SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF 2015 Uitgawe 4 Inhoud Distriksoorsig Swambespuitings op canola Sclerotinia SOILL volhoubaarheidsprojek PNS Canola kompetisie Distriksoorsig Vanjaar is sover nie n maklike Canola jaar in baie dele nie, veral die Swartland en die Westelike dele van die Overberg. Vanaf Swellendam ooswaarts lyk die canola regtig mooi en staan dit vol in die blom, my gevoel is tans dat dit n beter potensiaal het as op dieselfde stadium laasjaar (canola het baie meer syhalms en baie goeie peul ontwikkeling). Swellendam Weswaarts tot by Caledon lyk dit ook nie sleg nie, die canola is dalk meer oneweredig met heelwat canola wat nog baie klein is, maar dit behoort vinnig toe te maak en n goeie stand te verseker. Vanuit die Swartland is daar gemengde boodskappe, swak vestiging en oneweredigheid is maar die grootste probleme. Goeie opvolg reën is ook oor die hele Swartland nodig. Ek het wel ook mooi Canola gesien en gelukkig is die canola n gewas wat baie goed kan kompenseer, so ons hou dop wat gaan word van kampe met n yl stand. Ons sal wel n laat seisoen moet hê om goeie peulvul te verseker. Swambespuitings op canola Daar is steeds baie verwarring tov swambespuitings op canola en wanneer dit gedoen moet word. My persoonlike gevoel is daar word baie geld in die water gegooi deur op die verkeerde tye te spuit met swak beheer as gevolg daarvan. Swartstam: Swartstam word vroeg gespuit. Die etikette van die verskillende produkte wissel wel, maar die beste tyd word aanbeveel tussen 4 en 8 blaar stadium. Verdere punte wat hier in ag geneem moet word is die swartstam weerstand van die kultivar wat geplant is. By sekere kultivars wat n swakker weerstand het sal n bespuiting meer regverdigbaar wees as by n kultivar wat weerstand teen swartstam het. Sclerotinia: Sclerotinia se swambespuiting vind plaas tydens blom, weereens verskil die verskillende produkte se etikette, maar die algemene tyd is tussen 30 en 50% blom. Dit sal dus nie help om n 1 Bladsy
swammiddel tussen die twee stadiums te spuit nie. Sclerotinia het baie spesifieke omgewingsfaktore waaraan dit moet voldoen om voor te kom, vra dus die regte vrae voor jy n bespuiting oorweeg. Sclerotinia Soos reeds genoem het Sclerotinia sekere omgewingstoestande wat moet voorkom alvorens dit n probleem sal wees.hierdie faktore sluit die volgende in: Gunstige grondvog asook temperature vir die ontwikkeling van die vrugliggame (Sampioene) wat dan die spore vrystel (10 dae van nat grondvog en met temperature van 11 C tot 15 C) voor en tydens blom. Verdere nat toestande tydens of kort voor blom, dit veroorsaak dat die nat blommetjie wat afval vassit op die blare onder op die plant (Mis en erge dou kan ook bydra hiertoe). Verlengde nat periode tydens die periode wat die blomme afval. As daar tydens hierdie periode warm droë weer voorkom kan infeksies drasties verminder word. Tans is dit dus gunstige toestande waar canola begin blom en moet so n bespuiting heel moontlik oorweeg word. Veral waar die canola baie mooi is tans. Ons kon nog nie nie Apothea ontwikkeling kry in kampe tot op datum nie, dit word gemonitor soos die canola begin blom. Figuur 1: Sclerotinia apothea lyk soos klein sampioene Wanneer moet ek spuit vir Sclerotinia? Die meeste etikette van die produkte is op tussen 30 en 50% blom. Dit kan as volg bepaal word: Aantal blomme op hoofhalm 10 10% 14 16 20% 20 en meer 30% % Blom Die % blom periodes kan baie vinnig op mekaar volg, soos met enige ander besluit in jou canola, spandeer tyd in jou kampe en weet wat aangaan en neem n ingeligte besluit. 2 Bladsy
Figuur 2: Canola met ongeveer 50% blom - die blomme en peule op die hoofhalm is gemiddeld meer as 20. Die canola is ook op sy geelste. Met ons dunner stande van canola vorm daar baie syhalms wat die % blom beplaing moeiliker maak as normaalweg. Met die bespuiting wil jy so veel as moontlik geel blomblare raakspuit. Op 50% blom is die canola op sy geelste. Tel ook blomme wat al afgeval het asook reeds gevormde peule op die hoofhalm om die % blom te bereken. Gee genoegsame water saam met die bespuiting (sien produkte se etikette) om voldoende benatting van die blomme asook blare te verseker. Gebruik onderstaande tabel om jou risiko van besmetting te bepaal wanneer canola 30% blom bereik. Faktore Beskrywing Punte Aantal jare sedert vorige canola Sclerotinia in kamp geskiedenis Plantestand Reën in laaste twee weke Weervoorspelling vir 2 tot 3 weke Apathea (sampioen) ontwikkeling 1 tot 2 jaar 10 3 tot 6 jaar 5 Meer as 6 jaar 0 Geen 0 Laag (1 tot 10%) 5 Gemiddeld (11 tot 30%) 10 Hoog (meer as 30%) 15 Minder as 35 0 35 tot 60 5 60 + 10 Minder as 10mm 0 10 tot 30mm 5 Meer as 30mm 10 Geen reën 0 Veranderlik 10 Kouefronte 15 Geen 0 Lae hoeveelheid 10 Baie 15 3 Bladsy
Indien die totale punte bokant 35 is kan jy ernstig begin om n bespuiting te oorweeg, indien die telling egter na 45 toe beweeg word n bespuiting aanbeveel. Hierdie model gee net n aanduiding en elke produsent moet sy eie besluit neem en kan nie net hierop staatmaak nie. Hierdie is duur bespuitings en om die maksimum werking van die produkte te verkry moet dit op die regte stadium toegedien word. So doen jou navorsing en maak seker dat jou gewas in die optimum stadium is om dit toe te dien. Moet asb nie huiwer om my te kontak nie! Volhoubaarheids projek SOILL is in samewerking met Unilever besig om n loodsprojek staan te maak wat kyk na die volhoubaarheid van canola verbouing op plaasvlak. Daar is vanjaar 30 produsente wat gaan deelneem aan die program. SOILL en SAB het besluit om saam te werk op hierdie gebied aangesien SAB ook n soortgelyke projek staan gemaak het. Indien n produsent deelneem aan SAB se beter gars beter bier projek, is hy outomaties ook deel van die SOILL volhoubaarheids program. Ons glo dat hierdie samewerkings ooreenkoms dit vir u as produsent in die toekoms baie gaan vergemaklik. Canola kompetisie Die canola kompetisie is vanjaar van formaat verander, waar daar in die verlede na opbrengs sowel as bruto marge gekyk is om die wenner te bepaal word daar vanjaar slegs na opbrengs gekyk. Die prysgeld vir die kompetisie is ook opgestoot na R25 000 vir die wenner in die vorm van n kontantprys. Sien onder die publikasie vanaf die PNS in verband met die kompetisie: Die Proteiennavorsingstigting (PNS) was oor die afgelope 14 jaar die borg van die super canolakompetisie wat jaarliks in beide die Swartland en Suid-Kaap gehou is om canola as gewas in hierdie gebiede bekend te stel en te bevorder. Ten einde die produksie van canola te verhoog en dus die canolabedryf in Suid-Afrika verder te stimuleer, het die PNS besluit om bogenoemde kompetisie in die Swartland en Suid-Kaap vanaf die 2015 canola seisoen te vervang deur die PNS Canola Opbrengskompetisie. Die doel van hierdie nuwe kompetisie is om canola produsente aan te spoor om te streef na hoër graanopbrengste. Daarom sal die produsent wat gedurende die 2015 seisoen die hoogste canola graanopbrengs per hektaar behaal, beloon word met n kontantprys van R25 000. n Wenner sal vir elk van die Swartland en Suid-Kaap produksiegebiede aangewys word. Slegs canola wat sonder enige besproeiing verbou word sal kwalifiseer. Die grootte van die ingeskrewe kamp/land moet nie kleiner as 15 hektaar en verkieslik nie groter as 30 hektaar wees en n erkende canola (Brassica napus) cultivar moet verbou word. Hierdie kompetisie bied ook geleenthede aan insetverskaffers in die canola bedryf om hulself te adverteer deurdat maatskappye/landboubesighede hulself aan spesifieke deelnemers kan verbind deur produksiemiddels soos saad, bemestingstowwe, plaagdoders ensovoorts van deelnemende produsente te borg of as tegniese adviseur vir die produsent op te tree. Inskrywings vir hierdie kompetisie open op 1 Junie 2015. Inskrywing moet elektronies aanlyn geskied op die webbladsy van die PNS by www.proteinresearch.net (http://goo.gl/qqvkrk) en besonderhede rakende die reëls van die kompetisie asook die inskrywingsvorms is op genoemde webbladsy beskikbaar. Inskrywings sluit op 31 Julie 2015 en aangesien daar vir die 2015 seisoen slegs 4 Bladsy
10 inskrywings vir elk van die Swartland en Suid-Kaap produksiegebiede toegelaat sal word is dit egter belangrik dat voornemende deelnemers so gou moontlik moet inskryf. Datums Groentoer Suid-Kaap: 23 Julie Bewaringlandbou konferensie: 7 tot 10 September 2015 SOILL Canola kontrakte beskikbaar: Begin Augustus Indien u nie die nuusbriewe wil ontvang nie, stuur asb n epos om u naam van die lys af te verwyder. Groete Franco le Roux Epos: franco@soill.co.za Tel: 028 514 3441 Sel: 082 663 0640 5 Bladsy