UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

Vergelijkbare documenten
UNIVERSITEIT VAN PRETORIA BELEID OOR UP NAGRAADSE BEURSE 2013

AANSOEK VIR ONDERSTEUNING TEN OPSIGTE VAN N NAVORSINGSPROJEK / STUDIEBEURS

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

Riglyndokument vir die Universiteit Stellenbosch (US) Ko-Kurrikulêre Ondersteuningsfonds (USKOF)

Stuur die aansoekvorm aan:

2015 AKADEMIESE JAAR

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID / (HERSIEN EN GEWYSIG)

Aansoekvorm: BA Honneurs in Toegepaste Linguistiek 2015

Stuur die aansoekvorm aan:

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (GRONDSLAGFASE ONDERWYS)

FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (EBW)

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

FASILITEITSBESTUUR SE PLANON-STELSEL

DEPARTEMENT VAN ONDERWYS. Goewermentskennisgewing R Oktober 2006

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

DIENSVLAKOOREENKOMS MET BETREKKING TOT DIE PLASING VAN WERWINGSADVERTENSIES, ONDERHOUDSVOERING EN HERVESTIGING VAN NUUT AANGESTELDE PERSONEEL

AANSOEKPROSEDURE KEURINGSPROSES EN TOELATINGSVEREISTES BELANGRIKE DATUMS

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (INTERMEDIêRE FASE ONDERWYS)

Nuusbrief Okt 2005: Voortgesette Professionele Opleiding Deel 3

AANSOEK OM STUDIELENING

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

Reglement vir die akademiese gehalteversekering van kortkursusse

Riglyne vir die toekenning van navorsings- en ook studiebeurse word kortliks uiteengesit.

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

1. PROJEKNOMMER (SLEGS VIR KANTOORGEBRUIK): 2. NAAM EN KONTAKBESONDERHEDE VAN PROJEKVOORSTELLER EN (HANDTEKENING VAN PROJEKVOORSTELLER) CMR PROJEKPLAN

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

1 Verkorte aansoek en registrasieprosedure

A. ALGEMENE INLIGTING

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

MUNISIPALITEIT VERHURING VAN KARAVAAN- /KAMPEERSTAANPLEKKE EN CHALETS IN MATZIKAMA MUNISIPALE GEBIED

Laerskool Wonderboom BELEID OOR MERIETE (GRONDSLAGFASE: GRAAD 1 TOT 3)

A. ALGEMENE INLIGTING

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

Koshuisaansoek- en -plasingsproses vir eerstejaars vir 2017

A. ALGEMENE INLIGTING

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

LPENGPN. Studiebrief 101/0/2018. Taalvaardigheid. Jaarmodule. Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur

A. ALGEMENE INLIGTING

DIENSVOORWAARDES VIR NAVORSINGS- EN STEUNDIENSTEPERSONEEL

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

BSc(HONS)-, MSc- EN PhD-GRAADSTUDIE: RIGLYNE VIR STUDIELEIERS, PROMOTORS EN STUDENTE

TOEGEWINGSPROTOKOL EN -PROSEDURES (geskryf in 2018) 1. INLEIDING

AANSOEK OM GEDEELTELIKE / VOLLE VRYSTELLING VAN SKOOLGELD

Hoe om Jou Kind se Van te Verander

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

VOORSTEL VIR LIDMAATSKAP VAN DIE S.A. AKADEMIE

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

BIBLIOTEEK- EN INLIGTINGSDIENSTE BELEID. Direkteur: Biblioteek- en Inligtingsdienste Mev. K.B. Eister ( )

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

1 Verkorte aansoek en registrasieprosedure

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding

Riglyne vir Steundiensaanstellings

AANSOEK OM LIDMAATSKAP VORM 1

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL

AANSOEK OM TOELATING TOT HOëRSKOOL VREDENDAL

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.

Kandidate moet aan die volgende twee hoofvereistes voldoen: B. toepaslike literêre portefeulje, onderworpe aan interne en eksterne keuring.

SAKOV-Studiebeurse vir studie in Orrel, Orrelbou en Kerkmusiek (2018)

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

Kodes vir Afkeurredes

AANSOEK VIR KUNS- EN KOSMARK. 7-9 Augustus 2015

AANSOEK: GEASSOSIEëRDE LID

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

Foto-redigering vir sun.ac.za

BELEID INSAKE DIE INDIREKTE KOSTEVERHALINGSKOERS (IKVK) TEN OPSIGTE VAN DERDEGELDSTROOMINKOMSTE AAN DIE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH (US)

Fakulteit Natuurwetenskappe se keuringsriglyne en toelatingsbeleid

2016 Nuweling eerstejaar en voorgraadse inskrywings: Finale registrasieperiode

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR:

KONTANT BESTUUR BELEID

DIE INSTELLING VAN TOEKENNINGS VIR UITNEMENDHEID IN ONDERRIG AAN DIE UNIVERSITEIT STELLENBOSCH

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

HOËRSKOOL WONDERBOOM FINANSIËLE BELEID

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

Hoe om n goeie Projek Konsep te Ontwikkel. oefeninge

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium

HOOFSTUK 9 Regspleging

LAERSKOOL EVERSDAL SELFOONBELEID

SKY 400 Administratiewe Gids

Transcriptie:

UNIVERSITEIT STELLENBOSCH FAKULTEIT GENEESKUNDE EN GESONDHEIDSWETENSKAPPE REËLS EN REGULASIES VIR DIE FONDS VIR VOORGRAADSE KONFERENSIEAANBIEDINGS EN VOORGRAADSE PUBLIKASIE AANSPORINGS 1. DOELSTELLING Die doelstelling van die Fonds vir Voorgraadse Konferensieaanbiedings en Voorgraadse Publikasie Aansporings is om geregistreerde voorgraadse studente in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) van gedeeltelike of volle finansiering te voorsien om konferensies by te woon ten einde die resultate van hul navorsing aan te bied, en om die publikasie van voorgraadse navorsingsresultate aan te moedig in portuurbeoordeelde vaktydskrifte wat by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) geakkrediteer is. 2. BESTUUR EN ADMINISTRASIE Die Visedekaan (Navorsing) is verantwoordelik vir die bestuur van die fonds. Toekennings sal op n mededingende grondslag, op grond van meriete sowel as na gelang van die beskikbare begroting gemaak word. 3. KWALIFISERINGS-KRITERIA 3.1. Vir toekennings vir konferensieaanbiedings: Alle voorgraadse geregistreerde studente in die FGGW, Universiteit Stellenbosch, wat graag n konferensie wil bywoon om die resultate aan te bied van navorsing wat hulle as deel van hul voorgraadse studie onderneem het, kan om toekennings vir konferensieaanbiedings aansoek doen. In geval van studentegroepprojekte waar meer as een lid van die groep die resultate van dieselfde projek by n konferensie wil aanbied, sal slegs een toekenning per groep gemaak word, wat studente dan onderling kan verdeel om hul konferensiebywoning te finansier. 3.2 Vir aansporingstoekennings vir publikasies, n FGGW-personeellid (US- òf gedeelde aanstelling) wat beide mede-outeur van n DHOO-geakkrediteerde, eweknie-geëvalueerde publikasie EN hoofstudieleier van n voorgraadse student is, met die student as mede-outeur van die geakkrediteerde gepubliseerde artikel wat uit n voorgraadse navorsingsprojek gespruit het. Publikasies wat uit voorgraadse studente-navorsingsprojekte spruit en wat aan die kriteria voldoen, mag tot hoogstens twee jaar na die graduering van die gelyste studente mede-outeurs ingedien word. n Publikasie aansporingstoekenning van R10,000 sal in die departementele kostepunt inbetaal word, met die vereiste dat die toekenning tot voorgraadse navorsing aangewend sal word op een of meer van die volgende wyses: Aansporings 2017 Bladsy 1 van 6

i) n gedeelte of die totale toekenning as n studentebeurs vir studente mede-outeur/s uitbetaal word ; ii) iii) die befondsing van huidige of toekomstige voorgraadse studente navorsingsprojekte; as aansporing vir huidige of toekomstige studente om hul navorsing te publiseer. 4. INDIENING EN SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE 4.1. Aansoeke om toekennings vir konferensieaanbiedings moet vir oorweging by die Afdeling Navorsingsontwikkeling en -steun (FGGW) ingedien word. Die volgende sperdatums geld: 1 1 Mei (vir reise na en van konferensies tussen Junie en Oktober) 1 Oktober (vir reise na en van konferensies tussen November en Mei) 4.2. Bogenoemde sperdatums geld eweneens vir aansoeke om aansporingstoekennings vir publikasies. Aansoeke behoort by die Afdeling Navorsingsontwikkeling en -steun (FGGW) ingedien te word hetsy sodra die finale gepubliseerde weergawe van die artikel in die tersaaklike vaktydskrif verskyn, of sodra bewys van aanvaarding vir publikasie van die tydskrifredakteurs ontvang is, met dien verstande dat die finale gepubliseerde weergawe van die artikel in laasgenoemde geval ingedien word sodra dit verskyn. Publikasies wat uit voorgraadse studente-navorsingsprojekte spruit en wat aan die kriteria voldoen, mag tot hoogstens twee jaar na die graduering van die gelyste studente medeouteurs ingedien word. 5. RIGLYNE EN OORWEGINGS VIR TOEKENNINGS Alle navorsing vereis etiekgoedkeuring van die Gesondheidsnavorsingsetiekkomitee (GNEK). Alle aansoekers wat om hetsy toekennings vir konferensieaanbiedings of aansporingstoekennings vir publikasies aansoek doen, sal moet bewys lewer dat hul navorsing met die etiekgoedkeuring van die GNEK onderneem is, in die vorm van n goedkeuringsbrief van die GNEK. 5.1. Vir toekennings vir konferensieaanbiedings sal die volgende riglyne geld: a) Die aansoek moet ondersteun word deur n studieleier wat as n akademiese personeellid of n geakkrediteerde buitedosent van die FGGW dien, sowel as deur die departement-/afdelingshoof. b) Wanneer n toekenning gemaak word, moet die studieleier die toewysing of skep van n geskikte kostepunt in die betrokke departement/afdeling fasiliteer waarin die fondse inbetaal kan word. c) Finansiering kan gebruik word vir uitgawes verbonde aan konferensiebywoning (soos registrasiegeld, reiskoste en verblyf), soos dit in die ingediende begroting verskyn. 1 Hierdie twee rondtes sal uitsluitlik na die goeddunke van die fondsbestuurder aangekondig word. Ingeval finansiering beperk is, kan daar in enige betrokke jaar minder aansoekrondtes wees. Aansporings 2017 Bladsy 2 van 6

d) Aansoeke moet bestaan uit n voltooide aansoekvorm (FVK-08-2015) sowel as die stawende dokumente wat die aansoekvorm vereis. e) n Persoon sal gewoonlik slegs een toekenning vir die duur van sy/haar voorgraadse opleiding ontvang. Meer as een toekenning kan egter gemaak word in gevalle waar n vorige toekenning uitgeloop het op n navorsingspublikasie in n vaktydskrif wat by die DHOO geakkrediteer is, en mits n verslag oor die vorige toekenning vir n konferensieaanbieding ontvang en goedgekeur is. f) Studente wat die resultate wil aanbied van navorsing wat in hul finale studiejaar onderneem is, kan nog om toekennings vir konferensiebywoning tot en met ses maande na hul gradueringsdatum aansoek doen, met dien verstande dat hul studieleier n skriftelike motivering voorsien. g) Konferensie-opsommings, -aanbiedings, -plakkate en -artikels behoort duidelik te vermeld dat die student verbonde is aan die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe van die Universiteit Stellenbosch. h) Studente wat voorheen ondersteuning van die Aansporingsfonds vir Voorgraadse Navorsing ontvang het, kom in aanmerking om om finansiering vir konferensieaanbiedings aansoek te doen, met dien verstande dat n volledige verslag ooreenkomstig die vereistes van voormelde fonds ontvang en goedgekeur is. i) Alle studente wat toekennings vir voorgraadse konferensieaanbiedings ontvang, moet binne n maand ná die betrokke konferensiebywoning n verslag by die fonds indien. j) Enige fondse wat nie teen die einde van n tydperk van ses maande na die datum van die toekenningsbrief aangewend is nie, sal teruggaan na die fonds. k) Finansiering is beperk en die toestaan van toekennings vir konferensieaanbiedings geskied dus onderworpe aan die beskikbare begroting en op grond van die gehalte van aansoeke. 5.2. Vir aansporingstoekennings vir publikasies geld die volgende riglyne: a) Aansoeke om aansporingstoekennings vir publikasies behoort vergesel te word van hetsy n afskrif van die gepubliseerde artikel soos dit in die vaktydskrif verskyn het, of bewys van aanvaarding vir publikasie van die tydskrifredakteurs sowel as die finale weergawe van die ingediende artikel, met dien verstande dat die finale gepubliseerde artikel in laasgenoemde geval ingedien word sodra dit verskyn. b) Slegs publikasies wat verband hou met navorsing of werk wat as deel van geregistreerde voorgraadse studie in die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe onderneem is, sal oorweeg word. c) Studente wat as eerste outeurs optree, moet hul verbondenheid aan die FGGW van die Universiteit Stellenbosch duidelik onder die outeursaffiliasies op die publikasie aandui. Dieselfde fondse vir Aansporings 2017 Bladsy 3 van 6

hoofstudieleiers wat as mede-outeurs op die publikasie verskyn en om n aansporingstoekenning vir die publikasie aansoek doen. d) Aansporingstoekennings vir publikasies sal slegs toegestaan word aan artikels wat vir n subsidie van die DHOO in aanmerking kom ooreenkomstig DHOO-kriteria ten tyde van die publikasie. e) Aansporingstoekennings vir publikasies sal slegs toegestaan word aan hoofstudieleiers wat as mede-outeurs saam met FGGW voorgraadse studente, wat die navorsing as deel van hul graadstudies onderneem het, gelys is, of aan ingevolge paragraaf 3.2. f) n Opsomming van elke outeur se bydrae tot die artikel moet saam met die aansoek ingedien word. g) Aansporingstoekennings vir publikasies sal nie toegestaan word aan artikels wat langer as 12 maande voor die ontvangs van die aansoek gepubliseer is nie. h) Aansporingstoekennings vir publikasies sal slegs in n departementele/navorsingskostesentrum inbetaal word. Daar sal van studieleiers wat hierdie toekenning ontvang verwag word om dit op een of meer van die volgende wyses aan te wend: i) n gedeelte of die totale toekenning as n studentebeurs vir studente mede-outeur/s uitbetaal word; ii) die befondsing van huidige of toekomstige voorgraadse studente navorsingsprojekte; iii) as aansporing vir huidige of toekomstige studente om hul navorsing te publiseer. 6. GETAL AANSOEKERS WAT MET TOEKENNINGS VIR KONFERENSIEAANBIEDINGS ONDERSTEUN SAL WORD 6.1. In geval van meer as een studenteaansoek uit dieselfde graadprogram om toekennings vir konferensieaanbiedings by dieselfde konferensie, sal die hoof van die betrokke departement of program oor die meriete van die aansoeke geraadpleeg word met die oog daarop om n finale besluit te neem oor wie finansiering behoort te ontvang. Die getal toekennings wat gemaak word, sal van die beskikbare begroting afhang. 6.2. Waar n konferensieplakkaat of -aanbieding uit n groepprojek spruit, sal slegs die student wat die aanbieding behartig, befonds word om die konferensie by te woon. In geval van studentegroepprojekte waar meer as een lid van die groep die resultate van dieselfde projek by n konferensie wil aanbied, sal slegs een toekenning per groep gemaak word, wat studente dan onderling kan verdeel om hul konferensiebywoning te befonds. Aansporings 2017 Bladsy 4 van 6

7. MAKSIMUM TOEKENNINGS 7.1. Toekennings vir voorgraadse konferensieaanbiedings: 2 Studente wat navorsingsprojekte as deel van hul voorgraadse studie in die FGGW onderneem en graag hul bevindinge, artikels of plakkate by n konferensie wil aanbied, kan om die toekenning vir konferensieaanbiedings aansoek doen. Koste wat gedek word, sluit in konferensieregistrasiegeld, reis- en verblyfkoste, n stipendium en aanbiedingsverwante uitgawes (soos plakkaatdrukwerk) tot en met R10,000. Buiten in uitsonderlike omstandighede (sien paragraaf 6 hierbo), sal slegs een toekenning per navorsingsprojek gemaak word. 7.2. Aansporingstoekenning vir voorgraadse publikasies: Toekennings van R10,000 per kwalifiserende publikasie in n DHOO-geakkrediteerde, portuurbeoordeelde vaktydskrif sal gemaak word aan hoofstudieleiers wat as mede-outeurs verskyn op artikels waar die voorgraadse studente, onder hul studieleiding en uit wie se navorsingsprojekte die publikasie spruit, as mede-outeurs gelys is. Aansporingstoekennings vir publikasies sal slegs in n departementele/navorsingskostesentrum (k kostepunt) inbetaal word en moet tot voorgraadse navorsing aangewend word (paragraaf 5.2h). 8. RIGLYNE VIR VOORLEGGINGS 8.1. Aansoeke moet op die jongste weergawe van die tersaaklike aansoekvorm (FVK-08-2015 vir toekennings vir konferensieaanbiedings en FVP-08-2015 vir aansporingstoekennings vir publikasies) in getikte vorm ingedien word. 8.2. Aansoeke moet al die dokumente (aanhegsels) insluit wat die tersaaklike aansoekvorm vereis. 8.3. Aansoeke wat laat ingedien word of onvolledig of verkeerd ingevul is, sal nie in aanmerking geneem word nie. 8.4. Een ondertekende, gedrukte afskrif en een elektroniese afskrif van die aansoek én vereiste aanhangsels moet voor of op die aangeduide sperdatum vir die rondte by die Voorgraadse Navorsingskantoor, Afdeling Navorsingsontwikkeling en -steun, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Tygerberg-kampus en e-posadres debbiem@sun.ac.za ingedien word. 8.5. Slegs een aansoek per persoon kan gedurende enige bepaalde aansoekrondte ingedien word. 8.6. Aansoekers behoort binne n maand na die betrokke sperdatum van die uitkoms verwittig te word. Toekennings sal oorbetaal word na die tersaaklike kostepunt wat deur die aansoeker verskaf is. 2 Aansoekers moet die Universiteit Stellenbosch se Reisbeleid raadpleeg vir die regulasies oor die besprekingsprosedure en toelaatbare bedrae vir reise. Aansporings 2017 Bladsy 5 van 6

9. VERSLAGDOENINGSVEREISTES VIR TOEKENNINGS VIR KONFERENSIEAANBIEDINGS 9.1. Elke suksesvolle aansoeker wat n toekenning vir n voorgraadse konferensieaanbieding ontvang, moet binne n maand ná die reisdatum na die konferensie n verslag indien. 9.2. Die verslag behoort op die FVK(V)-08-2015-vorm ingedien te word en moet n kritiese beoordeling van die konferensieverrigtinge en -aanbieding insluit, sowel as n uiteensetting van uitgawes wat aangegaan is. Die narratiewe gedeelte van die verslag moenie twee getikte A4-bladsye oorskry nie en behoort onder studente en personeel binne die tersaaklike navorsingsgroep/departement/afdeling/sentrum/eenheid versprei te word. 9.3. Suksesvolle kandidate mag versoek word om hulself en/of hulle groepslede beskikbaar te stel vir die maak van n kort videogreep waarop hulle praat oor hulle ervarings tydens hulle navorsing, wat op die webruimte van die Nagraadse Navorsingskantoor geplaas kan word. 10. KONTAK Debbie Marais, Hoof: Voorgraadse Navorsing, Navorsingsontwikkeling en -steun, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe. E-pos: debbiem@sun.ac.za. Telefoon: 021 938 9181. Erkenning 1. FGGW Aansporingsfonds vir Wetenskaplike Reise en Publikasies vir 2013 2. Fonds vir Innovasie en Navorsing in Landelike Gesondheid vir 2015 Aansporings 2017 Bladsy 6 van 6