JULLE MOET WEDERGEBORE WORD

Vergelijkbare documenten
Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Jesaja sien die Toekoms

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Welkom by Die Storie God se storie

Die Groot Gebod dennis de wet

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

n Tempel Leier besoek Jesus

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

God eer Josef die slaaf

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Geroep vir Gemeenskap

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Goeie Konings, Slegte Konings

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Jona en die Groot Vis

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Die Kerk se Geboorte

Toe God alles gemaak het

Grote God, ons bring U eer, ons aanbid U, Koning, Heer. U kom toe die lof alom - U wat was, wat is, wat kom. Voor U buig die skepping neer - U wat

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Toe God alles gemaak het

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Van Vervolger tot Prediker

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Pragtige Koningin Ester

Preek Romeine 1:16-17

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

HUWELIKSBELOFTES. Dis die absolute hart van n huweliksbevestiging

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao!

Jona en die Groot Vis

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Kersliedere. Jesus is die Ewige Lig!

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

sodat jy n gestuurde van die Here kan

Baie welkom by vanoggend se erediens

Lees Genesis 22 Hoe laat dit wat jy sopas gehoor het jou voel? Hoe laat dit jou voel oor Abraham se situasie en hoe voel jy oor God?

MAAK JESUS WEER DIE HOOF VAN SY KERK!

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Simson, God se sterk Man

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

Dr AH Bogaards. 1. Inleiding Wat is eensaamheid? Lees: Mt.27: Teks: Mt.27: Datum: 18 Oktober 2015

Petrus en die Krag van Gebed

LYDINGSREIS. Paasweek 2011

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Transcriptie:

JULLE MOET WEDERGEBORE WORD Deur Abba Vader 23Oktober 2007 om 09;18 Julle moet nie glo dat julle al wedergebore is nie. Die ware wedergeboorte is n langsame en delikate proses. Van julle het al die geestelike doop ontvang, maar die meeste van julle moet ernstig strewe om wedergebore te word in die gees. As julle eers wedergebore in die gees is, is niks vir julle meer soos dit was nie. So streef na die geestelike wedergeboorte, wat ook die volkome kindskap van MY uit MY VADERHAND aan julle gegee is. DIE STAP TOT WEDERGEBOORTE MY kinders, dis maklik om te doen wat EK vra. Ek vra volkome liefde vir MY en vir jou naaste. Jy, MY kind, het gisternag n gesprek oor liefde vir MY en vir die naaste gehad. Dis reg wat jy gesê het; almal moet MY waaragtig met hulle hele hart liefhê en daardeur jou naaste.(my gesprek met Francois). As dit onmoontlik was, sou EK julle nooit daarom gevra het nie, maar dis die maklikste ding om lief te hê. Hou net aan vra dat MY liefde in julle sal groei. Julle is almal verwek in die vuur van MY liefde, so verwek liefde vir MY in die vuur van julle brandende harte, en word weer volmaak een met MY. Die oomblik dat jy presies weet wie en wat jy is, waarheen jy gaan, die oomblik dat jy alles kan deursien en MY

ken, is jy eers weer met MY volkome verenig. Ek wil hê dat julle alles in die stryd werp en MY moet liefhê, omdat EK julle liefhet, en EK wil julle weer as kinders in MY huis ontvang. Stry vir n plek aan MY VADER- BORS en EK sal julle aan MY HART druk. 2

Hoofstuk 1 Wedergeboorte en MY wet Julle is almal soekers, word stil en hoor MY stem. Stilte is ook nodig dat EK altyd by julle kan wees. Laat die wêreld raas en wees stil in julle harte sodat EK kan begin; Wanneer julle MY soek, moet julle MY eerste van alles in julle hart soek en bo alles liefhê. Dit vereis om julle los te maak van die wêreld. Die wêreld het nie MY GEES nie, maar julle het, en EK IS altyd naby; soek MY nie asof EK ver is nie, EK is naby, in jou hart. EK is skaars verborge, maar julle maak asof EK ver weg is. EK is onder die oppervlak van alles wat Gees het. Dit beteken; EK is in julle en ook om julle. Moenie dink dat julle MY kan verloor nie. Hou aan om na MY te streef, dan sal jy leef. EK het gesê dat julle julle naaste moet liefhê soos EK julle liefhet. Daarvoor is nodig dat julle MY eers in julle harte bemin. Dan is julle soos lewende vonke uit MY vuur. Het MY lief bo alles en EK sal kom en by julle woning maak. Jy moet niks en niemand bo MY bemin nie, want jou hart moet ontbrand van liefde vir MY. Eers dan sal jy ook jou naaste kan bemin uit suiwer, ewige liefde tot MY. Julle sal kan juig oor wat julle sal sien, want dit sal veel wonderliker wees as wat julle ooit van kan droom. Geen beskrywing kan reg laat geskied aan wat EK vir julle berei het nie. Vanuit MY liefde kom daar die pragtigste dinge voort, nou MY kinders, in julle diepste wese is julle soos EK, skeppend. Julle skep deur julle liefde die landskap van MY 3

RYK waar julle sal bly. As jy een geword het met MY, deur jou liefde tot MY, dan skep jy MY hoogseie hemel waarin EK altyd by jou sal woon. Want dit is ook die hemel wat EK geskape het vir MY kinders. So wakker die liefde in julle harte aan, en bid en waak en EK sal na jou toe kom en in en by jou bly. 4

Hoofstuk 2 Wedergeboorte en naasteliefde Laas het EK nog vir julle verduidelik hoe julle in die hemel sal woon. Vandag kyk ons hoe julle dit kan bereik. Word stil in julle harte, dat EK kan begin; EK begin vandag deur te sê dat julle selfloos en opofferend moet wees, want daarin lê die ware naasteliefde opgesluit. Deur almal in MY lief te hê, bereik julle al n baie hoë graad in die RYK van die Gees. Vandag gaan ons verder en kom by n vers in die Skrif, wat sê; Julle moet mekaar liefhê, soos EK julle liefhet (Johannes 15;12). Dit beteken ook dat julle mekaar moet liefhê as gode uit MY. EK is immers die HOOFWOORD en julle die baie woorde uit MY. So moet julle mekaar liefhê, elkeen die ander bo homself. Waarlik, so n liefde sal beloon word deur MY! Amen. In MY is julle almal, soek jou naaste in MY, nie MY in jou naaste nie. As julle julle naaste as n god kan liefhê, het julle die naaste in MY eers volkome lief. Het MY lief bo-alles, en jou naaste in MY, MY kinders, let op MY woorde en leer leef. EK vra julle om MY te dien. Deur MY bo-alles lief te hê, dien julle MY. En as julle julle naaste naas MY, in MY liefhet, dan het MY liefde in julle volmaak geword. Oorweeg MY woorde in julle harte, en luister goed! Amen. 5

Aanhangsel MY kind, daar is iets wat jy nog nie verstaan het toe EK dit vroeër vir jou gegee het nie. Dit is naamlik dat EK gesê het, dat as julle julle naastes in MY liefhet, is julle al baie gegoed in MY RYK. Maar toe sê EK ook dat julle julle naastes nou as gode uit MY moet liefhê, dan is julle volkome vol liefde in MY. (MY kind dit is as jy ander bo jouself liefhet, dan is hulle in jou oë gode uit MY). Wat EK daarmee bedoel het, was dat julle al julle naastes in MY liefhet, maar nog nie soos gode uit MY nie. Doen dit, en jy sal verstaan wat EK hiermee bedoel. 6

Wedergeboorte en bid Hoofstuk 3 26 Oktober 2007 om 13;32 Bid tot MY sodat julle die volmaakte liefde kan kry. Net EK kan die liefde in jou hart vermeerder sodat jy volmaak kan word in MY. Bid sodat elkeen kan bereik wat jy en ander al bereik het, en nog baie meer kan jul bereik deur tot MY te bid en op MY te vertrou. Laat die wêreld raas, julle wat MY GEES besit, waak en bid, want die tyd is naby. Dra mekaar met julle gebede, want dit is kostelik en hooggeag in MY oë. Dra mekaar se laste en EK sal julle laste dra. MY kinders, EK wil hê dat julle MY in alles navolg. EK het gebid, doen julle dit ook. Die VADER trek julle na MY netsoos EK julle na die VADERHART bring. Volg MY in diens van jou naaste en wees nederig soos wat EK nederig is. Wees ook van ganser harte sagmoedig en deemoedig, sodat MY beeld in julle volmaak kan word. Dit alles kan julle bereik deur in die liefde van julle harte te bid. Laat julle harte ontbrand van liefde vir MY, en julle sal MY aanskou. Liefde in julle harte is kosbaar, want dit was julle sondes weg. MY kinders, bly nederig en in die diens vir jou naaste. Amen. 7

Hoofstuk 4 Wedergeboorte en MY liefde 27 Oktober 2007 om 10h10 Vandag gaan ons praat oor MY liefde wat julle die hoogste vlak wil laat bereik. Dit sal kort wees, omdat julle baie van MY dinge nog nie kan verdra nie. Soos julle al gehoor het, het EK julle onberekenbaar baie lief. MY liefde is volmaak en EK wil graag hê dat sommige van julle ook volmaak moet wees. Julle sal dit almal eendag wees, maar nie almal kan dit op aarde bereik nie. Baie van julle wat te swak is, neem EK weg, sodat hulle in die RYK van die Geeste kan verder streef na MY. Ook daar help EK hulle. Moet nie hartseer wees en dink almal is verlore wat nog nie wedergebore is nie. EK is n liefdevolle VADER, wat die swakker kinders wegneem na n plek waar EK hulle nog kan help. Maar daarmee terug na julle: EK is altyd by julle. EK streef vir julle, EK red julle keer op keer as die satan n aanslag teen julle maak. EK is naby, in en om julle, EK beskerm julle omdat EK julle so liefhet. Werp alles in die stryd en streef na MY, EK sal julle verhoor en met MY liefde aanraak. MY barmhartigheid is gespaar vir die wat regtig na MY streef en hul lewens probeer regkry. Daarmee genoeg vir vandag. Amen. 8

Hoofstuk 5 Wedergeboorte en die eie ek 28 Oktober2007 om 07h01 MY kinders, EK wil julle op die hart druk om stil te wees en MY te soek. Laat die wêreld raas, maar wees julle stil. Vandag begin ons; MY kleine, jy sing baie keer in jou hart; Laat U beeld al meer in MY tog gestalte kan verkry. Nou gaan EK vandag meer vertel oor die nuwe oordeel van julle vlees. EK het gekom om vir julle te sterf en daarmee het EK die ou oordeel, wat die dood van alle vlees is, kom vernietig. Maar daar is vir julle n nuwe oordeel. Wees nie bang dat dit nog n dood is nie, dis net die dood van jou ou ek. Dit is ook n dood, maar dis die dood tot die ware vrye lewe in MY. Verstaan dit nou soos wat EK dit sê, streef om jou eie ek af te sterf, sodat EK jou lewe kan wees en jy kan sê; Nou leef ek nie meer nie, maar die VADER in my. Begryp julle die volle vryheid wat dit teweeg gaan bring? Jy behou jou individualiteit, maar word vir ewig opnuut gebore om te wees soos wat EK is, vir ewig en altyd een met MY. MY kinders, streef daarna om te bereik wat EK nou gesê het. Julle kan dit alleenlik bereik deur MY twee hemelse wette in ag te neem. Amen. 9

Hoofstuk 6 Wedergeboorte en dankbaarheid 29 Oktober 2007 om 11h58 Gister het julle MY gesoek, wees stil sodat EK kan praat; Vandag gaan dit oor MY seëninge wat so milddadig op julle uitgestort word. EK wil hê dat julle alles wat EK gee, aanvaar en altyd dankbaar wees. n Dankbare hart is hoog geag deur MY en so iemand sal EK salf as koning. Julle moet weet van al MY seëninge, geestelik of aards. Alles wat julle tot seën strek, is uit MY. Neem dit aan en EK sal jou weer en weer seën, omdat die dankbaarheid van jou hart vir MY kosbaar is. Nou wil EK ook sê dat julle altyd hoër en hoër moet streef; streef met MY, wees dankbaar vir elke goeie gawe en jy sal jou doel op aarde bereik. MY kinders, dit was MY woorde vandag oor julle wedergeboorte. Gee ag daarop. Amen. 10

Hoofstuk 7 Wedergeboorte en nederigheid 29 Oktober 2007 om 21h26 EK praat nou met julle almal oor sagmoedigheid, deemoed en nederigheid. Word stil in julle harte en luister goed; Sien hoe EK as mens geleef het, totaal nederig en sagmoedig. Dink veral aan die blinde Bartimeus wat na MY geroep het; Seun van Dawid, ontferm U oor my! MY dissipels wou hom stilmaak, maar hy het geweet dat EK hom sal verhoor omdat EK meer sagmoedig is as die mense. Roep ook in al julle nood so na MY, en EK sal julle ook aanraak en siende maak en elke las van julle afneem. Neem die deemoed en nederigheid goed onder die oë, en dien jou naaste, daardeur dien jy ook vir MY. Dink nooit van jouself meer as van ander nie, want EK het gesê; Die grootste een is die een wat die ander dien. Die een wat homself as die minste beskou. EK, wat van ewigheid julle GOD is, was ook as mens op aarde, EK het mense gedien en geleer. EK was die minste onder die mense en EK het gesê dat julle MY voorbeeld moet navolg om te kan lewe. EK moes ly, maar julle hoef nie te ly nie, EK roep julle nou. En as julle moet ly, sal EK al die swaar daarvan wegneem. Bly in MY diens deur hierdie drie woorde. Amen. 11

Hoofstuk 8 Wedergeboorte en gehoorsaamheid 30 Oktober 2007 om 10h17 MY kinders, word stil en hoor MY stem, die wêreld hoor MY nie, maar julle hoor MY. Laat EK nou begin; Vandag is dit oor gehoorsaamheid. Julle gehoorsaamheid aan MY twee hemelse gebooie. Alles hang van die twee gebooie af, om MY en jou naaste lief te hê. Sonder die twee gebooie kan julle nooit iets bereik nie. Bepaal jou gehoorsaamheid en doen die twee liefdeswette sodat jy daardeur die tot vrye lewe kan kom. EK het die twee wette vir julle gegee tot absolute vryheid en wanneer jy dit gestand doen, sal jy vryraak en vir altyd en ewig vry wees. Vryheid is MY wette, liefde is die grootste vryheid, EK wil julle vry sien soos die arende. Julle moet MY met vrye harte bemin. MY twee gebooie is nie gegee sodat julle dit moet gehoorsaam nie, gehoorsaam dit net as julle dit wil en waar en vry in julle harte voel. Deur die vrye liefde sal julle geloof vermeerder tot n sterk stroom wat vloei en vloei. Dit sal julle absolute vreugde en vrede wees. Dit sal gebeur as julle gehoorsaam is aan MY twee wette van die liefde. Amen. Luister goed. Amen. 12

Hoofstuk 9 Wedergeboorte en die tweede dood 30 Oktober 2007 om 22h48 Wedergeboorte is die lewe, lewe nuut en rein gebore uit MY, julle MEESTER, SKEPPER en VADER. Wedergeboorte is lewe, lig en daar is geen plek vir duisternis. Wedergeboorte is deur en deur bestraal met MY liefdeslig. Die tweede dood daarenteen, is sterf, is leë en hol gevoel. Dit is die illusie van die slim en wyse mense. Hulle sê mos daar is geen GOD en daarmee verdwyn hulle in die illusie van n leë en holle verstand. Maar julle, MY kinders, wees stil en soek MY lig diep in julleself. EK sal MY son oor julle laat opgaan. EK stuur genade en ruk julle uit die dood. EK breek die bande en bevry julle van sonde. Die wat op MY wag, kry nuwe krag. Weet wat EK gespreek het, is waar, getrou en gewis. EK is altyd daar vir julle. Sterf julle eie ek af en in daardie algehele kragteloosheid, sal EK kom en julle n onmeetlike ruimte maak soos wat EK is, omdat julle MY dan sal omhels met julle liefde. Hoor dit, en wees getrou aan MY woorde. Luister goed! Amen. 13

Wedergeboorte en rus Hoofstuk 10 31 Oktober 2007 om 07h31 Die wedergeboorte is ook vir julle volle rus in MY. As julle wedergebore is, dan sal julle besef dat EK julle rus gun. Dan hoef jy nooit meer te dink dat EK jou verlaat het nie, jy is volkome in MY, vir ewig dieselfde as EK. MY kleine volk, dink aan MY, daarin lê julle rus, in stil wees en vertroue hê, lê julle heil. (vergelyk Jesaja 30;15). EK sê dit omdat EK wil hê dat julle rustig moet wees en lief moet hê. Die totale wedergeboorte is daarmee in kort afgehandel. EK het dit vir julle beskryf. EK het julle gesê hoe om dit te bereik. Word nou stil en dien MY met n vurige hart sodat MY woord waar en lewend in julle kan word. Onthou, in MY lê julle rus, in die volledige wedergeboorte uit My julle heil. Dit is EK wat spreek. JAHSHUA. Ja, JAHWEH. Julle GOD. Neem MY woorde in ag, en EK sal julle help. Luister goed. Amen. Ja, Amen. En dit MY kinders, is uit MY VADERLIEFDE in die grootste Barmhartigheid gegee. En dit is die einde van die boekie Oor die wedergeboorte. Amen. 14

15

16