AANDEELHOUERSINLIGTING

Vergelijkbare documenten
KENNISGEWING AAN AANDEELHOUERS

Kennisgewing van Twintigste Algemene Jaarvergadering van Aandeelhouers

KENNISGEWING VAN VERDAAGDE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN BKB-AANDEELHOUERS

Kennisgewing van Een en Twintigste Algemene Jaarvergadering van BKBaandeelhouers

KENNISGEWING VAN VOORLEGGING VAN VOORGESTELDE BESLUITE AAN AANDEELHOUERS VIR AANNEMING INGEVOLGE ARTIKEL 60 VAN DIE MAATSKAPPYWET

OMSENDBRIEF AAN REMGRO-AANDEELHOUERS

KENNISGEWING VAN ALGEMENE JAARVERGADERING EN VOLMAG

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

Kennisgewing van algemene jaarvergadering

Kennisgewing van algemene jaarvergadering

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

Kennisgewing van die Algemene Jaarvergadering van Aandeelhouers

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

KENNISGEWING VAN ALGEMENE JAARVERGADERING

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

jaar Kennisgewing van Algemene Jaarvergadering 2017

KENNISGEWING VAN ALGEMENE JAARVERGADERING

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

KENNISGEWING VAN ALGEMENE JAARVERGADERING 2016

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

KENNISGEWING VAN ALGEMENE JAARVERGADERING

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

VERGOEDINGSVERSLAG INLEIDING VERGOEDINGS-EN-NOMINASIEKOMITEE VERGOEDINGSBENADERING

AANSOEK: GEASSOSIEëRDE LID

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A

AKTE VAN OPRIGTING VAN SENWESBEL BEPERK

AANSOEK OM LIDMAATSKAP VORM 1

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

Vereistes vir Fica. Tipe dokumentasie wat vereis word

Posbus 31, KLERKSDORP, 2570 AANSOEK VIR DIE OPNEEM VAN SENWESBEL AANDELE

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

Vergoedingsverslag BESTUUR EN VOLHOUBAARHEID

WET OP FINANSIëLE INTELLIGENSIESENTRUM 2001: KLIëNTE INLIGTING

AANVANG VAN N ONDERSOEK VAN BEWEERDE ONBEHOORLIKE GEDRAG

AANSOEK OM GEDEELTELIKE / VOLLE VRYSTELLING VAN SKOOLGELD

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. Maatskappye Wet, 71 van 2008 (soos gewysig) AKTE VAN OPRIGTING VAN N MAATSKAPPY SONDER WINSOOGMERK MET STEMREG VIR LEDE

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

2015 AKADEMIESE JAAR

Eerste jaarvergadering en konstitusie

TWK AGRICULTURE HOLDINGS PROPRIETARY LIMITED (TWK LANDBOU) AANSOEK VIR DIE GOEDKEURING AS AANDEELHOUER

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

WYSIGINGSWETSONTWERP OP REGISTRASIE VAN AKTES

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. )

HOOFSTUK 9 Regspleging

Ontleding van die toepassing van die 75 beginsels van korporatiewe bestuurstoesig soos aanbeveel in die King III-verslag

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

Die 3 Groot Menere. Maatskappyewet. Werkstukke vir Hoofstuk 6 - DEEL 3

"ESLOTE $EBITEURE $EBITEURE $EBITEURE KREDITEURE /NTLEDING BANKVERSOENING )NLEIDING "ELASTING VOORRAADSTELSEL OP )TEMS WAARDE

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID / (HERSIEN EN GEWYSIG)

TERME EN VOORWAARDES

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

AKTE VAN OPRIGTING TUINROETE AGRI BEPERK REGISTRASIENOMMER : 1997/003183/ Die naam van die maatskappy is TUINROETE AGRI BEPERK.

Die verhuurder verleen aan die huurder die eerste opsie om die kontrak te hernu vir n verdere termyn.

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

HOËRSKOOL WONDERBOOM FINANSIËLE BELEID

KONSTITUSIE VAN DIE SCHOEMANSVILLE OEWERKLUB

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

DIENSKONTRAK VIR HUISWERKER. 1. Persoonlike besonderhede van huiswerker (hierna genoem die werknemer )

ARTIKELS KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2014 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN HOËRSKOOL OUTENIQUA Opgedateer 19 Mei 2015

AANSOEK OM TOELATING SLEGS VIR KANTOOR GEBRUIK. Aangeheg. Familie Kode: Toelatingskode:

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

GRONDWET VAN DIE PAARL BELASTINGBETALERSVERENIGING (Die Grondwet) - 26 Januarie 2012

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

OPSIE-OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN :

KOOPKONTRAK VIR N VOLTOOIDE DEELTITEL EENHEID

Produsente TUSSENTYDSE RESULTATE. Belegging. Belegging. Beleggers. Toedeling SENWESBEL. Prestasie. Beleggers. Samewerking. Toedeling.

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

Eise Proses Die volgende eis-omstandighede en tydsbeperkings is van toepassing wanneer jy n eis teen jou Opknapper polis moet indien:

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA MAATSKAPPYWET, AKTE VAN OPRIGTING KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1

VERKOOPSVOORWAARDES in terme waarvan VAN RENSBURG EN BEKKER VEILINGS (EDMS) BPK van Saffiersingel, Tamsui Industria, GEORGE

FPSA FISA RAADSEKSAMEN

DIENSVOORWAARDES VIR NAVORSINGS- EN STEUNDIENSTEPERSONEEL

AANSOEK OM STUDIELENING

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

KENNIS VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

SENWES BEPERK / LIMITED

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

IMPAK leerders NASKOOLSENTRUM 2016 VOORWAARDES EN ReëLS (een kontrak per gesin)

DEPARTEMENT VAN ONDERWYS. Goewermentskennisgewing R Oktober 2006

Transcriptie:

AANDEELHOUERSINLIGTING STATISTIEK OP 30 JUNIE 2011 % 30 Junie 2011 31 Maart 2010 Aantal aandele % Aantal aandele VERNAAMSTE VOORDELIGE AANDEELHOUERS Gewone aandele Public Investment Commissioner 18.12 87 170 880 12.53 60 268 519 Ander 81.88 393 935 490 87.47 420 837 851 100.00 481 106 370 100.00 481 106 370 B-gewone aandele Rembrandt Trust (Edms) Beperk 100.00 35 506 352 100.00 35 506 352 Totaal 516 612 722 516 612 722 Geen ander aandeelhouer het op 30 Junie 2011 n voordelige belang van meer as 5% in die gewone aandele van u maatskappy gehou nie. 30 Junie 31 Maart 2011 2010 2009 2008 VERSPREIDING VAN AANDEELHOUERS Gewone aandele Publieke aandeelhouers 43 859 42 794 41 686 41 832 Persentasie van aandeelhouers 99.94 99.92 99.93 99.94 Aantal aandele 464 666 249 464 176 248 430 447 901 433 151 212 Persentasie van aandele uitgereik 96.58 96.48 97.94 96.47 Nie-publieke aandeelhouers Direkteure en hulle verwantes/aandeletrust/tesourie-aandele 29 36 28 27 Persentasie van aandeelhouers 0.06 0.08 0.07 0.06 Aantal aandele 16 440 121 16 930 122 9 031 850 15 852 394 Persentasie van aandele uitgereik 3.42 3.52 2.06 3.53 Aantal aandeelhouers 43 888 42 830 41 714 41 859 REMGRO BEPERK 200 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

AANDEELHOUERSINLIGTING STATISTIEK OP 30 JUNIE 2011 30 Junie 31 Maart 2011 2010 2009 2008 AANTAL AANDELE UITGEREIK Gewone aandele van 1 sent elk 481 106 370 481 106 370 439 479 751 449 003 606 Uitgereik aan die begin van die tydperk 481 106 370 439 479 751 449 003 606 448 802 207 Uitgereik gedurende die tydperk 41 626 619 201 399 Gekanselleer gedurende die tydperk (9 523 855) Ongenoteerde B-gewone aandele van 10 sent elk 35 506 352 35 506 352 35 506 352 35 506 352 Totale aantal aandele uitgereik 516 612 722 516 612 722 474 986 103 484 509 958 Aantal aandele in tesourie gehou (2 918 266) (3 424 044) (3 500 000) (11 972 555) Gewone aandele teruggekoop en in tesourie gehou (2 918 266) (3 424 044) (3 500 000) (8 554 019) Gewone aandele deur Die Remgro Aandeletrust gekoop en as tesourie-aandele verantwoord (3 418 536) 513 694 456 513 188 678 471 486 103 472 537 403 Geweegde aantal aandele 513 209 003 486 152 822 471 798 001 472 052 993 ADDISIONELE INLIGTING 2011 2010 Privaat 16% Privaat 15% Institusionele en privaat aandeelhoudings in Remgro Beperk gewone aandele Institusioneel 84% Institusioneel 85% 2011 2010 Buiteland 15% Buiteland 13% Buitelandse en plaaslike aandeelhoudings in Remgro Beperk gewone aandele Suid-Afrika 85% Suid-Afrika 87% REMGRO BEPERK 201 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

AANDEELHOUERSINLIGTING STATISTIEK OP 30 JUNIE 2011 BELANGE VAN DIREKTEURE IN DIE UITGEREIKTE KAPITAAL VAN DIE MAATSKAPPY Gewone aandele Direk Indirek Direkteure voordelig voordelig Verwantes Totaal 30 Junie 2011 P E Beyers 174 130 174 130 W E Bührmann 256 200 256 200 J W Dreyer 191 130 2 776 193 906 J J Durand 381 462 940 382 402 G T Ferreira 158 625 560 000 718 625 P K Harris 169 118 169 118 E de la H Hertzog 264 764 1 928 942 129 984 2 323 690 J Malherbe 26 826 1 049 101 1 075 927 J A Preller 122 919 122 919 F Robertson 5 000 5 000 J P Rupert 6 867 150 6 867 150 M H Visser 234 164 994 124 1 228 288 H Wessels 4 500 4 500 1 063 498 3 843 906 8 614 451 13 521 855 Toe mnr T van Wyk op 31 Januarie 2011 as n uitvoerende direkteur afgetree het, het hy 131 640 gewone aandele in Remgro Beperk gehou en sy verwantes het 100 gewone aandele in Remgro Beperk gehou. Direk Indirek Direkteure voordelig voordelig Verwantes Totaal 31 Maart 2010 P E Beyers 52 524 174 130 226 654 W E Bührmann 256 200 256 200 J W Dreyer 191 130 2 776 193 906 J J Durand 311 462 780 312 242 G T Ferreira 30 000 128 625 560 000 718 625 P K Harris 169 118 169 118 E de la H Hertzog 264 764 1 928 942 129 984 2 323 690 J Malherbe 26 826 1 049 101 1 075 927 J A Preller 111 059 111 059 F Robertson 7 000 7 000 J P Rupert 6 867 150 6 867 150 T van Wyk 131 640 100 131 740 M H Visser 114 164 994 124 1 108 288 H Wessels 4 500 4 500 987 177 3 904 531 8 614 391 13 506 099 B-gewone aandele Mnr J P Rupert is n direkteur van Rembrandt Trust (Edms) Beperk wat die houer is van al die uitgereikte ongenoteerde B-gewone aandele. Sedert die einde van die finansiële jaar tot datum van hierdie verslag het die belange van die direkteure onveranderd gebly. REMGRO BEPERK 202 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

KENNISGEWING AAN AANDEELHOUERS Die 2011 algemene jaarvergadering van Remgro Beperk ( die maatskappy ) sal op Donderdag, 24 November 2011, om 10:00 in die konferensiesentrum, Erinvale Estate Hotel & Spa, Lourensfordweg, Somerset-Wes, 7130, gehou word om, indien goedgevind, die volgende gewone en spesiale besluite met of sonder wysiging aan te neem: 1. GOEDKEURING VAN DIE FINANSIËLE JAARSTATE Gewone Besluit Nommer 1 Besluit dat die geouditeerde finansiële jaarstate van die maatskappy en die groep, insluitende die verslae van die direkteure, ouditeure en oudit-en-risikokomitee, vir die finansiële tydperk geëindig 30 Junie 2011 aanvaar en goedgekeur word. 2. HERAANSTELLING VAN OUDITEUR Gewone Besluit Nommer 2 Besluit dat die heraanstelling van PricewaterhouseCoopers Geïnk., wat onafhanklik is van die maatskappy, as die maatskappy se ouditeur, soos deur die maatskappy se oudit-en-risikokomitee benoem, goedgekeur word en om kennis te neem dat mnr C J Matthee die individuele geregistreerde ouditeur is wat die oudit gedurende die finansiële jaar eindigende 30 Junie 2012 sal onderneem. 3. VERKIESING VAN DIREKTEUR Gewone Besluit Nommer 3 Besluit dat mnr P E Beyers wat kragtens artikel 31.1.1 van die statute van die maatskappy as direkteur aftree en homself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word. 4. VERKIESING VAN DIREKTEUR Gewone Besluit Nommer 4 Besluit dat mnr W E Bührmann wat kragtens artikel 31.1.1 van die statute van die maatskappy as direkteur aftree en homself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word. 5. VERKIESING VAN DIREKTEUR Gewone Besluit Nommer 5 Besluit dat mnr L Crouse wat kragtens artikel 31.1.1 van die statute van die maatskappy as direkteur aftree en homself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word. 6. VERKIESING VAN DIREKTEUR Gewone Besluit Nommer 6 Besluit dat dr E de la H Hertzog wat kragtens artikel 31.1.1 van die statute van die maatskappy as direkteur aftree en homself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word. 7. VERKIESING VAN DIREKTEUR Gewone Besluit Nommer 7 Besluit dat mnr P K Harris wat kragtens artikel 31.1.1 van die statute van die maatskappy as direkteur aftree en homself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word. 8. VERKIESING VAN DIREKTEUR Gewone Besluit Nommer 8 Besluit dat mnr M M Morobe wat kragtens artikel 31.1.1 van die statute van die maatskappy as direkteur aftree en homself herkiesbaar gestel het, as direkteur van die maatskappy heraangestel word. Biografiese inligting van al die direkteure van die maatskappy verskyn op bladsy 19 tot 21 van die jaarverslag. 9. AANSTELLING VAN LID VAN DIE OUDIT-EN-RISIKOKOMITEE Gewone Besluit Nommer 9 Besluit dat mnr N P Mageza, wie verkiesbaar is en homself herkiesbaar gestel het, as lid van die oudit-en-risikokomitee aangestel word vir die finansiële jaar eindigende 30 Junie 2012. 10. AANSTELLING VAN LID VAN DIE OUDIT-EN-RISIKOKOMITEE Gewone Besluit Nommer 10 Besluit dat mnr P J Moleketi, wie verkiesbaar is en homself herkiesbaar gestel het, as lid van die oudit-en-risikokomitee aangestel word vir die finansiële jaar eindigende 30 Junie 2012. REMGRO BEPERK 203 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

KENNISGEWING AAN AANDEELHOUERS 11. AANSTELLING VAN LID VAN DIE OUDIT-EN-RISIKOKOMITEE Gewone Besluit Nommer 11 Besluit dat mnr F Robertson, wie verkiesbaar is en homself herkiesbaar gestel het, as lid van die oudit-en-risikokomitee aangestel word vir die finansiële jaar eindigende 30 Junie 2012. 12. AANSTELLING VAN LID VAN DIE OUDIT-EN-RISIKOKOMITEE Gewone Besluit Nommer 12 Besluit dat mnr H Wessels, wie verkiesbaar is en homself herkiesbaar gestel het, as lid van die oudit-en-risikokomitee aangestel word vir die finansiële jaar eindigende 30 Junie 2012. 13. GOEDKEURING VAN DIREKTEURE SE VERGOEDING Spesiale Besluit Nommer 1 Besluit dat direkteursvergoeding vir dienste gelewer as direkteure vir die finansiële jaar eindigende 30 Junie 2012, as volg vasgestel word: Voorgestelde fooi vir die jaar eindigende 30 Junie 2012 Tipe fooi R Raadslid 199 000 Voorsitter van die oudit-en-risikokomitee 133 750 Lid van die oudit-en-risikokomitee 67 400 Lid van die vergoedings-en-nominasiekomitee 33 200 Rede vir en die effek van Spesiale Besluit Nommer 1 Die rede vir en die effek van Spesiale Besluit Nommer 1 is om die vergoeding betaalbaar deur die maatskappy aan sy direkteure vir hulle dienste as direkteure van die maatskappy vir die finansiële jaar eindigende 30 Junie 2012 goed te keur. 14. MAGTIGING VIR DIE TERUGKOOP VAN AANDELE Spesiale Besluit Nommer 2 Besluit dat die direksie van die maatskappy hiermee gemagtig word, by wyse van n hernieubare algemene magtiging ingevolge die bepalings van die noteringsvereistes van die beurs bedryf deur die JSE Beperk ( JSE ) ( noteringsvereistes ) en soos toegelaat ingevolge die statute van die maatskappy, om die koop van sy eie gewone aandele deur die maatskappy, of om die koop van gewone aandele in die maatskappy deur enige filiaal van die maatskappy, goed te keur op die terme en voorwaardes soos die direksie van die maatskappy van tyd tot tyd mag bepaal, met dien verstande dat: hierdie algemene magtiging geldig sal wees tot en met die volgende algemene jaarvergadering van die maatskappy of vir 15 maande vanaf die datum van aanname van hierdie besluit, welke tydperk ook al die kortste is; die gewone aandele deur die bestelboek van die JSE verhandelingsisteem gekoop word sonder enige voorafgaande verstandhouding of ooreenkoms tussen die maatskappy en/of die betrokke filiaal en die teenparty, met dien verstande dat indien die maatskappy ingevolge hierdie algemene magtiging sy eie gewone aandele van enige volfiliaal van die maatskappy koop, vir die doel om sodanige tesourie-aandele te kanselleer, die bogemelde bepalings nie van toepassing sal wees op sodanige kooptransaksie nie; die maatskappy ooreenkomstig paragraaf 11.27 van die noteringsvereistes n aankondiging publiseer (i) wanneer die maatskappy en/of sy filiale kumulatief 3% van die uitgereikte gewone aandele soos op die datum wat die algemene magtiging verleen is ( die aanvanklike getal ) teruggekoop het, en (ii) vir elke 3% in totaal van die aanvanklike getal gewone aandele wat daarna deur die maatskappy en/of sy filiale teruggekoop word; die terugkoop deur die maatskappy van sy eie gewone aandele in enige enkele finansiële jaar in totaal nie 20% van die maatskappy se uitgereikte gewone aandelekapitaal mag oorskry nie, met die voorbehoud dat die verkryging van gewone aandele deur n filiaal van die maatskappy as tesourie-aandele, nie uitgevoer sal word nie indien in totaal meer as 10% van die totale getal uitgereikte gewone aandele van die maatskappy op die betrokke tydstip reeds gesamentlik deur of tot voordeel van die filiale van die maatskappy gehou word; terugkope nie gedoen mag word teen n prys wat meer as 10% bo die geweegde gemiddelde markwaarde van die gewone aandele vir die vyf besigheidsdae onmiddellik voor die datum waarop die transaksie uitgevoer word, is nie; die maatskappy te eniger tyd net een verteenwoordiger mag aanwys om namens die maatskappy, of namens enige filiaal van die maatskappy, die terugkoop van gewone aandele uit te voer; REMGRO BEPERK 204 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

KENNISGEWING AAN AANDEELHOUERS onderhewig aan die uitsonderings vervat in die noteringsvereistes, die maatskappy en die groep nie gedurende n verbode tydperk (soos omskryf in die noteringsvereistes) gewone aandele sal terugkoop nie, tensy hulle n terugkoopprogram in plek het ingevolge waarvan die datums en aantal aandele waarmee gehandel word tydens die betrokke tydperk vas is (nie onderhewig is aan enige verandering nie) en volle besonderhede van die program in n kennisgewing oor SENS openbaar gemaak is voor die aanvang van die verbode tydperk; voor die terugkoop, die direksie van die maatskappy n besluit geneem het waarin hul bevestig dat die direksie die terugkoop gemagtig het, dat die maatskappy voldoen aan die solvensie- en likiditeitstoets soos beoog in die Maatskappywet (Nr. 71 van 2008), soos gewysig ( Maatskappywet ), en dat sedert die toets toegepas is daar geen wesentlike verandering in die finansiële posisie van die groep was nie; en sodanige terugkope onderhewig sal wees aan die toepaslike bepalings van die Maatskappywet, die statute van die maatskappy, die noteringsvereistes en die Valutabeheerregulasies, 1961. Dit is die voorneme van die direksie om hierdie algemene magtiging te gebruik indien heersende omstandighede (insluitende die belastingbedeling en marktoestande) dit na hulle mening regverdig. Die direkteure van die maatskappy onderneem dat hulle nie enige sodanige terugkope sal implementeer terwyl hierdie algemene magtiging geldig is nie, tensy: die maatskappy en die groep in staat sal wees om, in die gewone loop van besigheid, hul skulde vir n tydperk van 12 maande na die datum van die algemene terugkoop, te betaal; die bates van die maatskappy en die groep hul laste vir n tydperk van 12 maande na die datum van die algemene terugkoop sal oorskry. Vir hierdie doel sal die bates en die laste erken en waardeer word in ooreenstemming met die rekeningkundige beleid wat toegepas is in die voorbereiding van die maatskappy se mees onlangse geouditeerde groep finansiële jaarstate; die maatskappy en die groep voldoende aandelekapitaal en reserwes vir gewone besigheidsdoeleindes sal hê vir n tydperk van 12 maande na die datum van die algemene terugkoop; die bedryfskapitaal van die maatskappy en die groep voldoende sal wees vir gewone besigheidsdoeleindes vir n tydperk van 12 maande na die datum van die algemene terugkoop; en die maatskappy se borg, voor enige terugkoop van aandele in die mark, skriftelik aan die JSE bevestig het dat die maatskappy voldoende bedryfskapitaal vir doeleindes van n terugkoop van aandele het. Rede vir en die effek van Spesiale Besluit Nommer 2 Die rede vir en die effek van Spesiale Besluit Nommer 2 is om aan die direksie van die maatskappy n algemene magtiging te verleen om die terugkoop van sy eie gewone aandele goed te keur en om n filiaal van die maatskappy toe te laat om gewone aandele in die maatskappy te koop. Vir doeleindes van die oorweging van Spesiale Besluit Nommer 2, en ter voldoening aan paragraaf 11.26 van die noteringsvereistes, is die inligting hieronder ingesluit in die jaarverslag, waarin hierdie kennisgewing van die algemene jaarvergadering vervat is, op die plekke soos aangedui: Direkteure en bestuur (bladsy 19 tot 21); Wesentlike aandeelhouers (bladsy 200); Geen wesentlike veranderinge; Direkteure se belange in sekuriteite (bladsy 202); Aandelekapitaal van die maatskappy (bladsy 174 en 202). Die direkteure wie se name vermeld word op bladsy 19 tot 21 van die jaarverslag aanvaar gesamentlik en afsonderlik volle verantwoordelikheid vir die korrektheid van die inligting vervat in hierdie Spesiale Besluit Nommer 2 en sertifiseer dat, na die beste van hulle kennis en wete, daar geen ander feite nagelaat is wat enige verklaring vals of misleidend mag maak nie, en dat hulle alle redelike navrae in hierdie verband gedoen het en dat hierdie besluit alle inligting wat regtens en deur die noteringsvereistes vereis word, vervat. Daar is geen regs- of arbitrasieverrigtinge (insluitende enige verrigtinge wat hangend of dreigend is waarvan die maatskappy bewus is), wat n wesentlike effek mag hê of gehad het ten opsigte van die maatskappy en die groep se finansiële posisie oor die laaste 12-maandetydperk nie. REMGRO BEPERK 205 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

KENNISGEWING AAN AANDEELHOUERS 15. MAGTIGING VIR SLUITING VAN AFGELEIDE TRANSAKSIES Spesiale Besluit Nommer 3 Besluit dat, onderhewig aan die aanvaarding van Spesiale Besluit Nommer 2, die direksie van die maatskappy hiermee gemagtig word, by wyse van n hernieubare algemene magtiging, om afgeleide transaksies aan te gaan wat daartoe mag of sal lei dat die maatskappy sy eie aandele koop, onderhewig aan die bepalings van die Maatskappywet en die noteringsvereistes (in besonder die beperkinge vervat in paragraaf 5.84(a) van die noteringsvereistes). Rede vir en die effek van Spesiale Besluit Nommer 3 Die rede vir en die effek van Spesiale Besluit Nommer 3 is om aan die direksie van die maatskappy n algemene magtiging te verleen om, onderhewig aan die bepalings van die Maatskappywet en die noteringsvereistes, afgeleide transaksies aan te gaan wat daartoe mag of sal lei dat die maatskappy sy eie aandele koop. 16. ALGEMENE MAGTIGING VIR VERLENING VAN FINANSIËLE BYSTAND AAN VERWANTE EN ONDERLING VERWANTE MAATSKAPPYE EN KORPORASIES Spesiale Besluit Nommer 4 Besluit dat, die direksie van die maatskappy hiermee gemagtig word ingevolge artikel 45(3)(a)(ii) van die Maatskappywet, as n algemene magtiging (welke magtiging in plek sal wees vir n tydperk van twee jaar vanaf die datum van aanname van hierdie Spesiale Besluit Nommer 4), om die maatskappy te magtig om enige direkte of indirekte finansiële bystand ( finansiële bystand het hierin die betekenis daaraan toegeskryf in artikel 45(1) van die Maatskappywet) te verleen as wat die direksie mag goeddunk aan enige verwante of onderling verwante maatskappy of korporasie van die maatskappy ( verwante en onderling verwante het hierin die betekenisse daaraan toegeskryf in artikel 2 van die Maatskappywet), op die terme en voorwaardes en vir die bedrae soos wat die direksie mag bepaal. Die hoofdoel van hierdie magtiging is om aan die direksie van die maatskappy die magtiging te verleen om die maatskappy te magtig om intergroep lenings en ander finansiële bystand te verleen ten einde die aktiwiteite van die groep te finansier. Die direksie onderneem dat dit nie n besluit sal aanneem om sodanige finansiële bystand te verleen nie, tensy die direksie tevrede is dat onmiddellik na die verlening van die finansiële bystand, die maatskappy sal voldoen aan die solvensie- en likiditeitstoets soos beoog in die Maatskappywet; en die voorgestelde terme waaronder die finansiële bystand verleen sal word billik en redelik teenoor die maatskappy is; en geskrewe kennisgewing van enige sodanige besluit deur die direksie aan alle aandeelhouers van die maatskappy en enige vakbond wat die maatskappy se werknemers verteenwoordig gegee sal word binne 10 besigheidsdae na die direksie die besluit aangeneem het, indien die totale waarde van die finansiële bystand beoog in daardie besluit, tesame met enige vorige sodanige besluit gedurende die finansiële jaar, 0.1% van die maatskappy se netto waarde oorskry; of binne 30 besigheidsdae na die einde van die finansiële jaar, in enige ander geval. Rede vir en die effek van Spesiale Besluit Nommer 4 Die rede vir en die effek van Spesiale Besluit Nommer 4 is om aan die direksie van die maatskappy n algemene magtiging te verleen vir die maatskappy om direkte of indirekte finansiële bystand te verleen aan enige maatskappy of korporasie wat deel vorm van die groep, insluitende in die vorm van lenings of die waarborg van hulle skulde. En om enige ander besigheid te verrig wat op n algemene jaarvergadering verrig mag word. Addisionele inligting en verduidelikende notas ten opsigte van Gewone Besluite Nommer 1 tot 12 en Spesiale Besluite Nommer 1 tot 4 word uiteengesit in die verduidelikende notas by hierdie kennisgewing wat hierby aangeheg is. REKORDDATUMS Die rekorddatum ingevolge artikel 59 van die Maatskappywet vir aandeelhouers om geregistreer te wees in die sekuriteiteregister van die maatskappy ten einde kennisgewing van die algemene jaarvergadering te ontvang is Maandag, 17 Oktober 2011. Die rekorddatum ingevolge artikel 59 van die Maatskappywet vir aandeelhouers om geregistreer te wees in die sekuriteiteregister van die maatskappy ten einde die algemene jaarvergadering by te woon, daaraan deel te neem en te stem, is Vrydag, 18 November 2011, en die laaste dag om te handel in die maatskappy se aandele ten einde geregistreer te wees in die sekuriteiteregister van die maatskappy om die algemene jaarvergadering by te woon, daaraan deel te neem en te stem, is Vrydag, 11 November 2011. REMGRO BEPERK 206 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

KENNISGEWING AAN AANDEELHOUERS GOEDKEURINGS VEREIS VIR BESLUITE Gewone Besluite Nommers 1 tot 12 vervat in hierdie kennisgewing van algemene jaarvergadering vereis die goedkeuring deur meer as 50% van die stemme uitgebring ten opsigte van die besluite deur aandeelhouers wat teenwoordig is of by volmag op die algemene jaarvergadering verteenwoordig is, onderworpe aan die bepalings van die Maatskappywet, die statute van die maatskappy en die noteringsvereistes. Spesiale Besluite Nommers 1 tot 4 vervat in hierdie kennisgewing van algemene jaarvergadering vereis die goedkeuring deur ten minste 75% van die stemme uitgebring ten opsigte van die besluite deur aandeelhouers wat teenwoordig is of by volmag op die algemene jaarvergadering verteenwoordig is, onderworpe aan die bepalings van die Maatskappywet, die statute van die maatskappy en die noteringsvereistes. Ekwiteitsekuriteite wat deur n aandeletrust of -skema gehou word se stemme sal nie in berekening gebring word vir die doeleindes van besluite aangeneem ingevolge die noteringsvereistes nie. Aandele gehou as tesourie-aandele mag ook nie stem nie. BYWONING EN STEMMING DEUR AANDEELHOUERS OF GEVOLMAGTIGDES Aandeelhouers wat nie hul aandele gedematerialiseer het nie, of wat hul aandele gedematerialiseer het en dit in hul eie naam geregistreer het, is geregtig om die algemene jaarvergadering by te woon en te stem en het die reg om n gevolmagtigde of gevolmagtigdes te benoem (vir welke doeleindes n volmagvorm hierby aangeheg word) om die vergadering namens hulle by te woon, daarop te praat en te stem. So n gevolmagtigde hoef nie n aandeelhouer van die maatskappy te wees nie. Volmagvorms moet ingelewer word by die maatskappy se oordragsekretaris, Computershare Investor Services (Edms) Beperk, Marshallstraat 70, Johannesburg, 2001, Suid-Afrika, of kan gepos word aan die oordragsekretaris by Posbus 61051, Marshalltown, 2107, Suid-Afrika, om hulle te bereik nie later as Dinsdag, 22 November 2011, om 10:00 (Suid-Afrikaanse tyd) nie. Volmagvorms moet slegs deur aandeelhouers voltooi word wat nie hul aandele gedematerialiseer het nie of wat hul aandele gedematerialiseer het en dit in hul eie naam geregistreer het. Elke aandeelhouer van die maatskappy wat self teenwoordig is of deur n gevolmagtigde verteenwoordig word, sal slegs een stem hê in die geval waar stemming plaasvind by wyse van n opsteek van hande. By stemming per stembrief is elke aandeelhouer geregtig op sodanige aantal stemme van die totale stemme in die maatskappy as wat die verhouding is waarin die totale bedrag van die nominale waarde van die aandele deur so n aandeelhouer gehou in die maatskappy staan tot die totale bedrag van die nominale waarde van al die uitgereikte aandele van die maatskappy. Aandeelhouers wat hulle aandele gedematerialiseer het en nie in eie naam geregistreer is as aandeelhouers van die maatskappy nie, moet hulle sentralesekuriteitebewaarplek-deelnemer ( CSDP ) of makelaar kontak op die wyse en binne die tyd bepaal in hulle ooreenkoms, om: hulle CSDP of makelaar van hul stemopdragte te voorsien; of die nodige toestemming te verkry, sou hulle die vergadering self wou bywoon. BEWYS VAN IDENTIFIKASIE VEREIS Ingevolge die Maatskappywet, moet enige aandeelhouer of sy gevolmagtigde wat van voorneme is om die algemene jaarvergadering by te woon en daaraan deel te neem in staat wees om redelike voldoende identifikasie by die vergadering voor te lê vir sodanige aandeelhouer of gevolmagtigde om die algemene jaarvergadering by te woon en daaraan deel te neem. n Groen identiteitsdokument uitgereik deur die Suid-Afrikaanse Departement van Binnelandse Sake, n bestuurderslisensie of n geldige paspoort sal by die algemene jaarvergadering aanvaar word as voldoende identifikasie. In opdrag van die raad van direkteure. M Lubbe Sekretaris Stellenbosch 20 September 2011 REMGRO BEPERK 207 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

VERDUIDELIKENDE NOTAS BY DIE KENNISGEWING AAN AANDEELHOUERS GEWONE BESLUITE Gewone besluit nommer 1 Goedkeuring van finansiële jaarstate Ingevolge die bepalings van artikel 30(3)(d) van die Maatskappywet (Nr. 71 van 2008), soos gewysig ( die Maatskappywet ), moet die maatskappy se finansiële jaarstate en die groep se finansiële jaarstate by die algemene jaarvergadering aan aandeelhouers vir oorweging voorgelê word. Gewone besluit nommer 2 Heraanstelling van ouditeur Ingevolge die bepalings van artikel 90(1) van die Maatskappywet, moet n maatskappy by elke algemene jaarvergadering n ouditeur of ouditeure aanstel om sodanige amp te beklee vanaf die einde van daardie vergadering tot die einde van die volgende algemene jaarvergadering van die maatskappy. Gewone besluit nommer 3 8 Verkiesing van direkteure Ingevolge die bepalings van artikel 31 van die statute van die maatskappy tree een-derde van die direkteure of, indien hulle nie n veelvoud van drie is nie, die getal naaste aan n derde, maar nie minder nie as n derde, jaarliks by die algemene jaarvergadering af. Direkteure mag hulself vir n verdere termyn herkiesbaar stel. Biografiese inligting van die direkteure van die maatskappy verskyn op bladsy 19 tot 21 van die jaarverslag. Gewone besluite nommers 9 12 Aanstelling van oudit-en-risikokomitee Ingevolge die bepalings van artikel 94(2) van die Maatskappywet, moet n maatskappy by elke algemene jaarvergadering n ouditkomitee aanstel wat uit ten minste drie lede bestaan. n Kort CV van elk van die onafhanklike nie-uitvoerende direkteure wie voorgestel word vir aanstelling tot die oudit-en-risikokomitee verskyn op bladsy 19 tot 21 van die jaarverslag. Soos blyk uit die CV s van hierdie direkteure, het almal van hulle akademiese kwalifikasies of ondervinding in een of meer van die volgende gebiede, naamlik ekonomie, regte, korporatiewe bestuur, finansies, rekeningkunde, handel, nywerheid, openbare betrekkinge of menslike hulpbronne. SPESIALE BESLUITE Spesiale besluit nommer 1 Goedkeuring van direkteure se vergoeding Ingevolge die bepalings van artikel 66(9) van die Maatskappywet, mag vergoeding slegs betaal word aan direkteure vir hulle dienste as direkteure ooreenkomstig n spesiale besluit aanvaar deur die aandeelhouers binne die voorafgaande twee jaar tydperk. Spesiale besluit nommer 2 Algemene magtiging vir die terugkoop van aandele Die jaarlikse hernuwing van dié magtiging word ingevolge die bepalings van die noteringsvereistes van die beurs bedryf deur die JSE Beperk ( noteringsvereistes ) vereis. Die bestaande goedkeuring aan die direkteure verval by die eerskomende algemene jaarvergadering, tensy dit hernu word. Spesiale besluit nommer 3 Algemene magtiging vir sluiting van afgeleide transaksies Die algemene magtiging word aan die direkteure verleen ten einde hulle in staat te stel om, onderhewig aan die bepalings van die noteringsvereistes, afgeleide transaksies aan te gaan wat daartoe mag of sal lei dat die maatskappy sy eie aandele moet koop. Spesiale besluit nommer 4 Algemene magtiging vir verlening van finansiële bystand aan verwante en onderling verwante maatskappye Die algemene magtiging word aan die direkteure verleen ten einde hulle in staat te stel om, onderhewig aan die bepalings van artikel 45 van die Maatskappywet, die maatskappy te magtig om finansiële bystand te verleen aan verwante en onderling verwante maatskappye en korporasies van die maatskappy. REMGRO BEPERK 208 GEÏNTEGREERDE JAARVERSLAG

(Geïnkorporeer in die Republiek van Suid-Afrika) (Registrasienommer 1968/006415/06) (Aandelekode: REM ISIN: ZAE000026480) ( die maatskappy ) VOLMAGVORM HIERDIE VOLMAGVORM IS SLEGS VIR GEBRUIK DEUR: 1. GEREGISTREERDE AANDEELHOUERS WAT NOG NIE HULLE REMGRO BEPERK GEWONE AANDELE GEDEMATERIALISEER HET NIE; EN 2. GEREGISTREERDE AANDEELHOUERS WAT REEDS HULLE REMGRO BEPERK GEWONE AANDELE GEDEMATERIALISEER HET EN IN EIE NAAM GEREGISTREER IS IN DIE MAATSKAPPY SE ONGESERTIFISEERDE SEKURITEITEREGISTER. * * Sien verduidelikende aantekening 3 op die keersy hiervan. Vir voltooiing deur bogenoemde geregistreerde aandeelhouers wat gewone aandele van die maatskappy hou ( aandeelhouer ) en welke aandeelhouers nie die 2011 algemene jaarvergadering van die maatskappy wat op Donderdag, 24 November 2011, om 10:00 in die konferensiesentrum, Erinvale Estate Hotel & Spa, Lourensfordweg, Somerset-Wes, 7130, gehou word ( die algemene jaarvergadering ) kan bywoon nie. Ek/Ons die houer/s van gewone aandele in die maatskappy, stel hiermee (verwys na aanwysing 1 op die keersy) 1. of, by ontstentenis van hom/haar, 2. of, by ontstentenis van hom/haar, 3. die voorsitter van die algemene jaarvergadering, as my/ons gevolmagtigde aan om namens my/ons die algemene jaarvergadering van die maatskappy by te woon en daar, of by enige verdaging daarvan, namens en ten behoewe van my/ons te praat, te stem, of buite stemming te bly soos volg (verwys na aantekening 2 en aanwysing 2 op die keersy): Dui aan met n X of vul aantal stemme in (een stem per gewone aandeel) Gewone besluite Ten gunste van Teen Buite stemming 1. Goedkeuring van finansiële jaarstate 2. Heraanstelling van ouditeur 3. Verkiesing van direkteur mnr P E Beyers 4. Verkiesing van direkteur mnr W E Bührmann 5. Verkiesing van direkteur mnr L Crouse 6. Verkiesing van direkteur dr E de la H Hertzog 7. Verkiesing van direkteur mnr P K Harris 8. Verkiesing van direkteur mnr M M Morobe 9. Aanstelling van lid van oudit-en-risikokomitee mnr N P Mageza 10. Aanstelling van lid van oudit-en-risikokomitee mnr P J Moleketi 11. Aanstelling van lid van oudit-en-risikokomitee mnr F Robertson 12. Aanstelling van lid van oudit-en-risikokomitee mnr H Wessels Spesiale besluite 13. Goedkeuring van direkteure se vergoeding 14. Magtiging vir die terugkoop van aandele 15. Magtiging vir sluiting van afgeleide transaksies 16. Algemene magtiging vir verlening van finansiële bystand aan verwante en onderling verwante maatskappye en korporasies Geteken te op 2011 Handtekening/e Bygestaan deur (waar van toepassing) Lees asseblief die aantekeninge en aanwysings op die keersy hiervan.

AANTEKENINGE 1. n Aandeelhouer wat geregtig is om die algemene jaarvergadering by te woon en daarop te stem is geregtig om een of meer gevolmagtigdes te benoem om die algemene jaarvergadering in sy/haar plek by te woon en te praat en te stem. n Gevolmagtigde hoef nie n geregistreerde aandeelhouer van die maatskappy te wees nie. 2. Elke aandeelhouer persoonlik, of by wyse van volmag, teenwoordig en geregtig om te stem by die algemene jaarvergadering van die maatskappy, het slegs een stem by die opsteek van hande, ongeag die aantal aandele gehou deur so n aandeelhouer. Wanneer per stembrief gestem word, is elke aandeelhouer egter geregtig op sodanige aantal stemme van die totale stemme in die maatskappy as wat die verhouding is waarin die totale bedrag van die nominale waarde van die aandele deur so n aandeelhouer gehou in die maatskappy staan tot die totale bedrag van die nominale waarde van al die uitgereikte aandele van die maatskappy. 3. Eie naam geregistreerde aandeelhouers is aandeelhouers wat gekies het om nie aan die Uitreiker-geborgde Genomineerde Program deel te neem nie en vir Computershare Beperk aangestel het as hul Sentralesekuriteitebewaarplek-deelnemer ( CSDP ) met die uitdruklike instruksie dat hul ongesertifiseerde aandele in hulle eie naam in die elektroniese ongesertifiseerde sekuriteiteregister geregistreer moet word. AANWYSINGS VIR DIE ONDERTEKENING EN INLEWERING VAN DIE VOLMAGVORM 1. n Aandeelhouer mag die naam van n gevolmagtigde of die name van twee alternatiewe gevolmagtigdes van die aandeelhouer se keuse invul in die spasie/s voorsien op die keersy met of sonder die deurhaling van die voorsitter van die algemene jaarvergadering, maar enige sodanige deurhaling moet deur die aandeelhouer geparafeer word. Indien hierdie spasie/s oopgelaat word, sal die volmag uitgeoefen word deur die voorsitter van die algemene jaarvergadering. Die naam van die persoon wat eerste op die volmagvorm verskyn en wat aanwesig is by die algemene jaarvergadering is geregtig om as gevolmagtigde op te tree met uitsluiting van die persone wie se name daarna volg. 2. n Aandeelhouer moet sy/haar stemopdragte aan die gevolmagtigde aandui deur n X, of die aantal stemme wat die aandeelhouer wil uitoefen, in die toepaslike spasies op die keersy in te vul. By gebrek hieraan sal dit geag word dat die gevolmagtigde by die algemene jaarvergadering mag stem of buite stemming bly soos hy/sy goeddink ten opsigte van al die stemme waarop die aandeelhouer geregtig is. n Aandeelhouer of sy/haar gevolmagtigde is nie verplig om al sy/haar stemme te gebruik nie, maar die totaal van stemme wat uitgeoefen word, of dié ten opsigte waarvan daar buite stemming gebly word, mag nie die totale aantal stemme oorskry waarop die aandeelhouer of sy/haar gevolmagtigde geregtig is nie. 3. n Minderjarige moet bygestaan word deur sy/haar ouer of voog tensy dokumente, wat sy/haar regsbevoegdheid staaf, gelewer word of reeds by die oordragsekretaris aangeteken is. 4. Ten einde geldig te wees moet voltooide volmagvorms ingelewer word by die maatskappy se oordragsekretaris, Computershare Investor Services (Edms) Beperk, Marshallstraat 70, Johannesburg, 2001, Suid-Afrika, of kan gepos word aan die oordrag sekretaris by Posbus 61051, Marshalltown, 2107, Suid-Afrika, om hulle te bereik nie later as Dinsdag, 22 November 2011, om 10:00 (Suid-Afrikaanse tyd) nie. 5. Persone wat die volmagvorm in n verteenwoordigende hoedanigheid onderteken, moet dokumentêre bewys van sodanige magtiging aan die volmagvorm heg, tensy dit reeds by die oordragsekretaris aangeteken is, of die voorsitter van die algemene jaarvergadering daarvan afstand gedoen het. 6. Die voltooiing en inlewering van hierdie volmagvorm sal nie die betrokke aandeelhouer belet om, indien hy/sy so sou verkies, die algemene jaarvergadering by te woon en self daar te praat en te stem in die plek van die gevolmagtigde wat deur hom/haar aangewys is nie. 7. Die aanstelling van n gevolmagtigde ingevolge hierdie volmagvorm is herroepbaar ingevolge die bepalings van artikel 58(4)(c) saamgelees met artikel 58(5) van die Maatskappywet, en n aandeelhouer mag gevolglik hierdie volmagaanstelling herroep deur dit skriftelik te kanselleer, of deur n latere teenstrydige aanstelling van n gevolmagtigde te maak, en die lewering van n afskrif van die herroepingsinstrument aan die gevolmagtigde en die maatskappy. 8. Geen parawe is nodig wanneer blanko spasies op hierdie volmagvorm voltooi word nie. Enige wysigings of veranderinge wat aan hierdie volmagvorm aangebring word, moet deur die ondertekenaar/s geparafeer word. 9. Die voorsitter van die algemene jaarvergadering mag enige volmagvorm wat nie in ooreenstemming met hierdie aantekeninge voltooi is nie, aanvaar indien hy tevrede is rakende die wyse waarop die aandeelhouer wens om te stem.