INLIGTING AANGAANDE STUDIEHULP LET WEL: Hierdie dokument vorm deel van die amptelike dokumentasie tov die aansoek om en toekenning van lenings en moet as sodanig beskou en gelees word. 1. Lenings is slegs beskikbaar aan studente wat: in Wes-, Oos-, Noord- en Suid-Kaap en KwaZulu-Natal gematrikuleer het; voltyds by n instansie studeer wat by die Suid-Afrikaanse Kwalifikasie-owerheid geakkrediteer is; aan die keuringsvereistes van die Direksie voldoen, o.a. akademiese prestasies en sekuriteit. 2. Lenings is bedoel vir klasgeld, losies en boeke en sal nie noodwendig voldoende wees om die totale studiekoste te dek nie. Aansoekers moet dus deeglik begroot tov bydraes vir studie uit eie bronne. 3. Leninguitbetalings word by vier geleenthede slegs na ontvangs van 'n opvraging gemaak: (LET WEL: Opvragingstrokies moet deur die student self geteken word, OF die student moet skriftelike volmag aan die borg gee om opvragings te teken. Die volmag moet deur die student sowel as die borg onderteken word.) (LET WEL: LAAT VYF WERKSDAE VIR UITBETALINGS TOE NA ONTVANGS VAN DIE OPVRAGING.) EERSTE BETALING: Registrasiegeld en deposito aan die instansie ná ontvangs van die Desemberuitslae. TWEEDE BETALING: Die restant van 50% van die leningsbedrag vir die jaar aan die student/ouer ná ontvangs van bewys van registrasie. DERDE BETALING: Die eerste bedrag soos deur die instansie vereis aan die instansie ná ontvangs van instansie-rekening. VIERDE UITBETALING: Die restant van die totale leningsbedrag aan die student/ouer ná ontvangs van die Junie-uitslae. Die student is dan self vir betaling van die finale instansierekening verantwoordelik. 4. Studente moet gedurende hulle studiejare aan die einde van elke semester n amptelike studieverslag indien, ongeag of verdere fondse onttrek (gaan) word. 5. Indien 'n student, sonder dat 'n aanneemlike rede daarvoor verskaf word, nie sy eksamens slaag nie, of nie die voorwaardes van die lening nakom nie, kan sy/haar lening opgeroep en moet die skuld terugbetaal word op n wyse soos deur die bepaal sal word. 6. Die rentekoers op lenings tydens studie is tans gelykstaande aan 75% van die ABSA Groep Bpk. se basisverbandkoers op woonhuise soos op 1 Januarie van elke jaar, afgerond tot die volgende 0,5%. 7. Terwyl die student studeer, moet slegs die rente wat op die leningsbedrag gehef word, maandeliks per debietorder in gelyke paaiemente betaal word, soos deur die bepaal word. 8. Wanneer die student sy/haar studie voltooi, word die rente verskuldig, bereken op die totale uitstaande balans teen 90% van die ABSA Groep Bpk. se basisverbandkoers op woonhuise soos op 1 Januarie van elke jaar, afgerond tot die volgende 0,5%. 9. Na afloop van studie, word lenings in gelyke maandelikse paaiemente gedelg, soos deur Helpmekaar bepaal, oor n termyn nie langer as dubbel die leningstermyn nie, of soos deur die Helpmekaar bepaal. 10. Lenings moet deur ( n) borgskap(pe) gedek word asook addisionele sekuriteit. Kyk "OPSIES VIR SEKURITEIT" hieronder. LET WEL: Indien die student om die een of ander rede nie sy/haar lening volgens ooreenkoms na afloop van studie kan begin terug betaal nie, sal die borg daarvoor moet instaan.
11. Alle lenings word outomaties deur n groepversekeringskema gedek. Die uitstaande balans van die lening en gevolglik ook die borgverpligting word gedek in geval van dood of ongeskiktheid van die lener. Wanneer die leningskuld vereffen is, verval die versekering outomaties. Die lener se rekening word maandeliks met die bedrag van die premie gedebiteer. BAIE BELANGRIK: OPSIES VIR SEKURITEIT: Om die afhandeling van die aansoek te bespoedig moet die aansoeker reeds in die aansoek aandui watter een van die onderstaande opsies hy/sy gaan uitoefen. Merk dus asseblief die blokkie by die opsie wat u gaan gebruik hieronder en stuur/faks hierdie bladsy saam met u aansoek. Die sessie van polisse / beleggings Dit is die maklikste opsie. Hierdie proses het geen koste-implikasies nie en raak net ter sprake as iemand (die borg of die student uiteindelik) nie betaal nie. Indien hierdie opsie oorweeg word, moet die bewys van die afkoop- of kontantwaardes van polisse (nie die fondswaardes nie) en/of die waardes van die beleggings by die aansoek aangeheg word (kyk punt 3 en 4 op p. 5 van die aansoekvorm). 'n Tweede borg Hierdie opsie is dikwels teen beginsels of is nie bekombaar/beskikbaar nie. Indien dit wel oorweeg word, moet die eerste (ouer) sowel as die tweede borg 'n aansoekvorm voltooi en aan ons stuur: Die tweede borg voltooi Afdeling A, net die naam en van van die student, Afdeling B en dan vanaf Afdeling D en verder volledig. LET WEL: Dieselfde vereistes ten opsigte van sekuriteit soos hierbo en hieronder gestel, kan ook van n tweede borg vereis word. Die registrasie van n borgverband op eiendom Indien nie een van die bostaande opsies beskikbaar is / uitgeoefen kan of wil word nie, is hierdie die laaste opsie en ongelukkig die een waaraan koste verbonde is. Vir die registrasie van die borgverband kan u van u eie of van ons regsadviseurs gebruik gemaak indien so verkies. Die koste van die registrasie van die borgverband sowel as die kansellasie daarvan (uiteindelik) is vir die rekening van die borg. Let Wel: n Lening sal eers finaal goedgekeur word sodra enige van die bostaande vorm van sekuriteit verskaf is (indien vereis). Meer inligting oor enige van die bostaande kan van ons kantoor bekom word. Telefoon: 021 930 8155 / 930 3195 Epos: info@helpmekaarfonds.org Webblad: www.helpmekaarfonds.org Die se fondse is oor die jare met groot toewyding opgebou. Daar is geen aandeelhouers of persone met privaatbelange nie. Die enigste mense wat voordeel trek uit die fonds, is studente en van hulle word verwag om hulle verpligtinge getrou na te kom sodat diegene wat ná hulle kom, ook uit hierdie bron gehelp kan word. 30/06/2011
AANSOEKVORM: STUDIELENING (SLEGS PER HAND OF PER POS NIE PER FAKS NIE) Sluitingsdatum: 30 September 2011 AFDELING A: PERSOONLIKE INLIGTING VAN AANSOEKER (STUDENT) Vul asseblief alle velde in waar van toepassing Volle naam Van ID-nommer Bankbesonderhede Bank Soort rekening Rekeningnommer E-posadres Selfoonnommer AFDELING B: GESINSBESONDERHEDE Voorletters Van Beroep Bruto inkomste p.m. Vader R, Moeder R, Huwelikstatus van broodwinner Ongetroud Getroud Wewenaar/Weduwee * Indien getroud, vul verder asseblief alle gade-informasie op die vorm in. Geskei Is daar enige spesiale omstandighede (finansieel of andersins) wat u graag onder ons aandag wil bring? (Hierdie inligting sal as streng vertroulik hanteer word.)
AFDELING C: STUDIE-INLIGTING 2. Skool bygewoon Wanneer gematrikuleer? Reeds in n beroep gee besonderhede Hoogste kwalifikasie sover behaal Waar gaan u studeer? (instansie) Studentenommer Beoogde kursus? (naam) Beoogde kursus (meld hoofvakke) Lengte van kursus Reeds voltooi (jare) Watter beroep het u in gedagte? Totale bedrag waarvoor aansoek gedoen word R, (hele kursus) AFDELING D: BORGBESONDERHEDE EN VERKLARING Volle naam Geboortedatum ID-nommer Getroud binne of buite gemeenskap van goedere Enkelouer Huisadres Poskode Posadres Poskode
3. Telefoonnommer by huis (kode) 000 0000 Selfoonnommer Werksadres Poskode Telefoonnommer by werk (kode) 000 0000 E-posadres Werkgewer Beroep Huidige betrekking sedert (Maand/Jaar) Verwantskap aan lener BESONDERHEDE VAN GADE Nie van toepassing nie (indien ongetroud of enkelouer) Volle naam Geboortedatum ID-nommer Selfoonnommer Werksadres Poskode Telefoonnommer by werk (kode) 000 0000 E-posadres Werkgewer
STAAT VAN INKOMSTE EN UITGAWES 4. Maandelikse inkomste Salaris - self Motortoelaag Behuisingsubsidie Mediese Fondssubsidie Gemiddelde kommissie Rente-/dividende-opbrengs uit beleggings Annuïteite Huurinkomste Salaris - gade Ander inkomste van gade (soos hierbo gevra tov self gee slegs totaal) Enige ander inkomste nie hierbo gevra (spesifiseer) Bedrag (R) TOTALE INKOMSTE Maandelikse uitgawes Belasting - LBS/SIBW Pensioen Werkloosheidsversekering Mediese fonds (bydrae uit eie sak) Huur/Verband Paaiemente vir huurkoopooreenkomste (voertuie, meubels) Persoonlike lenings/kredietkaart Korttermynversekering Lewensversekering Munisipale rekening (water, elektrisiteit, belasting ingesluit) Telefoon tuis en selfoon Klere Opvoeding (skoolgeld, tersiêre inrigting(s) se koste, ens. Uit eie sak) Kruideniersware Dokter/Apteek (uit eie sak) Huishulp/Tuinier Vervoer (brandstof, bus-/treingeld, parkering, ens.) Vermaak Huurgeld vir TV/M-Net Ander (spesifiseer bv. Onderhoud indien geskei) Ander (spesifiseer) Bedrag (R) TOTALE UITGAWES SURPLUS/TEKORT (maandelikse inkomste minus maandelikse uitgawes)
BATES ( van borg én gade indien van toepassing) 5. 1. VASTE EIENDOM (a) Stad-/dorpseiendomme Erfnommer Stad/Dorp Koopprys (R) Datum aangekoop Huidige waarde (R) (b) Plaas-/ploteiendomme Plaasnaam Distrik Hektaar Koopprys (R) Huidige waarde (R) 2. GENOTEERDE AANDELE Huidige waarde (R) 3. BELEGGINGS (Bewys van instansie tov waarde(s) van belegging(s) MOET aangeheg word) FINANSIËLE INSTANSIE Huidige waarde (R) 4. VERSEKERINGSPOLISSE (Bewys van instansie tov afkoopwaarde(s) MOET aangeheg word) Versekerde bedrag Versekeringsmy. Aan wie gesedeer Afkoopwaarde (R) 5. ANDER BATES Huidige waarde (R) TOTALE BATES
LASTE 6. Laste van Borg Beskrywing Oortrokke rekening Kredietkaart Persoonlike lening Voertuigfinansiering Huisverband - meld instansie Ander (spesifiseer) Uitstaande balans (R) TOTAAL Laste van Gade Beskrywing Oortrokke rekening Kredietkaart Persoonlike lening Voertuigfinansiering Huisverband - meld instansie Ander (spesifiseer) Uitstaande balans (R) TOTAAL TOTALE LASTE (BORG EN GADE) AFDELING E: VEREISTE DOKUMENTASIE L.W. SONDER DIE ONDERSTAANDE DOKUMENTE SAL U AANSOEK NIE OORWEEG WORD NIE. Merk die blokkie by elke dokument wat u by die aansoekvorm aanheg of merk die blokkie by "" soos van toepassing. Fotostaat van die ID van: Die student Die borg Sy/haar gade Die jongste eksamenuitslae van: Leerder se Graad 12-uitslae van Junie-eksamen Student se Junie-uitslae van die instansie waar hy studeer
Die jongste belastingaanslag waarop die belasbare inkomste aangedui word, van: Die borg Sy/haar gade 7. Indien werkloos, n beëdigde verklaring waarin die volgende verklaar word: Onderhoud Rente-inkomste Beleggingsinkomste Skenkings WVF-toelaag Ander Pensioenuitbetalingstrokies Ek neem kennis van die dokumentasie wat benodig word en sal dit saam met die aansoek pos aan: Posbus 1223 Parow 7499 AFDELING F: DIE NASIONALE KREDIETWET, NR 39 VAN 2005, VERWYS: Die Nasionale Kredietwet, nr 39 van 2005, vereis dat die volgende inligting verskaf word: 1. Is u al voorheen deur n hofbevel as sielkundig onbevoeg verklaar? JA NEE 2. Is u tans onder administratiewe bestuur geplaas? JA NEE Indien u op enige van die vrae hierbo Ja geantwoord het, kwalifiseer u, in terme van die Kredietwet, nr 39 van 2005, ongelukkig nie vir n lening nie. AFDELING G: VERKLARING DEUR AANSOEKER 1. Ek/ons bevestig dat die inligting wat ek/ons verskaf het, die grondslag vorm waarop my/ons aansoek oorweeg sal word en dat alle sodanige inligting van wesenlike belang is en regstreeks betrekking het op die oorweging van my/ons aansoek. 2. Ek/ons waarborg dat al die inligting wat ek/ons verskaf het, na my/ons beste wete in elke opsig waar en korrek is en ek/ons nie bewus is van enige ander inligting wat, indien die (hierna genoem "die Fonds") daarvan te wete sou kom, die oorweging van my/ons aansoek enigsins sal beïnvloed nie. 3. Ek/ons stem in dat die Fonds navrae mag doen om enige inligting te bevestig wat ek/ons verskaf en dat die Fonds enige inligting van enige kredietburo kan bekom wanneer my/ons aansoek beoordeel word of te eniger tyd tydens die bestaan van ons rekening. Handtekening van Aansoeker (Student) Handtekening van Borg Handtekening van Gade Datum