UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE 2013

Vergelijkbare documenten
UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW)

Stuur die aansoekvorm aan:

Stuur die aansoekvorm aan:

1 Verkorte aansoek en registrasieprosedure

2015 AKADEMIESE JAAR

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (GRONDSLAGFASE ONDERWYS)

Dit begin alles hier. Teologie

AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS

Nuusbrief Okt 2005: Voortgesette Professionele Opleiding Deel 3

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (INTERMEDIêRE FASE ONDERWYS)

ALGEMENE REGULASIES EN REËLS

AANSOEK OM STUDIELENING

Aansoekvorm: BA Honneurs in Toegepaste Linguistiek 2015

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

INSTRUMENTALE MUSIEK 22 Augustus 26 Augustus 2016

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

INSTRUMENTALE MUSIEK 24 Augustus 27 Augustus 2015

OUERAAND BEROEPSLEIDING:

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

MUNISIPALITEIT VERHURING VAN KARAVAAN- /KAMPEERSTAANPLEKKE EN CHALETS IN MATZIKAMA MUNISIPALE GEBIED

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

A B C Toekenning. 15 Februarie 2003

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

FASILITEITSBESTUUR SE PLANON-STELSEL

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

Fakulteit Natuurwetenskappe se keuringsriglyne en toelatingsbeleid

Reglement vir die akademiese gehalteversekering van kortkursusse

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

Riglyne vir die toekenning van navorsings- en ook studiebeurse word kortliks uiteengesit.

2016 Nuweling eerstejaar en voorgraadse inskrywings: Finale registrasieperiode

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

NUUSBRIEF: DESEMBER 2010-FEBRUARIE 2011

Bewaringsfondsplan. Planbeskrywing

A. ALGEMENE INLIGTING

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

Posbus 31, KLERKSDORP, 2570 AANSOEK VIR DIE OPNEEM VAN SENWESBEL AANDELE

Wrestling Federation Stoeifederasie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

1 Verkorte aansoek en registrasieprosedure

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

Belastingvrye Belegging. Planbeskrywing

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

FAKULTEITSKOMITEE FAKULTEIT AGRIWETENSKAPPE RIGLYNE VIR DIE BESLUITNEMING BY STUDENTEVERSOEKE

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

KALAHARI KUIERFEES 2-4 NOVEMBER 2017 STALLETJIE AANSOEKVORM

TOEGEWINGSPROTOKOL EN -PROSEDURES (geskryf in 2018) 1. INLEIDING

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

1. JUNIOR PRIMêRE FASE: GR. 1-3

A. ALGEMENE INLIGTING

Laerskool Wonderboom BELEID OOR MERIETE (GRONDSLAGFASE: GRAAD 1 TOT 3)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as :

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

SAKOV-Studiebeurse vir studie in Orrel, Orrelbou en Kerkmusiek (2018)

AANSOEK OM TOELATING HOËRSKOOL TUINE

BSc(HONS)-, MSc- EN PhD-GRAADSTUDIE: RIGLYNE VIR STUDIELEIERS, PROMOTORS EN STUDENTE

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

BETAALBARE GELDE EN FINANSIËLE REËLS 2019 INHOUDSOPGAWE

Beleid vir die aanbieding van kortkursusse aan die NWU

VOORSTEL VIR LIDMAATSKAP VAN DIE S.A. AKADEMIE

AANSOEKPROSEDURE KEURINGSPROSES EN TOELATINGSVEREISTES BELANGRIKE DATUMS

A. ALGEMENE INLIGTING

VERDUIDELIKING VAN DIE BEVESTIGING VAN BESTAANDE WETTIGE WATERGEBRUIKE

1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie.

Dit begin alles hier. Teologie

A. ALGEMENE INLIGTING

Opsies vir wanneer u u aftreefonds verlaat

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

BETAALSTROKIE : LENINGS MET RENTE

VOORRAAD. a) Skep die volgende rekening by Onderhoud Rekeninge Invoeg: Inkomste / Uitgawerekening (A) vir die voorraaditem.

BOEREMARK & BRAAIFEES STALLETJIE AANSOEK

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

Eerstejaarsakademie Midjaar/Eindjaar-assessering Gebruikersgids

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

DIENSVLAKOOREENKOMS MET BETREKKING TOT DIE PLASING VAN WERWINGSADVERTENSIES, ONDERHOUDSVOERING EN HERVESTIGING VAN NUUT AANGESTELDE PERSONEEL

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

BETAALBARE GELDE EN FINANSIËLE REËLS 2018 INHOUDSOPGAWE

DIENSVOORWAARDES VIR NAVORSINGS- EN STEUNDIENSTEPERSONEEL

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

AANSOEK OM LIDMAATSKAP VORM 1

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2010 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

DORMER SKAAPTELERSGENOOTSKAP VAN SA. REëLS VIR DIE AANBIEDING VAN DORMER VEILINGS

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

Gestruktureerde MA in Kreatiewe Skryfkuns

Transcriptie:

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE 2013 1. TOEPASSING UP Nagraadse beurse is beskikbaar vir studente wat vir n honneursgraad, n magistergraad soos uiteengesit in Aanhangsel 1 of n doktorsgraad aan die Universiteit van Pretoria registreer. 2. VERSPREIDING VAN BESKIKBARE FONDS In elke begrotingsiklus doen die Begrotings- en Beplanningskomitee n aanbeveling aan die Viserektor se Komitee oor die bedrag wat vir nagraadse beurse in die onderskeie fakulteite toegeken behoort te word. Toekennings aan individuele studente is onderhewig aan die goedkeuring van die Navorsingskomitee van die onderskeie fakulteite. 3. KWALIFISERENDE KRITERIA VIR UP NAGRAADSE BEURSE 3.1 Studente wat vir n 4-jaar Baccalaureusgraad geregistreer is, kwalifiseer nie vir n honneursgraadbeurs in hulle finale i.e. vierde studiejaar nie. 3.2 Beurse word toegeken aan aansoekers op grond van die bydrae wat hulle studie waarskynlik sal maak tot spesifieke fokusareas van navorsing wat deur die Universiteit van tyd tot tyd vasgestel word. 3.3 Nagraadse studente word outomaties vir n beurs oorweeg wanneer hulle by n nagraadse program aan n fakulteit geregistreer word (geen beursaansoek word vereis nie). (Verwys na 5.3 en 5.4.) Toekennings aan sekere kandidate word deur die fakulteite se Navorsingskomitees bepaal en hulle mag die prestasie van die kandidate oorweeg aan wie die toekennings gemaak word. 3.4 Studente wat nie hulle voorafgaande studieprogram voltooi het nie, sal nie vir n UP-nagraadse beurs in aanmerking kom nie. Spesiale studieprogramme (insluitend diplomas en sertifikate) asook studieprogramme wat nie vir doeleindes van subsidie kwalifiseer nie, word nie oorweeg nie. 3.5 Beurse word slegs eenmalig vir enige nagraadse studieprogram toegeken op ʼn bepaalde vlak. Studente wat dus reeds oor n nagraadse kwalifikasie beskik op ʼn sekere vlak, sal nie vir n beurs vir nagraadse studie op dieselfde vlak oorweeg word nie (bv. studente wat vir n tweede of derde honneurs-, magister- of doktorale graad registreer). 3.6 Studente wat gelyktydig vir n voor- en nagraadse program registreer, bv. BTH en BA (honneurs) in Grieks, mag vir beide die UP-voorgraadse prestasiebeurs en die nagraadse beurs oorweeg word. 3.7 Honneursgrade 3.7.1 Studente wat vir n tweede of verskeie honneurs-, meesters of doktorale studieprogram(me) registreer, ongeag of hulle die vorige program(me) gestaak of suksesvol voltooi het, sal nie vir n verdere nagraadse beurs in aanmerking geneem word nie. 3.7.2 n Student wat vir n honneurstudieprogram registreer maar reeds oor n magister- of doktorsgraad beskik, sal nie oorweeg word vir n honneursgraadbeurs nie. 3.7.3 Die Fakulteitstoelatingskomitee sal die vereistes vir kwalifisering van die beurse wat op honneursvlak toegeken word, bepaal en n kandidaat wat reeds geregistreer is, sal oorweeg word vir n nagraadse beurs. Toekennings aan spesifieke kandidate sal deur die Fakulteit se Navorsingskomitee bepaal word, moontlik gebaseer op oorweging van die FAO 0207 (UP Nagraadse Beursbeleid 2013) 23-10-2012 Bladsy 1 van 5

prestasie van die kandidaat aan wie die toekenning gemaak word, asook ander kriteria soos bepaal deur die Fakulteit se Navorsingskomitee. 3.8 Magister of Doktorsgrade 3.8.1 Studente wat geregistreer is vir n magisterprogram wat lei tot n professionele kwalifikasie, word nie oorweeg vir hierdie beurse nie (bv. MMed, MMedVet, MBA, MPA en MPhil (Toegepaste Teologie)). 3.8.2 Studente wat aan UP registreer vir n tweede of verskeie magister- of doktorsgraadprogram(me) kan vir slegs een nagraadse beurs op n spesifieke vlak oorweeg word. n Nagraadse beurs sal ook nie aan n magistergraadstudent toegeken word wat reeds oor n doktorsgraad beskik nie (sien ook 3.5). 3.8.3 Die enigste uitsondering is beurse vir studie aan die Fakulteit Teologie in MTh, PhD en DD waar beurse wel toegeken kan word aan magister- en doktorsgraadstudente wat reeds oor n vorige magister- of doktorsgraad beskik wat deur die Fakulteit van Teologie uitgereik is (Rt 513/05). 3.8.4 Die vereistes vir kwalifisering vir beurse op magister- en doktorsgraadvlak sal deur die Fakulteit bepaal word deur registrasie van n kandidaat tot die magister- of doktorsgraad. Toekennings aan n spesifieke kandidaat sal bepaal word deur die Fakulteit se Navorsingskomitee wat moontlik die prestasie van die kandidate aan wie toekennings gemaak word, oorweeg, asook ander kriteria soos bepaal deur die Fakulteit se Navorsingskomitee. 3.9 Studiebeurse 3.9.1 Die toekenning van beurse en daaropvolgende beurswaardes word nie gewaarborg nie. Beurswaardes sal aan die fakulteite gekommunikeer word deur die Divisie vir Studiefinansiering nadat dit bepaal is deur die Strategiese Komitee vir Studiefinansiering en goedgekeur is deur die Begroting- en Finansieringskomitee. 3.9.2 Die waardes van studiebeurse vir 2013, is soos volg: Studieprogram Waarde Honneurs R 18 600 Magister R 21 600 Doktoraal R 24 900 Die Universiteit behou die reg voor om sonder voorafkennisgewing die regulasie en beurswaardes en/of voorwaardes toepaslik op die toekenning van beurse, aan te pas. FAO 0207 (UP Nagraadse Beursbeleid 2013) 23-10-2012 Bladsy 2 van 5

4. VOORWAARDES VIR STUDIEBEURSE 4.1 Die houer van n UP nagraadse beurs moet sy/haar nagraadse studieprogram binne die volgende tydperk voltooi: Graad Tydperk van finansiële ondersteuning Maksimum tydperk vir voltooiing van studieprogram Honneurs 1 jaar 2 jaar Magister 2 jaar 3 jaar (met uitsondering van Gesondheidwetenskappe waar 5 jaar toegelaat mag word) Doktoraal 3 jaar 4 jaar 4.2 n Beurs gelykstaande aan die bedrag soos per 3.9 word in die eerste jaar toegeken en n herregistrasiefooi vir die tweede (magister) of derde (doktoraal) is beskikbaar vir houers van beurse vir magister en doktorsgrade. 4.2.1 Vir honneursstudie word n beurs vir slegs een jaar toegeken. 4.2.2 Vir magisterstudies kwalifiseer die beurshouer vir n herregistrasiefooi slegs vir die tweede studiejaar. 4.2.3 Vir doktorsgraadstudie kwalifiseer die beurshouer vir n herregistrasie-fooi in die tweede en derde studiejare. 4.3 Indien n student se registrasietydperk vir n nagraadse program langer is as die tydperk aangedui in 4.1, sal die student nie vir n beurs oorweeg word nie. 4.4 Die Viserektor: Navorsing en Nagraadse Studie mag uitsonderings oorweeg in gevalle waar die voorgeskrewe kurrikulum langer is as die maksimum tydperk soos aangedui in 4.1 vir voltooiing van die studieprogram. 4.5 Houers van beurse wat nie hulle nagraadse studie in die voorgeskrewe maksimum tydperk voltooi nie, sal aanspreeklik wees vir die terugbetaling van die volle beurs met rente teen die koers soos aangedui in die UP-lenings wat die beurshouer onderteken. 4.6 Oorweging kan geskenk word aan die toestaan van n addisionele jaar tot die maksimum tydperk soos gedefinieer in 4.1 om n student in staat te stel om sy of haar graadprogram te voltooi. Sulke oorweging is onderworpe aan n aanbeveling van die toesighouer/dekaan en n vorderingsverslag wat deur die toesighouer goedgekeur is, moet aan die Komitee van Viserektore voorgelê word. 4.7 In gevalle waar die fakulteite se Nagraadse Komitee aanbeveel dat n student toegelaat moet word om sy magistergraad na n doktorsgraad op te gradeer, sal die bepaling van 4.5 nie geld nie aangesien die kandidaat beskou word as dat n magistergraad reeds behaal is. FAO 0207 (UP Nagraadse Beursbeleid 2013) 23-10-2012 Bladsy 3 van 5

5. ADMINISTRATIEWE PROSEDURES 5.1 Aansoeke vir UP-nagraadse studiebeurse is deur middel van aansoeke vir registrasie in n nagraadse graadprogram. 5.2 n Voornemende nagraadse student sal slegs vir n nagraadse beurs oorweeg word wanneer die student vir n nagraadse studieprogram geregistreer is. 5.3 Nagraadse studente moet vir hulle toepaslike studieprogramme teen 31 Mei 2013 registreer (die jaar waarin die toekennings gemaak word) om vir n toekenning in ag geneem te word. 5.4 Magister- en doktorsgraadstudente wat na 31 Mei 2013 registreer, sal vir n beurs oorweeg word in die daaropvolgende studiejaar op voorwaarde dat hulle die sperdatum soos in 5.3 aangedui vir die 2014 akademiese jaar nakom. Dit is slegs van toepassing op studente wat vir magisterstudies ingeskryf is en in hulle eerste jaar van studie in 2013 is en vir studente wat vir doktorsgraadstudies ingeskryf is en wat in 2013 in hulle eerste of tweede studiejaar is. 5.5 Dit is die verantwoordelikheid van die aansoeker om n volle akademiese rekord in te dien (wat alle vorige studies aandui) tesame met alle vereiste dokumentasie wat hulle aansoeke vir registrasie in n nagraadse studieprogram vergesel. Die dokumentasie moet by die fakulteite ingedien word. 5.6 Die fakulteite se Navorsingskomitees ken beurse toe. 5.7 Nadat n beurs toegeken is, moet beide die student en die studieleier die voorgeskrewe ooreenkoms volledig invul. Die vorm moet by die Kliëntedienssentrum se Nagraadse toonbank ingehandig word vir prosessering van die toekenning deur die Divisie vir Studiefinansiering. 5.8 Na ontvangs van die korrek ingevulde ooreenkoms, word die volle bedrag in die student se rekening gekrediteer. Die beurs word eers gebruik om vir klasgelde te betaal. n Kredietbalans sal slegs uitgekeer word na ontvangs van die aansoekvorm vir die uitbetaling daarvan. Die vorms is by die Kliëntedienssentrum beskikbaar. 5.9 Beurse wat voorlopig toegeken is maar wat nie teen 31 Julie 2013 aanvaar is nie, sal gekanselleer word. 6. VERHALING VAN BEURSBEDRAE WAT TERUGBETAALBAAR IS 6.1 n Beurs word terugbetaalbaar indien die beurshouer nie die voorwaardes soos in paragraaf 4 bo aangedui, nakom nie of indien die studie gestaak of beëindig word vir watter rede ookal. 6.2 Wanneer n beurs terugbetaalbaar word, moet die hele bedrag terugbetaal word plus die rente soos aangedui in die nagraadse beursooreenkoms. 6.3 Die Afdeling Studenterekeninge hanteer die verhaling van beursbedrae wat terugbetaal moet word. FAO 0207 (UP Nagraadse Beursbeleid 2013) 23-10-2012 Bladsy 4 van 5

AANHANGSEL A DEFINISIE: NAVORSINGSMAGISTERGRAAD Die beleid van die Raad op Hoër Onderwys (CHE) wat verband hou met nagraadse navorsing lui soos volg: Nagraadse navorsing is navorsing wat gedoen word vir óf n navorsingsmagister- of doktorsgraad. Navorsingsmagistergraad word gedefinieer as enige magistergraad waar n onafhanklike navorsingsverhandeling ten minste 50 persent van die krediete vir die graad tel. Die huidige praktyk aan die Universiteit is dat n magistergraad op een van die volgende twee maniere behaal kan word: 1. deur voltooiing van n enkele gevorderde navorsingprojek wat uitloop in die produksie en aanvaarding van n verhandeling, of 2. deur n kursuswerkprogram met n hoë vlak van teoretiese betrokkenheid en intellektuele onafhanklikheid suksesvol te voltooi, asook n navorsingsprojek wat uitloop in die aanvaarding van n verhandeling. In hierdie geval moet n minimum van 60 krediete op vlak 9 toegewy word aan die navorsing en verslaglewering. Die nagraadse beurse op magistervlak moet slegs aan kandidate toegeken word wat vir graadprogramme geregistreer is waarvan ten minste 25% van die krediete vir navorsing (60 krediete uit n totaal van 240 krediete op vlak 9) is. FAO 0207 (UP Nagraadse Beursbeleid 2013) 23-10-2012 Bladsy 5 van 5