Maak die meeste van jou marges

Vergelijkbare documenten
2016 SACAI-WINTERSKOOL LANDBOU- WETENSKAPPE NOTAS

Wildbyvoeding se voor- en nadele. Craig Shepstone

DIE VOEDING VAN VERVANGINGSVERSE, DROË KOEIE EN BULKALWERS

VLEISBEESTE & SKAPE NEW VOERBROSJURE

DIE KEUSE VAN DIE KORREKTE LEK AANVULLING IS BAIE BELANGRIK VIR OPTIMALE DIEREPRODUKSIE

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

KAN N MIELIE MET N HAMBURGER KRAGTE MEET? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

Sentraalbeplande stelsel

Oxford Suksesvolle NW & TEG Kennisafdeling 01 Eenheid 05 Voedselverwerking: Noodsaaklikheid vir die verwerking van voedsel Graad 6

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore

Les 14: Entrepreneurskap

GRAAD 6 NATUURWETENSKAPPE KWARTAAL 1. Tyd: 1 uur FORMELE ASSESSERING Totaal: 50 punte. Naam en Van Datum INSTRUKSIES VRAAG 1

GROENVOER HEELJAAR OOR VOER-BOER WAT KAN VOER-BOER DOEN VIR JOU

Belangrike voedingstappe vir die winter 2013

KAN MIELIES WINSGEWEND GEPRODUSEER WORD? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

BESTUURSINLIGTING VOORUITSIGTE VIR GRAANGEWASSE LYK GOED. Posbus 1615 Bethlehem, 9700 Tel/Faks: (058)

VOEDING EN SPYSKAARTBEPLANNING

RIGLYNE VIR GOEIE PRODUKSIE. HENNING VERMAAK

FAKTORE EN VEELVOUDE

Breedte. Oppervlak = Lengte X Breedte. Ons kan nou enige reghoek se oppervlak bereken met hierdie formule, nie waar nie?

Geldterugvoordeel. Beskikbaarheid

Kwantifisering van risiko in die Oos-Vrystaat droëlandproduksiegebied:

Afdeling A: Ekonomiese stelsels

KAN SUID-AFRIKA SE GRAANBOERE OORSEE MEEDING? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Willem Burger, Departement van Landbou: Wes-Kaap, Landbou-Ekonoom, Program Ondersteuning van Landbouers, Eden Distrik, George

BEKALKING EN 20 BEKALKING EN KALKSTOWWE

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

Plantstruktuur en Plant Voedsel

Omgekeerde bewerkings Getalsinne

78 THE DAIRY MAIL MAY Voer elke koei volgens haar individuele produksiestatus en kondisie.

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

Wat is die waarde van strooi/oesreste?

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Weeklikse Marksiening 16 April 2012

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

Somer. Winter. Behoefte. Fosfaat Voorsiening. Okt. Okt

Bloubuffelgras (Cenchrus ciliaris)

DIE ROL VAN LANDBOU IN DIE EKONOMIE DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

S ukses. << SENWES Scenario >>

Paulus kritiseer sy tyd se manier

VOORRAAD. a) Skep die volgende rekening by Onderhoud Rekeninge Invoeg: Inkomste / Uitgawerekening (A) vir die voorraaditem.

GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS

WENKE VIR SKEERSELVOORBEREIDING OM DIE MEESTE EKONOMIESE VOORDEEL TE TREK AJ Aucamp, JL Venter, Jakes Muller (CWSA)

BETAALSTROKIE : LENINGS MET RENTE

Natuurwetenskappe. 1.Noem alle materie wat bestaan uit klein deeltjies wat atome genoem word? (6) 2.Waaruit bestaan elemente? (6)

Sanlam. Ernstige Siektevoordele. Oktober is Borskankerbewustheidsmaand. Statistieke van die voorkoms van borskanker in Suid-Afrika.

Statistieke met een oogopslag

VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015

Geboorte- en sterftesyfers is vername maatstawwe om bevolkings te beskryf. ie geboortesyfer dui die aantal geboortes per duisend mense per jaar aan.

Meganiese stelsels en beheer:

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 12 Toets 6: Die mens se invloed op die omgewing

Foto-redigering vir sun.ac.za

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

KALF GROOTMAAK. A18044 RCL FOODS Calf Brochure A5 AFR DPS.indd 1

Prysvorming deur vraag en aanbod

20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

Les Plan Twee. Habitats

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

AGRI-TREAT. n Revolusionêre water ontsmettingsmiddel vir drupperlyne en alle verwante besproeiingstoerusting in die landboubedryf.

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

HANDLEIDING LANDBOUBESTUURS- GRAAD 10

25. Ontwikkelde en ontwikkelende lande

.1 INLEIDING. geleenthede te adverteer en deelname te bevorder Moets

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

Pretoria-Noord Hoёrskool Geografie GRAAD 9 Junie eksamen

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

Finansiële Wiskunde ENKELVOUDIGE RENTE

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses

Optimaliseer voordele en bestuur u premies

Onderwerp 2: Die eerste boere in Suid-Afrika

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018

Landboudienste IN PAS MET DIE VERANDERDE OMGEWING. Augustus 2011 SENWES INLIGTINGSESSIE:

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

INHOUDSOPGAWE VOORWOORD. Christo Faasen BESTURENDE DIREKTEUR UREUM VERGIFTIGING GIDS - BLADSY 43

S.A.TIMBER GROEP MAATSKAPPY PROFIEL

Maak dit n kwadratiese vergelyking deur =0 aan die regterkant by te sit: 2x

INHOUDSOPGAWE. BLADSY Sernick Soutfos. 19 Sernick P Sernick Somerlek 10% 21 Sernick Somerlek 12 + P. 22 Sernick Produksie Lek 20%

Handleiding 2. Skep van ʼn webwerf Weergawe 1.0 Februarie 2014 GKSA

Ignition Munt en Die Ignition Netwerk Ontwerp vir Waarde, Volhoubaarheid, en Groei

Vergelyking van 'n reguitlyn vanuit 'n grafiek *

Opgradering van Oracle PeopleSoft Studente-, Finansies-, HR- en CRM- stelsels. 1. Agtergrond

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

GRAAD 11 WISKUNDE DERDE VRAESTEL NOVEMBER 2009

VOEDINGSBROSJURE WILDPRODUKTE

HOEVEEL HEKTARE KAN N STAATSAMPTENAAR BEKOSTIG? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Transcriptie:

Maak die meeste van jou marges Artikel deur Izak Hofmeyr in die Dairymail Mielies is al vir baie jare die hoofkomponent in melkkoeirantsoene en soos kuddegroottes toeneem, is al minder boere in staat om al hulle mieliebehoeftes self te produseer. Wanneer die mielieprys sodanig styg dat dit die melkboer se marges begin beïnvloed, kyk baie boere na alternatiewe energiebronne om mielies te vervang. Met wêreld-mieliepryse wat styg is dit, volgens prof Lourens Erasmus van die Universiteit van Pretoria, iets wat boere toenemend sal doen. Hy waarsku egter dat boere moet seker maak hulle doen die regte somme om te verseker dat die alternatiewe voerbron wel mielies doeltreffend kan vervang. Dis n kwessie van appels met appels vergelyk, sê hy. Om die waarde van n alternatiewe produk as bron van proteïen en energie te bereken, kan dit vergelyk word met 44% sojaboonmeel vir proteïen en heelmielies vir energie, volgens n formule deur DM Amaral-Phillips en RW Hemken van die - Universiteit van Kentucky. Daar bestaan proteïen- en energiefaktore (Tabel1) vir verskillende a ternatiewe gewasse waarvolgens die voedingswaarde van die gewasse soos volg bereken kan word: Vermenigvuldig die huidige prys van mielies met energiefaktor van die spesifieke produk Vermenigvuldig die huidige prys van 44% sojaboonmeel met die proteïenwaarde van die produk Tel die waardes van stap 1 en 2 bymekaar. Aspekte wat verder in gedagte gehou moet word by die keuse van alternatiewe is onder meer die addisionele kostes soos vervoer, tyd en berging, asook ander toerusting en fasiliteite wat benodig sou word in die hantering en berging van die - alternatiewe bron. Wat hoort in n rantsoen? Grane is uitstekende bronne van stysel en is hoogs verteerbaar in herkouers. Die - propionsuur wat deur styselverterende bakterieë geproduseer word, word deur die lewer in glukose omgeskakel, en hierdie glukose word in laktose omgeskakel (melksuiker) wat die dryfveer is vir melkvolume. Daarmee saam voorsien hierdie bakterieë ook in tussen 50% en 60% van die koei se proteïenbehoefte soos dit van die rumen na die abomasum en dunderm beweeg. Vir optimum melkproduksie moet die koei se rantsoen uit tussen 24% en 26% stysel bestaan.

Daar is ook n hele lys van ander nie-graanprodukte wat in rantsoene gebruik kan word. Die voedingswaarde van sulke produkte, gewoonlik byprodukte van ander prosesse, is dikwels baie verskillend van die tradisionele grane. Daarom is dit uiters belangrik om te verseker dat al die voedingsbehoeftes van die koeie wel bevredig word as na alternatiewe gekyk word. Die voedingsamestelling van n produk moet geanaliseer word, elke keer as n nuwe besending bestel word. Faktore wat in aanmerking geneem word as na n alternatiewe produk oorgeskakel word is: Maak seker daar is stabiele voorsiening van die produk Koeie sal ongeveer vier weke neem om by die nuwe produk aan te pas Gesondheidsprobleme kan ontstaan as groot hoeveelhede skielik gevoer word. Hieronder volg n kort beskrywing van die meer algemene alternatiewe produkte. Brouersgraan: n Byproduk van die bier-en maltbedryf. Droë brouersgraan is n goeie bron van verbyvloeiproteïen en bevat ongeveer 75% van die energiewaarde van mielies. Dis bonkig en moet meganies hanteer word. Koeie sal ook langer neem om dit te eet. Dit vereis goeie minerale byvoeging. Kan teen 15% tot 25% van die totale droëmateriaalrantsoen bygevoeg word. Gluten 20: n Medium, hoogs rumen-degradeerbare proteïenbyproduk afkomstig van die mielieverwerkingsproses. Dit bevat ongeveer dieselfde energiewaarde as gars. Laag in stysel, kalsium en kalium, en hoog in fosfaat in vergelyking met mieliemeel. Beperk tot 25% tot 30% van die totale droëmateriaalrantsoen. Diere moet stadig daaraan gewoond gemaak word. Gluten 60: n Byproduk van die mielieverwerkingsproses as die grootste gedeelte van die stysel, kiem en olie uit die mielie verwyder is en van die semel geskei is. Uitstekende bron van verbyvloeiproteïen, maar is laag in lisien en behoort met sojaboon-gebaseerde produkte gemeng te word. Word as n 40-60% proteïenproduk bemark en moet tot 15% van die kragvoerrantsoen beperk word. Hoër insluitingspeile lei tot smaaklikheidsprobleme. Heel katoensaad: Uitstekende bron van energie, proteïen en doeltreffende vesel. Gehalte kan baie wissel. Beperk tot nie meer as 2,5-3 kg per dag nie. Katoensaad-oliekoekmeel: n Byproduk as die olie van heel katoensaad verwyder is. Katoensaadmeel bevat effens minder energie en beskikbare proteïen as sojaboonmeel en kan gebruik word om sojaboonmeel te vervang. Nie geskik vir gebruik in die rantsoene van kalwers jonger as agt weke nie, vanweë die anti-voedingsfaktor, gossipol, wat toksies kan wees. Vismeel: Ryk in essensiële aminosure en bevat 60-70% ruproteïen. Weens potensiële smaaklikheidsprobleme, is dit wenslik om dit net in totale gemengde rantsoene te gebruik. Dit mag probleme meebring as dit in graanmengsels in die

melkstal of in elektroniese voeding stelsels gevoer word. Moet stadig oor n tweeweke tydperk ingefaseer word. Hominy chop: Baie smaaklike voer bestaande uit mieliesemels, kiem en n stukkie van die styseldeeltjie van die mieliepit. Vetinhoud wissel van 5-12%. Hoër in energie, proteïen en vesel as mielies. Beperk dit tot 20 na 30% van die totale droë rantsoen. Sitruspulp: n Mengsel van skil, vlees en uitskotvrugte. Relatief hoog in energie en vesel, maar laag in proteïen. Koeie moet geleidelik aan die smaak van die produk gewoond gemaak word en dit kan ingesluit word teen 30% van die kragvoer. Wei: n Byproduk van die kaasmaakproses. Bestaan meestal uit laktose, minerale en water. Weipoeier is makliker om te hanteer as die vloeiende vorm. Wei kan ingesluit word teen 5% van die volvoerrantsoen. Molasse: Byproduk van die suikerbedryf. Gebrekkig in vitamiene A en D, tiamien en riboflavien, maar n goeie bron van niasien en pantoteensuur. Maksimum insluiting is 10% van die totale rantsoen. Heel sojabone: n Baie smaaklike voer wat maklik in verskillende voerstelsels geïnkorporeer kan word. Kan rou of gerooster gevoer word. Rou soja mag egter nie in rantsoene opgeneem word waarvan ureum deel uitmaak nie. Heel sojabone kan ingesluit word teen 10% van n volvoerrantsoen. Sojaboondoppe: n Byproduk van die sojaboonverwerkingsproses. Sojadoppe wat nie onder hitte verwerk is nie, moet nie in rantsoene met ureum gebruik word nie. Baie smaaklik en hoog in verteerbare vesel, maar baie laag in doeltreffende vesel. Gebruik teen 20-25% van die totale droëmateriaalrantsoen.

Sonneblom-oliekoekmeel: Sonneblom-oliekoekmeel bevat meer vesel, maar minder energie as sojaboonmeel. Die insluiting van sonneblommeel word dikwels beperk deur die hoë persentasie rumen-degradeerbare proteïen (74% van CP). Brood: Ou brood en ander gebak kan in beperkte hoeveelhede aan melkkoeie gevoer word. Die boonste limiet vir droë brood is 20% insluiting in n konsentraat en 10% in n totale gemengde rantsoen. Vanweë die hoë konsentrasie hittegeprosseseerde stysel, kan hoë vlakke vet die melkvetpersentasie onderdruk. Soutinhoud kan wissel van 1 tot 3%. Sjokolade: Sjokolade kan n ekonomiese bron van voedingstowwe, veral vet, wees. Melksjokolade kan byvoorbeeld tot 48% vet bevat. Voedingslimiete vir sjokolade is ongeveer 6% van n konsentraat en 4% van n TGR. Suikermielies: Die voedingswaarde van afvalprodukte van die suikermielieinmaakproses, is baie dieselfde as mieliekuilvoer met swak ontwikkelde koppe, met die voginhoud wat die grootste verskil is. Die voginhoud van die suikermielie inmaakafval is 75-80%. Dit werk die beste in rantsoene vir lae melkproduseerders, droë koeie en ouer vervangingsverse. Aartappels: Rou aartappels mag smaaklikheidsprobleme veroorsaak en moet dus oor n tydperk van drie weke in die rantsoen ingefaseer word. Groen aartappels mag ook toksisiteitsprobleme veroorsaak. Aartappels is laag in magnesium en kan die swaar metaal, kadmium, opgaar. Moet nie meer as 20-25% van die voerplan uitmaak nie. Die waarde van aartappels in n dieet word met die van n goeie mieliekuilvoer vergelyk. Kanola: Volvet heel kanolasaad kan ingesluit word tot en met 6% van die totale dieet. Saad moet voor voeding deur n rollermeule verwerk word. Kanola bevat 22% ruproteïen en 42% vet.