As julle enige vrae het, iets wat jy nie verstaan nie, of oor iets wat in die

Vergelijkbare documenten
As julle enige vrae het, iets

MEDEWERKERS Maryke Coetsee Susan Lourens Oom Hennie Oom Attie Venter Oom Abraham Krüger

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

As julle enige vrae het, iets wat jy nie verstaan nie, of oor iets wat in die

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Welkom by Die Storie God se storie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Jesaja sien die Toekoms

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Toe God alles gemaak het

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Die brief aan die Filippense

n Tempel Leier besoek Jesus

Toe God alles gemaak het

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

'n Man gestuur deur God

Abu Ali tel sy donkies

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Pragtige Koningin Ester

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING?

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

FAKTORE EN VEELVOUDE

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

God eer Josef die slaaf

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Antonieme en sinonieme

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Die Groot Gebod dennis de wet

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Petrus en die Krag van Gebed

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

EKURHULENI NORTH November 2015 Graad 05 Afrikaans EAT

KWARTAAL OORSIG. Kleuter & Peuter reeks

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Jona en die Groot Vis

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Jesus lewe! Kruisiging en opstanding. Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16

Breedte. Oppervlak = Lengte X Breedte. Ons kan nou enige reghoek se oppervlak bereken met hierdie formule, nie waar nie?

Klein Klaas se avonture!

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

6 Strukture. Vrae. 1. Noem drie belangrike dinge wat strukture vir ons kan doen. 2. Watter twee soorte strukture kry ons?

Jona en die Groot Vis

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

1 Waar ek vandaan kom

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

Jakkals lê eendag heerlik en

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

Goeie Konings, Slegte Konings

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

As julle enige vrae het, iets

Verduidelik nou vir die kinders die insamelingsmetodes wat vir jul gemeente / skool sal werk.

Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat.

Inhoudsopgawe. Voorwoord

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Van Vervolger tot Prediker

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

by die werk Mm, ek moet hierdie nuwe assistent n bietjie beter leer ken.

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

JEUGLES - FUNAAND: Om Jesus te volg

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Van Vervolger tot Prediker

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 24 van 60.

Die Sleutels van Dawid

Transcriptie:

in hierdie uitgawe... 3 Redakteursbrief 4 Verjaardaghoekie 8 Slingervelvoorbladkompetisie Vingerverf 9 Soek die verskille 10 Sagaria 8-14: Blokkiesraaisel 11 Sagaria 8-14: Woordsoek 12 Avonture van Nellie en Gertjie (1) 14: Sagaria 8-14: Oplossings 15 Oplossing: Soek die verskille Gelykenis van die suurdeeg 16 Feite van die wêreld 18 Wat kan ek lees? Slingervel, Jaargang 57 Nommer 975, Februarie 2016 As julle enige vrae het, iets wat jy nie verstaan nie, of oor iets wat in die Slingervel geskryf is, meer wil weet, is julle baie welkom om vir my 'n sms te stuur of te whatsapp na 076 766 3894, of 'n e-pos te stuur na slingervel@gksa.co.za, of 'n brief te stuur na Posbus 88, Bloemhof 2660 REDAKTEUR Dr. Hennie van Wyk e-pos: hennie@gksa.co.za Tipogra e en uitleg Joey Fourie e-pos: kerkblad@gksa.co.za MEDEWERKERS VIR HIERDIE UITGAWE Riana Jonker Susan Lourens Rika du Plessis Francois van Wyk Oom Hennie Eienaars en uitgewers Deputate vir Kerklike Tydskrifte Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika Posbus 20008, Noordbrug 2522 Drukkers V & R Drukkery Tel. 012 333 2462 Intekening Administratiewe Buro Afdeling Publikasies Posbus 20008, Noordbrug 2522 Tel: 018 297 3986 Intekengeld R216,00 per jaar (posgeld en BTW ingesluit) Advertensietarief Op aanvraag beskikbaar by Wymie du Plessis tel. 018 297 3986 Die Redakteur Bydraes en briewe Posbus 20008 Noordbrug, 2522 Jaargang 57, Nommer 975, Februarie 2016 ISSN 0037 685 X 2 slingervel l februarie 2016

Redakteursbrief Dagsê Maats! Wie van julle het Nuwejaarsvoornemens gehad? Dink bietjie het jy dit reggekry? Ek moet eerlik wees geen nuwejaarsvoorneme vir my nie. Die rede is eenvoudig: Ek kry dit nie reg nie. Dis nie lekker nie! Tog het ek al baie keer gesê: Hierdie jaar gaan ek elke middag as ek huiswerk gekry het, dit dadelik doen. Ek gaan hard leer... Ek gaan... Waarom is n mens so? Het jy al gehoor die grootmense praat van Tipies mens...? Dit is maar soos n mens is. Ouma het altyd gesê: Die mens wik, maar God beskik. Kom ons kyk wat dit beteken: Wik beteken dat n mens wonder oor sekere dinge wat jy moet doen. Soms is dit n moeilike besluit, soms makliker. Jy dink aan wat die voor- en nadele van elkeen van die keuses is. As jy gekies het, wonder jy steeds of jy die regte keuse gemaak het. Beskik beteken dat die regte keuse gemaak word maar dat dit nie n verkeerde besluit is nie. God maak nie foute nie! Het julle al die geskiedenis gelees van toe Dawid as koning gekies is? Saul was koning, gekies deur die Here, maar hy het besluit hy wil nie vir die Here luister nie. God het toe besluit om n ander koning te kies. Hy het nie vir Jonatan, Saul se seun, gekies nie hoewel hy die kroonprins was. Samuel, die Here se profeet, word toe na die huis van Isai gestuur. Daar wik Samuel. Hy kyk na die seuns, een na die ander. Eliab die oudste, groot, sterk en mooi, was n goeie keuse! Samuel wik, maar dis nie die Here se wil nie. So ook nie Abinadab en Samma nie... Nie een van die sewe seuns nie. Maats en dan die mooi van hoe die Here beskik. In 1 Samuel 16:5 sê Samuel dat hy as die profeet saam met Isai en sy seuns n offer wil bring. Hy wil hê dat hulle saam die Here dien. (Lees mooi: Samuel het nie vir Isai gesê hy gaan n koning salf nie net Samuel het geweet.) Dan sê Samuel dat die Here nie een van die sewe gekies het nie! Isai het oorweeg en gekies, maar dit lyk amper of hy nie eers oorweeg het om Dawid te gaan haal dat hy saam met die gesin vir die Here kon offer en die Here dien nie! Die Here beskik. Hulle moet Dawid gaan haal en dit is die keuse van die Here. Julle het seker al gehoor die grootmense praat van DV. Ons gaan DV môre op vakansie. Sien jou DV in die Aprilvakansie. DV is n Latynse afkorting vir Deo Volente, wat As God wil beteken. Dis seker een van die moeilikste dinge wat n mens kan en wil doen: om die Here te laat besluit. Ons moet besef dat die Here baie beter as ons weet wat die regte ding is om te doen. Ons moet net vir Hom vra dat Hy besluit! Kom ons los die nuwejaarsvoornemens! Kom ons vra elke oggend as ons bid: Here, ek wil vandag doen wat U wil hê ek moet doen. As ek planne maak, lei my dat ek doen wat U wil. Groetnis PS: Onthou ons voorbladkompetisie! slingervel februarie 2016 3

Maats, Ons wil graag hê julle moet ons help. Ons wil mooi prente of foto s hê wat ons gaan gebruik vir die Slingervel se voorblad. Ons gaan vir jou 'n boek stuur as ons jou prent of foto gebruik. Kyk bietjie na die boeke waarvan ons julle vertel het in ons Boekeblad ( Wat kan ek lees? ). Ons gaan ons bes probeer om een vir jou in die hande te kry. Stuur so drie boektitels. Stuur dan sommer ook jou foto saam, dan kan die maats sien wie die kunstenaar of fotograaf is. As jy nie self kan nie, vra iemand om jou te help en e-pos die foto/prent aan slingervel@gksa.co.za Sluitingsdatum: 31 Maart 2016 Roer die koue water geleidelik by die koekmeel, totdat dit 'n gladde tekstuur het. VINGERVERF 1 koppie koekmeel 1 koppie koue water 3 koppies kookwater voedselkleursel of poeierverf Gooi dan die mengsel stadig by die kookwater in 'n kastrol. Roer gedurig totdat dit weer begin borrel. Voeg die kleursel by en meng dit goed. Laat afkoel voor gebruik. 8 slingervel februarie 2016

Francois van Wyk Feite van die wêreld Hi Maats Daar is baie feite in die wêreld wat nie noodwendig nuttig is nie, maar wat interessant is om te weet en om gesprekke te begin. Kom ons kyk na 4 afdelings elk met n paar feite: Diere: Blou walvis Hoe groot is n blou walvis? Hulle weeg 90 ton en is 35 m lank. Dit maak die blou walvis die grootste dier wat nog ooit geleef het. Hoe swaar is n blou walvis se tong? 2.7 ton of die gewig van n wit renoster. Hoe groot is n blou walvis se keel? Omtrent 30 cm die lengte van n liniaal. Hoeveel eet n blou walvis? Wel, n baba (kalfie) drink 400 liter melk per dag en n volwasse walvis eet 3.6 ton kril. Kril is n klein seediertjie soortgelyk aan prawns. Hulle is 2 cm lank en weeg 1 gram. Dus: n walvis eet 3 600 000 gram per dag. Menslike liggaam: Bene Hoeveel bene het n mens? As n baba gebore word, het hulle 300 bene, dan groei van die bene aan mekaar vas, tot waar n volwassene 206 bene het. Kan been teruggroei? Net n ribbebeen kan teruggroei. As die been uitgehaal word, maar die beenwortel bly agter, sal dit binne n maand of twee teruggroei. So, noudat ons dit weet, weet ons ook dat Adam nie n gebrek gehad het na God sy been gevat het om Eva te maak nie. Wat is die grootste been in die liggaam? Die dybeen. Dit is 26% van n mens se lengte. Wat is die kleinste been in die liggaam? Die hamer in die oor. Dit is 1.26 mm lank. Plante: Bome Hoeveel soorte bome is daar? Daar is 100 000 boom soorte regoor die wêreld behalwe in Antarktika. Hoe oud is die oudste boom? Die oudste boom is n bristlecone -denneboom wat 4767 jaar oud is. Hoeveel bome word elke dag afgekap? Daar word geskat omtrent 2.47 miljoen bome elke dag. Wat is die grootste woud in die wêreld? Die Amasonewoud. Dit is 5.5 miljoen vierkante kilometer. Dit is omtrent 4 keer die grootte van Suid-Afrika. Bybel: Jesus se geboorte Hoeveel wyse manne het Jesus besoek? Meeste mense dink dat daar drie was, maar dit staan nêrens so opgeteken nie. Daar staan net dat Hy drie verskillende geskenke gekry het. So dit kan twee manne gewees het of tien. Ons weet dit net nie (Matt. 2:11). Hoe lank was Jesus in Betlehem? Dit is weer waar ons dink Hy is net daar gebore, maar die feit dat Herodes al die seuns onder 2 jaar laat doodmaak het, sê dat Hy tot twee jaar oud kon wees en steeds in Betlehem (Matt. 2:16). Is Jesus in n stal gebore? Ons het geen bewyse daarvoor nie. Al wat ons weet, is dat Jesus in n krip neergelê is (Luk. 2:7). Hoekom sê hulle daar was nie plek vir hulle in die herberg nie (Luk. 2:7)? Wel, hier raak dinge moeilik. Ons moet mooi besef dat die vertaling van die Bybel deur mense gedoen word en mense kan foute maak. As mens kyk na die oorspronklike teks, sê dit dat daar nie vir hulle plek was in die katalumati nie. Katalumati is n Griekse woord wat in Lukas vertaal is na herberg. In Lukas 10:34 praat hulle ook van n herberg, maar die Griekse woord daar is pandoxeian. In Lukas 22:11 kry ons weer die woord katalumati, maar daar is dit vertaal na kamer. So gesien, is Jesus in n krip neergelê, want daar was nie plek vir hulle in die kamer nie, maar hulle was in alle waarskynlikheid in n huis. SV 16 slingervel februarie 2016

? slingervel februarie 2016 17