Nuusbrief 13/2014 Webblad:

Vergelijkbare documenten
Nuusbrief 17/2014 Webblad:

Die ouer se lewe is die kind se handboek vir die lewe. (Martin Luther)

Nuusbrief 12/2014 Webblad:

15 Loffienuus 26 September 2018 LOFFIENUUS. Webblad:

Indien ons geen foute van ons eie gehad het nie, sou ons nie soveel plesier geput het uit die foute van ander nie.

Tygienuus. SATERDAG 28 April Meneer Peet Schoeman verjaar! Juffrou Anje Swanepoel verjaar! Juffrou Estelle Kriek verjaar!

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

My denke bepaal my geluk. Omsendbrief 097 van April 2017 KUNSWEDSTRYD 2017

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Pieter, waarheen gaan jy? Ek wil ook graag deeltyds werk. Ek kom saam met jou. Ek gaan werk soek. Ek wil ook n werk hê.

LAERSKOOL ELIGWA. 1. PERSONEEL Baie welkom aan die nuwe personeel by ons skool. Ons hoop en vertrou dat hulle baie gelukkig gaan wees.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

BY EMILY SE HUIS. Emily, ek het jou gesê om vir my bier en sigarette te gaan koop.

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

17 Loffienuus 18 OKTOBER Webblad:

Ons Prospektus 1. WELKOM

LPENGPN. Studiebrief 101/0/2018. Taalvaardigheid. Jaarmodule. Departement Taalonderwys, Kuns en Kultuur

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

Groepsdruk kan sowel negatief as positief wees. Goeie maats is dié wat n positiewe invloed op jou gedrag het

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

Les 14: Entrepreneurskap

HOËRSKOOL KAMPSBAAI AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 JUNIE 2014 TYD: 1½ UUR TOTAAL: 80

22 JUNIE 2016, KWARTAAL 2, UITGAWE 18. Vir bespreking kontak gerus vir ds. Natalia Strydom by

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

2 nd Chances... Wiskunde

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

Hoe om die geboorte van jou kind te registreer

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Hoe om Jou Kind se Van te Verander

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

H u p p e l l a n d. Jan Van Riebeeck Pre-Primêr, Varsityweg, Kaapstad t: e: AANSOEK OM TOELATING

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:

REKORD- EN EINDEKSAMEN

GRAAD 12 SEPTEMBER 2013 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

by die werk Mm, ek moet hierdie nuwe assistent n bietjie beter leer ken.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

GRAAD 12: AFRIKAANS HT VRAESTEL 3: SKRYF

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

AANSOEK OM STUDIELENING

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Laerskool A. F. Louw Primary Stellenbosch P.O. Box 2113 Dennesig Tel Fax

DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

Graad 1 Alleenlik SKOOLREKENING

Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Stel jou kind belang in lees en boeke? Ja / nee

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer?

1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Bankstate LPF Systems BK

fotografienuus wyd Towerlantern Fotografie oor fotografie mei mei Towerlantern Fotografie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Foendieklub vir uitnemendheid in Tegnologie

2015 AKADEMIESE JAAR

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

Sakkie Parsons E-Pos Bediening Webtuiste. E-pos: Sel:

AKADEMIESE ORIËNTERING EERSTEJAARS 2012 AKADEMIESE ORIËNTERING & KURRIKULUMKONTROLE

AANSOEK OM TOELATING SLEGS VIR KANTOOR GEBRUIK. Aangeheg. Familie Kode: Toelatingskode:

7 Loffienuus 9 Mei 2018 LOFFIENUUS. Webblad:

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

OMSENDBRIEF NR. 1/ Januarie 2019

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

Hoërskool McLachlan. Graad 8 tot 9: (Leerders kan kies tussen voorbereid en onvoorbereid.) waarheid beelde deure

Die. BLIKslim. Bestellings Gids

MOENIE JOU LEWENSDEKKING KANSELLEER NIE, AL BARS DIT

Leerders wat sonder n mediese sertifikaat afwesig is, sal nie toegelaat word om die vraestel te skryf nie en sal n 0-punt vir die vraestel ontvang.

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

GROENIE NESSIE KLEUTERSKOOL

Soos in die verlede sal GLB verversings te koop aanbied (sien grondplan vir die kiosk ).

Wie God se beloftes het, streef om skoon te word en heilig te wees

FAKTORE WAT LEI TOT DIE VEREENSAMING EN ARMOEDE VAN BEJAARDES

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Transcriptie:

LOFFIENUUS Nuusbrief 13/2014 Webblad: www.gelofte.co.za Moenie wanhoop aan jou mislukkings nie. Net middelmatige mense is altyd op hulle beste. (W Somerset Maugham) Geagte Ouer 1. SAKE VIR DIE HOOF SE AANDAG Ons wys u graag daarop dat daar n skeurstrokie aan die einde van hierdie Loffienuus is waarop u enige sake (positief of negatief) onder die hoof se aandag kan bring. Die hoof se direkte fakslyn is 031 702 5741 en die direkte e-pos is gelofte@gelofte.co.za. Ons ondervinding is dat ouers dikwels n ander perspektief op n saak kry as hulle al die toepaslike inligting tot hul beskikking het. Vra dus gerus as u ongelukkig of onseker is oor n saak. 2. BELANGRIKE DATUMS Neem asseblief kennis van die volgende belangrike datums vir die derde kwartaal. Let asseblief ook daarop dat hierdie slegs aktiwiteite is waarby ouers direk betrokke is. Daar is verskeie ander aktiwiteite soos aangedui op die skool se kalender vir 2014. Die kalender is op die webblad beskikbaar by www.gelofte.co.za asook op Communicator. 5 AUGUSTUS OUERAAND (SEKONDÊR) 6 AUGUSTUS INTERSKOLE ATLETIEK (SEKONDÊR) 7 AUGUSTUS INTERHUIS ATLETIEK (GRAAD 4-7) 8 AUGUSTUS MEJ GELOFTE 8 AUGUSTUS ENTREPRENEURSDAG (GASVRYHEIDSTUDIE) 9 AUGUSTUS WILDSFEES 12 AUGUSTUS FOTODAG (PRIMÊR) 15 AUGUSTUS AAND ATLETIEKBYEENKOMS (SEKONDÊR) 16 AUGUSTUS INTERNE YSTERMANKOMPETISIE 18 AUGUSTUS GRAAD 9 OUERAAND (VAKKEUSES VIR GRAAD 10) 20 AUGUSTUS KOEKVERKOPING (GRAAD 7) 22 AUGUSTUS BLOEDSKENK 22 AUGUSTUS SEKONDÊRE LEERDERRAAD VIR 2015 WORD AANGEKONDIG 27-28 AUGUSTUS KONSERT 29 AUGUSTUS SEKONDÊRE LEERDERRAADKAMP 2-3 SEPTEMBER STELWERKEKSAMEN (GRAAD 12) 4 SEPTEMBER BLOKDAG (GRAAD 12) 5-23 SEPTEMBER PROEFEKSAMEN (GRAAD 12) 13 SEPTEMBER INTERSKOLE ATLETIEKBYEENKOMS (PRIMÊR) 24 SEPTEMBER OPENBARE VAKANSIEDAG (ERFENISDAG) 26 SEPTEMBER ENTREPRENEURSDAG (GRAAD 7) 1 OKTOBER INTERNE ORATORS 2 OKTOBER STERKLAS AFDAG 3 OKTOBER FLIEK (GRAAD 1-7) 3 OKTOBER RAPPORTE (GRAAD 1-12_ 3 OKTOBER SKOOL SLUIT VIR HERFSVAKANSIE 13 OKTOBER SKOOL HEROPEN VIR VIERDE KWARTAAL

3. VERSKUIWING VAN AKTIWITEITE Weens omstandighede buite ons beheer verskuif die volgende aktiwiteite van die derde kwartaal na nuwe datums: WILDSFEES VAN 2 NA 9 AUGUSTUS INTERSKOLE ATLETIEK (SEKONDÊR) VAN 19 AUGUSTUS NA 6 AUGUSTUS INTERSKOLE ATLETIEK(PRIMÊR) VAN 6 SEPTEMBER NA 13 SEPTEMBER 4. AKADEMIESE PRESTEERDERS Die name van die tweede kwartaal se akademiese presteerders in grade 4-12 word aan hierdie Loffienuus geheg. Ons wil graag al hierdie presteerders gelukwens met die vrug op hul harde werk. Dit is welverdiend en ons is trots op julle! 5. PITKOS: REËLS VIR DIE LEWE As jy dit oopmaak, maak dit weer toe. As jy dit aanskakel, skakel dit weer af. As jy dit oopsluit, sluit dit weer toe. As jy dit gebreek het, erken dat jy het. As jy dit nie kan regmaak nie, kry iemand wat dit wel kan regmaak. As jy iets leen, gee dit terug. As jy iets na waarde skat, pas dit op. As jy n gemors gemaak het, maak dit skoon. As jy iets geskuif het, sit dit terug waar dit was. As dit aan iemand anders behoort en jy wil dit gebruik, kry toestemming. As jy nie weet hoe om iets te gebruik nie, laat dit met rus. As dit niks met jou te doen het nie, moenie vrae vra nie. As dit nie gebreek is nie, moet dit nie probeer herstel nie. As dit iemand se dag sal ophelder, sê dit. As dit iemand se reputasie sal benadeel, hou dit vir jouself. (Geneem uit: Lists to live by Gray, Stephens, Van Diest) 6. DISKONTO BOEKE Diskonto boeke stal weer heerlike leesstof uit in die primêre mediasentrum op 7 en 8 Augustus. Hulle sal op hierdie twee dae elke dag van vroegoggend tot net na skool beskikbaar wees. Kom maak gerus n draai en koop goeie boeke aan vir u kind of uself. Een van die heel grootste geskenke wat u aan u kind kan gee, is om by hom/haar n liefde vir lees te ontwikkel. 7. AANKONDIGING VAN SEKONDÊRE LEERDERRAAD Let asseblief daarop dat die sekondêre leerderraad vir 2015 op Vrydag, 22 Augustus aangekondig sal word en nie op Maandag, 25 Augustus nie. 8. AANGELEENTHEDE RAKENDE PRIMÊRE LEERDERS Soos u reeds bewus is het mnr. Pretorius ons diens verlaat en is hy tans skoolhoof van Saambou Laerskool in die Noord-Kaap. Ons versoek dat alle navrae oor die primêre afdeling (grade 4-7) voortaan aan me. Stadler gerig sal word. (estadler@gelofte.co.za) 9. RESPEK VIR ONS TERREIN EN FASILITEITE Ons wil weer eens n beroep doen op u as ouers om n bewustheid by u kinders te kweek met betrekking tot respek vir ander mense asook vir die skoolterrein en fasiliteite. Die aantyging word dikwels gemaak dat die badkamers in n skokkende toestand is en vuil is, ten spyte daarvan dat daar n voltydse arbeider is wat uitsluitlik omsien na die netheid van die badkamers. Die feit dat die badkamers vuil is en slordig vertoon is niemand anders se skuld as die Loffies wat dit daagliks gebruik nie. As almal van die standpunt uitgaan dat hulle die badkamers graag in die dieselfde toestand wil laat as waarin hulle dit gevind het behoort dit mos n groot verskil te maak. n Ander aangeleentheid wat ons onlangs verstom het, is die feit dat enkele Loffies deur die beddings beweeg het en al die aalwyne en ander blomplante se blomknoppe afgebreek het. Dit getuig van totale

disrespek teenoor die omgewing maar ook teenoor die Loffie gemeenskap in die breë wat die voorreg ontneem word om die pragtige blomme te waardeer wat binnekort hul verskyning sou maak. In n poging om die tuine, wat met groot moeite en teen hoë koste onderhou word, te beskerm, gaan daar voortaan streng opgetree word teen Loffies wat op die walle en in die blombeddings speel. Dit geld veral vir leerders wat in die middae na skool vir lang periodes wag vir hul ouers om hul op te laai. 10. VERSKUIWING VAN PROEFEKSAMENDATUMS Alhoewel die matriekleerders reeds n skrywe ontvang het wat daarop dui dat ons genoodsaak was om wysigings aan te bring aan die proefeksamenrooster, bevestig ons hiermee bloot dat u uself asseblief moet vergewis daarvan dat u kind n nuwe rooster ontvang het met die wysigings daarop aangebring. Dit veroorsaak groot spanning en hartseer wanneer n leerder laat, of nog erger, gladnie opdaag vir n eksamenvraestel nie. 11. VERJAARDAE Baie geluk aan die Loffies wat in die volgende twee weke verjaar. Ons vertrou dat julle heerlik bederf sal word en bid julle baie seën toe vir die nuwe lewensjaar. Zeniël Brink, Angelique de Kock, Reinette Fritz,Lizelle Jordaan, Matthew Mahlumba, Jeff Muller, Jason Botha, Heidi Crouse, Mariska Henning, Jaundré van Aswegen, Ansonel Marais, Garrick Otto, Anike van Rijswijk, Lizalda van Wyk, Leane Fourie, Vanessa Kotze, Stephanus Kruger, Marshall Lawrence, Carla van Aswegen, Jemma du Plessis, Alexia de Klerk, Sonja Strydom, Matthys Groesbeek, Marco Goncalves, J.C. Harmse, Mara-Lize Malan, Cassie Ludik. 12. SAAMRYGELEENTHEDE Ons is op soek na die volgende saamrygeleenthede: Vir n graad 2 leerder in die middae na skool na Westville. Kontak vir Me Hatting by 073 352 8689. Vir n graad 3 leerder skool toe en terug. Die leerder is woonagtig in Rodger Sishi Straat, New Germany. Kontak vir Bertus Coetzee by 079 072 1500 of vir Estelle Coetzee by 076 101 4100. Vir twee graad 1 leerders vanaf Seaview, skool toe en terug. Kontak vir Anilene Rose by 071 135 2626 of 074 627 6767. Vir n graad 4 seun in die middae na skool na Sarnia. Kontak vir Sonya by 084 846 2984 of vir Stanley by 083 404 3462. 13. WELVAARTBEPLANNING KEN JOU PLAN Ons het verlede keer gepraat van jy moet n plan in plek hê om jou maandelikse inkomste en uitgawes te beheer. Deel van jou plan moet jou EXIT -plan behels. Wat as jy Exit? Wie gaan finansieël swaar kry? Soos wat ons ouer word verander ons behoeftes en het ons verskeie redes om lewensdekking te bekom. 1. Die eerste rede is om enige skuld te betaal. 2. Die tweede is om te verseker dat jou familie versorg is. As n ouer van Gelofte Skool, het jy defnitief kind/ers wie se behoeftes voor voorsien moet word vir n paar jaar as die broodwinner nie meer daar is nie. Niemand word uitgesonder en dit gaan nie met my gebeur bestaan nie. Volgens doodseise 2013 by Old Mutual is: - 20% van alle sterftes a.g.v. Kanker, - 19% Kardio verwante siektes - 19% a.g.v. ongelukke - 11% Asemhaling/long verwant - 31% Ander

67% manlik en 33% vroulik En geen spesifieke ouderdom Lewensdekking kan deur verskeie instansies bekom word en die premies begin by R100 per maand. Kontak my vir verdere inligting en n kostevrye afspraak om u persoonlike plan in plek te sit. TERTIA DU PLESSIS Finansiële Beplanner 0829377264 / tertia.dp@lantic.net 14. KOMMUNIKASIE Ons versoek dat alle ouers wat nog nie gebruik maak van Communicator nie die sagteware sal aflaai op hul rekenaars en selfone. Gaan bloot na www.school-communicator.com en volg die stappe. Hierdie sagteware verseker dat u op hoogte bly van gebeure by die skool. DIT IS VERAL BELANGRIK DAT U DIE SAGTEWARE AFLAAI OP U SELFOON. 15. E-POS KOMMUNIKASIE Die skoolhoof kan ongelukkig nie aandag gee aan alle kommunikasie met die skool nie bloot omdat ander personeel u navrae oor sekere aangeleenthede vinniger en meer effektief sal kan beantwoord. Ons versoek dus dat die volgende riglyn sal volg indien u navrae per e-pos aan die skool rig: Inskrywing of vertrek van leerders gsadmin2@gelofte.co.za Reinette Janse van Rensburg Inskrywing of vertrek van leerders gsadmin1@gelofte.co.za Edith van Dyk Enige finansiële navrae of bewyse gsfinance1@gelofte.co.za Amanda Stoltz Enige finansiële navrae of bewyse gsfinance2@gelofte.co.za Daleen Coetzee Administratiewe navrae gsadmin2@gelofte.co.za Reinette Janse van Rensburg Administratiewe navrae gsadmin1@gelofte.co.za Edith van Dyk Afwesigheid van leerders gsadmin2@gelofte.co.za Reinette Janse van Rensburg Afwesigheid van leerders gsadmin1@gelofte.co.za Edith van Dyk Graad 4-7 aangeleenthede estadler@gelofte.co.za E Stadler Graad 1-3 aangeleenthede gsjp@gelofte.co.za Riette Havemann Akademiese navrae/probleme Vakonderwysers se e-pos adresse is op Communicator Dissiplinêre probleme Vakonderwysers se e-pos adresse is op Communicator 16. E-POS Ons het reeds n baie groot aantal ouers wat die Loffienuus elektronies ontvang. Hierdie is uiteraard n baie meer betroubare manier om seker te maak dat u die nuusbrief ontvang, aangesien die kinders soms vergeet van die nuusbrief wat in hul tasse lê. Indien u nog nie n elektroniese weergawe van die Loffienuus ontvang nie, is u welkom om n e-pos te stuur na gelofte@gelofte.co.za. Ons sal u dan op ons adreslys plaas. Die Loffienuus is ook op die webblad (www.gelofte.co.za) en op Communicator beskikbaar. Indien u nie toegang tot die internet het nie en graag n harde kopie wil ontvang, voltooi die meegaande skeurstrokie en stuur terug skool toe. 17. KONTANTVRYE SONE Ons beklemtoon graag weer die volgende. Ons streef daarna om die skool n kontantvrye sone te maak en sodoende die versoeking by kriminele elemente te verwyder om die skool as n sagte teiken te beskou. Dit sal dus waardeer word indien u van elektroniese betaalmetodes of tjeks gebruik sal maak. Die skool se bankbesonderhede is soos volg: Bank: ABSA Rekeningnaam: Gelofte Skool Takkode: 632005 Rekeningnommer: 1137530569

Vriendelike groete D J STRYDOM SKOOLHOOF ------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------- TERUGSTUURSTROKIE: KOMMENTAAR VIR AANDAG MNR. D. STRYDOM NAAM VAN OUER: NAAM VAN LEERDER: GR. KOMMENTAAR: HANDTEKENING KONTAKNOMMER ADVERTENSIES

MEENTHUIS TE KOOP IN VEILIGE KOMPLEKS IN PADFIELD PARK: Pragtige 3 slaapkamer, 2 volle badkamer, tv kamer, volledige toegeruste kombuis,oopplan leefareas en stoep/kuier area met "American Shutters". Dubbele motorhuis met aangeboude afdak. Swembad en Lapa. Pragtige uitheemse tuin met elektroniese besproeing. Volledig omhein. Toegeriste alarm sisteem met beams. Koopprys R1,780 mil onderhandelbaar. Kontak gerus die eienaars om n afspraak te maak. Ray Groenewald :082 495 3349. Bonnita Groenewald :082 834 5580

SITKAMERTAFEL PORTAAL SITSTEL 3 STUK-R800-00 3 STUK-R700-00 VERTOONTAFEL KINDER TUINTAFEL EENSTUK 1 STUK/R750-00 1 STUK/R500-00 TAFEL EN 4 BANKIES KAPTAFEL MET BYBEHORE 5 STUK/R800-00 1 STUK/R700-00 SHARK DARTBORD- R300-00 SPEELGOEDTROLLIE MET BOUBLOKKE- R150-00 KROEG TOONBANK- R800-00 TAFEL MET 6 BANKIES- R1000-00 POPKOT MET KOMBERSSTEL- R200-00 DOGTER ENKEL 3 STUK KAMERSTEL- R1200-00 B&E WOODWORKING BERTUS 079 072 1500 ESTELLE 076 101 4100 DIE MAAK VAN ALLE HOUTWERK MEUBELS SKAKEL GERUS VIR ENIGE KWOTASIE AFLEWERINGSKOSTE R100-00 PER VRAG PINETOWN AREA PRIVAAT KRIEKET LESSE Grade 3 7 Een tot een afrigting Groepe van 5 R100 (30 min) R150 (60 min) R500 vir 8 sessies van 1 uur R50 per persoon (30 min) R100 per persoon (60 min) CSA Level 2 gekwalifiseer Konsentreer op alle aspekte van die spel. (Veldwerk, boulwerk en kolfwerk) SMS of WhatsApp vir Jacques Stoltz by 074 588 9500 vir bespreking.

For more information please contact Lizette: 031 702 5228 / 0741348791