Almal Verstaan Lewensoriëntering

Vergelijkbare documenten
RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

Les 14: Entrepreneurskap

ALGEMENE ONDERWYS OPLEIDING

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

GRAAD 7 LEWENSORIENTERING

GRAAD 4-6 LEWENSVAARDIGHEDE

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

HANDLEIDING LEWENSVAARDIGHEDE GRAAD 4

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

FASILITEERDERSGIDS LEWENSORIËNTERING GRAAD 12

Les Plan Twee. Habitats

GRAAD: 4 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

HANDLEIDING LEWENSORIËNTERING GRAAD 12

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Hoërskool Alberton Lewens-oriëntering 3 Junie Eksamninator: A. Basson Punt: 80 Moderator: Nonhlanhla Tsematse. Naam: Graad:

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

NAAM: GRAAD: LAERSKOOL DALVIEW. AFDELING A [30] 3.2 n Sterk / Swak punt verwys na iets waarmee jy goed is. GRAAD 4 NOVEMBER 2016

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

2017 SACAI-WINTERSKOOL AFRIKAANS EAT NOTAS

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

RESPECT 4 U. L e s 2. Verskillende maniere om te kommunikeer Gevolge van jou kommunikasie benadering/styl RESPEK Tyd vir JOUSELF

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Inleiding Tot Die Jagluiperd

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

GRAAD 7 SOSIALE WETENSKAPPE

Vervoer - 01 * Siyavula Uploaders. 1 AFRIKAANS HUISTAAL 2 Vervoer 3 OPVOEDERS AFDELING 4 Memorandum

EKSAMENAFBAKENING 2016 LOR CAPS GR. 11

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Jou brein fokus op oorlewing. Wat het dit met gesonde eetgewoontes te make?

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

TOETSE WAT SELFS TUISGESKOOLDE KINDERS MOET SLAAG INHOUDSOPGAWE

FAKTORE WAT LEI TOT DIE VEREENSAMING EN ARMOEDE VAN BEJAARDES

BYLAE 6.5 ATIWITEITSVORM: SESSIE 5

Jakkals lê eendag heerlik en

Vlotheid en intonasie

FASILITEERDERSGIDS LEWENSVAARDIGHEDE GRAAD 1

by die werk Mm, ek moet hierdie nuwe assistent n bietjie beter leer ken.

HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Pieter, waarheen gaan jy? Ek wil ook graag deeltyds werk. Ek kom saam met jou. Ek gaan werk soek. Ek wil ook n werk hê.

BARRETT SE TAKSONOMIE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Dit verg net n paar minute om n groot verskil te maak!

HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2011

1 Beoordeling van ons eie konteks. Standpunte insake die oorsake van gestremdheid

SUKSES vir 2006 I Gedagtes

GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS

Briewe, posseëls en elektroniese pos

1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

HANDLEIDING SKEPPENDE KUNSTE GRAAD 7

Menslike Hulpbronne Mentorskapprogram vir US personeel

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

BY EMILY SE HUIS. Emily, ek het jou gesê om vir my bier en sigarette te gaan koop.

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

FILIPPENSE 2:1-5 Verstaan die liefde van jou lewe Ds Charles James

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

MEKAAR-TEKSTE IN DIE BYBEL

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Terugvoer van wegbreekgroepe. Algemene jaarvergadering 2015

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

Paulus kritiseer sy tyd se manier

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING

BYLAE 6.1 AKTIWITEITSPROGRAM: SESSIE 1. Die kursief gedrukte woorde dien as leidraad vir die spelterapeut en bepaal die Gestaltbenaderingsproses

GRAAD: 6 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses

Preek 2 Timoteus 3:16-17

HUWELIKSBELOFTES. Dis die absolute hart van n huweliksbevestiging

HANDLEIDING SKEPPENDE KUNSTE GRAAD 8

Transcriptie:

Almal Verstaan Lewensoriëntering Graad 12 Leerderboek P Farhangpour S Iyer L Kennedy-Smith J Rentel MACMILLAN

Almal Verstaan Lewensoriëntering Graad 12 Leerderboek P Farhangpour, S Iyer, L Kennedy-Smith, J Rentel, 2013 Illustrasies en ontwerp Macmillan South Africa (Edms) Bpk, 2013 Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie publikasie mag sonder skriftelike verlof van die kopiereghouer of in ooreenstemming met die Kopieregwet, 1978 (soos aangepas) gereproduseer word of gestoor word in ʼn ontsluitingstelsel, of in enige vorm of deur enige elektroniese middel weergegee word nie, hetsy fotokopiëring, plaat- of bandopname. Enige persoon wat enige ongemagtigde optrede uitoefen in verband met hierdie publikasie mag onderhewig wees aan kriminele vervolging en siviele eise om skadevergoeding. Eerste uitgawe 2013 14 16 18 19 17 15 13 2 4 6 8 10 9 7 5 3 1 0 Uitgegee deur Macmillan South Africa (Edms) Bpk Privaatsak X19 Northlands 2116 Gauteng Suid-Afrika Geset deur Tangerine Design Studio Omslag deur Reach for a Dream Omslagontwerp deur Deevine Design Illustrasies deur Kathy Pienaar, Rob Owen, Heidi-Kate Greeff, Julia du Plessis, Marleen Visser, Mark de Lange en Genies Fotos deur: AAI Fotostock: bladsy 124, 171 (links) Afripics: bladsy 1, 8, 20, 23, 94, 119, 151, 157, 171 (middel), 178, 190, 201, 228, 305 CartoonStock: bladsy 142, 186, 256 Gallo: bladsy 46, 48, 69, 104, 131, 141, 176, 199, 209, 215, 277, 288 Greatstock Corbis: bladsy 18, 50, 85, 121, 155, 171 (regs), 179, 196, 198, 217, 223, 248, 260, 283 INPRA: bladsy 78, 96, 139 Zapiro: bladsy 132 e-isbn: 9781431024308 WIP: 4506M000 Dit is onwettig om afskrifte te maak van enige bladsy van hierdie boek sonder toestemming van die uitgewers. Moeite is gedoen om toestemming te verkry om kopieregmateriaal te gebruik. Indien daar egter per abuis materiaal sonder die kopiereghouer se toestemming gebruik is, onderneem ons om dit reg te stel sodra dit onder ons aandag gebring word.

Inhoud Kwartaal 1 Onderwerp 1: Selfontwikkeling in die samelewing: Aanpassing tot verandering en handhawing van lewenskwaliteit... 1 Liggaamsopvoeding Weke 1 5... 27 Formele assessering: Deelname aan en uitvoering van bewegings... 48 Onderwerp 2: Studievaardighede... 50 Liggaamsopvoeding Weke 6 7... 68 Onderwerp 3: Loopbane en loopbaankeuses... 78 Liggaamsopvoeding Weke 8 10... 103 Formele assessering: Deelname aan en uitvoering van bewegings... 111 Formele assessering: Geskrewe taak... 112 Kwartaal 2 Onderwerp 4: Demokrasie en menseregte... 119 Liggaamsopvoeding Weke 1 4... 144 Formele assessering: Deelname aan en uitvoering van bewegings... 153 Onderwerp 5: Sosiale en omgewingsverantwoordelikheid... 155 Liggaamsopvoeding Weke 5 7... 175 Formele assessering: Deelname aan en uitvoering van bewegings... 182 Formele assessering: Eksemplaar halfjaareksamen... 183 Formele assessering: Projek... 187 Kwartaal 3 Onderwerp 6: Selfontwikkeling in die samelewing: Voorkom leefwysesiektes en bly gesond... 192 Liggaamsopvoeding Weke 1 4... 214 Formele assessering: Deelname aan en uitvoering van bewegings... 226

Onderwerp 7: Loopbane en loopbaankeuses... 228 Liggaamsopvoeding Weke 5 7... 247 Formele assessering: Deelname aan en uitvoering van bewegings... 253 Formele assessering: Eksemplaar finale eksamen... 255 Kwartaal 4 Onderwerp 8: Studievaardighede... 260 Liggaamsopvoeding Weke 1 2... 276 Onderwerp 9: Loopbane en loopbaankeuses... 288 Liggaamsopvoeding Weke 3 4... 304 Indeks... 308

Onderwerp1 Onderwerp Kwartaal 1 Selfontwikkeling in die samelewing Aanpassing tot verandering en handhawing van lewenskwaliteit Wat jy in hierdie onderwerp gaan leer Vereiste lewensvaardighede om by verandering aan te pas as deel van deurlopende gesonde leefwysekeuses: stresfaktore, veranderinge en lewenskwaliteit Identifiseer stresfaktore: fisiese-, emosionele-, sosiale- en omgewingsfaktore (misbruik, roeping, lewenskrisisse en sosiale druk) Assesseer stresvlakke: tekens en simptome van stres, positiewe stres en negatiewe stres Hantering van stres: hanteringsmeganismes en/of bestuurstegnieke, ontwikkeling en toepassing van eie strategie Konflikhanteringsvaardighede: interpersoonlik en intrapersoonlik Aanvoering, opbou en volhoubaarheid van positiewe verhoudinge: belangrikheid van kommunikasie (begrip vir ander, kommunikasie van gevoelens, religie en houdings) Faktore wat effektiewe kommunikasie beïnvloed: persoonlikheid, houdings en waardes, aanvaarding van verantwoordelikhede, gepaste gee van sienings en uitdruk van gevoelens, respek vir ander se gevoelens Aanpassing by groei en verandering: verandering in omstandighede Oorgang tussen skool en post-skool bestemming, positiewe en negatiewe aspekte van verandering, ondersoek andersienings, insigte rakende die lewensiklus en verwante tradisionele praktyke Persoonlike leefwyseplan om kwaliteitlewe te verseker Selfontwikkeling in die samelewing 1

Kom ons gesels oor hierdie onderwerp Aangesien jy amper met skool klaar is, is daar ʼn paar groot veranderinge wat vir jou voorlê. Is jy gereed vir die veranderinge wat vir jou voorlê? Is jy goed toegerus om die stres wat hierdie verandering gepaard gaan te hanteer? Het jy die nodige kommunikasievaardighede, interpersoonlike vaardighede en konflikhanteringstrategieë om verandering te trotseer? Het jy enige planne om ʼn positiewe leefwyse te handhaaf? Vereiste lewensvaardighede om by verandering aan te pas as deel van deurlopende gesonde leefwysekeuses: stresfaktore, veranderinge en lewenskwaliteit Wat jy reeds weet Hoe om stres te oorkom Stres is vir jou niks nuuts nie. Jy het dit al in baie verskillende situasies ervaar, byvoorbeeld toe jy jou vakke gekies het, toe jy jou werkstuk laat ingehandig het, toe jy begin uitgaan het, of toe jy vir ʼn mediese toets gegaan het. Om gestres te wees is normaal en dit gebeur met almal. Ons moet die nodige kennis en vaardighede hê om stres te hanteer. Toets Jouself Weet jy wat stres is? Weet jy wat die verskillende soorte stresfaktore is? Is jy bewus van die simptome van stres? Kan jy tussen positiewe en negatiewe stres onderskei? Het jy die vaardighede om stres te hanteer? Het jy die vaardighede en die kennis om jou eie streshanteringsplan te maak? Woordbank agitasie: om emosioneel versteurd of senuweeagtig te wees ambisieus: vasbeslote om suksesvol te wees bedroef: ongelukkig, ontsteld deursettingsvermoë: hou voortdurend aan om hard aan iets te werk gebrek: ʼn verlies aan; werk nie behoorlik nie gelykvormigheid: almal dieselfde; om te volg wat die meeste van die ander mense doen kategorie: ʼn tipe of ʼn groep dinge wat dieselfde kenmerke het minderheidsgroep: ʼn groep mense wat verskil van die meerderheid van die bevolking 2 Onderwerp 1

Kwartaal 1 Weke 1 5 norm: simptoom: spanning: uitstel: ʼn aanvaarbare standaard waarskuwingsteken of aanwyser druk, pyn om te sloer om iets te doen wat nodig is Wat jy nog moet weet Wat is stres en hoe werk dit? Stres is die gevoel van oorweldiging en om onder druk te wees. Ons liggame reageer op stres: die pituïtêre klier in die brein stuur chemiese boodskappe na die senuweestelsel en adrenale kliere om te sê dat iets verkeerd is. Die adrenale kliere reageer hierop deur streshormone te produseer. Hierdie hormone berei die liggaam vir noodoptrede voor. Jou hart klop vinniger, jou spiere trek styf, jou bloeddruk styg, jou asemhaling raak vinniger, jou handpalms sweet, jou mond raak droog en jou sintuie verskerp. Hierdie fisiese veranderinge berei jou voor om te veg of te vlug van dít wat jou stres veroorsaak. Ervaring van stres is normaal wanneer nuwe situasies ervaar word. Identifiseer stresfaktore Stresfaktore is enige situasies of persone wat stres kan veroorsaak. Daar is ʼn verskeidenheid stresfaktore. Dink na oor jou eie lewe en ook oor die lewens van jou maats en jou gesin jy sal agterkom dat daar baie stresfaktore in almal se lewens is. Kyk na die volgende stresfaktore en voeg by elke kategorie voorbeelde van jou eie ervaringe. Fisiese faktore Fisiese stresfaktore veroorsaak stres vir jou liggaam. Dit sluit in hitte, om vir ure in dieselfde posisie sit, om druk op jou oë te plaas deur na die rekenaarskerm te staar, te veel fisiese werk of oefening te doen, om honger te wees of om te ooreet. Fisiese stresfaktore sluit ook toestande soos vetsug, siekte, ongeskiktheid en fisiese gebrek in. Emosionele of sielkundige faktore In jou finale jaar van skool kan jou skoolwerk uiters stresvol wees. Emosionele of sielkundige stresfaktore veroorsaak emosionele spanning. Hierdie stresfaktore kan die volgende insluit: om gekritiseer en verkleineer te word, om oor siek ouers bekommerd te wees, of om minderwaardig te voel en ʼn swak selfbeeld te hê. Selfontwikkeling in die samelewing 3

Emosionele stres kan styg as die stresfaktor ernstiger word. Byvoorbeeld, ʼn persoon met ʼn ernstige siekte kan meer gespanne raak soos die siekte vererger. ʼn Mens se lewe kan skielik en dramaties verander as gevolg van ongelukke of gebeure soos die dood van ʼn geliefde, om jou werk te verloor, ʼn egskeiding te ervaar, om gestremd te wees of met ʼn dodelike siekte gediagnoseer te word. Mense wat sulke hoë vlakke van stres ervaar, benodig professionele hulp om hul stres te hanteer. Sosiale faktore Die samelewing verwag van ons om aan sekere standaarde en norme te voldoen. Baie mense ervaar druk om soos hul portuurgroep te lyk en op te tree. Dit kan stres veroorsaak, aangesien ons dalk nie altyd bereid is of daartoe in staat is om aan hierdie standaarde te voldoen nie. Byvoorbeeld, baie leerders hou daarvan om modieuse klere te dra, gewild te wees en ʼn sekere liggaamsgrootte en voorkoms te hê. Dit kan lei tot stres in diegene wat dit nie kan bekostig om sekere handelsname te koop nie of wat nie ʼn spesifieke liggaamsvorm het nie. Afknouery is ook ʼn bron van sosiale stres. Afknouery kan fisies tussen persone voorkom of deur die misbruik van sosiale media soos Facebook en Twitter. Dit staan as kuber-afknouery bekend. Kuber-afknouery kan teistering of die plaas van persoonlike foto s sonder toestemming insluit. Dit kan depressie veroorsaak, asook gevoelens van magteloosheid en dit kan selfs tot selfmoord lei. Diskriminasie is nog ʼn voorbeeld van ʼn sosiale stresfaktor. Sommige leerders van minderheidsgroepe ondervind, as gevolg van hulle ras, kulturele of etniese agtergrond of seksuele oriëntasie, verwerping en diskriminasie. n 'n Mens kan nie van kuber-afknouery ontsnap nie. Die internet is die hele tyd beskikbaar. Die pyn wat ʼn mens voel wanneer jy afgeknou of teen gediskrimineer word, kan jou prestasie op skool en algemene welsyn beïnvloed. As jy teistering of diskriminasie by die skool gewaar, moet jy dit onmiddellik by jou Lewensoriëntering-onderwyser rapporteer. Mense ondervind ook beroepstres, wat stres in die werkplek is. Interpersoonlike verhoudinge, werkslading en die botsing van waardes en persoonlikhede is sommige van die oorsake van beroepstres. Ek het verlede jaar met ʼn BCom in Bedryfsielkunde gegradueer en ek werk tans op ʼn kontrakbasis in menslike hulpbronne. Elke keer as my kontrak verstryk, verleng die maatskappy dit vir nog twee maande, maar ek is so bang dat hulle dit een dag nie sal doen nie. Ek maak die hele tyd foute by die werk, want ek voel so angstig dat ek werkloos en arm sal wees. Ek probeer om goed te vaar in my werk, maar ek voel die hele tyd ek is nie goed genoeg nie. Pabi, 23, MH-assistent (Bron: Glamour - tydskrif, Augustus 2011, bl. 34) 4 Onderwerp 1

Kwartaal 1 Weke 1 5 Almal word nie in dieselfde mate deur sosiale druk geaffekteer nie. Byvoorbeeld, groepsdruk ten opsigte van klere, finansiële status, mode, en liggaamsbeeld pla sommige leerders nie. Ander is meer sensitief daaroor en voel gelukkiger as hulle by ʼn groep ingesluit is. Sommige kenners dink dit is omdat mense verskillende tipes persoonlikhede het. Hulle glo dat Tipe A persoonlikhede ambisieus, gejaagd, tydbewus en gedrewe is, terwyl Tipe B persoonlikhede minder ambisieus, minder tydbewus, meer ontspanne en meer tot verandering in staat is. Volgens hierdie teorie, is Tipe A-mense meer geneig as die Tipe B-persoonlikhede om gestres te voel. Tog kan alle mense probeer om te leer om hul hanteringstrategieë te verbeter, ongeag van hul tipe persoonlikheid. Omgewingsfaktore Omgewingsfatore is elemente in die omgewing wat stres kan veroorsaak Dit byvoorbeeld stresvol om in besoedelde gebiede, of in onhigiëniese of onveilige omgewings, soos naby aan ʼn stortingsterrein of ʼn rivier wat gereeld oorstroom, te woon. Oorvol huise, geen toegang tot water en elektrisiteit, en werksplekke waar daar baie harde geluide of baie beweging is, is ook omgewingstresfakore. Klaswerkaktiwiteit 1 Werk op jou eie en dan in ʼn groep. 1 Op jou eie, maak ʼn lys van al die stresfaktore in jou lewe. a) Klassifiseer jou stresfaktore volgens die verskillende tipes. b) Teken ʼn sirkel en verdeel dit in vier segmente wat die verskillende tipes stresfaktore verteenwoordig: fisies, sosiaal, emosioneel, omgewing. Jou sirkel moet soos ʼn pastei lyk. c) Skryf in elke segment ʼn lys van mense of situasies wat jou tans laat stres. Kleur- en skadu in die afdelings volgens die stresvlak. Donker kleure verteenwoordig die hoër stresvlakke. 2 Werk in klein groepies vir hierdie aktiwiteit. Fisies Emosioneel Sosiaal Omgewing Jou onderwyser sal vir jou een van die gelyste scenario s gee. Identifiseer en bespreek die tipe stresfaktor vir die scenario wat vir jou groep aangewys is. Tipes stresfaktore a) Farida is die enigste Indiërmeisie in haar Tswana-sprekende klas. b) Lebo kom uit ʼn lae inkomste-familie wat in ʼn plattelandse gebied woon. Sy is ʼn loseerder by ʼn privaatskool. c) Mary se skool is naby ʼn myn en die lug is vuil, veral in die winter. Mary is geneig om in die winter borsinfeksies te kry. d) Patho se ma is siek by die huis en hy is die hele tyd bekommerd oor haar. 3 Rolspeel die geval wat aan julle gegee is en vertoon die stres wat in elke geval ervaar word. Selfontwikkeling in die samelewing 5

Positiewe stres en negatiewe stres Stres is nie net ʼn negatiewe krag nie. ʼn Klein hoeveelheid stres kan jou ook motiveer om iets te doen dit is positiewe stres. Byvoorbeeld, positiewe stres laat jou vir ʼn toets studeer wanneer die datum van die toets nader kom. Negatiewe stres is wanneer jy nie in staat is om die druk van die stresfaktor te hanteer nie. Stres oor ʼn lang tydperk word negatief wanneer dit jou gesondheid, jou produktiwiteit, jou verhoudinge en jou lewenskwaliteit bedreig. Byvoorbeeld, om vir ʼn lang tyd ʼn siek familield te versorg of om in ʼn huis te woon waar daar mishandeling is, kan jou lewenskwaliteit en geluk benadeel. Vlakke van stres Kenners het vier vlakke of fases van stres geïdentifiseer. Vlak 1 Op vlak 1 ervaar die persoon ligte angsgevoelens. Op hierdie vlak word die stres as gesonde stres beskou. Die persoon is baie gemotiveerd en kan die stres hanteer. Byvoorbeeld, ʼn persoon wat so pas na ʼn nuwe werk bevorder is, ervaar gesonde stres. Dit gee die persoon die nodige energie en motivering om te leer hoe om die nuwe werk vinnig onder die knie te kry. Vlak 2 Op vlak 2 beïnvloed stres die daaglikse lewe van die persoon op ʼn negatiewe wyse. Die individu mag oor oorlading en ʼn gevoel van oorweldiging en nood kla. Byvoorbeeld, ʼn vrou wat seksueel deur haar baas geteister word, mag voel dat sy nie hierdie bykomende stres kan hanteer nie. Vlak 3 Die derde vlak word deur chroniese stres gekenmerk. Die persoon sal gevoelens van prikkelbaarheid en selfs fisiese simptome soos spanningshoofpyne ervaar. Byvoorbeeld, indien die vrou vir ʼn geruime tyd seksueel geteister is en nie die situasie kan oplos nie, sal die stres begin om haar produktiwiteit en gevoel van welsyn negatief te beïnvloed. Vlak 4 Op die vierde vlak voel die individu fisies en emosioneel uitgeput en benodig mediese aandag en morele ondersteuning. Byvoorbeeld iemand wat vir ʼn lang tyd in ʼn huis met baie mishandeling gewoon het, sal hierdie vlak van stres ervaar. Mense met stres op hierdie fase moet ʼn dokter of ʼn ander professionele persoon raadpleeg om hulle te help met die hantering van hul stres. (Bron: http:/jenaisle.com/2011/03/16/the-four-levels-ofstress-whichlevel-are-you-in/) Moeg Laat nagte Angs Vrees Stres Skuld Werk Gesondheid Geen slaap Rekeninge Tydgrens Agterstallig Chroniese stres is stres wat oor lang tyd ervaar word. 6 Onderwerp 1

Kwartaal 1 Weke 1 5 Simptome van stres Beide positiewe en negatiewe stres het sekere simptome. Positiewe stres kan tekens soos ʼn effense verandering in eetlus- en slaapgewoontes, ʼn effense gevoel van angstigheid, vinniger hartklop en meer waaksaamheid en energie insluit. Wanneer stres negatief word, kan die volgende simptome verskyn: Sielkundige simptome Geheueprobleme Onvermoë om te konsentreer Swak oordeel Sien slegs die negatiewe dinge raak Angstige of vlietende gedagtes Konstante bekommernisse Fisiese simptome Hoofpyne Seer rug Stywe spiere, veral rondom die nek en skouers Diarree of hardlywigheid Naarheid, duiseligheid Borspyn, hartkloppings Kry gereeld verkoue Buierigheid Geïrriteerdheid of kort humeur Agitasie, onvermoë om te ontspan Voel oorweldig Voel eensaam en afgesonder Depressie of algemene ongelukkigheid Gedragsimptome Eet meer of minder Slaap te veel of te min Afgesonder van ander Lae produktiwiteit/afskeep van verantwoordelikhede Die gebruik van alkohol, sigarette of dwelms om te ontspan Senuagtige gewoontes (bv. naels byt, rondtrippel) Ly jy aan enige van hierdie simptome? Onthou dat stres ʼn bedreiging vir jou gesondheid kan wees. Dit kan tot ʼn verskeidenheid van siektes ly soos migraine, verskillende vorme van pyn, hartprobleme, spysverteringsprobleme, slaapversteurings, laer immuunstelsel en selfs kanker. Hantering van stres: hanteringsmeganismes Mense hanteer stres op verskillende maniere. Sommige mense kies ongesonde maniere om stres te hanteer, dit sluit in die gebruik van alkohol of dwelmmiddels, rook, te veel eet, televisie vir ure lank kyk, hul frustrasies op ander uithaal, of uitstel van take. Ander mense gebruik positiewer strategieë. Hierdie lys gee ʼn paar strategieë wat jou sal help om stres op ʼn gesonde manier te hanteer: Vermy onnodige stres: Leer om diegene te vermy wat veroorsaak dat jy stres, leer om ʼnee te sê vir ekstra verantwoordelikhede en vermy stresvolle situasies. Bestuur jou tyd goed: Beplan jou dag en bestuur jou tyd. Graad 12 is gelaai met toetse en werkstukke. Gebruik dus jou tyd oordeelkundig om stres te vermy. Doen asemhalingsoefeninge: Wanneer jy gestres is, is jy geneig om vlakker en vinniger asem te haal. Haal ʼn paar keer diep asem om jouself te help kalmeer. Verander jou gewoontes: As jy nie spraaksaam is nie en jy jou gevoelens wegsteek, sal niemand weet wat jou pla nie. Leer om jou gevoelens openlik en op ʼn respekvolle manier uit te druk. Wees selfhandhawend: Laat ander hul grense ken en en laat hulle weet dat jy nie rondgestoot kan word nie. Verander jou houding: Probeer om die stresvolle situasie vanuit ʼn positiewe perspektief te bekyk en fokus op die feit dat die stresvolle situasie wel ʼn einde het. Sien die groter prentjie. Selfontwikkeling in die samelewing 7

Dink oor die lesse wat jy uit die ervaring kan leer. Pas jou standaarde aan: as jy ʼn perfeksionis is, sal jy moontlik nie slaag nie. Aanvaar dinge wat jy nie kan verander nie: Sommige dinge is buite jou beheer. Jy kan nie ander mense se houding of besluite verander nie. Konsentreer eerder op jou eie reaksies. Maak tyd vir pret, ontspanning en oefening: Ruim elke nou en die tyd in om te ontspan. Oefening kan jou liggaam en gees verfris. Dans, musiek luister en gesels met vriende kan balans in jou lewe terugplaas. Maak seker dat jy genoeg slaap. Mediteer of bid: Om in verbinding te wees met jou geestelike sy kan jou help om dinge in perspektief te plaas en gee vir jou die aanmoediging om te volhard. Begin ʼn gesonde leefwyse: Gesonde dieet en manier van lewe kan jou van baie onnodige stres red. Dit sluit gereelde fisiese oefening en wegbly van riskante gedrag, soos dwelmmisbruik en onverskillige seksuele gedrag, in. Ontwikkeling en toepassing van n persoonlike strategie Baie mense beoefen meditasie as manier om die druk van die eksterne wêreld te hanteer. Om jou stres te beheer, benodig jy ʼn strategie wat vir jou behoeftes en jou unieke omstandighede voorsiening maak. Gebruik die volgende riglyn om jou persoonlike strategie te formuleer: 1. Maak ʼn lys van jou stresfaktore. 2. Rangskik dit in volgorde vanaf baie hoog, hoog, medium, en lae stresvlakke. 3. Lees deur die hanteringstrategieë wat jy in hierdie onderwerp geleer het. 4. Vir elk van die stresfaktore, spesifiseer hanteringstrategieë wat jy nuttig vind. 5. Implementeer vir ʼn week lank die strategieë. 6. Hou gedurende daardie week ʼn dagboek. 7. Evalueer die strategieë vir effektiwiteit: Watter strategieë het gewerk? Watter strategieë moes jy aanpas? 8 Onderwerp 1

Kwartaal 1 Weke 1 5 Klaswerkaktiwiteit 2 Werk op jou eie. 1 Teken ʼn tabel om jou stres te analiseer. Skryf in die eerste kolom al die simptome van stres wat op jou van toepassing is en gradeer dan elke simptoom volgens hoe erg dit is. Simptoom 1 Baie laag 2 Laag 3 Gemiddeld 4 Hoog 5 Baie hoog Hoofpyn 2 Lees die volgende gevallestudie in klein groepe. Sonia was 14 jaar oud toe haar pa Vusi só depressief was dat hy selfmoord gepleeg het. Sy en haar ma moes toe na ʼn plakkershut in Vosloorus trek en hul verhouding was moeilik omdat hulle albei deur Vusi se dood getraumatiseerd was. Hulle het begin om al hoe meer met mekaar te baklei en Sonia het toe na haar tannie getrek, wat ook in Vosloorus woon. Sonia is nou 18 jaar oud en haar matriekeksamens lê nog voor. Haar tannie ondersteun haar baie en probeer Sonia met haar huiswerk te help. Sonia wil daarom graag haar tannie help en sy werk dus naweke by ʼn supermark om ʼn bietjie geld tot die huishouding by te dra. Sy weet dat as sy ʼn goeie opvoeding kry, sy in staat sal wees om meer te kan help, maar sommige dae voel sy oorweldig deur al die probleme wat die lewe haar gegee het. Dit is moeilik om op sulke dae uit die bed te klim en vrolik te wees. a) Watter tipe stresfaktore is die jong vrou besig om in die gesig te staar? b) Maak ʼn lys van die stresfaktore in rangorde van hoe erg dit is. c) Beskryf die tipe stressimptome wat sy dalk ervaar. Selfontwikkeling in die samelewing 9

Aanvoering, opbou en volhoubaarheid van positiewe verhoudinge Wat jy reeds weet Kommunikasie In Graad 10 het ons na kommunikasie gekyk. Kommunikasie is ʼn proses waar ʼn boodskap van een persoon of party na ʼn ander gegee word. Ons gebruik verbale en nie-verbale kommunikasie om met ander mense in verbinding te tree. Twee partye is betrokke by die kommunikasieproses: die sender en die ontvanger. Beide speel ʼn belangrike rol met die sukses van kommunikasie. Toets Jouself Weet jy waaruit bestaan kommunikasie? Watter vorme van nie-verbale taal ken jy? Dink jy dat jy ʼn goeie kommunikeerder is? Is dit vir jou maklik om ʼn verhouding te inisieer? Is jy in staat om verhoudinge met ander vol te hou? Kan jy jou op ʼn effektiewe wyse jou gevoelens kommunikeer? Verstaan jy ander mense se gevoelens en houdings? Woordbank aanneem: belemmer: deelnemend: grootprater: konfronteer: ontkoppel: sarkasme: versper: veronderstel; om aan iets te dink sonder om bewyse te hê voorkom; veroorsaak ʼn struikelblok reagerend; gehoor gee aan om vir ander te vertel hoe goed jy is om iets aan te vat, in die gesig te staar en te hanteer af te sny bespotting; om iets te sê met die bedoeling om seer te maak afsluit; ʼn versperring wees Wat jy nog moet weet Belangrikheid van kommunikasie Die vermoë om met ander op ʼn effektiewe wyse te kommunikeer, is ʼn belangrike faktor by suksesvolle verhoudinge. Aan die einde van Graad 12 sal jy by die wêreld van werk of by instansies van hoër onderwys aansluit en baie mense vir die eerste keer ontmoet. Jy sal effektiewe kommunikasievaardighede benodig om verhoudinge met mense van verskillende kulturele groepe en agtergronde te begin en in stand te hou. Om goeie kommunikeerder te wees, beteken om te leer hoe om te praat en te leer hoe om te luister. 10 Onderwerp 1

Kwartaal 1 Weke 1 5 Verstaan ander mense Kommunikasie is ingewikkeld, want daar is ten minste twee partye wat by die kommunikasieproses betrokke is. Julle moet mekaar ewe goed verstaan. Maar julle is nie dieselfde nie: jul kan dalk verskillende ouderdomme en uit verskillende kulturele, sosiale en opvoedkundige agtergronde wees, of verskillende tale praat. Julle sal nie noodwendig oor dinge op dieselfde manier dink nie. Jy moet nooit aanvaar dat jy heeltemal verstaan wat die ander persoon dink of voel, of waarom hulle iets doen nie. Moet ook nie aanvaar dat hulle jou ten volle verstaan nie. Die enigste manier om seker te maak, is om vrae te vra en kwessies te bespreek. Alle mense sien die wêreld uit hul eie perspektief, wat op hul ervarings uit die verlede gebaseer is. Om hulle te verstaan, probeer om dinge uit hulle oogpunt te sien. Leer die persoon ken, asook sy of haar vorige ervarings. Moenie mense oordeel nie. Probeer eerder om te verstaan waarom hulle so optree. Kommunikeer gevoelens Wanneer ons met ander kommunikeer, kommunikeer ons nie net feite nie, maar ook ons gevoelens. Elke keer as jy interaksie met iemand het, het jy ook interaksie met hul denke. Onlangse navorsing het getoon dat dit noodsaaklik is om gevoelens te kommunikeer om verhoudinge te bou en vol te hou. As jy nie jou gevoelens kommunikeer nie, hou jy noodsaaklike inligting terug, wat belangrik vir die verhouding kan wees. Kyk na die belangrikheid om gevoelens te kommunikeer in hierdie voorbeelde: Paartjies in ʼn verhouding moet voortdurend hul gevoelens kommunikeer. As hulle dit nie doen nie, kan hulle op die ou einde van mekaar afgesny voel. Dikwels kla geskeide mense oor ʼn gebrek of ineenstorting van kommunikasie. Hulle kla nie oor ʼn gebrek aan inligting nie, maar ʼn gebrek aan emosionele konneksie en ondersteuning. Vriende aanvaar soms dat dit nie nodig is om op hul kommunikasie te fokus nie. As jy vir jou vriend kwaad is en vir ʼn paar dae afsydig is teenoor hom of haar sonder om vir die persoon te sê wat jou kwaad gemaak het, sal jy nie in staat wees om die probleem op te los nie. Jou vriendskap sal daaronder ly en kan dalk beëindig word. Jou vriend weet dalk nie eers dat jy vir hom of haar kwaad is nie. Ek voel dat jy my afskeep en nie tyd saam met my spandeer nie. Dit laat my voel dat ek nie vir jou belangrik is nie. Wanneer jy met mense kommunikeer, is dit belangrik dat jy aandag aan hul gevoelens gee. Indien jy hul gevoelens afskeep, skep dit die indruk dat jy nie vir hulle omgee nie. Om verhoudinge te verbeter, toon positiewe gevoelens en wys mense dat jy waardeer wat hulle vir jou beteken. Eenvoudige woorde soos dankie of ek het jou gemis kan baie bydra om verhoudinge te verbeter. Selfontwikkeling in die samelewing 11

Klaswerkaktiwiteit 3 Werk saam met ʼn maat. 1 Dink aan ʼn klasmaat of ʼn vriend wat jy dink ʼn goeie kommunikeerder is. Noem die eienskappe wat van hom of haar ʼn goeie kommunikeerder maak. 2 Hoe hanteer hy of sy ander mense se gevoelens? Rol van houdings in kommunikasie Houdings verwys na ons interaksies met mense en situasies en hoe ons hulle nader. Ons houding teenoor mense help om te bepaal hoe ons met hulle kommunikeer. Houdings vir die inisiëring van verhouding Ons wil almal nuwe verhoudinge en nuwe vriende vind. Jy sal die volgende houdings nuttig vind wanneer jy ʼn verhouding wil inisieer: Wees positief. ʼn Positiewe houding skep ʼn positiewe atmosfeer. Glimlag en lyk toeganklik. Jy moet die vertroue hê om die proses te inisieer. Dikwels is die ander persoon te senuweeagtig om ʼn gesprek te begin. Wees werklik geïnteresseerd in die ander persoon en wat hy of sy doen. Wees oop en onbevooroordeeld en moenie ʼn oorhaastige gevolgtrekking maak nie. Wees jouself. Moenie probeer om die persoon te beïndruk nie. Houdings vir die opbou en volhoubaarheid van verhoudings Om ʼn verhouding vol te hou en te koester, oefen die volgende: Wees ʼn goeie luisteraar. As jy onseker is oor iets, vra vrae. Kies jou woorde versigtig. Sommige woorde kan baie seermaak. Wees beleefd, geduldig en buigsaam. Respekteer ander mense se gevoelens. Respekteer ander mense se religieë en oortuigings. Wees behulpsaam en bied hulp aan waar nodig. Toon opregte belangstelling in die persoon se doelwitte en help hom of haar om dit te bereik. Skadelike houdings wat veroorsaak dat kommunikasie verbrokkel Negatiewe houdings skep ʼn negatiewe atmosfeer en maak jou ongewild. Hierdie is voorbeelde van skadelike houdings wat jy moet vermy: Die gebruik van sarkasme: Wanneer jy ʼn bespotting van mense en hul idees maak, voel mense ongelukkig en wil van jou af wegbly. Om ʼn grootprater te wees en te maak of jy van alles weet: Om die indruk te gee dat jy beter as ander weet laat ander mense minderwaardig voel en hulle dink jy is arrogant. Om krities te wees: Niemand hou daarvan om gekritiseer te word nie, al is die kritiek waar. Om té mededingend te wees en te probeer om almal te oorskadu, kan daartoe lei dat mense nie van jou hou nie. 12 Onderwerp 1

Kwartaal 1 Weke 1 5 Blameer ander: Mense neem aanstoot as hulle beskuldig en hul foute blootgestel word. Om dominant te wees: Mense neem aanstoot as hulle nooit ʼn kans kry om te praat nie omdat jy voortdurend besig is om ander te oortref. Klaswerkaktiwiteit 4 Werk saam met ʼn maat wat jou al ten minste een jaar ken. 1 Skep ʼn kontrolelys met drie kolomme, soos die volgende voorbeeld: Houding Jy Jou maat Kommentaar Gebruik sarkasme Is ʼn grootprater en maak of jy van alles weet Is krities Blameer ander Is dominant Het ʼn positiewe houding Glimlag Is vol vertroue Toon werklike belangstelling Is onbevooroordeeld Is altyd jouself Is ʼn goeie luisteraar Vra vrae om die boodskap te verstaan Kies woorde versigtig Is beleefd, geduldig, buigsaam Respekteer ander se gevoelens Respekteer ander se gelowe Is hulpvaardig Toon werklike belangstelling in ander se doelwitte 2 Op jou eie, gebruik die kontrolelys om jou eie houdings en jou klasmaat sʼn te assesseer. Skryf Ja in die toepaslike kolomme vir elke houding wat jy of jou maat het en Nee as dit ontbreek. Probeer om so eerlik en objektief as moontlik te wees. 3 In die kommentaarkolom, kan jy voorbeelde of voorstelle byvoeg. 4 Vergelyk jou kontrolelys met jou maat sʼn. Hoe eenders of verskillend is dit? Hoe sien elk van julle julself en mekaar? Wees eerlik, maar ook taktvol en konstruktief met julle besprekings oor mekaar. Selfontwikkeling in die samelewing 13

Faktore wat effektiewe kommunikasie beïnvloed Kommunikasie en die tipe persoonlikheid hou direk verband met mekaar; ons kan nie mense se persoonlikheid en die manier waarop hulle kommunikeer van mekaar skei nie. Wetenskaplikes het verskillende maniere ontwikkel om persoonlikhede te klassifiseer. Die Myers-Briggs persoonlikheidstoets klassifiseer mense in vier verskillende tipes: Assosieerder-ondersteuners: Hierdie tipe mense is oor die algemeen ondersteunend, versorgend en vriendelik. Kommunikasie met hierdie tipe persoonlikheid is relatief maklik, aangesien jy die persoon vriendelik en tegemoedkomend sal vind. Jy kan by hierdie tipe persoon ontspan en jouself vrylik uitdruk. Jy sal ondervind dat hulle ontvanklik is en ook bereid om jou vrae te beantwoord. Inisieerder-aanmoedigers: Hierdie mense is vol energie, motiverend, oorredend en pret. Hierdie tipe persoon is gesellig en gewild. Jy kan met hom of haar oor gewone en alledaagse kwessies gesels, maar moenie verwag dat hulle altyd daar vir jou sal wees of te geheg aan hulle raak nie. Ontleder-ondersoekers: Hulle is gedrewe en analitiese mense. Hulle is nuuskierig en wil oor die wêreld uitvind. Hulle soek redes en inligting. Hulle het nie baie tyd om net te sosialiseer nie. Jy kan reguit met hulle wees deur vir hulle feite te gee wanneer jy met hulle kommunikeer. Bestuurder-leiers: Hierdie mense is baie magtig en wil baie bereik. Hulle is beheer-georiënteerd en produktief. Wanneer jy met hierdie tipe persoonlikheid kommunikeer, onthou dat hulle ambisieus is en in beheer wil wees. Hulle wil hê jy moet met hulle saamstem en vir hulle die kans gee om baas te wees. (Bron: Aangepas uit: http://www.nipreston.com/publications/excerpts/personalitytypes.pdf) 14 Onderwerp 1

Kwartaal 1 Weke 1 5 Mense is individue en pas nie perfek in enige van hierdie tipes in nie. Die persoonlikheidsklassifikasie word slegs as ʼn riglyn gegee vir die fasilitering van beter kommunikasie volgens ʼn persoon se dominante persoonlikheidseienskappe. Rol van waardes en houdings in kommunikasie Mense se waardes beïnvloed die kwaliteit van kommunikasie. Religieuse waardes, politieke affiliasie en kulturele oortuigings is vir mense belangrik en die meeste mense is sensitief daaroor. Wanneer mense verskillende waardes het, kan dit probleme met kommunikasie veroorsaak, aangesien mense mekaar kan misverstaan of selfs dit wat die ander persoon sê of doen aanstootlik vind. Suid-Afrika is ʼn diverse land. Ons ontmoet en werk saam met mense van verskillende kulture, godsdienste en politieke standpunte. Jy moet sensitief teenoor hierdie diversiteite wees en seker maak dat jy respek toon aan die mense met wie jy kommunikeer. Maak jouself eers vertroud met die waardesisteem van die persoon en probeer om onbevooroordeeld daaroor te wees. Verskillende kulture het verskillende gedragskodes vir kommunikasie. Byvoorbeeld: dit word in baie tradisionele kulture as onbeleefd beskou om oogkontak te maak terwyl jy met iemand praat. In die Westerse kultuur word oogkontak aangemoedig en is ʼn teken dat jy aandag gee in sommige kulture, word daar van kinders verwag om nie vrae voor volwassenes te vra nie. By die skool word daar van hulle verwag om vrae te vra. Verskille in kommunikasiestyle kan tot misverstande lei en kan selfs as beledigend beskou word. Om sulke situasies te vermy, probeer om die kultuur van die mense waarmee jy kontak maak te leer ken. Aanvaar dat mense verskillend is en dat hulle die reg het om hul eie waardes te hê. Riglyne vir effektiewe kommunikasie Aanvaarding van verantwoordelikhede Twee partye is betrokke by die kommunikasieproses. Beide van hulle moet hul rol vervul om die kommunikasieproses effektief te maak. Hierdie riglyne sal jou help om verantwoordelikheid te neem vir jou deel in die kommunikasieproses: Luister aandagtig: Fokus ten volle op die spreker en probeer om sy of haar standpunt te verstaan. Moenie hom of haar onderbreek nie en moenie probeer om sy of haar sinne te voltooi nie. Moenie oor jou eie dinge dink terwyl jy na die ander persoon luister nie en moenie die onderwerp verander of kritiseer nie. Behou oogkontak. Druk jouself duidelik uit: Verduidelik jou standpunt duidelik deur eenvoudige en alledaagse woorde te gebruik. Moenie aanvaar dat ander mense weet wat jy wil sê nie. Gebruik volledige sinne en praat met ʼn duidelike stem. Moenie uitstel wat nou gesê moet word nie: As daar ʼn probleem is waaraan jy aandag wil skenk of ʼn situasie wat uitgeklaar moet word, probeer om dit so gou as moontlik op te los. Hoe langer jy wag, hoe moeiliker gaan dit word. Jou lyftaal speel n belangrike rol in kommunikasie. Wees bewus van hoe jy rondom iemand optree. Selfontwikkeling in die samelewing 15

Gee aandag aan jou lyftaal: Wees bewus van die manier waarop jy praat jou intonasie, gebare en gesigsuitdrukkings. As jy in ʼn beskuldigende stemtoon praat, sal die ander persoon heel waarskynlik verdedigend optree, selfs voordat hy of sy gehoor het wat jy wil sê. As jy ʼn oop houding het, ʼn kalm stem en ontspanne lyftaal, sal dit help om die ander persoon op sy of haar gemak te laat voel en om meer ontvanklik te wees. (Bron: Aangepas uit http://au.reachout.com) Gepaste uitdrukking van menings en gevoelens en respek vir ander se gevoelens Toon respek vir ander se gevoelens en menings. Gebruik hierdie riglyne om jou gevoelens en menings op ʼn gepaste wyse uit te druk: Druk jou negatiewe gevoelens op ʼn gepaste wyse uit: Wanneer jy baie negatiewe emosies soos woede, irritasie, teleurstelling en verwerping ervaar, probeer om blamerende stellings te vermy. Stellings wat met jy begin, laat die ander persoon voel asof hy of sy aangeval word. Gebruik eerder stellings wat met ek begin om jou gevoelens te verduidelik. Sê byvoorbeeld: Ek het teleurgesteld gevoel toe jy nie opdaag het nie, eerder as Jy het my weer in die steek gelaat, of Ek voel afgeskeep wanneer ek alleen by die huis moet agterbly, eerder as om te sê Jy het my alleen by die huis gelos, jy het my weer teleurgestel! Kies jou woorde versigtig: Woorde wat goed deurdink is, help om die verhouding te koester. Onverskillige grappe en sarkasme bederf verhoudinge. Wees nederig en vriendelik: Niemand hou van arrogansie nie. Nederigheid en vriendelikheid kan baie bydra om ʼn goeie verhouding te vestig. Wys empatie: Probeer om dinge uit ander se oogpunt te sien: plaas jouself in hulle skoene. Dit sal jou help om hulle te verstaan. Klaswerkaktiwiteit 5 Werk in ʼn groep. Beantwoord die volgende vrae in klein groepies: 1 Wat is ʼn paar van die algemeenste oorsake van verbrokkeling in kommunikasie wat jong mense ervaar? Noem en bespreek. 2 Bestudeer die volgende gesprek en beantwoord die vrae wat volg. Gesprek Bestuurder: Persoonlike assistent: Bestuurder: Hoekom kan jy nooit die verslae doen soos ek dit verkies nie? Omdat jy die heeltyd jou voorkeure verander. Nee, dit is omdat jy nie na my luister nie. Jy ignoreer doelbewus my instruksies. a) Watter soort persoonlikheid dink jy het die baas? b) Wat moet ons onthou wanneer ons met hierdie tipe persoonlikheid kommunikeer? c) Hoe dink jy laat die bestuurder se woorde die persoonlike assistent voel? d) Watter waardes of houdings toon hulle vir mekaar? e) Het hulle hul verantwoordelikheid aanvaar om kommunikasie effektief te maak? 16 Onderwerp 1

Kwartaal 1 Weke 1 5 Konflikhanteringsvaardighede Konflikte kan om verskillende redes en met verskillende mense op verskillende tye ontstaan. Die enigste manier om dit te hanteer, is om te leer hoe om dit op die beste moontlike manier te beheer. Tipes konflik Konflik is ʼn ernstige argument of meningsverskil wat oor die algemeen nie vinnig opgelos kan Konflik ontstaan dikwels tussen mense word nie. Meeste van ons heg ʼn negatiewe wat nou saamleef. konnotasie aan konflik, maar konflik kan ook voordelig wees. Gesonde konflikte kan help om jou verhoudinge te verbeter en kan jou ook help om jouself beter te leer ken. In die volgende afdelings gaan ons kyk na intrapersoonlike konflik en interpersoonlike konflik. Intrapersoonlike konflik Intrapersoonlike konflik vind binne die persoon self plaas. Ons ervaar soms konflik binne onsself waar ons denke of gevoelens teenstrydig met mekaar is. By intrapersoonlike konflik ervaar jy ʼn geestelike dialoog wat ʼn argument tussen die twee teenstrydige idees, waardes, emosies of aksies verteenwoordig. Die meeste intrapersoonlike konflik hou verband met die keuses wat jy moet maak en daar is dikwels ook morele waardes daarby betrokke. Byvoorbeeld, jou kultuur is dalk van so ʼn aard dat daar van die meisies verwag word om ʼn laer posisie in die familie en in die samelewing te hê. Jy mag dalk nie hiermee saamstem nie, maar is nog steeds lief vir jou kultuur en jy respekteer dit nog steeds. Hierdie twee waardes mag dalk bots en dit vir jou moeilik maak om te besluit wat om te doen. Ander kere weerspieël intrapersoonlike konflikte jou interaksie met ander, byvoorbeeld, wat jy vir ʼn persoon gesê het of hoe hy of sy jou dalk sien. Jy mag dalk besef dat jy iets verkeerd of lelik vir iemand gesê het, maar te senuweeagtig of trots voel om terug te gaan en dit met hom of haar te bespreek. Interpersoonlike konflik By interpersoonlike konflik, bots jy met ander mense rondom jou. Interpersoonlike konflikte is baie algemeen tussen vriende, kollegas, broers en susters, gades, kamermaats en bure. Sommige interpersoonlike konflik kan ontwrigtend raak en normale funksionering beïnvloed. Dit is hoekom dit belangrik is om daaroor te leer en te verstaan hoe om dit te hanteer. Bronne van interpersoonlike konflik Verskille in waardes: Konflik kan ontstaan omdat ons situasies op verskillende maniere sien en verskillende waardes het. Die verskil in waardes kan voorkom as gevolg van verskille in opvoeding, kultuur en agtergrond. In Suid-Afrika het ons ʼn wye verskeidenheid van rasse, religieë, kulture en leefwyses indien dit nie reg hanteer word nie, kan hierdie verskille konflik veroorsaak. Selfontwikkeling in die samelewing 17

Misverstand: Baie konflikte is die gevolg van kommunikasieprobleme en misverstande. Byvoorbeeld, jy mag dalk iemand se kommentaar verkeerd interpreteer en aanstoot neem. Verskille in metode: Mense mag dalk verskillende menings hê oor die beste manier om iets te doen. Byvoorbeeld, twee mense werk op dieselfde projek, maar kan nie saamstem oor hoe om die projek te lei nie. Verskille in prioriteite: Mense wie se prioriteite verskil, mag dalk mekaar se punte as onbelangrik sien. Dit kan lei tot konflik. Eensydig of bevooroordeeld: Om bevooroordeeld teen ʼn groep mense te wees, kan konflik veroorsaak. Byvoorbeeld, ʼn manlike ingenieur wat glo dat vroue nie goed in Wetenskap is nie, sal dalk nie sy vroulike kollegas ernstig opneem nie en konflik kan dalk tussen hulle ontstaan. Klaswerkaktiwiteit 6 Werk in klasverband. 1 Plaas twee stoele teenoor mekaar, voor in die klaskamer. Plaas ʼn hoed of ʼn serp op een van die stoele neer. 2 Dink oor ʼn konfliksituasie wat jy onlangs ervaar het. Konflikoplossing behels dikwels dat 'n n kompromie aangegaan moet word. 3 ʼn Vrywilliger kom vorentoe. Hierdie leerder moet op een van die stoele sit en vir die denkbeeldige persoon op die ander stoel van sy or haar konflik vertel. Die leerder moet die konflik vanuit sy of haar eie standpunt verduidelik. 4 Dan moet die leerder op die ander stoel gaan sit en die hoed op sy of haar kop sit. Hy of sy moet die probleem van die ander persoon se oogpunt vertel. 5 Daarna moet die leerder die hoed afhaal en weer op die eerste stoel gaan sit. Hy of sy moet die gevoelens verduidelik wat deur die konflik veroorsaak is. 6 Keer dan die leerder terug na die ander stoel, sit weer die hoed op, en beskryf hierdie persoon se gevoelens wanneer in konflik. 7 Indien nodig, kan die leerder met die proses voortgaan vir meer beurte, totdat al die gevoelens en houdings behandel is. 8 Wanneer die vrywilliger klaar is, moet die klas deur die lys van bronne van interpersoonlike konflik werk en bespreek of elke een van toepassing op die rolspel is. Konflikhanteringstyle Mense reageer op verskillende maniere op konflik. Bestudeer die volgende style en besluit watter een jou styl is: Vermyding of ontkenning: Jy verkies om voor te gee dat niks jou pla nie en probeer om die konflik te vermy in plaas daarvan om dit aan te spreek. Jy verontagsaam jou eie bekommernisse sowel as dié van die ander persoon, deur nie die konfliksprobleem te hanteer nie. Hierdie benadering sal nie die probleem oplos nie; die spanning sal tydens interaksies teenwoordig wees en sal die verhouding beïnvloed. 18 Onderwerp 1

Kwartaal 1 Weke 1 5 Tegemoetkomend: Jy sal probeer om die ander persoon se behoeftes te bevredig, ten koste van jouself. Jy mag dalk later ʼn slagoffer en spyt voel aangesien jy die opoffering gemaak het. Mededinging: Jy streef jou eie belange na, dikwels ten koste van die ander persoon. Ooreenkoming: Jy wil tot ʼn wedersydse ooreenkoms kom sodat dit vir albei partye regverdig is. Medewerking: Jy bied aan om saam met die ander party te werk om ʼn oplossing te vind wat vir beide partye aanvaarbaar is Stappe om interpersoonlike konflik op te los Die meeste kenners stel voor dat jy hierdie stappe neem om konflik op te los: Stap 1: Luister na die ander persoon se kant van die saak totdat jy dit heeltemaal verstaan. Dit vereis dat jy empatie met die ander persoon het en dinge uit sy of haar perspektief sien (plaas jouself in hulle skoene). Stap 2: Verduidelik waaroor die meningsverskil gaan en wat die probleem is, byvoorbeeld, Ons het ʼn probleem oor... Stap 3: Hou ʼn dinkskrum en maak ʼn lys van alle moontlike oplossings sonder om dit te assesseer. Stap 4: Kies oplossings wat vir beide van julle aanvaarbaar is. Stem saam oor wie wat sal doen. Stap 5: Pas die oplossing toe en evalueer die resultate. Klaswerkaktiwiteit 7 Werk in ʼn groep. 1 Vorm groepe van ongeveer vyf leerders in elk. 2 Elke groep moet ʼn rolspel ontwikkel waar ʼn konfliksituasie opgelos word. Gebruik die konflikoplossingstrategieë wat jy in hierdie afdeling geleer het. 3 Skryf as ʼn groep ʼn verslag oor die konflik en die oplossingstrategieë wat jy gebruik het om die konflik op te los. Identifiseer ook die konflikoplossingstyl wat jy gaan gebruik. Selfontwikkeling in die samelewing 19

Om saam met verandering te groei en persoonlike leefwyseplan Wat jy reeds weet Leer uit verandering Ons gaan deur verskillende fases in die lewe: kleintyd, kinderjare, tienerjare en volwassenheid. Ons verander en ontwikkel deur elke fase waardeur ons gaan. Die meeste van ons voel onseker oor die veranderinge wat met elke fase gepaardgaan en ons mag dalk bang voel wanneer ons aan verandering blootgestel word. Verandering is egter dikwels goed vir ons en ons leer daardeur meer oor onsself en hoe om teenoor die wêreld te reageer. Toets Jouself Voel jy gemaklik met verandering? Ken jy die positiewe en negatiewe aspekte van verandering? Sal jy in staat wees om by die lewe na skool aan te pas? Het jy ʼn persoonlike leefwyseplan om lewenskwaliteit te verseker? Woordbank afsondering: isolasie artefakte: materiële voorwerpe van ʼn bepaalde kultuur bevoeg: in staat is gemaksone: ʼn toestand waarin jy gemaklik en gerus voel gemengde gevoelens: om beide goed en sleg oor iets te voel minderjarige: ʼn persoon wat jonger as 18 is, wat toestemming van voogde vir belangrike besluite benodig ooreenstem: gebeur saam oorgang: verandering van een toestand of situasie na die volgende prokreasie: om kinders te hê status quo: die situasie soos dit is uitbrei: groei groter Wat jy nog moet weet Oorgang tussen skool en post-skool bestemming Veels geluk, jy het dit gemaak! Jy in Graad 12, die laaste jaar van jou skoollewe. Jy kan baie trots wees daarop. Jy begin ʼn nuwe lewensfase wanneer jy hoërskool klaarmaak. Dit sal veranderinge en opwinding in jou lewe veroorsaak. Daar is egter baie mense in Graad 12 wat bekommerd is oor wat na skool met hulle gaan gebeur. Dit behels baie harde werk en deursettingsvermoë om die toppunt van jou skoolopleidingslewe te bereik Graad 12. 20 Onderwerp 1

Kwartaal 1 Weke 1 5 Verandering in omstandighede Wanneer jy die skool verlaat, sal jou omstandighede ook verander. Hier is sommige van die veranderings wat jy gaan ondervind: Jy is geregtig om te stem (sodra jy 18 jaar oud is). Jy kan ʼn rybewys kry. Jy kan wettig alkoholiese drankies koop en drink. Jy is nie meer ʼn minderjarige nie jy word nou as ʼn volwassene beskou. Jy kan jou eie ideologieë glo en beoefen. Daar is nie meer skoolgroepsdruk nie. Jou familie sal vir jou waarskynlik meer vryheid gee om te gaan waar jy wil. As jy na skool studeer of werk, kan hierdie veranderinge in omstandighede op jou van toepassing wees: Jy mag dalk die veilige en bekende atmosfeer van jou huis verlaat en in ʼn ander huis of in ʼn koshuis gaan bly. Jy sal ander tipes kollegas hê. Hulle mag dalk ouer as jy wees en van ander dorpe en kulture afkomstig wees. Jy sal verskillende tipes finansiële verpligtinge hê, byvoorbeeld huur, vervoer en kos. Jou sosiale omgewing sal ook anders wees as die beheerde en bekende skoolomgewing waar die meeste van jou klasmaats jou bure was. Daar kan nuwe druk op jou geplaas word, soos druk om seks te hê of te drink. Jy sal nuwe maniere moet vind om aan te trek, volgens die werksituasie of die leerinstansie wat jy gaan bywoon. Negatiewe en positiewe aspekte van verandering Verandering is ʼn onderbreking in die normale roetine en ʼn uitdaging vir die status quo. Dit beteken dat jy buite jou gemaksone na die onbekende beweeg. Hierdie oorgang sal ʼn paar uitdagings en gemengde gevoelens veroorsaak, aangesien verandering beide positiewe en negatiewe aspekte het. Negatiewe aspekte van verandering Onsekerheid Vrees in mislukking Vrees vir die onbekende Vrees in ongemak Vrees om die bekende te mis Vrees in nuwe roetines Positiewe aspekte van verandering Afwagting van nuwe geleenthede Moontlikheid van ʼn groot sukses Opwinding van nuwe horisonne Groei en volwassenheid Ontdekking van nuwe dinge Interessante aktiwiteite Negatiewe gevoelens teenoor veranderinge wys vir ons hoe ons die verandering sien en stel voor dat ons nie bevoeg voel om dit te hanteer nie. As ons hierdie aannames oor verandering maak, raak dit al hoe moeiliker om daarby aan te pas: Verandering is sleg. Ek kan nooit daarby aanpas nie. Dit is onregverdig. As ek dit ignoreer, sal dit weggaan. Ek kan sonder verandering aanhou om normaalweg te lewe. Maar, as jy sien dat verandering positiewe aspekte het, sal jy meer geneig wees om meer geredelik en met beter beheer deur verandering te gaan. In hierdie geval sal jy verandering as ʼn geleentheid sien om jou horison uit te brei en nuwe dinge te ervaar. Selfontwikkeling in die samelewing 21

Gesindhede teenoor verandering Maak seker dat jou gesindheid teenoor verandering positief is. As jy vir jouself sê, Ek kan dit hanteer, sal jy anders op uitdagings reageer as wanneer jy sê: Dit is verskriklik. Ek is besig om mal te word. Pas die volgende wenke toe: Besef dat verandering wel gebeur: moenie verandering ontken nie. Wees buigsaam: as jy buigsaam is, het ʼn beter kans om te slaag. Soek nuwe geleenthede. Wees bewus van jou omgewing: wees bewus van veranderinge in jou omgewing. Herken die fases: almal gaan nie deur dieselfde fases om by verandering aan te pas nie. Kommunikeer met ander: jy kan besonderhede oor die verandering by ander kry. Aanpassing by verandering om te groei Dit beteken jy moet jouself aanpas. Wanneer jy aanpas is jy meer ontvanklik vir ander mense se opinies en idees. Jy leer van hulle en raak meer ontvanklik vir geleenthede, beide in jou persoonlike en professionele lewe. Maar as jy nie in daartoe staat is om aan te pas nie, sal jy gespanne en onseker voel. Gebruik hierdie riglyne om verandering op ʼn konstruktiewe manier te hanteer: 1. Stop en dink sodat jy misinterpretasies kan vermy. Ontleed die nuwe situasie en kyk na die omstandighede vanuit verskillende perspektiewe. Dit sal jou help om ingeligte keuses te maak. 2. Dink langtermyn. Dink oor die gevolge van jou keuses en hoe dit jou familie en vriende en ook jou welsyn kan beïnvloed. 3. Berei jouself voor vir verandering deur voortdurend te leer. Lees baie en raadpleeg kenners. 4. Sien elke uitdaging as ʼn geleentheid om wyser te word. 5. Weet wat jou waardes is. Maak seker dat die waardes wat vir jou belangrik is, in jou optrede en besluite teenwoordig is. Klaswerkaktiwiteit 8 Werk op jou eie en dan in ʼn groep. 1 Werk alleen. Teken ʼn tabel soos die hierdie een en skryf dan in die eerste kolom ʼn lys van die aspekte van jou lewe wat sal verander nadat jy skool verlaat het. 2 Vul vir elke verwagte veranderinge jou drome en vrese in. Naskoolse lewensomstandighede My drome My vrese 3 In klein groepe van vier tot vyf lede, vergelyk jul tabelle met mekaar. Stel een omvattende lys op van alle drome en vrese vir die naskoolse lewe. 4 Bespreek hoe jy by hierdie veranderinge sal aanpas: a) Jou sosiale omgewing sal ook anders wees as die beheerde en bekende skoolomgewing waar die meeste van jou klasmaats jou bure was. b) Daar kan nuwe druk op jou geplaas word, soos druk om seks te hê of om te drink. 22 Onderwerp 1