Almal Verstaan Lewensoriëntering Graad 12 Leerderboek P Farhangpour S Iyer L Kennedy-Smith J Rentel MACMILLAN
Almal Verstaan Lewensoriëntering Graad 12 Leerderboek P Farhangpour, S Iyer, L Kennedy-Smith, J Rentel, 2013 Illustrasies en ontwerp Macmillan South Africa (Edms) Bpk, 2013 Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie publikasie mag sonder skriftelike verlof van die kopiereghouer of in ooreenstemming met die Kopieregwet, 1978 (soos aangepas) gereproduseer word of gestoor word in ʼn ontsluitingstelsel, of in enige vorm of deur enige elektroniese middel weergegee word nie, hetsy fotokopiëring, plaat- of bandopname. Enige persoon wat enige ongemagtigde optrede uitoefen in verband met hierdie publikasie mag onderhewig wees aan kriminele vervolging en siviele eise om skadevergoeding. Eerste uitgawe 2013 14 16 18 19 17 15 13 2 4 6 8 10 9 7 5 3 1 0 Uitgegee deur Macmillan South Africa (Edms) Bpk Privaatsak X19 Northlands 2116 Gauteng Suid-Afrika Geset deur Tangerine Design Studio Omslag deur Reach for a Dream Omslagontwerp deur Deevine Design Illustrasies deur Kathy Pienaar, Rob Owen, Heidi-Kate Greeff, Julia du Plessis, Marleen Visser, Mark de Lange en Genies Fotos deur: AAI Fotostock: bladsy 124, 171 (links) Afripics: bladsy 1, 8, 20, 23, 94, 119, 151, 157, 171 (middel), 178, 190, 201, 228, 305 CartoonStock: bladsy 142, 186, 256 Gallo: bladsy 46, 48, 69, 104, 131, 141, 176, 199, 209, 215, 277, 288 Greatstock Corbis: bladsy 18, 50, 85, 121, 155, 171 (regs), 179, 196, 198, 217, 223, 248, 260, 283 INPRA: bladsy 78, 96, 139 Zapiro: bladsy 132 e-isbn: 9781431024308 WIP: 4506M000 Dit is onwettig om afskrifte te maak van enige bladsy van hierdie boek sonder toestemming van die uitgewers. Moeite is gedoen om toestemming te verkry om kopieregmateriaal te gebruik. Indien daar egter per abuis materiaal sonder die kopiereghouer se toestemming gebruik is, onderneem ons om dit reg te stel sodra dit onder ons aandag gebring word.
Inhoud Kwartaal 1 Onderwerp 1: Selfontwikkeling in die samelewing: Aanpassing tot verandering en handhawing van lewenskwaliteit... 1 Liggaamsopvoeding Weke 1 5... 27 Formele assessering: Deelname aan en uitvoering van bewegings... 48 Onderwerp 2: Studievaardighede... 50 Liggaamsopvoeding Weke 6 7... 68 Onderwerp 3: Loopbane en loopbaankeuses... 78 Liggaamsopvoeding Weke 8 10... 103 Formele assessering: Deelname aan en uitvoering van bewegings... 111 Formele assessering: Geskrewe taak... 112 Kwartaal 2 Onderwerp 4: Demokrasie en menseregte... 119 Liggaamsopvoeding Weke 1 4... 144 Formele assessering: Deelname aan en uitvoering van bewegings... 153 Onderwerp 5: Sosiale en omgewingsverantwoordelikheid... 155 Liggaamsopvoeding Weke 5 7... 175 Formele assessering: Deelname aan en uitvoering van bewegings... 182 Formele assessering: Eksemplaar halfjaareksamen... 183 Formele assessering: Projek... 187 Kwartaal 3 Onderwerp 6: Selfontwikkeling in die samelewing: Voorkom leefwysesiektes en bly gesond... 192 Liggaamsopvoeding Weke 1 4... 214 Formele assessering: Deelname aan en uitvoering van bewegings... 226
Onderwerp 7: Loopbane en loopbaankeuses... 228 Liggaamsopvoeding Weke 5 7... 247 Formele assessering: Deelname aan en uitvoering van bewegings... 253 Formele assessering: Eksemplaar finale eksamen... 255 Kwartaal 4 Onderwerp 8: Studievaardighede... 260 Liggaamsopvoeding Weke 1 2... 276 Onderwerp 9: Loopbane en loopbaankeuses... 288 Liggaamsopvoeding Weke 3 4... 304 Indeks... 308
Onderwerp1 Onderwerp Kwartaal 1 Selfontwikkeling in die samelewing Aanpassing tot verandering en handhawing van lewenskwaliteit Wat jy in hierdie onderwerp gaan leer Vereiste lewensvaardighede om by verandering aan te pas as deel van deurlopende gesonde leefwysekeuses: stresfaktore, veranderinge en lewenskwaliteit Identifiseer stresfaktore: fisiese-, emosionele-, sosiale- en omgewingsfaktore (misbruik, roeping, lewenskrisisse en sosiale druk) Assesseer stresvlakke: tekens en simptome van stres, positiewe stres en negatiewe stres Hantering van stres: hanteringsmeganismes en/of bestuurstegnieke, ontwikkeling en toepassing van eie strategie Konflikhanteringsvaardighede: interpersoonlik en intrapersoonlik Aanvoering, opbou en volhoubaarheid van positiewe verhoudinge: belangrikheid van kommunikasie (begrip vir ander, kommunikasie van gevoelens, religie en houdings) Faktore wat effektiewe kommunikasie beïnvloed: persoonlikheid, houdings en waardes, aanvaarding van verantwoordelikhede, gepaste gee van sienings en uitdruk van gevoelens, respek vir ander se gevoelens Aanpassing by groei en verandering: verandering in omstandighede Oorgang tussen skool en post-skool bestemming, positiewe en negatiewe aspekte van verandering, ondersoek andersienings, insigte rakende die lewensiklus en verwante tradisionele praktyke Persoonlike leefwyseplan om kwaliteitlewe te verseker Selfontwikkeling in die samelewing 1
Kom ons gesels oor hierdie onderwerp Aangesien jy amper met skool klaar is, is daar ʼn paar groot veranderinge wat vir jou voorlê. Is jy gereed vir die veranderinge wat vir jou voorlê? Is jy goed toegerus om die stres wat hierdie verandering gepaard gaan te hanteer? Het jy die nodige kommunikasievaardighede, interpersoonlike vaardighede en konflikhanteringstrategieë om verandering te trotseer? Het jy enige planne om ʼn positiewe leefwyse te handhaaf? Vereiste lewensvaardighede om by verandering aan te pas as deel van deurlopende gesonde leefwysekeuses: stresfaktore, veranderinge en lewenskwaliteit Wat jy reeds weet Hoe om stres te oorkom Stres is vir jou niks nuuts nie. Jy het dit al in baie verskillende situasies ervaar, byvoorbeeld toe jy jou vakke gekies het, toe jy jou werkstuk laat ingehandig het, toe jy begin uitgaan het, of toe jy vir ʼn mediese toets gegaan het. Om gestres te wees is normaal en dit gebeur met almal. Ons moet die nodige kennis en vaardighede hê om stres te hanteer. Toets Jouself Weet jy wat stres is? Weet jy wat die verskillende soorte stresfaktore is? Is jy bewus van die simptome van stres? Kan jy tussen positiewe en negatiewe stres onderskei? Het jy die vaardighede om stres te hanteer? Het jy die vaardighede en die kennis om jou eie streshanteringsplan te maak? Woordbank agitasie: om emosioneel versteurd of senuweeagtig te wees ambisieus: vasbeslote om suksesvol te wees bedroef: ongelukkig, ontsteld deursettingsvermoë: hou voortdurend aan om hard aan iets te werk gebrek: ʼn verlies aan; werk nie behoorlik nie gelykvormigheid: almal dieselfde; om te volg wat die meeste van die ander mense doen kategorie: ʼn tipe of ʼn groep dinge wat dieselfde kenmerke het minderheidsgroep: ʼn groep mense wat verskil van die meerderheid van die bevolking 2 Onderwerp 1
Kwartaal 1 Weke 1 5 norm: simptoom: spanning: uitstel: ʼn aanvaarbare standaard waarskuwingsteken of aanwyser druk, pyn om te sloer om iets te doen wat nodig is Wat jy nog moet weet Wat is stres en hoe werk dit? Stres is die gevoel van oorweldiging en om onder druk te wees. Ons liggame reageer op stres: die pituïtêre klier in die brein stuur chemiese boodskappe na die senuweestelsel en adrenale kliere om te sê dat iets verkeerd is. Die adrenale kliere reageer hierop deur streshormone te produseer. Hierdie hormone berei die liggaam vir noodoptrede voor. Jou hart klop vinniger, jou spiere trek styf, jou bloeddruk styg, jou asemhaling raak vinniger, jou handpalms sweet, jou mond raak droog en jou sintuie verskerp. Hierdie fisiese veranderinge berei jou voor om te veg of te vlug van dít wat jou stres veroorsaak. Ervaring van stres is normaal wanneer nuwe situasies ervaar word. Identifiseer stresfaktore Stresfaktore is enige situasies of persone wat stres kan veroorsaak. Daar is ʼn verskeidenheid stresfaktore. Dink na oor jou eie lewe en ook oor die lewens van jou maats en jou gesin jy sal agterkom dat daar baie stresfaktore in almal se lewens is. Kyk na die volgende stresfaktore en voeg by elke kategorie voorbeelde van jou eie ervaringe. Fisiese faktore Fisiese stresfaktore veroorsaak stres vir jou liggaam. Dit sluit in hitte, om vir ure in dieselfde posisie sit, om druk op jou oë te plaas deur na die rekenaarskerm te staar, te veel fisiese werk of oefening te doen, om honger te wees of om te ooreet. Fisiese stresfaktore sluit ook toestande soos vetsug, siekte, ongeskiktheid en fisiese gebrek in. Emosionele of sielkundige faktore In jou finale jaar van skool kan jou skoolwerk uiters stresvol wees. Emosionele of sielkundige stresfaktore veroorsaak emosionele spanning. Hierdie stresfaktore kan die volgende insluit: om gekritiseer en verkleineer te word, om oor siek ouers bekommerd te wees, of om minderwaardig te voel en ʼn swak selfbeeld te hê. Selfontwikkeling in die samelewing 3
Emosionele stres kan styg as die stresfaktor ernstiger word. Byvoorbeeld, ʼn persoon met ʼn ernstige siekte kan meer gespanne raak soos die siekte vererger. ʼn Mens se lewe kan skielik en dramaties verander as gevolg van ongelukke of gebeure soos die dood van ʼn geliefde, om jou werk te verloor, ʼn egskeiding te ervaar, om gestremd te wees of met ʼn dodelike siekte gediagnoseer te word. Mense wat sulke hoë vlakke van stres ervaar, benodig professionele hulp om hul stres te hanteer. Sosiale faktore Die samelewing verwag van ons om aan sekere standaarde en norme te voldoen. Baie mense ervaar druk om soos hul portuurgroep te lyk en op te tree. Dit kan stres veroorsaak, aangesien ons dalk nie altyd bereid is of daartoe in staat is om aan hierdie standaarde te voldoen nie. Byvoorbeeld, baie leerders hou daarvan om modieuse klere te dra, gewild te wees en ʼn sekere liggaamsgrootte en voorkoms te hê. Dit kan lei tot stres in diegene wat dit nie kan bekostig om sekere handelsname te koop nie of wat nie ʼn spesifieke liggaamsvorm het nie. Afknouery is ook ʼn bron van sosiale stres. Afknouery kan fisies tussen persone voorkom of deur die misbruik van sosiale media soos Facebook en Twitter. Dit staan as kuber-afknouery bekend. Kuber-afknouery kan teistering of die plaas van persoonlike foto s sonder toestemming insluit. Dit kan depressie veroorsaak, asook gevoelens van magteloosheid en dit kan selfs tot selfmoord lei. Diskriminasie is nog ʼn voorbeeld van ʼn sosiale stresfaktor. Sommige leerders van minderheidsgroepe ondervind, as gevolg van hulle ras, kulturele of etniese agtergrond of seksuele oriëntasie, verwerping en diskriminasie. n 'n Mens kan nie van kuber-afknouery ontsnap nie. Die internet is die hele tyd beskikbaar. Die pyn wat ʼn mens voel wanneer jy afgeknou of teen gediskrimineer word, kan jou prestasie op skool en algemene welsyn beïnvloed. As jy teistering of diskriminasie by die skool gewaar, moet jy dit onmiddellik by jou Lewensoriëntering-onderwyser rapporteer. Mense ondervind ook beroepstres, wat stres in die werkplek is. Interpersoonlike verhoudinge, werkslading en die botsing van waardes en persoonlikhede is sommige van die oorsake van beroepstres. Ek het verlede jaar met ʼn BCom in Bedryfsielkunde gegradueer en ek werk tans op ʼn kontrakbasis in menslike hulpbronne. Elke keer as my kontrak verstryk, verleng die maatskappy dit vir nog twee maande, maar ek is so bang dat hulle dit een dag nie sal doen nie. Ek maak die hele tyd foute by die werk, want ek voel so angstig dat ek werkloos en arm sal wees. Ek probeer om goed te vaar in my werk, maar ek voel die hele tyd ek is nie goed genoeg nie. Pabi, 23, MH-assistent (Bron: Glamour - tydskrif, Augustus 2011, bl. 34) 4 Onderwerp 1
Kwartaal 1 Weke 1 5 Almal word nie in dieselfde mate deur sosiale druk geaffekteer nie. Byvoorbeeld, groepsdruk ten opsigte van klere, finansiële status, mode, en liggaamsbeeld pla sommige leerders nie. Ander is meer sensitief daaroor en voel gelukkiger as hulle by ʼn groep ingesluit is. Sommige kenners dink dit is omdat mense verskillende tipes persoonlikhede het. Hulle glo dat Tipe A persoonlikhede ambisieus, gejaagd, tydbewus en gedrewe is, terwyl Tipe B persoonlikhede minder ambisieus, minder tydbewus, meer ontspanne en meer tot verandering in staat is. Volgens hierdie teorie, is Tipe A-mense meer geneig as die Tipe B-persoonlikhede om gestres te voel. Tog kan alle mense probeer om te leer om hul hanteringstrategieë te verbeter, ongeag van hul tipe persoonlikheid. Omgewingsfaktore Omgewingsfatore is elemente in die omgewing wat stres kan veroorsaak Dit byvoorbeeld stresvol om in besoedelde gebiede, of in onhigiëniese of onveilige omgewings, soos naby aan ʼn stortingsterrein of ʼn rivier wat gereeld oorstroom, te woon. Oorvol huise, geen toegang tot water en elektrisiteit, en werksplekke waar daar baie harde geluide of baie beweging is, is ook omgewingstresfakore. Klaswerkaktiwiteit 1 Werk op jou eie en dan in ʼn groep. 1 Op jou eie, maak ʼn lys van al die stresfaktore in jou lewe. a) Klassifiseer jou stresfaktore volgens die verskillende tipes. b) Teken ʼn sirkel en verdeel dit in vier segmente wat die verskillende tipes stresfaktore verteenwoordig: fisies, sosiaal, emosioneel, omgewing. Jou sirkel moet soos ʼn pastei lyk. c) Skryf in elke segment ʼn lys van mense of situasies wat jou tans laat stres. Kleur- en skadu in die afdelings volgens die stresvlak. Donker kleure verteenwoordig die hoër stresvlakke. 2 Werk in klein groepies vir hierdie aktiwiteit. Fisies Emosioneel Sosiaal Omgewing Jou onderwyser sal vir jou een van die gelyste scenario s gee. Identifiseer en bespreek die tipe stresfaktor vir die scenario wat vir jou groep aangewys is. Tipes stresfaktore a) Farida is die enigste Indiërmeisie in haar Tswana-sprekende klas. b) Lebo kom uit ʼn lae inkomste-familie wat in ʼn plattelandse gebied woon. Sy is ʼn loseerder by ʼn privaatskool. c) Mary se skool is naby ʼn myn en die lug is vuil, veral in die winter. Mary is geneig om in die winter borsinfeksies te kry. d) Patho se ma is siek by die huis en hy is die hele tyd bekommerd oor haar. 3 Rolspeel die geval wat aan julle gegee is en vertoon die stres wat in elke geval ervaar word. Selfontwikkeling in die samelewing 5
Positiewe stres en negatiewe stres Stres is nie net ʼn negatiewe krag nie. ʼn Klein hoeveelheid stres kan jou ook motiveer om iets te doen dit is positiewe stres. Byvoorbeeld, positiewe stres laat jou vir ʼn toets studeer wanneer die datum van die toets nader kom. Negatiewe stres is wanneer jy nie in staat is om die druk van die stresfaktor te hanteer nie. Stres oor ʼn lang tydperk word negatief wanneer dit jou gesondheid, jou produktiwiteit, jou verhoudinge en jou lewenskwaliteit bedreig. Byvoorbeeld, om vir ʼn lang tyd ʼn siek familield te versorg of om in ʼn huis te woon waar daar mishandeling is, kan jou lewenskwaliteit en geluk benadeel. Vlakke van stres Kenners het vier vlakke of fases van stres geïdentifiseer. Vlak 1 Op vlak 1 ervaar die persoon ligte angsgevoelens. Op hierdie vlak word die stres as gesonde stres beskou. Die persoon is baie gemotiveerd en kan die stres hanteer. Byvoorbeeld, ʼn persoon wat so pas na ʼn nuwe werk bevorder is, ervaar gesonde stres. Dit gee die persoon die nodige energie en motivering om te leer hoe om die nuwe werk vinnig onder die knie te kry. Vlak 2 Op vlak 2 beïnvloed stres die daaglikse lewe van die persoon op ʼn negatiewe wyse. Die individu mag oor oorlading en ʼn gevoel van oorweldiging en nood kla. Byvoorbeeld, ʼn vrou wat seksueel deur haar baas geteister word, mag voel dat sy nie hierdie bykomende stres kan hanteer nie. Vlak 3 Die derde vlak word deur chroniese stres gekenmerk. Die persoon sal gevoelens van prikkelbaarheid en selfs fisiese simptome soos spanningshoofpyne ervaar. Byvoorbeeld, indien die vrou vir ʼn geruime tyd seksueel geteister is en nie die situasie kan oplos nie, sal die stres begin om haar produktiwiteit en gevoel van welsyn negatief te beïnvloed. Vlak 4 Op die vierde vlak voel die individu fisies en emosioneel uitgeput en benodig mediese aandag en morele ondersteuning. Byvoorbeeld iemand wat vir ʼn lang tyd in ʼn huis met baie mishandeling gewoon het, sal hierdie vlak van stres ervaar. Mense met stres op hierdie fase moet ʼn dokter of ʼn ander professionele persoon raadpleeg om hulle te help met die hantering van hul stres. (Bron: http:/jenaisle.com/2011/03/16/the-four-levels-ofstress-whichlevel-are-you-in/) Moeg Laat nagte Angs Vrees Stres Skuld Werk Gesondheid Geen slaap Rekeninge Tydgrens Agterstallig Chroniese stres is stres wat oor lang tyd ervaar word. 6 Onderwerp 1
Kwartaal 1 Weke 1 5 Simptome van stres Beide positiewe en negatiewe stres het sekere simptome. Positiewe stres kan tekens soos ʼn effense verandering in eetlus- en slaapgewoontes, ʼn effense gevoel van angstigheid, vinniger hartklop en meer waaksaamheid en energie insluit. Wanneer stres negatief word, kan die volgende simptome verskyn: Sielkundige simptome Geheueprobleme Onvermoë om te konsentreer Swak oordeel Sien slegs die negatiewe dinge raak Angstige of vlietende gedagtes Konstante bekommernisse Fisiese simptome Hoofpyne Seer rug Stywe spiere, veral rondom die nek en skouers Diarree of hardlywigheid Naarheid, duiseligheid Borspyn, hartkloppings Kry gereeld verkoue Buierigheid Geïrriteerdheid of kort humeur Agitasie, onvermoë om te ontspan Voel oorweldig Voel eensaam en afgesonder Depressie of algemene ongelukkigheid Gedragsimptome Eet meer of minder Slaap te veel of te min Afgesonder van ander Lae produktiwiteit/afskeep van verantwoordelikhede Die gebruik van alkohol, sigarette of dwelms om te ontspan Senuagtige gewoontes (bv. naels byt, rondtrippel) Ly jy aan enige van hierdie simptome? Onthou dat stres ʼn bedreiging vir jou gesondheid kan wees. Dit kan tot ʼn verskeidenheid van siektes ly soos migraine, verskillende vorme van pyn, hartprobleme, spysverteringsprobleme, slaapversteurings, laer immuunstelsel en selfs kanker. Hantering van stres: hanteringsmeganismes Mense hanteer stres op verskillende maniere. Sommige mense kies ongesonde maniere om stres te hanteer, dit sluit in die gebruik van alkohol of dwelmmiddels, rook, te veel eet, televisie vir ure lank kyk, hul frustrasies op ander uithaal, of uitstel van take. Ander mense gebruik positiewer strategieë. Hierdie lys gee ʼn paar strategieë wat jou sal help om stres op ʼn gesonde manier te hanteer: Vermy onnodige stres: Leer om diegene te vermy wat veroorsaak dat jy stres, leer om ʼnee te sê vir ekstra verantwoordelikhede en vermy stresvolle situasies. Bestuur jou tyd goed: Beplan jou dag en bestuur jou tyd. Graad 12 is gelaai met toetse en werkstukke. Gebruik dus jou tyd oordeelkundig om stres te vermy. Doen asemhalingsoefeninge: Wanneer jy gestres is, is jy geneig om vlakker en vinniger asem te haal. Haal ʼn paar keer diep asem om jouself te help kalmeer. Verander jou gewoontes: As jy nie spraaksaam is nie en jy jou gevoelens wegsteek, sal niemand weet wat jou pla nie. Leer om jou gevoelens openlik en op ʼn respekvolle manier uit te druk. Wees selfhandhawend: Laat ander hul grense ken en en laat hulle weet dat jy nie rondgestoot kan word nie. Verander jou houding: Probeer om die stresvolle situasie vanuit ʼn positiewe perspektief te bekyk en fokus op die feit dat die stresvolle situasie wel ʼn einde het. Sien die groter prentjie. Selfontwikkeling in die samelewing 7
Dink oor die lesse wat jy uit die ervaring kan leer. Pas jou standaarde aan: as jy ʼn perfeksionis is, sal jy moontlik nie slaag nie. Aanvaar dinge wat jy nie kan verander nie: Sommige dinge is buite jou beheer. Jy kan nie ander mense se houding of besluite verander nie. Konsentreer eerder op jou eie reaksies. Maak tyd vir pret, ontspanning en oefening: Ruim elke nou en die tyd in om te ontspan. Oefening kan jou liggaam en gees verfris. Dans, musiek luister en gesels met vriende kan balans in jou lewe terugplaas. Maak seker dat jy genoeg slaap. Mediteer of bid: Om in verbinding te wees met jou geestelike sy kan jou help om dinge in perspektief te plaas en gee vir jou die aanmoediging om te volhard. Begin ʼn gesonde leefwyse: Gesonde dieet en manier van lewe kan jou van baie onnodige stres red. Dit sluit gereelde fisiese oefening en wegbly van riskante gedrag, soos dwelmmisbruik en onverskillige seksuele gedrag, in. Ontwikkeling en toepassing van n persoonlike strategie Baie mense beoefen meditasie as manier om die druk van die eksterne wêreld te hanteer. Om jou stres te beheer, benodig jy ʼn strategie wat vir jou behoeftes en jou unieke omstandighede voorsiening maak. Gebruik die volgende riglyn om jou persoonlike strategie te formuleer: 1. Maak ʼn lys van jou stresfaktore. 2. Rangskik dit in volgorde vanaf baie hoog, hoog, medium, en lae stresvlakke. 3. Lees deur die hanteringstrategieë wat jy in hierdie onderwerp geleer het. 4. Vir elk van die stresfaktore, spesifiseer hanteringstrategieë wat jy nuttig vind. 5. Implementeer vir ʼn week lank die strategieë. 6. Hou gedurende daardie week ʼn dagboek. 7. Evalueer die strategieë vir effektiwiteit: Watter strategieë het gewerk? Watter strategieë moes jy aanpas? 8 Onderwerp 1
Kwartaal 1 Weke 1 5 Klaswerkaktiwiteit 2 Werk op jou eie. 1 Teken ʼn tabel om jou stres te analiseer. Skryf in die eerste kolom al die simptome van stres wat op jou van toepassing is en gradeer dan elke simptoom volgens hoe erg dit is. Simptoom 1 Baie laag 2 Laag 3 Gemiddeld 4 Hoog 5 Baie hoog Hoofpyn 2 Lees die volgende gevallestudie in klein groepe. Sonia was 14 jaar oud toe haar pa Vusi só depressief was dat hy selfmoord gepleeg het. Sy en haar ma moes toe na ʼn plakkershut in Vosloorus trek en hul verhouding was moeilik omdat hulle albei deur Vusi se dood getraumatiseerd was. Hulle het begin om al hoe meer met mekaar te baklei en Sonia het toe na haar tannie getrek, wat ook in Vosloorus woon. Sonia is nou 18 jaar oud en haar matriekeksamens lê nog voor. Haar tannie ondersteun haar baie en probeer Sonia met haar huiswerk te help. Sonia wil daarom graag haar tannie help en sy werk dus naweke by ʼn supermark om ʼn bietjie geld tot die huishouding by te dra. Sy weet dat as sy ʼn goeie opvoeding kry, sy in staat sal wees om meer te kan help, maar sommige dae voel sy oorweldig deur al die probleme wat die lewe haar gegee het. Dit is moeilik om op sulke dae uit die bed te klim en vrolik te wees. a) Watter tipe stresfaktore is die jong vrou besig om in die gesig te staar? b) Maak ʼn lys van die stresfaktore in rangorde van hoe erg dit is. c) Beskryf die tipe stressimptome wat sy dalk ervaar. Selfontwikkeling in die samelewing 9
Aanvoering, opbou en volhoubaarheid van positiewe verhoudinge Wat jy reeds weet Kommunikasie In Graad 10 het ons na kommunikasie gekyk. Kommunikasie is ʼn proses waar ʼn boodskap van een persoon of party na ʼn ander gegee word. Ons gebruik verbale en nie-verbale kommunikasie om met ander mense in verbinding te tree. Twee partye is betrokke by die kommunikasieproses: die sender en die ontvanger. Beide speel ʼn belangrike rol met die sukses van kommunikasie. Toets Jouself Weet jy waaruit bestaan kommunikasie? Watter vorme van nie-verbale taal ken jy? Dink jy dat jy ʼn goeie kommunikeerder is? Is dit vir jou maklik om ʼn verhouding te inisieer? Is jy in staat om verhoudinge met ander vol te hou? Kan jy jou op ʼn effektiewe wyse jou gevoelens kommunikeer? Verstaan jy ander mense se gevoelens en houdings? Woordbank aanneem: belemmer: deelnemend: grootprater: konfronteer: ontkoppel: sarkasme: versper: veronderstel; om aan iets te dink sonder om bewyse te hê voorkom; veroorsaak ʼn struikelblok reagerend; gehoor gee aan om vir ander te vertel hoe goed jy is om iets aan te vat, in die gesig te staar en te hanteer af te sny bespotting; om iets te sê met die bedoeling om seer te maak afsluit; ʼn versperring wees Wat jy nog moet weet Belangrikheid van kommunikasie Die vermoë om met ander op ʼn effektiewe wyse te kommunikeer, is ʼn belangrike faktor by suksesvolle verhoudinge. Aan die einde van Graad 12 sal jy by die wêreld van werk of by instansies van hoër onderwys aansluit en baie mense vir die eerste keer ontmoet. Jy sal effektiewe kommunikasievaardighede benodig om verhoudinge met mense van verskillende kulturele groepe en agtergronde te begin en in stand te hou. Om goeie kommunikeerder te wees, beteken om te leer hoe om te praat en te leer hoe om te luister. 10 Onderwerp 1
Kwartaal 1 Weke 1 5 Verstaan ander mense Kommunikasie is ingewikkeld, want daar is ten minste twee partye wat by die kommunikasieproses betrokke is. Julle moet mekaar ewe goed verstaan. Maar julle is nie dieselfde nie: jul kan dalk verskillende ouderdomme en uit verskillende kulturele, sosiale en opvoedkundige agtergronde wees, of verskillende tale praat. Julle sal nie noodwendig oor dinge op dieselfde manier dink nie. Jy moet nooit aanvaar dat jy heeltemal verstaan wat die ander persoon dink of voel, of waarom hulle iets doen nie. Moet ook nie aanvaar dat hulle jou ten volle verstaan nie. Die enigste manier om seker te maak, is om vrae te vra en kwessies te bespreek. Alle mense sien die wêreld uit hul eie perspektief, wat op hul ervarings uit die verlede gebaseer is. Om hulle te verstaan, probeer om dinge uit hulle oogpunt te sien. Leer die persoon ken, asook sy of haar vorige ervarings. Moenie mense oordeel nie. Probeer eerder om te verstaan waarom hulle so optree. Kommunikeer gevoelens Wanneer ons met ander kommunikeer, kommunikeer ons nie net feite nie, maar ook ons gevoelens. Elke keer as jy interaksie met iemand het, het jy ook interaksie met hul denke. Onlangse navorsing het getoon dat dit noodsaaklik is om gevoelens te kommunikeer om verhoudinge te bou en vol te hou. As jy nie jou gevoelens kommunikeer nie, hou jy noodsaaklike inligting terug, wat belangrik vir die verhouding kan wees. Kyk na die belangrikheid om gevoelens te kommunikeer in hierdie voorbeelde: Paartjies in ʼn verhouding moet voortdurend hul gevoelens kommunikeer. As hulle dit nie doen nie, kan hulle op die ou einde van mekaar afgesny voel. Dikwels kla geskeide mense oor ʼn gebrek of ineenstorting van kommunikasie. Hulle kla nie oor ʼn gebrek aan inligting nie, maar ʼn gebrek aan emosionele konneksie en ondersteuning. Vriende aanvaar soms dat dit nie nodig is om op hul kommunikasie te fokus nie. As jy vir jou vriend kwaad is en vir ʼn paar dae afsydig is teenoor hom of haar sonder om vir die persoon te sê wat jou kwaad gemaak het, sal jy nie in staat wees om die probleem op te los nie. Jou vriendskap sal daaronder ly en kan dalk beëindig word. Jou vriend weet dalk nie eers dat jy vir hom of haar kwaad is nie. Ek voel dat jy my afskeep en nie tyd saam met my spandeer nie. Dit laat my voel dat ek nie vir jou belangrik is nie. Wanneer jy met mense kommunikeer, is dit belangrik dat jy aandag aan hul gevoelens gee. Indien jy hul gevoelens afskeep, skep dit die indruk dat jy nie vir hulle omgee nie. Om verhoudinge te verbeter, toon positiewe gevoelens en wys mense dat jy waardeer wat hulle vir jou beteken. Eenvoudige woorde soos dankie of ek het jou gemis kan baie bydra om verhoudinge te verbeter. Selfontwikkeling in die samelewing 11
Klaswerkaktiwiteit 3 Werk saam met ʼn maat. 1 Dink aan ʼn klasmaat of ʼn vriend wat jy dink ʼn goeie kommunikeerder is. Noem die eienskappe wat van hom of haar ʼn goeie kommunikeerder maak. 2 Hoe hanteer hy of sy ander mense se gevoelens? Rol van houdings in kommunikasie Houdings verwys na ons interaksies met mense en situasies en hoe ons hulle nader. Ons houding teenoor mense help om te bepaal hoe ons met hulle kommunikeer. Houdings vir die inisiëring van verhouding Ons wil almal nuwe verhoudinge en nuwe vriende vind. Jy sal die volgende houdings nuttig vind wanneer jy ʼn verhouding wil inisieer: Wees positief. ʼn Positiewe houding skep ʼn positiewe atmosfeer. Glimlag en lyk toeganklik. Jy moet die vertroue hê om die proses te inisieer. Dikwels is die ander persoon te senuweeagtig om ʼn gesprek te begin. Wees werklik geïnteresseerd in die ander persoon en wat hy of sy doen. Wees oop en onbevooroordeeld en moenie ʼn oorhaastige gevolgtrekking maak nie. Wees jouself. Moenie probeer om die persoon te beïndruk nie. Houdings vir die opbou en volhoubaarheid van verhoudings Om ʼn verhouding vol te hou en te koester, oefen die volgende: Wees ʼn goeie luisteraar. As jy onseker is oor iets, vra vrae. Kies jou woorde versigtig. Sommige woorde kan baie seermaak. Wees beleefd, geduldig en buigsaam. Respekteer ander mense se gevoelens. Respekteer ander mense se religieë en oortuigings. Wees behulpsaam en bied hulp aan waar nodig. Toon opregte belangstelling in die persoon se doelwitte en help hom of haar om dit te bereik. Skadelike houdings wat veroorsaak dat kommunikasie verbrokkel Negatiewe houdings skep ʼn negatiewe atmosfeer en maak jou ongewild. Hierdie is voorbeelde van skadelike houdings wat jy moet vermy: Die gebruik van sarkasme: Wanneer jy ʼn bespotting van mense en hul idees maak, voel mense ongelukkig en wil van jou af wegbly. Om ʼn grootprater te wees en te maak of jy van alles weet: Om die indruk te gee dat jy beter as ander weet laat ander mense minderwaardig voel en hulle dink jy is arrogant. Om krities te wees: Niemand hou daarvan om gekritiseer te word nie, al is die kritiek waar. Om té mededingend te wees en te probeer om almal te oorskadu, kan daartoe lei dat mense nie van jou hou nie. 12 Onderwerp 1
Kwartaal 1 Weke 1 5 Blameer ander: Mense neem aanstoot as hulle beskuldig en hul foute blootgestel word. Om dominant te wees: Mense neem aanstoot as hulle nooit ʼn kans kry om te praat nie omdat jy voortdurend besig is om ander te oortref. Klaswerkaktiwiteit 4 Werk saam met ʼn maat wat jou al ten minste een jaar ken. 1 Skep ʼn kontrolelys met drie kolomme, soos die volgende voorbeeld: Houding Jy Jou maat Kommentaar Gebruik sarkasme Is ʼn grootprater en maak of jy van alles weet Is krities Blameer ander Is dominant Het ʼn positiewe houding Glimlag Is vol vertroue Toon werklike belangstelling Is onbevooroordeeld Is altyd jouself Is ʼn goeie luisteraar Vra vrae om die boodskap te verstaan Kies woorde versigtig Is beleefd, geduldig, buigsaam Respekteer ander se gevoelens Respekteer ander se gelowe Is hulpvaardig Toon werklike belangstelling in ander se doelwitte 2 Op jou eie, gebruik die kontrolelys om jou eie houdings en jou klasmaat sʼn te assesseer. Skryf Ja in die toepaslike kolomme vir elke houding wat jy of jou maat het en Nee as dit ontbreek. Probeer om so eerlik en objektief as moontlik te wees. 3 In die kommentaarkolom, kan jy voorbeelde of voorstelle byvoeg. 4 Vergelyk jou kontrolelys met jou maat sʼn. Hoe eenders of verskillend is dit? Hoe sien elk van julle julself en mekaar? Wees eerlik, maar ook taktvol en konstruktief met julle besprekings oor mekaar. Selfontwikkeling in die samelewing 13
Faktore wat effektiewe kommunikasie beïnvloed Kommunikasie en die tipe persoonlikheid hou direk verband met mekaar; ons kan nie mense se persoonlikheid en die manier waarop hulle kommunikeer van mekaar skei nie. Wetenskaplikes het verskillende maniere ontwikkel om persoonlikhede te klassifiseer. Die Myers-Briggs persoonlikheidstoets klassifiseer mense in vier verskillende tipes: Assosieerder-ondersteuners: Hierdie tipe mense is oor die algemeen ondersteunend, versorgend en vriendelik. Kommunikasie met hierdie tipe persoonlikheid is relatief maklik, aangesien jy die persoon vriendelik en tegemoedkomend sal vind. Jy kan by hierdie tipe persoon ontspan en jouself vrylik uitdruk. Jy sal ondervind dat hulle ontvanklik is en ook bereid om jou vrae te beantwoord. Inisieerder-aanmoedigers: Hierdie mense is vol energie, motiverend, oorredend en pret. Hierdie tipe persoon is gesellig en gewild. Jy kan met hom of haar oor gewone en alledaagse kwessies gesels, maar moenie verwag dat hulle altyd daar vir jou sal wees of te geheg aan hulle raak nie. Ontleder-ondersoekers: Hulle is gedrewe en analitiese mense. Hulle is nuuskierig en wil oor die wêreld uitvind. Hulle soek redes en inligting. Hulle het nie baie tyd om net te sosialiseer nie. Jy kan reguit met hulle wees deur vir hulle feite te gee wanneer jy met hulle kommunikeer. Bestuurder-leiers: Hierdie mense is baie magtig en wil baie bereik. Hulle is beheer-georiënteerd en produktief. Wanneer jy met hierdie tipe persoonlikheid kommunikeer, onthou dat hulle ambisieus is en in beheer wil wees. Hulle wil hê jy moet met hulle saamstem en vir hulle die kans gee om baas te wees. (Bron: Aangepas uit: http://www.nipreston.com/publications/excerpts/personalitytypes.pdf) 14 Onderwerp 1
Kwartaal 1 Weke 1 5 Mense is individue en pas nie perfek in enige van hierdie tipes in nie. Die persoonlikheidsklassifikasie word slegs as ʼn riglyn gegee vir die fasilitering van beter kommunikasie volgens ʼn persoon se dominante persoonlikheidseienskappe. Rol van waardes en houdings in kommunikasie Mense se waardes beïnvloed die kwaliteit van kommunikasie. Religieuse waardes, politieke affiliasie en kulturele oortuigings is vir mense belangrik en die meeste mense is sensitief daaroor. Wanneer mense verskillende waardes het, kan dit probleme met kommunikasie veroorsaak, aangesien mense mekaar kan misverstaan of selfs dit wat die ander persoon sê of doen aanstootlik vind. Suid-Afrika is ʼn diverse land. Ons ontmoet en werk saam met mense van verskillende kulture, godsdienste en politieke standpunte. Jy moet sensitief teenoor hierdie diversiteite wees en seker maak dat jy respek toon aan die mense met wie jy kommunikeer. Maak jouself eers vertroud met die waardesisteem van die persoon en probeer om onbevooroordeeld daaroor te wees. Verskillende kulture het verskillende gedragskodes vir kommunikasie. Byvoorbeeld: dit word in baie tradisionele kulture as onbeleefd beskou om oogkontak te maak terwyl jy met iemand praat. In die Westerse kultuur word oogkontak aangemoedig en is ʼn teken dat jy aandag gee in sommige kulture, word daar van kinders verwag om nie vrae voor volwassenes te vra nie. By die skool word daar van hulle verwag om vrae te vra. Verskille in kommunikasiestyle kan tot misverstande lei en kan selfs as beledigend beskou word. Om sulke situasies te vermy, probeer om die kultuur van die mense waarmee jy kontak maak te leer ken. Aanvaar dat mense verskillend is en dat hulle die reg het om hul eie waardes te hê. Riglyne vir effektiewe kommunikasie Aanvaarding van verantwoordelikhede Twee partye is betrokke by die kommunikasieproses. Beide van hulle moet hul rol vervul om die kommunikasieproses effektief te maak. Hierdie riglyne sal jou help om verantwoordelikheid te neem vir jou deel in die kommunikasieproses: Luister aandagtig: Fokus ten volle op die spreker en probeer om sy of haar standpunt te verstaan. Moenie hom of haar onderbreek nie en moenie probeer om sy of haar sinne te voltooi nie. Moenie oor jou eie dinge dink terwyl jy na die ander persoon luister nie en moenie die onderwerp verander of kritiseer nie. Behou oogkontak. Druk jouself duidelik uit: Verduidelik jou standpunt duidelik deur eenvoudige en alledaagse woorde te gebruik. Moenie aanvaar dat ander mense weet wat jy wil sê nie. Gebruik volledige sinne en praat met ʼn duidelike stem. Moenie uitstel wat nou gesê moet word nie: As daar ʼn probleem is waaraan jy aandag wil skenk of ʼn situasie wat uitgeklaar moet word, probeer om dit so gou as moontlik op te los. Hoe langer jy wag, hoe moeiliker gaan dit word. Jou lyftaal speel n belangrike rol in kommunikasie. Wees bewus van hoe jy rondom iemand optree. Selfontwikkeling in die samelewing 15
Gee aandag aan jou lyftaal: Wees bewus van die manier waarop jy praat jou intonasie, gebare en gesigsuitdrukkings. As jy in ʼn beskuldigende stemtoon praat, sal die ander persoon heel waarskynlik verdedigend optree, selfs voordat hy of sy gehoor het wat jy wil sê. As jy ʼn oop houding het, ʼn kalm stem en ontspanne lyftaal, sal dit help om die ander persoon op sy of haar gemak te laat voel en om meer ontvanklik te wees. (Bron: Aangepas uit http://au.reachout.com) Gepaste uitdrukking van menings en gevoelens en respek vir ander se gevoelens Toon respek vir ander se gevoelens en menings. Gebruik hierdie riglyne om jou gevoelens en menings op ʼn gepaste wyse uit te druk: Druk jou negatiewe gevoelens op ʼn gepaste wyse uit: Wanneer jy baie negatiewe emosies soos woede, irritasie, teleurstelling en verwerping ervaar, probeer om blamerende stellings te vermy. Stellings wat met jy begin, laat die ander persoon voel asof hy of sy aangeval word. Gebruik eerder stellings wat met ek begin om jou gevoelens te verduidelik. Sê byvoorbeeld: Ek het teleurgesteld gevoel toe jy nie opdaag het nie, eerder as Jy het my weer in die steek gelaat, of Ek voel afgeskeep wanneer ek alleen by die huis moet agterbly, eerder as om te sê Jy het my alleen by die huis gelos, jy het my weer teleurgestel! Kies jou woorde versigtig: Woorde wat goed deurdink is, help om die verhouding te koester. Onverskillige grappe en sarkasme bederf verhoudinge. Wees nederig en vriendelik: Niemand hou van arrogansie nie. Nederigheid en vriendelikheid kan baie bydra om ʼn goeie verhouding te vestig. Wys empatie: Probeer om dinge uit ander se oogpunt te sien: plaas jouself in hulle skoene. Dit sal jou help om hulle te verstaan. Klaswerkaktiwiteit 5 Werk in ʼn groep. Beantwoord die volgende vrae in klein groepies: 1 Wat is ʼn paar van die algemeenste oorsake van verbrokkeling in kommunikasie wat jong mense ervaar? Noem en bespreek. 2 Bestudeer die volgende gesprek en beantwoord die vrae wat volg. Gesprek Bestuurder: Persoonlike assistent: Bestuurder: Hoekom kan jy nooit die verslae doen soos ek dit verkies nie? Omdat jy die heeltyd jou voorkeure verander. Nee, dit is omdat jy nie na my luister nie. Jy ignoreer doelbewus my instruksies. a) Watter soort persoonlikheid dink jy het die baas? b) Wat moet ons onthou wanneer ons met hierdie tipe persoonlikheid kommunikeer? c) Hoe dink jy laat die bestuurder se woorde die persoonlike assistent voel? d) Watter waardes of houdings toon hulle vir mekaar? e) Het hulle hul verantwoordelikheid aanvaar om kommunikasie effektief te maak? 16 Onderwerp 1
Kwartaal 1 Weke 1 5 Konflikhanteringsvaardighede Konflikte kan om verskillende redes en met verskillende mense op verskillende tye ontstaan. Die enigste manier om dit te hanteer, is om te leer hoe om dit op die beste moontlike manier te beheer. Tipes konflik Konflik is ʼn ernstige argument of meningsverskil wat oor die algemeen nie vinnig opgelos kan Konflik ontstaan dikwels tussen mense word nie. Meeste van ons heg ʼn negatiewe wat nou saamleef. konnotasie aan konflik, maar konflik kan ook voordelig wees. Gesonde konflikte kan help om jou verhoudinge te verbeter en kan jou ook help om jouself beter te leer ken. In die volgende afdelings gaan ons kyk na intrapersoonlike konflik en interpersoonlike konflik. Intrapersoonlike konflik Intrapersoonlike konflik vind binne die persoon self plaas. Ons ervaar soms konflik binne onsself waar ons denke of gevoelens teenstrydig met mekaar is. By intrapersoonlike konflik ervaar jy ʼn geestelike dialoog wat ʼn argument tussen die twee teenstrydige idees, waardes, emosies of aksies verteenwoordig. Die meeste intrapersoonlike konflik hou verband met die keuses wat jy moet maak en daar is dikwels ook morele waardes daarby betrokke. Byvoorbeeld, jou kultuur is dalk van so ʼn aard dat daar van die meisies verwag word om ʼn laer posisie in die familie en in die samelewing te hê. Jy mag dalk nie hiermee saamstem nie, maar is nog steeds lief vir jou kultuur en jy respekteer dit nog steeds. Hierdie twee waardes mag dalk bots en dit vir jou moeilik maak om te besluit wat om te doen. Ander kere weerspieël intrapersoonlike konflikte jou interaksie met ander, byvoorbeeld, wat jy vir ʼn persoon gesê het of hoe hy of sy jou dalk sien. Jy mag dalk besef dat jy iets verkeerd of lelik vir iemand gesê het, maar te senuweeagtig of trots voel om terug te gaan en dit met hom of haar te bespreek. Interpersoonlike konflik By interpersoonlike konflik, bots jy met ander mense rondom jou. Interpersoonlike konflikte is baie algemeen tussen vriende, kollegas, broers en susters, gades, kamermaats en bure. Sommige interpersoonlike konflik kan ontwrigtend raak en normale funksionering beïnvloed. Dit is hoekom dit belangrik is om daaroor te leer en te verstaan hoe om dit te hanteer. Bronne van interpersoonlike konflik Verskille in waardes: Konflik kan ontstaan omdat ons situasies op verskillende maniere sien en verskillende waardes het. Die verskil in waardes kan voorkom as gevolg van verskille in opvoeding, kultuur en agtergrond. In Suid-Afrika het ons ʼn wye verskeidenheid van rasse, religieë, kulture en leefwyses indien dit nie reg hanteer word nie, kan hierdie verskille konflik veroorsaak. Selfontwikkeling in die samelewing 17
Misverstand: Baie konflikte is die gevolg van kommunikasieprobleme en misverstande. Byvoorbeeld, jy mag dalk iemand se kommentaar verkeerd interpreteer en aanstoot neem. Verskille in metode: Mense mag dalk verskillende menings hê oor die beste manier om iets te doen. Byvoorbeeld, twee mense werk op dieselfde projek, maar kan nie saamstem oor hoe om die projek te lei nie. Verskille in prioriteite: Mense wie se prioriteite verskil, mag dalk mekaar se punte as onbelangrik sien. Dit kan lei tot konflik. Eensydig of bevooroordeeld: Om bevooroordeeld teen ʼn groep mense te wees, kan konflik veroorsaak. Byvoorbeeld, ʼn manlike ingenieur wat glo dat vroue nie goed in Wetenskap is nie, sal dalk nie sy vroulike kollegas ernstig opneem nie en konflik kan dalk tussen hulle ontstaan. Klaswerkaktiwiteit 6 Werk in klasverband. 1 Plaas twee stoele teenoor mekaar, voor in die klaskamer. Plaas ʼn hoed of ʼn serp op een van die stoele neer. 2 Dink oor ʼn konfliksituasie wat jy onlangs ervaar het. Konflikoplossing behels dikwels dat 'n n kompromie aangegaan moet word. 3 ʼn Vrywilliger kom vorentoe. Hierdie leerder moet op een van die stoele sit en vir die denkbeeldige persoon op die ander stoel van sy or haar konflik vertel. Die leerder moet die konflik vanuit sy of haar eie standpunt verduidelik. 4 Dan moet die leerder op die ander stoel gaan sit en die hoed op sy of haar kop sit. Hy of sy moet die probleem van die ander persoon se oogpunt vertel. 5 Daarna moet die leerder die hoed afhaal en weer op die eerste stoel gaan sit. Hy of sy moet die gevoelens verduidelik wat deur die konflik veroorsaak is. 6 Keer dan die leerder terug na die ander stoel, sit weer die hoed op, en beskryf hierdie persoon se gevoelens wanneer in konflik. 7 Indien nodig, kan die leerder met die proses voortgaan vir meer beurte, totdat al die gevoelens en houdings behandel is. 8 Wanneer die vrywilliger klaar is, moet die klas deur die lys van bronne van interpersoonlike konflik werk en bespreek of elke een van toepassing op die rolspel is. Konflikhanteringstyle Mense reageer op verskillende maniere op konflik. Bestudeer die volgende style en besluit watter een jou styl is: Vermyding of ontkenning: Jy verkies om voor te gee dat niks jou pla nie en probeer om die konflik te vermy in plaas daarvan om dit aan te spreek. Jy verontagsaam jou eie bekommernisse sowel as dié van die ander persoon, deur nie die konfliksprobleem te hanteer nie. Hierdie benadering sal nie die probleem oplos nie; die spanning sal tydens interaksies teenwoordig wees en sal die verhouding beïnvloed. 18 Onderwerp 1
Kwartaal 1 Weke 1 5 Tegemoetkomend: Jy sal probeer om die ander persoon se behoeftes te bevredig, ten koste van jouself. Jy mag dalk later ʼn slagoffer en spyt voel aangesien jy die opoffering gemaak het. Mededinging: Jy streef jou eie belange na, dikwels ten koste van die ander persoon. Ooreenkoming: Jy wil tot ʼn wedersydse ooreenkoms kom sodat dit vir albei partye regverdig is. Medewerking: Jy bied aan om saam met die ander party te werk om ʼn oplossing te vind wat vir beide partye aanvaarbaar is Stappe om interpersoonlike konflik op te los Die meeste kenners stel voor dat jy hierdie stappe neem om konflik op te los: Stap 1: Luister na die ander persoon se kant van die saak totdat jy dit heeltemaal verstaan. Dit vereis dat jy empatie met die ander persoon het en dinge uit sy of haar perspektief sien (plaas jouself in hulle skoene). Stap 2: Verduidelik waaroor die meningsverskil gaan en wat die probleem is, byvoorbeeld, Ons het ʼn probleem oor... Stap 3: Hou ʼn dinkskrum en maak ʼn lys van alle moontlike oplossings sonder om dit te assesseer. Stap 4: Kies oplossings wat vir beide van julle aanvaarbaar is. Stem saam oor wie wat sal doen. Stap 5: Pas die oplossing toe en evalueer die resultate. Klaswerkaktiwiteit 7 Werk in ʼn groep. 1 Vorm groepe van ongeveer vyf leerders in elk. 2 Elke groep moet ʼn rolspel ontwikkel waar ʼn konfliksituasie opgelos word. Gebruik die konflikoplossingstrategieë wat jy in hierdie afdeling geleer het. 3 Skryf as ʼn groep ʼn verslag oor die konflik en die oplossingstrategieë wat jy gebruik het om die konflik op te los. Identifiseer ook die konflikoplossingstyl wat jy gaan gebruik. Selfontwikkeling in die samelewing 19
Om saam met verandering te groei en persoonlike leefwyseplan Wat jy reeds weet Leer uit verandering Ons gaan deur verskillende fases in die lewe: kleintyd, kinderjare, tienerjare en volwassenheid. Ons verander en ontwikkel deur elke fase waardeur ons gaan. Die meeste van ons voel onseker oor die veranderinge wat met elke fase gepaardgaan en ons mag dalk bang voel wanneer ons aan verandering blootgestel word. Verandering is egter dikwels goed vir ons en ons leer daardeur meer oor onsself en hoe om teenoor die wêreld te reageer. Toets Jouself Voel jy gemaklik met verandering? Ken jy die positiewe en negatiewe aspekte van verandering? Sal jy in staat wees om by die lewe na skool aan te pas? Het jy ʼn persoonlike leefwyseplan om lewenskwaliteit te verseker? Woordbank afsondering: isolasie artefakte: materiële voorwerpe van ʼn bepaalde kultuur bevoeg: in staat is gemaksone: ʼn toestand waarin jy gemaklik en gerus voel gemengde gevoelens: om beide goed en sleg oor iets te voel minderjarige: ʼn persoon wat jonger as 18 is, wat toestemming van voogde vir belangrike besluite benodig ooreenstem: gebeur saam oorgang: verandering van een toestand of situasie na die volgende prokreasie: om kinders te hê status quo: die situasie soos dit is uitbrei: groei groter Wat jy nog moet weet Oorgang tussen skool en post-skool bestemming Veels geluk, jy het dit gemaak! Jy in Graad 12, die laaste jaar van jou skoollewe. Jy kan baie trots wees daarop. Jy begin ʼn nuwe lewensfase wanneer jy hoërskool klaarmaak. Dit sal veranderinge en opwinding in jou lewe veroorsaak. Daar is egter baie mense in Graad 12 wat bekommerd is oor wat na skool met hulle gaan gebeur. Dit behels baie harde werk en deursettingsvermoë om die toppunt van jou skoolopleidingslewe te bereik Graad 12. 20 Onderwerp 1
Kwartaal 1 Weke 1 5 Verandering in omstandighede Wanneer jy die skool verlaat, sal jou omstandighede ook verander. Hier is sommige van die veranderings wat jy gaan ondervind: Jy is geregtig om te stem (sodra jy 18 jaar oud is). Jy kan ʼn rybewys kry. Jy kan wettig alkoholiese drankies koop en drink. Jy is nie meer ʼn minderjarige nie jy word nou as ʼn volwassene beskou. Jy kan jou eie ideologieë glo en beoefen. Daar is nie meer skoolgroepsdruk nie. Jou familie sal vir jou waarskynlik meer vryheid gee om te gaan waar jy wil. As jy na skool studeer of werk, kan hierdie veranderinge in omstandighede op jou van toepassing wees: Jy mag dalk die veilige en bekende atmosfeer van jou huis verlaat en in ʼn ander huis of in ʼn koshuis gaan bly. Jy sal ander tipes kollegas hê. Hulle mag dalk ouer as jy wees en van ander dorpe en kulture afkomstig wees. Jy sal verskillende tipes finansiële verpligtinge hê, byvoorbeeld huur, vervoer en kos. Jou sosiale omgewing sal ook anders wees as die beheerde en bekende skoolomgewing waar die meeste van jou klasmaats jou bure was. Daar kan nuwe druk op jou geplaas word, soos druk om seks te hê of te drink. Jy sal nuwe maniere moet vind om aan te trek, volgens die werksituasie of die leerinstansie wat jy gaan bywoon. Negatiewe en positiewe aspekte van verandering Verandering is ʼn onderbreking in die normale roetine en ʼn uitdaging vir die status quo. Dit beteken dat jy buite jou gemaksone na die onbekende beweeg. Hierdie oorgang sal ʼn paar uitdagings en gemengde gevoelens veroorsaak, aangesien verandering beide positiewe en negatiewe aspekte het. Negatiewe aspekte van verandering Onsekerheid Vrees in mislukking Vrees vir die onbekende Vrees in ongemak Vrees om die bekende te mis Vrees in nuwe roetines Positiewe aspekte van verandering Afwagting van nuwe geleenthede Moontlikheid van ʼn groot sukses Opwinding van nuwe horisonne Groei en volwassenheid Ontdekking van nuwe dinge Interessante aktiwiteite Negatiewe gevoelens teenoor veranderinge wys vir ons hoe ons die verandering sien en stel voor dat ons nie bevoeg voel om dit te hanteer nie. As ons hierdie aannames oor verandering maak, raak dit al hoe moeiliker om daarby aan te pas: Verandering is sleg. Ek kan nooit daarby aanpas nie. Dit is onregverdig. As ek dit ignoreer, sal dit weggaan. Ek kan sonder verandering aanhou om normaalweg te lewe. Maar, as jy sien dat verandering positiewe aspekte het, sal jy meer geneig wees om meer geredelik en met beter beheer deur verandering te gaan. In hierdie geval sal jy verandering as ʼn geleentheid sien om jou horison uit te brei en nuwe dinge te ervaar. Selfontwikkeling in die samelewing 21
Gesindhede teenoor verandering Maak seker dat jou gesindheid teenoor verandering positief is. As jy vir jouself sê, Ek kan dit hanteer, sal jy anders op uitdagings reageer as wanneer jy sê: Dit is verskriklik. Ek is besig om mal te word. Pas die volgende wenke toe: Besef dat verandering wel gebeur: moenie verandering ontken nie. Wees buigsaam: as jy buigsaam is, het ʼn beter kans om te slaag. Soek nuwe geleenthede. Wees bewus van jou omgewing: wees bewus van veranderinge in jou omgewing. Herken die fases: almal gaan nie deur dieselfde fases om by verandering aan te pas nie. Kommunikeer met ander: jy kan besonderhede oor die verandering by ander kry. Aanpassing by verandering om te groei Dit beteken jy moet jouself aanpas. Wanneer jy aanpas is jy meer ontvanklik vir ander mense se opinies en idees. Jy leer van hulle en raak meer ontvanklik vir geleenthede, beide in jou persoonlike en professionele lewe. Maar as jy nie in daartoe staat is om aan te pas nie, sal jy gespanne en onseker voel. Gebruik hierdie riglyne om verandering op ʼn konstruktiewe manier te hanteer: 1. Stop en dink sodat jy misinterpretasies kan vermy. Ontleed die nuwe situasie en kyk na die omstandighede vanuit verskillende perspektiewe. Dit sal jou help om ingeligte keuses te maak. 2. Dink langtermyn. Dink oor die gevolge van jou keuses en hoe dit jou familie en vriende en ook jou welsyn kan beïnvloed. 3. Berei jouself voor vir verandering deur voortdurend te leer. Lees baie en raadpleeg kenners. 4. Sien elke uitdaging as ʼn geleentheid om wyser te word. 5. Weet wat jou waardes is. Maak seker dat die waardes wat vir jou belangrik is, in jou optrede en besluite teenwoordig is. Klaswerkaktiwiteit 8 Werk op jou eie en dan in ʼn groep. 1 Werk alleen. Teken ʼn tabel soos die hierdie een en skryf dan in die eerste kolom ʼn lys van die aspekte van jou lewe wat sal verander nadat jy skool verlaat het. 2 Vul vir elke verwagte veranderinge jou drome en vrese in. Naskoolse lewensomstandighede My drome My vrese 3 In klein groepe van vier tot vyf lede, vergelyk jul tabelle met mekaar. Stel een omvattende lys op van alle drome en vrese vir die naskoolse lewe. 4 Bespreek hoe jy by hierdie veranderinge sal aanpas: a) Jou sosiale omgewing sal ook anders wees as die beheerde en bekende skoolomgewing waar die meeste van jou klasmaats jou bure was. b) Daar kan nuwe druk op jou geplaas word, soos druk om seks te hê of om te drink. 22 Onderwerp 1
Kwartaal 1 Weke 1 5 Insig tot lewensiklus in tradisionele praktyke Jy gaan binnekort jou skoolfase beëindig en ʼn nuwe fase in jou lewe begin. Hierdie verandering val ook saam met jou fisiese volwassenheid en mondigwording. In die meeste wêreldtradisies, is die oorgang van een lewensfase na die volgende iets om gevier te word en word as ʼn lewensgebeurtenis beskou. Geboortes, puberteit, huwelik en om geboorte te gee, val onder hierdie fases. Hierdie feesvieringe wys dat die samelewing die individu se groei erken. In die moderne kulture, erken die samelewing jou prestasies en jou voltooiing van skool deur ʼn skooldans en gradeplegtighede. Verskillende Afrika-kulture vier verskillende lewensgebeurtenisse. In sommige Afrika-kulture toon ʼn mondigwording-ritueel vir meisies dat ʼn meisie nou vir huwelik en kinders baar gereed is. Prokreasie is baie belangrik en word as die primêre doel van die huwelik beskou. Gedurende ʼn tydperk van rituele afsondering, leer jong meisies oor die geheime van vrouwees. Seuns word ingelyf hul verantwoordelikhede as ʼn vader en die hoof van die gesin en neem hul burgerlike en religieuse pligte aan. Die huwelik is vir baie mense n belangrike lewensgebeurtenis. Met behulp van die rituele toon die samelewing aan die individuele lede wat van hulle verwag word en wat dit beteken om ʼn volwassene te wees. In Suid-Afrika, word die Zoeloes, die Tswana, Sothos en Shangaan-Tsonga mense se seuns besny. Die inisiasieskole verskaf opleiding om die jeug voor te berei vir ʼn suksesvolle oorgang van kindergedrag na die meer komplekse gedrag wat van volwassenes verwag word. Alhoewel rituele tussen die verskillende etniese groepe verskil, sluit die meeste kulture sommige van hierdie elemente in: rituele offerande, afsondering (die seuns gaan na die bos en bou ʼn tydelike woning), besnydenis, verf die vel met wit klei en verbrand die woning en besittings aan die einde van die afsondering. (Bron: Aangepas aan http://www.mamiwata.com/women.html) Klaswerkaktiwiteit 9 Werk in pare. Voer ʼn onderhoud met ʼn ouer man of ʼn vrou van een van die Suid-Afrikaanse etniese groepe en versamel inligting oor die seremonies en rituele vir die mondigwording. 1 Volgens hierdie tradisionele praktyk, watter nuwe verantwoordelikhede sal die jong persoon nou hê? 2 Dink jy dat hierdie tradisionele gewoontes nog steeds in vandag se samelewing van toepassing is? 3 Watter waardes beklemtoon hierdie tradisionele gewoontes? 4 Lewer ʼn geskrewe verslag oor jou bevindings in. 5 Sluit ʼn paar foto s en/of kulturele artefakte in. Selfontwikkeling in die samelewing 23
Persoonlike leefwyseplan om lewensgehalte te bevorder Ons het bespreek hoe jou lewe in die komende maande gaan verander. Nou moet jy ʼn omvattende plan ontwikkel om jou deur hierdie oorgangstydperk van jou lewe te lei. Gebruik die volgende riglyne om jou persoonlike leefwyseplan te skep om lewensgehalte te bevorder. Lees weer deur jou antwoorde in Klaswerkaktiwiteit 8 om jou te herinner aan die veranderinge wat jy verwag, asook jou drome en vrese. Volg dan hierdie stappe: Stel jou doelwitte Stel doelwitte vir jou leefwyseplan. Besluit op twee moontlike planne: Plan A en Plan B. Plan A verwys na een moontlikheid as jou bestemming en Plan B verwys na die tweede moontlike bestemming. Byvoorbeeld, die eerste bestemming kan wees dat jy by ʼn kollege studeer en die tweede bestemming kan vrywillige diens vir ʼn NSO wees in geval die eerste bestemming nie werk nie. Jou doelwitte moet verskillende aspekte van jou lewe insluit. Byvoorbeeld, jy moet kreatiewe- en ontspanningsdoelwitte hê wat jou inspireer. Wees realisties. Jy moet daartoe in staat wees om jou doelwitte binne ʼn redelike tyd te bereik. Begin om jou plan te ontwerp: hoe gaan jy jou doelwitte bereik Jou plan moet buigsaam asook oop vir aanpassings wees. Byvoorbeeld, jy beplan om soggens tuis nuwe rekenaarvaardighede aan te leer, maar dan ontdek jy dat niemand beskikbaar is om jou op daardie tyd van die dag te help nie. Sluit tydraamwerke vir jou plan in. Probeer om ʼn doelwit teen ʼn sekere tyd te bereik, anders raak dit dalk vergete of neem te lank om te bereik. Jou plan moet vir jou behoeftes geskik wees en by jou sterk punte en swakhede pas. Sluit doelwitte en aktiwiteite in wat alle dele van jou verryk, insluitende jou fisiese, emosionele, intellektuele, sosiale, artistieke, morele en geestelike kante. Sluit die aktiwiteite in wat nodig is om jou doelwitte te bereik Die aktiwiteite en die tyd wat daaraan toegeken is, moet gebalanseerd en realisties wees. Maak tyd vir lees en om jou kennis oor ʼn verskeidenheid van onderwerpe uit te brei. Dit moet betrekking hou met wat jy gaan studeer of die werk wat jy soek. Gebruik die biblioteek en snuffel op die internet rond om jou kennis uit te brei. Skep tyd om met kundiges te praat en ervare mense te raadpleeg. Jy kan baie van wyse mense leer. Sluit jou welsyn in met betrekking tot jou familie. Onthou dat wat jy doen en beplan ook die mense rondom jou sal beïnvloed. Moenie jou fisiese gesondheid en fiksheid vergeet nie. Sluit by jou plan in dat jy aan hanteringsvaardighede vir stres en verandering sal werk. Sluit tyd in om aktiwiteite te doen wat jou geïnspireerd hou. Dit kan dinge wees soos om inspirerende stories te lees, te bid, te mediteer of interaksie met mense te hê wat in jou beplande studieveld sukses behaal het. Ontwerp jou plan met behulp van hierdie formaat Skryf jou doelwitte neer 1. Op een bladsy, skryf al die belangrike waardes neer wat jy in gedagte wil hou. 2. Op ʼn ander bladsy, skryf jou korttermyndoelwitte neer wat jy binne die volgende drie maande wil bereik. 3. Skryf jou langtermyndoelwitte (ses maande tot een jaar) op ʼn ander bladsy neer. Onthou dat die langtermyndoelwitte twee moontlike opsies moet bevat: Planne A en B. 24 Onderwerp 1
Kwartaal 1 Weke 1 5 Vergelyk die lang- en korttermyndoelwitte 4. Maak ʼn tydlyn wat beide die kort- en langtermyndoelwitte bevat, sodat jy die algehele prentjie kan sien. 5. Begin om een plan vir die korttermyndoelwitte op te stel en ʼn ander plan vir die langtermyndoelwitte. 6. Wanneer jy met jou rofwerk klaar is, skryf dit netjies oor en gebruik kleur sodat dit helder en mooi lyk. As jy nie jou plan maklik kan lees nie of dink dat dit lelik lyk, gaan jy dit nie volg nie. 7. Maak seker dat jou korttermyndoelwitte met jou langtermyndoelwitte verbind is. 8. Jy kan verskillende bladsye gebruik om onderafdelings vir jou plan te skep. Byvoorbeeld, jy kan op ʼn afsonderlike bladsy al die aktiwiteite neerskryf om jou streshanteringsvaardighede te verbeter. Voeg ʼn paar maniere by waarmee jy jou vordering kan kontroleer 9. Voeg tye en metodes by vir hersiening en assessering. 10. Sit die bladsye in ʼn netjiese lêer bymekaar en verwys gereeld daarna. Huiswerkaktiwiteite 1 Identifiseer en bespreek die tipe stresfaktor vir een van die volgende gevalle: a) Mike woon in ʼn buurt wat ʼn baie hoë misdaadsyfer het. b) Saba het nege vakke gekies en kom nie reg met die werklading nie. c) Jenny is senuweeagtig oor haar matriekafskeid, selfs al is dit eers oor ʼn paar maande. 2 Lees die volgende gevallestudie, wat sosiale stresfaktore weerspieël. Hoe relevant is hierdie geval vir mense van jou ouderdom? My liggaam se vredesooreenkoms Ek was nog nooit die maer meisie nie. Ek is kort en stewig, wat my nog altyd ongemaklik laat voel het, totdat ek ʼn Bollywood-film gekyk het. (Ek en my beste vriende is mal daaroor!) Selfs al is die hoofkarakter se liggaam meer gerond as wat jy gewoonlik in Hollywood se films sal sien, kon al die ouens nie ophou om na haar te staar nie! Dit het my laat besef dat elkeen weet wat vir hom of haar mooi is en dat sommige ouens eintlik ʼn meisie met kurwes verkies. Ek is nou baie meer gemaklik met my gewig en grootte. Ek laat nie meer toe dat wat ander sê, my onderkry nie! Crystal, 19 (Bron: Seventeen-tydskrif, November 2009.) 3 Lees die volgende twee gesprekke hieronder (die eerste gesprek is ʼn herhaling van Klaswerkaktiwiteit 5) en vergelyk die interaksies in die twee gesprekke. a) Wat is die verskil tussen die twee gesprekke? b) Watter gesprek kan tot konflik lei? Waarom? Gesprek 1 Bestuurder: Hoekom kan jy nooit die verslae doen soos ek dit verkies nie? Persoonlike assistent: Omdat jy die heeltyd jou voorkeure verander. Bestuurder: Nee, dit is omdat jy nie na my luister nie. Jy ignoreer doelbewus my instruksies. Selfontwikkeling in die samelewing 25
Gesprek 2 Bestuurder: Kan jy my sê hoekom hierdie verslae nie datums op het nie? Persoonlike assistent: Ek was nie seker wat jy wou gehad het nie. Voorheen wou jy dit op hierdie manier gehad het en toe wou jy dit weer op ʼn ander manier hê. Bestuurder: Wanneer dit gebeur wil ek graag hê jy moet die vrymoedigheid hê om vir my vir ʼn verduideliking te vra. Dan sal jy weet wat om te doen en ek sal met die verslag tevrede wees. 4 Is om te hoor dieselfde as om te luister? Bespreek. Ekstra oefening 1 Dink oor die laaste keer wat jy iets aan ʼn onderwyser of ʼn vriend gesê het wat jou in die moeilikheid laat beland het omdat jy die verkeerde woorde gebruik het. Wat het gebeur? Hoe kon jy dit reggestel het? 2 Dink aan ʼn voorbeeld van ʼn konflik wat jy al in die verlede ervaar het. Het jy dit opgelos? Indien wel, wat het jy daaruit geleer? 3 Lewer kommentaar op hierdie aanhaling deur Stephen Hawking: Intelligensie is die vermoë om te verander. Opsomming Stres is wanneer mense oorweldig en onder druk voel. Stresfaktore kan fisies, emosioneel, sosiaal of in die omgewing wees. Positiewe stres motiveer jou om hard te werk. Negatiewe stres kan oor n tydperk skadelik wees. Stres het fisiese en gedragsimptome. Jy kan verskeie strategieë gebruik om stres te hanteer. Effektiewe kommunikasie is noodsaaklik vir die handhawing van positiewe verhoudings. Om ander te verstaan en ons gevoelens te kommunikeer, help ons om beter te kommunikeer. Ons houdings, persoonlikhede en waardes beïnvloed ons kommunikasie. Konflik kan negatief wees, maar het ook paar positiewe aspekte. Verskille in waardes, prioriteite, eensydighede en misverstande kan konflik veroorsaak. Mense gebruik verskillende style om konflik te hanteer. Die oorgang tussen skool en post-skool is opwindend en word as gebeurtenis gesien. Die laaste jaar van skoollewe is die einde van fase van jou lewensiklus en ook die begin van volgende een. Jy moet daartoe in staat wees om by die verandering aan te pas. Oorgang word deur veranderinge in omstandighede vergesel. Verandering het positiewe en negatiewe aspekte. Positiewe gesindhede help met suksesvolle aanpassing by verandering. Baie Afrika-tradisies vier fases in die lewensiklus. n Persoonlike leefwyse-plan kan help met die handhawing en bevordering van n kwaliteit leefwyse. 26 Onderwerp 1
Kwartaal 1 Weke 1 5 Liggaamsopvoeding Weke 1 5 Week 1: Hoe om jou doelwitte in n fisiese aktiwiteitsprogram te bereik Wat gaan jy hierdie week alles leer? Die gesondheidskomponente Die fiksheidskomponente Om doelwitte vir jou gesondheid- en fiksheidsprogram te stel Toetse vir die gesondheids- en fiksheidskomponente Uitvoering van gesondheids- en fiksheidstoetse Veiligheidsvoorsorgmaatreëls wanneer fiksheidstoetse uitgevoer word Kom ons gesels oor hierdie week Wat is die verskillende gesondheidskomponente? Wat is die verskillende fiksheidskomponente? Watter is die siektes van n slegte lewenstyl en wat veroorsaak dit? Hoe sal jy te werk gaan om doelwitte vir jou gesondheids- en fiksheidsprogram te stel? Watter toets kan jy doen om jou gesondheids- en fiksheidsvlakke te kontroleer? Hoe sal jy hierdie gesondheids- en fiksheidstoetse uitvoer? Watter veiligheidsvoorsorgmaatreëls moet jy vir die toetse tref? Wat jy reeds weet Jy weet die gesondheids- en fiksheidsvoordele om fisiek aktief te wees. Jy weet verskillende aktiwiteite wat jy kan doen om gesond te bly. Jy het reeds n algemene fiksheidsvlak bereik as gevolg van die sport waaraan jy gedurende en na skool deelneem. Jy het n goeie begrip van verskillende sportsoorte en fisiese aktiwiteite wat jy gedurende en na skool doen. Woordbank kardiale uitset: slaapapnee: die hoeveelheid bloed wat die hart kan pomp tydelike staking van asemhaling gedurende slaap Weke 1 5 27
Wat jy nog moet weet Die gesondheidskomponente Jy moet leer van die verskillende gesondheids- en fiksheidskomponente, en wat jy kan doen om te voorkom dat jy enige van die leefstylverwante siektes opdoen. Talle van hierdie probleme is geneig om later in die lewe voor te kom, maar dit is goed om dit nou te verstaan sodat jy n gesonde en aktiewe lewenstyl kan handhaaf. Jy sal hierdie week n gesondheids- en fiksheidsvraelys voltooi sodat jy meer insig kan verkry in jou huidige gesondheids- en fiksheidsvlakke. Jou onderwyser sal vir jou n afskrif van hierdie vraelys gee. Liggaamsamestelling Man Vrou Water 55 65% Water 55 65% Vet 15 20% Bene 5 6% Spiere 16 18% Vet 20 30% Bene 5 6% Spiere 14 16% Die gemiddelde samestelling van die volwasse menslike liggaam Jou liggaam bestaan uit spiere, vet, been en water. Daar is talle probleme wat met vetsugtigheid (hoë persentasie liggaamsvet) verband hou. Dit sluit die volgende in: Koronêre hartvatsiektes Tipe 2 diabetes Soorte kanker Hipertensie (hoë bloeddruk) Hoë bloedcholesterol Slaapapnee en asemhalingsprobleme Osteoartritis Jy kan uitwerk of jou gewig binne n redelike grens vir jou gewig is deur jou liggaamsmassaindeks (LMI) te bereken. Jou LMI is jou gewig in kilogram (kg) verdeel deur jou lengte in vierkante meter (m 2 ). Teken jou telling in Afdeling 2 van die gesondheids- en fiksheidsvraelys aan wat jou onderwyser sal verskaf. LMI = Hierdie tabel gee die tellings vir LMI: 28 Liggaamsopvoeding
Kwartaal 1 Weke 1 5 Resultaat Meisies Seuns Ondergewig < 19,1 < 20,7 Gesonde grens 19,1 25,8 20,7 26,4 Effens oorgewig 25,8 27,3 26,4 27,8 Oorgewig 27,3 32,2 27,8 31,1 Uiters oorgewig 32,3 44,8 31,1 45,4 Vetsugtig > 44,8 > 45,4 Bloeddruk (BD) Hoë bloeddruk is die bogemiddelde druk wat op jou bloedvate uitgeoefen word. Dit veroorsaak dat jou kardiovaskulêre stelsel (hart en are) harder as normaalweg moet werk. Dit kan gesondheidsprobleme soos hartaanvalle, beroertes en nierversaking veroorsaak. Bloeddruk bestaan uit twee lesings en word in millimeter kwik (mm Hg) gemeet. Die sistoliese druk is die hoër lesing en dit meet die krag waarmee die hart saamtrek om bloed deur die liggaam te pomp. Die diastoliese druk is die laer lesing en dui die druk aan terwyl die hart ontspanne is en met bloed opgevul raak in voorbereiding op die volgende sametrekking. Die enigste manier om vas te stel of jou bloeddruk normaal is, is om dit deur n gekwalifiseerde gesondheidsorgkundige te laat meet. Hierdie tabel gee die tellings vir BD: Polsslag Resultaat Sistoliese BD Diastoliese BD Hypotensie (Laag) < 105 < 60 Normale telling 105 140 60 90 Grens aan hoë bloeddruk 140 160 90 95 Hoë bloeddruk > 160 95 105 Matige ernstige hoë bloeddruk > 160 105 115 Ernstige hoë bloeddruk > 160 > 115 Jou polsslag of hartklop is die aantal kere wat jou hart in een minuut klop. Normale waardes hang van jou ouderdom en fiksheidsvlak af. Die gemiddelde hartklop vir volwassenes is 72 slae per minuut (spm), maar fikser mense het n laer hartklop en party atlete kan n hartklop van minder as 50 spm hê. Mense met n hartklop bokant 72 spm kan n groter risiko loop om n hartaanval te kry. Neem jou polsslag: Stap 1: Draai jou linkerhand sodat jou palm na bo wys. Plaas nou jou wysvinger en middelvinger van jou regterhand op jou gewrig net onder die duimgewrig. Om jou polsslag te meet Weke 1 5 29
Stap 2: Oefen nou ligte druk met hierdie twee vingers op die area uit totdat jy n polssensasie voel. Stap 3: Meet die getal polsslae wat jy in jou vingers in tien sekondes kan voel deur n stophorlosie of horlosie te gebruik. Vermenigvuldig hierdie getal met ses. Dit is jou rustende hartklop. Teken jou telling in Afdeling 2 van jou gesondheids- en fiksheidsvraelys aan. Werk jou polsslag per minuut uit: polsslag in 10 sekondes 6 = polsslae in een minuut. Cholesterol Cholesterol is n taai, wasagtige stof in jou liggaam wat lewensbelangrik is vir die produksie van hormone, vitamine D en gal. Dit is ook nodig om die senuwees te beskerm en vir die struktuur van selle. Cholesterol word deur die lewer geproduseer en dit word ook in ons kos ingeneem. Normale cholesteroltellings is tussen 3,4 en 7,5 mmol/l. Hoër as normale cholesterol in jou bloed kan jou risiko vir kardiovaskulêre siekte verhoog. Daar word aanbeveel dat jy nie baie versadigde vet (dierevet) en transvet (geprosesseerde en gebakte kos) moet inneem nie, aangesien dit n verhoging in laedigtheid-lipoproteïen (LDL) of slegte cholesterol kan veroorsaak. Eet eerder onversagdigde vette wat meestal in plantgebaseerde kosse soos olyfolie, neute en sade asook olierige vis voorkom. Hierdie vette is noodsaaklik vir goeie gesondheid en daar is bewys dat dit hoëdigtheid-lipoproteïen (HDL) of goeie cholesterol verhoog. Die enigste manier om jou cholesterol te kontroleer is om jou bloed deur n gekwalifiseerde gesondheidsorgkundige te laat toets. Bloedglukose Glukose is n eenvoudige suiker (monosakkaried) wat ontstaan as gevolg van die afbreking van koolhidrate in jou dieet. Dit verskaf noodsaaklike energie aan al die selle in jou liggaam. Normale vastings-bloedglukosevlakke lê tussen 4,4 en 6,1 mmol/l. Indien jou vlakke hoër as dit is, loop jy dalk die risiko om diabetes te ontwikkel. Daar word aanbeveel dat jy die hoeveelheid suikerinname in jou dieet verlaag, aangesien dit direk tot hoë bloedglukosevlakke lei. Dit sluit lekkers, sjokolade en gaskoeldranke in. Lees ook eers voedseletikette, want daar kan suiker by produkte gevoeg wees wat jy nie sou verwag die geval moet wees nie. Die enigste manier om jou bloedglukosevlakke te kontroleer is om jou bloed deur n gekwalifiseerde gesondheidsorgkundige te laat toets. Die fiksheidskomponente Kardiovaskulêre of aërobiese uithouvermoë Kardiovaskulêre uithouvermoë is die vermoë om lang rukke aanhoudend teen matige intensiteit te oefen sonder om moeg te word. Kardiovaskulêre oefening is aërobies, wat beteken dat jy suurstof gebruik om energie te produseer. Wanneer jy enige vorm van kardiovaskulêre oefening doen, gebruik jou liggaam gestoorde koolhidrate en vet vir energie. Voorbeelde van kardiovaskulêre oefening sluit in stap, draf, hardloop, fietsry en swem. Gereelde kardiovaskulêre oefening hou die voordeel in dat dit jou kardiale uitset verhoog en spierdoeltreffendheid verbeter. Dit help ook om bloeddruk-, cholesterol- en bloedsuikervlakke te beheer, en om n gesonde liggaamsgewig te handhaaf. Sielkundige voordele sluit in n verbeterde sin van welsyn en selfagting. 30 Liggaamsopvoeding
Kwartaal 1 Weke 1 5 Om jou kardiovaskulêre uithouvermoë te toets sal jy die Cooper 12 minute-hardlooptoets uitvoer. Jy sal 12 minute lank om die atletiekbaan hardloop en dan die totale afstand aanteken wat jy afgelê het. Jou onderwyser sal jou deur hierdie proses lei. Die volgende dui die resultaattabel vir die Cooper 12 minute-hardlooptoets aan: Resultaat Seuns Meisies Uitstekend >3 000 m >2 300 m Bogemiddeld 2 700 3 000 m 2 100 2 300 m Gemiddeld 2 500 2 699 m 1 800 2 099 m Ondergemiddeld 2 300 2 499 m 1 700 1 799 m Swak <2 300 m <1 700 m Jy kan die volgende tabel gebruik om jou te help om die afstand te bereken wat jy afgelê het. Teken jou telling in Afdeling 3 van jou gesondheids- en fiksheidsvraelys aan. Getal rondtes om die baan voltooi met totale afstand afgelê in meter 1 rondte 400 m 5 rondtes 2 000 m 1,5 rondtes 600 m 5,5 rondtes 2 200 m 2 rondtes 800 m 6 rondtes 2 400 m 2,5 rondtes 1 000 m 6,5 rondtes 2 600 m 3 rondtes 1 200 m 7 rondtes 2 800 m 3,5 rondtes 1 400 m 7,5 rondtes 3 000 m 4 rondtes 1 600 m 8 rondtes 3 200 m 4,5 rondtes 1 800 m 8,5 rondtes 3 400 m Krag en uithouvermoë Spierkrag is hoeveel gewig jy in enkel herhaling kan opstoot of oplig. Spieruithouvermoë is die vermoë om n ligter gewig soveel moontlik kere op te stoot of op te lig. Spierkrag- en uithouvermoë-oefening behels die oefening van die bolyf-, onderlyf-, rug- en maagspiere. Hierdie soort oefening is anaërobies, wat beteken dat jy nie suurstof gebruik nie, maar die gevolg is dat jy gou moeg sal word. Hierdie soort oefening is dus intens, maar van relatiewe korte duur (minder as twee minute). Daar is belangrike voordele verbonde aan spierkrag- en uithouvermoë-oefening: Dit verbeter jou liggaamshouding en ondersteun jou laerug. Dit help om beserings te voorkom. Dit maak jou spiere fermer en sterker. Dit help om liggaamsvet te verminder Ten einde jou spieruithouvermoë te toets, sal jy die opstoottoets en die opsittoets uitvoer. Weke 1 5 31
Opstoottoets Dit meet bolyfkrag en uithouvermoë. Prosedure: Begin met die hande en tone plat op die vloer, en die liggaam en bene in n reguit lyn. Meisies kan halwe opstote doen met die knieë ook op die vloer, maar maak seker die liggaam is steeds reguit tot by die knieë. Die hande is effens wyer as skouerbreedte uit mekaar geplaas. Laat jou liggaam sak totdat jou elmboë n 90 grade-hoek maak en keer dan terug na die beginposisie. Telling: Teken die aantal opstote wat korrek uitgevoer is tot by die punt van uitputting aan. Met ander woorde, doen soveel as wat jy kan. Skryf jou telling in jou vraelys neer. Resultatetabel vir opstoottoets Resultaat Seuns Meisies Uitstekend > 56 > 35 Goed 47 56 27 35 Bogemiddeld 35 46 21 27 Gemiddeld 19 34 11 20 Ondergemiddeld 11 18 6 10 Swak 4 10 2 5 Baie swak <4 0 1 Opsitte Meet buik- en heupfleksorspiere se krag en uithouvermoë. Prosedure: Lê op jou rug op die vloer met jou knieë teen ongeveer 90 grade gebuig. Sit jou hande op jou bobene. Lig jou liggaam van die vloer af op totdat jou hande die bo-punt van jou knieë bereik en keer dan terug na die beginposisie. Maak seker jy trek nie met jou kop en nek nie, maar dat jy eerder jou spiere gebruik om jou op te trek. Telling: Teken die aantal korrek voltooide opsitte in een minuut aan. Skryf dit in Afdeling 3 van jou gesondheids- en fiksheidsvraelys neer. Resultatetabel vir opsittoets Resultaat Seuns Meisies Uitstekend >49 >43 Goed 44 49 37 43 Bogemiddeld 39 43 33 36 Gemiddeld 35 38 29 32 Ondergemiddeld 31 34 25 28 Swak 25 30 18 24 Baie swak <25 <18 32 Liggaamsopvoeding
Kwartaal 1 Weke 1 5 Anaërobiese kapasiteit Anaërobiese kapasiteit is jou liggaam se vermoë om energie te produseer sonder om suurstof te gebruik. Anaërobiese fiksheid word vir hoë-intensiteit- en kortstondige oefeninge vereis, soos gewigsoefening en naellope. Soepelheid Soepelheid is die omvang van n gewrig se beweging en n baie belangrike komponent van jou algehele fiksheid. Dit is nodig om beserings te voorkom en om prestasie te optimisaliseer. Sluit altyd strekoefeninge in jou opwarmsessie voor jou oefening en in jou afkoelsessie na jou oefening in. Veiligheidsvoorsorgmaatreëls tydens fiksheidstoetse Moenie aan die fiksheidstoetse deelneem as jy siek of beseer is nie. Moenie aan die aktiwiteit deelneem as jy enige ander hindernis het wat jou moontlik kan verhoed om die fiksheidstoetse veilig uit te voer nie. Dra gemaklike klere en sportskoene. Maak seker daar is geen gevaarlike voorwerpe wat rondlê wat kan veroorsaak dat jy kan val of jou kan beseer nie. Maak seker dat jy vyf minute voor en na afloop van jou fiksheidstoetse strek. Maak seker dat jy die gepaste oefentegniek tydens die toetse gebruik. Maak seker dat jy tydens en na die toetsingsproses water drink as jy dors voel. Hou op om te oefen as jy enige pyn, duiseligheid of naarheid ondervind. Doelwitstelling Ons doelstelling vir hierdie kwartaal is om gesondheids- en fiksheidsdoelwitte te bereik. Doelwitstelling is n baie nuttige instrument om jou te help nadink oor wat jy van die lewe verlang en hoe om te werk te gaan om dit te bereik. Om doelwitte te stel gee vir jou n gevoel van rigting en doel. Dit help jou om jou aandag en energie op aktiwiteite te fokus wat vir jou belangrik is. Dit help jou ook om terugslae wat oor jou pad kom beter te hanteer. Maak net seker dat jou doelwitte jou eie is en nie jou ouers, onderwysers of vriende s n nie. Wanneer jy die proses begin om doelwitte te stel, kan jy die volgende beginsels span. Dit beteken jou doelwitte behoort te wees soos in die vloeidiagram op die volgende bladsy: Weke 1 5 33
1. Spesifiek 2. Meetbaar 3. Bereikbaar 4. Realisties 5. Tydgebonde Stel my doelwit Teken my plan (Identifiseer al die nodige stappe) Aksie Resultaat Beloning! Ja Het ek my doelwit bereik? Nee Assesseer: Is my doelwitte spesifiek genoeg? Was die resultaat meetbaar? Is my doelwit realisties? Het my tyd opgeraak? Is ek nie meer gemotiveerd nie? Was my poging goed genoeg? (Bron: Aangepas van http://www.uic.edu/depts/ace/goal_chart.shtml) Sodra jy bepaal het wat jou doelwitte is, moet jy sorg dat jy gemotiveerd sal bly ten einde die beste kans te staan om jou doelwit te bereik. Jou motiveringsfaktore kan intrinsieke (interne) of ekstrinsieke (eksterne) faktore wees wat jou aanpor om tot aksie oor te gaan ten einde jou doelwit te bereik. Intrinsieke motivering word van binne af aangemoedig, want jy stel belang in die aktiwiteit en jy geniet om dit te doen terwyl ekstrinsieke motivering beteken dat jy graag die een of ander vorm van bevestiging verlang, soos n prys of om vir n sekere span gekies te word. Jou persoonlike motiveringsfaktore sal gewoonlik n kombinasie van albei wees. Fisiese aktiwiteit Week 1 Voer die fiksheidstoetse uit. Jou onderwyser sal jou deur al die toetse lei en die nodige opdragte gee. Teken jou resultate in Afdeling 3 van die gesondheids- en fiksheidsvraelys aan wat jou onderwyser sal voorsien. Staan leerders met liggaamlike gestremdhede by, tydens aktiwiteite in Liggaamsopvoeding, onder toesig van julle onderwyser. 1 Cooper 12-minute-hardlooptoets vir kardiovaskulêre uithouvermoë 2 Opstoottoets vir spierkrag en uithouvermoë van die bolyf 3 Opsittoets vir spierkrag en uithouvermoë van die buik- en heupfleksorspiere 34 Liggaamsopvoeding
Kwartaal 1 Weke 1 5 Huiswerkaktiwiteit Week 1 Werk op jou eie. 1 Vul Afdeling 1 en 2 van die gesondheids- en fiksheidsvraelys in wat jou onderwyser sal voorsien. 2 Gebruik die vloeikaart vir doelwitstelling om jou gesondheids- en fiksheidsdoelwitte in Afdeling 4 van jou gesondheids- en fiksheidsvraelys neer te skryf. Week 2: n Reeks oefeninge as n manier om jou gesondheids- en fiksheidsdoelwitte te bereik Wat gaan jy hierdie week alles leer? Die voordele daarvan om n reeks oefeninge te doen Beplan jou reeksoefenprogram Veiligheidsvoorsorgmaatreëls tydens die reeks oefeninge Kom ons gesels oor hierdie week Watter fiksheidskomponente sal jy benut wanneer jy aan n reeksoefenprogram deelneem? Wat is die voordele verbonde aan n reeks oefeninge? Hoe gaan jy te werk om n reeksoefenprogram te beplan? Waarom is opwarm en afkoel so belangrik? Watter veiligheidsvoorsorgmaatreëls behoort jy te tref wanneer jy aan n reeks oefeninge deelneem? Wat jy reeds weet Jy verstaan wat die verskillende gesondheids- en fiksheidskomponente is. Jy weet dat n swak lewenstyl siektes kan veroorsaak. Jy het n mate van kennis van die toetse wat jy kan uitvoer om jou fiksheidsvlak te evalueer. Jy het n goeie begrip van jou huidige gesondheids- en fiksheidsvlak op grond van die resultate wat jy verlede week in die gesondheids- en fiksheidsevaluering behaal het. Weke 1 5 35
Toets Jouself Weet jy wat die gesondheids- en fiksheidskomponente is? Verstaan jy die proses om doelwitte te stel? Het jy n redelike fiksheidvlak bereik? Woordbank oksigeneer: vol suurstof maak spier-elastisiteit: die spier se vermoë om te strek tegelykertyd: op dieselfde tyd Wat jy nog moet weet Jy moet weet wat die voordele van n reeks oefeninge is, hoe om te werk te gaan om jou reeksoefenprogram te beplan en watter veiligheidsvoorsorgmaatreëls nodig is wanneer jy aan n reeksoefenprogram deelneem. Jy moet ook weet waarom dit belangrik is om voor oefening op te warm en daarna af te koel. Wat is die voordele verbonde aan n reeks oefeninge? n Reeksoefening is n vorm van oefen waartydens jy n vasgestelde reeks oefeninge in n volgorde volg. Dit hou enkele voordele in: Dit is vinnig en doeltreffend. Dit kombineer talle van die fiksheidskomponente in een oefensessie. Dit sluit kardiovaskulêre uithouvermoë, spierkrag en spieruithouvermoë in. Dit verbrand baie kalorieë; dus is dit n uitstekende manier om gewig te verloor en gewig te bestuur. Dit kan gereeld verander word sodat jy al die spiergroepe oefen. Dit is n geskikte oefenmetode vir alle fiksheidsvlakke. Dit is uitdagend. Dit is interessant en pret. Dit verg nie baie toerusting nie. Dit kan aangepas word vir binnemuurse en buitemuurse oefening. Beplan jou reeksoefenprogram Wanneer jy jou reeksoefenprogram beplan, is daar n aantal faktore wat jy in ag moet neem. Huidige fiksheidsvlak Dit is uiters belangrik om eerlik te wees oor jou huidige fiksheidsvlak. Jy moet met n program begin wat geskik is vir jou huidige fiksheidsvlak, anders loop jy die risiko om beseer te word of om op te hou, omdat jy voel jy kan dit nie baasraak nie. Jou program behoort uitdagend, maar hanteerbaar te wees. Indien jy agterkom dat dit te maklik is, kan jy dit altyd moeiliker maak. Dit is egter baie ontmoedigend om jou program te begin en dan te besef jy kan dit nie doen nie. 36 Liggaamsopvoeding
Kwartaal 1 Weke 1 5 Doelwitte Noudat jy jou huidige fiksheidsvlak bepaal het, is jy gereed om doelwitte vir jou reeksoefenprogram op te stel. Onthou dat jy doelwitte moet stel wat jou eie is. Almal het verskillende doelwitte wat op hulle vermoëns en belangstellings berus. Een persoon wil dalk op toenemende kardiovaskulêre fiksheid konsentreer terwyl n ander persoon dalk die spieruithouvermoë van sy of haar bene wil verbeter. Jy sal op grond van jou persoonlike doelwitte oefeninge in jou reeks insluit wat daarop gemik is om dit te bereik. Weersomstandighede As die weer goed is, kan jy jou program vir n buitemuurse ligging beplan. Indien nie, sal jy jou program vir n binnemuurse ligging in n saal of gimnasium moet beplan. Toegang tot fasiliteite en toerusting Jy sal jou reeksoefenprogram moet beplan volgens die fasiliteite en toerusting wat jy tot jou beskikking het. Indien jy toegang tot n skoolgimnasium het, maak dan gebruik van toerusting soos muurlere, klimtoue, springtoue, medisyneballe en handgewigte. Jy kan ook gewigsoefenmasjiene insluit as jy toegang daartoe het. Indien nie, is daar talle doeltreffende oefeninge wat jy kan doen deur slegs jou eie liggaam te gebruik. Die struktuur van jou reeksoefenprogram Wanneer jy jou reeks oefeninge beplan, is daar n aantal belangrike faktore wat jy in ag moet neem: Eerstens moet jy verseker dat jy verskillende spiergroepe in agtereenvolgende oefeninge oefen. Byvoorbeeld: 1. Eerste oefening: opstoot (bolyf) 2. Tweede oefening: hurk (bene) 3. Derde oefening: opsitte (buik) 4. Vierde oefening: skêrspronge (kardiovaskulêr) Dink vervolgens na oor die aantal oefeninge wat jy in jou program sal inkorporeer. In hierdie voorbeeld het ons vier verskillende oefeninge gebruik, maar jy kan dit volgens jou behoeftes aanpas. Dit kan so min as twee en soveel as tien oefeninge wees. Dit kan egter ietwat verwarrend word as daar te veel stasies is. Dit is verkieslik om dit eenvoudig te hou. Meer is nie noodwendig beter nie. Dink nou oor die plasing van jou stasies. Verseker dat daar genoeg spasie tussen die stasies is sodat almal vryelik kan beweeg, maar nie te ver dat dit lank sal neem om van een stasie by die volgende uit te kom nie. Noudat jy die aantal stasies uitgewerk en hulle korrek in die beskikbare ruimte gerangskik het, is die volgende oorweging die tydsberekenings van die aktiwiteitsperiodes en die rusperiodes. Jy kan volgens tyd of die aantal herhalings werk. Jy kan byvoorbeeld 30 sekonde-aktiwiteitsintervalle hê, gevolg deur 15 sekondes rus, of jy kan 20 herhalings hê, gevolg deur 15 sekondes rus. Soos jy fikser en sterker word, kan jy altyd die aktiwiteitstyd en die aantal herhalings vermeerder. Jou program se struktuur kan dus só daar uitsien: 1. Opstote 30 sekondes Rus 15 sekondes 2. Hurke 30 sekondes Rus 15 sekondes 3. Opsitte 30 sekondes Rus 15 sekondes Weke 1 5 37
4. Skêrspronge 30 sekondes Rus 15 sekondes Dink laastens oor die aantal kere wat jy n volledige reeks sal voltooi. Dit sal van die hoeveelheid tyd wat jy tot jou beskikking het, die aantal stasies in jou reeks en jou fiksheidsvlak afhang. Rus 15 sekondes Stasie 1 Opstote 30 sekondes Rus 15 sekondes Stasie 4 Skêrspronge 30 sekondes Herhaal 3 Stasie 2 Hurke 30 sekondes Rus 15 sekondes Stasie 3 Opsitte 30 sekondes Rus 15 sekondes Opstote Jy het verlede week geleer hoe om n opstoot te doen. Jy kan volle opstote of halwe opstote doen, afhangende van jou spierkragvlak en uithouvermoë. Hurke Staan met jou voete effens wyer as skouerbreedte uit mekaar en met jou tone wat vorentoe wys. Strek jou arms voor jou uit, ongeveer op borshoogte. Buig nou jou knieë so ver as wat jy kan. Moenie jou hakke van die vloer af oplig nie. Keer nou terug na die beginposisie. Dit is een herhaling. Opstote Hurke 38 Liggaamsopvoeding
Kwartaal 1 Weke 1 5 Opsitte Jy het verlede week geleer hoe om n opsit te doen. Jou klasmaat sal nie in hierdie aktiwiteit jou voete vashou nie; jy moet dit sonder steun doen. Skêrspronge Staan met jou voete bymekaar. Spring nou in die lug op en maak gelyktydig albei voete oop sodat jy op ongeveer skouerbreedte land terwyl jou tone vorentoe wys. Terwyl jy dit doen, gaan jy jou arms bokant jou kop oplig. Spring nou weer op, bring jou voete weer by mekaar terug en laat jou arms langs jou sye sak. Dit is een skêrsprong. Skêrspronge Opsitte Opwarm en afkoel Opwarm is n fisiese en n geestelike aktiwiteit, aangesien dit jou help om jou vir oefening reg in te stel. Die liggaam funksioneer beter wanneer dit opgewarm is en gereed is om te beweeg. Opwarm berei die liggaam voor om sy bes tydens oefening te doen. Die bloedvloei na die spiere verhoog, wat beteken dat die spiere meer suurstofryke bloed ontvang. Hoe meer suurstof die spiere ontvang, hoe beter sal hulle werk. Die elastisiteit van die spiere verhoog. Opwarm verhoog ook jou hartklop en voorkom dat jy beseer word. Dit is ewe belangrik om af te koel. Jou liggaam moet na die oefening afkoel. As jy hierdie stap oorslaan, loop jy die risiko om jou te beseer. Om af te koel help dat jou liggaam van die afvalprodukte ontslae raak en dit verminder spierpyn na die oefening. Strekoefeninge is die beste vorm van afkoeling. Strek al die dele van jou liggaam in jou afkoelproses. Veiligheidsvoorsorgmaatreëls tydens n reeks oefeninge Moenie aan die reeksoefenprogram deelneem as jy siek of beseer is nie. Moenie aan die reeksoefenprogram deelneem as jy enige ander hindernis het wat jou moontlik kan verhoed om die aktiwiteit veilig uit te voer nie. Dra gemaklike klere en sportskoene. Maak seker daar is geen gevaarlike voorwerpe wat rondlê wat kan veroorsaak dat jy kan val of jou kan beseer nie. Maak seker dat jy opwarm voordat jy aan die reeksoefenprogram deelneem en dat jy daarna afkoel. Dit behoort n ligte draffie en vyf minute se strekoefeninge in te sluit. Maak seker dat jy die gepaste oefeningstegniek vir al die oefeninge gebruik. Maak seker jy drink water as jy dors voel. Hou op om te oefen as jy enige van die volgende simptome ondervind: pyn, duiseligheid of naarheid. Maak seker dat jy n veilige afstand vanaf jou klasmaats oefen om te voorkom dat julle bots. Weke 1 5 39
Fisiese aktiwiteit Week 2 Jy gaan aan n reeksoefensessie deelneem. Dit kan dalk die een wees wat hierbo beskryf is of jou onderwyser kan n nuwe een ontwerp. Staan leerders met liggaamlike gestremdhede by, tydens aktiwiteite in Liggaamsopvoeding, onder toesig van julle onderwyser. Week 3: Stap en hardloop as maniere om jou gesondheids- en fiksheidsdoelwitte te bereik Wat gaan jy hierdie week alles leer? Die gesondheids- en fiksheidsvoordele van stap en hardloop Die intensiteitsvlakke van stap en hardloop Veiligheidsvoorsorgmaatreëls vir stap en hardloop Kom ons gesels oor hierdie week Wat is die gesondheids- en fiksheidsvoordele van stap of hardloop? Teen watter intensiteit behoort jy te stap of te hardloop? Watter veiligheidsvoorsorgmaatreëls moet jy vir stap of hardloop tref? Wat jy reeds weet Jy moet weet wat jou rustende polsslag is. Jy weet hoe om n reeksoefenprogram volgens jou eie fiksheidsvlak en doelwitte op te stel. Jy weet van die nodige veiligheidsvoorsorgmaatreëls tydens deelname aan n reeksoefensessie. Toets Jouself Weet jy wat die gesondheids- en fiksheidsvoordele van n reeks oefeninge is? Verstaan jy hoe om n reeksoefenprogram te ontwerp? Weet jy watter veiligheidsvoorsorgmaatreëls om tydens n reeksoefensessie te tref? Woordbank duur: frekwensie: kalorieë: die tyd wat iets in beslag neem hoe dikwels iets plaasvind energie-eenhede; die hoeveelheid kos wat daardie hoeveelheid energie produseer 40 Liggaamsopvoeding
Kwartaal 1 Weke 1 5 metabolisme: die chemiese prosesse wat in ons liggame plaasvind sodat ons kan lewe; stowwe word tydens metabolisme verwerk en deur ons liggame gebruik Wat jy nog moet weet Jy moet weet wat die gesondheids- en fiksheidsvoordele van stap/hardloop is, hoe om jou teikenoefensone uit te werk en watter veiligheidsvoorsorgmaatreëls tydens jou oefensessie nodig is. Jy het ook sekere riglyne nodig oor hoe om jou stap-/hardloopprogram te beplan. Wat is die gesondheids- en fiksheidsvoordele van stap en hardloop? Stap en hardloop is vorme van aërobiese oefening. Deur hierdie oefeninge te doen, sal jy die doeltreffendheid van jou kardiovaskulêre stelsel verbeter. Dit beteken dat jou hart, longe en bloedvate beter in staat sal wees om suurstof na al die selle in jou liggaam te pomp, asook om koolstofdioksied uit al die selle in jou liggaam te verwyder. Stap en hardloop verbeter die doeltreffendheid van jou beenspiere. Dit sal die verdere voordeel inhou dat dit jou beenspiere sterker en fermer sal maak. Stap en hardloop voorkom gesondheidsprobleme soos kardiovaskulêre siektes, hoë cholesterol, hoë bloeddruk, tipe 2 diabetes, artritis en osteoporose. Dit kan ook help om jou immuunstelsel te versterk. Stap en hardloop is uitstekende maniere om jou gewig te beheer, want jy verbrand baie kalorieë tydens hierdie vorm van oefening. Tydens enige soort kardiovaskulêre oefening gebruik jou liggaam die vet wat in jou liggaam opgegaar is om energie te produseer. Stap en hardloop sal jou metabolisme verbeter, wat ook sal help om liggaamsvet te verminder. Intensiteitsvlak van jou stapof hardloopsessie Hardloop as sportsoort is sedert die antieke tye gewild. Wanneer jy enige vorm van kardiovaskulêre oefening doen, in hierdie geval stap of hardloop, is daar n ideale hartklop waarteen jy wil oefen. Dit word die teikenoefensone genoem. Jy sal leer hoe om jou teikenoefenhartklop tydens die klaswerkaktiwiteit te bereken. Dit is baie nuttig om te weet wat jou teikenoefensone is sodat jy dit op al jou kardiovaskulêre oefensessies kan toepas. Sodra jy jou teikenoefensone uitgewerk het, kan jy seker maak dat jy teen die korrekte intensiteit vir jou liggaam oefen. As jou kartklop onder jou laer limiettelling is, dan oefen jy nie hard genoeg nie. As jou hartklop hoër as jou boonste limiettelling is, oefen jy dalk te hard. Jy kan jou polsslag enige tyd tydens jou oefensessie meet deur die metode te gebruik wat jy tydens Week 1 geleer het. Onthou dat dit jou liggaam ongeveer vyf minute neem om op te warm en jou teikenoefensone te bereik. Weke 1 5 41
Wat jy nodig het Ideaal gesproke, behoort jy n paar hardloopskoene te hê, maar as dit nie moontlik is nie, kan jy jou gemaklikste skoene dra. Party mense hardloop selfs kaalvoet sonder om enige probleme te ondervind. Jou hardloopklere behoort lig en gemaklik te wees. Dit is nuttig om n horlosie te dra ten einde die duur van jou hardloopsessie te kontroleer. Dit sal ook nuttig wees om jou hartklop te kontroleer sodat jy jou oefen-intensiteit kan kontroleer. As jy toegang tot n hartklopmonitor het, kan jy dit ook dra om jou oefenhartklop tydens jou sessie te kontroleer. Beplan jou stap-/hardloopprogram Almal sal se programme sal volgens hulle vermoëns, fiksheidsvlak en doelwitte verskil. Dit is belangrik om jou hardloopprogram stadig te begin en die lengte daarvan geleidelik te verhoog, anders kan jy die gevaar loop om jou te beseer. As jy n beginner is, probeer om twee maal per week 20 minute lank te stap/hardloop. Soos jy fikser word, kan jy die lengte tot 30 minute en die frekwensie tot drie maal per week verhoog. Veiligheidskwessies ten opsigte van fiksheidsoefeninge Moenie aan die stap-/hardloopaktiwiteit deelneem as jy siek of beseer is nie. Moenie deelneem as jy enige ander hindernis het wat jou moontlik kan verhoed om die aktiwiteit veilig uit te voer nie. Dra gemaklike klere en sportskoene. Maak seker dat jy vyf minute voor en na afloop van jou hardloopsessie strek. Kyk mooi waar jy hardloop sodat jy enige potensiële gevare soos gate of klippe kan vermy. Drink water as jy dors voel. Hou op om te oefen as jy enige pyn, duiseligheid of naarheid ondervind. Maak seker dat jy n veilige afstand weg van jou klasmaats hardloop sodat julle nie teen mekaar stamp nie. Dra n hoed en sonskerm. Veiligheidsvoorsorgmaatreëls (tydens private oefensessies) As jy besluit om jou eie stap-/hardloopprogram buite skoolverband te begin, moet jy asseblief onthou om die volgende veiligheidsoorwegings in gedagte te hou: Stap of hardloop saam met n maat. As dit nie altyd moontlik is nie, probeer om in bewoonde gebiede te stap/ hardloop. Moenie met n MP3-speler, ipod of enige ander musiekluistertoestel hardloop nie. Jy moet die verkeer en ander geluide kan hoor. Moenie in die verkeer hardloop nie. Verander jou roete van tyd tot tyd sodat dit nie voorspelbaar word nie. Moenie hardloop as dit donker is nie. Moenie waardevolle items saam met jou dra nie. Wees wakker en bedag op jou omgewing. n Voorbeeld van n goeie staptegniek 42 Liggaamsopvoeding
Kwartaal 1 Weke 1 5 n Voorbeeld van n goeie hardlooptegniek Huiswerkaktiwiteit Week 3 Jy gaan jou teikenoefensone volgens die volgende stappe bereken. 1 Werk jou maksimum hartklop (MHK) uit. byvoorbeeld, 220 ouderdom (byvoorbeeld 17 jaar) = 203 spm. 2 Teken jou rustende hartklop (RHK) aan. byvoorbeeld, 68 spm. 3 Trek nou jou RHK van jou MHK af. byvoorbeeld, 203 68 = 135. 4 Bereken nou 60% 80% van hierdie telling. byvoorbeeld, 60% van 135 = 81 en 80% van 135 = 108. 5 Voeg weer jou RHK by altwee van hierdie tellings. byvoorbeeld, 81 + 68 = 149 en 108 + 68 = 176. 6 Jy het nou die onderste limiet en boonste limiet van jou teikenoefensone bereken. Met ander woorde, jy wil hê jou hartklop moet tussen 149 en 176 slae per minuut wees. Fisiese aktiwiteit Week 3 Jy gaan aan n kardiovaskulêre fiksheidsoefensessie deelneem. Hierdie sessie sal ideaal gesproke n hardloopsessie wees, maar jy kan enige tyd stap as jou fiksheidsvlak jou nie toelaat om die hele sessie te hardloop nie. Staan leerders met liggaamlike gestremdhede by, tydens aktiwiteite in Liggaamsopvoeding, onder toesig van julle onderwyser. Weke 1 5 43
Week 4: Beskerm jou teen die skadelike uitwerking van die son Wat gaan jy hierdie week alles leer? Die potensiële gevare om te veel aan die son blootgestel te word Die tekens van sonskade Hoe jy jou teen sonbrand kan beskerm Eienskappe wat die risiko van sonbrand en verwante probleme kan verhoog Hoe om sonbrand te behandel Kom ons gesels oor hierdie week Wat is die potensiële gevare om aan te veel son blootgestel te word? Wat is die tekens van sonskade? Watter voorsorgmaatreëls kan jy tref om jou teen die son te beskerm wanneer jy aan buitemuurse aktiwiteite deelneem? Watter eienskappe verhoog die risiko van sonbrand en verwante probleme? Hoe behandel jy sonbrand? Wat jy reeds weet Jy ken die gesondheids- en fiksheidsvoordele verbonde aan deelname aan n reeksoefenprogram. Jy ken die gesondheids- en fiksheidsvoordele verbonde aan deelname aan kardiovaskulêre fiksheidsaktiwiteite soos hardloop. Jy weet hoe om jou doelwitte vir jou gesondheids- en fiksheidsprogram te stel. Toets Jouself Ken jy die gesondheids- en fiksheidsvoordele van n reeks oefeninge? Ken jy die gesondheids- en fiksheidsvoordele van hardloop? Weet jy hoe om jou eie gesondheids- en fiksheidsdoelwitte te stel? Weet jy hoe om n persoonlike reeksoefenprogram te ontwerp? Weet jy hoe om n persoonlike hardloopprogram te beplan? Woordbank bestraling: ultraviolet: energie wat in die vorm van hitte of lig vanaf die son of n ander bron gestraal word n soort lig wat mense nie kan sien nie, maar wat sleg is vir ons vel 44 Liggaamsopvoeding
Kwartaal 1 Weke 1 5 Wat jy nog moet weet Die potensiële gevare van te veel blootstelling aan die son Die son is nodig om alle lewe op die aarde in stand te hou en hou talle gesondheidsvoordele in: Dit bevorder die absorpsie van vitamine D in ons liggame, wat uiters belangrik is vir skeletontwikkeling. Dit versterk immuunfunksie en is belangrik vir die vorming van bloedselle. Te veel blootstelling aan die ultravioletstrale (UV) van die son is egter gevaarlik en kan probleme soos sonbrand, velskade, premature velveroudering en velkanker veroorsaak. Meer as 90% van velkankers word deur blootstelling aan die son veroorsaak. Die gebruik van sonbeddens en sonlampe sal dieselfde probleme veroorsaak. UV-indeks Vlak Beskerming UV Indeks 1 UV Indeks 2 UV Indeks 3 UV Indeks 4 UV Indeks 5 UV Indeks 6 UV Indeks 7 UV Indeks 8 UV Indeks 9 UV Indeks 10 UV Indeks 11+ Laag Matig Hoog Baie hoog Ekstreem Geen beskerming word vereis nie. Jy kan veilig buite wees. Beskerming word vereis. Soek skaduwee op tydens die middagure! Trek n hemp aan, smeer sonskerm aan en sit n hoed op! Ekstra beskerming word vereis. Moenie tydens die middagure buite kom nie! Maak seker jy soek die skaduwee op. n Hemp, sonskerm en hoed is n moet. Elke dag het n ander vlak van ultraviolet-(uv)-bestraling. Tabelle soos dié help jou om seker te maak dat jy behoorlik teen die son beskerm is. Die tekens van sonskade Die eerste en mees ooglopende teken van sonskade is rooiheid van die vel. Indien jou sonbrand ernstiger raak, kan jy dalk blase op jou vel ontwikkel. As jy n hoofpyn, koors of erge moegheid ondervind, kan jy dalk hitte-uitputting of sonsteek hê. Voorsorgmaatreëls wat jy kan tref om jou teen die son te beskerm Dra n hoed en ander beskermende klere. Gebruik sonskerm met n minimum sonbeskermingsfaktor (SPF) van 15. Bedek alle blootgestelde dele, insluitende jou ore, nek en neus. Gebruik n lipbalsem wat sonskerm bevat. Weke 1 5 45
Drink baie water wanneer jy buite in die hitte oefen. Indien moontlik, probeer om jou buitemuurse aktiwiteite vir die koeler tye van die dag te beplan, soos voor tienuur soggens en na vieruur smiddae. Goeie sonbeskermingsgewoontes sal jou vel gesond hou terwyl jy by n aktiewe buitemuurse lewenstyl betrokke is. Wanneer moontlik, dra n hoed en klere wat die vel bedek. Gebruik minstens n SPF 30-breëspektrumsonskerm. Probeer om aktiwiteite voor elfuur soggens of na vieruur smiddae te skeduleer. Bly, waar moontlik, in die skaduwee. Eienskappe wat die risiko van sonbrand en verwante probleme verhoog Sekere eienskappe verhoog jou risiko vir sonbrand, velskade en velkanker. Dit sluit in: om blonde of rooi hare te hê om blou of groen oë te hê om n ligte vel te hê om geneig te wees om sproete te hê om baie moesies te hê n familiegeskiedenis van velkanker. Maak altyd seker dat jy die gepaste voorsorgmaatreëls tref wanneer jy in die son oefen. Indien jy n donker vel, oë en hare het, het jy n laer risiko om sonbrand en verwante probleme te ontwikkel. Dit beteken egter nie dat jy nalatig moet wees wanneer jy in die son is nie. Jy moet steeds al die veiligheidsvoorsorgmaatreëls nakom wat hierbo genoem is. Behandeling van sonbrand As jy sonbrand het, volg die volgende stappe: Bly uit die son. Moenie jou vel met seep was nie. Dit kan jou vel dalk verder uitdroog. Moenie bevogtigers aanwend wat sterk reuke bevat nie. Dit kan jou vel dalk verder irriteer. Moenie bevogtiger aanwend terwyl die vel nog warm is nie. Dit sal 12 24 uur neem vir die vel om af te koel. Wanneer jou vel afgekoel het, kan jy n reukvrye bevogtiger aanwend. Drink baie water. Week n sagte waslap in koel water en wend dit op die aangetaste plek aan. Die waslap sal na enkele minute warm word en jy sal dit dus weer in koel water moet doop. Jy kan ook in n koel bad lê. Wend suiwer, reukvrye aloe vera-jel direk op die aangetaste plek aan. Neem anti-inflammatoriese medikasie, maar kry eers jou ouer of versorger se toestemming. As jy blase het, moet dit nie stukkend maak nie. Dit kan die risiko verhoog dat jy infeksie kan opdoen. Indien jy vermoed dat jy n sonbrandverwante infeksie het, kry so gou as moontlik mediese sorg. Jy kan n infeksie hê as jy koorsig is en as n slegte reuk uit jou vel kom. 46 Liggaamsopvoeding
Kwartaal 1 Weke 1 5 Huiswerkaktiwiteit Week 4 Jy gaan jou eie vierweek-oefenprogram ontwerp. Gebruik die volgende riglyne: Beplan jou program volgens jou huidige fiksheidsvlak. Beplan jou program volgens enige hindernisse wat jy kan hê. Beplan dit volgens jou eie doewitte. Dit moet kardiovaskulêre oefening en n reeks oefeninge insluit. Verwys na die relevante inligting in Week 1, 2 en 3 as jy hieraan herinner moet word. Die program behoort elke week geleidelik moeiliker te raak soos jy fikser en sterker word. Dit behoort minstens een beplande rusdag in te sluit. Met ander woorde, beplan vir n dag waarop jy nie oefen nie. Noem enige nodige veiligheidsvoorsorgmaatreëls. Dit moet n program wees wat jy prakties oor die volgende vier weke kan doen. Jou program sal n geskrewe komponent ( n geskrewe beskrywing van die plan) asook n mondelinge aanbieding insluit. Jou geskrewe plan kan die vorm van n geheuekaart, tabel, diagram of enige ander formaat waarvan jy hou, aanneem. Maak seker dat jy in staat sal wees om enige oefeninge in jou program prakties te demonstreer. Week 5: Aanbieding van werkopdragte Wat gaan jy hierdie week alles leer? Jou klasmaats se aanbiedings gaan enkele nuwe idees oor kardiovaskulêre oefening en n reeks oefeninge lewer. Kom ons gesels oor hierdie week Het jy enige probleme ondervind om jou oefenprogram te beplan? Indien wel, wat was dit? Wat jy reeds weet Jy ken die potensiële gevare van te veel blootstelling aan die son. Jy weet wat die tekens van sonskade is. Jy weet watter voorsorgmaatreëls jy moet tref om jou teen sonbrand te beskerm. Jy weet hoe om sonbrand te behandel. Weke 1 5 47
Toets Jouself Wat is die potensiële gevare van te veel blootstelling aan die son? Wat is die tekens van sonskade? Watter voorsorgmaatreëls moet jy tref om jou teen sonbrand te beskerm? Hoe behandel jy sonbrand? Wat jy nog moet weet Terwyl jou klasmaats hulle programme aanbied, sal jy dit evalueer. Deelname aan en uitvoering van bewegings Week 5 Jy gaan jou oefenprogram vir jou onderwyser en jou klasmaats aanbied. Jy gaan ook jou geskrewe opdrag vir jou onderwyser ingee vir assessering. Jou onderwyser sal jou aanbieding volgens die volgende kriteria assesseer: Is jou program geskik vir jou huidige fiksheidsvlak? Het jy enige hindernisse wat jy dalk kan hê, in ag geneem? Sluit jou program kardiovaskulêre oefening en n reeks oefeninge in? Word jou program geleidelik moeiliker soos jy fikser en sterker word? Het jy die reeksoefeninge korrek gedemonstreer? Het jy die nodige veiligheidsvoorsorgmaatreëls vir jou program ingesluit? Is jou program realisties en bereikbaar? Staan leerders met liggaamlike gestremdhede by, tydens aktiwiteite in Liggaamsopvoeding, onder toesig van julle onderwyser. Riglyne vir assessering Jou onderwyser sal jou volgens twee kategorieë assesseer: 1 Jou deelname Dit is die aantal kere wat jy gedurende die kwartaal aan Liggaamsopvoedingperiodes deelgeneem het. 2 Uitvoering van bewegings Jou onderwyser sal op jou algehele uitvoering van die bewegings fokus om te bepaal of dit die gewenste uitkoms het. Jou onderwyser sal die volgende assesseringsinstrument gebruik: Vlak Beperk Toereikend Bekwaam Uitstekend Kriterium 1: 0% = 0 punte (geen deelname) 11 20% = 2 punte 41 50% = 5 punte 71 80% = 8 punte 81 90% = 9 punte Gereeldheid van 1 10% = 1 punt 21 30% = 3 51 60% = 6 91 100% = 10 deelname gedurende punte punte punte Lig- gaams-opvoed- ingsperiodes (10 punte) 31 40% = 4 punte 61 70% = 7 punte 48 Liggaamsopvoeding
Kwartaal 1 Weke 1 5 Kriterium 2: Uitkoms van uitvoering van bewegings (10 punte) Benodig aansienlike aandag: bewegings lei glad nie tot die gewenste uitkoms nie (0 1 punte) Benodig aandag en verfyning: veral in bewegings wat nie altyd tot die gewenste uitkoms lei nie (2 3 punte) Doeltreffend, effektief en gepas: bewegings lei meestal tot die gewenste uitkoms (4 punte) Uitsondelike vaardigheidsvlakke: bewegings lei altyd tot die gewenste uitkoms (5 punte) Weke 1 5 49
2 Onderwerp Studievaardighede Wat jy in hierdie onderwerp gaan leer Skenk oorweging aan die assesseringsproses en eksamenskryfvaardighede en die toepassing van hierdie vaardighede: hersien eie studievaardighede, -strategieë en -style Hersien eksamenskryfvaardighede (lees die vraag, beplan die antwoord, beantwoord die vrae, ensovoorts) Belangrikheid van skoolgebaseerde assessering Belangrikheid van die verkryging van die Nasionale Senior Sertifikaat: ontwikkeling van n studieplan vir Graad 12 50 Onderwerp 2
Kwartaal 1 Weke 6 7 Kom ons gesels oor hierdie onderwerp Weet jy hoe om oor die assseringsproses na te dink? Weet jy hoe om jou studievaardighede, style en strategieë te hersien? Weet jy hoe om oor jou werk na te dink en dit te gebruik om die manier waarop jy studeer te verbeter? Het jy al gedink oor hoe dit met jou eksamens gegaan het en wat jy anders kon gedoen het? Weet jy hoe om eksamenvrae op die regte manier te beantwoord? Hoe goed berei jy vir jou eksamens voor? Waarom is assessering by die skool en buite die skool so belangrik? Waarom is dit so belangrik om jou Nasionale Senior Sertifikaat te kry? Het jy vir Graad 11 n studieplan gebruik? Hoe goed het jou studieplan gewerk of het dit nie werk nie? Hersien en dink terug Wat jy reeds weet Studeer Dit is jou laaste jaar in die Suid-Afrikaanse skoolstelsel. Hierdie jaar sal jy keuses en besluite moet maak oor wat jy na skool wil gaan doen. Verskillende geleenthede sal aan jou gebied word en jy moet mooi dink oor wat jy in die volgende fase van jou lewe wil doen. Jy het tot dusver, deur die Lewensoriëntering-kurrikulum, vaardighede ontvang wat vir jou leiding en voorbereiding vir die lewe se verantwoordelikhede en geleenthede sal bied. In Graad 11 is jy aan verskillende studievaardighede, strategieë, style en Hoe goed het ek presteer? Wat het goed gegaan? Wat het verkeerd geloop? Moet ek die manier waarop ek studeer verander? Besin oor jou studievaardighede. Werk dit vir jou? eksamen skryfvaardighede blootgestel. Jy het geleer hoe om persoonlike en studiedoelwitte te stel, jy het tydsbestuurvaardighede geleer om jou te help om al die studies vir jou toetse en eksamens in te pas, jy het vaardighede geleer om jou te help om n jaarlikse studieplan op te stel, en jy het geleer wat jou studiestyl is, met ander woorde die manier waarop jy verkies om te studeer. Ons het verskillende studievaardighede behandel wat jy kon gebruik het om met jou toetse en eksamens te help. Jy is aan verskillende studiestrategieë blootgestel om jou te help om te onthou wat jy moet leer en ons hoop dat jy dit in Graad 11 suksesvol toegepas het. Laastens het ons verskeie eksamenskryfvaardighede behandel om jou te help om jou jaareindeksamen suksesvol te voltooi. Studievaardighede 51
Toets Jouself Hoe was jou Graad 11-eindeksamen? Het jy die korrekte studievaardighede en strategieë toegepas? Het jou studie- of leerstyl jou gepas? Was jy in staat om op n toepaslike wyse jou eksamenvrae te beantwoord? Wat sou jy verander, in terme van hoe jy studeer het, om deur jou Graad 12-eindeksamen te kom? Is jou Graad 11-uitslae goed genoeg sodat jy volgende jaar toegang tot hoër opleiding het? Woordbank assessering: begrip: kennis: nadenke: objektief: vaardigheid: die beoordeling van jou vaardighede, kennis en begrip oor n spesifieke onderwerp om iets te verstaan en n persoonlike opinie of interpretasie van n vak te hê om n onderwerp te ken deur dit te studeer en/of ondervinding daarvan te hê versigtige of lang oorweging oor iets nie deur persoonlike gevoelens of vooroordeel beïnvloed nie n vermoë om iets te doen wat deur middel van opleiding of ervaring verkry word Wat jy nog moet weet Skenk oorweging aan die assesseringsproses en eksamenskryfvaardighede en die toepassing van hierdie vaardighede: hersien eie studievaardighede, -strategieë en -style Oor assessering Assessering verwys na die bewyse wat jy vir die assessor (d.i. jou onderwyser) lewer sodat hy of sy kan oordeel hoe goed jy iets ken. Die assessor sal ook kyk hoe goed jy iets kan doen en of jy dit by ander situasies kan toepas. Byvoorbeeld, kom ons sê jy leer oor herwinning. Jy moet kennis oor herwinning hê, byvoorbeeld wat dit is en hoe dit werk (kennis). Jy moet daartoe in staat wees om te wys dat jy kan herwin (dit kan doen). Jy moet daartoe in staat wees om herwinningsvaardighede op verskillende omgewings toe te pas, soos jou huis en skool (begrip/toepassing). Jou onderwyser sal jou kennis toets deur middel van iets soos n toets of n projek. Om seker te maak dat jy kan herwin, sal jy dalk n klein projek moet doen en om te wys dat jy dit kan toepas, mag jy dalk n huiswerkaktiwiteit ontvang om te sien hoe jy by die huis kan herwin. Dink oor die asseseringsproses Dit sal nuttig wees as jy oor beide die informele en formele assesserings dink wat jy in Graad 12 52 Onderwerp 2
Kwartaal 1 Weke 6 7 doen. Jy kan oor jou klaswerkaktiwiteite nadink (informele assesserings). Hoe het jy gevoel toe jy n rolspel moes uitvoer? Het jy goed gevaar en is daar dalk enige verbeterings wat jy daaraan wil maak? In die geval van formele assesserings, kan jy aan n toets dink wat jy geskryf het en hoekom jy slegte of goeie punte behaal het. Wat sou jy anders gedoen het? Kon jy byvoorbeeld vroeër of op n ander manier gestudeer het, of n verskillende leerstyl gebruik het om jou te help om beter te studeer. Jy kan hierdie vrae as n riglyn gebruik en ook jou eie vrae byvoeg. Besin oor eksamenskryfvaardighede en pas dit toe Jy is nou reeds baie jare op skool. Jy het moontlik al meer eksamens afgelê as wat jy op hierdie oomblik kan tel. Maar dit is nuttig om oor die uitkoms van daardie eksamens te besin, oor waarom jy bereik het wat jy bereik het of waarom jy nie goeie punte behaal het nie. Sommige voorbeelde van vrae wat jy jouself kan vra, sluit in: Hoekom het ek in die Graad 10-eksamen goed presteer en nie in die Graad 11-eksamens nie? Wat het ek anders gedoen om uitstekende punte in die Graad 11-eksamens te bereik? Hoekom het ek in n spesifieke vak se eksamen swak presteer, en so aan? Miskien het jy vir n spesifieke graad op n ander manier studeer en dit het baie goed vir jou gewerk. Het jy al probeer om daardie selfde vaardighede op ander grade toe te pas? Was jy te bang om dit te waag om die manier te verander waarop jy studeer voordat n eksamen geskryf word? Het jy al probeer om die manier waarop jy studeer of die strategie wat jy gebruik te verander voordat jy n toets skryf om hierdie nuwe maniere uit te probeer? Dit is belangrik dat ons uit ons foute leer en om dit wat in ander eksamens goed gewerk het tot hierdie jaar se eksamens, toetse en assessering toe te pas. Oorweeg dit om hoe jy gedurende die eksamens voel te ontleed en daaroor te besin. Vra jouself die volgende vrae: Hoe het ek tydens die eksamen gevoel toe ek my manier van dinge doen, verander het? Ondervind ek groter sekuriteit as ek by dieselfde roetines bly? Raak ek paniekerig of voel ek angstig as ek nie op presies dieselfde manier vir elke eksamen studeer nie? Om oor en rondom eksamentyd jou gevoelens te ontleed en daaroor te besin, kan ook n belangrike deel uitmaak van hoekom jy die dinge doen wat jy doen. Klaswerkaktiwiteit 1 Werk in pare. 1 Skryf n definisie van assessering, soos jy dit verstaan. 2 Hoe goed dink jy vaar jy tot nou toe met jou klaskamer-gebaseerde assesserings (aktiwiteite)? 3 Hoe kan jy jou klaskamergebaseerde assesserings (aktiwiteite) verbeter? 4 Hoe goed het jy tot dusver in jou formele assesserings, byvoorbeeld eksamens, gevaar? Wat kan jy doen om jou formele assesseringspunte te verbeter? 5 Hoe voel jy wanneer jy eksamen skryf as jy daarvoor op n spesifieke manier gestudeer het? 6 Sal om te weet hoe jy voel jou help om n paar veranderinge aan hierdie jaar se eksamen te maak? Studievaardighede 53
Skenk oorweging aan en hersien eie studievaardighede, -strategieë en -style Hoekom nadink oor die manier waarop jy leer? As jy oor jou leerproses nadink, stel dit jou in staat om jou vordering op n objektiewe wyse te sien, die areas te identifiseer waarmee dit goed gaan en ook dié waaraan jy moet werk. Jy kan oor jou gevoelens nadink, met betrekking tot n spesifieke vak, en areas identifiseer om te ontwikkel en maniere om dit te verbeter. n Paar vrae wat jy jouself kan afvra om jou te help om oor dinge na te dink, sluit die volgende in: Wat het goed gegaan? Waarom? Wat het nie so goed gegaan nie? Waarom? Hoe sal jy dit die volgende keer anders doen? Wat moet jy volgende keer verander of waaraan moet jy verder werk? Wat sal jou eerste stap van nou af wees? Hersien eie studievaardighede, -strategieë en -style Sodra jy oor jou leermetodes gedink het, kan jy die studievaardighede, strategieë en style wat jy gebruik het om dokumente en eksamen te skryf en om assesseringsaktiwiteite te voltooi, beoordeel en hersien. Kyk weer na jou Graad 11-uitslae en oorweeg of jy dalk die manier waarop jy hersiening doen, moet verander sodat jy in Graad 12 op jou Graad 11-punte kan verbeter. Dit is belangrik dat jy n metode en styl kry wat pas by die manier waarop jy leer. Miskien het jy in Graad 11 n metode probeer wat nie so goed gewerk as wat jy gedink het dit sou nie. Kyk weer oor jou studiestyl na, d.i. die manier waarop jy verkies om te studeer. Miskien leer jy beter deur na inligting te luister, in plaas daarvan om sleutelkonsepte en notas vir n eksamen visueel vas te lê. Miskien vaar jy beter as jy dinge doen terwyl jy oor hulle leer en kan dalk daarby baat as jy byvoorbeeld modelle bou. Hersien die doeltreffendheid van die studiemetodes wat jy gebruik het. Byvoorbeeld, jy het besluit om soos n papegaai vir n spesifieke vak te leer, maar toe jy die eksamen geskryf het, kon jy die helfte van die materiaal nie onthou het nie of jy het besluit om jou eie notas en opsommings te maak, wat baie goed vir n spesifieke vak gewerk het. Wees eerlik met jouself: is jy n uitsteller? Oorweeg hoe goed jou studiestrategie gewerk het. Jou studiestrategie is jou plan van aksie om spesifieke uitslae te behaal. Byvoorbeeld, miskien het jy probeer om mnemoniek te gebruik, maar dit het nie baie goed vir jou gewerk nie. Of jy het die SQ3R-benadering probeer en dit het baie goed vir n paar van jou vakke gewerk. Jy kan nou oorweeg om dit vir al jou vakke te gebruik, maar om nie hierdie keer mnemoniek te gebruik nie. 54 Onderwerp 2
Kwartaal 1 Weke 6 7 Hier is vir jou n paar idees om hierdie jaar te oorweeg: In plaas daarvan om volledige opsommings te gebruik, skep vir elke moontlike vraag of onderwerp sleutelwoorde of -frases wat nie meer as twee kante van n A4-papier volmaak nie. Skep jou eie flitskaarte in verskillende kleure vir verskillende inligting en om skakels tussen verskillende onderwerpe te maak. As jy n visuele leerder is, sluit diagramme of breinkaarte van jou idees in. Gebruik visuele simbole of vorms wat sleutelkonsepte verteenwoordig en hoe hulle met mekaar verband hou. Byvoorbeeld, om n waarskuwingsteken vir n sleutelkonsep te gebruik wat jy moet onthou. As jy beter deur middel As dit vir jou meer effektief is om saam met ander van gehoor leer, neem mense te studeer, vorm n studiegroep of vind n jouself op terwyl jy studiemaat. belangrike notas lees. Luister dan n paar keer na jou opname om met die inligting en kerngedagtes wat vir jou eksamens relevant is vertroud te raak. Vorm n studiegroep of werk saam met n maat sodat julle idees kan bespreek en konsepte vir mekaar kan verduidelik. Kyk weer na die inligting in jou Graad 11-handboek oor studiestyle,-strategieë en -metodes en kyk of jy jou metodes kan verbeter of hersien om vanjaar meer suksesvol te maak. Klaswerkaktiwiteit 2 Werk saam met n maat. 1 Hou jy van jou huidige studiestyl? Gee redes vir jou antwoord. Indien jy nie daarvan hou nie, beskryf wat jy daaraan moet verander. 2 Beskryf die studiemetodes wat jy tot dusver gebruik het en noem ook waarom hierdie metodes vir jou die beste werk. 3 Verduidelik die huidige studiestrategieë wat jy gebruik om vir n formele toets of eksamen te studeer. Dui aan of hierdie strategieë vir jou werk of nie. Dui aan hoe jy hierdie strategieë sal aanpas sodat dit selfs beter vir jou jaareindeksamen sal werk. 4 Jy moet n stel van 10 SMS e of n soortgelyke kort boodskap ontwerp sodat jy dit vir jou vriende of klas kan stuur. Dit moet n stel van studiewenke bevat wat julle vir mekaar 10 weke voor die jaareindeksamen moet stuur of gee. Die studiewenke moet nuttig en sinvol wees. Studievaardighede 55
Eksamenskryfvaardighede Wat jy reeds weet Eksamenskryfvaardighede Die doel van eksamens is om jou begrip en kennis van n spesifieke vak te meet. Eksamens word gebruik om te assesseer hoe goed jy teorie kan onthou en toepas, hoeveel kennis jy oor die inhoud van n vak het, jou vermoë om krities te dink en probleme op te los en hoe goed jy jou idees en opinies kommunikeer. Eksamens verskaf terugvoer oor hoe goed jy onder druk kan werk en ook jou vermoë om alleen te kan werk. Toets Jouself Watter metodes gebruik jy om te studeer? Gebruik jy studiemetodes wat die beste vir jou geskik is, of volg jy net wat ander mense voorgestel het? Watter planne het jy vir hierdie jaar se studies? Woordbank analogieë: vergelykings proses van eliminasie: n proses waar jy die opsies verwyder wat definitief verkeerd is totdat die korrekte opsie oorbly sneller: iets wat n proses begin Wat jy nog moet weet Hersien eksamenskryfvaardighede Eksamens vereis baie studeerwerk en dit kan stresvol wees. Daar is baie verskillende soorte eksamens en soms bestaan eksamens uit n kombinasie afdelings wat die volgende insluit: veel keusevrae, kortantwoordvrae en opsteltipe vrae. Alhoewel elke afdeling anders is, is daar n aantal strategieë wat jy kan gebruik om goed te vaar. Jy kan verskillende metodes gebruik, byvoorbeeld, die proses van eliminasie, lees die instruksies/vrae versigtig deur, en neem jou tyd om jou kanse te verbeter om die vrae korrek te beantwoord. Die volgende is n paar riglyne om jou in staat te stel om jou eksamen-skryfvaardighede te hersien. Onthou, jy sal altyd die vraag lees, jou reaksie beplan en die vraag/vrae beantwoord, ens. Om jou tyd behoorlik tydens n eksamen te bestuur, sal jou van onnodige stres bespaar. 56 Onderwerp 2