Kleinmond Straatwag Grondwet Bladsy 1 KLEINMOND STRAATWAG / STREET WATCH. Grondwet. Konsep. Datum van inwerkingtrede:

Vergelijkbare documenten
REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

KONSTITUSIE VAN DIE SCHOEMANSVILLE OEWERKLUB

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

KONSTITUSIE VAN ARSO

KONSTITUSIE VIR 'N BOEREVERENIGING 1. NAAM Die naam van die Vereniging is die Boerevereniging.

GRONDWET Die aanvaarde embleem mag op amptelike briewe, kledingstukke, ens., soos deur bestuur besluit, gebruik word.

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A

GRONDWET VAN DIE PAARL BELASTINGBETALERSVERENIGING (Die Grondwet) - 26 Januarie 2012

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN HOËRSKOOL OUTENIQUA Opgedateer 19 Mei 2015

KONSTITUSIE VAN DIE DURBANVILLE FOTOGRAFIE KLUB

1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie.

Eerste jaarvergadering en konstitusie

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

GRONDWET VAN HOëRSKOOL HENNENMAN ONDERSTEUNERSKLUB

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR:

LOSKOP RUGBYKLUB GRONDWET

GRONDWET VAN DIE BRONKHORSTSPRUIT GHOLFKLUB

KONTIKI PREPRIMêRE SKOOL GRONDWET

MATZIKAMA SAKEKAMER GRONDWET

KOUGA BESIGHEIDSFORUM - GRONDWET

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

RAAMWERK VIR n KONSTITUSIE VIR n GEMEENSKAPSFORUM / ORGANISASIE VIR GEMEENSKAPSONTWIKKELING

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

Hierdie dokument is die eiendom van Oostvallei Aftree-oord Bestuursvereniging Privaatsak X99166, Garsfontein-Oos 0060, Telefoon (012)

GRONDWET VAN DIE SUID-AFRIKAANSE WOONWA-ASSOSIASIE

INDEKS KONSTITUSIE VAN NEWCASTLE SAKEKAMER... 3

HOOFSTUK 9 Regspleging

15.3 RAPPORT 3 DIAKONALE SAKE BESTUUR VAN KINDERHUISE EN OORDRAG VAN SDDS OUETEHUISE KONSTITUSIE KINDERHUISE (Art 194)

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

WESTELIKE PROVINSIE VARSWATERHENGEL VERENIGING GRONDWET

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

Paarl Rangers Rugby-Voetbal Klub. Gestig (1914) Grondwet en Reglimente

AANVANG VAN N ONDERSOEK VAN BEWEERDE ONBEHOORLIKE GEDRAG

GRONDWET en REGLEMENTE Aangepas vanaf die oorspronklike GRONDWET soos op 12 Maart 1996.

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

WERKSPROSEDURES VAN DIE INSTITUSIONELE FORUM VAN DIE UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH

GRONDWET VAN DIE VERENIGING VAN REKENMEESTERS VIR AFRIKAANS

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

GRONDWET en REGLEMENTE Aangepas vanaf die oorspronklike GRONDWET soos op 12 Maart 1996.

Bosveld Jagters-en Wildbewaringsvereniging

Universiteit Stellenbosch Grondwet van die Akademiese Belangeraad Soos aanvaar op 19 Maart 2009

GRONDWET VAN DIE SUID AFRIKAANSE PROKUREURSVERENIGING

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

GRONDWET GRAAN SA. Soos goedgekeur tydens die 2018 Kongres

Excursio. Algemene Grondwet

MOSSELBAAI GASTEHUIS GILDE GRONDWET. (Uitgawe 1)

GRONDWET. van die NASIONALE AFRIKANER VOLKSEIE SPORTFEDERASIE (NAVSFED)

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

MISSIE KONSTITUSIE VAN DIE KWAZULU- NATALSE LANDBOU-UNIE

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. Maatskappye Wet, 71 van 2008 (soos gewysig) AKTE VAN OPRIGTING VAN N MAATSKAPPY SONDER WINSOOGMERK MET STEMREG VIR LEDE

Kennisgewing van Twintigste Algemene Jaarvergadering van Aandeelhouers

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

VOORSTEL VIR LIDMAATSKAP VAN DIE S.A. AKADEMIE

KENNISGEWING VAN VERDAAGDE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN BKB-AANDEELHOUERS

BOLAND JUKSKEI-UNIE GRONDWET

GRONDWET VAN DIE SAGTEVRUGTEPLANTVERBETRINGSVERENIGING

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE VIR DIE LEDE VAN DIE BEHEERLIGGAAM

GRONDWET VAN..ROLBALKLUB..

KENNISGEWING IN TERME VAN ARTIKEL 2.1 VAN DIE ATKV-REGLEMENT VIR DIE VERKIESING VAN DIREKTEURE

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

KONSTITUSIE VAN PAARL SAKEKAMER

GRONDWET GRAAN SA. Soos goedgekeur tydens die 2016 Kongres

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

Gedragskode: Beheerliggaam Januarie 2010

AKSIE NOTULE VAN DIE SPESIALE RAADSVERGADERING GEHOU OP DINSDAG 11 APRIL 2017 OM 11:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, PIKETBERG

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN PRIMêRE SKOOL GERT MARITZ INGEVOLGE ARTIKEL 18 VAN DIE SUID-AFRIKAANSE SKOLEWET, 1996 (84 VAN 1966) AANHEF

DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA GEMEENTE: BELEID

SOUTPANSBERG SKAARSWILDSTUDIEGROEP (SBSW)

DEPARTEMENT VAN ONDERWYS. Goewermentskennisgewing R Oktober 2006

AANSOEK: GEASSOSIEëRDE LID

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

GRONDWET VAN DIE SASF SOOS VAN KRAG OP 29 NOVEMBER 2008

GRONDWET VAN DIE VERENIGING VAN REGSLUI VIR AFRIKAANS

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

ARTIKELS KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1

Dokument A. Grondwet

A B C Toekenning. 15 Februarie 2003

SUID-AFRIKAANSE VARSWATER OEWERHENGEL FEDERASIE

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

WET OP DIE SUID-AFRIKAANSE RAAD VIR OPVOEDERS 31 VAN 2000 [GOEDGEKEUR OP 26 JULIE 2000] [DATUM VAN INWERKINGTREDING: 2 AUGUSTUS 2000]

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

Transcriptie:

Kleinmond Straatwag Grondwet Bladsy 1 KLEINMOND STRAATWAG / STREET WATCH Grondwet Konsep Datum van inwerkingtrede: Na afloop van die Algemene Jaarvergadering waar dit goedgekeur is

Kleinmond Straatwag Grondwet Bladsy 2 Inhoudsopgawe Artikel 1 Naam...3 Artikel 2 Gebied...3 Artikel 3 Doel en Bestaansreg...3 Artikel 4 Regspersoon...3 Artikel 5 Lidmaatskap...3 Artikel 6 Beëindiging van Lidmaatskap...4 Artikel 7 Tugkomitee en Tugmaatreëls...4 Artikel 8 Bestuurstrukture en Vergaderings...5 Bestuurskomitee: Samestelling...5 Bestuurskomitee: Verkiesing...5 Algemene Jaarvergadering...6 Gewone Algemene Ledevergaderings...6 Spesiale Ledevergadering...7 Kennisgewings en stemming...7 Artikel 9 Bestuur en Beheer...7 Artikel 10 Finansiële- en Ampsjaar...8 Artikel 11 Ledegeld...8 Artikel 12 Ouditeur...9 Artikel 13 Huishoudelike Reëls...9 Artikel 14 Ontbinding...9 Artikel 15 Wysiging van die Grondwet...9

Kleinmond Straatwag Grondwet Bladsy 3 1 Naam 2 Gebied Die naam van die organisasie is die Kleinmond Straatwag, hierna die Straatwag genoem. Die Straatwag is gesetel te Kleinmond, binne die Overberg Munisipale area. 3 Doel en Bestaansreg 3.1 Die Straatwag is n gemeenskapsorganisasie en skep geleenthede vir sy lede om gemeenskapsdiens te lewer, sonder winsoogmerk. 3.2 Die Straatwag bestaan uit n groep toegewyde wetsgehoorsame burgers wat pro-aktief in hul strate optree. Die doel is om die polisiediens by te staan met misdaadvoorkoming deur verdagte of kriminele aktiwiteite in die dorp aan te meld en sodoende die oë en ore van die polisiediens te wees. 3.3 Die Straatwag beoefen die gemeenskapsdiens binne die bepalinge van die Suid-Afrikaanse Grondwet, die Huishoudelike Reëls asook die Wes-Kaap Provinsiale Konstitusie en Gedragskode vir Buurtwag-strukture. 4 Regspersoon 4.1 Die Straatwag is n onafhanklike regspersoon met outonome regsbevoegdheid om enige regshandeling te verrig en sal sonder om afbreuk te doen aan die algemeenheid van hierdie bepaling in die besonder die reg hê om: 4.1.1 ooreenkomste te sluit, te wysig en te kanselleer; 4.1.2 regsgedinge aanhangig te maak of te verdedig; 4.1.3 eiendom, hetsy roerend of onroerend te koop, verkoop, ontvang, te besit en daarmee na goeddunke te handel; 4.1.4 n bankrekening te open, te bedryf en te sluit; 4.1.5 fondse te belê of onttrek tot die beste voordeel van die Straatwag 4.1.6 enige regsgeldige en wettige handeling te verrig ten einde te voldoen aan enige bepaling of doelstelling vervat in hierdie grondwet en die reëls daartoe. 4.2 Die Bestuurskomitee van die Straatwag is die enigste instansie wat gemagtig is om ingevolge gedelegeerde bevoegdheid, en/of by spesifieke besluit van sy lede, regsgeldige besluite namens die Straatwag te neem en aksies uit te voer. 4.3 Die Straatwag aanvaar nie aanspreeklikheid vir die skadelike of wangedrag van enige van sy lede nie. 5 Lidmaatskap 5.1 Lidmaatskap word normaalweg aan volwasse persone verleen, maar die Straatwag kan ook na goeddunke junior lidmaatskap aan persone onder die ouderdom van agtien (18) jaar verleen. 5.2 Enige persoon kan n lid van die Straatwag word, met dien verstande: 5.2.1 dat die persoon die voorgeskrewe registrasievorm voltooi en ingehandig het. 5.2.2 dat die persoon aan die vereistes vir lidmaatskap voldoen soos in die huishoudelike reëls omskrywe is. 5.2.3 dat die lid die voorgeskrewe ledegeld betaal het sou daar besluit word om ledegeld te hef. 5.3 n Nuwe lid het volle stemreg en deel in alle voorregte, verpligtinge en verantwoordelikhede sodra sy lidmaatskap deur die betrokke Wykskoördineerder aanvaar is. 5.4 Die Bestuurskomitee kan in enige stadium van die proses van werwing die lidmaatskap van die kandidaatlid, met of sonder opgaaf van redes, afkeur.

Kleinmond Straatwag Grondwet Bladsy 4 5.5 n Lid wie se lidmaatskap afgekeur is mag nie weer as nuwe lid registreer nie voordat n tydperk van ten minste ses (6) maande verloop het vanaf datum van afkeuring. 5.6 n Lid wat sy lidmaatskap vrywillig beëindig het op grond van praktiese oorweginge soos verhuising, kan, wanneer omstandighede dit toelaat, skriftelik aansoek doen om hertoelating tot die Straatwag met dien verstande: 5.6.1 dat die betrokke Wykskoördineerder tevrede is dat die voormalige lid voldoen aan die huidige vereistes vir lidmaatskap; 5.6.2 dat die voormalige lid se betrokkenheid, optrede en houding tydens sy voorgaande tydperk van lidmaatskap n positiewe getuigskrif vir hertoelating is, en hernude lidmaatskap die Straatwag tot voordeel sal strek; en 5.6.3 dat finale bekragtiging van hernude lidmaatskap plaasvind wanneer die voormalige lid die ledegeld (indien daarop besluit sou word) binne dertig (30) dae na aanvaarding van die aansoek betaal het. 6 Beëindiging van Lidmaatskap 6.1 Lidmaatskap eindig met skriftelike bedanking. 6.2 n Lid wie se lidmaatskap deur vrywillige bedanking beëindig is, kan nie aanspraak maak op enige voordele of gedeeltelike terugbetaling van gelde na beëindiging van lidmaatskap nie. So n lid kan geen aanspraak maak op enige voordeel of belang met betrekking tot die bates van die Straatwag nie. 6.3 Die Bestuurskomitee, handelende namens die Straatwag, mag die lidmaatskap van n lid beëindig sonder opgawe van redes, maar in oorleg met die betrokke persoon en met behoud van vertroulikheid. 7 Tugkomitee en Tugmaatreëls 7.1 n Verantwoordelikheid en verpligting rus op die Bestuurskomitee om enige oortreding van die grondwet, die Wes-Kaap Provinsiale Konstitusie en Gedragskode vir Buurtwag-strukture en huishoudelike reëls, of enige ander aksie deur n lid wat die Straatwag regstreeks of onregstreeks benadeel of in n swak lig plaas, te laat ondersoek en in ooreenstemming met die grondwet gepaste optrede te bepaal. 7.2 Enige lid kan skriftelik n klag by die Bestuurskomitee aanhangig maak op voorwaarde dat volle besonderhede bekend gemaak word en die klaer ook beskikbaar is vir enige ondervraging indien dit nodig sou wees. 7.3 Wanneer die moontlike beëindiging van lidmaatskap of tydelike skorsing of tug van n lid ter sprake kom, moet die Bestuurskomitee n Tugkomitee aanwys om die saak te ondersoek en n aanbeveling aan die Bestuurskomitee te doen. 7.3.1 Die Tugkomitee sal bestaan uit die ondervoorsitter en twee ander bestuurskomiteelede (uitgesonderd die voorsitter) plus twee (2) ander stemgeregtigde lede van die Straatwag wat nie noue familie- of enige ander bande met die beskuldigde het nie. 7.3.2 Die Tugkomitee moet sy bevinding en aanbeveling aan die Bestuurskomitee voorlê vir oorweging op die datum soos deur die bestuurskomitee versoek, maar nie later nie as by die tweede Bestuurskomiteevergadering wat plaasvind nadat hy sy opdrag ontvang het. 7.3.3 Die Bestuurskomitee moet die aanbeveling van die Tugkomitee oorweeg, n beslissing vel, en dit aan al die lede van die Straatwag bekend maak indien dit van algemene belang is. 7.3.4 Die ondervoorsitter sal kriptiese besonderhede van tugsake/ appèlsake in n afsonderlike rekordboek aanteken. Hierdie rekordboek moet in die Straatwag se argiewe bewaar word. 7.3.5 Enige lid wie se lidmaatskap beëindig staan te word, of teenoor wie tugmaatreëls oorweeg word, het die reg om deur n die Tugkomitee aangehoor te word voordat n finale beslissing gevel word. Die lid het die reg om getuies te roep vir ondervraging.

Kleinmond Straatwag Grondwet Bladsy 5 7.4 n Lid wat skuldig bevind is mag teen die vonnis/beslissing appèlleer, en die appèlsaak word dan deur die volle Bestuurskomitee plus die ander lede wat op die Tugkomitee gedien het, aangehoor en besleg. 7.4.1 Die appèllant het die reg om getuies te roep vir ondervraging. 7.4.2 Die beslissing van hierdie uitgebreide Bestuurskomitee is finaal. 7.5 Die Bestuurskomitee, handelende namens en met volle rapportering aan die Straatwag, kan die lidmaatskap van n lid beëindig of tugmaatreëls oplê indien die lid skuldig is aan: 7.5.1 die kwaadwillige ondermyning van die Straatwag se belange; 7.5.2 die oortreding van die bepalinge van die grondwet, huishoudelike reëls en die Wes- Kaap Provinsiale Konstitusie en Gedragskode vir Buurtwag-strukture; 7.5.3 die oortreding van die amptelike Grondwet van Suid-Afrika; 7.5.4 die kwaadwillige beskadiging van Straatwageiendom; 7.5.5 die diefstal van Straatwageiendom en/of Straatwaggelde; 7.5.6 middelafhanklikheid; 7.5.7 oneerlikheid tydens Straatwagaangeleenthede; 7.5.8 wangedrag en die voortdurende verontagsaming van enige huishoudelike reëls; 7.5.9 minagting en verontagsaming van tugmaatreëls wat opgelê is na skuldigbevinding aan die oortreding van die artikels en/of bepalings van die grondwet en/of huishoudlike reëls en/of wangedrag en; 7.5.10 die wanbetaling van ledegeld, sou daar besluit word om dit te hef, nadat drie maande van die nuwe finansiële jaar reeds verstryk het, en die lid nie op enige aanmaning reageer nie. 7.5.11 Met dien verstande voorts dat n lid wat skuldig bevind word aan een of meer van bogenoemde oortredings maar wie se lidmaatskap nie beëindig is nie, sy/haar stemreg verbeur vir n tydperk van minstens ses (6) maande vanaf die datum van skuldigbevinding, en mag vir dieselfde tydperk nie op enige komitee dien nie. 8 Bestuurstrukture en Vergaderings 8.1 Bestuurskomitee: Samestelling Die Bestuurskomitee bestaan uit die volgende persone: voorsitter; ondervoorsitter; sekretaris; tesourier; een Wykskoördineerder vir elke wyk waarin die Straatwag ingedeel is; gekoöpteerde lede. 8.2 Bestuurskomitee: Verkiesing Die volgende ampsdraers word jaarliks tydens die Algemene Jaarvergadering verkies: voorsitter; ondervoorsitter. Die volgende ampsdraers word deur die Bestuurskomitee aangewys: sekretaris; tesourier. Hierdie persone dien as die Dagbestuur van die Bestuurskomitee en neem verantwoordelikheid vir die aanstelling van Wykskoördineerders vir elke wyk van die Straatwag wat dan ex officio in die Bestuurskomitee dien.

Kleinmond Straatwag Grondwet Bladsy 6 Die Bestuurskomitee die reg het om persone met spesiale kennis en/of vaardighede te koöpteer ook om in enige van die ampsposisies te dien. Met dien verstande: 8.2.1 dat slegs stemgeregtigde lede verkies mag word; 8.2.2 afwesige lede verkies mag word mits hulle hulleself vooraf verkiesbaar gestel het; 8.2.3 dat die verkiesing van die ampsdraers by wyse van geslote stembrief sal plaasvind tensy die vergadering besluit dat die opsteek van hande voldoende is; 8.2.4 dat vakatures wat op die Bestuurskomitee ontstaan gevul mag word deur koöptering van n stemgeregtigde lid deur die Bestuurskomitee; 8.2.5 dat, ter wille van deurlopende vernuwing, daar elke twee jaar n nuwe voorsitter gekies word en die bestaande voorsitter vir n termyn van twee jaar na sy dienstermyn nie herkiesbaar as voorsitter sal wees nie; 8.2.6 dat Wykskoördineerders deur die Straatkoördineerders van n bepaalde wyk by n wyksvergadering gekies word, indien moontlik, en in oorleg met die Bestuurskomitee; 8.2.7 dat die Dagbestuur volmag het om te handel in alle spoedeisende sake waartoe die Bestuurskomitee volmag verleen, met verslag aan die Bestuurskomitee. 8.3 Algemene Jaarvergadering 8.3.1 n Algemene Jaarvergadering sal gehou word binne 2 maande na die afsluiting van die finansiële jaar. 8.3.2 Veertien (14) dae skriftelike kennisgewing moet gegee word van die datum, plek, tyd en agenda van die Algemene Jaarvergadering. 8.3.3 Die stemgeregtigde lede wat by die vergadering teenwoordig is, vorm n kworum. Sou daar volgens die oordeel van die voorsitter te min lede teenwoordig wees vir sinvolle besluitneming, het hy/sy die reg om die vergadering na n volgende datum uit te stel. 8.3.4 Tydens die jaarvergadering moet die volgende sake op die agenda dien: Jaarverslag van die voorsitter. Finansiële verslag van die tesourier en geouditeerde finansiële state. n Begroting van die verwagte inkomste en uitgawes vir die nuwe boekjaar. Vasstelling van ledegeld vir die nuwe boekjaar sou daar hierop besluit word. Benoeming van die ouditeur volgens die bepalings van punt 12.1. Enige ander saak wat behoorlik voorgestel en gesekondeer is, en minstens drie weke voor die datum van die Algemene Jaarvergadering by die sekretaris ingedien is. Verkiesing van die ampsdraers. 8.3.5 Die notule van die Algemene Jaarvergadering moet binne een (1) maand by die eerste Bestuurskomiteevergadering van die nuwe ampsjaar vir kennisname voorgelê word met die oog op toepaslike aksie, indien nodig. Hierdie notule word by die volgende Algemene Jaarvergadering voorgelê vir goedkeuring. 8.4 Gewone Algemene Ledevergaderings 8.4.1 Gewone Algemene Ledevergaderings kan, so dikwels as wat nodig is, deur die Bestuurskomitee met veertien (14) dae kennisgewing van die datum, plek, tyd en agenda byeengeroep word. n Omvattende agenda kan by so n vergadering dien. 8.4.2 Die stemgeregtigde lede wat by die vergadering teenwoordig is, vorm n kworum. Sou daar volgens die oordeel van die voorsitter te min lede teenwoordig wees vir sinvolle besluitneming, het hy/sy die reg om die vergadering na n volgende datum uit te stel of heeltemal af te stel.

Kleinmond Straatwag Grondwet Bladsy 7 8.4.3 Die notule word by die eersvolgende vergdering van die Bestuurskomitee vir kennisname voorgelê en by n volgende Algemene Ledevergadering vir goedkeuring. 8.5 Spesiale Ledevergadering 8.5.1 n Spesiale Ledevergadering, met uitdruklike vermelding van die doel met die vergadering, kan deur die Bestuurskomitee, of op skriftelike versoek van minstens vyf (5) stemgeregtigde lede, byeengeroep word, met dien verstande: 8.5.2 dat minstens sewe (7) dae kennis gegee word van die datum, plek, tyd en agenda; 8.5.3 dat die stemgeregtigde lede wat by die vergadering teenwoordig is, n kworum vorm. Sou daar volgens die oordeel van die voorsitter te min lede teenwoordig wees vir sinvolle besluitneming, het hy/sy die reg om die vergadering na n volgende datum uit te stel of heeltemal af te stel; 8.5.4 dat die doel waarvoor die vergadering byeengeroep is, die enigste besprekingspunt op die agenda sal wees; 8.5.5 dat die notule by die eersvolgende vergdering van die Bestuurskomitee vir kennisname voorgelê en by n volgende Algemene Ledevergadering vir goedkeuring. 8.6 Kennisgewings en stemming 9 Bestuur en beheer 8.6.1 Kennis van Algemene- en Ledevergaderings word gegee deur die normale kommunikasiekanale via Wykskoördineerders en Straatkoördineerders aan lede asook deur kennisgewings in die plaaslike media (gedruk en/of elektronies). 8.6.2 Besluite word deur konsensus of deur stemming geneem. n Gewone meerderheid van 50% plus een stem is voldoende vir die geldigheid van n besluit, uitgesonder besluite wat die wysiging van die Grondwet raak. 9.1 Die sake van die Straatwag word bestuur en beheer deur die Bestuurskomitee, met dien verstande: 9.1.1 dat behoorlike notule van alle tersaaklike besluite wat op bestuursvergaderings, ledevergaderings en die algemene jaarvergadering geneem is, gehou word; 9.1.2 dat die notule van elke vergadering n volle aanwesigheidsregister moet insluit; 9.1.3 dat n besluit van enige ledevergadering, of vergadering van die bestuurskomitee, slegs herroep kan word nadat kennis van revisie gegee is en daar nie reeds aksies uitgevoer is op grond van die oorspronklike besluit nie. Die betrokke revisiekennisgewing moet dan by die volgende ledevergadering, of vergadering van die Bestuurskomitee na gelang van die geval, ter tafel gelê word; 9.1.4 dat die Wykskoördineerders n behoorlike lederegister van lede in hulle wyke sal byhou wat op versoek beskikbaar sal wees sonder om ooit die vertroulikheid daarvan te skend dit word opgeneem in n sentrale databasis; 9.1.5 dat alle besluite met groot finansiële en/ of regsimplikasies, uitgesonderd roetine aangeleenthede, so spoedig doenlik aan die Algemene Vergadering voorgelê word met die oog op ratifikasie indien vóóraf gedelegeerde bevoegdheid nie in die betrokke geval verleen is nie, of nie in ooreenstemming is nie met die bepalings van die grondwet en/of huishoudelike reëls; 9.1.6 dat n behoorlike boekhoudingstelsel deur die tesourier in stand gehou word en dat die Bestuurskomitee mede-verantwoordelikheid daarvoor aanvaar; 9.1.7 dat tersaaklike en geouditeerde finansiële state jaarliks by die Algemene Jaarvergadering aan die lede voorgelê sal word; 9.1.8 dat n volledige bateregister bygehou word en jaarlikse daaroor aan die Bestuurskomitee verslag gedoen word;

Kleinmond Straatwag Grondwet Bladsy 8 9.1.9 dat n bankrekening in die naam van die Straatwag geopen word, en dat tekenbevoegdheid aan minstens drie (3) bestuurskomiteelede verleen word; 9.1.10 dat minstens twee uit drie bestuurskomiteelede aan wie tekenbevoegdheid verleen is, betalings en/of onttrekkings wat in ooreenstemming met die besluite van die bestuurskomitee is, moet magtig; 9.1.11 dat die sekretaris ná die eerste Bestuurskomitee-vergadering waar tekenmagte toegeken of gewysig is, alle finansiële instellings waar die Straatwag (bank-) rekeninge het, skriftelik sal verwittig watter komiteelede tekenbevoegdheid het, en die nodige praktiese reëlings in hierdie verband sal tref; 9.1.12 dat oortrokke bankfasiliteite nie gereël mag word nie; 9.1.13 dat die voorsitter en/of sekretaris so dikwels as wat nodig is maar nie minder nie as eenkeer elke twee maande n vergadering van die Bestuurskomitee sal byeenroep. Lede van die Bestuurskomitee moet kennis van afwesigheid aan die voorsitter of sekretaris gee; 9.1.14 dat op n vergadering van die Bestuurskomitee 50% (na die volgende heelgetal afgerond, sou die komitee uit n ongelyke aantal lede bestaan) plus een lid n kworum vorm; 9.1.15 dat die voorsitter by alle behoorlik gekonstitueerde vergaderings van die Straatwag, insluitende vergaderings van die bestuurskomitee, in die geval van n staking van stemme benewens n gewone stem, ook n beslissende stem het wat na eie oordeel en in belang van die Straatwag gebruik kan word; 9.1.16 dat besluite aanvaar en/of goedgekeur word met n gewone meerderheid van stemme (50% plus een); 9.1.17 dat vaste en/of ad hoc komitees aangewys kan word om bepaalde take of ondersoeke namens die bestuurskomitee/ Straatwag te doen. n Vaste komitee mag bestaan uit Bestuurslede, gewone lede en/of gekoöpteerde kundiges. Sodanige komitee het n vaste opdrag en word saamgestel aan die begin van die ampsjaar en ontbind nie, maar word hersaamgestel aan die begin van die volgende ampsjaar. n Ad hoc-komitee het n enkele opdrag, kan enige tyd aangestel word,vergader so dikwels as wat nodig is, en ontbind wanneer sy opdrag afgehandel is.) 9.2 Die Bestuurskomitee moet toesien dat geleenthede geskep en verbandhoudende aktiwiteite soos die partollering van strate, gereël word vir die volhoubare werking van die Straatwag deur sy lede, en omsien na die algemene welsyn van die Straatwag. 9.3 Die Bestuurskomitee het die reg om te besluit oor die toekenning van honoraria aan enige persone wat persoonlike koste in belang van die Straatwag aangegaan het asook die vergoeding van brandstofkoste aan persone wat help met straatpatrollering. 9.4 Die Bestuurskomitee moet toesien dat die Straatwag-grondwet, Huishoudelike Reëls en die Wes-Kaap Provinsiale Konstitusie en Gedragskode vir Buurtwag-strukture eerbiedig word, met dien verstande dat dit nie vertolk moet word as sou die Bestuurskomitee n agent van die owerheid is nie. 10 Finansiële- en Ampsjaar 10.1 Die finansiële jaar strek van 1 Maart tot 28 Februarie van die daaropvolgende kalenderjaar. 10.2 Die ampsjaar strek van Algemene Jaarvergadering tot opvolgende Algemene Jaarvergadering. 11 Ledegeld 11.1 Die Straatwag mag, met 51% goedkeuring van die stemgeregtigde lede by die Algemene Jaarvergadering, ledegelde hef. Ledegeld sal in so n geval betaalbaar wees voor die einde van Mei in die nuwe finansiële jaar of pro rata binne dertig (30) dae na aansluiting van n nuwe lid. 11.2 Lede mag ook versoek word om vrywillige bydraes te maak tot enige behoefte wat sou ontstaan, soos die aankoop van noodsaaklike toerusting en die dek van die koste van persone wat vrywillig aan patrolering deelneem.

Kleinmond Straatwag Grondwet Bladsy 9 11.3 Die bedrae tov ledegeld word jaarliks op die Algemene Jaarvergadering op aanbeveling van die Bestuurskomitee vasgestel, sou daar so besluit word. 12 Ouditeur 12.1 n Ouditeur of professionele rekenmeester wat nie lid van die Bestuurskomitee is nie, word jaarliks op die Algemene Jaarvergadering benoem. 12.2 Die ouditeur sal, indien nodig, by die volgende Algemene Jaarvergadering n verklarende memorandum aan die lede voorlê aangaande die resultaat van sy ouditering van die finansiële state, bateregister en tersaaklike dokumentasie. 13 Huishoudelike Reëls 13.1 Die Straatwag het die reg om huishoudelike reëls, wat nie in stryd is nie, maar aanvullend tot die grondwet sal wees en ten doel het om die doelstellings te verwesenlik en werksaamhede van die Straatwag te bevorder, op enige ledevergadering ná behoorlike kennisgewing met gewone meerderheid van stemme te aanvaar; of reëls wat belemmerend inwerk op die doeltreffende funksionering van die Straatwag te herroep of te wysig. 13.2 Die Bestuurskomitee sal ook die bevoegdheid hê om huishoudelike reëls te aanvaar of te herroep of te wysig, met dien verstande dat enige sodanige reël of herroeping nie van krag sal word nie alvorens: 13.2.1 die betrokke reël(s) ingesluit is in die eerste omsendbrief wat ná die betrokke Bestuurskomiteevergadering via die Wyks- en Straatkoördineerders aan lede vir kennisname en kommentaar gestuur is; en 13.2.2 dat alle besware en kommentaar wat van lede vóór die volgende vergadering van die bestuurskomitee ontvang is, oorweeg is. 13.2.3 Die nuwe of gewysigde reël moet dan by die eersvolgende ledevergadering voorgelê word vir goedkeuring en bekragtiging. 14.3 Reëls aldus daargestel sal n integrale deel vorm van die grondwet en sal dieselfde regskrag hê as die bepalings van die grondwet binne die bepalinge van die Suid-Afrikaanse Grondwet, en die Wes-Kaap Provinsiale Konstitusie en Gedragskode vir Buurtwag-strukture. 14 Ontbinding Met die gebeurlikheid dat die Straatwag moet ontbind sal slegs die lede wat in daardie stadium nog lid van die Straatwag is op n spesiale vergadering tot ontbinding mag besluit en hoe die bates bestee en/of verdeel en/of bemaak/geskenk sal word. 15 Wysiging van die Grondwet Geteken: Hierdie grondwet mag slegs met n meerderheidstem van twee derdes (2/3) van alle stemgeregtigde lede wat teenwoordig is op enige amptelike ledevergadering wat behoorlik gekonstitueer is, gewysig word, met dien verstande voorts: 15.1.1 dat die voorgestelde wysiging, met vermelding van die name van die voorsteller en sekondant, ingesluit is in die kennisgewing wat die ledevergadering byeenroep. 15.1.2 Dat die gewysigde grondwet alle vorige weergawes van die Straatwag se grondwet herroep en vervang....... Voorsitter Sekretaris...... Datum Datum