Oorgehaal vir Lees. Lees bou woordeskat

Vergelijkbare documenten
KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

1 Waar ek vandaan kom

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

FAKTORE EN VEELVOUDE

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Stel jou kind belang in lees en boeke? Ja / nee

Die brief aan die Filippense

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

Briewe, posseëls en elektroniese pos

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Jesaja sien die Toekoms

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

n Tempel Leier besoek Jesus

STUDIEVELD A SPORTSTORIES LES 1

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Welkom by Die Storie God se storie

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

GRAAD PUNTE: TYD: 1 uur NAAM: VAN: *3AFHL*

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

Jakkals lê eendag heerlik en

JEUG GEBEDSAAND: Operasie Transformasie

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Goeie Konings, Slegte Konings

Lees en Leesgereedheid

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

Paulus en sy vriende vertel ander van God

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Tema 2: Water. Week Luister en praat. 2. Lees en klanke. Werkboek 1: bl Spellingboek: bl Skrifboek: bl

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Hoërskool Roodepoort Afrikaans HT Graad 8 Taak 11: Vraestel 3. TAAK 11 : Opstel en Langer transaksionele tekste

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Breedte. Oppervlak = Lengte X Breedte. Ons kan nou enige reghoek se oppervlak bereken met hierdie formule, nie waar nie?

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

God eer Josef die slaaf

Jesus lewe! Kruisiging en opstanding. Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Foto-redigering vir sun.ac.za

Debora. Wyding Sing die Temalied en doen die Stilword-ritueel soos by ontmoeting 1.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

GRAAD: 2 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

Mondelinge werk aan die begin van die dag (Daagliks)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2011

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Antonieme en sinonieme

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

2. In die pikdonker nag. Johannes 3:1-21

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Alfabetiese volgorde, lettergrepe en paragraaf skryf

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

22. Reëls vir die pad die Padmaker

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Abu Ali tel sy donkies

Jona en die Groot Vis

Dit verg net n paar minute om n groot verskil te maak!

3-6 MAANDE BABAPROGRAM

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

Om getalle voor te stel, te herken en te vergelyk *

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Geduld & Selfbeheersing

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING?

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2016 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

Skoolgereed in 10 weke: Week 1

Transcriptie:

Oorgehaal vir Lees Hoe vaar jou kind met lees? Lees is een van die eerste vaardighede wat aangeleer word; n vaardigheid wat dwarsdeur jou kind se lewe verreikende gevolge gaan hê. Eenvoudig gestel, geletterdheid is die vermoë om te lees en te skryf, en die geskrewe woord te verstaan. Volgens Susan du Plessis, Direkteur van Opvoedkundige Programme by Edublox Lees- en Leerkliniek, is daar ernstige gevolge vir n kind wat sukkel om te lees. Dis onvermydelik: n swak leser is n sukkelende leerder. Die PIRLS-studie wat in 2006 gedoen is, was daarop gemik om die leesvermoë van kinders in 40 lande te vergelyk. Lesers in Suid-Afrika het heel laaste gekom in dié opname. Slegs 13 % van ons Graad 4 lesers wat getoets was, kon die laagste aanvaarbare standaard bereik, vergeleke met 94% internasionaal. Syfers soos hierdie is rede tot kommer. Maar hoekom is lees so n belangrike vaardigheid in ons moderne eeu? Want die voordele van lees-fiksheid strek baie verder as die klaskamer. Lees bou woordeskat Lees help jou kind om nuwe woorde te leer en woordeskat te bou. Benewens dit, leer kinders ook beter taalvaardighede aan wanneer hulle lees. Dink byvoorbeeld aan sinskonstruksie en goeie grammatika, asook nuwe woorde wat nie deel uitmaak van die kind se alledaagse wêreld nie. Lees help kinders ook om agter te kom hoe stories geskryf word, en dit beteken dat hoe meer hulle lees, hoe beter skryf hulle. Baie vakke, veral op hoërskool-vlak, vereis dat kinders opstelle kan skryf. Dié wat goed skryf, kry vanselfsprekend beter punte. Lees verbeter konsentrasie en help ons om te ontspan Lees is die een tydverdryf wat altyd meer teruggee as wat mens insit: dit leer kinders beter konsentreer en hulle ontwikkel dus die vermoë om te fokus. Ons hedendaagse kinders word so oorweldig deur elektroniese toestelle se klank, lig en beweging, dat lees hulle brein eintlik n ruskansie gee. Lesers spel beter SMS-taal dra by tot n generasie wat swak spel. Lees en spel gaan hand-aan-hand, want die een ontwikkel die ander. In die hoër grade word punte afgetrek vir spelfoute, dus beteken korrekte spelling hoër punte. In die besigheidswêreld is spelfoute gewoon onprofessioneel en onthou, die speltoetsfunksie op ons rekenaars is nooit volkome korrek nie! Lees kan ook n sosiale aktiwiteit wees Vir ouers en kinderoppassers is leestyd n spesiale manier om daagliks kwaliteit samesyn met die jongspan te geniet. Boekklubs en storie-uur by biblioteke bring kinders uit alle groeperinge bymekaar.

Hulle ontwikkel luistervaardighede en hulle kry die geleentheid om te vertel wat hulle gehoor het, en om hulle eie menings met ander kinders in hul ouderdomsgroep te deel. Woorde is boustene selfs in tegnologie Baie van ons het gedink die ontstaan van die internet beteken noodwendig die uitsterwe van die geskrewe woord, maar eintlik het lees nou n nóg groter plek in ons lewe kom inneem. Woorde is boustene wat op alle vlakke van die lewe benodig word van n brief skryf aan n vriend tot die opstel van n skyfie-vertoning wat deur honderde kongresgangers verstaan moet word. Lees en skryf is onontbeerlik vir kommunikasie in ons tegnologiese eeu dink maar net aan al die e-posse wat daagliks dwarsoor die wêreld gestuur word. Digitale toestelle speel n baie belangrike rol in ons alledaagse lewe, maar ouers behoort hulle kinders aan te moedig om gedrukte boeke te lees. Digitale inligting het natuurlik voordele, onder andere dat dit ons oog-hand vaardighede opskerp, maar n boek vashou en bladsye omblaai bied belangrike stimulasie vir ons kinders se tassintuig. n Boek vashou en lees rig hulle fokus daarop om die inhoud te verstaan, eerder as om te sit en wonder watter beeld die volgende klik op die muis gaan voortbring. Lees is die sleutel tot opvoeding, opleiding en n kwaliteit lewe Terwyl lees noodsaaklik is vir leer en presteer dwarsdeur kinders se skoolloopbaan en op universiteit, sal dit ook hulle lewe buite die klaskamer verryk. Entoesiastiese lesers het gewoonlik n uitstekende algemene kennis. Lees is oefening vir die brein lees méér, en jy lees al hoe beter.

LOEBI, DIE DRAAK - DIE BEGIN Hallo! My naam is Loebi. Ek is n draak, soos jy kan sien. Mense sal dalk sê daar is nie so iets soos drake nie, maar hulle is heeltemal verkeerd. Hier is ek dan! Wys vir hulle hierdie foto van my as hulle jou glo nie. My ouma Heidels het die foto geneem. Ons almal bly op die Drakeplaneet in Drakeland. Niemand sal weet dis daar nie, want hulle glo nie aan drake nie. Ek en my familie bly in Drakedorp, in hierdie huis. Ek het n kruisie gemaak dat jy my kan sien, waar ek by die venster uitloer. Ek is baie klein op die foto. As ek nie n kruisie gemaak het nie, sal jy nie eens geweet het dis ek nie.

Jy sou dalk gedink het dis n kolletjie, maar dis nie n kolletjie nie, dis ek, Loebi, die draak. As jy met n vergrootglas na die kolletjie kyk, sal jy dalk kan sien dis ek. As n mens of n draak van vêr af na iets kyk, dan lyk dit klein, al is die nie regtig klein nie. Daar is baie drake, net soos daar baie mense is. Eens op n tyd, lank, lank gelede, het drake nog nie huise of strate of dorpe gehad nie. My oupa Loebibus het toe n masjien gebou. Ons noem dit die Loebibus-kyker. n Draak kan baie vêr sien as hy deur die Loebibus-kyker kyk. Ons kyk na die aarde deur die Loebibus-kyker. Ons dink die aarde is n baie vreemde plek. Almal wil elke dag deur die Loebibus-kyker kyk. Dit staan bo-op die Drakensbult. Partykeer staan daar lang toue drake, want almal wil sien wat op die aarde aangaan.

Almal ken oupa Loebibus. Hy is n baie beroemde draak. Hier langsaan is n foto van oupa Loebibus. Ek is nog net n klein drakie. Niemand weet van my nie. Maar jy weet nou van my! My naam is Loebi en ek is n draak. Ek was nie altyd daar nie. n Paar draakjare gelede was ek in n eier! Ek het nie geweet dis n eier nie. Ek het niks geweet nie. Al wat ek geweet het, is dat ek in n donker plek was, want ek kon niks sien nie. Ek het my voorpote al in die rondte geswaai. Ek het met my agterpote vasgeskop teen iets en heen en weer gewip. Ek het dit nie toe geweet nie, maar die iets waarteen ek geskop het, was die kante van die eier! Ek het my stert heen en weer geflap, so vinnig as wat ek kon.

Ek het so te kere gegaan in die eier, dat daar skielik n klein bietjie lig was! Ek het my oë n paar keer vinnig geknip, want ek het mos nog nie geweet wat lig is nie. En toe ek weer kyk is alles helder lig. Ek het my oë styf toegeknyp, want die lig het my oë seergemaak. En toe hoor ek almal saam sê: Daar is net een! Ek het nie geweet hoekom hulle dit gesê het nie. Nou weet ek. Daar is gewoonlik twee drake in n draakeier. Maar ek was alleen. Niemand weet hoekom nie. Net ek, Loebi, was in daardie eier. Maar toe het ek nog nie geweet dis n eier nie. Hy lyk nes oupa Loebibus! het iemand gesê. Wie is oupa Loebibus? vra ek. Ek het mos nog nie geweet wie oupa Loebibus is nie. Hoor net watse oulike geluidjies maak hy, sê iemand. Ek maak nie geluidjies nie. Ek vra wie is oupa Loebibus, sê ek vies. Ek probeer my oë oopkry, maar die lig maak my oë seer. Hy is nogal oulik, sê iemand.

Ek begin nou kwaad word. Hoekom antwoord niemand my nie? Hy is seker honger sê iemand. Ja, ek is honger en wie is oupa Loebibus? skreeu ek. Ek wil nie soos iemand lyk nie. Ek wil soos ek lyk! Hy kan verskriklik hard skreeu, sê iemand. Waar is sy bottel? skreeu iemand anders. Toe kry ek uiteindelik my oë behoorlik oop en ek kyk rondom my. Ek sien net gesigte wat vir my kyk. Wie is julle? Waar is my bottel? En wie is oupa Loebibus? skreeu ek en spring op en af. Hardloop! skreeu een van die goeters wat vir my kyk. Gaan kry gou n bottel melk. Die melkboom daar voor in die tuin het nog baie melk.

Maak gou! skreeu ek en spring nog meer op en af. Dit is die storie van hoe ek uit my eier gekom het. Die goeters wat vir my gekyk het, was toe Pappa en Mamma en my twee sussies: Sussie- La en Sussie-Ba. Hier is n foto van hoe hulle vir my gelyk het toe ek uit die eier gekom het. Ek sal volgende keer nog vertel.