1. Ek en my nuwe skool Dag 1 Aktiwiteit 1: Persoonlike en sosiale ontwikkeling Skoolgebou en skoolterreinreëls Verken die skoolterrein en geboue: stap saam met leerders om die skoolterrein en geboue bekend te stel. 1. Hoe oud dink julle is ons skool? Ons laerskool het verskillende grade van Graad 0 tot Graad 7. Ons skool het n naam. Voor op ons skool se ingang is n naamplaat met die naam daarop, sodat mense kan weet watter skool dit is. Ons skool het n adres. Die adres is: Verskillende klaskamers. Die saal, tennisbane, netbalbane, rugbyveld en vierkant waar ouer leerlinge aantree. Verduidelik waarvoor die saal gebruik word en bespreek gedrag in die saal. waar hulle speelterrein is en bespreek buitegeboue soos store, en die die kantore van die administratiewe beamptes, die rekenaar, kluis, lessenaar, telefoon, staalkaste, siekekamer, medisynekas en bespreek die werk van administratiewe beamptes. Die hoof se kantoor en die personeelkamer. Dit is die plek waar die personeel tee drink en sake bepreek. 5. Tuine versier ons skool en ons mag dit nie verniel nie. Aktiwiteit 2: Uitvoerende kuns: Musiek 45 minute Kreatiewe speletjies en vaardighede 1. Leerlinge beweeg in pas met die musiek en doen gepaste bewegings. Hou n reëlmatige ritme en let op vaslegging links en regsbewegings en rigting. 2. Leer die woorde van die liedjie: Rondomtalie. Leerlinge staan seun/dogter in n kring. Leer ook die dansie. Die klas sing die liedjie terwyl hulle die dansie doen. 20
Melodie: Liedjies vir klein mensies - F Lamprecht 4 Voe-tjie links en n voe-tjie regs, Voe-tjie links en n voe-tjie regs Hand-jies op die heu-pies van my Di- na- tjie 2. Swaai die hand-jies links en dan regs (2x) Hand-jies op die heu-pies van my Di-na-tjie 3. Skop jou voet-jie eers op en af (2x) Hand-jies op die heu-pies van my Di-na-tjie 4. Klap jou hand-jies eers een, twee, drie (2x) Hand-jies op die heu-pies van my Di-na-tjie 21
22
Dag 2 Aktiwiteit 1: Aanvangskennis Skooldrag Stel die skooldrag bekend en gebruik werklike voorbeelde van die winterdrag,somerdrag en sportdrag. 1. Elke skool se skooldrag verskil. Somerdrag: Die seuns dra n kortmou hemp en n kortbroek. Die dogters dra n kortmou rok. In die winter dra die seuns en dogters warm skoolsweetpakke of die seuns grys lang broeke en truie en die dogters lang broeke, rompe, truie en lang kouse. Sportdrag: Elke skool het sy eie kleur sportdrag vir verskeie sportsoorte. 3. Jy moet trots wees op jou skooldrag. 4. Pas jou klere op. Dit is baie duur. Bêre jou trui of baadjie in jou tas as jy dit uitgetrek het. 5. Jou skoolklere mag nie vuil of stukkend wees nie. Aktiwiteit 2: Persoonlike en sosiale ontwikkeling 15 minute Roetine aktiwiteite Herhaal die klasgebedjies reeds aangeleer. Verduidelik wat n gebed is en dat die Here ons leer hoe om te bid in die Bybel. Oggendgebed Seën my Pappa en my Mamma boeties en sussies. Ek het almal baie lief! Help my deur die dag om soet te wees asseblief! Amen. Ete Vir die kossies wat ons eet Vir die lessies wat ons leer Sê ons dank aan U, o Heer. Amen. Middaggebed Dankie Heer vir elke dag; Vir gesondheid, maatjies, speel en lag O dankie Heer dat U my bewaar! Amen. 23
Aktiwiteit 3: Uitvoerende kuns: Musiek 15 minute Sang Elke skool het sy eie skoollied. n Skoollied word by verskillende geleenthede deur leerlinge en onderwysers gesing. Jou skoollied vertel van jou skool en hoe jy die Here moet dien. Ons staan op aandag - voete langs mekaar en arms langs ons sye as ons die skoollied sing. Lees die woorde van die skoollied vir leerlinge en verduidelik wat dit beteken. Leerlinge kan na die senior groep luister wat die skoollied sing. Aktiwiteit 4: Liggaamlike opvoeding Sport en speletjies: Tradisionele speletjies Speel Kat en Muis. Leerlinge staan in n kring en hou hande vas. Die kat moet deur die kring probeer kom om die muis te vang. 24
25
Dag 3 Aktiwiteit 1: Persoonlike en sosiale ontwikkeling Skoolreëls en roetine Elke skool het n skoolhoof, personeel (onderwysers), administratiewe beamptes, n ouervereniging en skoonmakers. Die Here wil hê dat ons mense wat hy oor ons aanstel moet respekteer. Groet altyd en wees vriendelik en gehoorsaam. 1. Die skoolhoof: Besluit saam met die onderwysers hoe om Christelike onderwys te gee. Hy maak seker dat die werk wat leerlinge doen nie te moeilik of te maklik is nie. Die leerlinge in die skool moet leer om saam te werk, maar ook selfstandig te word. Gee om vir elke onderwyser en help onderwysers om so met leerlinge te werk en so te lewe dat dit tot diens van die Here is. Sorg dat ouers weet waarmee leerlinge besig is en dat ouers deelneem aan die skool se aktiwiteite. Rapporteer aan die bestuur (ouervereniging, beheerraad) oor alles wat by die skool gedoen en beplan word. Gee raad wanneer leerlinge of onderwysers dit nodig het. Moet toesien dat skoonmakers, onderwysers en leerlinge hulle werk doen. Reël skoolkonserte, sportbyeenkomste en vergaderings en sien toe dat alles vlot verloop. Die skoolhoof bestuur die skool en is vir almal by die skool verantwoordelik. 2. Die administratiewe beamptes: Doen alle tikwerk soos vir omsendbriewe, werkkaarte en vraestelle. Beantwoord telefoonoproepe. Hanteer pos, betaling, navrae en besoekers. Gee medisyne en behandel seerplekke. Hanteer gelde vir aankope, verkopings en byeenkomste soos atletiek. 3. Die onderwysers Gee om vir elke kind en weet dat die Here almal uniek gemaak het. Voed leerlinge op en lei hulle om God te eer met dit wat hulle dink, doen en praat. Leer vir leerlinge van nuwe dinge, om dit te verstaan en om nuwe dinge te kan doen. Leer leerlinge om die regte keuses te maak. Moet n mooi verhouding met elke kind hê. 4. Skoonmakers Sorg dat die klaskamers, personeelkamer, waskamer, toilette, kantore en stoepe elke dag skoon gemaak word. 26
Aktiwiteit 2: Uitvoerende Kuns: Musiek 15 minute Roetine aktiwiteite Herhaal die skoollied. Aktiwiteit 3: Liggaamlike Opvoeding Balvaardighede Twee-twee leerlinge gooi n bal vir mekaar. Leerlinge vorm seuns/dogters rye en speel die speletjie. Speletjie Leerlinge staan in twee rye met die bene wyd uitmekaar. Die leerling wat voor in die ry staan gooi n bal deur al die bene tot agter. Die leerling wat agter staan vang die bal en gaan staan voor in die ry en gooi weer die bal deur die leerlinge se bene. Hou so aan tot al die leerlinge n beurt gekry het. Die leerling wat aan die begin voor in die ry gestaan het en nou weer voor eindig se ry wen die spel. 27
Dag 4 Aktiwiteit 1: Persoonlike en sosiale ontwikkeling Klasreëls en roetine Herhaal toiletroetine en rëels. Aktiwiteit 2: Uitvoerende Kuns: Musiek 15 minute Kreatiewe speletjies en vaardighede: reëlmatige ritme Leer die liedjie: Sannie het n lammetjie Deel driehoekies, stokkies, klokkies en tamboeryne uit. Leerlinge sing en speel (op elke eerste maatslag) saam. 2 4 1. San-nie het n lam - me - tjie, lam - me - tjie, lam - me - tjie. 2. San-nie gee die var - kies kos, var - kies kos, var - kies kos. 3. trap toe in die mod - der - plas, mod - der - plas, mod - der - plas, hy 4. San-nie het hom af - ge - was, af - ge - was, af - ge - was, maar 2 4 1. San-nie het n lam - me -tjie, sy wol is wit soos melk. 2. San-nie gee die var - kies kos,die lam - me - tjie loop saam. 3. Hy 3. trap toe in die mod - der - plas en kyk hoe lyk hy nou. 4. Maar 4. San-nie het hom af - ge - was met gras - sies vol van dou. Aktiwiteit 3: Liggaamlike opvoeding Ritme, balans en koordinasie Leerlinge gebruik hoepels. Sit n hoepel op grond. Spring in die hoepel en weer uit. Sit die hoepel om jou middel en kyk hoeveel keer jy dit om jou lyf kan swaai. Gooi die hoepel vir jou maat om te vang. Klim op en af op teen die klimraam. 28
29
Dag 5 Aktiwiteit 1: Uitvoerende Kuns: Drama 15 minute Improvisasie: Integreer met Taal Leerlinge maak beurte om juffrou te wees wat opdragte gee. Die ander leerlinge voer die opdragte uit: Tel op julle potlode. Staan langs julle stoele. Raak aan jou maat. Sit jou hande op jou kop. Aktiwiteit 2: Visuele Kuns 2D-ontwerp Leerlinge teken die skool of enige iets by die skool. Vestig die aandag op lyn(omlyn), voorwerpe wat vêr of naby is, en voorwerpe wat groot of klein is. 30