FAKTORE EN VEELVOUDE

Vergelijkbare documenten
Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

6 tellers en noemers bymekaarbring en van mekaar skei.

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Breedte. Oppervlak = Lengte X Breedte. Ons kan nou enige reghoek se oppervlak bereken met hierdie formule, nie waar nie?

Omgekeerde bewerkings Getalsinne

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS

Om getalle voor te stel, te herken en te vergelyk *

Die Verskil van Vierkante

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

Maak dit n kwadratiese vergelyking deur =0 aan die regterkant by te sit: 2x

1 Waar ek vandaan kom

Gr 9 Wiskunde: Inhoudsarea 2 Patrone, Algebra & Grafieke

Credo Musiekteorie-opleidingsprogram GRAAD 1 Deur S. J. Cloete

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

6 Strukture. Vrae. 1. Noem drie belangrike dinge wat strukture vir ons kan doen. 2. Watter twee soorte strukture kry ons?

Probleemoplossing Skryf van Getallesinne:

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

My Getallelynboek (4) Naam: Jaar: Skool:

SENIOR FASE GRAAD 7 NOVEMBER 2017 WISKUNDE

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:

ALGEMENE ONDERWYS EN OPLEIDING WISKUNDE JUNIE EKSAMEN 2015 GRAAD 8

Credo Musiekteorie-opleidingsprogram VOORGRAAD 1 Deur S. J. Cloete INHOUDSOPGAWE

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

EKSAMENAFBAKENING WISK. Kwartaal 4 Gr 4 EKSAMEN DATUM: DATUM UITGEHANDIG: 22 Nov Okt (Bestaan uit 9 bladsye)

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

10 Die bou van n plant

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

GRAAD 6 NOVEMBER 2015

Jakkals lê eendag heerlik en

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

Skoolgereed in 10 weke: Week 1

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Debora. Wyding Sing die Temalied en doen die Stilword-ritueel soos by ontmoeting 1.

Algemene Grootboek. DIT IS BAIE BELANGRIK NOU OM TE WEET WATTER REKENINGE IS BATES, EIENAARSBELANG en LASTE.

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

FORMELE DEFINISIE van n PRISMA

GRAAD: 4 VAK: LEWENSVAARDIGHEDE SKEPPENDE KUNSTE KWARTAAL VIER FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 4

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Pragtige Koningin Ester

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

STASIE 1: Hoe vinnig klop JOU hart?

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Plantstruktuur en Plant Voedsel

WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING?

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012

Hierdie vraestel is deel van InternetLearning se ExamKit pakket.

Jesaja sien die Toekoms

Hierdie toets bestaan uit 9 bladsye, die voorblad uitgesluit.

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Wiskunde Graad 4. November 2016

Hierdie toets bestaan uit 12 bladsye, die voorblad uitgesluit.

Toets: Tegnologie en die Ontwerpproses

Briewe, posseëls en elektroniese pos

Onderwyser lees die vergrote leesstuk Ben en Vis voor terwyl die leerlinge volg en met aandag luister.

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

WISKUNDE GRAAD 5. Junie 2016

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 FEBRUARIE/MAART 2014

OEFENVRAESTEL VRAESTEL 1

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Evalueringsvorm: Is jou kind reg vir lees? Stel jou kind belang in lees en boeke? Ja / nee

die kinders om te sien. Luister na al die raaiskote.) Jy kan vir hulle leidrade gee soos: Ek is n insek; ek hou van appels; jy kant van die letter.

2; 5; 7; 4; 6; 8; 7; 5; 1; 3; 7; 8; 5; 5. (Onthou: Frekwensie beteken die aantal kere wat n spesifieke waarde getel kan word)

Naam: Getalgebied Graad 3 Kwartaal 3

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

BARRETT SE TAKSONOMIE

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V2 MEMORANDUM

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

Eerste kwartaal. Weeklikse lesbeplanning. 1. My skool Week 1. Getalle, bewerkings en verhoudings. Aktiwiteite en werkkaarte vir die week

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

1. Energie is iets binne-in mense, diere en dinge wat hulle laat. 2. Waarvandaan kom alle energie op aarde?

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2

STUDIEVELD A SPORTSTORIES LES 1

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

jou hele liggaam lig hê. Maar as jou oog sleg is, sal jou hele liggaam sonder lig wees. As jou oë sleg is dit beteken eintlik maar as jou oë slegte

Foto-redigering vir sun.ac.za

Alfabetiese volgorde, lettergrepe en paragraaf skryf

onderskeid tussen verskillende kunsvorme

Paulus kritiseer sy tyd se manier

Transcriptie:

FAKTORE EN VEELVOUDE Ons gaan nou na n paar stukkies teorie kyk in verband met Natuurlike- en Telgetalle. Voltooi: 3 X 1 = 3 X 2 = 3 X 3 = 3 X 4 = 3 X 5 = Ons sê dus dat 3, 6, 9, 12 en 15 VEELVOUDE is van 3. n Veelvoud is enige getal wat gekry word van n spesifieke getal as hierdie spesifieke getal met n Natuurlike getal vermenigvuldig word. So kan 90 ook n veelvoud van 3 wees, want 3 x 30 = 90. As ons nou kyk na n getal soos 24, sien ons dat 24 op n paar maniere deur vermenigvuldiging verkry kan word. 1 X 24 of 2 X 12 of 6 X 4 of 8 X 3 Ons kan dan sê dat 1, 2, 3, 4, 6, 8, 12 en 24 FAKTORE is van 24. Dus, enige getal wat met n Natuurlike getal vermenigvuldig kan word om n spesifieke getal te verkry, is n Faktor van daardie spesifieke getal. Voorbeelde 1) Watter van 36, 18, 6, 3 en 8 is: a) faktore van 12? b) veelvoude van 12? 2) Watter getal is terselfdertyd n faktor en n veelvoud van 15? 3) Tabelleer die versameling van al die faktore van 24.

Wat sou jy sê is die faktore van 1? Is 1 n faktor van elke ander getal? Hierdie is n belangrike eienskap van die getal 1. Oefening 1) Gebruik die terme veelvoud of faktor om die volgende te voltooi a) 24 is n van 3 b) 10 is n van 70 c) Die ewe getalle is van 2 d) 2 is n van enige ewe getal 2) Ontbind 36 volledig in faktore. Priemfaktore Tabelleer die versameling faktore van 6: Is die produk van al hierdie faktore ook 6? Tabelleer die versameling faktore van 7: Is die produk van al hierdie faktore ook 7? Dink aan nog n paar getalle wat n produk is van al hulle faktore: a) b) c)

Hierdie tipe getalle het die Spesiale eienskap dat hulle altyd net twee faktore het, nl. 1 en homself, en staan bekend as Priemgetalle. Saamgestelde getalle Skryf n aantal getalle neer wat meer as twee faktore het: Hierdie versameling getalle staan bekend as die SAAMGESTELDE GETALLE. Priemfaktore Lys die faktore van 28: Watter van hierdie getalle is priemgetalle? Lys die faktore van 32: Watter van hierdie getalle is priemgetalle? Dus: die faktore van n getal wat ook terselfdertyd priemgetalle is, staan bekend as priemfaktore. Hier volg nou n manier om die priemfaktore van n getal te vind: Voorbeeld: Ons gaan heel eerste 64 in sy priemfaktore opbreek. Ons doen dit deur n leertjie te teken, en 64 op die boonste trappie te sit. 2 64 Jy sal sien dat daar aan die linkerkant n 2 is. Dit is omdat 2 die eerste priemgetal is, en ons begin altyd met 2.

Kyk nou of die 2 in die 64 kan deel, en indien wel, skryf die antwoord op die tweede trappie neer. 2 64 Dan probeer ons weer 2, en kyk of dit in 32 2 32 gaan indeel. Ons sien dat 2 wel in 32 kan deel, en die antwoord skryf ons dan op die derde trappie. 2 64 So hou die proses aan totdat ons nie 2 32 verder kan deel nie, of totdat 2 nie 2 16 meer werk nie. Dan kan ons aangaan na 3, 5, 7, 11, 13 ens. Ons sien dus dat, as die leertjie klaar is, lyk dit só: 2 64 2 32 2 16 Let op dat ons weet ons is klaar as daar n 1 2 8 laaste oorbly 2 4 2 2 1

Kom ons kyk of jy die volgende kan doen 100 56 Skryf nou vir elkeen van hierdie getalle die produk van die priemfaktore (dit beteken dat jy die getalle aan die linkerkant met mekaar gaan maal). Jy gaan volgende leer van n korter manier om dit te skryf eerder as om elke getal elke keer uit te skryf, maar vir nou is dit nog reg as jy dit só doen. Net om jou te help: 64 (wat jy vroeër gedoen het) geskryf as n produk van priemfaktore sal wees: 2 2 2 2 2 2. Doen dit dan nou vir 100: 56:

Om dinge makliker te maak, maak ons in Wiskunde gebruik van eksponente. n Eksponent is n klein getalletjie regs-bo wat vir jou sê hoeveel keer word daardie spesifieke getal met homself gemaal. Ons definieër dit soos volg: Jy gaan later meer in diepte met eksponente werk, maar vir eers moet jy maar net onthou dat die eksponent vir jou sê hoeveel keer die getal neergeskryf moet word. Gemene Deler: GGD (Ons kan in die plek van Deler ook skryf Faktor ) Bepaal met behulp van die leertjie-metode die priemfaktore van die volgende getalle: 24 40 80 Skryf nou onder elke leertjie die produk van die priemfaktore.

Kies nou uit hierdie drie uitdrukkings slegs die priemgetalle wat in al drie voor kom: Uit die aard van die saak het jy nou ten minste een getal neergeskryf, maar hierdie getal het heel moontlik verskillende eksponente toe dit neergeskryf was vroeër as produkte van priemfaktore. Die vraag is nou, wat kies jy: Almal se eksponente, geen eksponente, of wat? Wel, vir die GGD kies jy die kleinste eksponent ( n manier om dit te onthou is, GROOTSTE gemeenskaplike deler kies KLEINSTE eksponent). Tabelleer ook nou die faktore van 24, 40 en 80: 24 = { } 40 = { } 80 = { } Watter een van hierdie faktore is die grootste getal wat in al drie die versamelings voorkom?. Kan jy sien dat jy dieselfde getal gekry het as vroeër? Nou kan jy seker vra waarom jy die leertjie-metode moet gebruik as dit so maklik is om net al die versamelings onder mekaar neer te skryf, en dan n getal te kies. Wel, wat sou jy gedoen het as die vraag gevra het vir die GGD van 2003 ; 10420 ; 6233! Sou dit dan nog steeds makliker gewees het?

Onthou ook: In die volgende afdeling gaan jy met veelvoude werk, en as ek vir jou getalle gee en vra vir die GGD en die Kleinste Gemeenskaplike Veelvoud (KGV), dan kan jy altwee antwoorde kry deur net een keer die leertjie-metode te gebruik Die Kleinste Gemene Veelvoud (KGV) Skryf neer die veelvoude van 3: { } Skryf neer die veelvoude van 4: { } Kies nou die kleinste getal wat in beide versamelings voorkom: Skryf neer die veelvoude van 4: { } Skryf neer die veelvoude van 12: { } Skryf neer die veelvoude van 18: { } Gebruik nou die leertjie-metode om die priemfaktore van 4, 12 en 18 te bepaal. 4 12 18 Skryf nou die produk van priemfaktore op die lyntjies onder elke leertjie neer. Let nou mooi op!

Begin by die eerste priemfaktor van die eerste getal. Skryf dit neer, met sy eksponent Skryf nou die volgende priemfaktor langsaan neer, met sy eksponent So gaan jy deur al die priemfaktore, MAAR: As jy n tweede keer dieselfde priemfaktor teëkom, dan skryf jy dit nie weer neer nie. Jy kies elke keer net die grootste eksponent. Hierdie is baie belangrik. Wat is nou al die priemfaktore met die korrekte eksponente? Vermenigvuldig hierdie getalle met mekaar Hierdie getal is nou jou Kleinste Gemene Veelvoud. Oefening Bepaal die KGV en GGD van die volgende: a) 25 ; 30 b) 72 ; 108