GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Vergelijkbare documenten
GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

Hoërskool Pretoria-Noord. Wiskunde Geletterdheid GR 11. Junie Eksamen 2016 Vraestel 2

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

CAMI EDUCATION. Graad 12 Wiskunde Geletterdheid Vraestel I Rekord eksamen Punte

WES-KAAP ONDERWYS DEPARTEMENT

GRAAD 9 NOVEMBER 2016 WISKUNDE

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

GRAAD 11 NOVEMBER 2016 WISKUNDE V1

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

GRAAD 11 WISKUNDE DERDE VRAESTEL NOVEMBER 2009

GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM

HOËRSKOOL OVERKRUIN VAK: WISKUNDIGE GELETTERDHEID DATUM: 26 MEI 2015 FORMELE TOETS 2

GRAAD 12 SEPTEMBER 2012 WISKUNDE V1

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

GRAAD 9 NOVEMBER 2017 WISKUNDE

GRAAD 11 NOVEMBER 2009

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

Hoërskool Pretoria-Noord. Wiskunde Geletterdheid GR 11. Junie Eksamen 2016 Vraestel 1

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Hoërskool Strand. Wiskunde : Graad 10 Vraestel 1 November Eksaminator : Mev. P. Olivier. Moderator : Mnr. J.J. van Dyk Totaal: 100

Hoërskool Strand. Wiskunde : Graad 10 Vraestel 2 November Eksaminator : Mev. P. Olivier. Moderator : Mnr. J.J. van Dyk Totaal: 100

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN JUNIE 2018 GRAAD

SENIOR FASE GRAAD 7 NOVEMBER 2017 WISKUNDE

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 1. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

GRAAD 11 NOVEMBER 2012 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 1. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

ISEBE LEMFUNDO LEMPUMA KOLONI EASTERN CAPE EDUCATION DEPARTMENT OOS-KAAP ONDERWYSDEPARTEMENT

CAMI EDUCATION. Graad 12 Wiskunde Geletterdheid Vraestel II Rekord eksamen Punte

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDE V1

WISKUNDIGE GELETTERDHEID

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN JUNIE 2018 GRAAD 6 WISKUNDE

L7: Werkkaart 1: Bereken Omtrek en Oppervlakte van die sirkel. (praktiese oefening)

1. Hierdie vraestel bestaan uit 7 vrae. Beantwoord alle vrae. 3. n Goedgekeurde sakrekenaar mag gebruik word, tensy anders vermeld..

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING WISKUNDE JUNIE EKSAMEN 2015 GRAAD 8

VRAESTEL 1/2 GRAAD 12 JUNIE-EKSAMEN

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDE V2

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE

Hoërskool Pretoria-Noord. Wiskunde Geletterdheid GR 10. Junie Eksamen 2015 : Vraestel Beantwoord al die vrae op die foliopapier wat verskaf is.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT EKSAMEN WISKUNDE VRAESTEL 1 GRAAD 10 OKTOBER / NOVEMBER EKSAMEN

Wiskunde Gr.7 November Vraestel (0002) 120 minute MEMO 100 punte. Vraag 1: [10] Multikeuse vrae

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Hierdie toets bestaan uit 20 bladsye, die buiteblad uitgesluit.

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V1

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tyd: 3 uur. Totaal: 150

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

HOËRSKOOL ALBERTON WISKUNDIGE GELETTERDHEID

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN JUNIE 2016 GRAAD

GEVORDERDEPROGRAM-WISKUNDE: VRAESTEL I MODULE 1: CALCULUS EN ALGEBRA LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Hierdie toets bestaan uit 12 bladsye, die voorblad uitgesluit.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2011

Die toets bestaan uit 11 bladsye, die voorblad uitgesluit.

Wiskunde. Graad 12 Vraestel 2. Tydsduur: 3 uur


NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2014

HOëRSKOOL STRAND WISKUNDE NOVEMBER 2016 GRAAD 11 VRAESTEL 1

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

GRAAD 11 NOVEMBER 2014 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

Wiskunde Graad 4. November 2016

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

ALGEMENDE ONDERWYS EN OPLEIDING WISKUNDE JUNIE EKSAMEN 2015 GRAAD 9

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

LEERMATERIAAL 2016 STATISTIEK

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

ISEBE LEMFUNDO LEMPUMA KOLONI EASTERN CAPE EDUCATION DEPARTMENT OOS-KAAP ONDERWYSDEPARTEMENT

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Wiskunde Vraestel 1 Vrae Wiskunde Vraestel 1: Vrae. Kopiereg voorbehou

Hoërskool Pretoria-Noord. Wiskunde Geletterdheid GR 10. November Eksamen 2015 : Vraestel 2

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

EKURHULENI NOORD DISTRIK

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

Transcriptie:

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2 NOVEMBER 2010 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye en 6 bylaes.

Wiskundige Geletterdheid/V2 2 DBE/November 2010 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit VYF vrae. Beantwoord AL die vrae. 2. Beantwoord VRAAG 1.2.2, 2.2.1, 3.1.2(a), 3.1.3(a) en 5.3.1 op die aangehegte BYLAES. Skryf jou sentrumnommer en eksamennommer in die spasies op die BYLAES voorsien en lewer die BYLAES saam met jou ANTWOORDEBOEK in. 3. Nommer die antwoorde presies soos hulle op die vraestel genommer is. 4. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy. 5. Jy mag 'n goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) gebruik, tensy anders aangedui. 6. Toon AL die berekeninge duidelik. 7. Rond AL die finale antwoorde af tot TWEE desimale plekke, tensy anders aangedui. 8. Dui meeteenhede aan, waar van toepassing. 9. Skryf netjies en leesbaar.

Wiskundige Geletterdheid/V2 3 DBE/November 2010 VRAAG 1 1.1 Ma Ndlovu maak ronde plekmatjies en ronde tafeldoeke uit materiaal met 'n kralerandjie en verkoop dit. Die plekmatjies het 'n middellyn van 30 cm. Die radius (straal) van die tafeldoek is VIER keer die radius van 'n plekmatjie. Die volgende formule kan gebruik word: Omtrek = 2 π radius, en gebruik π = 3,14 1.1.1 (a) Bereken die omtrek van die tafeldoek. (4) (b) Sy gebruik 'n kralerandjie wat bestaan uit driehoekige segmente, soos in die diagramme hieronder getoon, om die rand van die tafeldoek te versier. Elke segment van die kralerandjie is 4,71 cm lank. 4,71 cm Ronde tafeldoek Vergroting van driehoekige segmente van kralerandjie Bereken die getal kraalsegmente wat sy vir elke tafeldoek sal benodig. (2)

Wiskundige Geletterdheid/V2 4 DBE/November 2010 1.2 Ma Ndlovu het 'n landlyntelefoon. 'n Diensverskaffer het haar 'n keuse van twee verskillende oproeppakkette aangebied. OPROEPPAKKET 1: Maandelikse huurgeld van R150 Eerste 100 minute is gratis Oproepe kos R0,50 per minuut OPROEPPAKKET 2: Maandelikse huurgeld van R300 Eerste 500 minute is gratis Oproepe kos R0,50 per minuut 1.2.1 Die totale koste vir OPROEPPAKKET 1 word deur die volgende formule gegee: Totale koste (in rand) = R150 + R0,50 (getal minute meer as 100) (a) Skryf 'n formule neer wat gebruik kan word om die totale koste (in rand) vir OPROEPPAKKET 2 te bereken. (2) (b) As OPROEPPAKKET 2 gebruik word, bepaal die totale koste, in rand, indien Ma Ndlovu en haar gesin oproepe gemaak het wat 'n totaal van 510 minute geduur het. (4) 1.2.2 Die lyngrafiek, wat die totale koste vir OPROEPPAKKET 2 illustreer, is reeds op BYLAE A geteken. Teken op dieselfde assestelsel 'n lyngrafiek om die totale koste vir OPROEPPAKKET 1 te illustreer. (5) 1.2.3 (a) Definieer wat met die konsep gelykbreekpunt bedoel word. (2) (b) Skryf die aantal minute wat per maand gebruik word asook die totale koste by die gelykbreekpunt neer. (2) 1.2.4 Ma Ndlovu wil 'n maksimum van R550 per maand op een van die oproeppakkette spandeer. Watter OPROEPPAKKET sou jy Ma Ndlovu aanbeveel om te aanvaar? Motiveer jou antwoord deur AL die berekeninge te toon. (5) [26]

Wiskundige Geletterdheid/V2 5 DBE/November 2010 VRAAG 2 Freedom Hoërskool se sokkerspan neem deel aan 'n voetbaltoernooi in imbali by die imbalisokkerstadion. 2.1 Op pad na imbali, terwyl die skoolbusbestuurder in 'n noordoostelike rigting ry, hou hy stil in Selby Msimang Road (verwys na die kaart op BYLAE B) om sy kaart vir aanwysings na die imbali-sokkerstadion te raadpleeg. Gebruik die kaart op BYLAE B om die volgende te beantwoord: 2.1.1 Gee die ruitverwysing vir die imbali-sokkerstadion. (2) 2.1.2 In watter algemene rigting is die imbali-sokkerstadion van waar die bus stilgehou het? (2) 2.1.3 (a) Beskryf die kortste moontlike roete wat die busbestuurder moet neem van die punt waar die bus stilgehou het tot by die ingang van die imbali-sokkerstadion, wat in Nkugwini Road geleë is. (4) (b) Gebruik vervolgens 'n liniaal om die benaderde afstand van hierdie kortste roete op die kaart te meet (in millimeter), en bereken dan die werklike afstand, in kilometer, deur die skaal wat gegee word, te gebruik. (4) 2.1.4 Teen 09:15, nadat die busbestuurder die kaart bestudeer het, was hy gereed om weer te begin ry. Hy het die toernooikoördineerder gekontak om haar in te lig dat hulle teen 09:20 by die stadion sou wees. As die bus teen 'n gemiddelde spoed van 40 km/h gery het, verifieer deur berekening of die busbestuurder se beraamde tyd van aankoms korrek was. Die volgende formule mag gebruik word: Gemiddelde spoed = afstand tyd (6)

Wiskundige Geletterdheid/V2 6 DBE/November 2010 2.2 By Freedom Hoërskool bestaan die basiese seunsuniform uit 'n broek en hemp met die opsie om 'n das te dra. Die broek kan óf lank óf kort wees en die hemp kan óf lang moue óf kort moue hê. Hulle word toegelaat om enige kombinasie van hierdie drie kledingstukke te dra wanneer hulle op 'n uitstappie gaan. 2.2.1 Voltooi die boomdiagram op BYLAE C om ALLE moontlike kombinasies van hierdie drie kledingstukke wat die seuns op 'n uitstappie sou kon dra, te illustreer. (7) 2.2.2 Wanneer die seuns by die skool is, mag hulle slegs EEN van die volgende kombinasies van die uniform dra: Langbroek met 'n langmouhemp en 'n das Kortbroek met 'n kortmouhemp en geen das nie Indien EEN van die seuns in die bus willekeurig gekies word, gebruik die voltooide boomdiagram op BYLAE C om die waarskynlikheid (in desimale vorm) te bepaal dat hy een van hierdie twee kombinasies sal dra. (3) [28]

Wiskundige Geletterdheid/V2 7 DBE/November 2010 VRAAG 3 3.1 Mnr. Riet is 'n sekretaris by 'n skool en verdien tans 'n bruto maandelikse salaris van R7 986,50. Die volgende bedrae word van sy bruto maandelikse salaris afgetrek: Vakbondledegeld: R35 Pensioenfonds: 7,5% van bruto salaris LBS (Belasting): (Bruto salaris R4 750) 18% Mediese Fonds: 1 3 van die totale mediesefondsledegeld verskuldig, soos in TABEL 1 hieronder getoon. Bruto Salaris Die salaris voor pensioen, belasting, mediese fonds, ens. afgetrek is. Netto Salaris Die salaris wat huis toe geneem word nadat pensioen, belasting, mediese fonds, ens. afgetrek is. TABEL 1: Mediesefonds-ledegeldkoste BRUTO LEDEGELDKOSTE MAANDELIKSE VROU/LEWENS- SALARIS HOOFLID MAAT/OUER ELKE KIND R0 R8 000 R1 152 R816 R424 R8 001 R10 500 R1 256 R900 R468 Meer as R10 500 R1 396 R992 R516 3.1.1 Mnr. Riet, sy vrou en twee kinders behoort aan 'n mediese fonds. Gebruik TABEL 1 om sy maandelikse bydrae tot die mediese fonds te bereken. (5) 3.1.2 (a) Bereken die totale aftrekkings van mnr. Riet se maandelikse salaris. Toon ALLE berekeninge op BYLAE D. (5) (b) Bereken vervolgens mnr. Riet se netto jaarlikse salaris. (3) 3.1.3 Mnr. Riet ontvang 'n salarisverhoging van 4,5%. Sy vakbondledegeld bly dieselfde. Mnr. Riet beweer dat sy salarisverhoging geen verskil aan sy netto salaris maak nie. (a) (b) Bepaal of mnr. Riet se bewering geldig is deur ALLE relevante berekeninge op BYLAE E te toon. (10) Bereken vervolgens die persentasie verandering in sy netto jaarlikse salaris. (3)

Wiskundige Geletterdheid/V2 8 DBE/November 2010 3.2 Mnr. Riet wou sy kollegas wys dat die Suid-Afrikaanse regering meer aan onderwys as aan enige ander departement spandeer. Die twee grafieke hieronder toon die begrote staatsuitgawes vir die finansiële jare 2009/2010 en 2010/2011. Die totale uitgawes waarvoor daar vir 2009/2010 begroot is, was R834,3 biljoen, en vir 2010/2011 is daar R900,9 biljoen begroot. Begrote Staatsuitgawes 2009/2010 A H 9% 15% Begrote Staatsuitgawes 2010/2011 H 15% A 10% G 4% B 22% G 4% B 17% F 14% E 17% D 10% C 9% F 15% E D 11% C 10% 1 biljoen = 1 000 miljoen SLEUTEL A: Openbare orde en veiligheid E: Onderwys B: Ekonomiese sake F: Maatskaplike beskerming C: Behuising en gemeenskapsgeriewe G: Verdediging D: Gesondheid H: Ander [Bron: www.sars.gov.za] LET WEL: Die name van die nasionale regeringsdepartemente het sedertdien verander volgens Presidensiële Minuut 690. 3.2.1 Toon dat die verskil tussen die begrote bedrae vir onderwys, vir die finansiële jare 2009/2010 en 2010/2011, meer as R20 000 000 000 is. (8) 3.2.2 Gee TWEE moontlike redes waarom jy dink dat die Suid-Afrikaanse regering sy begrote uitgawes vir onderwys moet verhoog. (4) [38]

Wiskundige Geletterdheid/V2 9 DBE/November 2010 VRAAG 4 Die tender vir die maak van reghoekige kartonhouers vir die verpakking van hoesstroopbottels is aan Triggers Ondernemings toegeken. Elke bottel word in 'n kartonhouer met 'n vierkantige basis verpak, soos hieronder getoon. Die middellyn van die basis van die bottel is 58 mm en die hoogte van die kartonhouer is 143 mm. Die lengte van die sy van die basis van die kartonhouer moet ongeveer 105% van die middellyn van die basis van die bottel wees. Die hoogte van die kartonhouer is ongeveer 102% van die hoogte van die bottel. Hoesstroop 143 mm Sylengte Die volgende formules mag gebruik word: Oppervlakte van sirkel = π (radius)², en gebruik π = 3,14 Oppervlakte van vierkant = (sylengte) 2 Oppervlakte van reghoek = lengte breedte Oppervlakte van oop kartonhouer = 4(A + D) + 2(B + C) + E (Sien ontwerp van oop kartonhouer in VRAAG 4.3) Die volgende omsettings mag nuttig wees: 1 cm² = 100 mm² 1 m² = 10 000 cm² 4.1 Bereken die hoogte van die bottel tot die naaste millimeter. (3) 4.2 Om die koste van die karton wat vir die houer benodig word tot 'n minimum te beperk, word die volgende riglyn gebruik: Die verskil tussen die oppervlaktes van die basis van die kartonhouer en die basis van die bottel moet nie meer as 11 cm 2 wees nie. Bepaal of die afmetings van hierdie kartonhouer aan die riglyn hierbo voldoen. AL die toepaslike berekeninge moet getoon word. (11)

Wiskundige Geletterdheid/V2 10 DBE/November 2010 4.3 Om te verseker dat die houer sterk genoeg is, het die karton wat vir die houer gebruik word 'n massa van 240 gram per m 2 (g/m 2 ). Die uitleg van die oop kartonhouer word hieronder getoon. C D B D E A A A A D B D D C Prentjie van oop houer Diagram van uitleg van oop houer Deel C is halfsirkelvormig. Die oppervlakte van elke deel D = 1 832 mm 2. Die oppervlakte van deel E = 2 855 mm 2. 4.3.1 Bereken die totale massa van die karton wat vir een houer benodig word, tot die naaste gram. (11) 4.3.2 Die totale koste van die hoesstroop sluit die koste van die kartonhouer in. Gebruik die volgende formule om die koste van 'n verpakte bottel hoesstroop te bereken: Totale koste = R16,00 + (massa van kartonhouer) R20,00 per kg (3) [28]

Wiskundige Geletterdheid/V2 11 DBE/November 2010 VRAAG 5 Die Verbruikersprysindeks (VPI) is die prys van 'n versameling (mandjie) goedere en dienste. Die pryse van hierdie goedere en dienste word elke maand bymekaar gemaak, en die totale koste van 'n mandjie word met die vorige maand se totale koste vergelyk. Die VPI is die amptelike maatstaf van inflasie. Inflasie word gewoonlik as 'n persentasie gegee, en is die maatstaf van hoeveel die prys van goedere en dienste oor 'n tydperk gestyg het. In 2008 het Statistiek Suid-Afrika besluit dat 'n vrugtemandjie uit piesangs, appels, lemoene en suurlemoene moet bestaan, aangesien hierdie vrugte gewoonlik heeljaar beskikbaar is. Die grafiek wat op BYLAE F getrek is, toon die maand-op-maand-veranderinge in die VPI van Januarie 2008 tot Desember 2008 as 'n persentasie uitgedruk. 5.1 Gebruik die grafiek wat op BYLAE F geteken is, om die volgende vrae te beantwoord: 5.1.1 (a) Noem die opeenvolgende maande waartussen daar geen verandering in die VPI was nie. (2) (b) (c) Gedurende watter maande was die VPI minder as dié van die vorige maand? (2) Noem die opeenvolgende maande waartussen die styging in die VPI die grootste was. (2) 5.1.2 (a) Bepaal die persentasie verandering in die VPI van April 2008 tot Mei 2008. (3) (b) Bereken vervolgens die prys van die vrugtemandjie in Mei 2008, as dit R150,00 in April 2008 gekos het. (3) 5.2 In November 2009 het Statistiek Suid-Afrika aangekondig dat die jaarlikse inflasiekoers 5,8% was. 5.2.1 Bepaal die prys van 'n fiets in November 2008 as dit R1 586,95 in November 2009 gekos het. (3) 5.2.2 Bereken die geprojekteerde koste van 'n bruinbrood in November 2014 as dit R5,45 in November 2008 gekos het. Veronderstel die jaarlikse inflasiekoers het oor die gegewe tydperk 5,8% gebly. Die formule A = P(1 + i) n mag gebruik word, waar: A P n i = geprojekteerde koste = huidige koste = aantal jaar = jaarlikse inflasiekoers (4)

Wiskundige Geletterdheid/V2 12 DBE/November 2010 5.3 Voor 2008 het 'n vrugtemandjie uit vrugte bestaan wat nie heeljaar beskikbaar was nie. Statistiek Suid-Afrika verwys na hierdie vrugtemandjie as die 'ou' vrugtemandjie. In 2008 het Statistiek Suid-Afrika rekord gehou van die maatskaplike koste van beide die 'ou' en die 'huidige' vrugtemandjie. Die grafiek op BYLAE F toon die veranderinge in die VPI vir die 'huidige' vrugtemandjie. TABEL 2 hieronder toon die maand-op-maand-veranderinge in die VPI van Januarie 2008 tot Desember 2008 vir die 'ou' vrugtemandjie. TABEL 2: Maand-op-maand-veranderinge in die VPI vir die 'ou' vrugtemandjie van Januarie 2008 tot Desember 2008 Jan. Feb. Mrt. Apr. Mei Jun. Jul. Aug. Sep. Okt. Nov. Des. Persentasie verandering 4,6 1,9 1,0 0,5 4,5 3 0,5 0,5 0,7 1,2 5,0 4,1 5.3.1 Gebruik die tabel en teken 'n benoemde grafiek, op die rooster voorsien op BYLAE F, om die maand-op-maand-veranderinge in die VPI van die 'ou' vrugtemandjie vir die gegewe tydperk voor te stel. (7) 5.3.2 (a) Beskryf duidelik enige moontlike tendens getoon deur die grafieke van die twee vrugtemandjies. (2) (b) Gee EEN moontlike rede vir die tendens wat in VRAAG 5.3.2(a) geïdentifiseer is. (2) [30] TOTAAL: 150

Wiskundige Geletterdheid/V2 DBE/November 2010 BYLAE A SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: VRAAG 1.2.2 LANDLYN-OPROEPPAKKETTE 700 600 500 OPROEPPAKKET 2 Totale koste in rand 400 300 200 100 0 0 100 200 300 400 500 600 700 800 900 1000 Getal minute per maand gebruik

Wiskundige Geletterdheid/V2 DBE/November 2010 BYLAE B: KAART VAN 'N GEDEELTE VAN IMBALI VRAAG 2.1 Skoolbus A B C N 1 Verkeersligte 2 imbali - sokkerstadion 3 4 Skaal 1 : 20 000

Wiskundige Geletterdheid/V2 DBE/November 2010 BYLAE C SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: VRAAG 2.2.1 KODES VIR DIE BOOMDIAGRAM KODE VERDUIDELIKING LB Langbroek KB Kortbroek LM Langmou KM Kortmou D Das GD Geen das BROEK HEMP DAS ALLE MOONTLIKE UITKOMSTE LB KB LM KM D LB; LM; D GD

Wiskundige Geletterdheid/V2 DBE/November 2010 BYLAE D SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: VRAAG 3.1.2(a) MAANDELIKSE AFTREKKINGS 3.1.2(a) A Vakbondledegeld R35,00 B Pensioenfonds = 7,5% van bruto salaris C LBS = (Bruto salaris R4 750) 18% D Mediesefondsbydrae E TOTAAL = A + B + C + D

Wiskundige Geletterdheid/V2 DBE/November 2010 BYLAE E SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: VRAAG 3.1.3(a) MAANDELIKSE AFTREKKINGS 3.1.3(a) A Vakbondledegeld R35,00 B Pensioenfonds = 7,5% van bruto salaris C LBS = (Bruto salaris R4 750) 18% D Mediesefondsbydrae E TOTAAL = A + B + C + D

Wiskundige Geletterdheid/V2 DBE/November 2010 BYLAE F SENTRUMNOMMER: EKSAMENNOMMER: VRAAG 5.3.1 8 MAAND-OP-MAAND-VERANDERINGE IN DIE VPI (2008) VAN 'N VRUGTEMANDJIE 6 5,8 4 3,9 4,9 Persentasie verandering in prys 2 0-2 2,5 1,8 HUIDIGE VRUGTEMANDJIE 2,3 1 0,5-4 4,1-6 Jan. Feb. Mrt. Apr. Mei Jun. Jul. Aug. Sep. Okt. Nov. Des. MAANDE [Bron: Statistiek Suid-Afrika, 2009]