GROOTFONTEIN KUIERFEES 29 & 30 Julie 2016 Geagte Besigheidsvriend Die Kuierfees sal hierdie jaar sy 5de verjaarsdag vier en ons is trots om aan te kondig dat hy 5 jaar jonk is. Gedurende die afgelope 5 jaar het u as borg ons ondersteun waarsonder ons dit nie sou reg kry om hierdie aankondiging te maak nie. Ons wil weereens elkeen van u bedank vir u volgehoue ondersteuning. Die Kuierfees gaan van krag tot krag en ons word op n gereëlde basis deur kunstenaars gekontak wat by die Kuierfees wil kom optree. Die Grootfontein Kuierfees komitee het vir hierdie jaar n vol program gereël. Nuwe aktiwiteite is by die program gevoeg met selfs kunstenaars uit Duitsland. Hierdie is dan ook n gebaar om ons Duitse vriende te laat deel in die feesviering. Ons oogmerk met die aanbied van die Grootfontein Kuierfees is dat elke inwoner van die Noorde hieraan deel kan hê. Dit is vir die bestuur n groot eer om al die positiewe terugvoering van ons borge, uitstallers, kunstenaars en besoekers te kry. U weet self dat dit onmoontlik is om so n besonderse fees aan te bied sonder die medewerking en ondersteuning van die reeds meer as welwillende besigheidskorps van Grootfontein en die res van Namibië nie. Hiermee nooi ons u onderneming uit om n aktiewe deelnemer van hierdie unieke geleentheid te wees deur n borgskap te voorsien. Borgskappe word beloon met gratis uitstalruimte. U kan gratis baniere en promosiemateriaal opstel op die feesteryn. Bekendstelling van borge word gedoen deur sosiale media soos ons webblad, youtube asook radio en koerant advertensies. U ondersteuning word opreg waardeer.
1. GROOTFONTEIN KUIERFEES AKTIWITEITE: Kunstenaars: (YASMINE-MELANIE & CHANELLE (DUITSLAND), ADAM TAS, ELVIS SE SEUN, CORDELIA, LIANIE MAY EN JAY.) GASKUNSTENAARS: Van ons vorige jare se wenners asook ander Namibiese kunstenaars. Wildsveiling Karaoke / Juke box Modeparade Mej Kuierfees Inter boerevereniging sport en slagos kompetisie Kindervermaak en Pretpark Eksotiese Safari-ete Radio en Youtube dekking Perde Marathon Bergfiets Marathon (+-10Km, +-35Km en +-70Km) Skyfskiet en 4x4 roete Bikers Kanaal 7 Biertent Uitstallers Rugby Kos en verversingstalletjies Vermaak met toertjies
2. Komiteelid: Koos de Jager... Tel (067) 231572... Faks. Selfoon 081 127 0830.. E-pos adres santatol@iway.na... BORG OPSIES: A: HOOFBORG Borg ontvang 10 gratis kaartjies vir eksotiese safari-ete asook vir Vrydagaand vertoning in die tent met Adam Tas. Gratis mediadekking Gratis ruimte vir uitstalling Gratis vertoon van logo op webwerf tot volgende kuierfees B: DIAMAND BORG (N$20 000.00 of meer) Borg ontvang 8 gratis kaartjies vir eksotiese safari-ete asook vir Vrydagaand vertoning in die tent met Adam Tas Gratis mediadekking Gratis ruimte vir uitstalling Gratis vertoon van logo op webwerf tot volgende kuierfees
C. PLATINUM BORG (N$10 000.00 tot N$19 999) Borg ontvang 6 gratis kaartjies vir eksotiese Safari-ete asook vir Vrydagaand vertoning in die tent met Adam Tas Gratis Mediadekking Ruimte vir uitstalling Gratis vertoon van logo op webwerf tot volgende kuierfees D. GOUE BORG (N$5 000.00 tot N$9 999) Borg ontvang 4 gratis kaartjies vir eksotiese Safari-ete asook vir Vrydagaand vertoning in die tent met Adam Tas Gratis Mediadekking Gratis ruimte vir uitstalling E. SILVER BORG (N$2 000.00 tot N$4 999) Borg ontvang 2 gratis kaartjies vir eksotiese Safari-ete asook vir Vrydagaand vertoning in die tent mat Adam Tas Gratis Mediadekking Ruimte vir uitstalling
F. Borg van spesifiefke koste (bv musiek, pryse, ens) Waarde bepaal toekenning soos bo uiteengesit BEVESTIG ASB SO GOU MOONTLIK Naam van besigheid: Kontakpersoon:.. Borg: N$... Uitstalruimte benodig: Kragpunt: Ja / Nee Ja/ Nee Wyse van betaling: Kontant.. Tjek Internet. Skryf asb die verwysings nommer op u betalingstrokie. Bankbesonderhede: Grootfontein Kuierfees Nedbank Spaarrekening Rek no:1200 205 8136 Takkode: 461 077 Grootfontein BAIE DANKIE BY VOORBAAT Besoek asb. ons webwerf: www.kuierfees.com