LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

Vergelijkbare documenten
GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

SWANGERSKAPBELEID erken die verantwoordelikheid en invloed van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ten opsigte van leerderswangerskappe; en

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

Hoërskool Swartland SWANGERSKAPBELEID ALDUS AANVAAR TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

DEPARTEMENT VAN ONDERWYS. Goewermentskennisgewing R Oktober 2006

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN HOËRSKOOL OUTENIQUA Opgedateer 19 Mei 2015

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

ʼn Kontrolelys vir openbare skole se begrotingsprosesse

Hoërskool Swartland Beheerliggaam Verhurings Beleid

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

Hoërskool Swartland Beheerliggaam Verhuringsbeleid

ʼn Kort opsomming van die voorgestelde wysigings aan onderwyswette en die praktiese implikasies vir beheerliggame

Ontleding van die toepassing van die 75 beginsels van korporatiewe bestuurstoesig soos aanbeveel in die King III-verslag

1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie.

2015 AKADEMIESE JAAR

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

LAERSKOOL ROBERTSON. 1. Wat word bedoel met Taalbeleid? 2. Die Grondwet, 108 van Die Suid-Afrikaanse Skolewet, 84 van 1996 TAALBELEID

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

HOËRSKOOL WONDERBOOM FINANSIËLE BELEID

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

WELKOM BY HOëRSKOOL LINDEN 2019

BYLAE. Departementshoof beteken die hoof van die onderwysdepartement in ʼn provinsie.

AANSOEK OM GEDEELTELIKE / VOLLE VRYSTELLING VAN SKOOLGELD

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR:

KONSTITUSIE VAN ARSO

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

KONSTITUSIE VAN DIE SCHOEMANSVILLE OEWERKLUB

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

Gedragskode: Beheerliggaam Januarie 2010

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE VIR DIE LEDE VAN DIE BEHEERLIGGAAM

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

- ADMINISTRASIE EN FINANSIES -

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

STUDIESENTRUMBELEID. Leerders word die geleentheid gebied om na skool buitemuurse aktiwiteite by te woon en huiswerk te doen tydens n studiesessie.

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN PRIMêRE SKOOL GERT MARITZ INGEVOLGE ARTIKEL 18 VAN DIE SUID-AFRIKAANSE SKOLEWET, 1996 (84 VAN 1966) AANHEF

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

LAERSKOOL EVERSDAL SELFOONBELEID

Laerskool Wonderboom BELEID OOR MERIETE (GRONDSLAGFASE: GRAAD 1 TOT 3)

Eerste jaarvergadering en konstitusie

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

Hoe om Jou Kind se Van te Verander

AANSOEK OM TOELATING HOËRSKOOL TUINE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. )

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

Kennisgewing van Twintigste Algemene Jaarvergadering van Aandeelhouers

Foto-redigering vir sun.ac.za

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

AANSOEK OM TOELATING TOT HOëRSKOOL VREDENDAL

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

Reglement vir die akademiese gehalteversekering van kortkursusse

HOOFSTUK 9 Regspleging

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

BELEID TEN OPSIGTE DIE GEBRUIK VAN TABLETTE DEUR LEERDERS BY LAERSKOOL RANDHART

Les 14: Entrepreneurskap

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA MAATSKAPPYWET, AKTE VAN OPRIGTING KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

OAKDALE HOËR LANDBOUSKOOL AANSOEK OM TOELATING SKOOL & KOSHUIS. Betree met trots die akkerlaning van samehorigheid, tradisie, karakter en dissipline

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

MUNISIPALITEIT BEAUFORT-WES. Kennisgewing nr. 145/2005

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING

Transcriptie:

LAERSKOOL SAAMTREK Grond-en-gebouebeleid 1. Inleiding Hierdie dokument is die grond-en-gebouebeleid van (skool)laerskool SAAMTREK, wat die skoolbeheerliggaam op (datum)4 Oktober 2014 goedgekeur het. Die beleid erken die grondliggende waardes in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 108 van 1996, sowel as die toepaslike bepalings van die Suid- Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 (hierna die Skolewet ). Ingevolge artikel 13 en 55 van die Skolewet is die staat, en nie die skool nie, die eienaar van die grond en geboue wat deur die skool beset word. 1 Die skool het egter gebruiks- en besettingsreg ten aansien van die eiendom. Artikel 13(2) van die Skolewet bepaal soos volg: 13. Openbare skole op Staatseiendom (2) Behoudens artikel 20(1)(k) het n openbare skool wat vaste eiendom okkupeer wat deur die Staat besit word, die reg om, vir die duur van die skool se bestaan, die vaste eiendom te beset en te gebruik tot voordeel van die skool vir opvoedkundige doeleindes by of in verband met die skool. Ingevolge artikel 20(1)(g) van die Skolewet moet die skoolbeheerliggaam die skool se eiendom, wat insluit die geboue en grond wat die skool beset, administreer en beheer sonder dat dit op enige manier inmeng met die inwerkingstelling van n besluit 1 Daar is natuurlik sekere uitsonderings, soos openbare skole op privaat eiendom. n Belangrike uitsondering is ook die geval van skole wat voor die inwerkingtreding van artikel 29(2A) van die Wet op Onderwysaangeleenthede 70 van 1988 reeds staatsondersteunde skole was (die sogenaamde spesiale skole ), wat steeds die eienaars is van die grond en geboue wat hulle beset. 1

van die Lid van die Uitvoerende Raad (LUR) of Departementshoof wat ingevolge enige reg of beleid geneem is. Hierdie beleid reël die instandhouding, ontwikkeling en verhuring van die geboue, terrein en fasiliteite van die skool. Instandhouding Artikel 20 van die Skolewet omskryf verskeie funksies en bevoegdhede wat op alle beheerliggame van toepassing is. Artikel 21 handel weer oor werksaamhede wat hetsy deur die Departementshoof op aansoek óf die LUR by wyse van publikasie in die Provinsiale Koerant aan die beheerliggaam toegewys word. Die instandhouding en verbetering van die skool se eiendom, sowel as die geboue en grond wat die skool beset, met inbegrip van koshuise, is n artikel 21(1)(a)- (of toegewese) funksie, wat n skool slegs kan uitoefen indien hy oor sodanige bevoegdheid beskik. Die grond-en-gebouekomitee van die beheerliggaam is verantwoordelik vir die instandhouding van die eiendom. Die instandhouding van die geboue, terrein en fasiliteite is daarop afgestem om die strukturele agteruitgang van die skoolkompleks teen te werk, die geboue, terrein en fasiliteite in n aanvaarbare toestand te hou, en te verseker dat die skoolkompleks esteties goed vertoon. Daar word jaarliks vir n instandhoudingsbedrag begroot, wat aangewend moet word om die dele van die skoolkompleks wat verwering toon, te rehabiliteer. Die ouers moet hierdie bedrag by die jaarlikse begrotingsvergadering goedkeur. Gesonde finansiële bestuur sal deurentyd toegepas word, en geen oorskryding van die begrotingsitem sal sonder vooraftoestemming van die volle beheerliggaam toegelaat word nie. Die instandhoudingsbedrag moet optimaal aangewend word om te verseker dat die skoolkompleks in die beste moontlike toestand is. Gereelde inspeksies van die skoolkompleks, -fasiliteite, -masjiene, -voertuie en - tuingereedskap moet geskied om plekke van verweer/verval uit te wys en n 2

herstellys op te stel. Die grond-en-gebouekomitee moet n tydrooster opstel waarvolgens dié inspeksies moet geskied. Die instandhoudingsbehoeftes van die skoolkompleks moet jaarliks geprioritiseer word om die dringendste sake eerste te hanteer. Periodieke opnames van die instandhoudingsbehoeftes van die geboue, terrein, masjiene, voertuie en tuingereedskap moet onderneem word. Die veiligheid van alle elektriese installasies moet nagegaan en verseker word. n Besluit oor die beveiliging van die geboue en terrein moet geneem en in werking gestel word. n Besluit oor die korporatiewe voorkoms (kleurskema) van die skoolkompleks moet met die beheerliggaam se instemming geneem word. Die versekeringsbehoeftes van die skool moet bepaal word, en alle fasiliteite moet, waar moontlik, teen vervangingswaarde verseker word. Die instandhouding van die skoolkompleks sluit die volgende in: Instandhouding van alle geboue Gereelde skoonmaak van geute Instandhouding van die terrein en tuine Instandhouding van alle sportapparaat, -velde en -fasiliteite Snoei van bome Opruim van tuinafval Verwydering van dooie plantmateriaal, tuinafval en rommel van die terrein Onmiddellike aandag aan gebreekte items Spoedige herstel van gevaarlike items, soos gebreekte ruite Skoonhou van die gebied buite-om die skool Instandhouding van die skoolomheining Versekering van die geboue en fasiliteite Beveiliging van die geboue en fasiliteite Instandhouding van brandblussers en -krane 3. Verhuring, beswaring, omskepping of verandering van vaste eiendom 3

Artikel 36(1) van die Skolewet verplig die beheerliggaam van die skool om alle redelike maatreëls in sy vermoë te tref om die hulpbronne van die skool aan te vul. Die verhuring, beswaring, omskepping of verandering van die skooleiendom kan vir hierdie doel aangewend word. Ingevolge artikel 36(4) van die Skolewet mag die beheerliggaam slegs met die LUR se goedkeuring die vaste eiendom van die skool verhuur, beswaar, omskep of verander, selfs al beskik die skool oor artikel 21-status. Sodanige verhuring, beswaring, omskepping of verandering moet geskied om vir skoolaktiwiteite voorsiening te maak of die skoolfonds aan te vul. Dit gebeur soms dat die beheerliggaam op kort kennisgewing versoek word om skooleiendom, soos die skoolsaal of -lapa, te verhuur en daar nie genoeg tyd is om by die LUR om goedkeuring aansoek te doen nie. Die beheerliggaam kan hierdie probleem oorbrug deur eenmalig ʼn aansoek by die LUR in te dien met ʼn lys aktiwiteite waarvoor die skool se fasiliteite gewoonlik verhuur word. Indien die grond-en-gebouekomitee meen dat skooleiendom omskep of verander moet word, of indien daar n versoek is dat die eiendom beswaar of verhuur word, moet die komitee dit aan die volle beheerliggaam vir goedkeuring voorlê. Dié goedkeuring moet genotuleer word, waarna die voorsitter van die grond-engebouekomitee, of n persoon wat die voorsitter vir dié doel aanwys, die nodige toestemming van die LUR moet verkry. Die aansoek om goedkeuring moet aan die volgende aandag skenk: Die doel van die aanbouings/verbeterings Goeie motivering is noodsaaklik. Dit moet tot voordeel van die skool en die skoolaktiwiteite wees. Bouplanne Goedgekeurde bouplanne moet die aansoek vergesel. Begroting n Afskrif van die notule(s) van die vergadering(s) waar die bedrag vir die aanbouings/verbeterings goedgekeur is, moet saam met die aansoek ingedien word. 4

Lening Indien die aanbouings met n lening gefinansier sal word, moet die aansoek om goedkeuring vir die lening ingevolge artikel 36(2) van die Skolewet saam met die aansoek om goedkeuring vir die aanbouings gedoen word. Inkomste uit aanbouings, verbeterings, verhuring en beswaring Indien daar beoog word om inkomste uit die aanbouings, verbeterings, verhuring of beswaring te skep, moet dít ook in die aansoek vermeld word. Goedkeuring Goedkeuring moet verkry word voordat aanbouings n aanvang neem. Stilswye deur die Departement moenie as goedkeuring beskou word nie. Afkeur van aansoek Indien die Departement die aansoek afkeur, moet die beheerliggaam die LUR om skriftelike redes vir die besluit versoek. 4. Die bedryf van ondernemings of besighede op skooleiendom Artikel 36(4)(a)(ii) van die Skolewet maak voorsiening vir die bedryf van ondernemings of `n besigheid op skooleiendom. Enige persone of sake wat n besigheid op die skooleiendom wil bedryf, moet n sakeplan aan die grond-engebouekomitee voorlê. Die komitee moet die plan oorweeg en, indien die komitee meen dat sodanige besigheid op die skooleiendom bedryf kan word, dit vir goedkeuring aan die volle beheerliggaam voorlê. n Onderneming of besigheid kan slegs toegelaat word indien dit die skoolfonds sal aanvul, en indien die bedrywighede daarvan nie gevaarlik of ontwrigtend vir die leerders sal wees nie. Nadat die beheerliggaam die bedryf van die onderneming of besigheid op die skooleiendom goedgekeur het, moet die voorsitter van die grond-engebouekomitee, of n persoon wat die voorsitter vir dié doel aanwys, by die LUR om goedkeuring aansoek doen. Sien paragraaf 3 hierbo vir die inligting wat in die aansoek verstrek moet word. GETEKEN TE DAG VAN OP HIERDIE 5

Beheerliggaamvoorsitter 6