FAKULTEIT EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE DEPARTEMENT EKONOMIE EKONOMIE 310 2 Junie 2008 Totaal: 100 punte Tyd: 120 minute Ekaminatore: Prof. NJ Schoeman Mnr. FJ Scholtz Eksterne eksaminator: Dr. JA Swanepoel BEANTWOORD AL DIE VRAE BY AFDELING 2 MOET ANTWOORDE ONDERSTEUN WORD MET WISKUNDIGE BEWERKINGS EN/OF GRAFIESE VOORSTELLINGS WAAR VAN TOEPASSING AFDELING 1 Vraag 1 Meervoudige keusevrae Skryf die letter van die korrekte keuse langs die nommer van die vraag op u antwoordblad (bv. xx d) i. Die helling van die produksiemoontlikheidskurwe is a. die marginale koers van substitusie b. die kontrakkurwe. c. die aanbodkromme d. die Engel kromme. e. die marginale koers van transformasie. ii. iii. iv. Openbare goedere word gekenmerk deur a. nie-mededinging. b. uitsluitbaarheid. c. die marginale koers van substitusie = marginale koers van transformasie. Beweging van n oneffektiewe allokasie na n effektiewe allokasie in die Edgeworth kasdiagram sal a. die nut van alle individue laat toeneem. b. die nut van ten minste een individu laat toeneem, maar mag die nut van n ander individu laat afneem. c. die nut van ten minste een individu laat toeneem, maar kan nie die nut van n ander individu laat afneem nie. d. die nut van alle individue laat afneem. Die statutêre impak van n belasting het te doen met a. die balans van inkomste na belasting. b. die hoeveelheid belasting wat betaal moet word na inagneming van inflasie. c. die persoon(e) wat regtens aanspreeklik is om die belasting te betaal. d. die hoeveelheid belastinginkomste wat gegenereer is nadat n belasting gehef is. 1
e. nie een van bogenoemde nie. v. Meriete produkte a. word alleen aan diegene voorsien wat hulle belasting betaal. b. moet voorsien word ongeag of daar n vraag is daarna. c. verhoog in koste na gelang van die vraag. d. geen van die bogenoemde. vi. vii. viii. ix. Watter metode kan gebruik word om optimale sosiale voordeel te bereik? a. Pigouviaanse belastings. b. regularisering. c. eiendomsreg en onderhandeling. d. al bogenoemde. Die impak van n welvaartsbelasting word grootliks bepaal deur a. die pryselastisiteit van die vraag na besparings. b. die pryselastisiteit van die aanbod van besparings. c. die pryselastisiteit van beide die vraag na en aanbod van besparings. d. die vermoë om die belasting te betaal. In die inkome-vryetydsbestedings model, veroorsaak belasting a. dat die oormatige belastingdruk afneem. b. die substitusie van arbeid vir meer vryestydsbesteding. c. n toename in nut. Uitsluitings van inkomstebelasting sluit in a. eise vir kinders as afhanklikes. b. rente op huisverbande. c. rente op besparings. d. kapitaalverliese. e. al bogenoemde. x. Belasbare reële opbrengskoerse is a. aangepas vir inflasie. b. nie aangepas vir inflasie nie. c. nie belasbaar nie. d. van toepassing by individuele finansiering en nie op korporatiewe finansiering nie. xi. xii. Die eerste basiese beginsel in die welvaartsekonomie is a. beide produsente en verbruikers is prysnemers. b. dat daar n mark moet wees vir elke kommoditeit. c. dat die ekonomie opereer by n punt op die nutsmoontlikheidskurwe. Markmislukking kom voor waar a. monopoliemagte bestaan. b. markte afwesig is. c. werknemers dominant is in die loonbepalingsproses. 2
xiii. xiv. xv. xvi. xvii. Deur uitsette te verlaag vanaf privaat optimale vlakke na sosiaal optimale vlakke sal a. n verlies veroorsaak aan verbruik. b. marginale skade verminder. c. produksiekoste verminder. d. al bogenoemde veroorsaak. Die Coase teorie is problematies aangesien a. onderhandelingskoste in die algemeen nie nul is nie. b. individue nie geïnteresseerd is in ander nie. c. markte bestaan altyd. d. nie een van bogenoemde nie. n Pigouviaanse belasting korrigeer vir a. markkongestie. b. markverliese. c. oneffektiewe verkope van privaat goedere. d. lae markpryse. Watter metode help met die bereiking van optimale sosiale vlakke van uitset? a. Pigouviaanse belastings. b. regulasie. c. eiendomsbelasting en onderhandeling. d. al bogenoemde. Die inkome effek a. word gemeet aan die verandering van pryse oor tyd. b. is nie moontlik wanneer mense werkloos is. c. vereis dat rentekoerse konstant moet wees. d. is die verandering in die hoeveelheid gevra as gevolg van die feit dat reële inkome verander wanneer pryse verander. e. nie een van bogenoemde nie. xviii. Die belastinggeïndusseerde verskil tussen die prys wat betaal word deur die verbruikers en die prys ontvang deur produsente staan bekend as a. n belastingdifferensiaal. b. n belastingwig. c. die statutêre belastingdruk. d. die aanbod effek. e. die substitusie effek. 3
xix. xx. Onregmatige voordeelsoeke ( rent seeking ) behels a. die soeke na redelike opbrengskoerse. b. die vasstelling van n minimum prys. c. prysvasstelling deur vendusie. d. belangegroepe wat verkose amptenare beïnvloed ten einde owerheidsbeleid ten gunste van hulself te swaai. e. nie een van bogenoemde nie. Wanneer elke individu konstante voorkeure het maar nie die gemeenskap nie staan dit bekend as a. agenda manipulasie. b. meerderheidsreël. c. stem paradoks. d. samespanning ( logrolling ). e. inverse korrelasie. (20) AFDELING 2 Vraag 2 (a) (b) Winsmaksimerende privaat monopolieë mag groter insentiewe hê om koste besparende innovasies te implementeer as gesubsidieërde openbare ondernemings. Dus, om te privatiseer of nie word grootliks beïnvloed deur die afweging tussen x-effektiwiteits wins en allokasie effektiwiteit wat privatisering mag vergesel. Bespreek. (5) Beskou die volgende scenario: Px/Py pc > Px/Py ic > Px/Py m waar pc = volmaakte mededinginging; ic = onvolmaakte mededinging en m = monopolie met produk X wat volmaak mededingend is en Y wat variëer tussen die uiterstes soos aangedui. Vanuit n Pareto perspektief, verduidelik waarom owerheidsinmenging noodsaaklik mag wees om meer mededinging te verseker wat betref produk Y. (5)[10] Vraag 3 Owerheidsmislukking het drie belangrike oorsake naamlik rasionele gedrag deur politici, burokrate asook die burgers van die land. Bespreek die teoretiese verklaring vir hierdie drie oorsake en gebruik voorbeelde om die relevansie daarvan vir die ekonomie te illustreer. (15) Vraag 4 (a) Verduidelik die effek van n verandering in die belastingkoers op oormatige belastingdruk. Dui ook aan die effek wat n halvering van n bepaalde belastingkoers sal hê op oormatige belastingdruk sowel as op die verwagte inkome. (10) (b) Verduidelik kortliks die begrip fiskale sloering (5)[15] 4
Vraag 5 (a) Onderskei tussen selektiewe belasting en algemene belasting wat betref die effek daarvan op ekonomiese effektiwiteit deur gebruik te maak van n onverskilligheidsbenadering. Watter een van die twee is die mees aanvaarbare gesien vanuit die oogpunt van belastingneutraliteit. (10) (b) Verduidelik kortliks n aantal van die mees prominente tendense by ontwikkelende lande wat betref die samestelling van verskillende belastings. (10)[20] Vraag 6 (a) Verduidelik kortliks waarom n verbruiksbelasting voordelig sou kon wees vir ontwikkelende lande. (10) (b) Gebruik n parsiële ewewigsanalise om die ekonomiese impak van n ad valorem belasting op eiendom en n soortgelyke belasting op verbeterings op die eiendom te illustreer. (10)[20] 5