Is ʼn Skaapvertakking in winterreënval saaiboerdery ʼn winsgewende investering?

Vergelijkbare documenten
Caledon en Bredasdorp Gesamentlike Studiegroep Resultate

KAN N MIELIE MET N HAMBURGER KRAGTE MEET? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

Willem Burger, Departement van Landbou: Wes-Kaap, Landbou-Ekonoom, Program Ondersteuning van Landbouers, Eden Distrik, George

Landboudienste IN PAS MET DIE VERANDERDE OMGEWING. Augustus 2011 SENWES INLIGTINGSESSIE:

BESTUURSINLIGTING VOORUITSIGTE VIR GRAANGEWASSE LYK GOED. Posbus 1615 Bethlehem, 9700 Tel/Faks: (058)

KAN SUID-AFRIKA SE GRAANBOERE OORSEE MEEDING? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

KAN MIELIES WINSGEWEND GEPRODUSEER WORD? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

DIE ROL VAN LANDBOU IN DIE EKONOMIE DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

VLEISINVOERE VANAF NAMIBIË GERHARD SCHUTTE OOS-KAAP RPO JAARVERGADERING 20 MEI 2015

Kwantifisering van risiko in die Oos-Vrystaat droëlandproduksiegebied:

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Die Suid-Afrikaanse aartappelbedryf in perspektief in 2015

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

HOEVEEL HEKTARE KAN N STAATSAMPTENAAR BEKOSTIG? DEUR DR PHILIP THEUNISSEN

Hoofstuk 5: Ekonomiese sektore

MAKRO-EKONOMIESE IMPAK VAN DIE WYNBEDRYF OP DIE WES-KAAP

Analise van arbeid en kapitaal in die aartappelproduksieproses

SKOOL Eksamen - Gr 7 - EBW 3 Desember 2010

GRAAD 9 NOVEMBER 2012 EKONOMIESE- EN BESTUURSWETENSKAPPE MEMORANDUM

GRAAD 11 NOVEMBER 2013 EKONOMIE V2

Sentraalbeplande stelsel

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

INKOMSTE EN KOSTEBERAMINGS VAN KLEINGRAAN VERTAKKINGS IN DIE SWARTLAND

Afdeling A: Ekonomiese stelsels

Inleiding Tot Die Jagluiperd

Photo Guide to estimate Forage Availability in Namibian Rangelands Afrikaans Version

FAKTORE EN VEELVOUDE

Rekeningkune November Eksamen Graad 10 MEMORANDUM. Eienaars- No.

1. Gee TWEE voorbeelde van elk:

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

Finansiële Wiskunde ENKELVOUDIGE RENTE

SA INKOMSTEVERDIENERS MET R MILJARD ONDERVERSEKER VIR DOOD EN ONGESKIKTHEID

Weeklikse Marksiening 16 April 2012

Prysvorming deur vraag en aanbod

BELASTINGVRYE PLAN Kom ons kry Suid-Afrika aan die spaar.

Kliënte kommunikasie - Begroting 2016

DAAR S N LIKKEWAAN WAT DIE KOEIE UITSUIP! DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

GRAAD 10 REKENINGKUNDE MODELVRAESTEL ANTWOORDEBOEK. Hierdie antwoordeboek bestaan uit 18 bladsye.

Ignition Munt en Die Ignition Netwerk Ontwerp vir Waarde, Volhoubaarheid, en Groei

Algemene Grootboek. DIT IS BAIE BELANGRIK NOU OM TE WEET WATTER REKENINGE IS BATES, EIENAARSBELANG en LASTE.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 FEBRUARIE/MAART 2010 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

besigheidsversekering finansiële onderskrywingsriglyne

GRAAD 12 REKENINGKUNDE MODEL 2008 NAAM VAN LEERDER: ANTWOORDEBOEK

SOILL PRODUSENTE NUUSBRIEF

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

Statistieke met een oogopslag

KLASTOETS GRAAD 11. LEWENSWETENSKAPPE: HOOFSTUK 12 Toets 6: Die mens se invloed op die omgewing

78 THE DAIRY MAIL MAY Voer elke koei volgens haar individuele produksiestatus en kondisie.

Hoe lyk die grafiek van y = x 2 4?

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

Wildbyvoeding se voor- en nadele. Craig Shepstone

DIE VOEDING VAN VERVANGINGSVERSE, DROË KOEIE EN BULKALWERS

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

REKENINGKUNDE: VRAESTEL I

Breedte. Oppervlak = Lengte X Breedte. Ons kan nou enige reghoek se oppervlak bereken met hierdie formule, nie waar nie?

6 tellers en noemers bymekaarbring en van mekaar skei.

REKENINGKUNDE: BEGELEI JY OF ONDERRIG JY NET?

????: Eienaar van I Do tydskrif. BESIGHEIDSVERSEKERING Finansiële Onderskrywingsriglyne

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2011 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

LEES DIE TEKENS VAN BANKROTSKAP DEUR DR PHILIP THEUNISSEN COMPUTUS BESTUURSBURO

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2014 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

NOVEMBER 2008 ONTWERP EERSTE VRAESTEL (TEORIE)

Peter Dladla besit Dladla s Sokkerwinkel. Die onderneming vervaardig en versprei sokkerballe. Die finansiële jaar eindig op 30 Junie elke jaar.

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

Vlotheid en intonasie

Geboorte- en sterftesyfers is vername maatstawwe om bevolkings te beskryf. ie geboortesyfer dui die aantal geboortes per duisend mense per jaar aan.

GRAAD 7 SOSIALE WETENSKAPPE

EBW GRAAD 7. Sê of die volgende stellings waar of onwaar is. (7)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING

RELIGIESTUDIES EKSAMENRIGLYNE SENIOR SERTIFIKAAT (SS)

INKOMSTE EN KOSTEBERAMINGS VAN KLEINGRAAN VERTAKKINGS IN DIE SWARTLAND

MEMORANDUM GRAAD 10 VOORBEELD Lewenswetenskappe - V 2

BEVOLKINGS GEOGRAFIE

VOORRAAD. a) Skep die volgende rekening by Onderhoud Rekeninge Invoeg: Inkomste / Uitgawerekening (A) vir die voorraaditem.

Vergelyking van 'n reguitlyn vanuit 'n grafiek *

Maandagoggend Vooruitsig 10 April 2017

MAKRO-EKONOMIESE IMPAK VAN DIE WYNBEDRYF OP DIE WES-KAAP

Les 14: Entrepreneurskap

20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT REKENINGKUNDE GRAAD 12 NOVEMBER 2012 SPESIALE ANTWOORDEBOEK

ANDRIES VAN DER POLL KLIPDRIFT MALMESBURY

(insluitende nie-dodelike en dodelike metodes) sal mettertyd help om veeverliese te verminder.

UITVOERPRESTASIE VAN DIE SUID-AFRIKAANSE SUIWELBEDRYF, FAKTORE WAT DIT BEÏNVLOED

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

OPSIES WANNEER UIT DIENS TREE BY JOU WERK UMBRELLA FUNDS

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS PROVINSIALE EKSAMEN NOVEMBER 2016 GRAAD

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Wat is die waarde van strooi/oesreste?

MEMORANDUM KWARTAAL 1

DEBITEURE REKONSILIASIES

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

GRAAD 11 ONTWERP EERSTE VRAESTEL (TEORIE) NOVEMBER 2009

Meganiese stelsels en beheer:

Opsies wanneer jy aftree PREDIKANTE PENSIOENFONDS VAN DIE NED. GEREF. KERK IN SUID-AFRIKA (PPF)

BEMESTINGSRIGLYNE VIR CANOLA IN DIE WINTERREëNSTREEK

Transcriptie:

Is ʼn Skaapvertakking in winterreënval saaiboerdery ʼn winsgewende investering? (Artikel deur dr. Willem Hoffman, Stellenbosch Landbou-ekonomie - Mei 2014) 1. Inleiding Die afgelope 3 jaar was goed vir saaiboere in die Suid-Kaap wat betref pryse van grane, maar daar is ook goeie oeste behaal in die gebied. Tradisioneel word in die Suid-Kaap gebruik gemaak wat ʼn langer lusern weidingsfase wat benut word as weiding vir veevertakkings. Daar is verskeie bestaande veevertakkings wat wolskaap, vleisskaap, melkerye, volstruise en vleisbeeste insluit, vir die doel van hierdie artikel word egter op dubbeldoel wol/vleis skaap gefokus. Die lusern weidingsfase speel natuurlik ook ʼn belangrike rol in die wisselboustelsel en dien onder andere as stikstofbinder en breek die lewenssiklus van verskeie onkruide, peste en siektes in kontantgewasse soos koring, gars, canola en hawer. Die dilemma waarmee die produsent sit is dat ten tye van goeie graanpryse en relatief hoe opbrengste, die veevertakking die potensiële winsgewendheid van die plaas verlaag, aangesien die inkomste uit die veevertakking gewoon nie die inkomstes van kontantgewasse kan haal nie. Die gevolg is dat verskeie produsente wegdoen met die veevertakking ten einde die beter inkomste van graan te benut. Daar is natuurlik ook bydraende faktore wat veeboerdery tans onder druk plaas wat veediefstal, roofdier beheer en die vraag na arbeid en so meer insluit. Die rol van lusern in die wisselboustelsel is steeds belangrik, maar daar word goeie vooruitgang gemaak op die gebied met die implementering van bewaringsboerderypraktyke. Verskeie gevalle bestaan reeds waar produsente goeie resultate behaal met kontantgewasstelsels en die toepassing van minimum grondversteuring en deklaag behoud. In terme van bewaringsboerdery is vee ook ʼn bydraende faktor tot kompaktering van grond, veral as vee gedurende die natter wintermaande wei. 2. Winsgewendheid Deur bloot te kyk na bruto marge vergelykings is dit belangrik om te let op die inkomste potensiaal of te wel bruto produksie waarde van verskillende vertakkings. Tabel 1 wys die bruto produksie waarde (inkomste van vertakking), die veranderlike koste (direk en nie-direk toedeelbaar) en die bruto marge per ha vir koring, gars, canola en skaapvertakkings vir die Goue Ruens produksiegebied. Die onderliggende dilemma vir die veevertakking is dat die bruto produksie waarde basies vasgestel is aangesien beide die opbrengs en die pryse teenoor graan meer stabiel is. Graanvertakkings laat toe vir skerp opwaartse uitskieters as gevolg van prys of opbrengs binne ʼn spesifieke jaar. Hierteenoor kan die veevertakking in ʼn droë jaar afwaartse bruto marges behaal weens die koste van voer. Natuurlik is die graanvertakkings ook onder risiko om swak opbrengste of pryse te behaal, dit laat egter die produsent toe om in goeie jare met goeie pryse ʼn stewige inkomste te genereer. Tabel 1: Prestasie van verskeie gewasse en vee vir die Goue Ruens Item / Vertakking Koring Gars Canola Vee Bruto produksie waarde / ha 7360 7300 6360 4584 Veranderlike koste / ha 4200 4080 3710 2480 Bruto marge / ha 3160 3220 2650 2104

Die volhoubaarheid van boerdery lê egter in die langertermyn winsgewendheid van die boerdery en dit is juis hier waar die veevertakking tradisioneel tot sy reg kom, om as buffer te dien vir swak jare. Figuur 1 wys die toename in bruto waarde van sekere produkte (kommoditeite) in Suid-Afrika vir die periode 2001 tot 2012. Onderliggend tot die bruto waarde is natuurlik beide hoeveelheid en prys. Dit is egter duidelik dat die bruto waarde van koring meer wisselvallig is as die van vleis. Dit beteken dus wel dat die veevertakking in die swak jare (droë jare en of laer pryse) ʼn buffer effek het op die kontantinkomste van die boerdery. Op hierdie punt is dit egter belangrik om in gedagte te hou dat die oorrol van ʼn negatiewe bankbalans, as gevolg van rente, groot druk plaas op die winsgewendheid van die daaropvolgende produksie jaar. Dit is ook belangrik om in gedagte te hou dat konstant hoë graanpryse direk bydra tot inflasie druk op insette wat op sy beurt die marge onder druk plaas. Figuur 1: Die bruto waarde van verskeie kommoditeite (Bron: Kortbegrip vir Landbou Statistiek 2013) 3. Plaasvlak winsgewendheid implikasies Die kontantstroom wat die boerdery genereer is egter net een gedeelte van die konsep van winsgewendheid. Die ander belangrike gedeelte is die kapitaal wat geïnvesteer is om daardie kontant inkomste te genereer. Kapitaal in die boerdery sluit natuurlik alle fisiese bates van die boerdery onderneming is. Vir die doeleinde van hierdie artikel is ʼn tipiese groot boerdery vir die betrokke area gebruik om die impak van verskeie scenario s rondom die veevertakking te illustreer.

Figuur 2: Die relatiewe bydrae van verskille bates tot die kapitaal behoefte van ʼn tipiese boerdery in die Goue Ruens. Die plaas is as tipies geidentifiseer deur ʼn groep van eksperts betrokke in landbou in die betrokke gebied. Dit sluit in aannames soos plaasgrootte, grond gebruikspatroon, tipiese opbrengste, veelading en investering in losgoed. Die kapitaalbehoefte vir die verteenwoordigende of tipiese plaas vir die Goue Ruens area word in Figuur 2 illustreer. Na verwagting is grond natuurlik die bate item wat die grootste waarde dra, tans is die losgoed en vee omgeveer gelyk in waarde. Losgoed sluit alle selfaangedrewe masjiene en implemente in soos wat gebruik word in die produksie prosesse deur die loop van ʼn jaar. Tabel 2 wys die tipiese grondbenuttingspatroon soos wat in die model gebruik is. Tabel 2: Grondbenuttingspatroon vir die tipiese groot boerdery in die Goue Ruens gebied. Ha % Koring 421.32 18.73% Gars 490.55 21.80% Canola 178.52 7.93% Korog 0.00 0.00% Hawer 69.23 3.08% Lupien 64.29 2.86% Lusern 1026.10 45.60% 2250.00 100.00% Die berekeningsmodel is ʼn geheelboerdery begrotingsmodel wat gebaseer is op standaard rekeningkundige beginsels. Die model meet die winsgewendheid in terme van IOK (interne opbrengskoers op kapitaal investering) en die netto huidige waarde van die invetsering oor ʼn 20 jaar periode. Opbrengste vir die verskillende graanvertakkings, soos binne die betrokke wisselboustelsels is geverifieer deur verskeie eksperts betrokke by graanboerdery in die gebied. Dieselfde metode is gebruik om produksiepraktyke en gepaardgaande koste strukture te bepaal soos wat tipies in die area in gebruik is. Vir die boerdery soos vir die bronbenuttingspatroon soos geillustreer in tabel 2 is die verwagte IOK en NHW onderskeidelik 5.74% en R30 127 666. Ander belangrike finansiële prestasies word in Tabel 3 gewys.

Tabel 3: Verskeie finansiële maatstawwe soos bereken in die model vir goeie gemiddele en swak jare Goeie jaar Gemiddelde jaar Swak jaar BPW 15852828 13945567 12095763 BPW/ha 6341 5578 4838 Bruto marge 8472092 6739879 4872093 Bruto marge/ha 3389 2696 1949 Bruto marge % 53% 48% 40% NBI 6077201 4344987 2477201 NBI/ha 2431 1738 991 Goeie, gemiddelde en swak jare is gebruik om voorsiening te maak vir opbrengsrisiko vir die betrokke area. Die voorkoms en verspreiding van die goeie, gemiddelde en swak jare is ook met die hulp van eksperts betrokke by graanverbouing in die betrokke area bepaal. Die belangrike kwessie is dat die tipiese boerdery bloot as maatstaf dien vir die effek van verskillende alternatiewe en of strategie en nie ʼn poging is om die finansiële prestasie van ʼn boerdery in die area te bepaal nie. Verskeie scenario s is gebruik en in die model ingevoer ten einde te verstaan wat die impak van alternatiewe strategie van veebenutting op die langtermyn verwagte winsgewendheid is. Drie scenarios is gebruik in die vergelyking. Scenario 1 word die volle boerdery slegs onder kontantgewasse bedryf, wel in erkende wisselboustelsels en volgens beste praktyke. Die nodige aanpassings is gemaak wat betref die bykomstige behoefte in masjinerie en minder arbeid is ook aangeneem. Volgens Scenario 2 word die vee op die boerdery verminder van 2.8 ooie per ha weiding na 2 ooie per hektaar weiding. Scenario 3 is gebaseer op die aanname dat die veevertakking uitgebrei word na 3 ooie per hektaar weiding. In elke geval is aanpassings gemaak in die inventaris en, waar nodig, op produksiepraktyke. Daar is byvoorbeeld ekstra arbeid ingebring by die scenarios met meer vee. Die relatiewe verskil in die kapitaalbehoefte vir elke scenario word illustreer in Figuur 3. Figuur 3: Die relatiewe bydra van verskillende komponente van die inventaris soos bepaal deur veevertakkings Wat betref die implikasies van die scenarios soos voorgehou en die gepaardgaande inventarisse is dit belangrik om die konsep van depresierende en apresierende bates te verstaan. Dit beteken bloot dat die bates wat onder losgoed geklassifiseer is onderwerp is aan waardeverminder en mettertyd vervang moet word. Dus beteken dit dat alhoewel die kontantinkomste van die kontantgewasstelsel

binne jare beter is dat op ʼn stadium daar vervanging van bates moet plaasvind. Dit verlaag dus nie net elke jaar die balansstaatwaarde nie, maar het ook direkte koste implikasies op ʼn toekomstige tydstip. Aan die anderkant is die veekomponent self inkomste genererend en neem die waarde toe, soos die waarde van grond. Dit het ʼn belangrike positiewe effek op die balansstaat van die boerdery. Verder beteken dit dat as ʼn boer wat tans vee het besluit om weg te doen daarmee en die fondse wat uit die verkoop daarvan gebruik word om die ekstra meganisasie kapasiteit te bekom, nie die besluit sal kan herroep na die verloop van ʼn paar jaar nie. Die masjiene se waarde sou daal en die van vee sou gestyg het. Die volgende illustrasie is die van die buffer effek soos wat die veevertakking teweeg bring in die boerdery. Vir die doel is verskeie prys scenarios vir grane en vir lewende hawe gebruik. In die scenarios een tot vier is die prys van koring, gars en canola onderskeidelik met intervalle van tien persent verbeter en verswak van die huidige prysvlak. In scenario s A tot E is dieselfde gedoen met vleis en wol terwyl die graan pryse konstant gehou is. Figuur 4 dui die implikasies aan van die prysveranderings. In scenario een, twee, A en B is die pryse van grane en lewende hawe produkte dus verhoog met 10% en 20%. Dit is eerstens belangrik om te let daarop dat die verwagte effek op winsgewendheid van ʼn 10% verandering in prys bykans 20% is. Dit is redelik tipies in boerdery aangesien die vastekoste komponent die implikasie tussen bruto marge en netto boerdery Inkomste aksentueer, alhoewel dit ʼn vaste bedrag is waarmee die bruto marge toeneem of afneem. Dit is verder duidelik dat effek van graanpryse vir beide positiewe en negatiewe prysbeweging heelwat meer drasties is as wat die geval is by lewendehawe produkte. Dit beteken dus dat graanvertakkings wel die geleentheid van kontantinkomste in goeie jare beter kan benut, maar dat veevertakkings wel die negatiewe impak van swak jare kan buffer. Figuur 4: Die absolute en relatiewe implikasie van prysveranderings op verwagte IOK van die tipiese boerdery in die Goue Ruens area 4. Samevatting Kontantinkomste is uiteraard belangrik in die landboubesigheid omgewing. Dit is egter belangrik dat produsente wat tans in die posisie is om te kan wegdoen met ʼn veevertakking in ʼn graanboerdery oorweging behoort te skenk aan ʼn paar kwessies wat nie op die oog af duidelik is met ʼn vergelyking op bruto marge vlak nie. Die implikasies van vee op die balansstaat is veral belangrik aangesien dit groei op bate waarde en dus ekwiteit beteken. Daar is wel tans geleentheid om goeie inkomste te maak met graanvertakkings, die besluit om weg te doen met vee moet egter met versigtigheid geneem word.