WISKUNDE / MATHS 24 STRATEGIE HANDLEIDING. Opgestel deur A J Lamprecht

Save this PDF as:
 WORD  PNG  TXT  JPG

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "WISKUNDE / MATHS 24 STRATEGIE HANDLEIDING. Opgestel deur A J Lamprecht"

Transcriptie

1 1 WISKUNDE / MATHS 24 STRATEGIE HANDLEIDING

2 2 Hoe om Maths 24 te speel: Spelreëls: Een manier om die kaarte te gebruik is om dit in n kompeterende speletjie te organiseer. Leerders kan as indvidue of spanne van 2 kompeteer. 1. Organiseer die leerders in groepe van 3 8 rondom n tafel. 2. Plaas n pak kaarte in die middel van die tafel. 3. Die doel van die spel is dat n speler of n span eerste die antwoord van 24 deur Wiskundige berekening sal vind. 4. Die spel werk dan as volg: Jy kan optel, aftrek, vermenigvuldig en deel. Jy moet al 4 die syfers op die kaart gebruik Elke syfer mag net een maal gebruik word. Antwoorde van n bewerking mag net een maal gebruik word Die antwoord moet presies 24 wees Jy mag nie 2 syfers langs mekaar plaas om n groter getal te maak nie. Bv. 2 en 3 kan nie 23 word nie. Die syfers is onderstreep sodat die 6 en 9 nie verwar kan word nie. 5. Wanneer n speler die oplossing gevind het, plaas hy sy hand op die kaart en sê Ek het dit of iets soortgelyk. 6. Die eerste speler wat aan die kaart raak en die antwoord korrek volgens die getalsin/uitdrukking het, wen die kaart. Hy neem die kaart en sit dit voor hom neer. 7. Indien verkeerd, kry die volgende speler n kans. Opvoeders kan hier ook ander planne improviseer. Daar kan van bv. Strafkaarte gebruik gemaak word. By verkeerde antwoorde moet die leerder dan een neem. Daarop is n minus wat punte gaan aftrek. Punte word bepaal deur die kolletjies in middel. 8. Indien daar tyd verbygaan en hul nie die oplossing kon vind nie, word die probleemkaart eenkant gesit. Dan kan almal na n oplossing soek of hulle kan aangaan met die volgende kaart. Dit is belangrik dat die probleemkaart nie verwyder word nie omdat spelers reeds n poging aangewend het daarmee. Die verkeerde oplossing moet reggestel word. Indien daar 2 of meer sulke kaarte is, kan dit onder die stapel gesit word en die spel kan voortgaan.

3 3 LW. Wanneer daar formele Maths 24 kompetisies plaasvind sal die probleemkaart verwyder word. 9. Aan die einde van die spel sal die speler / span met die meeste punte (minus strafpunte) die wenner wees. VOORBEELDE VAN REGTE EN VERKEERDE ANTWOORDE: Regte antwoorde: x6=30; 30 2 =15; = =1; 7 1=6; 6 x 4 = Verkeerde antwoorde = 6; 3-2 =1; 1 x 4 = 4; 4 x 6 = 24: Rede: 2 is 2 maal gebruik x4 = 12; 12 4 = 3; 12 x 2 = 24 Rede: Antwoord van oplossing 2x gebruik x4=12; 12x 2= 24 Rede: slegs 3 syfers is gebruik ALGEMENE WENKE: 1. Maak seker dat leerders dit geniet 2. Gebruik eers die kaarte met 1 kol sodat leerders selfvertroue kan opbou. 3. Wanneer 1 leerder die antwoord kry, vra dat n ander die oplossing herhaal. Dit help die leerproses en hou almal betrokke.

4 4 4. Indien daar meer as 1 groep in die klas speel, behoort leerders volgens vermoë gegroepeer te word. Dit is ter wille van die bou van selfvertroue. 5. Buiten Maths 24 is daar talle ander speletjies met kaarte. Moedig leerders aan om dit met die klas te kom deel, solank dit met Wiskunde verband hou. Oorweeg gerus die bekendstelling aan skaak. Maths 24 as n onderrig hulpmiddel Wat hou dit in vir die leerders? Die genotvolle en gestruktureerde speletjies wat daarmee gespeel kan word, dra positief by tot die ontwikkeling van hul Wiskunde. Maths 24 bring n atmosfeer van pret en opwinding in die klaskamer. Dit stimuleer kreatiwiteit, onafhanklike leer en selfmotivering en selfvertroue. Dit moedig verskillende benaderings tot probleemoplossing aan en verbeter die vermoëns van leerders om oor Wiskunde te praat. Dit lê ook kombinasies vas. Belangrik egter: DIE VLAK WAARTOE DIT GEBEUR HANG EGTER VAN DIE ONDERWYSER AF! Deur Maths 24 in die klas te speel, kan leerders se gesindheid teenoor Wiskunde so verander dat voorheen nie- belangstellendes in belangstellendes verander. Hieronder volg n aantal variasies op die gewone aanwending van die kaarte. Die ontwikkeling verskuif geleidelik van die ontwikkeling van goeie strategieë tot die bekendstelling aan meer uitdagende Wiskundige speletjies en probleemoplossing. Uiteindelik kan Maths 24 half vergete raak, maar die vaardighede wat leerders ontwikkel het, sal gevestig wees by die leerders. KOM ONS BEGIN: Bou selfvertroue van die begin af Leerders sal vinnig besef dat Maths 24 groot pret kan wees. Aanvanklik mag sommige leerders afsydig staan. Die leerders wat Wiskunde swak vaar, en sukkel met motivering kan dalk geïntimideerd voel en onseker voel om met ander te kompeteer. Die volgende oefening kan gebruik word om die leerders op hul gemak te stel en deelname aan te moedig.

5 5 1. Rangskik die klas in kleiner groepe van 2 4 leerders. Gee n paar kaarte aan elke groepie. Gee meer van die eenvoudige kaarte as van die ander om vanselfsprekende redes. 1 kolletjie kaarte vir die swakker leerders en 2 en 3 kolletjie kaarte vir sterker leerders. 2. Verduidelik die doel van die spel ( om 24 te bereken) deur al 4 syfers te gebruik en deur van die 4 basiese bewerkings gebruik te maak. Moenie die kompetisie aspek op hierdie stadium noem nie! 3. Die groepe werk nou as n span om die korrekte bewerking op elke kaart te vind. Wanneer elke groep ten minste vir elke kaart n oplossing gevind het, moet hul dit met van die ander groepe ruil. Groepe wat vinnig klaarmaak, kan na ander oplossings soek. 4. Hierdie oefening word herhaal totdat die leerders gemaklik voel met die kaarte. Wenk: Gebruik n lang Wiskunde periode vir hierdie doel. 5. Leerders is nou gereed om die spel te speel soos op bladsy 1 verduidelik word. ANDER WYSES WAAROP MATHS 24 GEBRUIK KAN WORD: 1. As n ko- operatiewe SPAN aktiwiteit: In hierdie variasie word die pak kaarte in n aantal stapels verdeel sodat elke span wat deelneem n stapel het. Elke stapel moet van alle kolle kaarte bevat. Die onderwyser gebruik n stophorlosie om tydgleuwe te bepaal. Die spanne begin speel en moet oplossings vind vir soveel as moontlik kaarte. Dit sal goed wees as leerders die oplossings neerskryf. Dit sal hul vermoë om getalsinne te formuleer verbeter. Aan die end van die eerste tydgleuf, word die stapels kaarte roteer na nuwe spanne en die proses word herhaal. Aan die end van die laaste ruiling word die antwoorde tussen die spanne wat met dieselfde kaarte gespeel het, vergelyk. Punte word toegeken, maar die span wat n bepaalde moeilike kaart alleen opgelos het, kry dubbele punte. 2. Maths 24 Vasvra: Die klas word in 2 of meer gelyke groepe verdeel. Elke lid van n span kry n beurt om punte vir sy/haar span aan te teken. Die onderwyser stel die vrae. Wanneer n leerder se beurt aanbreek kan hy/sy kies tussen n 1,2,3 kol kaart. Die onderwyser vertoon dan die kaart aan almal om op te los. Die leerder kry n bepaalde tyd om die oplossing te vind vir DUBBEL PUNTE. Indien hy/sy dit nie kan doen nie, kan n ander lid van die groep dit per sigwaarde antwoord. Indien niemand in die span die oplossing kan vind nie, kan n ander span kans kry vir slegs die sigwaarde. 3. Permutasies:

6 6 Dit behels n inter- groep kompetisie waar spanne soveel as moontlik oplossings moet vind vir elke kaart. Leerders sal goed debatteer oor verskillende metodes. Verduidelik dus vooraf aan leerders watter verskillende metodes u sal aanvaar. By hierdie spel word punte slegs toegeken vir vir oplossings wat die ander spanne nie kon kry nie. Die klas word verdeel in groepe van 3-6 en elke groep kry n stel kaarte (diselfde of verskillende vir elke groep). Elke groep werk saam om soveel as moontlik oplossings te vind. Die klas moet ooreenkom oor wat as verskillende gesien kan word (bv. Kommutatief). Die onderwyser moet ferm wees met hierdie gesprekke. Punte bepaal: Die sigwaarde van die kaart 2 x die sigwaarde vir n ander oplossing 3 x die sigwaarde van nog n ander oplosssing Aan die end van die periode of n bepaalde tydgleuf, handig die groepe die geskrewe oplossings in en die onderwyser of n groepleier bepaal die puntestand. LEERDERS KAN MET VARIASIES VAN HIERDIE METODES VORENDAG KOM. STEL DIT ASB OP PROEF. 4. Bewerkings: Die spel word soos hierbo gespeel maar die bewerkings kry verskillende waardes bv. + = 1 punt, - = 2 punte. Met hierdie variasie, mag groepe slegs 1 oplossings per kaart aanbied, maar moet besluit watter een. ( Waar leerders negatiewe getalle ken, kan die punte vir bewerkings ook negatief in waarde wees.) 5. Toegelate bewerkings: Met hierdie variasie word slegs sekere bewerkings toegelaat. Bv. Slegs x en. Onthou egter dat daar vir sekere kaarte nie oplossings sal wees nie. 6. Kleinste getal: Die doel hier is om te sien wie kan die kleinste getal vorm deur steeds al 4 syfers te gebruik. Vir die kaart;8,8,7,3 kan n speler bv /21 of = -10. Besluit of heelgetalle of breuke as antwoorde toegelaat gaan word. Belangrik: volgorde van bewerkings en ander eienskappe van getalle sal self ontdek word en die onderwyser kan hier aanknopingspunte maak met hierdie konsepte.

7 7 7. Vorm breuke: Wanneer breuke onderrig word kan daar met hierdie variasie gewerk word. Leerders moet, deur die kaarte met die heelgetalle te gebruik, soveel as moontlik verskillende breuke vind binne n sekere getalgebied bv tussen n half en 1. Let op na ekwivalente breuke. Verder kan leerders dan gevra word om die breuke wat in die groep gevorm is, volgens grootte te rangskik. 8. Nomineer antwoorde: In plaas daarvan om 24 te vind kan n speler in die groep n antwoord uitroep 9. Ontwerp eie spel: Leerders word uitgedaag om hul eie spel o.g.v. die Maths 24 strategie te ontwerp. VERSPREIDE HERHALING: Hoe meer die leerders kontak het met die kaarte, hoe meer waarde sal hul daaruit put. Wissel af met Mental Maths bv. Leerders speel in groepe van 2. Twee groepe speel teen mekaar. Groepe bly vir week dieselfde en speel teen verskillende spanne. Uitslae word opgeteken in die klas waar almal kan sien. Speel tydens pouses Speel met kaarte kan as beloning gebruik word. Maak groepe groter en tussen klasse en buurskole Beloning vir leerders wat vroeg met werk van die dag klaar is. Gebruik as tuiswerk aktiwiteit.

8 8 Gebruik as probleemoplossings-aktiwiteit tydens lesse N TRAPPIE VERDER! Hieronder volg variasies wat goeie uitdagings aan leerders kan bied. 1. Gee aan leerders die kaart met 2,3,7,8. Gee opdrag dat hul al die opeenvolgende ewe getalle van 1 tot en met 51 vind deur van die die Maths 24 beginsels gebruik te maak. Die kaarte met 1,2,5,8 en 2,3,8,9 kan ook vir die aktiwiteit gebruik word. Met lg kaart kan leerders uitgedaag word om self groter ewe getalle te vind. Hul sal tot en met 59 kan vorder! 2. Leerders kan versoek word om die 4 getalle te neem en 1 getal te kies vir die invoergetal en n ander vir die uitvoergetal. Leerders moet nou 3 bewerkings soek wat as operator kan dien. Die res van die uitbreiding van die LU kan daaruit volg. Daar word vertrou dat onderwysers en leerders die spel sal geniet en leerders terselfdertyd selfvertroue met Wiskunde sal opbou. A. J. Lamprecht KA Wiskunde : Weskus Onderwys Distrik

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER HOEKOM MENTAL MATHS? Ons wil hê dat ons leerders gemaklik met getalle kan speel. Hy moet weet waar n getal lê. Hy moet n klomp somme met die getal kan maak. Mental Maths bou

Nadere informatie

GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS

GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS 2011 GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS INSTRUKSIES AAN ONDERWYSERS 1. Daar is makliker en moeiliker items. 2. Die voorbeelditems is so saamgestel dat leerders hulself kan

Nadere informatie

FAKTORE EN VEELVOUDE

FAKTORE EN VEELVOUDE FAKTORE EN VEELVOUDE Ons gaan nou na n paar stukkies teorie kyk in verband met Natuurlike- en Telgetalle. Voltooi: 3 X 1 = 3 X 2 = 3 X 3 = 3 X 4 = 3 X 5 = Ons sê dus dat 3, 6, 9, 12 en 15 VEELVOUDE is

Nadere informatie

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies? VERGELYK en RANGSKIK GETALLE Om vergelykings te tref tussen verskillende dinge is n vaardigheid waarmee ons almal gebore word. Dit begin vroeg-vroeg al wanneer ons verskillende tipes speelgoed met mekaar

Nadere informatie

Inleiding Tot Die Jagluiperd

Inleiding Tot Die Jagluiperd Les Plan Een Inleiding Tot Die Jagluiperd KRITIEKE UITKOMSTE KU #1: KU #2: KU #3: Identifiseer en los probleme op en maak besluite deur van kritieke en vindingryke denke gebruik te maak. Werk effektief

Nadere informatie

Lees en Leesgereedheid

Lees en Leesgereedheid Lees en Leesgereedheid Leesgereedheid Dit is belangrik dat voordat met formele lees begin word om seker te maak dat u kind wel leesgereed is. Visuele en ouditiewe diskriminasie speel n uiters belangrike

Nadere informatie

Vlotheid en intonasie

Vlotheid en intonasie Vlotheid en intonasie Marlene van der Berg 5/20/2012 2 Vlotheid Die gebrek aan vaardigheid in swak lesers is bewys deur hul stadige, hakkelrige en inkonsekwente tempo, swak frasering; en onvoldoende intonasie

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer WIE KIES EK OM TE WEES? WAT KIES EK OM TE WEES RESPECT 4 U Gedurende hierdie les sal jy: Leer oor die RESPEK vir jouself program en jou ontmoet onderwyser ontmoet Maniere identifiseer om RESPEK te wys

Nadere informatie

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele Wiskundige Geletterdheid Data Hantering Opsomming van Data Kwartiele Let wel: KAPV vereis slegs die interpretasie van kwartiele (houer-en-punt stippings). Ek sluit egter die teken van die houer-en-punt

Nadere informatie

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? Luister en praat Naam: Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? 3. Waaraan, dink jy, dink die kat? 4. Hoekom dink jy is daar ʼn slot aan

Nadere informatie

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die Ons praat baie van dinge wat in verhouding tot mekaar is, sonder om dit regtig agter te kom! As jy byvoorbeeld sê dat jy twee van die ses stukke van n pizza geëet het, het jy n verhouding beskryf: Die

Nadere informatie

Skoolgereed in 10 weke: Week 1

Skoolgereed in 10 weke: Week 1 Skoolgereed in 10 weke: Week 1 www.kinderwerf.co.za Vaardigheid 1: Kan jou kind al skoenveters vasmaak? Indien hy/sy nog sukkel, oefen dit met hierdie oulike skoenveter-rympie! Hasie-gaatjie om die draaitjie,

Nadere informatie

FASILITEERDERSGIDS WISKUNDE GRAAD 4

FASILITEERDERSGIDS WISKUNDE GRAAD 4 FASILITEERDERSGIDS WISKUNDE GRAAD 4 Kopiereg 2016 Impak Onderwysdiens (Edms.) Bpk. Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg,

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind L e s 1 5 Verantwoordelikheid en hoe om Hulp te kry Gedurende hierdie les sal jy: Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind Erken wanneer die

Nadere informatie

Week 5. Dag 1. Aktiwiteit 1: Luister en praat. Aktiwiteit 2: Klanke. Leermateriaal

Week 5. Dag 1. Aktiwiteit 1: Luister en praat. Aktiwiteit 2: Klanke. Leermateriaal Dag 1 Leermateriaal Weerkaart Klaskoerant Klankkaart: oo (Apparaat) Dubbelklankstorie: oo (bl. 7) Assosiasieprent 1: oo vir oog (bl. 91) Assosiasieprent 2: oo vir boom (bl. 92) Letterkaarte Natrekvel oo

Nadere informatie

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING WISKUNDE JUNIE EKSAMEN 2015 GRAAD 8

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING WISKUNDE JUNIE EKSAMEN 2015 GRAAD 8 ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING WISKUNDE JUNIE EKSAMEN 01 GRAAD 8 TOTAAL : 100 TYD : UUR Totale bladsye insluitende voorblad : 7 Wiskunde Graad 8 Junie 01 INSTRUKSIES EN INFORMASIE 1. Die vraestel bestaan

Nadere informatie

Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Stel jou kind belang in lees en boeke? Ja / nee

Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Stel jou kind belang in lees en boeke? Ja / nee Kinderwerf.co.za leesprodukte (2014) Evalueringsvorm Meer inligting Gratis diftongkaart Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Beantwoord die volgende vrae om te kyk of die leesmateriaal op julle van

Nadere informatie

Les Plan Vier. Voeding

Les Plan Vier. Voeding Les Plan Vier Voeding KRITIEKE UITKOMSTE KU #1: Identifiseer en los probleme op op 'n manier wat getuig daarvan dat kritieke en vindingryke denke gebruik is om verantwoordelike besluite te neem. KU #3:

Nadere informatie

Tema 8: Mense wat ons help

Tema 8: Mense wat ons help Tema 8: Mense wat ons help Dag 1 Week 4 8 Leermateriaal Weerkaart Klaskoerant Klankkaart aa (Apparaat) Dubbelklankstorie: aa (bl. 7) Assosiasieprent 1: aa vir aap (bl. 69) Assosiasieprent 2: aa vir haan

Nadere informatie

OpenStax-CNX module: m Om tyd te leer lees. Siyavula Uploaders

OpenStax-CNX module: m Om tyd te leer lees. Siyavula Uploaders OpenStax-CNX module: m31957 1 Om tyd te leer lees Siyavula Uploaders This work is produced by OpenStax-CNX and licensed under the Creative Commons Attribution License 3.0 1 WISKUNDE 2 Bonnie en Tommie

Nadere informatie

Hierdie toets bestaan uit 12 bladsye, die voorblad uitgesluit.

Hierdie toets bestaan uit 12 bladsye, die voorblad uitgesluit. PUNTE JAARLIKSE NASIONALE ASSESERING 2014 GRAAD 6 WISKUNDE TOETS PUNTE: 75 TYD: 90 minutes PROVINSIE DISTRIK NAAM VAN SKOOL EMIS-NOMMER (9 SYFERS) KLAS (bv. 6A) VAN NAAM GESLAG ( ) SEUN DOGTER GEBOORTEDATUM

Nadere informatie

Pragtige Koningin Ester

Pragtige Koningin Ester Bybel vir Kinders bied aan Pragtige Koningin Ester Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 30 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2 Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2 Eksaminator: Mnr. D. Koen Tyd: 2 UUR Moderators: Mnr. T. Scholtz Totaal: [100] Me. M. Muller November 2014 Me.

Nadere informatie

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Benodighede: Visse op karton afgerol en uitgeknip Skuifspelde Stok met tou en magneet Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Wenke: Lees die VERLOOP hier onder deur en maak

Nadere informatie

Probleemoplossing Skryf van Getallesinne:

Probleemoplossing Skryf van Getallesinne: n Getallesin bestaan altyd uit die volgende: 1. Syfers of getalle; bv. 23; 567; 3,245; ens. 2. Bewerkingsteken; bv. 3. Verwantskap teken; bv. Getallesinne Ons kry twee soorte getallesinne: 1. Oop getallesin

Nadere informatie

Tema 1: Ek en my nuwe skool Week 1, 2 en 3

Tema 1: Ek en my nuwe skool Week 1, 2 en 3 Eerste Kwartaal Tema 1: Ek en my nuwe skool Week 1, 2 en 3 Voorbereiding Doelstellings Lees: Spreuke 1: 4 Mattheus 6: 25-34 Eksodus 22: 28 Romeine 13: 1-7 1. Opvoeding en onderrig by die skool sluit aan

Nadere informatie

Wat leer ons die week? Kwartaal 3 Week 7

Wat leer ons die week? Kwartaal 3 Week 7 Wat leer ons die week? Kwartaal 3 Week 7 Om leeruitdagings ten volle aan te durf en die vooruitsigte van teater bederf is die week se vooruitsigte! NUWE KONSEPTE Tema: Groente Ons bespreek die volgende

Nadere informatie

Briewe, posseëls en elektroniese pos

Briewe, posseëls en elektroniese pos moet oor die skepping heers en dit onderwerp (Gen. 1: 28). Die mens ontvang van God die opdrag om die moontlikhede van die skepping te ontgin. Daarom moet ons die skepping probeer verstaan en dit bestuur.

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees L e s 4 Wat is geslag? Gedurende hierdie les sal jy: Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees Die verskil tussen seks as n biologiese

Nadere informatie

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: VRUGTE VAN DIE GEES VRAE: GEDULD: (Patience) 1. Wat is geduld? 2. Wat is van die goed waarvoor jy geduldig moet wees? 3. Is dit moeilik vir jou om geduldig te wees? 4. Hoe kan jy geduld wys? SELFBEHEERSING:

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by

Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na  soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by Ons hoor graag wat jy dink van hierdie boek! Gaan na www.cumuitgewers.co.za, soek hierdie titel en kliek op resensies. Of praat saam op Facebook by ChristelikeBoekeSA. Inhoudsopgawe Voorwoord... 7 Inleiding...

Nadere informatie

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het Die Elander Lente 2014 page 1 JONGMENSE Groepsdruk Groepsdruk is die manipulasie deur ander mense, veral jou maats, om jou iets te laat doen wat jy self nie noodwendig wil doen nie. Soms is die groepsdruk

Nadere informatie

6 tellers en noemers bymekaarbring en van mekaar skei.

6 tellers en noemers bymekaarbring en van mekaar skei. Vereenvoudiging van veeltermige eksponensiële uitdrukkings As jy die volgende breuk kry: dan weet jy mos dat jy n KGV moet kry, sodat beide die getalle onder die lyn dieselfde sal wees Die twee breuke

Nadere informatie

GRAAD: 2 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

GRAAD: 2 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1 GRAAD: 2 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1 Naam: Klas: Datum: Skool: Onderwyser: FAT Aktiwiteit / Vorm Leerder se punt Leerder % TOTAAL VAK: HUISTAAL FORMELE ASSESSERINGSTAAK

Nadere informatie

- 1 - CAMI Sagteware gekoppel aan KABV: Wiskunde Graad 1. Gee redelike skatting van n aantal voorwerpe wat deur telling nagegaan kan word.

- 1 - CAMI Sagteware gekoppel aan KABV: Wiskunde Graad 1. Gee redelike skatting van n aantal voorwerpe wat deur telling nagegaan kan word. - 1 - GRAAD 1_KABV Kurrikulum ONDERWERP INHOUD 1. Getalle etalle, bewerkings en verwantskappe Tel met heelgetalle. 1.1 Tel 10 konkrete voorwerpe. Tel voorwerpe Gee redelike skatting van n aantal voorwerpe

Nadere informatie

Lae spiertonus die nuwe BUZZZZZ term in onderwys.

Lae spiertonus die nuwe BUZZZZZ term in onderwys. Lae Spiertonus Lae spiertonus die nuwe BUZZZZZ term in onderwys. Dit n tendens van die tyd is waarin ons leef. Baie meer kinders word met lae spiertonus geidentifiseer as 20 of 30 jaar terug. Ko-ordinasie

Nadere informatie

Hoofstuk 11- Desibelstelsel

Hoofstuk 11- Desibelstelsel Hoofstuk 11- Desibelstelsel In amateurradio gebruik ons dikwels drywingsverhoudings. Byvoorbeeld: die wins van n versterker is die verhouding van sy uitsetkrag tot sy insetkrag. Hierdie verhouding kan

Nadere informatie

Foto-redigering vir sun.ac.za

Foto-redigering vir sun.ac.za Foto-redigering vir sun.ac.za Foto s is ʼn baie kragtige bemarkingsinstrument. Ons het oor die afgelope paar jaar nuusberigfoto s op ʼn sekere manier hanteer, maar dit is tyd vir vernuwing om die webwerf

Nadere informatie

Credo Musiekteorie-opleidingsprogram GRAAD 1 Deur S. J. Cloete

Credo Musiekteorie-opleidingsprogram GRAAD 1 Deur S. J. Cloete - 8 - Credo Musiekteorie-opleidingsprogram GRAAD 1 Deur S. J. Cloete L.1 INHOUDSOPGAWE BLADSY 1. Notebalk... 8 2. Toonhoogte... 9 3. Sleuteltekens... 10 4. Lettername van lyne en spasies in die diskantsleutel...

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL Kingswood College AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 11 VRAESTEL 2 JULIE 2013 TYD: 2½ UUR 100 PUNTE Eksaminator: Mnr. D. Koen Moderators: Mnr. T. Scholtz Me. M. Muller Leeruitkomste en Assesseringstandaarde:

Nadere informatie

Les Plan Twee. Habitats

Les Plan Twee. Habitats Les Plan Twee Habitats KRITIEKE UITKOMSTE KU #1: Identifiseer en los probleme op op 'n manier wat getuig daarvan dat kritieke en vindingryke denke gebruik is om verantwoordelike besluite te neem. KU #7:

Nadere informatie

WISKUNDE GRAAD 5. Junie 2016

WISKUNDE GRAAD 5. Junie 2016 1 WISKUNDE GRAAD 5 Junie 2016 Vraag 1 Voltooi die volgende: 1.1 3 500 50 = 70 1.2 360 20 = 360 10 2 1.3 60 x 100 = 6 x 1 000 1.4 124 + 345 = 345 + 124 1.5 0 x 40 = 3 600 1.6 15 x 8 = 30 x 4 1.7 2 1 2 +

Nadere informatie

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2014 GRAAD 9 WISKUNDE MODELVRAE

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2014 GRAAD 9 WISKUNDE MODELVRAE JRLIKSE NSIONLE SSESSERING 014 GR 9 WISKUNE MOELVRE Hierdie boekie bestaan uit 16 bladsye, die voorblad uitgesluit. RIGLYNE Y IE GERUIK VN JRLIKSE NSIONLE SSESSERINGS (JN) MOELVRE 1. Hoe om die modelvrae

Nadere informatie

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3 Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3 Kreatiewe Skryfwerk November 2011 AFRIKAANS EAT GRAAD 10 Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. INSTRUKSIES: 1. Kies en beantwoord EEN vraag uit elke

Nadere informatie

GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1 GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1 Naam: Klas: Datum: Skool: Onderwyser: FAT Aktiwiteit/ Vorm Leerder se punt Leerder % TOTAAL VAK: HUISTAAL FORMELE ASSESSERINGS TAAK

Nadere informatie

GRAAD: 4 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4

GRAAD: 4 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4 GRAAD: 4 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4 Naam: Klas: Datum: Skool: Onderwyser: FAT Aktiwiteit/Vorm Leerder se punte Leerder se % 4 Visuele Kunste:

Nadere informatie

8 Die mens in die ruimte

8 Die mens in die ruimte 8 Die mens in die ruimte Ons sonnestelsel 1. Die middelpunt van ons sonnestelsel is die 2. Noem die nege planete van ons sonnestelsel in volgorde: 1 4 7 2 5 8 3 6 9 3. Wat is die planeet naaste aan die

Nadere informatie

Fase 1: Die beskikbare opsies Klik op die volgende plekke: Stap 1: Stap 2: Stap 3: Vul die Name - en die Description -veld vir die klikker in.

Fase 1: Die beskikbare opsies Klik op die volgende plekke: Stap 1: Stap 2: Stap 3: Vul die Name - en die Description -veld vir die klikker in. Klikker ( Clicker ) Klikker-aktiwiteite is nuttig vir assessering in die klaskamer. Dosente gebruik hierdie assesseringsmetode om studente se verstaansvlak van n besondere begrip te meet terwyl die lesing

Nadere informatie

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17

2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17 2. Jesus eet saam met sondaars Markus 2:13-17 Tema Jesus, ons Onderwyser of Leermeester, laat ons saam drome droom om siek (sondige) mense by die Dokter uit te bring; om hulle in te trek tot in die binnekring

Nadere informatie

Sentraalbeplande stelsel

Sentraalbeplande stelsel Hoofstuk 1: Ekonomiese stelsels 1 Definisie van die konsep Ekonomiese stelsel: n Ekonomiese stelsel kan beskryf word as die manier waarop besluite geneem word oor: Hoe produksiefaktore / hulpbronne (kapitaal,

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2: SKRYF NOVEMBER 2008 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 WISKUNDE V1 NOVEMBER 01 PUNTE: 150 TYD: uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Wiskunde/V1 DBE/November 01 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses 1 Afdeling A: Lees die vrae hieronder en omkring die regte opsie(s): 1. Watter van die volgende stellings is nie waar nie? (1) a) n Voordeel van tegnologie is dat diens gewoonlik verbeter word. b) n Voorbeeld

Nadere informatie

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35 Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35 Vraag 1 GROEPSDRUK Vul die ontbrekende woorde in. 1. Hierdie scenario is n voorbeeld van en groepsdruk vind hoofsaaklik plaas tussen mense van dieselfde

Nadere informatie

Graad 3 WISKUNDE. Kan die gepaste simbole in berekening gebruik om probleme wat die volgende behels, op te los:

Graad 3 WISKUNDE. Kan die gepaste simbole in berekening gebruik om probleme wat die volgende behels, op te los: LU 1 GETALLE, BEWERKINGS EN VERWANTSKAPPE Die leerder is in staat om getalle en die verhoudings daarvan te herken, te beskryf en voor te stel, en om tydens probleemoplossing bevoeg en met selfvertroue

Nadere informatie

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app RISIKOPROFIELSAMESTELLING KAN NOU OP DIE SANPORT IPAD- APP GEDOEN WORD. DIS BESKIKBAAR VIR ALLE SANLAM- TUSSENGANGERS MET IPADS. Die nuwe risikoprofielsamestelling

Nadere informatie

Plantstruktuur en Plant Voedsel

Plantstruktuur en Plant Voedsel Plantstruktuur en Plant Voedsel Vraag 3: Kyk na die prentjies en beantwoord die vrae wat volg: Prentjie A Prentjie B Prentjie C 1. Prentjie A is n illustrasie van n plantsel soos gesien deur die lens van

Nadere informatie

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15

12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 1 12. Ek glo in die Heilige Gees Johannes 16:5-7, 12-15 Tema Jesus het die Heilige Gees gestuur om ons te help. Agtergrond en interpretasie Hierdie ontmoeting sluit by die voriges aan. Een artikel van

Nadere informatie

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek Uit Doelgerigte Gebed deur Bennie Mostert, CUM uitgewers Opdrag: Maak 'n keuse om in hierdie week wat kom minstens 5 dae te neem om 15-30 minute per dag

Nadere informatie

Hoe lyk die grafiek van y = x 2 4?

Hoe lyk die grafiek van y = x 2 4? Hoe lyk die grafiek van y = x 2 4? Miskien het jy dit nog nie op skool geleer nie!? Maar wys hoe julle self kan uitvind. y x OOR Hoe lyk die grafiek van y = x 2 4? Vooraf Baie kortliks: Onderrig is besluitneming!

Nadere informatie

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM PUNTE: 40 Hierdie memorandum bestaan uit 7 bladsye. 2 AFRIKAANS HUISTAAL V2 (NOVEMBER 2014) AFDELING A: LEESBEGRIP WENKE VIR NASIEN

Nadere informatie

Gemeenskaplike Vraestel GRAAD 10: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: STELWERK INSTRUKSIES EN INLIGTING. OOS-KAAP Onderwysdepartement UITENHAGE DISTRIK

Gemeenskaplike Vraestel GRAAD 10: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: STELWERK INSTRUKSIES EN INLIGTING. OOS-KAAP Onderwysdepartement UITENHAGE DISTRIK INSTRUKSIES EN INLIGTING OOS-KAAP Onderwysdepartement UITENHAGE DISTRIK Gemeenskaplike Vraestel GRAAD 10: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: STELWERK JUNIE 2013 PUNTE: 100 TYD: 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING? WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING? Daar is geen chronologiese volgorde nie. Daar is egter wel n logiese volgorde. # 1 Bekering Bekering, Regverdigmaking, Wedergeboorte Aanneming, Heiligmaking......alles

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10 WISKUNDE V1 MODELVRAESTEL - 2006 PUNTE: 100 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief INSTRUKSIES EN INLIGTING 2 Lees

Nadere informatie

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 9 WISKUNDE MEMORANDUM

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 9 WISKUNDE MEMORANDUM Page 1 10 JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 013 GRAAD 9 WISKUNDE MEMORANDUM PUNTE: 140 Hierdie memorandum bestaan uit 10 bladsye. Belangrike inligting Hierdie is ʼn merkriglyn. Waar leerders verskillende,

Nadere informatie

Les 14: Entrepreneurskap

Les 14: Entrepreneurskap Les 14: Entrepreneurskap Aktiwiteit Beantwoord die volgende vrae deur die regte kolom te merk Altyd Gereeld Soms Nooit A Dryfkrag en motivering 1. Ek is nie seker wat ek van die lewe dink nie. 0 1 2 3

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2011

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2011 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2011 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 INSTRUKSIES

Nadere informatie

1. Die kliënt sê volgens sy makelaar is items waaraan hy n sentimentele waarde heg nie versekerbaar nie. Is dit korrek? JA/NEE

1. Die kliënt sê volgens sy makelaar is items waaraan hy n sentimentele waarde heg nie versekerbaar nie. Is dit korrek? JA/NEE 1 OPDRAG 1 Beantwoord die volgende kortvrae wat deur kliënte gevrae word. (Elke vraag tel slegs een punt) 1. Die kliënt sê volgens sy makelaar is items waaraan hy n sentimentele waarde heg nie versekerbaar

Nadere informatie

WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE

WISKUNDE SKOOL GEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE WISKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE KABV GRAAD 12 LEERDERGIDS i WISKUNDE SKOOLGEBASEERDE ASSESSERING VOORBEELDE KABV GRAAD 12 LEERDERGIDS 1 INHOUD Inleiding...3 1. Werkstuk...4 Rye en reekse

Nadere informatie

21. Soogdiere: karnivore Week 21

21. Soogdiere: karnivore Week 21 Weeklikse lesbeplanning Derde kwartaal 21. Soogdiere: karnivore Week 21 Meting Skat, meet, vergelyk en orden 3D-vorms deur gebruik te maak van standaarden nie-standaardmeting. Skat, meet, vergelyk en orden

Nadere informatie

Afrikaans Huistaal (Werkskedule) Graad 3 Kwartaal 1 Werkboek: Ons leer saam met Manie Muis. / Diftonge / Hannes en die koek / Zak die kat bak koekies

Afrikaans Huistaal (Werkskedule) Graad 3 Kwartaal 1 Werkboek: Ons leer saam met Manie Muis. / Diftonge / Hannes en die koek / Zak die kat bak koekies Ons leer saam met Manie Muis. 3 LU 1 AS4 Luister met genot na gedig (Vakansie jolyt) en lees saam met juffrou. 3 en 4 LU 2 AS1 AS5 Neem deel aan klas- en groepbesprekings: Praat oor gediggie en leerders

Nadere informatie

SKOOL AFRIKAANS - GR 6 JUNIE 2010 AFDELING A: KREATIEWE SKRYFWERK TOTAAL: 100 NAAM:

SKOOL AFRIKAANS - GR 6 JUNIE 2010 AFDELING A: KREATIEWE SKRYFWERK TOTAAL: 100 NAAM: SKOOL AFRIKAANS - GR 6 JUNIE 2010 Eksamen TYD: 120 min TOTAAL: 100 NAAM: Instruksies 1. Vul eerstens jou naam en van op die antwoordblaaie neer. 2. Lees jou vrae noukeurig voordat jy antwoord. 3. Alle

Nadere informatie

GRAAD 9 NOVEMBER 2016 WISKUNDE

GRAAD 9 NOVEMBER 2016 WISKUNDE SENIOR FSE GRD 9 NOVEMER 2016 WISKUNDE PUNTE: 100 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye, insluitend ʼn inligtingsblad. 2 WISKUNDE (E/NOVEMER 2016) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Lees die instruksies

Nadere informatie

Antieke Egipte en die Nylrivier

Antieke Egipte en die Nylrivier Eenheid 2 Leergids 1 Antieke Egipte en die Nylrivier Doelwitte Leer wie die antieke egiptenare was. Leer wanneer en wanneer die antieke Egiptenare geleef het. Leer van tyd, kronologie en tydlyne. A. Basiese

Nadere informatie

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 VRAESTEL 2

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 VRAESTEL 2 Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 12 VRAESTEL 2 Eksaminator: Mnr. D. Koen Tyd: 2½ UUR Moderators: Mnr. T. Scholtz Totaal: [100] Me. M. Muller Mei 2015 Me.

Nadere informatie

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof? Gemeenskap Wat is n gemeenskap? Die woord gemeenskap dui n intieme verband tussen mense aan. Mense wat deel aan iets, maar dit wat hulle deel is baie besonders. Uit die Grieks is die woord vir gemeenskap

Nadere informatie

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.)

Ontmoeting 13. roomystokkies plak.) Ontmoeting 13 Kinders leer dat die Here nie dink een persoon is belangriker as n ander persoon nie. Hulpmiddels: Plakkaat met reëls op Uitgeknipte los prentjies van rein en onrein kosse; kleefband waarmee

Nadere informatie

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3.

SKRIFLESING: Prediker 11. TEKS: Prediker 11:4, 6. Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 126 : 3. SKRIFLESING: Prediker 11 TEKS: Prediker 11:4, 6 TEMA: Wie met God reken, gebruik sy/haar kanse Psalm 149 : 1, 2 Psalm 126 : 3 Psalm 128 : 1, 4 1 Is dit nog die moeite werd om dinge aan te pak in die kerk,

Nadere informatie

Mondelinge werk aan die begin van die dag (Daagliks)

Mondelinge werk aan die begin van die dag (Daagliks) Week 3 Werkboek 1: bl. 19-30 Spellingboek: bl. 13-16 Skrifboek: bl. 10-12 1. Luister en praat Mondelinge werk aan die begin van die dag (Daagliks) Bespreek die weerkaart en pas dit aan. Wens leerlinge

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 WISKUNDE V1 NOVEMBER 016 PUNTE: 150 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. Wiskunde/V1 DBE/November 016 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies

Nadere informatie

GRAAD: 6 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4

GRAAD: 6 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4 GRAAD: 6 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4 Naam: Klas: Datum: Skool: Onderwyser: FAT Aktiwiteit/Vorm Leerder se punte Leerder se % 4 Visuele Kunste:

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 11 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2 JUNIE 2014 MEMORANDUM PUNTE: 70 TYD: 2 UUR Hierdie MEMORANDUM bestaan uit 7 bladsye. Bladsy 1 van 7 Afdeling

Nadere informatie

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 1 15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 Tema Wanneer jy in Jesus glo, eindig jou lewe nie op die dag wanneer jy doodgaan nie. Jy sal uit die dood opstaan en

Nadere informatie

Natuurwetenskappe. 1.Noem alle materie wat bestaan uit klein deeltjies wat atome genoem word? (6) 2.Waaruit bestaan elemente? (6)

Natuurwetenskappe. 1.Noem alle materie wat bestaan uit klein deeltjies wat atome genoem word? (6) 2.Waaruit bestaan elemente? (6) Vraestel 1.Noem alle materie wat bestaan uit klein deeltjies wat atome genoem word? (6) 2.Waaruit bestaan elemente? (6) 3.Hoekom kan elemente nie op ʼn chemiese materie afgebreek word nie? (4) 4.Vul die

Nadere informatie

ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 EERSTE SESSIE NOVEMBER EKSAMEN 2014

ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 EERSTE SESSIE NOVEMBER EKSAMEN 2014 ONDERWYS EN OPLEIDING AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 2 EERSTE SESSIE NOVEMBER EKSAMEN 2014 GRAAD 4 AANTAL BLADSYE:10 PUNTE: 60 TYD: 1 UUR NAAM: AFDELING A: Leesbegrip 20 Poësie 18 38 AFDELING B: Taal in konteks

Nadere informatie

Die Groot Muur van Nehemia

Die Groot Muur van Nehemia Bybel vir Kinders bied aan Die Groot Muur van Nehemia Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Vertaal deur: Yvette Brits Aangepas deur: Mary-Anne S. Storie 35 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK EKSAMEN GRAAD 10 AFRIKAANS HUISTAAL NOVEMBER 2103 PUNTE: 100 TYD: 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye. Bladsy 1 van 6 INSTRUKSIES EN INLIGTING INSTRUKSIES: 1.

Nadere informatie

Antonieme en sinonieme

Antonieme en sinonieme Antonieme en sinonieme Naam Oefening 1 1. Die motor is nie groot nie. smal 2. Die skaap is nie slim nie. buite 3. Die koffie is nie soet nie. naby 4. Die kind is nie soet nie. klein 5. Die straat is nie

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2013 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November

Nadere informatie

Wat leer ons die week? Kwartaal 3 Week 6

Wat leer ons die week? Kwartaal 3 Week 6 Wat leer ons die week? Kwartaal 3 Week 6 Leer en ontdekking geskied ten midde van die nat weer!ons is verheug oor ons suksesvolle Entrepreneursverkope en wil graag ons Klasverteenwoordigers, Geneviev Marx

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 2 AFRIKAANS HUISTAAL EKSEMPLAAR VRAESTELLE

JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 2 AFRIKAANS HUISTAAL EKSEMPLAAR VRAESTELLE JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2013 GRAAD 2 AFRIKAANS HUISTAAL EKSEMPLAAR VRAESTELLE Hierdie boekie bestaan uit 24 bladsye, die voorblad uitgesluit. RIGLYNE BY DIE GEBRUIK VAN JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERINGSVOORBEELDE

Nadere informatie

PUNTE: TYD: 1 uur NAAM: *3WISK*

PUNTE: TYD: 1 uur NAAM: *3WISK* GRONDSLAGFASE GRAAD 3 NOVEMBER 2014 WISKUNDE PUNTE: 40 TYD: 1 uur NAAM: *3WISK* Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye. 2 WISKUNDE (NOVEMBER 2014) INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord al die vrae in

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL VRAESTEL 2 JUNIE 2014 MEMORANDUM PUNTE: 70 TYD: 2 UUR Hierdie MEMORANDUM bestaan uit 7 bladsye. Bladsy 1 van 7 Afdeling

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM

GRAAD 12 LEERDER ONDERSTEUNINGSPROGRAM Provinsie van die OOS-KAAP ONDERWYS Steve Vukile Tshwete Onderwys Kompleks Sone 6 Zwelitsha 5608 Privaatsak X0032 Bhisho 5605 REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA HOOFDIREKTORAAT KURRIKULUM BESTUUR GRAAD 12 LEERDER

Nadere informatie

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR: JOU SAKGIDS VIR: DIE DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE Die Dissiplinêre Kode vir Studente verduidelik wat onaanvaarbare gedrag is, hoe dit aangespreek word en deur wie. Die Kode verseker dat ons die korrekte

Nadere informatie