SOUTPANSBERG SKAARSWILDSTUDIEGROEP (SBSW)

Vergelijkbare documenten
KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

KONSTITUSIE VAN ARSO

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN HOËRSKOOL OUTENIQUA Opgedateer 19 Mei 2015

GRONDWET VAN DIE PAARL BELASTINGBETALERSVERENIGING (Die Grondwet) - 26 Januarie 2012

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

INDEKS KONSTITUSIE VAN NEWCASTLE SAKEKAMER... 3

Eerste jaarvergadering en konstitusie

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

KONTIKI PREPRIMêRE SKOOL GRONDWET

KONSTITUSIE VAN DIE SCHOEMANSVILLE OEWERKLUB

GRONDWET VAN DIE SUID-AFRIKAANSE WOONWA-ASSOSIASIE

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

MATZIKAMA SAKEKAMER GRONDWET

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

LOSKOP RUGBYKLUB GRONDWET

1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie.

KOUGA BESIGHEIDSFORUM - GRONDWET

UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT BELEID. Ondernemingsbeleid. Senior Direkteur: IKT-dienste UBK. Jaarliks

KONSTITUSIE VAN PAARL SAKEKAMER

Universiteit Stellenbosch Grondwet van die Akademiese Belangeraad Soos aanvaar op 19 Maart 2009

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

Posbus 31, KLERKSDORP, 2570 AANSOEK VIR DIE OPNEEM VAN SENWESBEL AANDELE

KONSTITUSIE VIR 'N BOEREVERENIGING 1. NAAM Die naam van die Vereniging is die Boerevereniging.

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA MAATSKAPPYWET, AKTE VAN OPRIGTING KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1

Kennisgewing van Twintigste Algemene Jaarvergadering van Aandeelhouers

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

Bosveld Jagters-en Wildbewaringsvereniging

15.3 RAPPORT 3 DIAKONALE SAKE BESTUUR VAN KINDERHUISE EN OORDRAG VAN SDDS OUETEHUISE KONSTITUSIE KINDERHUISE (Art 194)

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR:

GRONDWET GRAAN SA. Soos goedgekeur tydens die 2018 Kongres

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. Maatskappye Wet, 71 van 2008 (soos gewysig) AKTE VAN OPRIGTING VAN N MAATSKAPPY SONDER WINSOOGMERK MET STEMREG VIR LEDE

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

GRONDWET Die aanvaarde embleem mag op amptelike briewe, kledingstukke, ens., soos deur bestuur besluit, gebruik word.

GRONDWET GRAAN SA. Soos goedgekeur tydens die 2016 Kongres

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A

Kleinmond Straatwag Grondwet Bladsy 1 KLEINMOND STRAATWAG / STREET WATCH. Grondwet. Konsep. Datum van inwerkingtrede:

RAAMWERK VIR n KONSTITUSIE VIR n GEMEENSKAPSFORUM / ORGANISASIE VIR GEMEENSKAPSONTWIKKELING

HOËRSKOOL WONDERBOOM FINANSIËLE BELEID

MISSIE KONSTITUSIE VAN DIE KWAZULU- NATALSE LANDBOU-UNIE

BERGRIVIER MUNISIPALITEIT

HOOFSTUK 9 Regspleging

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Hierdie dokument is die eiendom van Oostvallei Aftree-oord Bestuursvereniging Privaatsak X99166, Garsfontein-Oos 0060, Telefoon (012)

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

GRONDWET GRAAN SA. Aangesuiwer in April 2013 itv besluite deur die 2013 Kongres

BEPALINGS EN VOORWAARDES VERBONDE AAN SOLIDARITEIT LIDMAATSKAP

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

AANSOEK OM GEDEELTELIKE / VOLLE VRYSTELLING VAN SKOOLGELD

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

TULI GRONDWET VAN DIE TULIBEESTELERSGENOOTSKAP VAN SUID AFRIKA

KANTOOR VAN DIE MUNISIPALE BESTUURDER BERGRIVIER MUNISIPALITEIT POSBUS 60 PIKETBERG 7320

KONSTITUSIE VAN DIE DURBANVILLE FOTOGRAFIE KLUB

3 Maart 2004 BESTUURSTAKE VAN VRYWILLIGERS AS LEDE VAN AFRIKAANSE CHRISTELIKE VROUE VERENIGING BESTURE

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

GRONDWET en REGLEMENTE Aangepas vanaf die oorspronklike GRONDWET soos op 12 Maart 1996.

GRONDWET en REGLEMENTE Aangepas vanaf die oorspronklike GRONDWET soos op 12 Maart 1996.

SA HOLSTEIN GEWYSIGDE KONSTITUSIE

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding

Paarl Rangers Rugby-Voetbal Klub. Gestig (1914) Grondwet en Reglimente

MOSSELBAAI GASTEHUIS GILDE GRONDWET. (Uitgawe 1)

WET OP FINANSIëLE INTELLIGENSIESENTRUM 2001: KLIëNTE INLIGTING

HR BYLAE F-5 BEPALINGS EN VOORWAARDES VERBONDE AAN SOLIDARITEIT LIDMAATSKAP

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

INHOUDSOPGAWE PUNT ITEM BLADSYNR

VOORSTEL VIR LIDMAATSKAP VAN DIE S.A. AKADEMIE

GRONDWET VAN DIE SASF SOOS VAN KRAG OP 29 NOVEMBER 2008

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium

GRONDWET VAN LILYDALE HUISEIENAARSVERENIGING. 1.1 Die naam van hierdie Vereniging is LILYDALE HUISEIENAARSVERENIGING.

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

HR BYLAE F-5 BEPALINGS EN VOORWAARDES VERBONDE AAN SOLIDARITEIT LIDMAATSKAP

Ontleding van die toepassing van die 75 beginsels van korporatiewe bestuurstoesig soos aanbeveel in die King III-verslag

Kliënte kommunikasie - Begroting 2016

KENNISGEWING VAN VERDAAGDE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN BKB-AANDEELHOUERS

GRONDWET VAN DIE SUID AFRIKAANSE PROKUREURSVERENIGING

NUUSBRIEF: DESEMBER 2010-FEBRUARIE 2011

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING

KENNISGEWING IN TERME VAN ARTIKEL 2.1 VAN DIE ATKV-REGLEMENT VIR DIE VERKIESING VAN DIREKTEURE

ARBEIDSREG ARR214. Tema 5 Organiseringsregte, Kollektiewe Arbeidsreg & Kollektiewe Bedinging

AKSIE NOTULE VAN DIE SPESIALE RAADSVERGADERING GEHOU OP DINSDAG 11 APRIL 2017 OM 11:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, PIKETBERG

ARTIKELS KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1

Die verhuurder verleen aan die huurder die eerste opsie om die kontrak te hernu vir n verdere termyn.

Agri NW erken die seën van God Drie-Enig as onontbeerlik in sy pogings om n volhoubare en

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN PRIMêRE SKOOL GERT MARITZ INGEVOLGE ARTIKEL 18 VAN DIE SUID-AFRIKAANSE SKOLEWET, 1996 (84 VAN 1966) AANHEF

Transcriptie:

SOUTPANSBERG SKAARSWILDSTUDIEGROEP (SBSW) GRONDWET - 1 -

SOUTPANSBERG SKAARSWILDSTUDIEGROEP (SBSW) GRONDWET INHOUDSOPGAWE AFDELING Bladsy 1. NAAM... 3 2. AARD VAN SBSW... 3 3. DOELSTELLINGS... 3 4. EIENDOMSREG VAN LEDE EN BEPERKING VAN AANSPREEKLIKHEID... 4 5. PLIGTE EN BEVOEGDHEDE VAN DIE DIREKSIE... 4 6. KANTOORPERSONEEL... Error! Bookmark not defined. 7. LIDMAATSKAP... 6 8. STEMMING DEUR LEDE... 8 9. ALGEMENE JAARVERGADERING... 8 10. AANSTELLING VAN DIREKSIE... 9 11. DIREKSIEVERGADERINGS... 9 12. AANSTELLING VAN OUDITEUR... 10 13. FINANSIëLE JAAR... 10 14. ONTBINDING VAN SBSW... 10 15. WYSIGING VAN DIE GRONDWET... 10 16. TAAL... 10 17. GOEDGEKEURING VAN GRONDWET... 11

1. NAAM 1.1. Die naam van die organisasie is Soutpansberg Skaarswildstudiegroep, afgekort as SBSW, met die Engelse naam Soutpansberg Rare Species Study Group (SRSS) as die geregistreerde naam van SBSW. 2. AARD VAN SBSW 2.1. SBSW is n geregistreerde maatskappy sonder winsbejag wat die nasionale en internasionale belange van SBSW se lede gerig op die volhoubare teël, bewaring, produksie en bemarking van skaarswild. 2.2. Lede van SBSW kan natuurlike persone of geassosieerde regspersone wees. 2.3. SBSW word as n streeksorganisasie bedryf met lede wat direk lidmaatskap verkry en lidmaatskapgelde betaal. 3. DOELSTELLINGS 3.1. Die bevordering van volhoubare produksie van skaarswild en die benutting daarvan as lewensvatbare, ekonomiese aktiwiteit. Benutting sluit in: jag, teël van diere (produksie), vleisproduksie, eko-toerisme en natuurlewe vir die plaaslike en internasionale markte. 3.2. Om te dien as nasionale en internasionale verteenwoordiger vir die skaarswildbedryf in Suid-Afrika en om die belange van die skaarswildbedryf te bevorder, te dien en te beskerm. 3.3. Die instandhouding van n Gedragskode vir lede. 3.4. Om te funksioneer as enigste skakelliggaam en onderhandelaar tussen die georganiseerde skaarswildbedryf en die owerheid of ander belangegroepe. 3.5. Die bevordering van navorsing, kennis en tegnologiese ontwikkeling met betrekking tot die natuurlike plant- en wildlewe en die bestuur daarvan ten einde by te dra tot die ekonomiese benutting van skaarswildproduksie. 3.6. Om leiding en voorligting in skaarswildproduksie en benutting te gee, en die aangeleenthede met sy lede te bespreek en gegewe hul mandaat besluite te neem. Om maatreëls te tref vir die uitvoering van sodanige besluite, met spesifieke verwysing na owerheidsbeleid en administrasie. 3.7. Om deeglike ondersoek in te stel na enige saak wat skaarswildproduksie raak en om inligting wat vir skaarswildprodusente doelmatig mag wees te versamel, te verwerk en te versprei. SBSW GRONDWET Bladsy 3

3.8. Om die aanvaarding van doelmatige en gesonde skaarswildproduksiemetodes te fasiliteer. 3.9. Om die verbruiker deur middel van voorligting, gesamentlike reklameveldtogte of ander metodes op te voed, ten einde die mark vir die benutting van skaarswild te vergroot. 3.10. Om die regstelsel te benut ten einde die regte en belange van lede te beskerm en te bevorder. 3.11. Om te assosieer met ander belanghebbende verenigings of organisasies (bv. Agri SA en toerisme agentskappe) op n wyse soos deur die direksie bepaal. 3.12. Om internasionale of plaaslike vergaderings, seminare, inligtingsdae of konferensies by te woon of te ondersteun deur die lewering van verhandelings of die bespreking van onderwerpe wat betrekking het op die skaarswildbedryf en aanbevelings te maak oor sake wat gemeenskaplike optrede verg. 3.13. Om Swart Ekonomiese Bemagtiging aan te spreek en te bevorder, en om daadwerklik die ontwikkeling en opleiding van werkgewers en werknemers in die skaarswildbedryf te verbeter. 3.14. Om die bevordering van gesonde arbeidsverhoudings en beroepsveiligheid in die skaarswildbedryf te fasiliteer. 4. EIENDOMSREG VAN LEDE EN BEPERKING VAN AANSPREEKLIKHEID 4.1. Geen lid van SBSW sal op grond van lidmaatskap van SBSW enige eiendomsreg, titel of eis ten opsigte van of belang in enige eiendom van SBSW verkry nie. 5. PLIGTE EN BEVOEGDHEDE VAN DIE DIREKSIE 5.1. Die sake van SBSW word deur die direksie ooreenkomstig hierdie Grondwet en besluite van die Algemene Jaarvergadering bestuur. 5.2. Die direksie voer die doelstellings van SBSW uit en het, benewens die ander bevoegdhede wat hierin aan die direksie toegewys word, ook die volgende bevoegdhede namens SBSW: 5.2.1. 5.2.2. Om gesamentlike en afsonderlik doelmatige en eties korrekte korporatiewe bestuur van SBSW na te streef en te verseker. Om gelde en ander bates vir SBSW te ontvang, te administreer en aan te wend; om gelde wat nie onmiddellik deur SBSW benodig word nie, te belê en 1sodanige beleggings te wysig of tot geld te maak. Die direksie kan SBSW se fondse binne of buite Suid-Afrika bestee. SBSW GRONDWET Bladsy 4

5.2.3. 5.2.4. 5.2.5. 5.2.6. 5.2.7. 5.2.8. 5.2.9. Om kontrakte of ooreenkomste namens SBSW te sluit en om regsgedinge namens SBSW in te stel of te laat instel, te voer of te laat voer, te verdedig of te laat verdedig, te skik of te aanvaar asook om enige regsgeding teen die SBSW te verweer of te skik. Om enige geskil waar moontlik, aan arbitrasie te onderwerp en om, in verband met sodanige regsgedinge of arbitrasie en enige Kommissie van Ondersoek die nodige regspraktisyns aan te stel en te vergoed. Om amptenare, kontrakteurs of agente aan te stel om die werk en sake daarvan te behartig en uit te voer; met die magte, vergoeding en ander voorwaardes soos toepaslik wat van tyd tot tyd bepaal mag word. Om ampsdraers en amptenare skadeloos te stel ten opsigte van enige leed of skade deur hulle in die loop van hulle diens opgedoen, en getrouheidswaarborgpolisse uit te neem vir persone wat gelde van SBSW hanteer. Om verteenwoordigers te benoem en/of te verkies om te dien in owerheidsliggame of enige ander liggaam of organisasie wat betrekking het op die skaarswildbedryf. Om geskenke en/of bydraes namens SBSW te ontvang. Om alle nodiger stappe te doen ten einde aan bogenoemde bevoegdhede en doelstellings uitvoering te gee, met dien verstande dat: 5.2.9.1. SBSW n regspersoon is, en is as sodanig die selfstandige draer van regte en verpligtinge, afsonderlik van sy onderskeie lede; 5.2.9.2. by afwesigheid van ontbinding, soos hierin vermeld, SBSW oor die eienskap van voortdurende opvolging beskik, en as n selfstandige entiteit sal voortbestaan nieteenstaande wisseling van lede; 5.2.9.3. in die sluit van regshandelinge namens SBSW, die aanspreeklikheid van sy amptenare, lede en direksie uitdruklik beperk word tot die omvang van die bates van SBSW op enige gegewe tydstip insluitend ledegelde van die betrokke finansiële jaar. 5.2.9.4. Die aanspreeklikheid van enige lid van, of lid van die direksie van SBSW, is beperk tot die ledegelde deur hom/haar betaalbaar in n enkele finansiële jaar. SBSW GRONDWET Bladsy 5

6. KANTOORPERSONEEL 6.1. Die direksie stel die voorsitter aan wat die hoof uitvoerende amptenaar van SBSW is. 6.2. Die pligte van die hoof uitvoerende amptenaar sluit die volgende in: 6.2.1. 6.2.2. 6.2.3. 6.2.4. 6.2.5. 6.2.6. 6.2.7. 6.2.8. doelmatige administrasie van SBSW se aktiwiteite; funksioneer as algemene maatskappy-sekretaris; die werwing van nuwe lede; en die in stand hou van n lederegister; die uitvoer van finansiële en rekenpligte aktiwiteite; die sekretariële werk verbonde aan SBSW, die Algemene Jaarvergadering en vergaderings van die direksie; die voorlegging van finansiële state aan die SBSW Algemene Jaarvergadering; om geouditeurde state aan die direksie voor te lê vir goedkeuring; enige ander pligte deur die direksie bepaal. 7. LIDMAATSKAP 7.1. Die toelating en aanvaarding van nuwe lede, en opheffing van lidmaatskap is onder die beheer en volle diskresie van die stigterslede, sonder opgaaf van redes. 7.2. Die stigterslede is die lede wat verantwoordelik was vir die aanvanklike stigting van SBSW en wild voorsien het vir ten minste drie agtereenvolgende veilings, insluitende die veiling van 2012. 7.3. Die stigterslede is: 7.3.1. 7.3.2. 7.3.3. 7.3.4. 7.3.5. 7.3.6. 7.3.7. 7.3.8. Johan Kruger Chattaronga Safaris Pieter le Roux Kaaienbult Anton Bothma Botse Safaris Rikus Myburgh HJ Myburgh Boerdery Leon Vos Leon Vos Boerdery Kobus Fourie Thsipise Buffalo Stuart Williams Tally-Ho Game Ranch Sarel Erasmus Pieter Erasmus & Seuns SBSW GRONDWET Bladsy 6

7.4. Addisionele lede: 7.4.1. 7.4.2. 7.4.3. 7.4.4. 7.4.5. 7.4.6. 7.4.7. 7.4.8. 7.4.9. Pieter Hoogenboezem Vlieland Wild Johan de Swart - Stoke Lourens du Plessis Louma Boerdery Willem van der Merwe Rooi Ivoor Boerdery Tanie Vos Tanie Vos Boerdery Hanno van Rensburg Hanno Authentic Johan van Wyk CVO Skool Vivo Lood Goosen Hanley Frikkie Roux Nu Ashton 7.5. Die lede van SBSW bestaan uit: 7.5.1. 7.5.2. 7.5.3. 7.5.4. bona fide wildboere (soos per artikel 7.6); ere-lede (soos per artikel 7.9); gekoöpteerde lede (soos per artikel 7.10); geassosieerde lede. (soos per artikel 7.11) 7.6. In ooreenstemming met die bedoeling van Artikel 3.1 hierbo word n wildboer gedefinieer as n persoon of maatskappy wat, 7.6.1. 7.6.2. 7.6.3. 7.6.4. direk in beheer is van die titelregte van grond (geregistreerde eienaar van die grond), of sodanige grond huur, of in n kontraktuele verhouding staan met die eienaar of huurder van sodanige grond waarvan die doelwit wildproduksie, jag en/of eko-toerisme is (die kontraktuele verhouding moet vir die direksie aanvaarbaar wees); of eiendomsreg het van wild soos vervat in Wet 105 van 1991. 7.7. Aansoeke om toelating as lid moet deur middel van n voltooide, voorgeskrewe aansoekvorm om lidmaatskap wees en die besonderhede bevat soos deur die direksie voorgeskryf. 7.8. Lede betaal SBSW ledegelde soos jaarliks deur die direksie bepaal. 7.9. n Erelid is n persoon wat hom of haar onderskei het en aan wie SBSW eer wil betoon vir voortreflike dienste en word op aanbeveling van die direksie aangewys. n Erelid geniet al die voordele van lidmaatskap. 7.10. Ander individue wat nie ooreenkomstig Artikel 7.2 en 7.4 kwalifiseer vir lidmaatskap nie, kan gekoöpteer word as lid van SBSW in enige hoedanigheid soos deur die direksie goedgekeur. Gekoöpteerde lede geniet al die voordele van lidmaatskap. SBSW GRONDWET Bladsy 7

7.11. Ander individue wat nie ooreenkomstig Artikel 7.2, 7.3, 7.8 en 7.9 kwalifiseer vir lidmaatskap nie, kan as geassosieerde lede van SBSW aanvaar word maar sal geen stemreg hê nie. 8. STEMMING DEUR LEDE 8.1. Elke lid, soos gedefinieer in Artikels 7.2, 7.3, 7.8 en 7.9, wie se ledegelde opbetaal is, is by enige Algemene Jaarvergadering stemgeregtig, en sal slegs een stem hê. 9. ALGEMENE JAARVERGADERING 9.1. Tensy daar volgens die mening van die SBSW direksie buitengewone omstandighede bestaan, word daar jaarliks n Algemene Jaarvergadering gehou. 9.2. Verteenwoordiging op die Algemene Jaarvergadering sal wees: 9.2.1. 9.2.2. Die direksie van SBSW Lede van SBSW 9.3. Tydens die Algemene Jaarvergadering doen die direksie verslag met betrekking tot die jaar se aktiwiteite per portefeulje, en gee n oorsig van strategiese aspekte vir die komende jare. 9.4. Die lede van die direksie word tydens SBSW Algemene Jaarvergadering verkies. 9.5. Die voorsitter en ondervoorsitter word vir n termyn van twee agtereenvolgende jare verkies, en kan na so n dienstermyn weer as voorsitter of ondervoorsitter gekies word. Die ondervoorsitter kan egter onmiddellik as voorsitter deur die direksie verkies word, indien dit nodig sou wees. 9.6. Die direksie kan besoekers na die Algemene Jaarvergadering uitnooi. 9.7. Die Algemene Jaarvergadering vind plaas op die plek en tyd deur die direksie bepaal. Kennis word ses weke voor die vergadering gegee. 9.8. Op die Algemene Jaarvergadering word die aangeleenthede wat op die sakelys verskyn en enige onbestrede mosie wat nie op die sakelys is nie, behandel. Enige lid kan n voorstel vir n oorweging op die sakelys indien. 9.9. Elke voorstel wat op die sakelys geplaas word, moet: 9.9.1. 9.9.2. binne die raamwerk van SBSW se doelstellings val; minstens een maand voor die datum van die Algemene Jaarvergadering skriftelik aan die sekretariaat voorgelê word; SBSW GRONDWET Bladsy 8

9.9.3. deur die direksie goedgekeur word vir insluiting op die sakelys. 9.10. By n Algemene Jaarvergadering kan oor enige saak wat SBSW raak besluit word behalwe sake wat aan die direksie gedelegeer is in terme van hierdie Grondwet. 9.11. Die verkiesing van die voorsitter en ondervoorsitter geskied per stembrief na ʼn skriftelike nominasie deur ʼn voorsteller en sekondant. 9.12. Die stigterslede het n vetoreg van enige besluit wat op die algemene jaarvergadering geneem word, mits minstens twee derdes van die stigterslede sodanige veto ondersteun. 10. AANSTELLING VAN DIREKSIE 10.1. Die voorsitter en ondervoorsitter, en ten minste 4 nie-uitvoerende direkteure word vir n 2 jaar termyn tydens die Algemene Jaarvergadering verkies. 10.2. Die voorsitter, ondervoorsitter en die vier nie-uitvoerende direkteure is die direksie van SBSW. 10.3. Die direkteure word in portefeuljes soos volg aangewend en gemandateer: 10.3.1. 10.3.2. 10.3.3. 10.3.4. 10.3.5. 10.3.6. Regulatoriese aangeleenthede; Administrasie en skakeling met bedryf; Bemarking, handel en veiling; Navorsing, bewaring, standaarde en norme; Finansies en Borgskappe; Lede-aangeleenthede 10.4. Die eerste direksie van Soutbansberg Skaarswildstudiegroep (Pty) Ltd sal die volgende persone wees: 10.4.1. 10.4.2. 10.4.3. 10.4.4. 10.4.5. 10.4.6. Johan Kruger Voorsitter Pieter le Roux Ondervoorsitter Anton Bothma Johan de Swart Rikus Myburgh Philip Kruger 11. DIREKSIEVERGADERINGS 11.1. Direksievergaderings word kwartaaliks gehou. SBSW GRONDWET Bladsy 9

12. AANSTELLING VAN OUDITEUR 12.1. Die Algemene Jaarvergadering stel n ouditeur aan op n jaarlikse basis. 13. FINANSIëLE JAAR 13.1. Die finansiële jaar van SBSW is 1 Januarie tot 31 Desember. 14. ONTBINDING VAN SBSW 14.1. SBSW word ontbind indien ten minste twee-derde van die stigterslede wat by n SBSW Algemene Jaarvergadering stemreg het, by wyse van n stembrief ten gunste van sodanige ontbinding stem. 14.2. Geen voorstel vir die ontbinding van SBSW sal oorweeg word tensy alle lede ten minste negentig dae voor die oorweging van die voorstel deur die direksie daarvan in kennis gestel is nie. 14.3. In die geval van ontbinding/likwidasie van SBSW word alle lopende uitgawes en verpligtinge daarvan gedelg. Enige bates wat na voornoemde proses die restant vorm, word nie aan die lede van SBSW uitbetaal of verdeel nie. Sodanige restant word deur die direksie geskenk of op n ander wyse oorgedra aan n organisasie met soortgelyke doelstellings as die van SBSW welke ontvanger organisasie minstens van inkomstebelasting vrygestel moet wees. Indien die direksie nie tot n vergelyk kan kom met betrekking tot die ontvanger van die restant bates nie, sal die Minister waaronder die wildbedryf resorteer die nodige besluite neem. 15. WYSIGING VAN DIE GRONDWET 15.1. Hierdie grondwet kan by n SBSW Algemene Jaarvergadering by besluit wat met n twee-derde meerderheid van die teenwoordige stemgeregtigde lede aanvaar is, gewysig word. Stemming geskied per stembrief. 15.2. Elke voorstel vir n wysiging van die grondwet moet in die agenda van die betrokke SBSW Algemene Jaarvergadering vervat wees tesame met n aanbeveling van die direksie asook die stigterslede. 15.3. Die direksie kan n wysiging aan die Grondwet voorstel en aanbeveel. 16. TAAL 16.1. Die grondwet word in Engels en Afrikaans weergegee. In geval van teenstrydigheid tussen die twee tekste geniet die Engelse teks voorrang. SBSW GRONDWET Bladsy 10

17. GOEDGEKEURING VAN GRONDWET 17.1. Hierdie Grondwet is goedgekeur en aanvaar as die Grondwet van die Soutpansberg Skaarswildstudiegroep tydens die SBSW Algemene Jaarvergadering gehou te PLEK op die dag van van DAG MAAND JAAR Bevestiging van goedkeuring: Geteken VOORSITTER Naam Geteken Getuie 1 Naam Geteken Getuie 2 Naam SBSW GRONDWET Bladsy 11