in die lig van die botsing wat daar bestaan tussen die menings van Steyn aan die een kant, en dié van Van Rensburg en Calitz aan die ander kant, is die waarde van die mededelings twyfelagtig. Vanweë die gevolgtrekking waartoe ek hieronder gekom het, is dit nie nodig om meer oor hierdie aspek te sê nie. Steyn het die mening uitgespreek dat die onsedelike aanranding en die moord as een, aaneenlopende handeling beskou moet word wat die appellant gepleeg het terwyl hy "oorspoel" was van seksuele impulse of drange wat totaal hand-uit geruk het en wat hy nie kon beheer nie.steyn het egter geredelik toegegee dat hy nie oor /

15. oor al die besonderhede van die appellant se optrede die betrokke dag beskik nie en dat sy verklaring vir die appellant se gedrag nie geldig sou wees indien laasgenoemde, volgens ander aanduidings, berekend gehandel het nie. Die getuienis van Van Rensburg en Calitz was dat die twee persoonlikheidstoetse wat deur Steyn gedoen is, nie by die Oranje-hospitaal gebruik word nie omdat daar twyfel bestaan oor die betroubaarheid daarvan. Die identiese Wechsler-intelligensietoets wat deur Steyn afgeneem is, is ook by die hospitaal gedoen en die resultate daarvan verskil wesenlik van dié wat deur Steyn verkry is. Ander psigometriese evalueringstoetse wat by die hospitaal gedoen is, is die Bender Gestalttoets/

16. toets, die Grassi-blokvervangingstoets en die MMPItoets.Die Wechsler-intelligensietoets wat op 9 Januarie 1986 deur Calitz gedoen is, het getoon dat die appellant 'n normale intelligensie-kwosiënt van 100 het terwyl Steyn se toets, wat op 15 Mei 1986 gedoen is, 'n syfer van 83 getoon het. Volgens Steyn behoort 'n persoon beter te vaar wanneer hy die toets 'n tweede keer binne 5 maande aflê omdat hy dan met die vrae bekend is.ek stem gevolglik met die Verhoorhof saam dat daar twyfel oor die betroubaarheid van Steyn se latere toets moet bestaan, veral as in gedagte gehou word dat die MMPI-toets, volgens Calitz, getoon het dat die appellant homself anders voordoen as wat hy werklik is. Volgens Calitz was die resultate van sy voorwerp /...

7. voorwerp-samevoegingstoets sowel as die appellant se breindeteriorasie-faktor binne normale perke. Volgens beide Van Rensburg en Calitz is die uitslag van die hospitaal se intelligensietoetse in ooreenstemming met die kliniese beeld wat hulle gekry het van die appellant, wat hulle as 'n persoon van gemiddelde intellektuele vermoëns beskryf het. Beide het verder getuig dat hulle geen neurose of psigose by die appellant gevind het nie. Hy was nie depressief nie en hy het nie gemeld dat hy dit ooit was nie. Van Rensburg het getuig dat hy geen teken van seksuele spanning by die appellant gevind het nie.indien daar seksuele spanning was, sou hy 'n voortdurende patroon van seksuele aanrandings verwag het wat nie die geval is /...

18. is nie. Die appellant het konsekwent teenoor hom enige seksuele spanning of afwyking ontken. Die Verhoorhof het bevind dat die getuienis van Steyn aan die een kant, en die getuienis van Van Rensburg en Calitz aan die ander kant, mekaar wesenlik weerspreek en dat die appellant gevolglik nie bewys het dat die persoonlikheidsgebreke waaroor Steyn getuig het, by hom aanwesig was nie.die Verhoorhof het verder bevind dat die appellant se optrede die betrokke oggend geheel en al teenstrydig was met 'n "oorspoeling" soos deur Steyn voorgestel, en dat al die feite daarop dui dat hy berekend opgetree het deur die oorledene na die rivieroewer te neem en haar daar onsedelik aan te rand Die /...

19. Die Verhoorhof het verder bevind dat die appellant ook berekend opgetree het toe hy die moord gepleeg het en dat hy die oorledene in die rivier gegooi het ten einde die spore van sy misdaad uit te wis.die Verhoorhof het gevolglik bevind dat selfs al sou aanvaar word dat die appellant die persoonlikheidsgebreke het waaroor Steyn getuig het, dit nie 'n invloed op sy gemoed gehad het by die pleging van die moord nie. Na my mening het die verhoorhof homself geensins wanvoorgelig toe hy bevind het dat die appellant se gemoed nie beïnvloed was deur enige persoonlikheids= gebreke toe hy die moord gepleeg het. Daar kan ook nie gesê word dat die bevinding een is waartoe nie redeliker= wys /...

20. wys gekom kon gewees het nie.soos blyk uit die voorgaande verwysings na die deskundige getuienis, is daar so 'n direkte weerspreking tussen die getuienis van Steyn aan die een kant, en dié van Van Rensburg en Calitz aan die ander kant, dat die Verhoorhof tereg bevind het dat die persoonlikheidsgebreke waarop namens appellant gesteun is,nie bewys is nie. Verder toon die feite van die saak onteenseglik dat die appellant berekend opgetree het toe hy die moord gepleeg het. Na my mening is daar geen basis waarop met die Verhoorhof se bevinding ten opsigte van versag= tende omstandighede ingemeng kan word nie. Die VILJOEN AR ) HEFER AR ) Stem saam. W. VIVIER AR.