Deur die eeue heen het hierdie vraag mense besig gehou. Met hierdie vraag kom ons by dit wat die kern en die hartklop van ons Christelike geloof is.

Vergelijkbare documenten
Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

n Tempel Leier besoek Jesus

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Jesaja sien die Toekoms

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

Hoé weet ons die Bybel is die Woord van God? Erkenning van die gesag van die Skrif en die Heilige Gees

Die Kerk se Geboorte

n Dubbele kruis-belydenis

Welkom by Die Storie God se storie

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Tema: Bely jou geloof in Christus te midde van baie stemme wat Hom ontken.

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Goeie Konings, Slegte Konings

Aanbieding 1 Agtergrond. Skrywer van 2 Petrus

Deur Christus Alleen

'n Man gestuur deur God

Jona en die Groot Vis

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Deur Christus Alleen

Petrus en die Krag van Gebed

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

SKRIFLESING: Jesaja 6. TEKS: Jesaja 6:3 HK 8. Voor die drie-maal heilige God buig ons laag. Psalm 99 : 1, 2. Psalm 81 : 11, 12

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

God red elkeen wat werklik in Jesus Christus glo.

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Die Groot Gebod dennis de wet

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Dooppreek Mika Bogaards

NAGMAAL. SKRIFLESING: 1 Petrus 2: TEKS: 1 Petrus 2:24a. Jesus Christus het ons sondes gedra. Psalm 89 : 1. Psalm 40 : 3

Deur Christus Alleen

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Toe God alles gemaak het

SKRIFLESING: Handelinge 16: TEKS: Handelinge 16:30-31 HK 23. Wie in die Here Jesus glo, word gered. Psalm 48 : 4.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

23 Nadat hy hulle deur die rivier gevat het, het hy ook alles wat hy besit, laat deurgaan.

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Jona en die Groot Vis

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Deur Christus Alleen

Bybelsondag, Kraggakamma, 29 Augustus 2010

Heilig, heilig, heilig, heilig is die Heer. Eng'le in die hemel buig hul voor Hom neer. Here, hoor my bede, hoor my as ek sing, en aan U, my Vader,

Van Vervolger tot Prediker

Geroep vir Gemeenskap

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Toe God alles gemaak het

1 KORINTIËRS 10:4 HK 29-30:80

SKRIFLESING: 1 Korintiërs 6: TEKS: 1 Korintiërs 6:19 HK 1:1. Ook ons liggame behoort aan die Here. Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2

Skriflesing: 1 Johannes 4:1-5:13 Teks: 1 Johannes 4:2-4; 9; 18-20; 5:12 Sing- Ps 65:2,3; Ps. 73:1,10; Ps. 66:7,9

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

Dr AH Bogaards. 1. Inleiding Wat is eensaamheid? Lees: Mt.27: Teks: Mt.27: Datum: 18 Oktober 2015

JESAJA 53:9 HK Sondag 16:40-43

God se liefde vat ons vrees vir Sy oordeel weg

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

Deur Christus Alleen

NIe net hier in 1 Korintiers 13 nie, maar in die hele 1 Korintiërs lees ons van al hierdie dinge wat die gemeente van Korinte gedoen het.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Wie die Here vertrou, kan radikaal gehoorsaam wees.

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Hoe moet ek die Drie-eenheid verstaan?

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Die Groot Geloofswoordeboek: Kenmerke van die ware kerk

BYBELSTUDIE OPENBARING LES 4 HOOFSTUK 1:9-13.

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Van Vervolger tot Prediker

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

Skriflesing: Dordtse Leerreëls Hoofstuk 2 paragraaf 8 Sing- Ps. 25:4; Ps. 19:5; Ps. 23:2 volkome vrye raadsbesluit, genadige wil en voorneme van God

Kersliedere. Jesus is die Ewige Lig!

Transcriptie:

1 Lees: Matt.16:13-23 Teks: Matt.16:16-18 Sondag 12 Datum: 21 Februarie 2016 Psalms: Ps.118:1,2; 118:3,8; Ps.32:1; Ps.118:11,12; Ps.118:13,14 1. Inleiding: Wat dink u van Jesus? Deur die eeue heen het hierdie vraag mense besig gehou. Wat dink u van Jesus? Deur die eeue heen is hierdie vraag op verskillende maniere beantwoord: sommiges het in Hom niks meer as 'n mooi voorbeeld gesien nie, iemand wat ons moet navolg en dat ons ook so moet leef soos Hy geleef het. Ander weer het in Hom 'n groot Leraar gesien, iemand wat gekom het om ons te vertel hoe God wil hê dat ons moet leef, 'n groot Onderwyser, ja, maar dit is ook al. Wat dink u van Jesus? Met hierdie vraag kom ons by dit wat die kern en die hartklop van ons Christelike geloof is. Daarom is dit so lewensnoodsaaklik ons met groot aandag sal stilstaan by die antwoord van Petrus op hierdie vraag. In verband met sy BELYDENIS let op die volgende: 1. die INHOUD van die belydenis (wat sê hy van Jesus); 2. die HERKOMS van die belydenis (waar kom hy daaraan); en 3. die BETEKENIS daarvan. 2.1 Die INHOUD van Petrus se belydenis In die streke van Cesarea-Filippi het Jesus aan sy dissipels die groot vraag gestel: "Wie sê die mense dat Ek, die Seun van die mens, is?" Daarop het sy dissipels geantwoord: "Sommige Johannes die Doper, en sommige Elía, en ander Jeremia of een van die profete". Dit was 'n diep teleurstellend antwoord, 'n antwoord wat daarop neergekom

2 het dat die mense in Jesus eintlik niks meer as 'n gewone mens gesien het nie. Ja, miskien 'n voorloper van die Christus, 'n profeet, maar niks meer as dit nie. Na dié negatiewe antwoord rig Jesus Hom tot sy dissipels met die vraag: Maar julle, wie se julle is Ek? In die oorspronklike word enorm swaar nadruk gelê op die julle: Maar julle, wie se julle is ek? Verlossing is 'n baie persoonlike vraag. Die mense rondom ons mag verskillende opinies hê oor Jesus, maar wat dink óns van Hom? U en ek! Nie maar net: wat glo die kerk waaraan u behoort nie? Nie maar net: wat dink u voorgeslagte van Hom nie. Nie: wat dink pa en ma van Jesus nie. Maar: júlle. Elkeen van julle, klein en groot. Elkeen van ons persoonlik. Elkeen van ons word vandag en elke dag van ons lewe met hierdie vraag gekonfronteer. Wat sien ons in Jesus. Is Hy vir ons maar net 'n groot Leraar en 'n uitnemende voorbeeld om na te volg? Dit wil sê: sien ons in Hom niks meer as 'n gewone mens nie of is Hy vir ons veel en oneindig veel meer as dit? Ja, wie is Jesus? Daardie vraag beantwoord Petrus met die belydenis: U is die Christus, die Seun van die lewende God. In hierdie belydenis hoor ons so duidelik Psalm 2 terug. In daardie Psalm hoor ons van die Gesalfde, die Christus. Die konings en nasies stook opstand teen die HERE en sy Gesalfde. Maar in sy toorn antwoord die HERE: Ek tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg. - Eerstens sê Petrus dus van Jesus: U IS DIE CHRISTUS. Die Naam Christus is 'n vertaling van die Ou Testamentiese woord Messias. Beide beteken Gesalfde. In die Ou Testament is profete, priesters en konings gesalf. God self het hulle gesalf. Dit wil sê: die HERE self het hulle aangestel as en toegerus as hetsy profeet, hetsy priester of hetsy koning. En al hierdie gesalfdes was heenwysers na die groot Gesalfde wat so kom, die Christus, Hy wat nie net profeet of net priester of net koning sou wees nie, maar al drie: ons hoogste Profeet en Leraar, ons enigste Hoëpriester, ons enigste Profeet. Wanneer Petrus daarom bely: U is die Christus, dan sê hy daarmee: U, Here Jesus, u is die lank verwagte Gesalfde van Psalm 2; U is die groot Profeet, Hoëpriester en Koning wat al die profete, priesters en konings aangewys het. U is die groot Gesalfde waarvan

3 die ganse Ou Verbond gespreek het. U is die Een na wie se koms ons so rykhalsend uitgesien het, die Een wat deur God gesalf is om ons te verlos. In die taal van ons Kategismus: U is ons hoogste PROFEET: U maak aan ons die verborge raadsplan van God aangaande ons verlossing aan ons bekend. U is ons enigste HOEPRIESTER: U verlos ons met die enige, die unieke, offer van u liggaam. U is ons ewige KONING: U regeer ons en bewaar ons, sodat ons nie losgeruk word van u verlossing nie. Wat sê óns van Jesus? U en ek, elkeen persoonlik. Sê u ook van Hom: Here Jesus, U alleen maak aan my bekend hoe ek verlos kan word? Dan moet u hierdie Profeet ook soek waar Hy met ons spreek: in sy huis deur sy diensknegte en in die Bybel by die huisgodsdiens. Wat sê u van Jesus? Sê u dat Hy u enigste Hoëpriester is, dat net die offer van sy liggaam u red van skuld en straf? Dan moet ons dit ook met ons dade, met ons optrede, met ons lewe van elke dag wys. Ek bedoel: dan moet ons met ons sondeskuld na Hom gaan. Met ons gebroke, stukkende lewens, ons gebroke verhouding met God, ons stukkende verhouding met ons man, vrou, broeder, suster, kind... Dan moet ons wys dat ons glo dat net Hy ons lewe nuut kan maak, dat net Hy ons kan verlos van al die sondige, al die verkeerde, al die liefdelose in ons bestaan? Ja, wys dit deur na sy huis te kom, daar waar sy bevrydende Woord weerklink en sy offer ons aangereik word. Smag u daarna? Wat sê u van Jesus? Bely u ook dat Hy u ewige Koning is? Dat Hy u bewaar by die verlossing wat Hy vir u verwerf het? Dat Hy u bewaar deur sy Woord en Gees? Dit is wonderlik as u dit bely, maar bely en beleef gaan saam. Ek bedoel maar: ons moet leef uit ons belydenis. Want as ons sê dat Jesus ons bewaar, dat ons en ons kinders alleen by Hom veilig is teen die duiwel en sy liste, dan moet ons ook daar kom waar Hy met sy Woord en Gees bewarend en beskermend besig is. Dan moet ons weer erns maak met ons besoek van die Woordverkondiging en ons lees van die Woord! -Petrus sê tweedens van Jesus: U IS DIE SEUN VAN DIE LEWENDE GOD.

4 Dit is weereens ontleen aan Psalm 2 en spesifiek vers 7 van daardie Psalm. Daar sê die Gesalfde, die Christus Self: Ek wil vertel van die besluit: Die HERE het aan My gesê: U is my Seun... Soos dit daar in Psalm 2 staan, beteken dit: die Gesalfde is van dieselfde wese as die HERE. Dit wil sê: soos die HERE, die lewende God, is Hyself ook God. Ons kan die belydenis in die lig van die Woord so omskryf: Here, in u wat Seun van die mens geword het, waarlik mens, in U het God self verlossend, reddend na ons toe gekom. U is waarlik God en u het ook waarlik mens geword om my skuld te betaal, om in my plek die toorn van God te dra met u goddelike almag. 'n Geweldige belydenis. Maar waar kom Petrus daaraan? Nog meer persoonlik: Hoe kom ons so ver om dit waaragtig te erken, te bely en uit te leef? Dit in die tweede plek 2.2 Die HERKOMS van hierdie belydenis Voor Petrus staan Jesus. En Petrus bely: Hy is die Christus, die Seun van die lewende God. Hoe het hy dit geweet? Was dit aan Jesus se uiterlike te sien? Ag nee, Hy het immers in die gestalte van 'n dienskneg gekom! "Hy het geen gestalte of heerlikheid gehad, dat ons Hom sou aansien, en geen voorkoms, dat ons Hom sou begeer nie" (Jes.53:2). Kon Petrus dit afgelei het uit Jesus se wonderwerke? Ewe min. Want hoeveel mense in daardie tyd het dit ook nie gesien nie en al wat hulle van Jesus kon sê, was: Hy is Johannes die Doper of Jeremia of een van die profete. Hoeveel het nie sy prediking gehoor nie en tog het weinig dit geglo. Nee, sê Jesus vir Petrus: Vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie. Met ander woorde: Met ons menseverstand, met ons redenasies, kom ons nie tot die oortuiging en erkenning dat Jesus die Christus is nie. En dan wys Jesus die Bron aan: hierdie belydenis is nie van menslike herkoms nie. Dit kom nie uit die aarde op nie. Maar dit is van hemelse oorsprong, van my Vader wat in die hemel is. Die geloof is 'n gawe van God (Ef.2:8). e Vader moet die bedekking wegneem, sodat ons kan sien dat Jesus die Christus, my Verlosser en my Saligmaker is.

5 Die Vader onthul hierdie heerlike waarheid aan ons. Natuurlik, dit beteken nie dat dit sommer so direk uit die hemel in ons hart val nie. God oortuig ons en maak hierdie geheimenis aan ons bekend deur sy Woord. Uit die belydenis van Petrus is dit duidelik dat die Vader deur die Woord van Psalm 2 in hom gewerk het. Petrus is sekerlik ook daarvan oortuig deur die prediking van Jesus. En nog werk God op dieselfde manier: Hy gee ons die Bybel waarin Christus tot ons spreek. En Christus spreek tot ons in die prediking. Daar is niks heerlikers as om die Bybel te kan lees en om Sondae na die prediking van Christus se boodskappers te luister nie. Want daardeur gaan ons oë oop vir die Persoon en die werk van Christus. Ons kom derdens by: 2.3 Die BETEKENIS van die belydenis Aan hierdie belydenis koppel Jesus 'n saligspreking en twee heerlike beloftes: "Salig is jy, Simon Bar-Jona ", sê Jesus. As u saam met Petrus dit bely, is ook u salig, dws geseënd. Ook in hierdie salig hoor ons Psalm 2 terug, want daar word gesê: En dan volg daar twee beloftes: Eerstens belowe Jesus: op hierdie rots sal ek my gemeente bou Die Here Jesus is besig met 'n heerlike bouwerk: sy gemeente. Hy is Self die kerkbouer. Hierdie huis word egter nie sommer op enige plek gebou nie, maar op 'n rots. En daardie rots is die belydenis van Petrus: U is die Christus, die Seun van die lewende God. Dit is van besondere betekenis dat hierdie uitspraak van Simon Bar-Jona met 'n rots vergelyk word. 'n Rots simboliseer vastigheid, onwankelbaarheid. 'n Kerk kan alleen vasstaan as dit vashou aan hierdie Christus-belydenis. U as gelowige kan alleen dan vasstaan in die branding van die lewe as u deur die geloof op hierdie onbeweeglike rots bevestig is. U en u kinders sal alleen dan vasstaan as u hierdie rots onder u voete het. Maar hierdie uitspraak sê ook nog iets anders en dit is dit: die kerk is alleen daar waar mense op hierdie rots staan. As u nie leef uit hierdie belydenis nie, as Christus nie vir u alles is nie, is u nie deel van die kerk nie. WANT die bouwerk van Christus, verrys op hierdie rots. Tweedens belowe Jesus: en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie.

6 U moet weet: die kerk is 'n bedreigde gebou. In ons teks is daar sprake van die poorte van die doderyk: die Satan en sy legioene storm by die poorte van die hel uit om die kerk aan te val en te vernietig. Deur die eeue heen, dag vir dag, van oomblik tot oomblik, loots die duiwel die een aanval na die ander teen die kerk van die Here. Soms doen hy dit op die een manier, soms op 'n ander manier: soms probeer hy die kerk deur bloedige vervolging uitwis, soms poog hy om dit reg te kry deur dwaalleer en afval. Daarby is hy sterk, enorm sterk, veel sterker as ons, sodat, as dit van ons sou afhang, die kerk al lankal nie meer sou bestaan het nie. MAAR, belowe Jesus, die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. Waarom nie? Is dit omdat ons in onsself so sterk is? Nee, maar danksy hierdie belydenis. Christus is die bolwerk en die onneembaar vesting van die kerk. Waar kan ons en ons kinders dan beter skuil as agter Hom. Prakties beteken dit: ons moet leef uit Christus en digby Christus. Ons moet ons kinders leer van Christus. Dit is Christus voor en Christus na. 3. Slot Wat sê u van Jesus? Is Hy vir u die een en die al, die enigste een wat u kan verlos. Is hy vir u die Seun van God, gestuur om mens te word, deur God gestuur tot u saligheid? Is die belydenis vir u dierbaar? AMEN