15.3 RAPPORT 3 DIAKONALE SAKE BESTUUR VAN KINDERHUISE EN OORDRAG VAN SDDS OUETEHUISE KONSTITUSIE KINDERHUISE (Art 194)

Vergelijkbare documenten
GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

KONSTITUSIE VAN ARSO

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

KONSTITUSIE VAN DIE SCHOEMANSVILLE OEWERKLUB

13. Diakonale Sake RAPPORT DIAKONALE SAKE (Artt 18, 19, 20, 21, 186, 197, 233, 236)

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

Eerste jaarvergadering en konstitusie

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

RAAMWERK VIR n KONSTITUSIE VIR n GEMEENSKAPSFORUM / ORGANISASIE VIR GEMEENSKAPSONTWIKKELING

1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie.

GRONDWET VAN DIE PAARL BELASTINGBETALERSVERENIGING (Die Grondwet) - 26 Januarie 2012

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN HOËRSKOOL OUTENIQUA Opgedateer 19 Mei 2015

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

KONTIKI PREPRIMêRE SKOOL GRONDWET

LOSKOP RUGBYKLUB GRONDWET

HOËRSKOOL WONDERBOOM FINANSIËLE BELEID

GRONDWET VAN DIE SUID-AFRIKAANSE WOONWA-ASSOSIASIE

MATZIKAMA SAKEKAMER GRONDWET

KONSTITUSIE VIR 'N BOEREVERENIGING 1. NAAM Die naam van die Vereniging is die Boerevereniging.

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A

GRONDWET Die aanvaarde embleem mag op amptelike briewe, kledingstukke, ens., soos deur bestuur besluit, gebruik word.

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR:

GRONDWET VAN HOëRSKOOL HENNENMAN ONDERSTEUNERSKLUB

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

INDEKS KONSTITUSIE VAN NEWCASTLE SAKEKAMER... 3

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

KONSTITUSIE VAN PAARL SAKEKAMER

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

WESTELIKE PROVINSIE VARSWATERHENGEL VERENIGING GRONDWET

Universiteit Stellenbosch Grondwet van die Akademiese Belangeraad Soos aanvaar op 19 Maart 2009

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

GRONDWET VAN DIE SUID AFRIKAANSE PROKUREURSVERENIGING

GRONDWET en REGLEMENTE Aangepas vanaf die oorspronklike GRONDWET soos op 12 Maart 1996.

GRONDWET en REGLEMENTE Aangepas vanaf die oorspronklike GRONDWET soos op 12 Maart 1996.

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

MOSSELBAAI GASTEHUIS GILDE GRONDWET. (Uitgawe 1)

3 Maart 2004 BESTUURSTAKE VAN VRYWILLIGERS AS LEDE VAN AFRIKAANSE CHRISTELIKE VROUE VERENIGING BESTURE

KONSTITUSIE VAN DIE DURBANVILLE FOTOGRAFIE KLUB

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA MAATSKAPPYWET 2008 AKTE VAN OPRIGTING VAN N MAATSKAPPY SONDER WINSOOGMERK

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

Kleinmond Straatwag Grondwet Bladsy 1 KLEINMOND STRAATWAG / STREET WATCH. Grondwet. Konsep. Datum van inwerkingtrede:

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA MAATSKAPPYWET, AKTE VAN OPRIGTING KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

WERKSPROSEDURES VAN DIE INSTITUSIONELE FORUM VAN DIE UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. Maatskappye Wet, 71 van 2008 (soos gewysig) AKTE VAN OPRIGTING VAN N MAATSKAPPY SONDER WINSOOGMERK MET STEMREG VIR LEDE

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

BOLAND JUKSKEI-UNIE GRONDWET

GRONDWET VAN DIE VERENIGING VAN REKENMEESTERS VIR AFRIKAANS

Bosveld Jagters-en Wildbewaringsvereniging

GRONDWET GRAAN SA. Soos goedgekeur tydens die 2018 Kongres

GRONDWET VAN DIE VERENIGING VAN REGSLUI VIR AFRIKAANS

GRONDWET VAN DIE SASF SOOS VAN KRAG OP 29 NOVEMBER 2008

A B C Toekenning. 15 Februarie 2003

SA HOLSTEIN GEWYSIGDE KONSTITUSIE

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

Hierdie dokument is die eiendom van Oostvallei Aftree-oord Bestuursvereniging Privaatsak X99166, Garsfontein-Oos 0060, Telefoon (012)

KOUGA BESIGHEIDSFORUM - GRONDWET

GRONDWET VAN DIE ILE DE FRANCE SKAAPTELERS GENOOTSKAP VAN SUID AFRIKA

Die volgende is die hoofde waarin die ooreenkoms verdeel is:

GRONDWET VAN AARTAPPELS SUID-AFRIKA VRYWILLIG

MISSIE KONSTITUSIE VAN DIE KWAZULU- NATALSE LANDBOU-UNIE

Paarl Rangers Rugby-Voetbal Klub. Gestig (1914) Grondwet en Reglimente

GRONDWET GRAAN SA. Soos goedgekeur tydens die 2016 Kongres

GRONDWET VAN..ROLBALKLUB..

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

TULI GRONDWET VAN DIE TULIBEESTELERSGENOOTSKAP VAN SUID AFRIKA

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

KOOPKONTRAK VIR N VOLTOOIDE DEELTITEL EENHEID

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

FAKTORE WAT LEI TOT DIE VEREENSAMING EN ARMOEDE VAN BEJAARDES

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

GRONDWET VAN LILYDALE HUISEIENAARSVERENIGING. 1.1 Die naam van hierdie Vereniging is LILYDALE HUISEIENAARSVERENIGING.

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

B. Bestuursplan. 1. Bestuursmodel

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

Reglement vir die akademiese gehalteversekering van kortkursusse

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as :

SKEDULE 1 Eed/Plegtige verklaring van Regters SKEDULE 2 Eed/Plegtige verklaring van Ministers en Adjunk-Ministers

KONTANT BESTUUR BELEID

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. )

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding

SWANGERSKAPBELEID erken die verantwoordelikheid en invloed van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ten opsigte van leerderswangerskappe; en

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

REGLEMENTE VAN DIE NEDERDUITSE GEREFORMEERDE KERK IN SUID-AFRIKA (SINODE VAN WES-KAAPLAND)

Transcriptie:

15.3 RAPPORT 3 DIAKONALE SAKE BESTUUR VAN KINDERHUISE EN OORDRAG VAN SDDS OUETEHUISE KONSTITUSIE KINDERHUISE (Art 194) A. Ds MJ Erasmus lewer die rapport. B. Die rapport word staande die Sinode afgehandel. C. RAPPORT 1. Opdrag (Acta 2009:142, 2.4.1.5) Die te benoeme Deputate word opdrag gegee om in die lig van KO, art 36 te besin oor die betrokkenheid van die SDDS by die bestuur van kinderhuise. In die besinning moet aandag gegee word aan die redes waarom die SDDS-ouetehuise aan die Residensia Stigting bemaak is, asook oor die betrokkenheid van die SDDS (en diakonieë van alle kerke) by die geestelike en fisiese versorging van die kinders in die tehuise. Besluit: Kennis geneem. 2. Sake waarvan die Sinode kennis neem Na die beheer van die ouetehuise aan ander instansies oorgedra is, was dit nodig om die Konstitusie van die kinderhuise dienooreenkomstig aan te pas. Die volgende Konstitusie word aan die Sinode voorgehou vir goedkeuring: Besluit: Kennis geneem. Die Konstitusie volg sy eie nommering KONSTITUSIE VIR KINDERHUISE EN OUETEHUISE VAN WAT DEUR DIE SINODALE DEPUTATE VIR DIAKONALE SAKE VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID- AFRIKA (SDDS) BEHEER WORD Inleiding Elke inrigting (Tehuis) reik in sy eie gemeenskap uit na hulpbehoewende kinders/bejaardes se behoeftes oor die hele Suid-Afrika. Die Tehuis kan fondse insamel binne of buite die geografiese grense van sy gebied. Landswye fondsinsameling projekte vir die inrigtings onder sy beheer moet onder toesig en die goedkeuring van die Sinodale Deputate vir Diakonale Sake van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (SDDS) geskied. Die boekhouding van dié landswye fondsinsamelings vir die inrigtings sal direk deur die SDDS gekontroleer word. Lidmaatskap van die SDDS is beperk tot a) Deputate vir Diakonale Sake daartoe benoem deur die Nasionale Sinode van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. (Hierna genoem die Sinodale Deputate.) b) Die kerkraad en die diakens van die Gereformeerde Kerk in wie se ressort die Tehuis geleë is. c) Kundiges/belanghebbendes daartoe verkies, soos goedgekeur deur die Sinodale Deputate vir Diakonale Sake. 1. Die Sinodale Deputate vir die Diakonale Sake (SDDS) van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika (GKSA) is in beheer van alle diakonale Kinderhuise en alle diakonale fondse wat Nasionaal beheer word. Die SDDS tree ook kontrolerend op en verleen steun en advies aan alle diakonieë in die GKSA. Alle bemarking vir fondsinsamelingsprojekte word deur die SDDS nasionaal gedoen en beheer. Die SDDS sal een nasionale diakonalefonds bestuur en prosesse in plek stel om 102

diakonale steun uit die fondse te verleen aan Kinderhuise, noodtoestande, aan diakonieë en ander diakonale behoeftes. 2. Die bestuur van die Kinderhuise reik in sy eie gemeenskap provinsiaal uit na hulpbehoewende kinders oor die hele Suid-Afrika. Die Kinderhuis kan fondse insamel binne of buite die geografiese grense van sy gebied. 3. Naam 3.1 Die naam van die organisasie is... 3.2 Afkorting: Hierna word die verkorte benaming van kinderhuis gebruik. 3.3 Regspersoon: Die Tehuis sal: Die bestuur van die kinderhuis a) Bestaan in eie reg afsonderlik van sy lede. b) Voortgaan om te bestaan selfs al sou die lede van die kinderhuis verander of vervang word. c) In staat wees om in besit te wees van eiendom en ander besittings. d) In staat wees om te dagvaar en gedagvaar te word in eie naam. 4. Doelwit 4.1 Die hoofdoelwit van die kinderhuis is die versorging en behandeling van sorgbehoewende kinders/bejaardes ten einde hulle lewenskwaliteit te verbeter Die sekondêre doelwitte van die kinderhuis is: a) Om met Die Woord van God as grondslag uit te reik na die fisiese, psigiese, sosiale en religieuse behoeftes van sorgbehoewende kinders/bejaardes in die algemeen asook om inrigtingversorging binne uit te reik na die gemeenskap rondom die kinderhuis te lewer. b) Om deur middel van geïnstitusionaliseerde sorg kwaliteitdiens aan bejaardes en kinders in hulle gemeenskappe met ʼn vervulde werkerskorps te lewer. Die kinderhuis is ʼn organisasie wat deur middel van geïnstitusionaliseerde sorg kwaliteit diens aan kinders in hulle gemeenskappe lewer met die hulp van ʼn geïnsereerde werkerskorps. c) Om ondersteuning te bied aan voorkomingsdienste in aanliggende gemeenskappe. 4.2 Die Missie van die bestuur is om die kinderhuis binne ʼn Christelike grondslag op ʼn finansieel gesonde wyse te bestuur om sodoende die inwoners kinders en die gemeenskap op ʼn blymoedige, gebruikersvriendelike en interafhanklike wyse te dien deur: a) ʼn Versorgingskultuur te skep by inwoners van die kinderhuis, asook lidmate van die verskillende gemeentes van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. b) Om algemeen aanvaarde rekenkundige beginsels gesonde kontrole te handhaaf oor alle finansiële bronne en die finansiële bestuur van die kinderhuis. c) Om ʼn verkose werkgewer te wees wat toesien dat die personeel in die inrigting goed opgelei en mede-eienaarskap aanvaar om die doelstellings van die kinderhuis te bereik. 5. Inkomste en eiendom 5.1 ʼn Inventaris sal opgestel en bygehou word van die besittings van die kinderhuis en ʼn voorraadopnamesertifikaat sal jaarliks saam met die finansiële state ingedien word. 5.2 Die inkomste van die kinderhuis moet uitsluitlik aangewend word vir die bevordering van sy doelwitte en geen gedeelte van sy inkomste of bates mag aan ʼn lid of amptenaar betaal word nie, of direk of indirek oorgedra word nie. Die Bestuur mag slegs billike vergoeding aan ʼn lid of amptenaar van die kinderhuis betaal met die oog op diens wat gelewer is. 5.3 Personeel van die kinderhuis kan slegs geld eis vir goedgekeurde uitgawes wat in belang van die kinderhuis aangegaan is. 103

5.4 Lede of amptenare van die kinderhuis beskik oor geen regte ten opsigte van goedere wat aan die kinderhuis behoort nie. 4. Lidmaatskap en algemene ledevergadering 4.1 Inwoning in die Tehuis word verkry deur aan die kriteria vir hulpbehoewendes te voldoen soos bepaal deur plaaslike gemeentes van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, asook deur verwys te word deur gemeentes of ander goedgekeurde instellings. Die Bestuur het die reg om toegang tot die Tehuis te weier. 4.2 Inwoners kan die algemene jaarvergadering op uitnodiging van die Bestuur bywoon, volgens hulle diskresie. Inwoners van die Tehuise het egter nie die reg om beleid van die Tehuis neer te lê nie, maar kan aanbevelings aan die Bestuur maak wat tydens hulle vergaderings hanteer moet word. 6. Bestuur 6.1 Die bestuur skomitee van die kinderhuis bestaan uit ten minste sewe persone. Hulle is die ampsdraers van die kinderhuis. Die plaaslike kerkraad of SDDS se dagbestuur keur die benoeming van die plaaslike bestuur goed ooreenkomstig die aanbeveling van die plaaslike bestuur Die SDDS se bestuur keur die benoeming van die plaaslike bestuur goed ooreenkomstig die aanbeveling van die plaaslike bestuur. Die Dagbestuur bestaan uit: ʼn voorsitter, ondervoorsitter, ʼn sekretaris en die inrigtingshoof en ander lede benoem deur die bestuur. 6.2 Die termyn van bestuurslede is minstens drie jaar, maar ter wille van kontinuïteit kan dit meer as een opvolgende termyn wees. 6.3 Vakatures word aangevul by wyse van koöptering deur die Bestuur. 6.4 Die bestuur van die kinderhuis moet verkieslik een keer maandeliks, of minstens een keer elke twee maande, vergader. Die helfte plus een van die Bestuur vorm ʼn kworum. 6.5 Tydens die vergadering moet die sekretaris van die vergadering volledig notule neem en binne sewe dae na die vergadering versprei na die verskillende bestuurslede. ʼn Agenda moet sewe dae voor die volgende vergadering aan bestuurslede verskaf word. 6.6 Die bestuur kan subkomitees benoem vir spesifieke take. Vir hierdie doel kan lede gekoöpteer word uit die breë kerkverband naburige kerkraad of ander belangstellendes of ander kundiges. Verteenwoordigers van staatsdepartemente, streek- of plaaslike owerhede kan in ex-officio hoedanigheid sonder stemreg op die Bestuur dien. 6.7 Lede van die Tehuis moet hulle neerlê by die besluite wat deur die Bestuurskomitee geneem is. 7. Magte Bevoegdhede van die bestuur Die Bestuurskomitee beskik oor die mag en outoriteit wat dit benodig om die doelwitte van die organisasie te vervul soos uiteengesit in paragraaf 4. Die aktiwiteite van die bestuurskomitee en sy lede moet aan alle wetsvereistes voldoen. Dit behels die volgende: 7.1 Om fondse in te samel, te beheer, en aan te wend om sy doelstellings te bereik; om die kinderhuis in stand te hou, te beman en te bestuur; om kollektes te hou, openbare oproepe te doen; verkopings te hou; donasies in te samel of om op enige ander wyse fondse te bekom en te ontvang om die aktiwiteite van die kinderhuis te finansier. 7.2 Die bestuur het die gesag bevoegdheid om roerende eiendom te koop, te verhuur of te verruil om aan die doelwitte van die kinderhuis te voldoen met die goedkeuring van die SDDS. 7.3 Om, indien nodig uit te brei; om enige kommissie of komitee aan te stel en om daaraan opdragte en uitvoerende magte te gee; om persone van binne of buite daarin te benoem en sodanige komitee of kommissie af te skaf, te ontbind en/of te verander. 104

7.4 Die Tehuis sal die gesag en funksies van sy ampsdraers bepaal. Die bestuur sal die gesag en funksies van sy ampsdraers bepaal en aan hulle skriftelik delegeer. 7.5 Om met enige vereniging, inrigting, instelling of liggaam, hetsy ingelyf of oningelyf saam te werk in die nastrewing van die doelstelling van die kinderhuis. 7.6 Om met enige owerheid enige reëlings te tref wat bevorderlik is vir die kinderhuis se doelstelling; om van sodanige owerheid sodanige regte of konsensies te verkry en om sodanige voorreg of konsensies uit te oefen, uit te voer of na te kom. 7.7 Geen fondse sal deur die kinderhuis ingesamel word vir ʼn doel wat nie in die konstitusie gemeld is nie. 8. Vergaderings en prosedures van die bestuurskomitee 8.1 Die Bestuur moet minstens twee algemene vergaderings per jaar hou. 8.2 Die voorsitter of twee lede van die bestuurskomitee kan ʼn spesiale vergadering byeenroep as hulle dit nodig vind. Hulle moet ook die ander lede van die vergadering inlig oor watter sake op die spesiale vergadering bespreek gaan word. Indien een van die sake is om ʼn nuwe lid aan te wys, moet die oproep vir die vergadering minstens 30 dae voor die vergadering plaasvind. 8.3 Die voorsitter sal as die voorsitter van die bestuurskomitee optree. Indien die voorsitter nie ʼn vergadering bywoon nie, moet die lede van die Bestuurskomitee wat teenwoordig is ʼn voorsitter uit die teenwoordige lede aanwys voordat die vergadering kan begin. moet die vise voorsitter die voorsitter wees of moet die lede van die bestuur wat teenwoordig is ʼn voorsitter uit die teenwoordige lede aanwys voordat die vergadering kan begin 8.4 Daar moet ʼn kworum by elke vergadering teenwoordig wees. ʼn Kworum is die helfte plus een. 8.5 Indien nodig, sal die Bestuur oor sake stem. Indien daar gelykop gestem word oor ʼn saak, dan het die voorsitter ʼn beslissende stem. Daar sal egter deurgaans gepoog word om konsensus oor sensitiewe besluite te kry. 8.6 Die notules van alle vergaderings moet veilig bewaar word en beskikbaar wees indien die Bestuur of enige gemagtigde persoon dit wil raadpleeg. 8.7 Indien die Bestuur dit nodig ag, kan hy kommissies aanwys om take vinniger en doeltreffender af te handel, of te ondersoek. Kommissies moet uit minstens drie persone bestaan en gereeld aan die bestuur terugrapporteer. 8.8 Die bestuur van die kinderhuis keur alle huishoudelike reëls, regulasies en prosedures asook wysigings daaraan, wat op die inwoners en die personeel van toepassing is, goed. 8.9 Die bestuur is verantwoordelik vir die hantering van alle aansoeke en toelating tot die kinderhuis. 8.10 Die Bestuur is verantwoordelik vir die bepaling van personeelstrukture van die kinderhuis en die vasstelling van salarisskale en besoldiging in oorleg met SDDS. 8.11 Die kinderhuis is onderhewig aan inspeksies en aanbevelings van die Departement van Maatskaplike Dienste en die Departement van Gesondheid en lede van SDDS. 8.12 Die bestuurskomitee of ʼn kommissie van die Bestuurskomitee moet ten minste twee keer per jaar met die volle personeel vergader. 9. Algemene ledevergaderings 9.1 ʼn Algemene ledevergadering moet jaarliks, na die einde van die kinderhuis se finansiële jaar, gehou word. Deputate van plaaslike gemeentes diakonieë, asook van die bestuur van die SDDS verteenwoordig die lede van hierdie vergadering. 9.2 die Tehuis bestuur moet die volgende sake op die algemene ledevergadering hanteer a) Goedkeuring van die sake op die agenda wat bespreek moet word. b) Aanteken wie teenwoordig is en wie verskonings aangebied het omdat hulle nie teenwoordig kan wees nie. c) Die vorige notules goedkeur en sake wat daaruit voortspruit hanteer. 105

d) Verslag van die voorsitter. e) Verslag van die kassier finansiële beampte. f) Veranderinge voorstel aan die konstitusie. g) Verkiesing van nuwe ampsdraers. h) Algemeen. i) Afsluiting. 10. Finansies 10.1 ʼn Rekenpligtige amptenaar moet skriftelik tydens die algemene ledevergadering aangewys word deur die bestuur aangewys word. 10.2 Die kassier (of tesourier) van die kinderhuis sal die dag tot dag finansies van die organisasie hanteer. Hierdie persoon sal verplig wees om verslag tydens die vergaderings van die bestuur te doen. Die kassier sal toesien dat ʼn kwitansie vir alle fondse wat die kinderhuis ontvang uitgemaak word en binne 48 uur in ʼn bankrekening van die kinderhuis gedeponeer word. 10.3 Tjeks en elektroniese betalings van die kinderhuis sal deur ten minste twee persone, wat deur die bestuur goedgekeur is, onderteken word. Fondse sal slegs bestee word vir doeleindes wat deur die bestuur goedgekeur is en in die konstitusie vermeld word. 10.4 Die finansiële jaar van die kinderhuis eindig 31 Maart van elke jaar. 10.5 Die kinderhuis se ouditeursverslae en rekords sal binne 6 maande na die einde van die finansiële jaar aan die SDDS die Direkteur vir Nie Winsgewende Organisasies gestuur word. ʼn Ouditeur word jaarliks deur die SDDS aangestel. 10.6 Indien die kinderhuis fondse het wat belê kan word, mag dit slegs by geregistreerde finansiële instansies gedoen word, soos gelys in Seksie 1 van die Finansiële Instellings (Belegging van fondse-wet van 1985). 10.7 Fondse word deur die SDDS gekontroleer en beheer, terwyl die plaaslike bestuurskomitee verantwoordelikheid daarvoor aanvaar. 11. Veranderinge van die Konstitusie 11.1 Die wysiging van hierdie Konstitusie kan alleen geskied op ʼn algemene ledevergadering van die SDDS of ʼn spesiale algemene ledevergadering van die SDDS wat vir daardie doel belê is na oorlegpleging met die plaaslike bestuur. 11.2 ʼn Kworum van die Deputate van die SDDS moet teenwoordig wees voordat ʼn verkiesing kan plaasvind oor die verandering wat in die konstitusie aangebring moet word. 11.3 Die mosie moet duidelik beskryf en gemotiveer word en nie minder as 14 dae voor die Algemene ledevergadering aan die lede uitgestuur word. Geleentheid moet op die vergadering gegee word vir bespreking. Behoorlike notule moet geneem word by die vergadering waar die verandering(e) goedgekeur of afgekeur word; en moet binne sewe dae na die vergadering versprei word aan die lede. 11.4 Geen wysigings (amendemente) mag gemaak word wat daarop neerkom dat die kinderhuis sy aktiwiteite moet staak of ophou om te bestaan nie. 12. Ontbinding van enige van die kinderhuise wat deur die SDDS beheer word 12.1 Die kinderhuis kan ontbind word indien minstens twee-derdes van die lede van die SDDS teenwoordig op ʼn algemene vergadering van lede wat spesifiek vir daardie doel belê is, ten gunste van die ontbinding stem. Kennisgewing van sodanige vergadering moet minstens 21 dae voor die datum van die vergadering aan lede gestuur word met vermelding van die doel van die vergadering, naamlik die ontbinding van die kinderhuis en die beskikking oor sy bates. Indien daar geen kworum by die ontbindingsvergadering teenwoordig is nie, word die vergadering vir minstens 14 dae verdaag en die lede wat dan die daaropvolgende vergadering bywoon, is ʼn kworum. 106

12.2 Alle bates is en bly die eiendom van die Nasionale Algemene Sinode of sy trustees. By ontbinding van die inrigting moet enige bates wat tot stand gekom het by wyse van subsidies of toelaes van die Staat, oorgedra word aan ʼn ander geregistreerde welsynsorganisasie(s), by voorkeur ʼn welsynsorganisasie met soortgelyke doelstellings, wat die algemene ledevergadering by ontbinding aanwys. 3. Sake waaroor die Sinode besluit Aanbeveling 3.1 Die Sinode keur die Konstitusie goed. Besluit: Aanbeveling goedgekeur. Hier eindig die Konstitusie 107