VAN DER MERWE R. [1] Die appellant is in die Landdroshof te Viljoenskroon skuldig. bevind aan oortreding van die bepalings van Artikel 1(1)(b)

Vergelijkbare documenten
[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die

Appellant is n 25 jarige eerste oortreder wat in die Streekhof verskyn het. op n aanklag van verkragting van n 41 jarige vrou.

KRUGER R, et BLOEM WND R BLOEM, WND R. [1] Hierdie is n hersiening. Volgens die oorkonde was die

MALHERBE RP et VAN COPPENHAGEN R VAN COPPENHAGEN R. [1] Die appellant n 46 jarige man het in die Landdroshof

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) ABRAHAM PETER PRETORIUS. UITSPRAAK OP APPéL

WRIGHT R et VAN DER MERWE R VAN DER MERWE R. [1] Die beskuldigde in hierdie hersieningsaak is op 26 Junie

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) KIMBERLEY SAAK NO.: 183/2005 DATUM: In die Hersieningsuitspraak van:

IN DIE Hoë HOF NOORD-KAAP, KIMBERLEY

UITSPRAAK. IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Saak No: CA&R 23/2010 Saak Aangehoor: 24/05/2010 Datum gelewer: 28/05/2010

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

Pragtige Koningin Ester

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

CILLIé R et VOGES WR. [1] Die verhoor van hierdie beskuldigde het in die landdroshof te. Sasolburg n aanvang geneem op 11 November 2002.

UITSPRAAKOPHERSIENING

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

MALHERBE RP. Eiseres vorder skadevergoeding in haar persoonlike hoedanigheid. as moeder en natuurlike voog van haar minderjarige seun, Stefan

n Tempel Leier besoek Jesus

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Die Groot Muur van Nehemia

Breedte. Oppervlak = Lengte X Breedte. Ons kan nou enige reghoek se oppervlak bereken met hierdie formule, nie waar nie?

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA 70/85. (APPèLAFDELING) In die saak tussen: CILLIé, HOEXTER et VAN HEERDEN, ARR. Verhoor: 24 Mei 1985

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

Van Vervolger tot Prediker

ANNA HENDRINA MYBURGH

FAKTORE EN VEELVOUDE

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPéLAFDELING)

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Omgekeerde bewerkings Getalsinne

God eer Josef die slaaf

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het

Saak nr 438/92 /MC IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPeLAFDELING) Tussen. GIDEON JOHANNES BOTHA Appellant. - en - DIE STAAT Respondenb

Die Kerk se Geboorte

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

Goeie Konings, Slegte Konings

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

CORAM: CORBETT HR et HOEXTER, VIVIER, EKSTEEN, NIENABER ARR.

Van Vervolger tot Prediker

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPéLAFDELING)

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Petrus en die Krag van Gebed

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) PATRICK JOSIAS... APPELLANT. VILJOEN, VAN HEERDEN et JACOBS, ARR VERHOORDATUM: 21 FEBRUARIE 1986

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA

'n Man gestuur deur God

Jesaja sien die Toekoms

Paulus kritiseer sy tyd se manier

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

EPHRAIM BASIMANE MOTSHWAEDI. E M GROSSKOPF, VIVIER et HARMS ARR. UITSPRAAK

Elisa, Man van Wonderwerke

Wiskundige Geletterdheid. Data Hantering. Opsomming van Data. Kwartiele

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

UITSPRAAK OP HERSIENING

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 6 van 60.

[1] Hierdie is n aansoek vir die voorlopige likwidasie van die. respondent nie in staat is om sy skulde te betaal nie.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING

[1] Hierdie appèl is gerig teen die afwysing, met koste, van die appellant se. vorderings teen beide die eerste respondent en die tweede

6 tellers en noemers bymekaarbring en van mekaar skei.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

by die werk Mm, ek moet hierdie nuwe assistent n bietjie beter leer ken.

Jona en die Groot Vis

skuldigbevinding aan moord met versagtende omstandighede;

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

Inhoudsopgawe. Voorwoord

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

Paulus en sy vriende vertel ander van God

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN SKILLFULL 54 (EDMS) BEPERK JOHANNES WAGENAAR HUMAN N.O.

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

Beskuldigde nr. 2 was Barry Vetman en beskuldigde nr. 3 was

Welkom by Die Storie God se storie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2012

Bybel vir Kinders. bied aan. Storie 24 van 60.

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA GERT PEARSON LIEBENBERG

INTERMEDIÊRE FASE GRAAD 6 NOVEMBER 2018 AFRIKAANS HUISTAAL V2 NASIENRIGLYN

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2

Preek Genesis 1:27. (Preek gelewer tydens oggenddiens in Welkom-Noord op Sondag 6 November 2016)

Transcriptie:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Appèl Nr. : A312/2004 In die saak tussen: THABO PAULUS MATSABU Appellant en DIE STAAT Respondent CORAM: H.M. MUSI R et VAN DER MERWE R AANGEHOOR OP: 15 AUGUSTUS 2005 UITSPRAAK: VAN DER MERWE R GELEWER OP: 18 AUGUSTUS 2005 [1] Die appellant is in die Landdroshof te Viljoenskroon skuldig bevind aan oortreding van die bepalings van Artikel 1(1)(b) van die Wet op Korrupsie, No. 94 van 1992. Op 28 Junie 2004 is die appellant gevonnis tot 24 maande gevangenisstraf ingevolge die bepalings van Artikel 276(1)(i) van die Strafproseswet, No. 51 van 1977. Die appèl, met

2 verlof van die verhoofhof, is slegs gerig teen die skuldigbevinding. [2] Die appellant was op die betrokke tydstip n munsipale verkeersbeampte en het saam met kollegas van hom op die betrokke dag n sogenaamde spoedlokval beman. Die wese van die aanklag teen die appellant is dat hy geld ontvang het om nie n skriftelike kennisgewing om in die hof te verskyn soos bedoel in Artikel 56 van die Strafproseswet ten opsigte van n spoedoortreding, by die verhoor en geriefshalwe hierna n verkeersdagvaarding genoem, uit te reik nie. Dit is gemeensaak dat op die betrokke dag n lokvaloptrede met betrekking tot verkeersbeamptes wat omkoopgeld aanvaar, plaasgevind het en dat daartydens inspekteur Juliana Cornelia Wilbers van die Suid Afrikaanse Polisiediens doelbewus die toepaslike snelheidsgrens van 100km/h oorskry het deur teen ongeveer 150km/h te ry. Dit is ook gemeensaak dat as gevolg hiervan die appellant inspekteur Wilbers se voertuig voorgekeer en afgetrek het maar dat n verkeersdagvaarding nie aan haar uitgereik is nie. Dit is

3 verder gemeensaak dat R300 se gemerkte note wat tydens hierdie optrede gebruik is, in die appellant se besit gevind is. [3] Inspekteur Wilbers het getuig dat die appellant hierdie bedrag geld van haar ontvang het in ruil daarvoor om nie n verkeersdagvaarding uit te reik nie op grond van die suggestie van die appellant, soos hieronder meer volledig weergegee. Die appellant se getuienis daarenteen was dat inspekteur Wilbers die voorstel gemaak het dat hy omkoopgeld aanvaar, dat hy geweier het om so te doen, en dat inspekteur Wilbers toe die R300 in sy broeksak gedruk het en weggery het voordat hy enigiets daaromtrent kon doen. [4] Die verhoorlanddros het die getuienis van inspekteur Wilbers aanvaar en die van die appellant verwerp as bo redelike twyfel vals. Op appèl kan in hierdie saak met hierdie bevindinge slegs ingemeng word indien ons oortuig is daarvan dat dit verkeerd is. Ek kan egter geen fout met hierdie bevindinge vind nie. Volgens die oorkonde is die getuienis van inspekteur Wilbers oortuigend afgelê terwyl die appellant sy getuienis aangepas het telkens wanneer hy onder druk verkeer het. Op die totaliteit van die getuienis kom die weergawe van die appellant myns insiens ook so onwaarskynlik en vergesog voor dat dit nie redelik moontlik waar kan wees nie.

4 [5] Namens die appellant is egter aangevoer dat die optrede van inspekteur Wilbers verder gegaan het as die skepping van n geleentheid om n misdryf te pleeg, soos bedoel in artikel 252A van die Strafproseswet en dat haar getuienis dus ontoelaatbaar was. [6] Ek kan nie met hierdie betoog saamstem nie. Alhoewel die bewoording van artikel 252A(2)(a)(b) en (c) in hierdie verband problematies is, meen ek dat die toets is of die betrokke wetstoepassingbeampte n aktiewe rol gespeel het om die beskuldigde te beweeg of te oorreed om n misdryf te pleeg; so nie is slegs n geleentheid geskep om n misdryf te pleeg. In hierdie verband stem ek met eerbied saam met die beslissings van S v ODUGO 2001(1) SASV 560 (W) op 566f 567a en S v MAKHANYA AND ANOTHER 2002(3) SA 201 (N) op 206 H 207 B. [7] Gemelde vraag moet in hierdie appèl natuurlik beantwoord word aan die hand van die getuienis wat aanvaar is, te wete dié van inspekteur Wilbers. Hiervolgens het wensenlik die

5 volgende gebeur nadat die appellant die voertuig afgetrek het: g Hy het vir my gevra of ek weet wat is die boete om so vinnig te ry, toe sê ek vir hom nee, ek weet nie. Hy het sy boek gehad by hom waar hy die boetes ingeskryf het. Hy het egter die boek heel agter oopgemaak en vir my gewys hoe die kilo s werk as jy byvoorbeeld 100 ry en jy ry 110, die grens gaan tot by 110 of by 111, daarna begin hulle die mense te vang en wat die bedrae is wat die mense beboet word vir die kilo s wat hulle ry. Toe het hy vir my uitgewerk en my boete het uitgewerk op R900,00. Ek het toe aan hom gevra, hy was besig om te skryf in sy boeteboek en ek het hom gevra of hy nou regtig vir my n boete gaan skryf waarop hy vir my gevra het wat wil ek maak. Watter taal het u gepraat? Afrikaans. En beskuldigde? Afrikaans. En toe? Hy het toe weer geskryf en vir my gevra of ek n lisensie het. Ek het my lisensiekaart aan hom getoon en ek het weer aan hom gevra of hy vir my n boete gaan uitskryf, toe sê hy vir my ja, maar wat wil ek daaromtrent doen. Toe sê ek vir hom ek weet nie, ek sê hulle weet mos beter as wat ek weet. So n rukkie daarna het ek vir hom gevra kan ek nie maar die boete op die toneel betaal nie, waarop hy vir my gevra het

6 hoeveel geld ek by my het. Ek het my ID boek uitgehaal, die note uitgehaal, want die note was in my ID boek gewees. Ek het die geld afgetel, die gemerkte geld afgetel en vir hom gesê ek het slegs R300 by my. Hy het vir my gesê dit is reg. Voordat hy die geld gevat het by my het hy vir my gevra of ek nie polisie toe sal gaan en vir hom moeilikheid sal maak as hy die geld sou vat nie. Ek het toe vir hom gesê ek gaan moeilikheid hê as ek met daardie boete by die huis aanbring, so ek betaal eerder nou R300 as wat ek R900 moet betaal en ek het toe vir hom die geld gegee. Hoe het u die geld vir hom gegee? Soos dit nou, het ek vir hom die note net so gegee. U wys dat die note gevou is, in die helfte deur gevou is, die hele pakkie. Ja, hy was gevou. Ek het die geld so vir hom gegee. U hou dit in u regterhand vas en hou u elmboog so half gebuig, is dit korrek? Ja, dit is hoe ek dit vir hom gegee het. Hoe het die beskuldigde dit gevat? Hy het dit met sy linkerhand gevat, dit net so gevat. Hy het dit nie eers getel nie en dadelik onder sy boek ingesit. Terwyl hy die geld so gevat het, was hy besig om te skryf, maar met sy rug, want daar was ander twee verkeersbeamptes ook gewees, het hy met sy rug na hulle toe gestaan, maar hy het geskryf in sy boek. Waar was die ander twee persone gewees? Hulle was by die voertuie gewees omtrent so 10 meter van ons af was hulle besig om te skryf. Terwyl hy nou so geskryf het, het ek vir hom gevra gaan hy nou vir my die boete uitskryf nadat ek vir

7 hom die geld gegee het, toe sê hy vir my hy maak net asof hy skryf sodat sy kollegas nie kan sien dat hy die geld gevat het nie. En toe het hy vir my gesê dit is reg, ek kan maar gaan, maar voordat ek gery het, het hy weer vir my gevra gaan ek nie vir hom moeilikheid maak omrede hy die geld gevat het nie, toe sê ek vir hom nee. Voordat ek vertrek het, het ek in my regtertruspieël gekyk net voordat ek weggery het, toe het hy omgedraai en hy het weggeloop en hy het die geld gevat en in sy linkerbroeksak gesit. [8] Gedurende kruisverhoor het inspekteur Wilbers bygevoeg dat voordat sy gevra het of sy nie die boete op die toneel kan betaal nie, sy ook gesê het dat haar man haar gaan vermoor oor die boete wat sy gaan kry. [9] Ontleding van die voormelde getuienis toon myns insiens aan dat inspekteur Wilbers se mededelings aanvanklik hoogstens daarop gerig was om die uitreik van n verkeersdagvaarding en gevolglike aanspreeklikheid vir betaling van n boete, te verhoed. Dit was heeltemal binne die diskresie van die appellant om hieraan gehoor te gee, volgens die onbetwiste getuienis van verkeersinspekteur Nel. Op die vrae van inspekteur Wilbers of die appellant haar gaan beboet, het die appellant egter telkens

8 geantwoord op n wyse wat n suggestie van die kant van inspekteur Wilbers probeer uitlok het. Op die daaropvolgende objektief onskuldige vraag of die boete dan op die toneel betaal kan word, het die appellant die inisiatief geneem wat gelei het tot die oorhandiging van die geld. So gesien en met opweging van die toepaslike faktore vermeld in artikel 252A(2) van die Strafproseswet, het die onderhawige optrede nie verder gegaan as die skepping van n geleentheid om n misdryf te pleeg nie. Dit volg dat die bepalings van artikel 252A(3) nie ter sprake kom nie. [10] Namens die appellant is klem gelê op die mededeling van inspekteur Wilbers dat haar man haar gaan vermoor oor die boete wat sy gaan kry. Na my oordeel is hierdie klem misplaas. Die mededeling behels eerstens n uitdrukking wat geen redelike persoon letterlik kon opneem nie, dit was nie die getuienis van die appellant dat hy dit letterlik verstaan het nie en het tweedens in ieder geval in konteks soos reeds vermeld nie deel gevorm van n aanbieding van omkoopgeld of aanstigting tot aanvaarding daarvan nie.

9 [11] Na my oordeel moet die appèl dus afgewys word en die skuldigbevinding bekragtig word. C.H.G. VAN DER MERWE, R Ek stem saam en dit word so beveel. H.M. MUSI, R Namens die appellant: Adv. W.J. Edeling In opdrag van: Rosendorff Reitz Barry BLOEMFONTEIN Namens die respondent: Adv. A. De Beer In opdrag van: Kantoor van die Dirketeur: Openbare Vervolgings BLOEMFONTEIN /em