Van Vervolger tot Prediker

Vergelijkbare documenten
Van Vervolger tot Prediker

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Jesaja sien die Toekoms

n Tempel Leier besoek Jesus

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Goeie Konings, Slegte Konings

Die Kerk se Geboorte

Toe God alles gemaak het

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Toe God alles gemaak het

Jona en die Groot Vis

Simson, God se sterk Man

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Totsiens Farao!

Petrus en die Krag van Gebed

Pragtige Koningin Ester

'n Man gestuur deur God

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

Jona en die Groot Vis

God eer Josef die slaaf

Die Groot Muur van Nehemia

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

Elisa, Man van Wonderwerke

Ontmoeting 16. Welkom. Wyding. Woord. (Klein stukkies sjokolade kan dan aan elke kind uitgedeel word.)

Welkom by Die Storie God se storie

En dadelik het daar iets soos skille van sy oë afgeval, en hy kon onmiddellik weer sien; en hy het opgestaan en is gedoop.

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 24 van 60.

Paulus se Verbasende Reise

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Deur Christus Alleen

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Ontdek God Saam. (v 1.0) n Riglyn om nuwe groepe te lei

Jesus het aan Petrus gesê: "en as jy eendag bekeerd is, moet jy jou broeders versterk", net voor sy ontkenning (Lukas 22:32) Petrus vervul die bevel

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Skriflesing: 2 Tim 2:14-26(word gelees deur gemeentelede uit die banke)

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Briewe van Johannes. Ontmoeting 22

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

DOOP: Deel 2 INLYDING:

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

Die Groot Gebod dennis de wet

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Die brief aan die Filippense

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

INHOUDSOPGAWE. Voorwoord Doen God al die skuifwerk hier op aarde? God se genade bepaal sy planne God se meesterplan...

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

1 Johannes 5: /03/2014

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Les 1 vir 7 Oktober 2017

Stephan Joubert skryf gisteroggend in sy Goeie Nuus rubriek in Beeld: Ek wil graag by Stephan aansluit en vir jou vra: hoekom soek jy vir Jesus?

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Geduld & Selfbeheersing

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

Kersliedere. Jesus is die Ewige Lig!

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Transcriptie:

Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker

Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org 2013 Bible for Children, Inc. Lisensie: U het die reg om hierdie stories te kopieër en te druk maar u mag dit nie verkoop nie.

God het groot dinge deur sy mense gedoen in die vroeë kerk. n Man met die naam Filippus was besig om vir mense in n oorvol stad van Jesus te vertel. Maar toe stuur God hom die woestyn in. Hoekom?

God het geweet daar was n reisiger in die woestyn, n hoë amptenaar van die kandake, soos die koningin van Etiopië genoem is. Hy was oppad terug huistoe en het uit n spesiale Boek gelees. Kan jy raai watter boek dit was?

Toe Filippus God gehoorsaam het, het God hom reguit gelei na die hoë amptenaar wat God se Woord gelees het sonder om dit te verstaan. Hy het Filippus genooi om saam te ry.

Wat beteken dit? het die amptenaar vir Filippus gevra. Terwyl die wa aangery het op die woestynpad, het Filippus by daardie Skrifgedeelte begin en Jesus aan hom verkondig.

Die Etiopiese amptenaar het gou die Bybel se boodskap, dat Jesus Christus die Seun van God is, geglo. Toe hulle by water kom, het hy gevra: Wat verhinder dat ek gedoop word?

Toe het Filippus gesê: As jy met jou hele hart glo, kan dit gebeur. Toe die amptenaar antwoord: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is, het Filippus hom die water ingeneem en hom gedoop.

Toe hulle uit die water gekom het, het die Gees van die Here vir Filippus weggeneem, sodat die Etiopiese amptenaar hom nie weer gesien het nie. Hy is toe vol blydskap terug Etiopië toe.

Maar party mense het die Christene gehaat. Stefanus, een van Filippus se vriende, is doodgemaak deur woedende mense wat nie wou hê dat hy oor Jesus praat nie. n Man met die naam Saulus van Tarsus het gehelp om Stefanus dood te maak. Saulus het alle Christene gehaat.

Saulus, wat die Christene met die dood gedreig het, het na die hoëpriester toe gegaan en by hom briewe gekry wat hom die reg gegee het om mans en vrouens wat Jesus se volgelinge was, te arresteer.

Arme Saulus van Tarsus! Hy het nie besef dat as hy God se mense kwaad aandoen, hy dit eintlik aan die Here Jesus Self doen nie. God moes vir Saulus keer. Maar hoe?

God het vir Saulus gearresteer! Toe Saulus oppad was na die stad Damaskus, het God n helder lig uit die hemel op hom laat skyn. Saulus het op die grond geval. Toe hoor hy n Stem!

Wie is U, Here? het Saulus uitgeroep. Ek is Jesus. Dit is vir My wat jy vervolg. Verstom en bewend het Saulus gevra: Here, wat wil U hê moet ek doen? En die Here het vir hom gesê: Staan op en gaan in die stad in. Dáár sal vir jou gesê word wat jy moet doen.

Die mans saam met Saulus het ook die Stem gehoor, maar hulle het niemand gesien nie. Saulus het opgestaan en ontdek hy is blind! Hulle het hom aan die hand in Damaskus ingelei.

In die stad kon Saulus drie dae lank nie sien nie. Hy het ook nie geëet of gedrink nie. Miskien het hy die tyd gebruik om die Here Jesus, wat hom op die Damaskuspad ontmoet het, te aanbid.

God het alles beplan. In Damaskus was daar n dissipel met die naam Ananias. Die Here het hom gestuur om vir Saulus te help. Ananias was bang. Maar hy het die Here gehoorsaam. Toe hy Saulus die hande opgelê het, het die blindheid verdwyn en Saulus is vervul met God se Heilige Gees.

Saulus is gedoop. Hy het ook geëet en sy kragte herwin. Saulus het krag nodig gehad. Hy moes iets baie belangrik doen.

Dadelik het Saulus oor Christus in die sinagoges gepreek, dat Hy die Seun van God is. Almal wat dit gehoor het, was verbaas en het gesê: Is dit nie die man wat die Christene wou uitroei nie? Sommige het beplan om Saulus te vermoor.

Saulus se nuwe vyande het die stadspoorte dopgehou om hom te vermoor wanneer hy die stad verlaat. Maar sy nuwe vriende, die Christene, het hom gedurende die nag in n groot mandjie oor die stad se muur laat afsak.

En van toe af het Saulus, die vervolger van Christene, gelewe as n getroue volgeling van sy nuwe Meester, die Here Jesus Christus.

Van Vervolger tot Prediker n Storie uit God se woord, die Bybel, soos gevind in Handelinge 8-9 Die lees van die Woord gee lig. Psalms 119:130

Die Einde

Dié Bybelstorie vertel ons van ons wonderlike God wat ons gemaak het en wat wil hê dat ons Hom sal leer ken. God weet ons doen baie verkeerde dinge, Hy noem dit sonde. Die straf vir sonde is die dood, maar God het ons só lief dat Hy sy Seun, Jesus, gestuur het om vir ons sondes aan die kruis te kom sterf. Jesus het opgestaan uit die dood en opgevaar hemel toe! Wanneer jy in Jesus glo en Hom vra om al jou sondes te vergewe, sal Hy dit doen! Hy sal saam met jou stap deur die lewe, en jy sal vir altyd saam met Hom lewe! As jy glo dat dit die waarheid is, sê dan die volgende vir God: Liewe Jesus, ek glo dat U God is en vir al my sondes kom sterf het en nou vir altyd lewe. Kom stap asseblief saam met my deur my lewe. Vergewe asseblief al my sondes, sodat ek n nuwe lewe kan hê en eendag vir altyd saam met U kan lewe. Help my om aan U gehoorsaam te wees en vir U te lewe, sodat ek u kind genoem kan word. Amen. Lees die Bybel en praat elke dag met God! Johannes 3:16