DIE OOSTELIKE PROVINSIE TWEEKAMPVERENIGING. TEGNIESE REëLS VIR ATLETE

Vergelijkbare documenten
1. JUNIOR PRIMêRE FASE: GR. 1-3

SPANVERBAND : Algeheel 1-3 in A Bond Interhoër INDIVIDUEEL: Verwerf 950+(J) en 900+(S) ABSA 2007 punte 2 x Verwerf in seisoen

Wrestling Federation Stoeifederasie

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016

NOTULE VAN DIE BOLAND TWEEKAMP JAARLIKSE ALGEMENE VERGADERING WAT GEHOU IS OP 27 MEI 2016 IN DIE PAARL TE CALEDONVILLE

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

LAERSKOOL ELARDUSPARK MERIETE BELEID

LGS PRESTIGE-AAND BELEID

Laerskool Wonderboom BELEID OOR MERIETE: KULTUUR

A B C Toekenning. 15 Februarie 2003

Kodes vir Afkeurredes

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

HOËRSKOOL DIE ANKER. Blou lap balkie met toekenning in geel geskryf.

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.

Animato Koorkompetisie/Choir

3-1 HOOFSTUK 3 RUITERS

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

Laerskool Fairland Norm 2016

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

GAWIE DE BEER (Sekretaresse Beampte Raad)

Baie geluk en sterkte aan Artisticulta vir 2018 ons as gemeenskap sê dankie en wees verseker van ons koestering en deurlopende steun.

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

Baie geluk en sterkte aan Artisticulta vir 2017 ons as gemeenskap sê dankie en wees verseker van ons koestering en deurlopende steun.

Norm Laerskool Fairland

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

LAERSKOOL EIKESTAD VOORGESKREWE SKOOL- EN SPORTDRAG. (Soos op 19 November 2014)

Laerskool A. F. Louw Primary Stellenbosch P.O. Box 2113 Dennesig Tel Fax

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR:

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

INSTRUMENTALE MUSIEK 24 Augustus 27 Augustus 2015

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (GRONDSLAGFASE ONDERWYS)

AFRIKA BRAHMAN KONGRES HALTERMAK SKOU PAKKET

SKOOLUNIFORM VIR GRAAD 1-7

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

HOËRSKOOL WONDERBOOM HOËRBOOM WONNIEBELEID

Laerskool Olifantsvallei

HOËRSKOOL SPORTBELEID

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

INSTRUMENTALE MUSIEK 22 Augustus 26 Augustus 2016

My denke bepaal my geluk. Omsendbrief 097 van April 2017 KUNSWEDSTRYD 2017

Indien daar n gelykopuitslag is, sal daar van die 8 sekondestrafhou gebruikgemaak word aangesien dit by Noordvaal ook gebruik gaan word.

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

RIGLYNE EN PROSEDURES VIR KEURING: BEd (INTERMEDIêRE FASE ONDERWYS)

SKOOL UNIFORM. 1. Blou tetrex rok met skoolwapen op die sak. Lengte van rok: Vier vingerbreedtes bo die knie.

STUDIEVELD A SPORTSTORIES LES 1

JERSEY SA. Nuusbrief. Foto verskaf deur Judy Stuart

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 10

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Laerskool Wonderboom BELEID OOR MERIETE (GRONDSLAGFASE: GRAAD 1 TOT 3)

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

Camp Discovery (Pty) Ltd Game Reserve Leadership, Sport and Adventure Academy

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Kultuur: Erkenning vir Groepe S K O O L P R O D U K S I E

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Wapport 7 24 Februarie 2017

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie.

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

Laerskool Olifantsvallei

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

Soos in die verlede sal GLB verversings te koop aanbied (sien grondplan vir die kiosk ).

Laerskool Wonderboom SPORTBELEID

BOLAND JUKSKEI-UNIE GRONDWET

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2011

Gids vir Byvoordele eise

SKOOLUNIFORM. 1. Blou tetrex rok met skoolwapen op die sak. Lengte van rok: Nie korter as vier vingerbreedtes bokant die knie nie.

GRAAD 11 WISKUNDE DERDE VRAESTEL NOVEMBER 2009

AANSOEK: GEASSOSIEëRDE LID

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

AANSOEK OM TOELATING SLEGS VIR KANTOOR GEBRUIK. Aangeheg. Familie Kode: Toelatingskode:

Beeld,Die Burger en Volksblad Koerantplakboeke Nasionale Kompetisie

HERTZOGVILLE LANDBOUFEES 2015 VRYDAG EN SATERDAG 13 EN 14 MAART 2015

VRYDAG EN SATERDAG 17 en 18 Maart 2017

Belastingvrye Belegging. Planbeskrywing

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

1. LEERLINGBESONDERHEDE 2. ALGEMENE INLIGTING

DORMER SKAAPTELERSGENOOTSKAP VAN SA. REëLS VIR DIE AANBIEDING VAN DORMER VEILINGS

Dit begin alles hier. Teologie

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

My naam en van is My ouderdom Kontaknommer My skool se naam is

PROGRAM SATERDAG 29 SEPTEMBER 2018

Transcriptie:

DIE OOSTELIKE PROVINSIE TWEEKAMPVERENIGING TEGNIESE REëLS VIR ATLETE Uittreksel van Tegniese Reëls (April 2012) van Die Suid Afrikaanse Tweekamp Vereniging

1. Inleiding. Tweekamp is n unieke en onafhanklike vorm van sport waar atlete meeding in hardloop- en swemitems ten einde hulle veelsydigheid te meet aan die hand van voorafopgestelde puntetabelle wat gebaseer is op tye wat hul behaal. Die sport maak ook voorsienning dat verskillende ouderdomsgroepe so kan meeding dat alle atlete dieselfde voordeel behaal ongeag hul ouderdom. Tweekamp is nie bedoel om met enige tipe atletiekof swemaktiwiteite mee te ding nie alhoewel baie van die sportsoorte se reëls ook in Tweekamp toegepas word. Die afstande waarin meegeding word maak die sportsoort uniek en oor die jare is dit bewys dat uiterste goeie veelsydigheid benodig word om sukses te bereik. 2. Ouderdomsgroepe. Deelnemers neem as seuns/mans en dogters/dames deel in die volgende ouderdomsgroepe: - Onder 9. - Onder 11. - Onder 13. - Onder 15. - Onder 17. - Onder 19. - Seniors (Ope) (19 tot 26 jaar). - Junior Veterane (27 tot 40 jaar). - Veterane (41 tot 49 jaar). - Senior Veterane (50 tot 59 jaar). - Meesters (60+jaar). Nota 1 : Onder 9 neem nie tans op Nasionale vlak deel nie. Onder 9 mag aan Interprovinsiale byeenkomste deelneem. Nota 2 : Atlete neem in hul onderskeie ouderdomsgroepe deel, met die voorbehoud dat enige atleet in die ouderdomsgroep onder 17 en ouer, mits die atleet aan die kwalifiserende vereistes voldoen, in die senior (ope) groep mag deelneem, en in spanverband slegs indien die ouderdomsgroep waarin die atleet val reeds die maksimum getal gekose atlete het.

3. Ouderdomsbepaling. Die ouderdom van die atleet soos op 31 Augustus bepaal in watter ouderdomsgroep hy/sy sal deelneem. Die seisoen strek van 1 September tot 31 Augustus van die volgende jaar. 4. Samestelling van Spanne: 4.1. Nasionale Kampioenskappe. Elke Provinsie is geregtig om slegs een span, bestaande uit n maksimun van 5 lede per ouderdomsgroep, vir die byeenkoms in te skryf, met dien verstande dat die Provinsie wat die byeenkoms aanbied 6 atlete per ouderdomsgroep mag inskryf. 4.2. Interprovinsiale Byeenkomste. Elke Provinsie mag n A, B en Ontwikkelingspan, bestaande uit nie meer as 4 lede per span, inskryf vir die byeenkomste. 5. Individuele Deelname: 5.1. Geen individuele deelname word as n reël toegelaat nie. Alle atlete moet by n Provinsie geaffilieer wees. 5.2. Die Nasionale Bestuur mag egter individuele atlete, wat aan uitsonderlike hoë standaarde voldoen, nooi om aan geselekteerde byeenkomste deel te neem. Prestasies van die genooide atlete kwalifiseer nie vir enige rekords/medaljes nie. 6. Puntetabelle. Atlete se prestasie word slegs bepaal deur die hardloop- en swemtye te verwerk volgens die goedgekeurde Tweekamp Tabelle. 7. Bonuspunte. Atlete wat deelneem in die junior veterane-, veterane-, senior veterane- en meesters kategorieë, ontvang 15 bonuspunte vir elke jaar wat hy/sy ouer is as die minimum ouderdom van die groep waarin hy/sy deelneem. 8. Swem. Die swemitems vind plaas na die hardloopitems op dieselfde dag. Enige van die vier amptelike swemslae mag gebruik word. Genoegsame tyd moet toegelaat word tussen die twee aktiwiteite ten einde beamptes in staat te stel om die aktiwiteite op n hoë standaard aan te bied.

9. Volgorde en Afstande van Deelname. Die volgorde is soos volg: (Items mag saam aangebied word om goeie vloei te verseker) Ouderdom Hardloopafstand Swemafstand Seuns O/9 800m 50m Dogters O/9 800m 50m Seuns O/11 800m 50m Dogters O/11 800m 50m Meester Mans 800m 50m Meester Dames 800m 50m Seuns O/13 1200m 100m Dogters O/13 1000m 100m Senior Veterane Mans 1000m 100m Senior Veterane Dames 1000m 100m Seuns O/15 2000m 100m Dogters O/15 1000m 100m Veterane Mans 1000m 100m Veterane Dames 1000m 100m Senior (ope) Mans 2000m 100m Senior (ope) Dames 2000m 100m Junior Veterane Mans 1000m 100m Junior Veterane Dames 1000m 100m Dogter O/17 1000m 100m Seuns O/17 2000m 100m Dogters O/19 1000m 100m Seuns O/19 2000m 100m 10. Kleredrag. Tydens huishoudelike byeenkomste dra atlete kleredrag soos bepaal deur die onderskeie provinsies. Tydens Interprovinsiale- en Nasionale byeenkomste sal atlete geklee wees in die kleredrag van die provinsie wat hy/sy verteenwoordig. Tydens swem is n ondeurskynende eenstuk kostuum wat nie langer as knielengte is nie, en wat aan die FINA reëls voldoen, n vereiste. Twee kostuums mag nie oormekaar gedra word nie.

11. Onttrekkings en Vervangings. Onttrekkings tydens Interprovinsiale byeenkomste geskied volgens die prosedures wat onderling tussen die provinsies bepaal word. Goeie praktyk is egter om onttrekkings tydens die bestuursvergadering die dag voor die aanvang van die byeenkoms te doen. Onttrekkings tydens Nasionale byeenkomste moet plaasvind tydens die bestuursvergadering die dag voor die byeenkoms. Die atleet se inskrywingsgelde bly egter steeds betaalbaar. Onttrekkings op die dag van die Nasionale byeenkoms moet deur die betrokke spanbestuurder aan die sportorganiseerder kommunikeer word. Slegs in uitsonderlike gevalle sal die Sportorganiseerder toelaat dat n atleet wat onttrek word deur n ander atleet vervang word, met n maksimum van twee vervangings per provinsie. 12. Uitdunne. Die sportorganiseerder bepaal die groottes van die onderskeie uitdunne maar dit behoort nie 16 te oorskry tydens die hardloopitems nie. Swemuitdunne word bepaal volgens die aantal bane beskikbaar. 13. Hulp aan Atlete. Die enigste hulp wat atlete mag ontvang is die rondtetye wat die tydhouers mag uitroep by die voltooiing van n baanrondte en ondersteuning vanuit die pawiljoen deur ondersteuners. Geen ander hulp (oordra van inligting anders as vanaf die pawiljoen, pas aangee of watter ander metodes ook al), mag verskaf word nie. Atlete wat ontoelaatbare hulp ontvang sal gediskwalifiseer word. 14. Gelykopuitslae. Dit is moontlik dat atlete gelykop kan eindig nadat die punte vir die hardloop en swem verwerk is. Indien die gelykopuitslae in die eerste drie plekke van toepassing is, word die oorhandiging van medaljes soos volg hanteer: 14.1. Twee atlete deel die eerste plek oorhandig twee goue medaljes, geen silwer medalje, een brons medalje. 14.2. Twee atlete deel die tweede plek oorhandig een goue-, twee silwer en geen brons nie. 14.3. Twee atlete deel die derde plek oorhandig een goue-, een silwer- en twee brons medaljes.

15. Rekords. Die volgende is van toepassing: 15.1. n Register met nasionale rekords per ouderdomsgroep moet deur die Nasionale President bygehou word. Die naam van die atleet, datum van die rekord en puntetotaal word hierin vervat. 15.2. Slegs rekords opgestel tydens byeenkomste wat volgens die tegniese reëls gehou is, mag erken word. Waar n nasionale rekord op n ander byeenkoms as die Nasionale Kampioenskappe verbeter word, moet die betrokke provinsie by die nasionale bestuur aansoek doen om die rekord te erken waarna alle provinsies in kennis gestel sal word van die prestasie. 15.3. Interprovinsiale rekords word deur die organiseerders van die byeenkomste op dieselfde wyse as nasionale rekords bygehou. 15.4. Provinsiale rekords word op dieselfde wyse deur die onderskeie provinsiale voorsitters bygehou. 16. Stimulering en Verdowing word ten sterkste verbied. Waar dit duidelik is dat n atleet enige stimulant en/of verdowingsmiddel gebruik het sal hy/sy gediskwalifiseer word. 17. Trofeë by Nasionale Kampioenskappe. Die volgende word toegeken: 17.1. Die NASIONALE SKILD Word toegeken aan die provinsie wie se onder 11,13,15,17,19 se seuns- en dogterspanne die meeste punte verwerf het. 17.2. Die STAN WALTER Trofee Word toegeken aan die provinsie wie se Senior(ope), Junior Veterane, Veterane, Senior Veterane en Meesters se mans en dames spanne in totaal die meeste punte verwerf het. 17.3. Die LES COX Trofee Word toegeken aan die provinsie wat die meeste punte verwerf het in al die seuns/mans en dogters/dames afdelings. 17.4. Die CHRIS JANSEN Trofee is die Victor Ludorum Trofee - Word toegeken aan die seun/mans atleet wat na oordeel van die Nasionale keurders die beste manlike atleet tydens die kampioenskappe was. 17.5. Die ARCHIE MARKGRAAFF Trofee is die Victrix Ludorum Trofee - Word toegeken aan die dogter/dames atleet wat na oordeel van die Nasionale keurders die beste dogter/dames atleet tydens die kampioenskappe was.

17.6. Die VICTOR HESSE Trofee Word toegeken aan die manlike atleet met die hoogste puntetotaal. 17.7. Die KOTZENBERG Trofee Word toegeken aan die damesatleet met die hoogste puntetotaal. 17.8. Die SANLAM Trofee Word toegeken aan die ontwikkelingsatleet wat na oordeel van die Nasionale keurders die beste ontwikkelingsatleet tydens die kampioenskappe was. 17.9. Die PRESIDENT Trofee Word toegeken aan die provinsie wat die meeste punte behaal het gebaseer op die aantal medaljes wat verower is. Punte word uitgewerk op basis van 3, 2 en 1 vir goue, silwer en brons medaljes. 18. Uitslae. Individuele- en spanuitslae sal aan die spanbestuurders bekend gemaak word op n tyd en plek soos deur die sportbestuurder van die betrokke byeenkoms bepaal word. Enige beswaar teen n resultaat of uitslag moet gou moontlik na bekendmaking van die uitslae aan die byeenkomsorganiseerder gerig word. Uitslae van Nasionale en Interprovinsiale byeenkomste sal op die eerste werksdag na die betrokke kompetisie, op SA Tweekamp se amptelike webblad (www.sabiathlon.co.za) beskikbaar wees. Dit is die verantwoordelikheid van die organiseerders van die byeenkoms. Spankompetisies se uitslae word bepaal deur die totale aantal punte van die eerste drie deelnemers in elke ouderdomsgroep van die provinsiale A span. 19. Wysiging van die Reëls. Enige voorstelle vir wysiging van die reëls moet deur die onderskeie provinsies skriftelik aan die nasionale bestuur voorgelê word vir oorweging. Kommentaar sal vanaf die provinsies versoek word en wysigings sal op die eerste Algemene Jaarvergadering nadat die kommentaar ontvang is, bespreek, en deur n meerderheidstem goed of afgekeur word. -o-o-o-