Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Vergelijkbare documenten
Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

sodat jy n gestuurde van die Here kan

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Jesaja sien die Toekoms

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Welkom by Die Storie God se storie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

HUWELIKSBELOFTES. Dis die absolute hart van n huweliksbevestiging

Die Groot Gebod dennis de wet

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Grote God, ons bring U eer, ons aanbid U, Koning, Heer. U kom toe die lof alom - U wat was, wat is, wat kom. Voor U buig die skepping neer - U wat

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Die Kerk se Geboorte

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Geroep vir Gemeenskap

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Goeie Konings, Slegte Konings

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

n Tempel Leier besoek Jesus

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Inhoudsopgawe. Voorwoord

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Kersliedere. Jesus is die Ewige Lig!

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Preek Romeine 1:16-17

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Briewe van Johannes. Ontmoeting 22

Van Vervolger tot Prediker

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Die brief aan die Filippense

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Simson, God se sterk Man

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Vertrou. alles HERE OP DIE MET WAT JY HET. MO ENIE STAATMAAK OP JOU EIE INSIGTE NIE. SPREUKE 3:5

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

ons rykdom in Christus 2

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan

Die duiwel versoek Jesus

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

Begin Punt. Dennis de Wet 29 September 2013

Jona en die Groot Vis

MAAK JESUS WEER DIE HOOF VAN SY KERK!

Die Here sal jou soos n kroon in sy hand hou, n koning se kroon in die hand van jou God.

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Vir die Here is die hoofsaak dat ons sal glo en gehoorsaam.

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy?

Preek Handelinge 15:11 en Efesiërs 2:8

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Transcriptie:

Voorwoord Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer van die lewe lyk en is nie. Veel eerder is ware hoop om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe beweeg. Dis om, sonder pretensie, te erken dat die lewe soms vir jou te veel is, maar dan wel dapper ge noeg te wees om voort te gaan. Hoop is om in stormwind tye stille rus te ervaar in die wete dat die Here se genade weer vrede sal bring. Ware hoop is om, soos n kind, kaalvoet in die holte van jou Vader se genadehand te dans omdat jy met die seker wete leef dat jou Vader onder, bo, voor, langs ín jou is. Hoopdraers is mense wat ook die skerp klippe onder hul voete voel, ook moeg word op die reis en ook onseker voel oor die donker, maar wat dan kies om te bly glo. Te bly hoop. Veral te blý liefhê. Mag jy in Hoop wat kaalvoet loop ervaar hoe die Vader jou met groot genadeseën bederf. ~ Milanie Vosloo Kontak my gerus by: mv@uppe.co.za

1 Mét hoop kan jy kaalvoet loop! Hoop is nooit n groot vuur waarby jy jou kan verwarm en jou dag en nag heerlik kan koester nie. Dit is eerder n klein vlammetjie wat net genoeg lig gee wanneer dit baie donker is, skryf Izak de Villiers. Wanneer ons hoop, kan ons enigiets oorkom Want dan gló ons dat daar positiewe verandering kan wees, dat daar genesing sal kom dat ons seën sal beleef. Sonder hoop verloor ons ons vreugde. Mét hoop leef ons ons droom met passie. Kinders van die lewende God kan met die vaste wete leef dat ons Vader altyd in beheer is en dat Hy ons sál lei en ons veilig by sy bestemming sál uitbring. Glo vandag dat jy sy wysheid in jou het, dat sy moed in jou hart gegraveer is en dat die hoop wat Hy bring ook jóú deel is. Met hoop kan n mens duisend kilometer kaalvoet loop. Sonder hoop sal selfs die beste Nike-tekkies nie die ding kan doen nie. Mag jy kaalvoet deur elke dag huppel.

Dié wat hulle hoop op die HERE stel, sal hulle krag terugkry. Hul le vlieg hoog, soos arende. Hulle sal hardloop en nie moeg word nie. Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie. ~ Jesaja 40:31 God sal dit beslis vir julle doen, want Hy hou altyd by sy woord. ~ 1 Korintiërs 1:9 Wanneer ons al ons hoop op God stel, sal ons nooit te leur gesteld wees nie. Want Hy vul ons lewens elke dag met sy liefde. Dit doen Hy deur die Heilige Gees wat by ons bly. ~ Romeine 5:5, Die Boodskap Here, met my hand stewig in U s n, hóóp ek. Amen

2 God wil jou bederf Ons God is só goed vir ons. Sy liefde vir ons is so groot dat Hy sy eie Seun in ons plek laat sterf het. En toe sy Kind weer huis toe moes gaan, het Hy vir ons nóg n deel van Homself sy Heilige Gees gegee. Dié Gees wat ons oortuig om God se genadedaad te aanvaar en wat daarna permanent in elkeen van sy kinders woon. So is Hy die groot God 24/7 by ons om ons met sy nabyheid te omhels, deur alle omstandighede te dra, met wysheid te lei, te vertroos en aan ons hoop te gee: Hoop vir vandag. Vir môre. En vir altyd. Die heerlike teenwoordigheid van die Heilige Gees in jou is maar net die begin van sy volryk genadestroom wat jy eendag gaan kry. As verloste mens is jy een van jou Vader se bederfkinders wat Hy elke dag met sy liefdevolle goedheid seen.

Die Heilige Gees is God se deposito wat ons volle erfenis waar borg totdat almal wat aan God behoort, vol kome verlos sal wees. Daarvoor moet ons God se grootheid prys! ~ Efesiërs 1:14 God die Vader het julle lank gelede al uitgekies en deur die Gees aan Homself toegewy. Die gevolg is dat julle gehoorsaam is aan Hom en deur die bloed van Jesus Christus skoongemaak is. ~ 1 Petrus 1:2 Bring lof aan die HERE, die Almagtige, want die HERE is goed. Sy liefde en trou hou nooit op nie! ~ Jeremia 33:11 Ek sal die Vader vra en Hy sal vir julle n ander Raadgewer stuur om vir altyd by julle te wees; dit is die Gees van die waarheid. Julle ken Hom, omdat Hy by julle gaan bly en in julle sal woon. ~ Johannes 14:15-17 Dankie vir die voorreg om u ewige liefde vir my nou reeds te beleef, Vader. Amen