n Beter lewe vir Mams Zulfah Otto-Sallies

Vergelijkbare documenten
Die môre vroeg staan Solly op. Sy hart voel swaar, hy s siek van. bekommernis. Hy kyk op die horlosie en besef dat dit alreeds

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

n Beter lewe vir Mams Zulfah Otto-Sallies MEMO

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Welkom by Die Storie God se storie

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Jakkals lê eendag heerlik en

n Tempel Leier besoek Jesus

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

God eer Josef die slaaf

Woordlys. ou vrou bouvallig hout kou blou woud goue goud Louwrens Douw tou gou-gou hou jou gou flou boud. Die ou vrou en die voël wat kon praat.

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Pragtige Koningin Ester

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

1. Watter prentjie is n goeie voorstelling van die huis waarin die familie bly? (1)

Jesaja sien die Toekoms

Ek is jammer. E.K.M. Dido. LETTERLIKE VRAE

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

VRUGTE VAN DIE GEES VRAE:

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

Bybel vir Kinders. bied aan. Joshua neem Beheer

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Van Vervolger tot Prediker

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

'n Man gestuur deur God

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Goeie Konings, Slegte Konings

Jona en die Groot Vis

BARRETT SE TAKSONOMIE

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

Antonieme en sinonieme

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

12. God se Advokaat by my Johannes 14:15-26

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM

Toe God alles gemaak het

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Van Vervolger tot Prediker

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

26. Ek kies om die Here te dien Daniël 6

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

BY EMILY SE HUIS. Emily, ek het jou gesê om vir my bier en sigarette te gaan koop.

KINDERKERK LES: Vrugte van die Gees Gebedsaand

Toe God alles gemaak het

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

Jesus lewe! Kruisiging en opstanding. Teks: Mat 21:1-11 en Joh 3:16

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2014

Jona en die Groot Vis

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

10. In Tomas se skoene Johannes 20:19-31

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

1.10. Slegs EEN van die volgende antwoorde is korrek. Kies die korrekte. antwoord en skryf net die nommer en die letter neer.

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

Petrus en die Krag van Gebed

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Direkte en indirekte rede. Naam:

Die brief aan die Filippense

3. Jesus oorwin versoekings Matteus 4:1-11

Simson, God se sterk Man

gelees. In hierdie roman word die aangrypende verhaal van 'n Franse

n Kind, Jesus, word gebore en word groot (2)

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Abu Ali tel sy donkies

Debora. Wyding Sing die Temalied en doen die Stilword-ritueel soos by ontmoeting 1.

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Paulus kritiseer sy tyd se manier

BYLAE 6.5 ATIWITEITSVORM: SESSIE 5

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Transcriptie:

n Beter lewe vir Mams Zulfah Otto-Sallies VRAE LETTERLIK VRAAG 1 1.1. Wat is die hoofkarakter se naam? 1.2. Hoe voel hy die oggend toe hy opstaan? Gee TWEE feite. (2) 1.3. Hoe laat het Solly opgestaan? (1) 1.4. Hoekom, dink hy, moet hy gou maak? (1) 1.5. Waar is Manenberg? (1) 1.6. Wie lê opgekrul teen sy ma? Gee n volledige antwoord. (3) 1.7. Wat se retoriese vraag vra Solly vir sy ma? Haal sy DRIEKTE vraag aan. (1) 1.8. Hoe lank soek Solly al n ordentelike werk? (1) 1.9. Hoe het hy sy matriek geslaag? 1.10. Wat se werk doen Solly? (1) 1.11. Wat noem hulle Solly? (1) 1.12. As wat se tipe werker word Solly geklasifiseer? (1) 1.13. Wat doen Solly om te wys hy gee om vir sy ma en boetie? Gee TWEE feite. (2) 1.14. Wat is die TWEE dinge waarvan Solly genoeg gehad het? (2) 1.15. Wat se slegte nuus het sy ma die vorige aand gehad? (1) 1.16. Wat het Solly later daardie aand gehoor? (1) 1.17. Hoe oud was Solly toe hy sy pa laas gesien het? (1) 1.18. Hoeveel geld verdien Solly n maand? (1) 1.19. Waaroor praat die mans op die trein? Gee DRIE feite. (3) 1.20. Wat, sê die mans sal hulle doen as iemand anders in hulle plekke by die bakery gaan werk? (1). 1.21. Wat dink Solly is die verskil tussen hom en die mans? (2) 1.22. Pas Kolom A by Kolom B m.b.t. Solly toe hy op skool was. (5) Kolom A Kolom B 1.22.1 Hy was die leier A het almal swaargekry. 1.22.2. Solly het geskree B sodat almal gelyke regte het. 1.22.3. Hy was toegesluit C met politieke optogte. 1.22.4. Met die noodtoestand D vir onwettige vergaderings. 1.22.5. Almal het swaargekry E vir reg en geregtigheid. 1.23. Hoekom het Solly se ma haar doodgewerk? (1) 1.24. Waarvan het Solly op skool gedroom? Noem DRIE dinge. (3) 1.25. Waar klim Solly van die trein af? (1) 1.26. Wat skree die voorman vir solly wat hy vernederend vind? Haal sy direkte woorde aan. (1) 1.27. Wat mompel Solly teenoor homself in respons hierop. Haal sy direkte woorde aan. (1)

1.28. Watter etniese groep is die man wat langs hom werk? (1) 1.29. Haal EEN woord uit die volgende aanhaling uit die storie wat sê dat a. hulle n breek kry. b. Solly nie meng met die ander werkers gedurende etenstyd nie. c. hy die kos wat die vorige aand oor was op sy toebroodjie gesit het. d. daar nie veel vulsel op sy toebroodjie is nie. Teetyd sit Solly eenkant en eet lusteloos aan sy toebroodjie met die dun lagie oorskietbobotie van gisteraand. 1.30. Wat is die Xhosa se naam? (1) 1.31. Wat gee hy vir Solly? (1) 1.32. Met wie praat Sabu toe hy en Solly na werk by die stasie opdaag? (1) 1.33. Hoekom kan Solly nie deel van hulle gesprek wees nie. (1) 1.34. Wat het Sabu se vriend vir Solly? (1) 1.35. Hoekom voel Solly kan hy nie die aanbod van die hand wys nie? (1) 1.36. Wat is die werk wat hy moer doen? Gee TWEE feite. (2) 1.37. Wat is Solly se eerste instink oor die aanbod. Haal direk uit die storie aan. (1). 1.38. Wat sal Solly se ma aan hom doen as sy moet weet hy verkoop pille. (1) 1.39. Wat gee die man in die taxi vir Solly? (1) 1.40. Wat verduidelik Sabu toe hy sien dat Solly verward is? Gee TWEE feite. (2) 1.41. Hoekom is Solly daardie stil by die tafel? (1) 1.42. Wie, dink Solly, sal hom help om die dwelms te verkoop? (1) 1.43. Waarom China die aangewese persoon om te vra? (1) 1.44. Hoe lank vat die Solly en China om die dwelms veroop te kry? (1) 1.45. Hoeveel geld gee Solly vir die taxi-eienaar? (1) 1.46. Hoeveel geld kry Solly by die taxi-eienaar omdat hy die dwlems verkoop het? (1) 1.47. Hoeveel van die geld gee Solly vir China? 1.48. Hoeveel van die geld hou Solly vir homself? (1) 1.49. Werk die volgende persentasies uit; a. Die persentasie, van die totaal wat hulle vir die taxi-eienaar gegee het, wat Solly gekry het. (1) b. Die persentasie van die totaal wat hulle vir die taxi-eienaar gegee het, wat China gekry het. (1) c. Die persentasie van die geld wat Solly gekry het wat hy vir homself gehou het. (1) d. Die persentasie van die geld wat Solly gekry het wat hy vir China gegee het. (1) 1.50. Wat is die een ding wat Solly pla? (1) 1.51. Wat se plan maak hy hieroor? Gee twee feite. (2) 1.52. Wat vat Solly daardie aand huistoe wat hy gekoop het? (1) 1.53. Wat se dis kan sy ma nou weer voorberei? (1) 1.54. Wat se spesery het hy ook gekoop? (1) 1.55. Wat is sy ma se reaksie toe hy al die goed huistoe bring? Gee TWEE feite. (2) 1.56. Wat noem sy ma hom. (1) 1.57. Hoekom sal Solly se ma nie van kom kan verwag om die beursie aan die vorige eienaar terug te gee nie? (1)

1.58. Solly se lewe verander maar hy maak seker dat dit buitentoe nog dieselfde lyk. Wat doen hy nog steeds om weg te steek wat hy nou doen? (1) 1.59. Wat doen hy nou gedurende die dag? (1) 1.60. Wat noem Chins en sy maats Solly? (1) 1.61. Wat is Solly se twee broers se name? (2) 1.62. Wat koop hy vir hulle? (1) 1.63. Wat doen Solly nou meer. (1) 1.64. Hoe laat kom hy dan terug? (1) 1.65. Wat het Solly alreeds toe sy ma besef daar is iets verkeerd? (1) 1.66. Wat was Solly se ma se reaksie toe hy uiteindelik vir haar vertel het waar die geld vandaan kom? Gee TWEE feite. (2) 1.67. Wat doen Solly vir die eerste keer daardie dag? (1) 1.68. Pas Kolom A by KOLOM B oor dit wat Solly vir sy ma sê toe hy haar vertel dat hy met dwelms smokkel. (7) Kolom A Kolom B 1.68.1. Die feit dat hy matriek het A...dus is daar nie werk nie. 1. 68.2. Sy ma werk vir jare by n B as om te sien dat sy ma swaar fabriek kry. 1. 68.3. Hy gaan eerder tronk toe C beteken nie hulle gaan kos hê nie. 1. 68.4. Die land is in n gemors D net om deur n nota in kennis gestel word dat die febriek toegemaak het. 1. 68.5. Hy smokkel E omdat daar nie brood in die huis is nie. 1. 68.6. Solly wil nooit weer sy ma hoor huis F sodat daar kos in die huis moet wees. 1. 68.7. Al land hy in die tronk sal hy weet G sy ma het genoeg geld in die huis om vir lank kos te koop. 1.69. Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is n.a.v. sy ma se antwoord op sy argument oor hoekom hy dwelms verkoop. Sê ook hoekom jy so sê deur direk uit die storie aan te haal. 1.69.1. Sy ma sê sy het hom so grootgemaak. 1.69.2. Al het hulle nie veel gehad om te eet nie, was sy dankbaar. (1) 1.69.3. Al die nuwe goed in die huis is nodig. 1.69.4. Solly is sy ma se eerste kind. 1.69.5. Dis onnodig om tronk toe te gaan vir so iets onsinnigs soos dwelms verkoop. 1.70. Waar kan ons aflei was Solly se pa n.a.v. wat sy ma sê. (1) 1.71. Waarvoor is Solly siek en sat? (1) 1.72. Wat beteken die woord kanalla? (1) 1.73. Wat vra Solly vir sy ma? (1) 1.74. Wat is Solly se ma se grootste vrees? (1) 1.75. Wat se ultimatum stel Solly se ma aan hom? Gee TWEE feite. (2) 1.76. Wat weet Solly as hy by die huis uitstorm? Gee TWEE feite. (2)

1.77. Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Gee n rede vir jou antwoord uit die storie. a. Solly en sy ma ontwyk mekaar die volgende oggend. (2) b. Solly weet sy ma wil glad nie met hom praat nie. (2) 1.78. Wat is die enigetse ding wat sy ma vir hom sê. Haal haar direkte woorde aan. (1) 1.79. Wat beteken Tramma kassie? (1) 1.80. Noem VIER dinge wat gekoop word met die geld wat Solly kry vir die dwelms wat hy verkoop. (4) 1.81. Wat is Laberang. (1) 1.82. Wat sê Solly se ma as die bure vra oor al die nuwe goed wat sy het? (1) 1.83. Wat hoor Solly sy ma een aand vir Yussuf sê? Haal haar direkte woorde aan uit die storie. (3) 1.84. Waarmee daag Solly en China eendag by die huis op? (1) 1.85. Wat is Solly se ma se reaksie hierop? (1) 1.86. Wat noem Solly China omdat hy hom elke dag kom oplaai? Haal sy direkte woorde aan. (1) 1.87. Wat se voorstel maak Solly een aand aan sy ma? (1) 1.88. Hoe reageer sy ma op die voorstel. Gee TWEE feite. (2) 1.89. Wat se teken gee China as hy by Solly se huis opdaag om hom op te tel? (1) 1.90. Wat is Solly se ma se reaksie toe daar daardie nag n harde klop aan die deur is? Gee TWEE feite. (2) 1.91. Wie is by Solly? (1) 1.92. Haal bewyse uit die storie wat sê dat hulle hardhandig is? Gee TWEE feite. (2) 1.93. Waarmee is Solly betrap? (1) 1.94. Wat is Solly se reaksie oor die hele situasie? (2) 1.95. Wat besef Solly se ma? (1) 1.96. Hoe reageer sy hieroor? (1) 1.97. Wat kry die polisie toe hulle haar huis deursoek? (1) 1.98. Wat doen Solly se ma vir die eerste keer toe sy hom by die polisiestasie gaan sien? (1) 1.99. Hoe lank daarna ontvang sy n brief van Solly? (1) 1.100. Wat sê Solly sal nie eerlik wees nie? (1) 1.101. Waarvoor maak hy nie verskonings nie? (1) 1.102. Waarna sê hy het hy hard gesoek? (1) 1.103. Waarvoor was R150-00 net genoeg? Noem DRIE dinge. (3) 1.104. Waarvoor was net R150-00 nie genoeg nie? (1) 1.105. Hoe het Solly aan die begin oor die besigheid gevoel? (1) 1.106. Hoekom het Solly nie opgehou om dwelms te verkoop nie? Gee TWEE feite. (1) 1.107. Wat het Solly baiemaal seergemaak oor sy ma en die nuwe goed wat hy gekoop het? (1) 1.108. Noem van die goed wat sy ma nie van hom wou hê nie. (2) 1.109. Wat was sy ma nog altyd vir Solly gewees? Noem DRIE feite. (3) 1.110. Wat kon Solly nooit doen nie, ten spyte van baie probeerslae? (1) 1.111. Wat vra Solly sy ma om te doen? (1) 1.112. Hoekom sê Solly het hy die maklike uitweg gekies? (1) 1.113. Hoe is dit in die trunk, volgens Solly? Gee EEN word. (1) 1.114. Waaroor is hy hartseer? (1) 1.115. Skryf die gebed wat sy ma gesê het in jou eie woorde. (5)

1.116. Wat het Solly nog steeds vir sy ma? Noem TWEE feite. (2) 1.117. Watter een ding is Solly baie seker van? (1) 1.118. Hoe moet Solly se ma seker maak hiervan? (1) 1.119. Wat beteken kanalla? (1) 1.120. Hoekom sê hy moet sy ma hom nie besoek nie? (1) 1.121. Wat sal hom gelukkig maak? (1) 1.122. Wat beteken tamaaf? (1) 1.123. Wat bring Solly se ma tot haar sinne terwyl sy die brief oor en oor lees? (1) 1.124. Wat se slegter nuus kry sy? (1) 1.125. Hoe is hy dood? (1) 1.126. Wat het versoorsaak dat Solly gesteek is? (1) NIE-LETTERLIK Vraag 2. 2.1. Hoekom moet Solly vroeg in die oggend opstaan? (1) 2.2. Watter emosies ervaar mens as jou hart swaar is? (1) 2.3. As jy die storie verder lees verstaan jy hoekom Solly siek van bekommernis is. Gee die redes hoekom hy bekommerd is. (3) 2.4. Hoekom dink pla dit Solly dat dit alreeds sesuur is? (2) 2.5. Wat sê dit vir ons van die omstandighede Waarin Solly en sy gesin bly as hy sy jongste broertjie opgekrul teen sy ma in die bed sien lê? Bespreek breedvoerig. (4) 2.6. Hoekom is Solly bitter? (4) 2.7. Hoekom dink jy is Solly nie tevrede daarmee om net n gewone werker te wees nie? (4) 2.8. Solly sê: Daa issie mee 'n ramp wat o s nog kan treffie... Wat se rampe lei ons af in die storie het hulle tot op datum getref. (3) 2.9. Verduidelik: In die nag het Solly haar hoor snik. (2) 2.10. Hoekom sê Solly is sy pa oek soe 'n waste of time (2) 2.11. Hoekom kan Solly en sy familie nie lewe van 'n R150 n week nie. (1) 2.12. Verduidelik wat n staking is. (3) 2.13. Hoekom sal die mans op die trein geweld gebruik as iemand in hulle plekke gaan werk? (5) 2.14. Hoe verskil Solly se lewe nou van toe hy op skool was? (3) 2.15. Wat vind Solly ironies oor die mans op die trein wat wil staak? (2) 2.16. Hoekom kan ons sê Solly het empatie met die mans wat wil staak? (4) 2.17. Gee EEN woord vir: voor gehardloop (1) 2.18. Hoekom dink jy sou kinders politieke optogte op skool gehad het en hoekom sou hulle gelyke regte wou gehad het? (3) 2.19. Gee EEN WOORD vir jonk en oud (1) 2.20. Wat was die state of emergency wat in SA geheers het tydens die apartheidsjare? (2) 2.21. By Solly se werk skree die voorman vir hom: Boy, hier s te min sement hier bo. Hoekom vind Solly dit so vernederend om so genoem te word? (1) 2.22. Hoekom dink jy doen hy nie iets daaromtrent nie behalwe om iets terug te mompel? 2.23. Sabu, die Xhosa-man wat Solly bevriend het, het duidelik van die begin af alternatiewe planne gehad. Hoe maak hy seker dat hy Solle se guns wen? (4)

2.24. Hoekom was dit baie maklik vir Sabu en sy vriend om Solly te oortuig om dwelms te verkoop. (2) 2.25. Solly sê alreeds hier vir homself hy moet wegkom want hy weet wat dit beteken om dwelms te verkoop. Hoe het sy voorspelling waar geword? (3) 2.26. Wat se innerlike konflik ervaar Solly op die stadium. (3) 2.27. Hoekom dink jy verpak hulle die pille in n karton sigarette met die pille in die onderste pakkies. (2) 2.28. Hoekom dink jy bewe Solly se hande toe hy die pakkies in sy werksak gooi. (2) 2.29. Gee n paar karaktereienskappe van China wat hom alreeds uit graad 9 uit die skool laat gaan het en die feit dat hy n bendeleier is wat hom perfek sal maak om Solly te help om die dwelms te verkoop? (5) 2.30. Verduidelik die teenstrydighede wat Solly teen die einde van die week waarin hy die dwelms verkoop ervaar in dat sy senuwees rou is maar sy kop sweef van opgewondenheid. (4) 2.31. Wat se karaktereienskappe van Solly kom na vore met die plan wat hy maak om vir sy ma te verduidelik waar die geld vandaan kom? (3) 2.32. Wat se karaktereienskappe van Solly se ma, mevrou Abrahams, kom na vore met die storie wat hy haar oor die beursie vertel? (2) 2.33. Verduidelik: is sy skouers byna af van al die kruideniersware wat hy moes dra. (1) 2.34. Verduidelik die ironie in dat Solly se ma, mevrou Abrahams, haar hande in die lug steek vir die genadigheid. (1) 2.35. Wat se sedelessie kan ons aflei het Solly se ma, mevrou Abrahams, haar kinders geleer het as hy moet verduidelik dat daar nie n naam of niks in die beursie met al die geld was nie. (3) 2.36. Verduidelik: Solly se lewe verander soos handomkeer (1) 2.37. Verduidelik wat n Don is en hoekom China en sy vriende Solly nou Die Don noem? (4) 2.38. Wat sê dit vir ons van die buurt Waarin Solly-hulle bly as die buurkinders baklei vir n beurt om op die fietse te ry. (2) 2.39. Hoekom dink jy gaan Solly al meer saans uit? (2) 2.40. Wanneer dink jy het Solly se ma, mevrou Abrahams, besef iets is verkeerd? (3) 2.41. Hoekom dink jy is dit snaaks dat Solly nie vir sy ma, mevrou Abrahams, kon lieg nie. (2) 2.42. Hoekom dink jy was sy ma histeries toe hy haar die waarheid vertel het? (3) 2.43. Hoekom dink jy skree Solly toe, vir die eerste keer in sy lewe, op sy ma? (1) 2.44. Verduidelik hoekom Solly se argument oor hoekom hy dwelms verkoop ironies is. (2) 2.45. Noem n paar dinge waaroor jy dink mevrou Abrahams dankaar kon gewees het, al het hulle net brood in die huis gehad? (5) 2.46. Hoekom het mevrou Abrahams nooit in haar wildste drome kon dink haar seun sou n krimineel, n dwelmsmous wees nie. (2) 2.47. Hoekom dink jy sê mevrou Abrahams dat al die nuwe goed in die huis nie nodig is nie? (3) 2.48. Hoekom is dit stupid om vir so iets stupids soos om dwelms te verkoop tronk toe te gaan? (5) 2.49. Wat vind ons uit van haar uitlating oor Solly se pa? (1) 2.50. Watter emosies en gevoelens openbaar mevrou Abrahams as sy in die stoel neersak en haar gesig in haar handedruk? (5)

2.51. Toe Solly voor sy ma, mevrou Abrahams, gaan sit en vir haar sê hy is siek en sat om arm te wees en dat om dwelms te verkoop n manier is om gou ryk te word en dat sy alles kan koop wat sy wil hê, stoot sy hom weg. Hoekom dink jy doen sy dit. (2) 2.52. Wat sê Solly se ma eintlik as sy sê sy wil hom nie by n lykshuis gaan uitken nie? (2) 2.53. Wat bedoel Solly se ma, mevrou Abrahams as sy sê: Of djy hou op met die dinge of djy is uit my hys. (2) 2.54. Wat beteken maak nie n oog toe nie? (1) 2.55. Hoekom dink jy sal Solly se ma, mevrou Abrahams, nie kan slaap tot haar seun by die huis is nie. (2) 2.56. Wat sê dit vir ons van Solly as hy in respons op sy ma wat nie sal kan slaap nie dink: Maar hy is nou eenmaal op die pad... (2) 2.57. Gee n verduideliking van praat nie 'n woord met mekaar nie. (1) 2.58. Wat beteken: Solly weet goed sy brand om met hom te praat (1) 2.59. Hoe word tekens van Solly se smokkelary orals in die huis sigbaar? (1) 2.60. Verduidelik: Solly se ma kyk alles met dowwe oë aan. (3) 2.61. Hoekom dink jy bly mevrou Abrahams stil as die die bure probeer uitvis? (2) 2.62. Wat probeer Solly se ma, mevrou Abrahams, eintlik sê as sy sê sy wens die winter hou winter hou heeljaar aan, dan kan Solly tog nie snags so laat uitbly as dit so reën nie? (2) 2.63. Verduidelik wat dit beteken as daar gesê word Solly en China kom op n dag daar aangery met n wit Mercedes. Wat nie nuut is nie, maar blink genoeg. (2) 2.64. Hoekom dink jy gooi China n es voor die huis met die kar? (1) 2.65. Verduidelik wat Solly sê as hy na China as sy sjouffer verwys. (1) 2.66. Verduidelik die paradoks as Solly sê dat hy miskien een van die dae kan ophou dwelms verkoop sodra hy genoeg geld het? (3) 2.67. Hoekom is Solly se ma, mevrou Abrahams, verward en angsbevange toe daar dieselfde nag n skielike harde klop aan voordeur is? (2) 2.68. Hoekom slinger die polisiemanne Solly by die huis in en slaan die deur toe? (2) 2.69. Hoekom is dit so erg, soveel so dat die een polisieman dit pertinent noem, dat Solly met twee miljoen rand se dwelms betrap is. (4) 2.70. Hoekom dink jy sê Solly geen enkele woord nie en kyk net op die vloer voor hom. (2) 2.71. Verduidelik: Om haar (mevrou Abrahams) het alles in duie gestort. (4) 2.72. Hoekom dink jy deursoek die polisie haar huis. (3) 2.73. Hoekom dink jy kry hulle niks dwelms in die huis nie? (2) 2.74. Wat beteken dit as dit sê Solly se ma, mevrou Abrahams, het hom net in haar hart vergewe? (2) 2.75. Hoekom dink jy sê Solly dat om jammer te sê nie eerlik sal wees nie. (3) 2.76. Verduidelik wat Solly bedoel as hy sê dat dit hom baiemaal diep geraak het as sy ma, mevrou Abrahams, nie die goed wat hy gekoop wou gebruik het nie. (2) 2.77. Hoekom sal dit Solly hartseer maak omdat hy nie meer sy ma, mevrou Abrahams, Mams se geskellery kan hoor nie? (4) 2.78. Bespreek die toepaslikheid van die gebed wat Solly se ma, mevrou Abrahams, gesê het toe hy matriek geslaag het? (4) 2.79. Hoekom sal Solly daarop aandring dat Yusuf en Yakoob beslis nie die pad moet loop nie. (3) 2.80. Solly sê vir sy ma, mevrou Abrahams, sy is te ordentelik vir die tronk en hy vra

haar hom nie in die tronk te besoek nie. Hoekom dink jy wil hy nie hê sy moet hom daar besoek nie? (2) 2.81. Hoekom lees Solly se ma, mevrou Abrahams, die brief oor en oor. (4) 2.82. Verduidelik: Die stem is vreemd vir haar. Dis asof sy ook nie mooi kan hoor nie. Die woorde bly iewers in die lug hang. (2) 2.83. Hoekom dink jy was Solly doodgesteek? (2) 2.84. Wat is die verskil tussen die TWEE kere wat Solly in die tronk was; op skool en later in sy lewe. (4) VORMASPEKTE 3.1. Wat se tipe verteller is aan die woord in die storie? (1) 3.2. Wat is die tema van die verhaal? (2) 3.3. Wat is die stemming in die verhaal? (1) 3.4. In die verhaal is daar pertinent bewyse van OORSAAK en GEVOLG. Bespreek dit aan die hand van voorbeelde uit die teks. (10)