Riviere, mere en damme in Suid-Afrika

Vergelijkbare documenten
SW Geografie Kwartaal 2 Onderwerp 2: Fisiese Kenmerke van Suid-AFrika Eenheid 1: Suid-Afrika van bo af (fisiese kaart) Hoë plekke en lae plekke

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 12 Toets 6: Die mens se invloed op die omgewing

JUNIE EKSAMEN 13 JUNIE :00 12:00 GEOGRAFIE V1 BYLAAG

1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore

Doel. Agtergrond. Bid dat... Begroting... R1,2 miljoen sal dit moontlik maak dat daar in 2011 met hierdie projek voortgegaan kan word.

Afdeling A: Ekonomiese stelsels

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 13 EN 14 Toets 7: Verandering van ons omgewing en pas ons omgewing op

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE FINAL DRAF

Vraag 1: Wat is bevolkingsdigtheid? Bevolkinsdigtheid is die meting van hoeveel mense daar in n gebied is.

Module 15 (Term 3): Die Nasionale Elektrisiteitstoevoerstelsel Die volgende vraestel se tema handel oor die nasionale elektrisiteitstoevoerstelsel.

Die klimaat van SA: Temperatuur

BEVOLKINGS GEOGRAFIE

DIE ROL VAN LANDBOU IN DIE EKONOMIE DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE FINAL DRAFT

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Antieke Egipte en die Nylrivier

Les 14: Entrepreneurskap

Die Suid-Afrikaanse aartappelbedryf in perspektief in 2015

Natuurwetenskappe. 1.Noem alle materie wat bestaan uit klein deeltjies wat atome genoem word? (6) 2.Waaruit bestaan elemente? (6)

VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015

SA INKOMSTEVERDIENERS MET R MILJARD ONDERVERSEKER VIR DOOD EN ONGESKIKTHEID

Huurvoorwaardes: Ouplaas, Dowefontein, De Kroon.

EKURHULENI NOORD. DISTRIk 14 NOVEMBER Graad 8 Memorandum

Les Plan Twee. Habitats

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE FINAL DRAFT

Briewe, posseëls en elektroniese pos

FASILITEERDERSGIDS SOSIALE WETENSKAPPE: GEOGRAFIE GRAAD 5

KAN SUID-AFRIKA SE GRAANBOERE OORSEE MEEDING? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

Wat is verwoestyning?

MEMORANDUM GRAAD 10 VOORBEELD Lewenswetenskappe - V 2

Prysvorming deur vraag en aanbod

Les 7: Uitdagings vir die Suid-Afrikaanse ekonomie

Terug in die klas moet jy mooi dink en die besighede in die volgende tabel indeel

Sentraalbeplande stelsel

EBW Vraestel 37 Graad 7 Totaal: 105 ONTDEKKING VAN MINERALE, DIAMANTE, GOUD

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Ignition Munt en Die Ignition Netwerk Ontwerp vir Waarde, Volhoubaarheid, en Groei

Energie en verandering

LAERSKOOL DALVIEW NATUURWETENSKAP

KAN N MIELIE MET N HAMBURGER KRAGTE MEET? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 LEWENSWETENSKAPPE V2 MEMORANDUM

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

ALGEMENE ONDERWYS OPLEIDING

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

AGRI-TREAT. n Revolusionêre water ontsmettingsmiddel vir drupperlyne en alle verwante besproeiingstoerusting in die landboubedryf.

Foto-redigering vir sun.ac.za

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

LEWER U KOMMENTAAR ASSEBLIEF! Keisie Rivier Grondbewaringswerke

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

Goedere in Transito Module 6. Kopiereg Santam Bpk Kursuskode: ASSESS123 / Module 6

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

Hoe om vlae aan te bied

Hoe om n goeie Projek Konsep te Ontwikkel. oefeninge

12. Minerale hulpbronne

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING SOSIALE WETENSKAPPE

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

G-Voucher - Tuinprojek. Kerkraadsvergadering 6 Mei 2014

FAKTORE WAT LEI TOT DIE VEREENSAMING EN ARMOEDE VAN BEJAARDES

AGRI-TREAT 300. n Revolusionêre water ontsmettingsmiddel vir drupperlyne en alle verwante besproeiingstoerusting in die landboubedryf.

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde

FAKTORE EN VEELVOUDE

Kliënte kommunikasie - Begroting 2016

SALDANHABAAI MUNISIPALITEIT

GRAAD 6 NATUURWETENSKAPPE KWARTAAL 1. Tyd: 1 uur FORMELE ASSESSERING Totaal: 50 punte. Naam en Van Datum INSTRUKSIES VRAAG 1

DIE VOEDING VAN VERVANGINGSVERSE, DROË KOEIE EN BULKALWERS

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses

Plantstruktuur en Plant Voedsel

Afdeling A Kaartwerk. HOËRSKOOL MONTANA GRADE 8 SOCIAL SCIENCE EXAMINERS: DATUM: JUNIE 2012 Mr E.P. KLEYNHANS. TYD: 1 UUR Mr. L.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

HELPHETTA VERSLAG JULIE 2018

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

EBW GRAAD 7. Sê of die volgende stellings waar of onwaar is. (7)

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

MEMORANDUM VRAESTEL 2 WISKUNDIGE GELETTERDHEID GRAAD 11

BESTUURSLISENSIE HANDBOEK

Kan Ons Asseblief in U Nuusbrief of Advertensie Blad adverteer?

Eerste kwartaal. Weeklikse lesbeplanning. 1. My skool Week 1. Getalle, bewerkings en verhoudings. Aktiwiteite en werkkaarte vir die week

Geboorte- en sterftesyfers is vername maatstawwe om bevolkings te beskryf. ie geboortesyfer dui die aantal geboortes per duisend mense per jaar aan.

Pretoria-Noord Hoёrskool Geografie GRAAD 9 Junie eksamen

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS

KAN MIELIES WINSGEWEND GEPRODUSEER WORD? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

Inleiding Tot Die Jagluiperd

MUNISIPALITEIT DEERNIS BELEID

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Weeklikse Marksiening 16 April 2012

6 Strukture. Vrae. 1. Noem drie belangrike dinge wat strukture vir ons kan doen. 2. Watter twee soorte strukture kry ons?

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

Transcriptie:

Riviere, mere en damme in Suid-Afrika

Riviere, mere en damme in Suid-Afrika Suid-Afrika is grootliks 'n semi-ariede (halfdor) land. Dit beteken dat groot dele van Suid-Afrika slegs tussen 250 en 500 mm reën per jaar ontvang. Die land se gemiddelde reënval van ongeveer 450 mm 'n jaar is ver onder die wêreldgemiddeld van ongeveer 860 mm per jaar. Talle groot opgaardamme is gebou om te help om ons watervoorraad op te gaar en te bestuur.

Riviere: Baie van die reënval in Suid-Afrika verdamp of word deur droë grond geabsorbeer. Suid-Afrika se riviere is klein gemeet aan Afrika- en wêreldstandaarde. Die totale vloei van alle Suid-Afrikaanse riviere is minder as die helfte van die Zambezi-rivier, die grootste rivier na aan Suid-Afrika.

Riviere: Water is nie oral ewe beskikbaar nie aangesien reënval wissel van minder as 100 mm aan die weskus tot meer as 1 000 mm aan die ooskus. n Groot deel van die land kry geen reën in die winter nie. In die suidwestelike deel van die Wes-Kaap is die weerpatrone anders en hierdie gebied kry geen reën in die somer nie. NB. Water moet in damme opgegaar word sodat ons water het vir die droë seisoene.

Riviere: Stedelike en nywerheidsontwikkeling kom dikwels voor in gebiede ver weg van groot riviere, byvoorbeeld in of naby stede soos Pretoria en Bloemfontein. Groot tussenbekkenoordragte van water is al in Suid-Afrika ingestel. Hierdie proses dra water van een rivierbekken na 'n ander oor. Jy sal later meer hieroor leer.

China Century Project:

Mere: Daar is slegs 'n paar klein natuurlike mere in Suid- Afrika. Wat ons dikwels 'n meer noem, is eintlik 'n estuarium, bv. isimangaliso (St Lucia-meer). 'n Estuarium is die breedste deel van 'n rivier waar dit in die see uitmond.

Damme: In Suid-Afrika maak ons meestal op riviere, damme en ondergrondse water staat vir ons watervoorraad. Suid-Afrika is een van die 30 droogste lande ter wêreld. Om seker te maak dat ons genoeg water het om te drink, voedsel te kweek en vir nywerhede, bou die regering, munisipaliteite en boere damme om water op te gaar.

Damme: Damme kan ook oorstromings verhoed wanneer daar te veel water is. Ons het meer as 500 regeringsdamme in Suid-Afrika, met 'n totale kapasiteit van 37 000 miljoen kubieke meter (m³). Dit is gelyk aan sowat 15 miljoen swembaddens van Olimpiese grootte.

Stuwal om water vloei te vertraag:

Gebruike vir damme: Damme verskaf water aan dorpe en stede. 'n Voorbeeld is die Vaaldam, die vernaamste waterbron vir die grootste deel van Gauteng. Gauteng het 20% van Suid-Afrika se bevolking en 50% van die nywerhede. Damme verskaf water vir die besproeiing van gesaaides. Die Vanderkloofdam in die Oranjerivier verskaf water vir die besproeiing van l00 000 hektaar gesaaides.

Vaalharts waterskema:

Vaalharts bespreoiingskema:

Gebruike vir damme: Damme wek elektrisiteit op in hidroëlektriese kragstasies. Die Gariepdam, ons grootste dam, en die Vanderkloofdam, albei in die Oranjerivier, verskaf n klein hoeveelheid hidroëlektriese krag. Suid-Afrika se riviere is nie groot genoeg om baie hidro-elektrisiteit te verskaf nie. Aangesien damme help om oorstromings te beheer of te verminder, is die Gariep- en Vanderkloofdam ook vir hierdie doel gebou. Mense gebruik ook die damme vir ontspanning.

Vanderkloof Hidroelektriese skema:

Die impak van damme: Opgaardam verplaas gemeenskappe. Verminder oorstromings. Versteur ekosisteme. Verhoog die voorkoms van waterverwante siektes. Vul op met slik. Verrotte plantegroei stel kweekhuisgasse vry en verlaag watergehalte.

Die impak van damme: Impak stroomaf: Verminderde water vloei stroomaf. Sedimentvloei verminder biodiversiteit. Minder water vir gebruikers stroomaf. Minder gewasproduksie. Verminderde visbevolking. Damwal blokkeer vismigrasie. Onderbreek water- en sedimentvloei. Wal kan breek en vloede stroomaf veroorsaak.

Faktore wat die beskikbaarheid en gehalte van water in Suid-Afrika beïnvloed. In Suid-Afrika kry ons ons water van reënval, oppervlakwater in riviere en mere, en grondwater. Suid-Afrika is een van die 30 droogste lande in die wêreld met groot hoeveelhede water wat elke jaar weens verdamping verlore gaan. 'n Groot deel van Suid-Afrika kry reën in die somer, dikwels in storms wat oorstromings veroorsaak. 'n Aantal faktore beïnvloed die beskikbaarheid en gehalte van ons watervoorraad in Suid-Afrika.

Grondgebruikpraktyke: Oppervlakke soos paaie en sypaadjies in ons dorpe en stede kan nie water absorbeer nie. Dit beteken dat die reënwater van die grond na riviere afloop en baie min in die grond insyfer om grondwater te vorm. Water uit stede is dikwels besoedel en het duur behandeling nodig voor dit gedrink kan word. Damme, brûe, wateroordragskemas en kanale verander die vloeitempo en hoeveelheid water in riviere. Die misbruik van grond (ook oorbeweiding) lei tot gronderosie. Die geërodeerde materiaal, bekend as slik of sediment, word afgeset waar die water stadig vloei, soos in damme. Mettertyd ruïneer die groot hoeveelheid slik die ekosisteem (die gemeenskap plante en diere) en verminder die opgaarkapasiteit van die damme.

Grondgebruikpraktyke: Uitheemse plantegroei in Suid-Afrika gebruik meer water as inheemse plantegroei. Uitheemse plantegroei verminder in sommige gebiede stroomvloei met tot 10%. Oor 'n tydperk van 30 jaar het die verwydering van uitheemse plantegroei in Noordwes en Limpopo tot 'n styging van 20 m in die watertafel gelei.

Klimaatsverandering: Daar sal waarskynlik 'n algemene afname van 5 tot 10% in reënval wees, met langer droë tye in die binneland en die noordoostelike dele van die land. Wanneer dit in die toekoms wel reën, sal oorstromings waarskynlik meer gereeld voorkom en feller wees. Dele van Suid-Afrika kan afnames van tot 10% in afloop en/of stroomvloei ervaar, wat dalk reeds in 2015 in die westelike dele van die land gesien kan word. Die afname in afloop kan van wes na oos voortbeweeg, en kan na verwagting die ooskus teen 2060 bereik.

Die uitwerking op menslike aktiwiteite: Nywerhede en mynbou kan ernstige besoedeling van die watervoorraad tot gevolg hê. Suur mynwater is besig om 'n ernstige probleem in Suid-Afrika te word. Suur mynwater verwys na die uitvloei van suur water uit (gewoonlik verlate) metaalmyne of steenkoolmyne. Nywerheidsbesoedeling hang af van die nywerheidsproses en kan giftige en gevaarlike chemikalieë, voedingstowwe, verhoogde soutvlakke en 'n toename in sediment insluit. Landbouwaterbesoedeling sluit in oormatige besproeiingswater wat kunsmis en ander landbouchemikalieë (met inbegrip van onkruiddoders en plaagdoders) kan bevat. Mis kan ook die water besoedel en eutrofikasie veroorsaak (verhoging van die hoeveelheid alge in die water).

Toekomstige watervereistes: Stedelike gebiede sal waarskynlik meer water in die toekoms nodig hê. Die mynboubedryf sal waarskynlik ook meer water in die toekoms nodig hê.

Uitdagings om gratis basiese water te verskaf.

Gratis basiese water: In 2000 het die Suid-Afrikaanse regering die Gratis Basiese Water-beleid bekendgestel. Hierdie beleid maak dit vir elke huishouding moontlik om 6 000 liter (6 kiloliter) skoon water per maand gratis te kry. Dit beteken dat in 'n huishouding van agt mense, elke persoon 25 liter water per dag gratis kry.

Probleme met die verskaffing van gratis water: Om gratis basiese water te verskaf, is 'n tydsame en duur proses. In landelike gebiede is gemeenskappe dikwels klein, wydverspreid en ver van damme. Heel dikwels is die watervoorsiening uit 'n gemeenskaplike boorgat. In stedelike gebiede het die meeste gemeenskappe toegang tot water, baie met krane in hulle huise en ander met gemeenskaplike krane.

Probleme met die verskaffing van gratis water: Met 'n vinnig groeiende stedelike bevolking, veral in die informele nedersettings, is daar dikwels 'n vertraging in die lewering van dienste. Omgewingsprobleme en besoedeling bied ook uitdagings. Vinnig groeiende bevolkings lei ook tot probleme met sanitasie. Dikwels vloei onbehandelde rioolwater terug in die dorp se watervoorraad. Landbouchemikalieë besoedel ook soms riviere.

Rol van die regering in die bou van damme en tussenbekkenoordragte.

Klimaatstoestande verantwoordelik vir min water: Ondervind n lae jaarlikse reënval gemiddeld 475 mm per jaar. Reënval neem drasties af van oos na wes. Die hoë verdamingstempo neem ook toe van oos na wes. Somerreën val op 86% van die land wat beteken dat die verdamping hoog is en baie water verlore gaan. Die tipe reën (donderstorms) wat oor die grootste deel van die land voorkom is oneffektief en spoel vinnig weg. Die reënval is onbetroubaar en wisselvallig wat groot droogtes oor die land veroorsaak.

Rivier probleme: Suid-Afrika het min standhoudende riviere. Meeste is periodiese riviere wat slegs gedurende die reënseisoen vloei. Episodiese riviere kom ook voor wat slegs tydens stroombevoeiing gedurende die seisoen van hoogste neerslag. Meeste van Suid-Afrika se rivier het n kort afloop, wat veroorsaak dat die water wat damme bereik baie min is. Omtrent 75% van die rivieraflope kom aan die seekant van die platorand voor. Dis n klein area en baie water gaan verlore in die see. 60% van die land kom in die droër gedeelte voor waar meeste riviere periodies en episodies is.

Rivier probleme: Suid-Afrika se riviere is onbevaarbaar omdat: het seisoenale vloei sandbanke kom in die riviere voor riviermondings is met sandbanke bespoel watervalle en rivierversnellings kom in die riviere voor bv. Augrabiesevalle.

Krokodilrivier

Rivier probleme: Ons riviere is nie geskik vir hidro-elektrisiteit nie. Daar is te min stroomversnellings en die damme is nie hoog genoeg om voldoende drukking te veroorsaak nie. Vier damme verskaf tans hidro-elektrisiteit nl. Gariepdam, Vanderkloofdam, Sterkfonteindam en die Katsedam. Interbekkenverplasing van water is baie duur. Die sanderige grond van die Kalahari en die kalkagtige grond van die Noord-Kaap en Noordwestelike Kaap absorbeer water baie vinnig.

Wateropgaar probleme: Tydens gronderosie word baie van die sedimente deur die riviere na die damme vervoer wat dan die damme toe slik. Die ideale plek om n dam te bou is in n gebied met n lae verdampingstempo en dit is net aan die oostelike kant van ons land waar daar nie juis n skaarsste aan water is nie. Damme met n vlak bodem se verdamping is hoog. Damme moet dus in diep valleie gebou word wat ook net by die oostelike bergreekse voorkom waar daar voldoende reënval voorkom.

Wateropgaar probleme: As gevolg van die min damme moet die water deur middel van kanale na plekke vloei. Hierdie kanale kos duur om te bou en het n hoë verdampingstempo.

Vaaldam in Vaalrivier:

Vaaldam in Vaalrivier:

Oplossings vir die water tekort: Leer die publiek om water doeltreffend te gebruik. Die prys van water kan verhoog word sodat die mense dit spaarsamig sal gebruik. Riool- en fabriekswater kan herwin word en hergebruik word. Ontsouting van seewater kan toegepas word (Kos tans baie duur).

Oplossings vir die water tekort: Water kan in ou mynskagte gestoor word waar die verdampingstempo baie laag is. Water kan vanaf die buurlande ingevoer word bv. Lesothohoogland projek. Probeer om die verdampingstempo van damme te verlaag. Gebruik van wolkbestrooiing. Interbekkenverplasing kan toegepas word om water na plekke van hoë gebruik te bedien.

Suid-Afrika se sewe grootste damme is: 1. Gariepdam (Hendrik Verwoerd) in die Oranjerivier is die grootste. 2. Vanderkloofdam (P.K. Le Roux) ook in die Oranje. 3. Sterkfonteindam water word oor Drakensberge gepomp vanaf die Tugela om die dam aan te vul. 4. Vaaldam in die Vaalrivier is die belangrikste dam in Suid-Afrika. 5. Pongolapoortdam in die Pongolarivier. 6. Bloemhofdam in die Vaalrivier. 7. Theewaterskloofdam in die Riviersonderendrivier verskaf ekstra water aan die Kaapstad.

Ander belangrikke damme: Die Loskopdam in die Olifantsrivier. Die Hartebeespoortdam naby Pretoria in die Krokodilrivier. Die Midmardam in die Umgenirivier verskaf Durban van sy water. Die Katsedam in Lesotho verskaf water aan die Vaalrivier. Die Welbedachtdam in Caledonrivier voorsien Bloemfontein van water.

Wat is tussenbekkenoordragte en waarom het ons dit nodig? Goeie reënval en afloop kom nie noodwendig in die gebiede waar ons water die nodigste het voor nie (soos in die groot stedelike gebiede in die Suidwes-Kaap en Gauteng). In hierdie gebiede is die aanvraag na water hoër as die reënval. Om hierdie probleem te oorkom, het die regering skemas ontwikkel om water uit dreineerkomme (rivierstelsels) met goeie watervoorraad en lae aanvraag oor te dra na die waar die aanvraag hoog maar die aanbod laag is. Die land het reeds sewe tussenbekkenoordragskemas in werking en nog agt wat reeds in aanbou is of beplan word.

Die Oranjerivierprojek: Grootste rivier in RSA Het die grootste dreineringsbekken dreineer meer as 50% van Suid-Afrika, maar die jaarlikse afloop is slegs 20%. Ontstaan by Mont-Aux-Sources in die Drakensberge in Lesotho. Eerste sytak is die Caledonrivier wat ook in die Drakensberge ontspring. Die Vaalrivier is die belangrikste sytak van die Oranje (ook die belangrikste rivier in ons land). In die 1960 s is die Oranjerivier projekte beplan om water aan die Vrystaatse dorpe te voorsien. Dit het gelei tot die bou van die Vanderkloof, Gariep en Bloemhof damme.

Die Oranjerivierprojek: Dit het gelei tot die bou van die Vanderkloof, Gariep en Bloemhof damme. Die twee groot damme verskaf ook hidro-elektrisiteit aan die Vrystaatse dorpe en dien as vloedbeheer damme. Die Kakamas-Upington besproeiing plase kry hulle water vanaf die Oranje. Die Augrabiese-watervalle lê stroom af vanaf Kakamas. By Alexanderbaai mond die Oranje uit in die Atlantiese Oseaan.

Vanderkloof dam in die Oranjerivier.

Gariep dam in die Oranjerivier.

Die Oranjerivierprojek: Dit is die oudste en grootste skema in die land. Water kom uit die Gariepdam in die Oranjerivier en gaan deur tonnels en kanale na die Sondagsrivier en dan na die Visrivier in die Oos-Kaap. Hierdie skema help om water te voorsien vir besproeiing en stedelike gebruik in Port Elizabeth en ander dorpe. Die Gariep- en Vanderkloofdamme wek hidroëlektriese krag op. Die projek is ook ontwerp om vloede in die laer Oranjerivier te voorkom.

Die Oranjerivierprojek: Water vanaf die Gariepdam in die Oranjerivier word per tonnel (die Oranje-Vis-tonnel) oor die platorand na die Visrivier gepomp. Water word hoofsaaklik vir besproeiingsdoeleindes langs die Visriviervallei gebruik. Die Vis-Sondagsrivier-verbindingskanaal en Cookhouse tonnel vervoer op hulle beurt water uit die Oranjerivier via die Visrivier na die Sondagsriviervallei. Sondagsriviervallei voorsien water aan die Port Elizabeth metropool.

Die Tugela-Vaalskema: Die Vaalrivier kan nie genoeg water aan Gauteng voorsien nie. Die goudmyne van Gauteng en die Vrystaat, sowel as die nywerhede en huishoudelike gebruik van water is te groot vir die Vaalrivier. Die Tugela-Vaalprojek is gebou om die water van die Vaalrivier aan te vul. Die water van die Tugelarivier word in die Spioenkopdam opgegaar. Dan word dit per kanaal na die Jagersrustpompstasie geneem vanwaar dit oor die platorand na die Sterkfonteindam gepomp word.

Die Tugela-Vaalskema: Die Tugela-Vaalskema is 'n pomp-opgaarskema wat water aan die Vaaldam voorsien. Dit vermeerder die hoeveelheid water wat beskikbaar is vir huishoudings, nywerhede en besproeiing in die Pretoria-Witwatersrand-Vereeniging- (PWV-) omgewing. Ekstra elektrisiteit word in die nag gebruik om water uit damme in die Tugela te pomp. Die water word deur die Drakensbergreeks na die Driekloof- en Sterkfonteindamme gepomp. Van daar kan die water of na die Vaaldam gestuur word of teruggestuur word om elektrisiteit tydens piekaanvraagtye te genereer.

Spioenkop dam Sterkfontein dam Kilburn Dam

Die Tugela-Vaalskema: Die water word dan in die Sterkfonteindam in die Wilgerivier, n sytak van die Vaalrivier, gestoor. Wanneer die Vaaldam water benodig word water vanaf die Sterkfontein dam vrygelaat. Die Drakensbergprojek (deel van die Tugela-Vaalprojek) verskaf ook hidro-elektrisiteit vir gebruik in spitstye (tye van hoë kragaanvraag).

Die Bergrivierskema: Die doel van die projek is om die Riviersonderend- Eersterivier-Bergrivier gebied te ontwikkel in die Suidwes-Kaap. Water word dan van die Theewaterskloofdam in die Riviersonderendrivier deur die Franschoekbergtonnel oorgedra na die Bergrivier (waar 'n nuwe dam onlangs gebou is) en Eersteriviervallei wat dan Kaapstad van water voorsien. Die projek verskaf water aan die industrië en boerderye in die Suidwes Kaap.

Theewaterskloofdam

The Charmaine wall structure under construction in December 1976. The wall, which houses the Charmaine intake and outlet is situated inside the basin of the Theewaterskloof Dam. Bergrivier Dam Kleinplaas Dam

Die Lesothohoogland-waterprojek (LHWP): Die projek sal moontlik in die jare 2000 voltooi wees. Vyf damme word beplan (Katsedam, Mohaledam, Mashaidam, Tsoelikedam en Matsoku-uitkeerwal). Water word tans vanaf die Katsedam in die Oranjeriviervallei deur n tonnel na die Asrivier (in die Vaalriviervallei) gepomp. n Dam in die Wilgerivier hou eers die water en stel dit dan na die Vaaldam vry wanneer benodig.

Katsedam in Lesotho:

Die Lesothohoogland-waterprojek (LHWP): Die LHWP sal n genoegsame watervoorraad vir die RSA se industriële hartland, die PWV, vir die volgende vyftig jaar waarborg. Hidro-elektriese krag wat opgewek gaan word kan Lesotho selfversorgend maak ten opsigte van elektrisiteitsbehoeftes. Toerisme en die verkope van die massa water aan die RSA sal Lesotho se nasionale inkomste beslis n hupstoot gee. Werk is ook aan die plaaslike bevolking verskaf met die ontwikkeling van die projek.

Die Lesothohoogland-waterprojek (LHWP): Dit is Afrika se grootste wateroordragskema. Dit verskaf 'n voorraad water vanaf Lesotho aan Gauteng in Suid-Afrika deur 'n stelsel groot damme en tonnels dwarsoor Lesotho en die sentrale deel van Suid-Afrika. Buiten die voorsiening van water aan Suid-Afrika se hartland, verskaf die skema ook genoeg hidroëlektriese krag om in al Lesotho se behoeftes te voorsien. Dit is ook die belangrikste bron van inkomste vir Lesotho. Dra by tot besproeiing en toerisme in Lesotho.

Mohale dam in Lesotho:

Die Lesothohoogland-waterprojek (LHWP): Die projek word nog steeds ontwikkel, met 'n aantal fases reeds beplan. Tans word water in 'n aantal groot damme in Lesotho versamel en na die noorde oorgedra deur 'n reeks tonnels, waarvan talle hidroëlektriese kragstasies aandryf. Die water vloei uiteindelik noord vanaf die Katsedam in die Oranjerivier na die Vaalrivierbekken, van waar water vir Gauteng se behoeftes voorsien word.

uthukela-umhlatuze-skema: Die doel van hierdie skema in die noorde van KwaZulu-Natal is om seker te maak dat water voorsien word aan die nywerheidsgroeipunt by Richardsbaai.

Mooi-uMgeni-skema: Die doel van hierdie skema in die middelland van KwaZulu-Natal is om nog water by te voeg by die watertoevoer vir die Durban-Pietermaritzburg metropolitaanse gebied. Hierdie streek is die stedelike gebied wat die vinnigste uitbrei in die land, asook die land se belangrikste hawe. Met vier groot damme daarop, benodig die umgenirivier dringend 'n verhoogde watertoevoer vir hierdie belangrike gebied.

Spring Grove Dam Mearns Dam

Midmar dam Albert Falls dam

Nagle dam Inanda dam

Rol van munisipaliteite in watervoorsiening en -suiwering : Die openbare water- en sanitasiesektor in Suid-Afrika is in DRIE vlakke georganiseer. 1. Nasionale regering 2. Waterrade 3. Munisipaliteite

Nasionale regering: Die nasionale regering, verteenwoordig deur die Departement van Waterwese, is verantwoordelik vir die opstel van beleide vir die bestuur van waterbronne en sanitasie. Die regering moet beplan vir nuwe damme en tussenbekkenoordragte.

Waterrade: Waterrade hou damme wat water in groot hoeveel-hede verskaf, in stand, bied kleinhandels-dienste aan en bestuur suiweringsaanlegte van afloopwater. Die 15 waterrade verskaf water aan byna die helfte Suid- Afrika se bevolking in 90 munisipaliteite. Waterrade was in die verlede die enigste grootmaatleweraars van water. Munisipaliteite was verplig om water van hulle te koop. Nou word munisipaliteite egter toegelaat om hul eie infrastruktuur vir grootmaatwaterlewering te ontwikkel of om water in die groot maat aan te koop van ander leweraars.

Waterrade: Baie munisipaliteite in kleiner dorpies van kry hul water van klein damme, riviere en boorgate. Die Mpofana Munisipaliteit in KwaZulu-Natal kry byvoorbeeld hul water vanuit 'n klein waterkering/stuwal ('n lae dam wat oor 'n rivier gebou is) oor die Mooirivier. Die watergehalte in die meeste stede en dorpe is goed. Kleiner munisipaliteite sukkel om drinkwater van 'n goeie kwaliteit te verskaf.

Munisipaliteite: Volgens die Grondwet is munisipaliteite verantwoordelik vir die voorsiening van water en sanitasiedienste. In die praktyk, beteken dit die land se 52 distriksmunisipaliteite. Die nasionale regering kan ook die verantwoordelikheid vir dienslewering toewys aan plaaslike munisipaliteite, waarvan daar 231 is. Altesaam is daar 169 waterdiensowerhede in Suid-Afrika, wat waterrade, distriksmunisipaliteite, plaaslike munisipaliteite en munisipale firmas insluit.

Munisipaliteite: Munisipaliteite verkoop die water aan die gemeenskap en besit ook van die massaopgaarinfrastruktuur soos damme. Dit is die munisipaliteit se werk om water, wat oor die algemeen by die waterrade aangekoop word, aan sy inwoners te voorsien. Die munisipaliteit suiwer die water sodat dit geskik is om gedrink te word. Die munisipaliteite stuur die water na die verbruikers in huise, sakeondernemings en fabrieke. Meters op elke eiendom hou 'n rekord van die hoeveelheid water wat gebruik word.

Munisipaliteite: Die munisipaliteit stuur rekeninge uit en laat die verbruiker vir die water betaal. Voorafbetaalde meters is in party stede ingebring as deel van bestuurskontrakte met private operateurs. Hierdie meters, wat die watertoevoer afsny bo die maandelikse perk van 6 kiloliter (6 000 liter) indien geen betalings gedoen word nie, het betogings in laeinkomstebuurte veroorsaak.

Munisipaliteite: Die munisipaliteite gebruik die geld om die waterrade te betaal vir die water wat hulle verskaf. Die geld word ook gebruik om die koste van die bedryf, onderhoud, opgradering en uitbreiding van die waterstelsel te dek.

Munisipaliteite: Munisipaliteite bied DRIE vlakke van diens aan die publiek. Die Vlak 1-diens is vir mense met geen of 'n baie lae inkomste en voorsien 'n gemeenskaplike staanpyp wat 'n aantal huise bedien. Die Vlak 2-diens is vir mense met 'n effe hoër inkomste en bestaan uit tenks en krane in huis erwe. Die Vlak 3-diens is vir mense met nog hoër inkomstes en voorsien wateraansluitings met krane binnenshuis.

Munisipaliteite: Munisipaliteite het baie struikelblokke om water aan die publiek te voorsien. Die aantal mense wat in stedelike gebiede woon neem vinnig toe en mense woon al hoe verder weg van die middel van die stadsgebiede. Verder is daar nie meer veel geskikte terreine vir damme oor in die digbevolkte dele van Suid-Afrika nie. Die koste om water oor groot afstande te bring raak al hoe duurder. Om hierdie rede, probeer baie munisipaliteite om soveel water as moontlik te bespaar. Die Stad Kaapstad wil byvoorbeeld teen 2020 watergebruik en waterverspilling met 20% verminder.

Munisipaliteite: Munisipaliteite het baie struikelblokke om water aan die publiek te voorsien. Die aantal mense wat in stedelike gebiede woon neem vinnig toe en mense woon al hoe verder weg van die middel van die stadsgebiede. Verder is daar nie meer veel geskikte terreine vir damme oor in die digbevolkte dele van Suid-Afrika nie. Die koste om water oor groot afstande te bring raak al hoe duurder. Om hierdie rede, probeer baie munisipaliteite om soveel water as moontlik te bespaar.

Munisipaliteite: Dit kos die Pietermaritzburg Munisipaliteit meer as R30 miljoen per jaar. Pietermaritzburg se watervoorsieningsnetwerk lewer daagliks gemiddeld 160 miljoen liter water aan meer as 600 000 mense deur 'n pypleiding van meer as 2 000 km. Munisipaliteite regdeur Suid-Afrika moet soortgelyke uitdagings die hoof bied.

Munisipaliteite: Die Stad Kaapstad wil byvoorbeeld teen 2020 watergebruik en waterverspilling met 20% verminder. Die munisipaliteit vra alle mense om te verstaan hoe skaars water is en om verantwoordelik op te tree in hul gebruik van water. Verkwisting van water en onwettige aansluitings by die watertoevoer is nog twee probleme. 63% van Pietermaritzburg se water het byvoorbeeld geen inkomste vir die munisipaliteit ingebring nie. Dit was te wyte aan lekkasies en gebarste pype. Die res was onwettige, ongemeterde en ongeregistreerde aansluitings by die watertoevoer.

Strategieë vir volhoubare gebruik van water : Volhoubare watergebruik beteken die gebruik van waterbronne op so 'n manier en teen so 'n tempo wat nie tot langtermynverlies van die waterbron lei nie. Lande met 'n tekort aan water het 'n aantal maniere waarop hulle probeer om genoeg water aan almal te voorsien. Regerings, munisipaliteite en individue moet almal 'n rol speel. NB. Indien ons water versigtig gebruik, sal ons genoeg water hê vir die toekoms.

Die rol van die regering: Die regering moet sorg dat genoeg toekomstige damme en wateroordragskemas beplan word om in die behoeftes van die bevolking te voorsien. Die regering se rol is die volgende: Sorg dat navorsing gedoen word oor alternatiewe waterbronne, soos ontsouting, die insleep van ysberge vanaf Antarktika en die invoer van water uit bronne soos die Zambezi- en Kongorivier. Spoor munisipaliteite en groot nywerhede aan om hul water te herwin en vaardig wette uit, indien nodig. Eskom se kragstasies herwin baie van die groot hoeveelhede water wat hulle gebruik. Eskom suiwer ook besoedelde mynwater om in hul kragstasies te gebruik.

Die rol van die regering: In die meeste groot stede word ten minste 70% van die water herwin. Dit beteken dat mense in hierdie gebiede water drink wat al baie keer tevore gebruik is. Die herwinningsaanlegte, ook bekend as suiwerings- of rioolwatersuiweringsaanlegte, moet water van 'n baie hoe kwaliteit lewer wat absoluut veilig is om te drink. In die meeste dorpe en stede is ons water van die beste gehalte in die wêreld.

Die rol van die regering: Pas die wette toe wat besoedeling voorkom. Besoedeling is 'n bedreiging vir ons volhoubare gebruik van water van 'n goeie gehalte. Volgende Tabel toon die verskillende maniere waarop ons tans ons waterbronne besoedel. Bewaar vleilande en herstel die wat beskadig is. Vleilande verminder erosie, moedig natuurlewe aan, en gaar water op en suiwer dit. Sorg dat uitheemse plantegroei verwyder word. Uitheemse plantegroei, veral bome, gebruik groot hoeveelhede water. Werk vir Water (onder die Departement van Water) verwyder groot hoeveelhede uitheemse plantegroei en verskaf werk aan werklose mense.

Die rol van individue: Moenie water vermors nie. Daar is baie maniere waarop ons die hoeveelheid water wat ons in die huis, fabriek, skool en besighede gebruik, kan verminder, deur die volgende te doen: Draai die kraan toe terwyl jy skottelgoed of hande was of jou tande borsel. Gebruik water uit 'n emmer, nie 'n tuinslang nie, om die motor te was. Stort, eerder as om te bad. Plant droogtebestande inheemse plante.

Die rol van individue: Maak tuine net vroeg in die oggend of saans nat, en slegs indien nodig. Gebruik drupbesproeiing in blombeddings en sproeiers op grasperke. Versamel reënwater, bad- en stortwater en gebruik dit vir die tuin of karwas. Gebruik 'n besem om opritte en plaveisel te vee, in plaas van water uit 'n tuinslang. Isoleer warmwaterpype (draai hulle toe) om die water in die pype warm te hou. Hoef te wag voor die warm water uit jou krane loop nie.

Verskillende bronne van besoedeling: Bron Besoedelende stof Oorsaak van besoedeling Landbou Kunsmis (nitrate en fosfate), onkruiddoders, plaagdoders, dieremis. Besproeiing (terugvloei), gebruik van plaagdoders, bemesting, grootskaalse veeboerdery, intensiewe voedingseenhede vir diere. Mynbou Sure, swaar metale, suur mynwater. Mynhope, terugvoerdamme, ashope, slykwegdoening, ondergrondse en oop mynbou. Stedelike gebiede Voedingstowwe, organiese materiaal, swaar metale, giftige chemikalieë, riool. Rioolvuil, slik, opvullings- en stortingsterreine, stormwater, lekkende riole, opgaartenks en pype, informele behuising (terreinsanitasie). Nywerheidsektore Sintetiese organiese chemikalieë, giftige anorganiese chemikalieë, met inbegrip van swaar metale. Nywerheidsafval, massa-opberging van chemikalieë, soliede afval, verlate terreine, verdampingsdamme, afloopwater, lugbesoedeling.