Hoërskool Swartland Beheerliggaam Verhurings Beleid

Vergelijkbare documenten
Hoërskool Swartland Beheerliggaam Verhuringsbeleid

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN HOËRSKOOL OUTENIQUA Opgedateer 19 Mei 2015

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR:

SWANGERSKAPBELEID erken die verantwoordelikheid en invloed van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ten opsigte van leerderswangerskappe; en

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

LAERSKOOL EVERSDAL SELFOONBELEID

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

HOËRSKOOL WONDERBOOM FINANSIËLE BELEID

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

Hoërskool Swartland SWANGERSKAPBELEID ALDUS AANVAAR TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

DEPARTEMENT VAN ONDERWYS. Goewermentskennisgewing R Oktober 2006

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. )

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

STUDIESENTRUMBELEID. Leerders word die geleentheid gebied om na skool buitemuurse aktiwiteite by te woon en huiswerk te doen tydens n studiesessie.

MUNISIPALITEIT VERHURING VAN KARAVAAN- /KAMPEERSTAANPLEKKE EN CHALETS IN MATZIKAMA MUNISIPALE GEBIED

Die Gemeente met Oop Deure: Verhurings 2018

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding

KONSTITUSIE VAN DIE SCHOEMANSVILLE OEWERKLUB

Tjokkerjol Speelgroepie

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

WELKOM BY HOëRSKOOL LINDEN 2019

uniq Huiswerk Sentrum n Unieke Huiswerk Ervaring

1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie.

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING

TYGERBERG. 1. SKOOLFONDS: R per leerder periaar. a) Verpligte Betaling: R300 per leerder per jaar (Alle leerders)

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

KONTANT BESTUUR BELEID

LAERSKOOL ROBERTSON. 1. Wat word bedoel met Taalbeleid? 2. Die Grondwet, 108 van Die Suid-Afrikaanse Skolewet, 84 van 1996 TAALBELEID

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

KONTIKI PREPRIMêRE SKOOL GRONDWET

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

AANSOEK OM TOELATING TOT HOëRSKOOL VREDENDAL

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

1. LEERLINGBESONDERHEDE 2. ALGEMENE INLIGTING

Reglement vir die akademiese gehalteversekering van kortkursusse

KONSTITUSIE VAN ARSO

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

BELEID TEN OPSIGTE DIE GEBRUIK VAN TABLETTE DEUR LEERDERS BY LAERSKOOL RANDHART

AANSOEK VORM 1.KIND(ERS) Registrasie datum. Van Volle naam Noemnaam Geslag Geboorte datum Huis taal Voldag, Halfdag, Naskool?

DIE NORMALE VOLGORDE VAN GEBEURE TYDENS DIE OORDRAG VAN ONROERENDE EIENDOM

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

NASKOOLSENTRUMBELEID

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

DURBANVILLE SKOOLKOSHUIS POSBUS 175 QUEENSTRAAT 8

DIENSKONTRAK VIR HUISWERKER. 1. Persoonlike besonderhede van huiswerker (hierna genoem die werknemer )

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

Bladsy 1 van Die Nasorgsentrum behou die reg voor om toelating tot die sentrum te weier sonder om redes te voorsien vir sodanige besluit.

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

AANSOEK OM STUDIELENING

Gedragskode: Beheerliggaam Januarie 2010

AANBOD OM TE KOOP AAN. F J D TRUST IT2390/1995 Hierin verteenwoordig deur FRANCOIS JOSEPHUS DERCKSEN (hierna genoem die Verkoper)

Hoërskool McLachlan. Graad 8 tot 9: (Leerders kan kies tussen voorbereid en onvoorbereid.) waarheid beelde deure

HUGO LAMBRECHTS OUDITORIUM - HUURKONTRAK

IMPAK leerders NASKOOLSENTRUM 2016 VOORWAARDES EN ReëLS (een kontrak per gesin)

BESONDERHEDE VAN KLEUTER JAAR TOEGELAAT: KLAS EN JUFFROU (KANTOORGEBRUIK) VOLLE NAAM / NAME: NOEMNAAM: SEUN / DOGTER: HUISTAAL: GEBOORTEDATUM:

Pakket spesiaal vir n matriekafskeid

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE VIR DIE LEDE VAN DIE BEHEERLIGGAAM

AANSOEK OM TOELATING HOËRSKOOL TUINE

MEMORANDUM VAN HUURKONTRAK

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

TERME EN VOORWAARDES

Die verhuurder verleen aan die huurder die eerste opsie om die kontrak te hernu vir n verdere termyn.

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

LAERSKOOL EVERSDAL AANSOEK OM TOELATING VAN N LEERDER

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

ʼn Kontrolelys vir openbare skole se begrotingsprosesse

Koorsang is die een aktiwiteit wat nie seisonaal gekenmerk word nie en dus is leerders wat deelneem hieraan regdeur die jaar pligsgetrou.

AANSOEK OM TOELATING SLEGS VIR KANTOOR GEBRUIK. Aangeheg. Familie Kode: Toelatingskode:

AANSOEK VIR KUNS- EN KOSMARK. 7-9 Augustus 2015

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as :

MODULE 3: GEBOUE. Ja. Dit ís n huis. En hierdie is versekering. Eenvoudige, verstaanbare, duidelike versekering.

Sonskynhoekie Kleuterskool Babakamer Inligting

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

Transcriptie:

Hoërskool Swartland Beheerliggaam Verhurings Beleid Maart 2015 tot Februarie 2018 Hersiening 1 Opgestel deur Beheerliggaam ------------------ ------------------- VA Botha DJ Marais Voorsitter Skoolhoof Datum: ------------------------- Page 1 of 11

Inleiding Hierdie dokument is die verhuringsbeleid van Hoerskool Swartland, wat Die Skoolbeheerliggaam goedgekeur het. Die beleid erken die grondliggende waardes in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika 108 van 1996, sowel as die toepaslike bepalings van die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 (hierna die Skolewet ). Ingevolge artikel 13 en 55 van die Skolewet is die staat, en nie Die Skool nie, die eienaar van die grond en geboue wat deur Die Skool beset word. Die Skool het egter gebruiks- en besettingsreg ten aansien van die eiendom. Artikel 13(2) van die Skolewet bepaal soos volg: 13. Openbare skole op Staatseiendom (2) Behoudens artikel 20(1)(k) het n openbare skool wat vaste eiendom okkupeer wat deur die Staat besit word, die reg om, vir die duur van Die Skool se bestaan, die vaste eiendom te beset en te gebruik tot voordeel van Die Skool vir opvoedkundige doeleindes by of in verband met Die Skool. Ingevolge artikel 20(1)(g) van die Skolewet moet Die Skoolbeheerliggaam Die Skool se eiendom, wat insluit die geboue en grond wat Die Skool beset, administreer en beheer sonder dat dit op enige manier inmeng met die inwerkingstelling van n besluit van die Lid van die Uitvoerende Raad (LUR) of Departementshoof wat ingevolge enige reg of beleid geneem is. Hierdie beleid reël die verhuring van die geboue, terrein en fasiliteite van Die Skool. (1) In hierdie beleid tensy uit die samehang anders blyk beteken- die Wet die Suid-Afrikaanse Skolewet,1996, Wet 84 van 1996 en die maatreëls daarkragtens uitgevaardig Page 2 of 11

Ampsdraer n ampsdraer in artikel 7.1 van Die wet na verwys. Beheerliggaam die wetlik gekonstitueerde Beheerliggaam van Hoërskool Swartland soos in Artikel 16(1) van die Suid-Afrikaanse Skolewet,1996, Wet 84 van 1996, bedoel. Borgliggaam n liggaam of groep persone deur die Beheerliggaam goedgekeur en wat bereid is om Die Skool finansieel te ondersteun. departementshoof die hoof van die departement van Onderwys in die Provinsie Wes-Kaap eft Elektroniese oorbetaling van fondse leerder n leerling van Die Skool Lid van die Uitvoerende raad (LUR) die lid van die Uitvoerende Raad verantwoordelik vir onderwys in die provinsie Wes-Kaap. lid iemand wat lid van die Beheerliggaam is maatreëls die maatreëls betreffende die Beheerliggame van gewone openbare skole (uitgesonderd openbare skole vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes); of die maatreëls betreffende beheerliggame van openbare skole vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes (ingesluit openbare skole vir leerders kragtens Die Kinderwet,2005, Wet 38 van 2005, en die Strafproseswet,1977, Wet 51 van 1977, daarheen verwys of oorgeplaas is); en ondervoorsitter die ondervoorsitter van die Beheerliggaam onderwys onderrig, instruksies of opleiding wat ingevolge die Wet aan leerders verskaf word. sekretaris die sekretaris van die Beheerliggaam tesourier die tesourier van die Beheerliggaam uitvoerende komitee die uitvoerende komitee van die Beheerliggaam verantwoordelike persoon die persoon wat deur die Skoolhoof skriftelik aangestel word om die verhuurings van Die Skool te behartig voorsitter die voorsitter van die Beheerliggaam (2) Die opskrif by elke artikel en of voetnota s wat in hierdie beleid voorkom, moet nie in die uitleg van enige bepaling van hierdie beleid gebruik word nie. Page 3 of 11

1. NAAM VAN SKOOL Hoërskool Swartland (hierna Die Skool genoem) 2. STRAATADRES VAN DIE SKOOL Dirkie Uysstraat Malmesbury 7300 3. POSADRES VAN SKOOL Posbus 253 Malmesbury 7299 4. STATUS VAN SKOOL Die Skool is n regspersoon met die wetlike bevoegdheid om sy werksaamhede ingevolge die Wet te verrig. Verhuring van vaste eiendom Artikel 36(1) van die Skolewet verplig die beheerliggaam van Die Skool om alle redelike maatreëls in sy vermoë te tref om die hulpbronne van Die Skool aan te vul. Die verhuring van Die Skooleiendom kan vir hierdie doel aangewend word. Ingevolge artikel 36(4) van die Skolewet mag die beheerliggaam slegs met die LUR se goedkeuring die vaste eiendom van Die Skool verhuur selfs al beskik Die Skool oor artikel 21-status. Sodanige verhuring moet geskied om vir skoolaktiwiteite voorsiening te maak of om Die Skoolfonds aan te vul. Dit gebeur soms dat die beheerliggaam op kort kennisgewing versoek word om skooleiendom te verhuur en daar nie genoeg tyd is om by die LUR om goedkeuring aansoek te doen nie. Die beheerliggaam oorkom hierdie probleem deurdat n eenmalige aansoek by die LUR ingedien is met die onderstaande lys van algemene verhurings aktiwiteite van Die Skool. Page 4 of 11

Die volgende verhurings word in die beleid aangespreek i. Die Olok Saal ii. Die Huis agter die Sport kompleks iii. Die Sportvelde van Die Skool iv. Die Astro Hokkie Baan v. Huis Van Imhof en Huis Van Zyl Eetsaal en Studielokaal vi. Die Skoolsaal vii. Klaskamers in Die Skool viii. Die Skool voertuie ix. Die Koshuise as verblyf x. Losies tydelike klaskamers (bedrag soos ooreengekom deur partye Dirk, Schreuder, Freek) Jaarlikse Aanpassing van verhuringsbedrae Verhuringsbedrae sal jaarliks deur die BL hersien word gedurende die jaarlikse BL begrotings proses en voorgele word vir goedkeuring by die Ouer Begrotings Vergadering. Die nuwe verhurings bedrae sal as n aanhangsel tot hierdie beleid aangevoeg word en onderteken en gedateer word deur die Voorsitter van die BL en Die Skoolhoof. Verhoogde huurbedrae sal van toepassing wees vanaf 1 Januarie elke jaar en alle partye wat deur die jaarlikse verhoging geraak word sal skriftelik deur Die Skoolhoof of sy gedelegeerde in kennis gestel word voor of op 30 November elke jaar. Verhuringsbedrae sal ook in die eerste uitgawe van die weeklikse nuusbrief aan die aanvang van die nuwe skooljaar gepubliseer word. Betaling van Huur Indien die betaling van huurgeld in die Finansiele Beleid van Die Skool aangespreek word en die terme in die Finansiele Beleid verskil van die terme in hierdie beleid sal die terme in die Finansiele Beleid geld. Huur is vooruitbetaalbaar vir maandelikse huurkontrakte asook vir enige eenmalige verhuring. Huur word in die Bankrekening van Die Skool inbetaal ten minste drie dae voor die einde van die maand of voor die eenmalige verhurings datum wanneer dit per Page 5 of 11

EFT gedoen word, sodat die geld in die bank van Die Skool kan reflekteer alvorens die verhuring plaasvind. Kontant kan op die dag van verhuring by die Verantwoordelike persoon inbetaal word. Kwitansies moet op die amptelike kwitansieboek van Die Skool uitgereik word vir alle betalings van huur. Waar oorhandiging van sleutels ter sprake is word sleutels afgehaal by die verantwoordelike persoon. Sleutels sal slegs oorhandig word wanneer huurgeld klaar inbetaal is. Sleutels moet die eerste skooldag nadat die funksie plaasgevind het by die verantwoordelike persoon ingehandig word. Indien dit nie gebeur nie kan die huurder sy deposito verbeur. n Deposito gelykstaande aan 50% van n eenmalige huurbedrag, behalwe by die Huurhuis waar daar een maand se deposito gehef sal word, is vooruitbetaalbaar saam met die huurgeld. Die huurder is aanspreeklik vir enige skade of breek van artikels en/of eiendom. n Faktuur sal na die tyd, nadat n evaluering gedoen is, hiervoor uitgereik word en van die deposito verhaal word waarna die deposito aan die huurder terugbetaal sal word. Geen rente word op depositos betaal nie. Verhurings Ooreenkomste en Reelings Indien die Finansiele Beleid van Die Skool verhurings ooreenkomste aanspreek en daar n teenstrydigheid is met die terme vervat in hierdie beleid sal die terme in die Finansiele Beleid geld. Alle verhurings word deur die verantwoordelike persoon, soos gedelegeer deur Die Skoolhoof, hanteer en besprekings en die afhaal van sleutels kan slegs tydens skoolure gedoen word. Besprekings kan telefonies gemaak word maar moet skriftelik of per epos bevestig word. Besprekings moet in die besprekingsboek ingeskryf word wanneer dit bevestig is sodat daar geen dubbelbesprekings kan plaasvind nie. Geen besprekings aan buite instansies word gemaak alvorens Die Skool se jaarprogram vasgestel is nie. Die besprekingsboek moet te alle tye op datum en beskikbaar wees vir inspeksie deur die BL. Page 6 of 11

Die Oloksaal Die Oloksaal word slegs aan borge, donateurs, skool se personeellede, lede van Die Skool se komitees, oudskoliere en plaaslike Laerskole verhuur. Enige verhuring aan ander instansies moet deur die BL goedgekeur word. Die volgende huur opsies is beskikbaar: 1. Verhuring: R800 per dag Deposito: R400 Hierdie tarief is vir funksies waar die kombuis ingesluit is vir kookgeriewe (dit gaan hier oor elektrisiteitsverbruik). 2. Verhuring: R600 per dag Deposito: R300 Hierdie tarief is vir funksies waar huurders nie die kombuis wil gebruik vir kookgeriewe nie. Etes word dus nie daar voorberei nie, slegs vingeretes of buitebraai geriewe. 3. Verhuring: R300 per geleentheid van minder as 3 ure Deposito: R150 Hierdie tarief is beskikbaar vir funksies/seminare/vergaderings vir 3 uur of minder, soos byvoorbeeld Boerevereniging, VLV, Afrikanerbond of ander komitees. Etes word nie in die kombuis voorberei nie, slegs vingeretes of buite-braai geriewe. 4. (Nul) tarief Hierdie nul tarief is slegs op skoolfunksies van toepassing gewoonlik aktiwiteite wat op die datumlys van Die Skool geboek is, of wat deur die hoof van die spesifieke aktiwiteit by die verantwoordelike persoon bespreek word. n Nultarief word ook soms in oorleg met Die Skoolhoof en beheerliggaam oorweeg vir instansies wat nie winsgewend van aard is nie, of wat reeds n groot borg van Die Skool is, soos byvoorbeeld: KANSA, Lions klub, SPAR en Pick n Pay. 5. WKOD tarief Die WKOD het n vasgestelde tarief van R480,05 (2015 tarief) per funksie en is nie onderhandelbaar nie. 6. Reünies: Ons wil graag reünies onder ons oudleerders aanmoedig. Die tariewe vir die verhuring is egter klaar baie bilik en n verlaging in tarief kan per geval deur die BL oorweeg word. Geriewe ingesluit by die verhuring By al die bogenoemde tariewe is die volgende ingesluit: - Tafels en stoele Page 7 of 11

- Breekgoed en eetgerei - Skoonmaak van die saal na die funksie (volgende dag) of Maandag indien die funksie oor n naweek plaasgevind het. - LET WEL: Huurders is verantwoordelik vir eie tafeldoeke. Tafeldoeke is slegs vir Die Skool se eie gebruik beskikbaar. - Breekgoed, eetgerei en ander toerusting in die saal word nie apart uitverhuur nie dit gaan saam met die sentrum en word slegs daar gebruik. Al wanneer dit uit die saal vervoer mag word, is by Die Skool se eie groot funksies waar die bestaande breekgoed en toerusting in Die Skool nie genoeg is nie, byvoorbeeld vir die Matriekafskeid. Algemene ordereëlings o o o o o Dans word wel toegelaat, maar die musiek moet teen 23:30 stilgemaak word om omliggende inwoners te akkommodeer. Geen glase of bottels mag op die paviljoenarea of die veld gelaat word waar leerders sport moet beoefen nie. Mondigwordings, 16de en 18de 21ste verjaarsdae en troues word nie in die sportsentrum geakkommodeer nie weens die risiko van glase op die veld weens onvoldoende toesig. Huis van Imhoff en Huis Van Zyl se studiesaal en eetsaal is hiervoor beskikbaar. Hierdie lokale is ook vir ander funksies beskikbaar indien die sportsentrum reeds bespreek is. Dieselfde tariewe geld soos vir die sportsentrum. Personeel en beheerliggaamlede betaal dieselfde tariewe soos bo uiteengesit geen afslag of gratis uitverhuring geld nie. Die Skool behou die reg voor om enige toerusting in die saal in die kluis toe te sluit tydens n skool of buite-instansie se funksie. Die Huis agter die Oloksaal Die huis agter die Oloksaal sal verkieslik aan n personeellid van Die Skool verhuur word met die doel dat so n persoon n opsigterrol oor die Oloksaal en die Sportvelde kan vervul. Indien die Huis aan n buite party verhuur word sal die volgende geld: Huurbedrag: Die huurbedrag sal jaarliks hersien word volgens hierdie beleid en die bedrag sal ook in die eerste jaar van n nuwe BL se aanstelling met n Eiendomsagent geverifieer word dws elke drie jaar. Page 8 of 11

Die huurbedrag wat sal geld vanaf 1 Januarie 2016 is R4,000 per Maand. Die Huurbedrag sluit redelike gebruik van Water en Elektrisiteit in. n Deposito van R4,000 is vooruitbetaalbaar saam met die eerste maand se huur. n Kontrak sal ooreenkomstig die bepalings van die Finansiele beleid deur die gedelegeerde verteenwoordiger(s) van Die Skool en die Huurder onderteken word en op leer by die verantwoordelike persoon gehou word. Die Sport velde en fasiliteite van Die Skool Die Rugby velde, Krieket veld, Netbalbaan(e), Tennisbane en die Astro Hokkie veld Die fasiliteite kan slegs uitverhuur word wanneer Die Skool nie sport daarop beoefen nie. Uitverhuring sluit slegs die velde in en nie die Oloksaal nie. Verhuring van die Oloksaal kan op diskresie van Die Skoolhoof en op tariewe soos hierbo gespesifiseer saam met die fasiliteite uitverhuur word. Huurbedrag vir die A Rugby veld: R5,000 per dag Deposito: R2,500 Huurgeld vir ander rugbyvelde: R3000 per dag Deposito: R1,500 Huurbedrag vir die Krieketveld: R3,000 per dag Deposito: R1,500 Huurbedrag vir die Netbalbaan(e): R3,000 per dag Deposito: R1,500 Huurbedrag vir die Tennisbane: R3,000 per dag Deposito: R1,500 Huurbedrag vir die Astro Hokkie baan: R5,000 per dag (10 ure maks) Deposito: R2,500 Uurlikse tarief: R600/uur Page 9 of 11

Deposito: R300 Algemene orde reelings: Geen voertuie mag op die velde getrek word nie. Parkering slegs in aangewese parkeer areas of in die strate aangrensend. Geen gebruik of verkoop van alkohol word binne die sport terreine toegelaat nie Die korrekte sport toerusting en skoene moet vir elke fasiliteit gebruik word. Geen eetgoed en drinkgoed mag op die baan gebruik word nie behalwe dit wat in die normale beoefening van die sport toelaatbaar is nie (Enegie drankies, Water, Energie stafies, etc.) Enige gebreke of skade wat gelei word tydens die uitverhuring sal van die deposito van die huurder verhaal word. Huis Van Imhof en Huis Van Zyl Eetsaal en Studielokaal Tariewe en reelings dieselfde as vir die Oloksaal Die Skoolsaal Die verhuring van Die Skoolsaal kan slegs geskied as Die Skool nie die saal gaan gebruik nie. Die tariewe vir Die Skoolsaal is dieselfde as die Oloksaal. Maandelikse vasgestelde verhuring soos vir kerkdienste: R2000 per Maand Deposito R1000 Die Klaskamers in Die Skool Klaskamers kan slegs verhuur word buite normale skoolure en wanneer klaskamers nie deur Die Skool benodig word nie. Die huur van die klaskamer sluit nie die gebruik van interaktiewe witborde of rekenaartoerusting in nie dit is slegs die gebruik van die lokaal met sy skoolbanke. Huur sal slegs gevra word waar die aanbieding in die klaskamer nie deel is van Die Skool se kirikulum nie. Die Rekenaarlokaal is nie beskikbaar vir verhuring nie. Huurbedrag per klaskamer: R100/uur Geen deposito verlang Page 10 of 11

Die Skool se voertuie Die Skool se voertuie is nie beskikbaar vir uitverhuring nie. Die voertuie kan na oorweging en goedkeuring van die BL slegs beskikbaar gestel word waar Die Skool se kinders in kerkverband of sportverband n geleentheid gaan bywoon. Die BL sal diskresie gebruik om te bepaal of huur wel gevra sal word al dan nie. AA tariewe sal gevra word indien die voertuie nie kosteloos beskikbaar gestel word nie. Die Koshuise as verblyf Verblyf in Die Koshuise van Die Skool kan slegs uitverhuur word wanneer Die Skool dit nie gebruik om ingeskryfde leerders van Die Skool tydens Die Skoolkwartaal te huisves nie. Indien daar wel plek in een van die koshuise beskikbaar is gedurende Die Skoolkwartaal en die BL keur n aansoek vir die verhuring goed kan so verhuring voortgaan. Ingeskryfde leerders wat wel van Koshuisverblyf gebruik maak kan wel gevra word om die koshuis te ontruim gedurende skoolvakansies om verhuring moontlik te maak. Verhuring sluit in: 1. Beddens 2. Matrasse 3. Geen Beddegoed. Huurder moet eie beddegoed verskaf 4. Ontbyt 5. Kospakkies en Aandete kan vanaf spyskaart, wat spesifiek vir elke geleentheid beskikbaar gestel word, elke dag in die oggend bestel en betaal word. Huurbedrag per persoon bed en ontbyt: R200 Groeps deposito van helfte van die totale bedrag bevestig die bespreking. Volle bedrag betaalbaar 5 dae voor die aanvang van die verhuring uitsluitend die deposito. Enige gebreke of skade wat gelei word tydens die uitverhuring sal van die deposito van die huurder verhaal word. Page 11 of 11