11. godsdienstige gelooj. Dit is geloof van die onderskeie godsdienste (Festschrift, pag. 161). * * * Ons meen dat dit nie bevorderlik vir die Gerefor



Vergelijkbare documenten
God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Deur Christus Alleen

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Jesaja sien die Toekoms

Preektema: Die doop is n genadedaad van God aan sondaarmense.

Efesiërs 2: Agtergrond. Oor die stad Efese:

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Geloofsvrae: Ongeloof en Ongehoorsaamheid

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

n Tempel Leier besoek Jesus

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

Deur Christus Alleen

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Van Vervolger tot Prediker

2. Die skepping van die mens

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Die Groot Gebod dennis de wet

Paulus kritiseer sy tyd se manier

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

'n Man gestuur deur God

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nabetragting)

TEKS: 1 Korintiërs 8:4-6 HK 34:94-95

n Dubbele kruis-belydenis

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Deur Christus Alleen

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Deur die eeue heen het hierdie vraag mense besig gehou. Met hierdie vraag kom ons by dit wat die kern en die hartklop van ons Christelike geloof is.

Goeie Konings, Slegte Konings

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Van Vervolger tot Prediker

Deur Christus Alleen

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Welkom by Die Storie God se storie

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

God, die Almagtige, en die geboorte en lewe van die kerk

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

Die Kerk se Geboorte

En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval, en hy kon onmiddellik weer sien; en hy het opgestaan en is gedoop.

Geroep vir Gemeenskap

DIE BRIEF AAN FILEMON

Jona en die Groot Vis

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Preek oor: Wat doen die Heilige Gees? Die Heilige Gees laat die wedergeboorte plaasvind

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

Preek, Ds Freddie Schoeman. Sondag 27 Februarie 2011

Daar is vandag n tendens onder baie Christene om die Joodse Feeste en die sabbat te hou. Daar is Joodse gemeentes in Christus wat nie Christene

God red mense wat glo deur die krag van die evangelie

Tema: Leef jou geloof uit in n persoonlike verhouding met God.

Die Groot Geloofswoordeboek: Liefde

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Transcriptie:

DISKUSSIE n Algemene geloof? In die feesbundel wat verskyn het by die sestigste verjaarsdag van prof. De Vleeschauwer (Universiteit van Suid-Afrika) vind ons ook n artikel van prof. Stoker Een en ander oor menslike vryheid. Dit is nie ons bedoeling om hierdie artikel te bespreek nie; ons ag ons ook nie hiertoe bevoeg nie. Maar ons wil wel n enkele opmerking maak oor wat ons lees insake gelooj. Sien ons goed, dan onderskei prof. Stoker tussen drie soorte geloof: I. Geloof in mime sin. Hierdie soort geloof kom voor in die horisontale vlak. Van die kant van die mens gesien begin kennis (i.e. wetenskap) met geloof (in ruime sin), d.w.s. met vertrou, oorgawe en gehoorsaamheid aan behorenseise (Festschrift De Vleeschauer, pag. 153). II. Geloof in enger sin. Hierdie soort geloof is vertikaal gerig en kan onderskei word in : a. religieusc geloof. Dit is n oorgawe aan die geopenbaarde absolute en algenoegsame Grond van alle dinge (daargelate nog wat onder hierdie Grond of Archê verstaan mag word) (a.w., pag. 160). KOERS

11. godsdienstige gelooj. Dit is geloof van die onderskeie godsdienste (Festschrift, pag. 161). * * * Ons meen dat dit nie bevorderlik vir die Gereformeerde denke is indien hierdie onderskeidings ingevoer word nie. Die verstaan van wat die Skrif met GELOOF bedoel word hierdeur bemoeilik, ja die antitese tussen ongeloof en geloof loop gevaar om te verdwyn, omdat n algemene geloof ingevoer word. n Enkele nadere verduideliking kan miskien ons besware helderder laat uitkom. Die eerste vraag wat ons moet beantwoord is: ken die Skrif so n onderskeiding tussen geloof in enger en ruimer sin? Wat van ons belydenis? Is daar in Skrif en belydenis aanduidings te vind wat die onderskeiding tussen n religieuse geloof wat blykbaar nog nie n uitgewerkte belydenis ken nie én n godsdienstige geloof wat horn blykbaar fundeer op n duidelike belydenis? Ons wil begin deur n uitspraak van F. J. Pop aan te haal (Bijbelse woorden en hun geheim II, pag. 169): Geloven is in het O.T. geloven in Jehovah, op zijn woorden en daden vertrouwen, het aan Hern overlaten. Het valt daarbij op, dat dit geloven betrekking heeft op wat Jehovah spreekt en doet in de situatie, waarin men verkeert. Geloven is niet een vaag religieus besef, maar richt zich op concrete woorden en daden : het nageslacht en het geschenk van het land Kanaán (Gen. 15 : I v.v.); de uittocht uit Egypte (Ex. 4 : 5, 8); de terugkeer uit de ballingschap (Jes. 40 : 27 v.v.). Het is daarom nauw verwant en dikwijls synoniem met hopen of verwachten. Wie geloven, verwachten dat Jehovah doen zal wat Hij beloofd heeft. Ons onderstreep die sin: geloven is niet een vaag religieus besef. Dit is tewens merkwaardig dat Pop konstateer dat die O.T. die woord geloof nooit gebruik ten aansien van die verhouding van die mens tot die afgode nie. Die Ou Testament ken nie die geloof in enger en ruimer sin nie. Ook nie die ongedifferensieerde geloofin-enger-sin én die gedifferensieerde geloof-in-enger-sin nie. Nee, dit begin by Abram wat in die HERE glo. Nie met n algemene geloof wat elke heiden het, n pistiese funksie of hoe n mens dit wil noem nie. Abram het geglo in die konkrete beloftes van die Here. Schilder ek hoop dat hierdie naam nie as n voëlverskrikker sal werk nie! het in sy Catechismusverklaring II in hierdie verband verwys na Habakuk 2 : 4: Die regverdige sal deur sy geloof lewe. Maar die regverdige staan hier teenoor die opgeblase mens, die deserteur, wat sal verkwyn. Dit is nie tweërlei geloof nie. Maar dit is GELOOF teenoor ONGELOOF. Hier kan n mens nie praat van n religieuse geloof, wat miskien by die regverdige én die opgeblase mens kan wees nie. GELOOF is in die Skrif die Abrahamietiese geloof, wat nie net in n Oergrond of n Opperwese glo nie, maar wat die vaste beloftes van God aanvaar. En in die Nuwe Testament is dit nie anders nie. Geloof is nie maar n oorgawe aan die o.a. in die natuur geopenbaarde absolute en algenoegsame Grond van alle dinge nie, maar GELOOF IN DIE EVANGELIE VAN JESUS CHRISTUS! KOERS 327

Die N.T. ken nie n vaë religieuse geloof nie. Geloof is altyd die geloof in n konkrete definieerbare belydenis. Daar is plekke in Handelinge, waar geioof die betekenis het van geloofsinhoud (6:7; 13 : 8 ; 14 : 22; 24 : 24). n Mens kan nie die geloof losmaak van die openbaring van Jesus Christus nie. Duidelik kom dit uit in die evangelie volgens Johannes: 8 : 24: As julle nie glo dat EK IS nie, sal julle in jul sondes sterwe. Hierdie uitspraak is gerig teen die Jode en veral die Fariseërs. Het daardie mense nie geglo in n algenoegsame Grond van alle dinge nie? Natuurlik. Maar tog het hulle die Vader nie geken nie (8 : 55). Want hulle het die openbaring van Christus verwerp (8 : 42, 43). Daarom was hulle kinders van die duiwel (8 : 44). Kan ons nou sê dat hulle nog n soort gelooj gehad het, n religieuse geloof? Die bybel praat baie duidelik: Omdat Ek die waarheid spreek, glo julle My nie... Die wat uit God is, luister na die woorde van God. Daarom luister julle nie, omdat julle nie uit God is nie (8 : 45, 47). 14 : 1 : Glo in God, glo ook in My. 12 : 44: En Jesus het uitgeroep en gesê: Wie in My glo, glo nie in My nie, maar in Horn wat My gestuur het. Hieruit sien ons, dat die geloof in die Grond van alle dinge nie losgemaak kan word as religieuse geloof van die geloof in die enigste Verlosser Jesus Christus nie. Niemand kom tot die Vader dan deur My nie. Bavinck het sestig jaar gelede geskrywe: Het evangelie is daarom alleen zuivere, betroubare openbaring van God, omdat Christus, die het verkondigde en op aarde bracht, de Logos is, in wien de Vader Zijn gansche wezen en deugden en volmaaktheden uitgesproken heeft. Maar daaruit vloeit ook terstond voort, dat het geloof aan het evangelie geen grond heeft, wanneer het nie samengaat met en vrucht is van het geloof in den persoon van Christus. Een zoogenaamd historisch geloof is eigenlijk den naam van geloof niet waard. Het evangelie werkelijk geloven en als Goddelijke waarheid aannemen, kan alleen, wie de Zoon vertrouwt, wie Jezus erkent als den Christus, als den Gezondene van den Vader, als den weg, de waarheid en het leven. Ons meen dat hierdie woorde baie toepaslik is op ons onderwerp. En ook, dat Bavinck hier volgens die Skrifte spreek. Die woord geloof moet gereserveer bly vir die geloof in die evangelie van Christus. Die pistis, die geloof is volgens die N.T. die geloof in die kêrugma, die verkondiging van die heil. Die heidene en die Jode wat n Grond van alle dinge wil erken, maar Christus nie wil aanvaar nie, leef in die ongeloof. Hier blyk die volharding en die geloof van die heiliges. Daarom het ons dierbare belydenis ook só van die geloof gespreek. Ek dink aan Sondag sewe : n Ware geloof is nie alleen n gewisse kennis waardeur ek alles vir waaragtig hou wat God aan ons in sy Woord geopenbaar het nie, maar ook n vaste vertroue wat die Heilige Gees deur die Evangelie in my hart werk. Dit is duidelike taal: geloof is geloof in die evangelie en gewerk deur die evangelie! Sien ook antw. 65 van die Kategismus. In dieselfde sin spreek ook die Belydenis en 328 KOERS

die Leerreëls van Dordrecht oor die geloof. D.L.R. I, 3: die geloof in Christus, die gekruisigde; III/IV, 6 : Dit is die Evangelie van die Messias waardeur dit God behaag het om die gelowige mense in die Ou sowel as in die Nuwe Testament salig te maak. Nadruklik keer die verwerping van die dwalinge horn teen hulle, wat beweer dat die onwedergebore mens nie heeltemal dood is nie en nog kan honger of dors na die geregtigheid. Want: Julie was dood deur die misdade en die sondes (Ef. 2 : 1, 5). En : A1 die versinsels wat hy bedink in sy hart is altyddeur net sleg (Gen. 6 : 5; 8 : 21). Juis teenoor die remonstrante was dit nodig om radikaal die skeiding te trek : geloof of ongeloof. Trigland het gesê dat die klein vonkies van die natuurlike Godskennis nie aangeblaas mag word tot n groot vuur nie. * * * Dit kan duidelik wees, dat ons om hierdie redes die terminologie van prof. Stoker, wat hom in sekere sin aansluit by die Wysbegeerte van die Wetsidee, verwerp. Nou kan daar gevra word : maar mag die filosoof nie eie terme gebruik nie? Is dit nie waardevol, dat daar n pistiese funksie in elke mens aangewys word en dat benadruk word dat die geloof n linkse en n regse rigting kan hê nie? Ons wil in die eerste plek stel, dat n filosoof gebind is aan sy belydenis. Solank hy amen sê op die belydenis van sy kerk is hy ook gebind aan die terminologie van sy belydenis. Gaan hy die terme wat die belydenis besig n andere inhoud gee, dan ontstaan daar misverstand. En in hierdie geval is daar nie net misverstand wat ontstaan, omdat geloof in verskillende betekenisse van enger en ruimer sin gebruik word nie. Nee, ons sien hier die gevaar van die ondermyning van die skriftuurlike belydenis. Want geloof word deur prof. Stoker nie gebruik in die radikale sin van geloof-in-die-evangelie nie. Nee, hy Iaat ook n religieuse geloof toe wat n Archê of Grond aanvaar daargelate nog wat onder hierdie grond verstaan mag word. En hierteen wil ons nadruklik beswaar maak. Want geloof volgens die Skrifte is nooit aanvaarding van n deel van die waarheid, ajgesien van die interpretasie daarvan nie. Die geloof is nooit n lee dop wat nog gevul moet word nie. Die geloof is altyd VOL van die waarheid. Daar is nie n verbindingslyn tussen die heidene en die Christene, sodat albei die religieuse geloof het nie; dit gaan om die positiewe aanvaarding van die Woord of die ongehoorsame verwerping daarvan. Dit insake die religieuse geloof (Ha). Gevolglik het ons ook besware teen die spreek van geloof in ruime sin (I) en die skakeling daarvan aan die geloof in enger sin (II a en b). Deur sulke onderskeidings te maak word die term geloof afgevlak. Dit is hier dieselfde as by die onderskeiding tussen algemene en besondere genade. As ek praat van besondere genade dan bedoel ek die skuldvergewende genade in Christus. Met algemene genade word in elk geval nie skuldvergewende genade bedoel nie. Soos daardie terme eintlik die humanisme n toegangspoort gee, so sal die spreek van geloof in ruimer sin, optredend in die horisontale vlak, as n daad van alle mense en geskakel aan die vertikale geloof, lei tot verswakking van KOERS 329

die konfessionele inhoud. Dit hevorder die gedagte: alle mense glo. Dit bevorder die ekumeniese instelling. Ons is dan maar net n verbesondering van die algemene geloof, wat by elke mens in die horisontale en vertikale vlak optree. En nog een keer: ons veg nie teen windmeulens nie, maar dit gaan om die reservering van die woordeboek van die verbondsverkeer vir hulle, wat na die Vader luister.*) Geloof is nie n algemeen menslike eienskap nie. Geloof is amen-sê, nie op die Koran of die Bybel nie, maar net op die Woorde van die Vader, wat ons in die Bybel geopenbaar is. Geloof is om te vertrou; nie op die een of ander religieuse waarheid nie, maar op die enigste waarheid van die Woord. Geloof is om as soldaat te stry in n leër; maar nie in n willekeurige kommando nie, maar in die leër van ons enigste Koning. Geloof is nie n natuurlike funksie wat aan die menslike natuur eie is nie, maar die JA-sê van die kind tot die Vader. God is die groot Roeper, so stel prof. Stoker dit telkens; en tereg. En hy benadruk: die mens is die antwoorder. Ons stem saam. Maar... dit is nie reg om ELKE antwoord, wat enige mens maar gee, gelooj te noem, soos prof. Stoker doen nie (sien Festschrift en Koers, Jan./Feb. 1960). Geloof is nie antwoord op al wat ons leer ken nie, en ook nie die aangryp van die hart deur n openbaring van die ware of vermeende Archê nie (Koers, Jan./Feb. 1960), pag. 190, ]95). Wanantwoord op die Stem van die Roeper mag nooit geloof genoem word nie. Dit gaan in teen die Skrif en die belydenis. Die Calvinistiese filosofie kan alleen maar daarby wen, indien dit in hierdie eeu van verfynde humanisme die taal van die Woord en die belydenis handhaaf. Pretoria. C. van der Waal. 33Q * Dit mag ons vergun word om enkele sitate te gee van wat Schilder in sy magistrate Catechismus-Verklaring oor hierdie saak skryf: En zoo is het volkomen in den aan Habakuk ontleenden antithese-stijl, als dan daarna de auteur van Hebr. 10 : 39 zegt: maar WIJ zijn geen hypostolê-, doch WIJ zijn pistis-menschen; W IJ hebben beloftenvan-leven, liggen niet onder vonnis-van-dood. Is het niet volkomen in den stijl van den Hebreërbrief (let op hldst. 12 b.v., maar tenslotte op heel den brief), dat de auteur zegt: wij, Joden, zijn allemaal van één bloed; net zooals het in Habakuks dagen was. Maar sedert God in Zijn Zoon gesproken heeft, sedert het Pinksterfeest, is er in de bloed- en rasgemeenschap een scherpe tegenstelling gekomen: front vormt zich tegen front. De een is pistis-mensch, de jood, die christen werd; de ander onttrekt zich aan ons, want hij noemt ons een verradersfront, en zie, het is toch het oude, en men kan dáór op zijn Archeeg bouwen (II, bis. 420). Waar komt men uit, als een ander, die óók calvinistisch wijsgeer (gezegend zijn pogen) wezen wil, eens gaat spreken van een agapische functie (liefde), een foederale functie, een eperotomatische (om orakels vragende), een enteuctische (ontmoeting en verkeer zoekende) functie, een sanctificatiefunctie, telkens weer rechts en links gerlcht? Is links gerichte liefde nog liefde? (II, bis. 452). AIs men zich van God afkeert, wordt niet vertrouwen íifgekeerd, doch ópgezegd; KOERS

en slechts de hoogmoed noemt de habitus van wie zich aan de zbnde gewend heeft vargoelijkend tdch nog..vertrouwen. Wij moesten gelooven we, den duivel maar niet toestaan, met onze goedbedoelde filosofemen zich, formeel althans" (je hóórt Mefisto het zeggen!) te bedienen van het woordenboek van ons verbondverkeer met Vader (II, bis. 454). Hierdie laaste opmerking kry vir Suid- Afrika betekenis, as ons dink aan die Universal Truth Movement, wat die Islam introduseer deur dit as n belangrike geloof en as n bondgenoot teen die Kommunisme aan te beveel. Die ekumeniese beweging gebruik trouens ook n dergelike terminologie. Daarin word uitgegaan van n algemene geloof, wat hom differensieer; oor n ware en valse kerk kan dan nie meer gespreek word nie. Volgens ons mening bied die terminologie van prof. Stoker baie min wapens teen die valse eenheidsbewegings van ons eeu. Dit lyk ons verder aanbevelenswaardig, dat die opmerkings van prof. Schilder in hierdie land nadere aandag ontvang. KOERS 331