ANNA HENDRINA MYBURGH

Vergelijkbare documenten
VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die

[1] Hierdie is n aansoek vir die voorlopige likwidasie van die. respondent nie in staat is om sy skulde te betaal nie.

UITSPRAAK. [1] In hierdie uitspraak sal die partye na verwys word soos in konvensie in die hoofaksie.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

KRUGER R, et BLOEM WND R BLOEM, WND R. [1] Hierdie is n hersiening. Volgens die oorkonde was die

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

CILLIé R et VOGES WR. [1] Die verhoor van hierdie beskuldigde het in die landdroshof te. Sasolburg n aanvang geneem op 11 November 2002.

MALHERBE RP et VAN COPPENHAGEN R VAN COPPENHAGEN R. [1] Die appellant n 46 jarige man het in die Landdroshof

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

[1] Hierdie appèl is gerig teen die afwysing, met koste, van die appellant se. vorderings teen beide die eerste respondent en die tweede

WRIGHT R et VAN DER MERWE R VAN DER MERWE R. [1] Die beskuldigde in hierdie hersieningsaak is op 26 Junie

IN DIE HOe HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD GAUTENG HOe HOF, PRETORIA)

REDES VIR BEVEL GELEWER OP 28\10\2005

HARMONY GOLD MINING COMPANY BPK. CORAM: MUSI, CJ, R et MURRAY, H, Wnd R. [1] Die Appellant appèlleer teen die geheel van die uitspraak van

IN DIE HOË HOF VAN SUID AFRIKA GAUTENG AFDELING, PRETORIA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN SKILLFULL 54 (EDMS) BEPERK JOHANNES WAGENAAR HUMAN N.O.

Eerste applikant. Tweede applikant. Derde applikant. Vierde applikant. Vyfde applikant. Eerste respondent. Tweede respondent.

MALHERBE RP. Eiseres vorder skadevergoeding in haar persoonlike hoedanigheid. as moeder en natuurlike voog van haar minderjarige seun, Stefan

IN DIE HOOGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) Datum: 24/5/2006 In die aangeleentheid van Saaknommer 35953/03

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

Appellant is n 25 jarige eerste oortreder wat in die Streekhof verskyn het. op n aanklag van verkragting van n 41 jarige vrou.

VAN COPPENHAGEN R. 1. Respondent het as prokureur gepraktiseer tot 5 Augustus 1999 op welke

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA UITSPRAAK PIETER BERNARDUS VAN ROOYEN NO RORICH WOLMARANS & LÜDERITZ ING

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) KIMBERLEY SAAK NO.: 183/2005 DATUM: In die Hersieningsuitspraak van:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA

AANVANG VAN N ONDERSOEK VAN BEWEERDE ONBEHOORLIKE GEDRAG

UITSPRAAK. IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Saak No: CA&R 23/2010 Saak Aangehoor: 24/05/2010 Datum gelewer: 28/05/2010

OPSIE-OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN :

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING

SPESIALE INTERIM HS 21 & 22 HSAG NUUSBRIEF: NOVEMBER 2018

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) ABRAHAM PETER PRETORIUS. UITSPRAAK OP APPéL

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPÈL VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

VAN DER MERWE R. [1] Die appellant is in die Landdroshof te Viljoenskroon skuldig. bevind aan oortreding van die bepalings van Artikel 1(1)(b)

UITSPRAAKOPHERSIENING

1.Die applikant is gedurende 1989 deur Bokomo Koöp as verteenwoordiger aangestel.

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING}

VOLMAG EN FOOIEOOREENKOMS

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

ELETE WHICHEVER IS NOT APPLICABLE

NASIONALE BEDINGINGSRAAD VIR DIE CHEMIESE NYWERHEID CEBONE COLLETTE DE BEER WISE WINDSCREEN REPAIRS BK TOEKENNING

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

IN DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

Verwante artikels: Die volgende artikels is van Kerkbode gekopieer. - Versoek dat NGK gays sal aanvaar (Beeld) *************

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling, Kimberley)

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

STUDIEVELD A SPORTSTORIES LES 1

GRAAD 11 NOVEMBER 2012 GESKIEDENIS V2

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

Opsies vir wanneer u u aftreefonds verlaat

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA 70/85. (APPèLAFDELING) In die saak tussen: CILLIé, HOEXTER et VAN HEERDEN, ARR. Verhoor: 24 Mei 1985

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

FPSA FISA RAADSEKSAMEN

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

CORAM : HEFER, HOWIE, MARAIS, SCHUTZ ARRet ZULMAN WN AR DATUM AANGEHOOR : 12 MAART 1996 DATUM VAN UITSPRAAK : 27 MAART 1996 UITSPRAAK HOWIE A R /

DIE BEREGTER VIR PENSIOENFONDSE

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

AANSOEK OM TOELATING SLEGS VIR KANTOOR GEBRUIK. Aangeheg. Familie Kode: Toelatingskode:

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

NUUSBRIEF: DESEMBER 2010-FEBRUARIE 2011

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

WAAROM ONS AANHOU MET DIE KINDERDOOP. n Reaksie op Christo Nel se oproep tot n nuwe hervorming, en sy verwerping van die kinderdoop

JERSEY SA. Nuusbrief. Foto: Marianna Pretorius

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

FAKTORE EN VEELVOUDE

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

Les 14: Entrepreneurskap

Pragtige Koningin Ester

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

Transcriptie:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die saak tussen:- Saak Nr. : 4525/2008 MARIUS JACOBS Applikant en JOHAN FREDERICK MARITZ MARIA SUSANNA MARITZ ANNA HENDRINA MYBURGH 1ste Respondent 2de Respondent 3de Respondent In Re: JOHAN FREDERICK MARITZ MARIA SUSANNA MARITZ ANNA HENDRINA MYBURGH 1ste Eiser 2de Eiser 3de Eiser en MARIUS JACOBS Verweerder UITSPRAAK DEUR: KRUGER, R AANGEHOOR OP: 5 FEBRUARIE 2009 GELEWER OP: 12 FEBRUARIE 2009 [1] Hierdie is n aansoek om tersydestelling van n vonnis wat op 6 November 2008 in applikant se afwesigheid toegestaan is. Die agtergrond is soos volg:

2 (1) Op 30 September 2008 het die respondente n kennisgewing van belet op die applikant beteken. (2) Die laaste dag van die dies induciae van die kennisgewing van belet was 7 Oktober 2008. (3) Op die laaste dag van die dies induciae van die kennisgewing van belet (7/10/2008) het die applikant se Pretoria prokureur 2 keer n skrywe met n afskrif van die applikant se pleit aan die respondente se prokureur van rekord te Bloemfontein gefaks. (4) Afgesien van hierdie gefaksde afskrifte van applikant se pleit, is applikant se pleit op 7Oktober 2008 op die respondent se prokureur van rekord se kantore beteken. (5) Die pleit is die volgende dag, 8 Oktober 2008, d.w.s. een dag laat, by die griffier geliasseer. [2] Respondent se prokureur het nie besef dat die pleit inderdaad beteken is nie, en het gemeen dat dit net nog n gefaksde afskrif van die pleit is. Hy skryf op 17 Oktober 2008 n brief aan respondent se prokureur waarin die volgende vermeld word:

3 1.3 Op 7 Oktober 2008 het ons n faksimilee ontvang van u korrespondent waarby aangeheg was n afskrif van u kliënt se pleit wat deur korrespondent onderteken is. 2. In die omstandighede is u kliënt in verstek en onder belet. 3. Ons opdrag is om aansoek te doen vir vonnis by verstek teen u kliënt op Donderdag, 6 November 2008. Hierdie brief is beteken op applikant se prokureur op 20 Oktober 2008. Op daardie selfde dag beteken respondent se prokureur n kennisgewing van terrolleplasing op applikant se Bloemfontein prokureur. Op 30 Oktober 2008 beteken respondent se prokureur n indeks van die stukke op applikant se Bloemfontein prokureur. [3] Daar was belangrike oorsigte by sowel applikant se prokureur as respondent s n. Respondent se prokureur het nie, tot nadat verstekvonnis geneem is, besef dat applikant se pleit behoorlik en betyds op respondent se kantore beteken is nie. Aan die ander kant het applikant se Bloemfontein prokureur nie besef dat n kennisgewing van terrolleplasing op hulle beteken is nie. Die pleit wat op 8 Oktober 2008 by die griffier afgelewer is, was op 6 November 2008, die dag toe verstekvonnis toegestaan is,

4 nie in die hoflêer nie, skynbaar omdat dit êrens in die griffier se kantore was. Hierdie omstandighede het daartoe gelei dat verstekvonnis aangevra en toegestaan is. [4] Mnr. Potgieter, vir applikant, voer aan dat hierdie aansoek onder reël 42(1)(a) ressorteer aangesien die vonnis foutiewelik aangevra is in die afwesigheid van die applikant. Hy maak hierdie submissie omdat, toe verstekvonnis aangevra is, respondent se prokureur onbewus was daarvan dat die pleit op respondent se kantoor beteken was. Ingevolge reël 42(1)(a) hoef applikant nie goeie redes te bewys nie. [5] Die omstandighede waaronder vonnis by verstek aangevra is, was die volgende: (i) n Pleit is op respondent se prokureur se kantore beteken op die dag toe die periode vir belet verstryk het. (ii) n Pleit is een dag nadat die periode vir belet verstryk het, by die griffier geliasseer, dus buite tyd.

5 (iii) Die aanhangsels tot die pleit was nie by enige van die pleite wat beteken of geliasseer is nie. (iv) Applikant se prokureur is in kennis gestel van die verhoordatum van 6 November 2008 by wyse van n brief wat op sy Bloemfontein prokureur beteken is, sowel as by wyse van n kennisgewing van terrolleplasing wat op 30 Oktober 2008 op sy Bloemfontein prokureur beteken is. In hierdie omstandighede waar behoorlik kennis aan appikant gegee is, en waar daar nie n geldige pleit bestaan het nie, kan nie gesê word dat respondent verkeerdelik aansoek om vonnis gedoen het nie. Die aansoek moet onder reël 31(2)(b) beoordeel word. [6] Reël 6 van die Eenvormige Hofreëls bepaal dat as n party nie n pleitstuk aflewer (aan die griffier) binne die toegelate tydperk (hier: voor of op 7 Oktober 2008) nie, is hy in verstek en ipso facto onder belet. Reël 27(1) bepaal dat, as goeie redes aangevoer word, kan die hof enige tydperk verleng (m.a.w. die belet ophef).

6 [7] Dit sou weinig sin hê om die vonnis tersyde te stel sonder om die belet om te hef. Dan sal applikant n afsonderlike aansoek moet rig vir kondonasie van die laat-liassering van die pleit en opheffing van die belet. Dit sou meer sinvol wees om te oordeel of die applikant in die huidige verrigtinge goeie redes aangevoer het, dus, of daar n verweer is. [8] Mnr. Van Rooyen betoog, met verwysing na GALP v TANSLEY, N.O. AND ANOTHER 1966 (4) SA 555 (K) op 560A C dat daar getuienis moet wees van n substansiële verweer, en n huidige begeerte by die applikant om daardie verweer te opper indien die vonnis tersyde gestel word. In die funderende eedsverklaring sê die applikant dat sy pleit geag moet word ingelyf te wees by sy eedsverklaring. Mnr. Van Rooyen betoog dat die inlywing van die pleit toon nie die applikant se verweer nie, aangesien die bylaes nie aangeheg is nie en openbaar applikant ook nie wat die inhoud van die bylaes is nie. Hy opper n groot aantal punte van kritiek teen applikant op grond waarvan hy betoog dat die applikant nie n verweer openbaar nie.

7 [9] Mnr. Potgieter, vir applikant, voer aan dat die stukke toon dat applikant se verweer is dat die respondente hul eie besluite geneem het. [10] Dit is nie gerade of moontlik om op hierdie stadium, sonder getuienis, die verweer krities te beoordeel nie. Die stukke toon n bona fide verweer. n Verdere belangrike punt, wat nie in geskil is nie, is dat daar geen vinger gewys kan word na die applikant nie. Dis duidelik dat hy die saak wil verdedig. Die howe se benadering is dat n applikant nie ligtelik ontneem moet word van die geleentheid om die eis te verdedig nie SANTAM LTD & OTHERS v BAMBER 2005 (5) SA 209 (W) te 211J 212A; 213G H. [11] n Aspek wat in betoog geopper is, en wat moontlik rede tot kommer is of die vonnis wat toegestaan is, korrek is, is die kwessie dat dit n skadevergoedingseis is, volgens mnr. Potgieter een vir kontrakbreuk en positiewe interesse. In die besonderhede van eis is daar n bewering dat al die eisers rente ontvang het, en dit lyk nie of sulke rente-bedrae afgetrek is van die eise nie, soos wat moontlik moes gebeur. Ook om hierdie rede moet die vonnis tersyde gestel word.

8 [12] Wat koste betref, was daar foute aan beide kante. Geen kostebevel behoort gemaak te word nie. [13] Bevel: 13.1 Die vonnis wat by verstek op 6 November 2008 teen applikant toegestaan is, word tersyde gestel. 13.2 Die applikant se verweerskrif wat op 7 Oktober 2008 op respondente se prokureur van rekord beteken is, en op 8 Oktober 2008 by die griffier geliasseer is, word geag betyds geliasseer te gewees het, en die belet ten opsigte daarvan word opgehef. 13.3 Die tydperke vir die liassering van verdere pleitstukke, of die neem van verdere stappe in die Hofreëls beoog, geld vanaf die datum van hierdie hofbevel, en moet geag word die datum te wees waarop die applikant se pleit geliasseer is. 13.4 Geen kostebevel word gemaak nie. A. KRUGER, R

9 Namens die applikant: Adv. T.A.L.L. Potgieter In opdrag van: EG Cooper Majiedt Ing. BLOEMFONTEIN Namens die respondente: Adv. P.C.F. van Rooyen SC In opdrag van: Naudes BLOEMFONTEIN /sp