ARBEIDSREG ABR214 LESINGS (LEERUITKOMSTE) 3/29/2012

Vergelijkbare documenten
ARBEIDSREG ARR214. Tema 5 Organiseringsregte, Kollektiewe Arbeidsreg & Kollektiewe Bedinging

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

ARBEIDSREG ABR214. T:

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

ARBEIDSREG ABR214. T:

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

DIE BURGEMEESTER, RAADSLID T VAN ESSEN, SE VOORLEGGING VAN DIE TWEEDE HERSIENING VAN DIE

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

WYSIGINGSWETSONTWERP OP REGISTRASIE VAN AKTES

ARBEIDSREG ABR214. T:

Afdeling A: Ekonomiese stelsels

Sentraalbeplande stelsel

PROFESSIONELE LEERDERSKAPPE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

Les 14: Entrepreneurskap

ARBEIDSREG ABR214. T:

Ontleding van die toepassing van die 75 beginsels van korporatiewe bestuurstoesig soos aanbeveel in die King III-verslag

INLIGTINGVERSKAFFINGS- HANDLEIDING

Prysvorming deur vraag en aanbod

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

Nuusbrief Okt 2005: Voortgesette Professionele Opleiding Deel 3

HOËRSKOOL ALBERTON BESIGHEIDSTUDIES : GRAAD 12

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

EKONOMIE EKSAMEN INLIGTING GRAAD 11 NOVEMBER EKSAMEN. VRAESTEL 1: 14 JUNIE: 1e SESSIE. VRAESTEL 2: 18 JUNIE: 1e SESSIE

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

Reglement vir die akademiese gehalteversekering van kortkursusse

HOOFSTUK 5 SAMEVATTING, GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS

Handleiding 2. Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 GKSA

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

Menslike Hulpbronne Mentorskapprogram vir US personeel

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

MUNISIPALITEIT TARIEF BELEID /

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

HOOFSTUK 9 Regspleging

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

3 Maart 2004 BESTUURSTAKE VAN VRYWILLIGERS AS LEDE VAN AFRIKAANSE CHRISTELIKE VROUE VERENIGING BESTURE

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

KONSTITUSIE VAN ARSO

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN HOËRSKOOL OUTENIQUA Opgedateer 19 Mei 2015

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

ARBEIDSREG ABR214. T:

SKEDULE 1 Eed/Plegtige verklaring van Regters SKEDULE 2 Eed/Plegtige verklaring van Ministers en Adjunk-Ministers

DIE ROL VAN LANDBOU IN DIE EKONOMIE DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

Egskeidingskontrolelys vir Lede

OOS-KAAP PROVINSIE ONDERWYS DEPARTEMENT

Afdeling A Vraag 1: Pas Kolom A by Kolom B en skryf slegs die korrekte letter neer.

DEPARTEMENT VAN ONDERWYS. Goewermentskennisgewing R Oktober 2006

WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE

EKURHULENI NOORD. DISTRIk 14 NOVEMBER Graad 8 Memorandum

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

Algemene Bevoegdheidsraad: Handleiding vir gebruik in die Kerk vir die bestuur van predikante sake 2013

AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS

VOORSTEL VIR LIDMAATSKAP VAN DIE S.A. AKADEMIE

ENKEL E BELANGRIKE REGTE VAN WERKNEM ERS. 1. Die werknemer se reg op vryheid van assosiasie.

HANDLEIDING INSAKE WET OP BEVORDERING VAN TOEGANG TOT INLIGTING INGEVOLGE ARTIKEL 14 LANDBOUSEKTOR VIR ONDERWYS- EN OPLEIDINGSOWERHEID (AGRISETA)

Inleiding Tot Die Jagluiperd

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID / (HERSIEN EN GEWYSIG)

4 Analisering en interpretering van die terugvoer uit die empiriese ondersoek

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

GRAAD 9 NOVEMBER 2012 EKONOMIESE- EN BESTUURSWETENSKAPPE MEMORANDUM

FASILITEITSBESTUUR SE PLANON-STELSEL

Dit begin alles hier. Teologie

Hoe om n goeie Projek Konsep te Ontwikkel. oefeninge

GRAAD 11 NOVEMBER 2012 GESKIEDENIS V1

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2010 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 GESKIEDENIS V1

AFLEGGING VAN WERKER (DIENSBEëINDIGING) EN UITBETAAL VAN VERLOF

1 Julie 2014 MBA BOLAND NUUSBRIEF: JULIE 2014

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

Transcriptie:

ARBEIDSREG ABR214 Lesings 16-17 Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling 97 van 1998 Hoofstuk 8 in Du Plessis & Fouche Praktiese Gids tot die Arbeidsreg LexisNexis Butterworths: Durban. LESINGS 16-17 (LEERUITKOMSTE) Bespreek die oogmerke van die Wet. Wat is die hoofdoelstellings van die Wet op Ontwikkeling van Vaardighede? Bespreek die verskillende strukture en die funksies daarvan, soos voorsiening voor gemaak in die Wet, byvoorbeeld: o Die Nasionale Vaardigheidsowerheid o Sektor Onderwys en Opleidingsowerhede o Departement van Arbeid o Provinsiale kantore o Arbeidsentrums o Ambagsontwikkeling o Vaardigheidsontwikkelingsinstitute o Kwaliteitsraad vir Ambagte en Beroepe o Produktiwiteit Suid-Afrika Verduidelik die verskillende wyses waarop onderwys en opleiding plaasvind: o Leerderskappe o Vaardigheidsprogramme Verskaf kortliks ʼn aanduiding van die finansiële bepalings ten opsigte van die implementering van die programme ingevolge die Wet waarvoor daar in die Wet op Bydraes vir Vaardigheidsontwikkeling voorsiening gemaak word. Bespreek die betaling van toekennings. 1

LESINGS 16 & 17 (INLEIDING) ʼn Arbeidsmag wat oor vaardighede beskik is ʼn belangrike vereiste vir die groei van ons ekonomie. Daarom het opleiding al hoe belangriker geword. Lae werkloosheidsyfer kan bereik word deur: o Skepping van werksgeleenthede o Ontwikkeling van geskoolde arbeidsmag o Plasing van werknemers in geskikte posisies Die Wet op Vaardigheidsontwikkeling bevorder ʼn vaardigheidsontwikkelingstrategie wat buigbaar, toeganklik, uitkomsgebaseerd, gedesentraliseerd en gebaseer is op ʼn vennootskap tussen die publieke en private sektore. Dit voorsien ook vir die totstandkoming van liggame soos arbeidsentrums asook vir leerlingskappe en vaardigheidsprogramme. Verskeie maatreëls en wetgewing is sedert 1922 toegepas om te verseker dat sekere kategorieë werknemers voldoende teoretiese en praktiese opleiding ondergaan. Nuutste wysiging was op 6 April 2009 met die SDAA 37/2008. LESINGS 16 & 17 (VAARDIGHEIDSONTWIKKELINGSTRATEGIE I) Vorm deel van SA se doelwitte om armoede te verminder, indiensneming te verhoog, internasionale kompetisie te verbeter, misdaad te verminder en ekonomiese groei te verbeter. Behoefte aan: o Praktiese vaardighede Vermoë om aantal take uit te voer. o Grondliggende vaardighede Begrip van wat jy doen en hoekom jy dit doen. o Reflektiewe vaardighede Integrering van prestasies ten einde uit foute te leer. Visie van die Vaardigheidsontwikkeling Strategie is ʼn geïntegreerde vaardigheidsontwikkelingsisteem wat ekonomiese- en indiensnemingsgroei en sosiale ontwikkeling sal bevorder deur op onderwys en opleiding te fokus. Die kern-strategie is die skepping van ʼn omgewing wat voorsiening kan maak vir uitgebreide strategiese belegging in vaardigheidsontwikkeling. Klem is op nuwe vaardighede en bevoegdhede wat produktiwiteit en kompetisie sal ondersteun en vooruitsigte vir indiensneming sal verbeter. Klem is op nuwe vaardighede en vermoë om produktiwiteit en kompetering te ondersteun en om vooruitsigte van indiensneming te verbeter. 2

LESINGS 16 & 17 (VAARDIGHEIDSONTWIKKELINGSTRATEGIE II) Doelwitte van die nuwe Vaardigheidsontwikkeling Strategie kan as volg opgesom word: o T.o.v. die land as ʼn geheel Fasilitering van ʼn algemene toename in die vaardigheidsprofiel van die bevolking; Verhoging van die kwaliteit en kwantiteit van intermediêre vaardighede; Fasilitering van toegepaste bekwaamheidsvlakke en verbetering van sosiale en infra-strukturele lewering; Verhoging van die kwaliteit, relevansie en koste-effektiwiteit van vaardigheidsontwikkeling. o T.o.v. die industrie Fasilitering van meer gestruktureerde en geteikende vaardigheidsontwikkeling; Verhoging van toegang tot onderwys en opleiding; Verhoging van die intermediêre vaardigheidsvlak in ondernemings. o T.o.v. teikengroepe Ondersteuning van groepe om gewone diens te betree of om mikrovlak inkomste-genererende aktiwiteite vol te hou; Ondersteuning van die daarstelling van lewensvatbare klein en mikro-ondernemings; Verhoging van toegang tot intree-vlak onderwys en opleiding. LESINGS 16 & 17 (STRATEGIE IN KONTEKS VAN WETGEWING) Die WAV was die eerste van vier beleidsinisiatiewe deur die Ministerie van Arbeid. Die WAV dui aan dat bedingings- en statutêre rade opleiding- en onderwysskemas moet bevorder en daarstel. Moet ook met werkplekforum konsulteer oor opvoeding en opleiding. Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes en die Wet op Gelyke Indiensneming bevat ook beginsels wat direk in lyn is met die vaardigheidsontwikkeling strategie. Die Wet of Suid-Afrikaanse Kwalifikasie Owerheid reguleer kwaliteit en toegang tot onderrig. 3

LESINGS 16 & 17 (DOELSTELLINGS VAN WET) Die hoofdoelstellings van die Wet is om n institusionele raamwerk daar te stel ten einde strategieë, wat vaardighede sal ontwikkel, te implementeer. Werkplek moet n aktiewe leeromgewing wees. Sekondêre doelwitte is: Die ontwikkeling van vaardighede van die SA arbeidsmag: o om die lewenskwaliteit van werknemers, hul vooruitsigte op werk en die mobiliteit van arbeid te verbeter. o om produktiwiteit en mededinging tussen werknemers te verhoog. o om eie indiensneming te bevorder. o om die lewering van sosiale dienste te verbeter. Om belegging in onderwys en opleiding in die arbeidsmark te verhoog. Om werkgewers aan te moedig om: o die werksplek as aktiewe leeromgewing te gebruik. o aan werknemers die geleentheid te bied om nuwe vaardighede te ontwikkel. o aan nuwe werknemers die geleentheid te bied om ervaring op te doen. o persone wat dit moeilik vind om werk te kry, in diens te neem. Om werknemers aan te moedig om deel te neem aan opleidingsprogramme. Om moontlikhede vir indiensneming van voorheen benadeelde persone te verbeter. Om kwaliteit opvoeding en opleiding in en vir die werksplek te verseker. Om werksoekers by te staan om werk te kry, om werknemers wat oorbodig verklaar is vir die arbeidsmark by te staan om die arbeidsmark weer te betree en om werkgewers by te staan om opgeleide werknemers te vind. Om dienste m.b.t. indiensneming te voorsien en te reguleer. LESINGS 16 & 17 (STRUKTURE VAN ONDERWYS EN OPLEIDING) Komponente van sisteem moet aan mekaar en aan die strategie verbind kan word. NVO (Nasionale Vaardigheidsowerheid) en DvA (Departement van Arbeid) staan Minister by om die strategie te ontwikkel. NVO werk saam KRAB (Kwaliteitsraad vir Ambagte en Beroepe) en SETA (Sektorale Onderwys en Opleidingsowerhede); SETA implementeer strategie deur vaardigheidsprogramme, leerprogramme en leerderskapsooreenkomste te registreer. DvA word deur provinsiale kantore van DvA en arbeidsentrums bygestaan. Ander liggame soos geakkrediteerde toetssentrums, vaardigheidsontwikkelings Institutte, provinsiale vaardigheidsontwikkelingsforums, nasionale ambagsontwikkeling modereringsliggaam en PSA (Produktiwiteit SA) speel ook n rol. 4

LESINGS 16 & 17 (NASIONALE VAARDIGHEIDSOWERHEID) Die NVO is ingestel om die strategiese fokus van vaardigheidsontwikkeling en koördinasie te bevorder. Die NVO vervang die vorige Nasionale Opleidingsraad, en beskik oor ʼn sterker adviserende bevoegdheid (wat die industrie, die gemeenskapsverteenwoordigers en ander regeringsinstansies ʼn baie sterker stem gee). Die NVO is saamgestel uit ʼn stemgeregtigde voorsitter, ʼn nie-stemgeregtigde uitvoerende beampte en 24 stemgeregtigde 6 nie-stemgeregtigde lede. Word deur die Minister en die Direkteur-Generaal aangestel en verteenwoordig georganiseerde besigheid, georganiseerde arbeid, die Staat, gemeenskapsontwikkelingsorganisasies, verskaffers van opleiding ens. Vyf adjunk-voorsitters word ook aangestel. Die funksies van die NVO is as volg: o Adviseer die Minister aangaande nasionale vaardigheidsontwikkeling beleid, nasionale vaardigheidsontwikkeling strategie, subsidies en ander regulasies. o Skakel met SETAs. o Doen verslag aan Minister aangaande implementering van die nasionale strategie. o Stel ondersoek in na enige aangeleentheid wat uit die toepassing van die Wet voortvloei. o Oefen die bevoegdhede uit en kom die verpligtinge na wat die Wet voorskryf. LESINGS 16 & 17 (SETA I) Minister kan ʼn SETA aanstel vir enige nasionale ekonomiese sektor. Wanneer ʼn spesifieke sektor bepaal word, moet die volgende in ag geneem word: o Onderwys en opleidingsbehoeftes van werkgewers en werknemers wat dieselfde materiaal, prosesse of tegnologie gebruik en wat dieselfde produkte vervaardig en dieselfde dienste lewer. o Moontlikheid van ʼn loopbaan in die sektor. o Omvang van enige nasionale strategie vir ekonomiese groei en ontwikkeling. o Organisatoriese strukture van vakbonde ens. o Ooreenstemming van sektore tussen sleutelrolspelers. o Finansiële en organisatoriese vermoë. Die Minister moet die daarstelling van ʼn SETA goedkeur wat die vakbonde, werkgewersorganisasies en staatsdepartemente in die sektor spesifiseer, asook die aantal lede van SETA, die verkiesing van amptenare, die daarstelling en funksionering en komitees, gedragskode vir die SETA, aanstelling van die uitvoerende beampte en ander personeel en die geskilbeslegting rakende die interpretasie/toepassing van die grondwet. Werkgewers en werknemers in die sektor moet gelyke verteenwoordiging geniet op die SETA. Staatsdepartemente, professionele liggame en bedingingsrade moet ook verteenwoordig word. Kamers mag ook ingestel word. Elke kamer moet gelyke verteenwoordiging van werkgewers en werknemers hê, moet die funksies verrig en is geregtig op die aandeel uit die heffings soos deur die Minister bepaal. 5

LESINGS 16 & 17 (SETA II) Die funksies van ʼn SETA is as volg: Om ʼn plan vir ontwikkeling van vaardighede in ʼn sektor te ontwikkel. Om die plan te implementeer. Om leerlingskappe in te stel en te bevorder en om ooreenkomste vir leerlingskappe te registreer. Om werksplek-vaardigheidsplanne en jaarlikse opleidingsverslae goed te keur. Om aansoek te doen vir akkreditasie as ʼn liggaam om onderwys en opleidingstandaarde en kwalifikasies te monitor. Om heffings in te vorder en te verdeel. Om te skakel met die NVO t.a.v. nasionale beleid en strategie, sowel as n plan vir die sektor. Om verslag te doen aan die Direkteur-Generaal oor inkomste en uitgawe en implementering van die plan vir die sektor. Om met provinsiale kantore en arbeidsentrums van DvA en enige ander opvoedingsliggame te skakel ten einde inligting m.b.t. plasingsgeleenthede te bevorder. Om met provinsiale vaardigheidsontwikkelingsforums te skakel rakende voorgeskrewe sake. Om die nodige personeel aan te stel. Om enige funksies, soos gedelegeer deur die KRAB, uit te voer. LESINGS 16 & 17 (LEERDERSKAPPE) Word deur ʼn SETA ingestel indien so ʼn leerderskap verband hou met ʼn beroep en indien dit bestaan uit ʼn gestruktureerde opleidingskomponent en praktiese werkservaring en tot n SAQA-kwalifikasie sal lei. ʼn Leerderskapsooreenkoms word aangegaan tussen 3 partye (leerder, werkgewer en ʼn geakkrediteerde opleidingsverskaffer). In terme van so ʼn ooreenkoms: o Moet die werkgewer die leerder vir ʼn bepaalde tydperk in diens neem, hom van gespesifiseerde praktiese werkservaring voorsien en toelaat om gespesifiseerde onderrig en opleiding by te woon. o Moet die leerder vir die werkgewer werk en gespesifiseerde onderrig en opleiding bywoon. o Moet die opleidingsverskaffer voorgeskrewe opleiding en onderwys en nodige ondersteuning aan die leerder verskaf. Alle leerderskapsooreenkomste moet by die relevante SETA geregistreer wees. ʼn Leerderskapsooreenkoms kan beëindig word alvorens die tydperk verstryk indien die leerder sy leerderskap suksesvol voltooi het, indien SETA die beëindiging goedkeur of indien die leerder billik ontslaan word vanweë onbekwaamheid. Dit is moontlik om die werkgewer of die opleidingsverskaffer te vervang indien die leerder toestem. Enige dispuut wat uit leerderskapsooreenkomste ontstaan, moet ingevolge die geskilbeslegtingsprosedures in art 133 van die Wet op Arbeidsverhoudinge opgelos word. Die werkgewer en leerder moet ʼn dienskontrak sluit indien die leerder nie in diens was toe die leerkontrak gesluit is nie. 6

LESINGS 16 & 17 (VAARDIGHEIDSPROGRAMME) ʼn Vaardigheidsprogram is ʼn program wat beroepsgebaseerd is en, wanneer dit voltooi is, ʼn krediet sal dra t.o.v. ʼn kwalifikasie wat geregistreer is i.t.v. die Nasionale Kwalifikasies Raamwerk. Enige persoon wat ʼn vaardigheidsprogram ontwikkel het, kan by ʼn SETA aansoek doen vir ʼn toekenning of by die Direkteur-Generaal vir ʼn subsidie. Die program mag gefinansier word indien dit aan die voorgeskrewe vereistes voldoen en ooreenkomstig die plan van die sektor en die nasionale strategie ontwikkel is. Die program sal deurentyd deur ʼn SETA of die Direkteur-Generaal gemonitor word, en fonds kan teruggevorder of weerhou word indien dit nie vir die doeleindes waarvoor dit beskikbaar gestel is, aangewend word nie. LESINGS 16 & 17 (DEPARTEMENT VAN ARBEID) Funksies van VOBE is deur provinsiale kantore en arbeidsentrums van DvA oorgenem. Moet arbeidsmark tendense navors en analiseer ten einde vaardigheidsontwikkeling vir SA as n geheel, elke sektor van die ekonomie en Staatsorgane te bepaal. Moet die Minister en NVO bystaan in die formulering van die nasionale strategie en planne vir sektore. Moet die Minister, NVO, SETAs, opleidings en vaardigheidsontwikkelingsvoorsieners, vaardigheidsontwikkelingsforums, KRAB en Staatsorgane t.o.v. vaardigheidstendense en toekomstige vaardigheidsbehoeftes adviseer. 7

LESINGS 16 & 17 (PROVINSIALE KANTORE EN ARBEIDSENTRUMS) Funksies van provinsiale kantore t.o.v. indiensnemingsdienste sluit die volgende in: o Beplan, koordineer, ondersteun, monitor en doen verslag oor aktiwiteite by arbeidsentrums. o Daarstelling van n vaardigheidsontwikkelingsforum. o Onderhoud van databasis van vaardigheidsontwikkelingsvoorsieners. o Uitvoering van enige ander funksie soos gedelegeer. Funksies van arbeidsentrums t.o.v. indiensnemingsdienste sluit die volgende in: o Voorsien inligting aan werkers, werkgewers en vaardigheidsontwikkelingsvoorsieners en werklose mense. o Registreer werksoekers. o Registreer plasingsgeleenthede. o Staan werkers by om in te skakel by leerprogramme, om werk te kry, om inkomstegenererende projekte te begin en om in plasingsprogramme deel te neem. o Ontwikkel planne om dienste na plattelandse gemeenskappe uit te brei. o Uitvoering van enige ander gedelegeerde funksie. LESINGS 16 & 17 (AMBAGSONTWIKKELING) Ambag: Persoon gesertifiseer as bevoeg om n gelyste ambag uit te voer. Verwys na art 26A-26D van die Wysigingswet. Voorsiening word gemaak vir: o Nasionale ambagsmodereringsliggaam Monitor prestasie van geakkrediteerde ambag-toetssentrums, onderhou databasis van geregistreerde ambagsassessore ens. o Lys van ambagte Enige beroep waarvoor n ambagskwalifikasie nodig is, kan in die Staatskoerant gelys word. o Nasionale register van ambagsmanne DG moet n register hou van mense met n ambagskwalifikasie en wie ambag in praktyk beoefen. o Ambagstoetse Geen ambagskwalifikasie kan verkry word sonder die aflegging van sodanige toets nie. 8

LESINGS 16 & 17 (VAARDIGHEIDSONTWIKKELINGSINSTITUTE) Hooffunksies sluit in adviserende dienste, die mentor en erkenning van vooraf leer en die voorsiening van leerprogramme. LESINGS 16 & 17 (KWALITEIT RAAD VIR AMBAGTE EN BEROEPE) Adviseer Minister oor beleid van bedryfstandaarde en kwalifikasies asook regulasies betreffende bedryfstandaarde en kwalifikasies. Funksies: o Daarstelling en instandhouding van bedryfstandaarde en kwalifikasies. o Versekering van kwaliteit van standaarde en kwalifikasies en leer in die werkplek. o Ontwerp en ontwikkel bedryfstandaarde en kwalifikasies en lê dit voor aan SAQA vir registrasie van NQF-vlakke. o Bevorder oogmerke van NQF. o Werk saam met NVO op gepastheid en geskiktheid van standaarde. 9

LESINGS 16 & 17 (PRODUKTIWITEIT SA) Funksies: Bevorder n kultuur van produktiwiteit in werksplekke. Ontwikkel produktiwiteitsbevoegdhede. Fasilliteer en evalueer verbetering van produktiwiteit. Meet en evalueer produktiwiteit. Onderhou databasis van produktiwiteit- en kompeteringssisteme. Navorsing LESINGS 16 & 17 (FINANSIERING VAN VAARDIGHEIDSONTWIKKELING) Die Nasionale Vaardigheid Fonds (NSF) word deur die Wet ingestel. Die NSF verkry fondse vanuit 20% van die heffings ingevorder vanaf die sektore, heffings vanaf sektore wat geen SETA het nie, gelde wat deur die Parlement voorsien is, rente op beleggings en donasies. Die NSF mag slegs genader word vir daardie projekte wat deur die nasionale strategie as nasionale prioriteite geïdentifiseer is en ook ander projekte wat verband hou met die doelwitte van die Wet. Direkteur-Generaal beheer die NSF. Elke werkgewer van die openbare diens in die nasionale en provinsiale regerings moet begroot vir ten minste 1% van die lone/salarisse, wat dan vir opleiding en opvoeding aangewend moet word. 10

LESINGS 16 & 17 (ALGEMENE BEPALINGS) Die Arbeidshof beskik oor eksklusiewe jurisdiksie i.t.v. alle aangeleenthede wat verband hou met hierdie Wet. Die monitering en afdwinging van die Wet sal op dieselfde wyse geskied as die WOBD. ʼn Aantal misdade word i.t.v. hierdie Wet geskep, bv. die belemmering/onbehoorlike beïnvloeding van enige persoon wat funksies i.t.v. hierdie Wet verrig. LESINGS 16 & 17 (WET OP VAARDIGHEIDSONTWIKKELINGSHEFFINGS) Hierdie Wet het op 1 September 1999 in werking getree. Maak voorsiening vir ʼn verpligte heffingskema om onderrig en opleiding te befonds. Word deur die Direkteur-Generaal en die Kommissaris van die SAID geadministreer. Alle werkgewers wat nie vrystelling van die Wet geniet nie, moet by die Kommissaris van die SAID registreer. Werkgewers wat vrystelling van betaling van heffings i.t.v. hierdie Wet geniet, is: o Enige werkgewer van openbare dienste in die nasionale of provinsiale sfeer van die regering. o Enige werkgewer wie se salarisse/lone nie R500000 vir die volgende 12 maande sal oorskry nie. o Enige organisasie wat openbare voordele geniet en wat uitsluitlik ʼn godsdienstige- of liefdadigheidsorganisasie is. o Enige nasionale of openbare entiteit indien 80% of meer van die uitgawes gedek word deur fondse van die Parlement. o Enige munisipaliteit aan wie ʼn sertifikaat van vrystelling verskaf is. Die heffing betaalbaar deur die werkgewer is 1% per maand van die werkgewer se totale salarisse/lone uitbetaal in daardie maand. Die totale bedrag van salarisse/lone sluit in enige vergoeding wat alternatief aan werknemers betaal is. Pensioenbetalings is egter van die wat nie by hierdie bedrag ingereken word nie. Heffings word aan die Kommissaris van die SAID betaal, binne 7 dae na die laaste dag van elke maand. 11

LESINGS 16 & 17 (BETALING VAN TOEKENNINGS) Die regulasies gepubliseer deur die Minister maak voorsiening dat werkgewers wat op datum is met die betaling van die vaardigheidsheffing, toekennings kan eis van hulle SETA. Die volgende is die ses verskillende soorte van toekennings wat ʼn werkgewer kan eis: o ʼn werkplek vaardigheidstoekenning; o ʼn werkplek vaardigheidsimplementeringstoekenning; o ʼn toekenning tot die kostes van leerlingskappe en leerdertoelaes; o ʼn toekenning tot die kostes van vaardigheidsprogramme; o ʼn toekenning tot die kostes van die voorsiening van vakleerlingskapopleiding; en o ʼn toekenning tot ʼn program, projek of navorsingsaktiwiteit wat die relevante SETA help om sy sektor vaardigheidsplan te implementer. 12