Paulus en sy vriende vertel ander van God

Vergelijkbare documenten
Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Die brief aan die Filippense

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Jesaja sien die Toekoms

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Welkom by Die Storie God se storie

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

Die Groot Muur van Nehemia

Jesus is ons Koning Die einde van Jesus se aardse lewe

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.)

reageer.) Kinders kry tyd om oor die verhaal te dink:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Toe God alles gemaak het

toe hy gesê het: Iemand roep in die woestyn: Maak die pad vir die Here gereed, maak die paaie vir Hom reguit.

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Van Vervolger tot Prediker

Ontmoeting 16. Welkom. Wyding. Woord. (Klein stukkies sjokolade kan dan aan elke kind uitgedeel word.)

n Tempel Leier besoek Jesus

Debora. Wyding Sing die Temalied en doen die Stilword-ritueel soos by ontmoeting 1.

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Toe God alles gemaak het

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Jesus lewe! Kruisiging en opstanding. Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

6 Strukture. Vrae. 1. Noem drie belangrike dinge wat strukture vir ons kan doen. 2. Watter twee soorte strukture kry ons?

Die Kerk se Geboorte

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

'n Man gestuur deur God

Pragtige Koningin Ester

Jakkals lê eendag heerlik en

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

Van Vervolger tot Prediker

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Jona en die Groot Vis

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat.

die kinders om te sien. Luister na al die raaiskote.) Jy kan vir hulle leidrade gee soos: Ek is n insek; ek hou van appels; jy kant van die letter.

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Goeie Konings, Slegte Konings

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Verduidelik nou vir die kinders die insamelingsmetodes wat vir jul gemeente / skool sal werk.

1 Waar ek vandaan kom

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

sodat jy n gestuurde van die Here kan

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

God eer Josef die slaaf

God sorg vir ons. Israel spandeer 40 jaar in die woestyn. Ontmoeting 18

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand

Hoe lyk jou binnekant?

Ontmoeting 13. Wyding. Woord. Welkom

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Geduld & Selfbeheersing

Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Stel jou kind belang in lees en boeke? Ja / nee

Jona en die Groot Vis

KWARTAAL OORSIG. Kleuter & Peuter reeks

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

In God se plan, was dit die tyd vir Saulus om die evangelie te verkondig en nuwe kerke in en om die Romeinse Ryk te bou.

Week 6. Dag 1. Aktiwiteit 1: Luister en praat. Aktiwiteit 2: Klanke. Leermateriaal

Onderwyser lees die vergrote leesstuk Ben en Vis voor terwyl die leerlinge volg en met aandag luister.

Briewe van Johannes. Ontmoeting 22

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

Griekeland). Ek is n besigheidsvrou. Ek maak, koop en verkoop duur purper / pers materiaal, soos julle sien. Wyding

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26

Baie welkom by vanoggend se erediens

by die werk Mm, ek moet hierdie nuwe assistent n bietjie beter leer ken.

Petrus en die Krag van Gebed

Week 5. Dag 1. Aktiwiteit 1: Luister en praat. Aktiwiteit 2: Klanke. Leermateriaal

Antonieme en sinonieme

Transcriptie:

Ontmoeting 20 Paulus en sy vriende vertel ander van God In hierdie deel van Paulus se verhaal sien ons weereens hoe God vir ons sorg. Hy het vir Paulus vriende gegee om hom te help met sy taak om die boodskap van Jesus uit te dra. In Handelinge 18:9 sê God vir Paulus: Moenie bang wees nie, hou aan preek en moenie begin stilbly nie, want Ek is by jou. Niemand sal n hand op jou lê of iets sleg aan jou doen nie, want in hierdie stad behoort baie mense aan My. Teks: Handelinge 18:1-18 Hulpmiddels: Een van die volgende: Ongedrukte koerantpapier/ butcher paper Maskeerband Bordkryt Prente vir storie Tent Flitsligte Lakens vir tentbou Aktiwiteitsblad Skoon papier vir tekeninge Inkleurkryte Welkom Maak n slak-vorm spiraal op een van 3 maniere (maak genoeg sodat die kinders in groepe van 5 n spiraal kan gebruik.) Teken groot slakvormige spirale op ongedrukte koerantpapier ( butcher paper ) en plak dit op die vloer vas of teken dit met bordkryt op teer of sement (dit was maklik af met water) of plak spirale met maskeerband op n mat. Verdeel elke spiraal in 12 spasies en merk die middelpunt van die spiraal met Rus. Deel die kinders in groepe van 5. Maak seker dat daar een spiraal vir elke groep is. Die eerste kind in die groep hop op een voet deur die spiraal in elke spasie sonder om aan die lyne te raak of albei voete neer te sit. Wanneer hulle by die Rus kom, kan hulle met albei voete land. Nou kan hulle omdraai en weer uitspring. Indien hulle dit regkry, mag hulle in enige van die spasies iets goed en wonderlik van God neerskryf. Hou so aan tot elke kind n beurt gehad het. (Indien die kleiner kinders dit nie regkry nie, kan hulle versigtig deur die spiraal loop.) Gee aan hulle die geleentheid om te vertel wat hulle oor God se goedheid geskryf het. Wyding Temalied: I have decided Stilword-ritueel: Laat die kinders hul ogies toemaak en tjoepstil bly. Sê vir hulle in n rustige stem die volgende: Dink bietjie oor die volgende vrae sonder om hardop te antwoord: Toe jy vanoggend wakker geword het, was dit vir jou lekker of sleg in julle huis? Toe jy uit die huis uitgegaan het, was die mense op julle pad vriendelik of onbeskof? Toe jy by jou skool aangekom het, was jou maatjies vriendelik met jou of het hulle jou sleg laat voel? Was die dag in die skool vir jou lekker of minder lekker? Sê in jou hartjie vir die Here dankie dat Hy nog die hele dag by jou was. Sê Amen na 30 sekondes van stilte.

Woord Verlede keer het ons gehoor wat Paulus alles vir die geleerde mense in Atene vertel het. Daarna het hy na Korinte vertrek. (Skuif die sandaaltjie op die kaart.) Vandag gaan ons sien wat in Korinte met hom gebeur het. Hy het nog steeds daarna uitgesien dat Silas en Timoteus by hom moet aansluit. (Indien die groep klein genoeg is, kan jy n tent binne die lokaal opslaan en die storie van Paulus vertel terwyl julle binne-in die tent sit. Gee vir een of twee kinders flitsligte om op die prente te skyn terwyl jy die storie vertel.) Vra eers vir die kinders watter werk hulle graag sal wil doen wanneer hulle groot is. Paulus het n baie interessante werk gehad; hy het tente gemaak. In Korinte het Paulus n man en sy vrou ontmoet wat kort tevore daarheen getrek het. Hulle name was Akwila en Priscilla en hulle het van Italië af gekom. (Wys prent 1.) Hulle het ook tente gemaak. Hoekom dink julle kon Paulus n lewe maak van tente maak? Dit was nie tente vir vakansie en kamp soos ons dit ken nie, maar dit was baie mense se huise. Hulle het groot stukke lap aanmekaar gewerk en tente daarvan gemaak om in te woon. In vandag se terme sou hulle bouers gewees het. Akwila en Priscilla was baie bly om vir Paulus te ontmoet en het hom genooi om by hulle te kom bly en saam met hulle te werk. Kyk net hoe wonderlik is God: Hy gee vir Akwila en Priscilla n vriend en vir Paulus gee hy vriende, n plek om te bly en n werk. (Wys prent 2.) Terwyl Paulus by hulle gebly het, het hy hulle geleer hoe om ander mense van God te vertel. Paulus se ander twee vriende, Silas en Timoteus, het uiteindelik in Korinte aangekom om hom te help om mense van God te vertel. Teen die tyd dat hulle daar aangekom het, het Paulus genoeg geld gehad en hy kon ophou werk en die hele tyd net preek. Paulus het al sy aandag daaraan bestee om die Jode te oortuig dat Jesus die Messias is. (Wys prent 3.) Die Jode wou steeds nie na hom luister nie en het hom gespot en beledig. Hy het die stof van sy klere afgeskud as teken dat hy klaar is met die Jode. Hy het gesê: Ek is onskuldig. Julle wil nie hoor nie; van nou af is dit julle eie verantwoordelikheid. Paulus het daarna by Titius Justus, wat n nie-jood was, gaan bly. Titius Justus het reg langs die sinagoge gebly. Krispus, die hoof van die sinagoge, en sy hele gesin het tot geloof in die Here gekom. Ook baie ander mense van Korinte het gelowiges geword en is gedoop. (Wys prent 4.) Paulus het daarna sy tweede reis klaargemaak en teruggegaan na Jerusalem en daarna na Antiogië toe. Volgende keer gaan ons saam met Paulus op sy derde reis vertrek. Kinders kry tyd om oor die verhaal te dink: 1. Ek wonder wat was vir jou mooi in die verhaal. 2. Ek wonder waar jy jouself in hierdie storie sou sien. 3. Ek wonder hoe jy sou voel as mense jou nie wil glo nie. 4. Ek wonder hoe kan n mens ander help wie se enigste werk dit is om ander van God te vertel. Werskaf Werkblad met vrae en prentjies - Bible fun for kids (Akwila en Priscilla) Deel aan die kinders lakens uit en laat hulle tente bou met tafels en stoele en gee geleentheid dat hulle daarin kan speel. Teken n manier hoe jy vir ander mense van God kan vertel. Bestel n gratis boekie vir elke kind deur CLF Literature: Ek was skaam en bang om oor Jesus te praat. (021 873 6964 / www.clf.co.za) Sluit af met die seënbede: Mag jy verder hierdie week die Here se liefde beleef en dit vir ander gaan vertel. Amen.

1 2

3 4

Akwila en Priscilla Omkring die regte anwoord(e) by elke vraag: 1. Hoe het Paulus gevoel oor die dinge wat die mense van Korinte gedoen het? 2. Watter werk het Akwila en Priscilla gedoen? 3. Watter werk het Paulus gedoen terwyl hy by Akwila en Priscilla gebly het? 4. Het almal vir wie Paulus van Jesus vertel het in Hom geglo? 5. Wat het Jesus een nag vir Paulus in n droom gesê? Moenie bang wees nie. Hou aan met preek. Ek is by jou.