Luister en praat Naam: Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? 3. Waaraan, dink jy, dink die kat? 4. Hoekom dink jy is daar ʼn slot aan die hek?
5. Waar dink jy is die kat? 6. Wat doen die seun daar? 7. Waaroor dink jy handel die volgende storie?
Lees en kyk Lees die storie op jou eie en vertel dan die storie in drie tot vyf kort sinne. Strepies, die straatkat Strepies is ʼn straatkat. Hy het nie ʼn huis nie. Snags slaap hy onder bosse en soms onder ʼn afdak by ʼn huis. In die dag loop hy rond en soek kos. Kos is maar skaars. Strepies se maag is dun van die min kos. Almal jaag hom weg. Soms gooi stout seuns hom met klippe. Strepies is baie ongelukkig. Hy wil so graag sy eie huis hê en kinders wat met hom speel. Op ʼn dag gooi ʼn seun hom met ʼn klip raak. Sy been is baie seer. Hy kan nie loop nie. Dis baie seer! Miaau! Miaau! huil Strepies hartseer. Eina! My poot! Strepies gaan lê net daar onder ʼn boom. ʼn Meisie, Susan, wat op pad huis toe is ná skool, hoor sy sagte kermgeluidjies. Sy sien vir Strepies onder die boom lê. Siestog, jou arme ding! sê sy. Sy tel Strepies versigtig op en neem hom saam met haar huis toe. Susan se mamma, mev. Verwey, neem Strepies dadelik veearts toe. Die veearts moet Strepies se been spalk, want sy been is gebreek. Die volgende dag vra Susan orals by die skool of iemand se kat nie dalk weg is nie. Haar mamma plaas ook ʼn advertensie in die koerant. Die dae word weke en Susan word baie lief vir Strepies. Sy is so bang dat iemand gaan opdaag om Strepies weg te neem, maar dit gebeur nie. Mamma, kan ons hom maar hou? vra Susan. Ja, wat, sê haar ma. Dit lyk my hy het nie ʼn huis nie. Jippie! skree Susan. Nou het ek ook ʼn kat. Strepies is nou nie meer ʼn straatkat nie. Hy is nou ʼn huiskat. Hy is ook nou blink en vet. Strepies slaap nou snags in ʼn mandjie langs Susan se bed.
Taak 1: Praat oor ʼn teks wat onafhanklik gelees is. 0-29% 30-39% 40-49% 50-59% 60-69% 70-79% 80-100% 0-2 3 4 5 6 7 8-10 Leerder kan nie teks onafhanklik lees en terugvertel nie Leerder probeer teks onafhanklik lees, maar sukkel nog baie. Vertel net begin van storie of einde terug. Leerder kan die grootste deel van die teks onafhanklik lees, maar sukkel nog met die terugvertel (probeer bv. woord vir woord terugvertel) Leerder lees die teks onafhanklik. Vertel die storie terug, maar nie in volgorde van gebeure nie. Raak nog deurmekaar. Leerder lees die teks gemaklik en vertel die storie terug. Maak nog nalatige foute. Leerder lees die teks sonder moeite en vertel die storie gemaklik terug. Min foute. Leerder lees die teks met selfvertroue en vertel die volgorde van die storie terug sonder foute
Taalstrukture en -konvensies - Ontkennend Kyk mooi na die vet gedrukte sinne in die storie, byvoorbeeld: Hy kan nie loop nie. In Afrikaans gebruik ons die dubbele ontkenning om die negatief uit te druk. Soms het ons nie die dubbele ontkenning nodig nie, soos wanneer ons die volgende woorde in ʼn sin gebruik: Nêrens, moenie, niemand Die woorde maak die sin reeds ontkennend. Bv. Niemand het hulle oor Strepies ontferm nie. Nêrens was daar ʼn plekkie om te rus nie. Moenie eet nie. ʼn Enkelvoudige sin met een werkwoord kry nie ʼn dubbele ontkenning nie. Bv. Sy sing. Sy sing nie. Beantwoord die volgende vrae en gebruik die ontkennende vorm om die vrae te beantwoord. Begin jou sin met Nee. 1. Was Strepies ʼn huiskat? 2. Was Strepies gelukkig? 3. Was kos volop terwyl Strepies op straat gebly het? 4. Was daar iemand wat hulle oor Strepies, die straatkat, ontferm het?
5. Het Susan vir Strepies onder die boom gelos? 6. Het mev. Verwey self vir Strepies gedokter? Skryf die volgende sinne in die ontkennende vorm 1. Ek sal weet wat om te doen. 2. 2) Ons speel. 3. 3) Slaan die bal. 4. 4) Hulle gaan êrens heen. 5. 5) Het jy die nuwe motor gesien? 6. 6) Het jy jou huiswerk gedoen? 7. 7) Hy het iemand buite sien loop. 8. 8) Iemand doen die werk. 9. 9) Doen jou werk! 10. 10) Die tydskrif verskyn elke dag.
Antwoorde Luister en praat Beskryf wat jy in die prent sien. ʼn Seun wat na die kat kyk wat in ʼn hok is. 11. Waaraan, dink jy, dink die seun? Antwoorde sal verskil. Moontlike antwoorde: Hy dink hy sal graag ʼn kat wil hê. Hy wonder hoe die kat daar gekom het. 12. Waaraan, dink jy, dink die kat? Antwoorde sal verskil. Moontlike antwoord: Die kat hoop dat die seun hom uit die hok gaan haal. 13. Hoekom dink jy is daar ʼn slot aan die hek? Antwoorde sal verskil. Moontlike antwoorde: Sodat niemand die hok sommer kan oopmaak nie. Sodat die kat in die hok kan bly. 14. Waar dink jy is die kat? Die kat is by die dierebeskermingsvereniging (DBV). 15. Wat doen die seun daar? Hy wil graag ʼn kat aanneem. 16. Waaroor dink jy handel die volgende storie? Moontlike antwoord: Dit gaan oor ʼn kat wat nie ʼn huis het nie. Lees en kyk Opsomming van die storie: (Moontlike opsomming van die storie) Strepies het nie ʼn huis nie. Die seun het hom met ʼn klip gegooi. Susan het Strepies huis toe geneem. Strepies se been was gebreek en die veearts het sy been gespalk. Strepies is nie meer ʼn straatkat nie. Hy is nou ʼn huiskat. Strepies het ʼn huis gekry.
Taalstrukture en -konvensies - Ontkennend Beantwoord die volgende vrae en gebruik die ontkennende vorm om die vrae te beantwoord. Begin jou sin met Nee. 1. Nee, Strepies is nie ʼn huiskat nie. (Hy is ʼn straatkat.) 2. Nee, Strepies was nie gelukkig nie. (Hy was ongelukkig.) 3. Nee, kos was nie volop nie. (Dit was skaars.) 4. Nee, niemand het hulle oor Strepies ontferm nie. 5. Nee, Susan het nie vir Strepies onder die boom gelos nie. (Sy het hom huis toe geneem.) 6. Nee, mev. Verwey het nie self vir Strepies gedokter nie. (Sy het hom veearts toe geneem.) Skryf die volgende sinne in die ontkennende vorm 1. Ek sal nie weet wat om te doen nie. 2. Ons speel nie. 3. Moenie die bal slaan nie. 4. Hulle gaan nêrens heen nie. 5. Het jy nie die nuwe motor gesien nie? 6. Het jy nie jou huiswerk gedoen nie? 7. Hy het niemand buite sien loop nie. 8. Niemand doen die werk nie. 9. Moenie jou werk doen nie. 10. Die tydskrif verskyn nie elke dag nie.