fotografienuus As jy mooi kyk, sou jy dit opgemerk het. Daar is reeds bome met geel herfsblare. Towerlantern Fotografie maart maart

Vergelijkbare documenten
fotografienuus wyd Towerlantern Fotografie oor fotografie mei mei Towerlantern Fotografie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Foto-redigering vir sun.ac.za

Indringer in feetjieland Lensopening f2.8; Sluiterspoed 1/160 sekonde; Fokale lengte 100 mm

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

FAKTORE EN VEELVOUDE

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

DRIEHOEK VAN LIG. Kamera Knapie sê. Dis Maklik!!

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Briewe, posseëls en elektroniese pos

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Die planeet aarde beweeg

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Breedte. Oppervlak = Lengte X Breedte. Ons kan nou enige reghoek se oppervlak bereken met hierdie formule, nie waar nie?

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Credo Musiekteorie-opleidingsprogram GRAAD 1 Deur S. J. Cloete

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Ontwikkeling van die luistersiklus. n Hulpmiddel

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

SUKSES vir 2006 I Gedagtes

Plantstruktuur en Plant Voedsel

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

Credo Musiekteorie-opleidingsprogram VOORGRAAD 1 Deur S. J. Cloete INHOUDSOPGAWE

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

MODULE 8 TRIPPEL FLITS HOё TOON ( HIGH KEY ) OPSTELLING

Omgekeerde bewerkings Getalsinne

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Die plek van rus en vrede oor die fees tyd en oujaar. Of te wel die plek van water en vis! So vernoem ek hom in 2014.

Antonieme en sinonieme

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Skoolgereed in 10 weke: Week 1

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Inleiding Tot Die Jagluiperd

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Les 14: Entrepreneurskap

6 tellers en noemers bymekaarbring en van mekaar skei.

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

AFRIKAANS HUISTAAL: VRAESTEL I PROEFVRAESTEL I

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Stel jou kind belang in lees en boeke? Ja / nee

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Efesiërs 2: Agtergrond. Oor die stad Efese:

GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17

Laerskool Olifansvallei LSO Kwartaal 1 - ASSESSERINGSPROGRAM

Om getalle voor te stel, te herken en te vergelyk *

WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING?

Voorgrond- Agtergrond Voorgrond-agtergrond is die vermoë om voorwerpe op die voorgrond en agtergrond waar te neem en hulle sinvol te skei.

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

25. Ja, Jeremia, jy kan! Jeremia 1

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Eerste kwartaal. Weeklikse lesbeplanning. 1. My skool Week 1. Getalle, bewerkings en verhoudings. Aktiwiteite en werkkaarte vir die week

1. So iets het ons nog nooit gesien nie Markus 2:1-12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT (NSS) GRAAD 11 HALFJAAR EKSAMEN AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL DERDE VRAESTEL (NSC11-07) D C

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

Gemeenskaplike Vraestel GRAAD 10: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: STELWERK INSTRUKSIES EN INLIGTING. OOS-KAAP Onderwysdepartement UITENHAGE DISTRIK

.1 INLEIDING. geleenthede te adverteer en deelname te bevorder Moets

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

FORMELE DEFINISIE van n PRISMA

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Jesaja sien die Toekoms

Paulus kritiseer sy tyd se manier

20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NOORDWES PROVINSIALE ASSESSERING GRAAD 6

14. Ek glo my sondes word vergewe 1 Johannes 1:5 2:2

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Transcriptie:

fotografienuus maart 2018 Aandskemer Lensopening f32; Sluiterspoed 4/5 sekonde; Fokale lengte 100 mm As jy mooi kyk, sou jy dit opgemerk het. Daar is reeds bome met geel herfsblare. Moet dus nie sê dat die herfs nog nie hier is nie. As jý nie so dink nie... daar is wel bome wat van beter weet. En hulle is dalk meer reg as jy. Die wonderlike ding van fotografie is dat dit jou leer, dalk dwing, om die lewe om jou raak te sien. Dit maak net dat jy makliker fotogeniese mense raaksien; of besondere diere of plante of... kleurvolle sonsondergange. Party gee jou langer kans om jou kamera reg te kry en foto s te neem, ander korter, soos sonsondergange. Die fototoneel hierby het gelukkig n tydjie geduur en (nog n geluk!) die kamera was nie te diep weggepak nie. Probeer dus om altyd reg te wees vir foto s, al is dit selfs net met jou selfoon. Die foto bo het n sekere gevoelswaarde (of luim of atmosfeer). Jy hou daarvan of dalk nie; dit herinner jou miskien aan iets; dit het n sekere stemming. In hierdie uitgawe van Fotografienuus wil ons meer gesels oor luim in n foto en wenke gee. Aangesien foto s van sonsondergange en -opkomstes dikwels vir fotograwe frustrerend is, sal ons ook wenke gee vir die fotografering daarvan. Lees ook onder andere nog verder oor die oulikste eekhorinkies en kry inligting oor ons volgende eerstevlakkursus.

Luim in n foto wat is dit? Om n formele definisie van luim (Engels: mood) in fotografie te vind, blyk haas onmoontlik te wees. En om n direkte antwoord te gee op die vraag Wat is luim in fotografie? is net so moeilik. Ons probeer wel die volgende beskrywing: Luim (of ook stemming, soos die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal as sinoniem gee) is n gevoel of gemoedstoestand by n persoon op enige gegewe tydstip. Luim kom ook na vore in die literatuur, in musiek en ander kunsvorme, waaronder fotografie. As voorbeeld kan genoem word dat die luim van n skildery ontstellend of kalmerend kan wees. Enkele voorbeelde van luim is geluksaligheid, opwinding, plesierigheid, troosteloosheid, verlange en verwondering. Die vraag is hoe om luim in foto s na vore te bring. In die internet-artikel Eight magical methods for adding mood to your photos deur Andrew Gibson word die volgende wenke gegee: 33Gebruik n groot lensopening 33Onder- of oorbelig 33Speel rond met die witbalans 33Neem foto s teen die lig in 33Fotografeer sonsopkomste of sonsondergange 33Gebruik n lang sluiterspoed 33Neem foto s in monochroom 33Voeg tekstuur by Die bedoeling van elke wenk is duidelik. Gebruik agt dae en neem elke dag n foto van een van dié wenke. Raadpleeg ook die meegaande adres vir vollediger beskrywings. https://photography.tutsplus.com/articles/8-magical-methods-for-adding-mood-toyour-photos--photo-3031

Sonsondergange en -opkomstes Die fotografering van sonsondergange en -opkomstes verskil in beginsel nie van mekaar nie behalwe dat jy vir laasgenoemde vroeg moet opstaan en vir eersgenoemde waarskynlik reeds wakker is. In die riglyne wat volg, gesels ons net oor sonsondergange; maak self die nodige aanpassings vir die oggend. Die bedoeling met die riglyne is om te help met die kamera-instellings deur stap vir stap voorstelle te maak; maar volg ook jou kop na goeddunke. Aanvaar die volgende: 33die foto-toneel is reeds opgestel, 33die kamera is beslis op n driepoot en 33 n redelike komposisie en fokussering is al gedoen. Volg dan die volgende voorskrifte: 33Tipe lens: Jy het n redelik wye keuse. Begin met die standaard 18-55 mm lens en varieer die hoekwydte, afhangend van die toneel wat jy wil afneem. (Lees ook die opmerkings verderaan.) 3Portret-/Landskapformaat: 3 Aangesien n sonsondergangtoneel tipies n landskaptoneel is, sal die eerste keuse hier waarskynlik landskapformaat wees. Wees egter gereed om vinnig na portretformaat te verander indien nodig. 3ISO: 3 Kies n lae ISO sodat n vergroting steeds sonder ruis (Engels: noise) sal wees. 3Witbalans: 3 Eksperimenteer; en maak jou reg vir besondere kleure. 33Keuse van fokuspunt: Die fokuspunt sal afhang van die toneel. Maak self verskillende keuses. 33Lensopening: Die lensopening kan enigiets wees. Omdat dit n landskap is en alles ver van jou af is, is die velddiepte nie n faktor nie. Varieer dus jou keuses. As daar wel gedeeltes van die toneel is wat naby jou is, is dit n ander saak. Besluit dan self oor skerptes en onskerptes. 33Sluiterspoed: Gebruik die liniaal om aanvanklik die korrekte beligting te kry. Gaan dan voort en neem stapsgewys foto s waarvan die beligting al meer en meer onderbelig is. Neem selfs tot 5 foto s of meer. Hieruit sal jy per rekenaar n goeie keuse kan maak. HIERDIE IS DIE GROOT GEHEIM VAN SONSONDERGANG- FOTO S MET MOOI KLEURE. 33Fyn fokussering: Kontroleer van tyd tot tyd of die fokussering in orde is. As dit moei lik is om op wolke te fokusseer, probeer dan n lamppaal of ander item ver weg om op te fokus. vervolg op die volgende bladsy

Sonsondergange en -opkomstes vervolg Laaste wenke: 33Dit kan wees dat jy net die son en n klein omgewing alleen wil afneem. Verander dan na n langer lens, maar gebruik steeds die driepoot. 33Moenie, tydens sonsondergange, net na die weste staar nie! Dit kan net wees dat daar aan die oostekant ook mooi wolke is. Wees bedag daarop. 33Vir variasies kan jy allerlei dinge doen: Kry byvoorbeeld n skerp voorgrond met n onskerp agtergrond (die sonsondergang) of beweeg die kamera en maak kleur jou onderwerp. 33Stuur gerus van jou foto s vir Towerlantern; ons plaas dit graag op Facebook of in Fotografienuus. Towerlantern se volgende kursus Ons stel ons volgende eerstevlakkursus bekend: 33Datums: Die kursus vind gedurende die tweede kwartaal van 2018 plaas en begin DV op 25 April en duur tot 31 Mei. 33Koste: Die koste is R1400 vir die hele kursus, bestaande uit 10 klasgeleenthede. 33Goedkoper tarief: As jy gedurende Maart jou plek bespreek, is daar n afslagprys van R1200. 33Wat om te verwag: Die kursus begin met algemene sake soos komposisie, kleur en lig. Dan gaan dit verder na basiese kamera-instellings soos lensopening, sluiterspoed en ISO. Hierna begin toepassings op verskillende tereine, byvoorbeeld mens-, sport-, landskap- en blomfotografie. Aan die einde van die kursus sal jy verstom staan oor wat jy alles met jou kamera kan uitrig. Dit gebeur baie dikwels dat fotograwe nie onderskei tussen die zoemring en die fokusring van n lensstelsel nie. Bestudeer jou lensstelsels en maak seker van die volgende moontlikhede: 33Daar is net een stelring, naamlik n fokusring (byvoorbeeld n 100 mm makrolens). 33Daar is net een stelring, en wel n gekoppelde zoem- en fokusring. Maak seker van sy werking. 33Daar is twee stelringe, naamlik n zoemring (vir in- en uitzoem) en n fokusring. Maak seker watter is watter. Saamgevat: Moenie dink jy kan met die zoemring fokus of met die fokusring zoem nie.

Ons het verlede maand die wenk gegee dat jy laag moet lê wanneer jy foto s neem, veral onder andere met blomfoto s. Ons kom nog weer terug op hierdie saak want dit kan nie te veel beklemtoon word nie. Die foto s hierby toon drie blommodel-gevalle (blomdeursnee ongeveer 1 cm). Elke foto het n bestaansreg op sy eie, en dit gaan nie noodwendig daaroor om die beste een te kies nie. Elkeen het ook n ander gevoelswaarde. Foto 1 is van reg bo afgeneem. Dit toon n gedeelte van n blombedding en die infokus blommetjie wys die vorm baie mooi. Die toneel is baie plat, ten spyte van die vlak velddiepte. Die lensopening is f2.8, fokale lengte 100 mm en die onderwerpafstand ongeveer 40 cm. Foto 3 is gelyk met die blom geneem; die ka mera het baie laag gelê (as t ware vas aan die driepoot onderstebo teen die grond). Dit toon detail van die blom en is van baie naby geneem. Dit het heeltemal n ander gevoelswaarde (luim) as die ander twee foto s. Die lensopening is weereens f2.8 en die fokale lengte 100 mm; die onderwerpafstand is ongeveer 20 cm. Foto 2 is skuins, teen n hoek van 45 grade, geneem. Dit gee n beter oorsig oor die blommetjies as die eerste foto en het n bepaalde aantrekkingskrag. Dit vertoon meer diepte en perspektief. Die lensopening is f2.8, fokale lengte 100 mm en die onderwerpafstand ongeveer 80 cm. Die omgewingstoneel van hierdie foto s is dieselfde bedding, maar die kamera se invalshoek vir elk van die foto s is gewissel. En dit is die boodskap van hierdie foto s: Neem foto s vanuit verskillende kamera-invalshoeke en kies jou bestes.

FOUTE!geskryf deur Johann Nel Wanneer jy begin met fotografie of alreeds jarelank fotografie beoefen is daar altyd maklike foute om te maak al ken jy die regte manier. Ek het so n lysie saamgestel soos uit my eie ervaring en wat ek onlangs in n artikel gelees het oor dieselfde onderwerp, geskryf deur n fotograaf in die rubriek The Digital Photographer School 33Om nie jou kamera-handleiding goed te bestudeer en te bemeester nie. 33Om jou kamera (hoe klein of eenvoudig ook al) te blameer ( as ek maar net n duur der, groter kamera gehad het ). 33Om nie die teorie agter die saak te ken en te verstaan nie (byvoorbeeld komposisie, met-die-hand instellings, tyd van die dag, verskillende onderwerpe). 33Om jou altyd te vergelyk met andere (wees net JOUSELF!). 33Om nie te doen wat vir JOU reg en mooi is nie. 33Om nie te doen wat vir jou lekker en aangenaam is nie. Ons het hierdie op die Internet raakgeloop. Dit kom uit n Lego-pamflet van die 70 s. Kreatiwiteit kan (en mag) nie beperk word nie!

FOTO uitdaging Februarie & Maart Februarie Die foto-uitdaging van Februarie het gegaan oor langsluiterspoed-fotografie en die uitdaging is soos volg bewoord: Neem enige foto met n sluiterspoed van langer as 30 sekondes. Dit moet hierby genoem word dat wat kamera-instellings betref, daar n groot verskil is tussen die instel vir n sluiterspoed van 30 sekondes en n sluiterspoed van langer as 30 sekondes (Engels: bulb). Daarom is dit ook genoem dat dit dalk nodig sou wees dat jy moet nagaan hoe om met jou kamera n foto te neem met so n lang sluiterspoed. As jy onseker is, slaan dit na of kontak ons. Op grond van hierdie afsprake het die beoordelaars besluit dat daar geen wenner is nie. Baie dankie aan diegene wat wel deelgeneem het. Maart In aansluiting by ons luimtema hierdie maand, is die nuwe uitdaging: Neem n foto wat luim uitbeeld. Dui presies aan watter elemente van dié wat genoem is in die artikel Luim in n foto wat is dit? word in jou foto uitgebeeld. Die prys is R300 vir die beste foto. Dit staan die paneel vry om te besluit dat geen prys toegeken word nie. Die foto moet geneem wees in die tydperk 1 tot 25 Maart 2018. Op internet gesien Die Russiese fotograaf Vadim Trunov het n besondere fotografie-voorliefde. Hy maak opstellings in woude en ander plekke met n verskeidenheid items, byvoorbeeld n kamera op n driepoot, en kyk dan wat gebeur. Wie daag op? Wat gebeur? Wie is die modelle? Wie is die fotograwe? Kyk by die onderstaande adres en ander webblaaie vir sy besondere foto s, soos onder andere die foto hierby. https://www.boredpanda.com/squirrel-photography-russia-vadim-trunov/

Filters Vroeër was los fisiese kleurfilters nogal n groot saak vir fotograwe. Deesdae is ons gelukkiger want kameras het ingeboude filters. Die vraag is wel: Is jy bewus daarvan dat jóu kamera n verskeidenheid kleurfilters het wat tot jou beskikking is? As jy dit nie weet nie, raadpleeg dadelik jou kamera se handleiding. Jy kan baie kreatief wees as jy eers weet hoe om dit te gebruik. Behalwe die ingeboude kleurfilters, bespeek ons n paar kleurfilters wat tot jou beskikking is. Beligting (intern) (Engels: exposure): Ons het reeds by luim daarna verwys dat jy jou foto s kan/moet onderbelig of oorbelig. Dit word natuurlik gedoen met behulp van die lensopening-, sluiterspoed- en ISO-stellings. Wees dus deurentyd bewus hiervan. En soos ons ook elders genoem het, kan jy skemerfoto s baie mooier kleure gee deur te onderbelig. Witbalans en fynwitbalans: Hierdie instellings word op die kamera aangedui deur WB (Engels: White Balance) en WB Shift/Bkt (Engels: White Balance Shift / Bracketing), of soortgelyke bewoording. Onthou dat die witbalans nie net bedoel is om die kleurtemperatuur te kor rigeer nie; dit kan ook doelbewus verkeerd gebruik word om jou kunssinnigheid uit te leef. Die fynwitba lans doen dieselfde, maar is net n fyner instelling. As jy n Canon het, soek vir n skerm soos op die foto hierby. Ingeboude kleurfilters: Soos genoem, is dit die beste dat jy self op jou kamera dié filters opspoor. Tipiese voorbeelde van dié kleure is monochroom, sepia, rooi, blou, geel en pers. As jy met enige van hierdie stellings nie regkom nie, kontak Towerlantern. Beter nog, as jy nog nooit n fotografiekursus gedoen het nie, skryf daarvoor in (Potchefstroom of aanlyn). Redakteur: Johan de Klerk Bladuitleg: Fransa Vorster van Colourcode Designs