P o s b u s 2 2, P O R T E R V I L L E, 6 8 1 0 T E L : 0 2 2 9 3 1 2 1 7 4 F A K S : 0 2 2 9 3 1 3 3 2 1 E P O S : s e k r e t a r e s s e @ p o r t e r h s. c o. z a HOëRSKOOL PORTERVILLE Weekbrief 23/2014 08 Augustus 2014 INTERSKOLE 2014 POWER NET 15 DAE OOR TOT DIE INTERSKOLE! GESTIG 1870 Kwalifiseer vir Finale Rondte: Harmony SA Wiskunde Olimpiade Chrizelle du Plessis het gekwalifiseer om aan die finale rondte van die Harmony Suid-Afrikaanse Wiskunde Olimpiade vir graad 9 deel te neem. Dit is n puik prestasie en die 2 de keer dat n leerder van Porterville dit vermag. Harmony SA Wiskunde Olimpiade word gereken as een van Suid-Afrika se gesogste Wiskunde Olimpiades. Ons is saam met haar ouers, trots op Chrizelle! KYKNET Skole Top 10 Op Woensdag, 6 Augustus was dit Aksie kamera rol! Die KykNET opname het baie goed verloop. Die span van KykNET was vreeslik beïndruk met ons skool en n atmosfeer van opwinding het op die dag geheers. Moontlike uitsaaidatums word vir 1 of 2 September 2014 beoog. Dit sal op KykNET uitgesaai word. Graad 9 Vakkeuse Leiding Die Graad 9 leerders se vakkeurse aand, Dinsdag 21 Oktober 2014 kom vinnig nader. Baie belangrike besluite/keuses moet dan gemaak word. Die skool het dit goed gedink om professionele hulp in te win om leerders by te staan met dié keuse wat die res van hulle lewens sal beïnvloed. Die professionele toetsing word beoog voor die vakkeuse datum sodat die nodige terugvoer aan ouers en leerders betyds gegee kan word. Daar sal egter kostes vir u as ouer verbonde wees aan hierdie proses. Alle graad 9 leerders sal volgende week n skrywe ontvang met die besonderhede. HSP GHOLFDAG Die HSP Gholfdag vind vanjaar op Saterdag, 6 September 2014 plaas. Ons vra verskoning vir die verskuiwing van die datum vanaf 13 September na 6 September as gevolg van n misverstand tussen die skool en die gholfklub. Hou asseblief 6 September oop vir HSP Gholf! Taal Bonanza Die Finale Rondte van die Taal Bonanza vind op 15 Augustus 2014 plaas by L/S Olifantsvallei op Citrusdal. Registrasies vind plaas om 14:30 en die program begin stiptelik om 15:00.
WES-BOLAND EISTEDDFOD UITSLAE VIR MUSIEK KLAVIER Cum Laude: Mari de Lange Goud : Tacara du Bois, Janie de Lange & Chrizelle du Plessis Silwer: Francesca Olivier, Inge von Wielligh & Bianca van Wyk SANG Goud: Gr.5 : Henco Swanepoel Gr. 6 : Inge von Wielligh Gr.8 : Myrtell Femston Meryl-Ann Ficks Elzaan Engelbrecht Gr.10 : Charlize van Zyl Gr.12 : Anandie Burger Bianca & Carla van Wyk (duet) Goud X2: Gr.12 : Allen Daniëls Bianca van Wyk Silwer: Gr.10 : Carla van Wyk Carla & Charlize (duet)
BAIE DANKIE Dirk Olivier vir die Lemoene en Patat vir die Koshuis. SANESA (PERDRY) Baie geluk aan Alannah Olivier (Gr.9) en Francesca Olivier (Gr.6) wat opgeneem is in die Boland Equestrian Span. Die streek-finale vir die Wes-Kaap span vind plaas vanaf 7 tot 10 Augustus op Stellenbosch. OUD LEERDER PRESTEER Diaan van den Heever (2010) behaal die volgende prestasie: Bachelor of Science in Computer Systems-Heriot Watt Universiteit. Baie geluk aan hom en sy ouers. INBETALING van GELD in SKOOL se BANKREKENING Ons vra dat ons ouers asseblief seker sal maak dat die rede vir die inbetaling van geld in die skool se rekening aangebring word by die verwysing, bv. skoolfonds/naam van leerder/advertensie. Inbetalings ten opsigte van die koshuis word in n aparte bankrekening inbetaal. Ouers wat die afgelope tyd inbetalings gedoen het en nie genoem het waarvoor/wie dit is nie, moet asseblief vir me. Kriel (finansies) skakel sodat sy die allokering teenoor u rekening kan doen. ONS GEE NET WEER DIE SKOOL & KOSHUIS SE BANKREKENING VIR ALLE INBETALINGS: SKOOL : Hoërskool Porterville, Absa,Rekening - 2100390046 KOSHUIS : Huis van Riebeeck, Absa,Rekening - 2100142913
CAPPING DINEE Tydens hierdie geleentheid word ons eerste spanne aan ouers, familie en vriende bekend gestel en die spelers word deur hulle ouers gecap en geserp. DATUM : 19 Augustus 2014 TYD : 19:00 TOEGANG : R75 p/p PLEK : Hoërskool Skoolsaal KAARTJIES : Elna Lombard by HSP se Ontvangs n Ligte ete sal op hierdie aand bedien word! KOM EN GENIET DIE AAND SAAM MET U KIND! twee- SWARTLAND SANGFEES jaarlikse sangfees word vanjaar vir die 27ste keer aangebied. Datum : Maandag, 11 Augustus Tyd : 19:30 Plek : NG Kerksaal Piketberg Toegang : R20 (Volwassenes & Skoliere) Kaartjies/Programme kan aangekoop word by Elna Lombard Ontvangs) NB: Die program sal dien as toegangskaartjie! Die (HSP VROUEDAG ONTHOU VROUEDAG OP VRYDAG, 9 AUGUSTUS 2013 BEDERF DIE VROU IN JULLE LEWENS!!
PORTERVILLE VS GOUDINI (TUIS) SATERDAG, 9 AUGUSTUS RUGBY NETBAL A-veld Tye Baan 1 Baan 2 Baan 3 0/7 + 0/9 08:30 0/16A 0/11A 0/7 0/11 09:00 0/8 09:05 0/16B 0/12A 09:30 0/9 09:40 0/19B 0/13A 0/13 09:50 09:55 0/10A 10:15 0/19A 0/15A 10:40 0/19A 11:50 PORTERVILLE VS STEYNVILLE (TUIS) DINSDAG, 12 AUGUSTUS RUGBY NETBAL A-veld Tye Baan 1 Baan 2 0/9 14:45 0/11A 0/9A 0/11 15:15 0/10A 15:20 0/12A 15:55 0/13A 0/13 16:00
OORDENKING VIR DIE WEEK DIE SLEUTEL TOT VERBINTENIS... Iemand wat die hand aan die ploeg slaan en aanhou omkyk na wat agter is, is nie geskik vir die koninkryk van God nie. (Lukas 9:62). Die 1ste sleutel is n gelukkige lewe en dit is alleen moontlik deur in totale afhanklikheid van God te lewe. Die 2de sleutel is as jy God 100% nodig het om gelukkig te wees, vra Hy 100% van jóú! n Jesus-lewe vra alles, maar gee ook alles. Jy kan nie vir Jesus halfhartig volg en dien nie. Jy kan nie n agterdeur oop hou om nog in die wêreld soos die wêreld te lewe nie. God laat nie met Hom onderhandel dat jy die beste van twee wêrelde kan probeer geniet nie. Jy kan nie met een voet in die koninkryk van God staan en met die ander voet vastrap in die vernietigende genot van die goddelose wêreld nie. Jy kan ook nie voorgee dat jy finaal en volledig gekies het vir n Jesus-lewe, maar eintlik is jou hart nie daarin nie. Jy kan nie probeer om reg te lewe nie, jy gaan dit nie regkry nie. Self probeer sonder God, is dieselfde as om terug te verlang na n lewe sonder Jesus. In Lukas 9 is Jesus aan die woord oor die verskonings wat daar kan wees om Hom nie onmiddellik en volledig te volg nie. Hy duld geen halfhartige navolging nie. Iemand wat terugkyk terwyl hy ploeg, doen dit skeef en oneffektief elke mens wat terugverlang na die lewe sonder Jesus, is nog nie n Jesus-mens nie! Jesus vra n 100% oorgawe aan Hom, Hy vra jou heel beste, Hy vra dit onmiddellik... dit beteken: HY GEE ALLES VIR JOU sodat: Jy Hom 100% sal volg; Jy jou beste vir Hom sal doen; Jy jou beste vir Hom sal gee; Jy jou hele lewe aan Hom sal wy; Jy Hom bo alles sal lief hê; Jy Hom 24 uur per dag en 7 dae van die week sal dien; en Jy die heel meeste uitsien om Hóm in die hemel te sien!
WEEKPROGRAM Vrydag, 08 Augustus - Saterdag, 09 Augustus - Rugby & Netbal - Goudini (T) Vrouedag Maandag, 11Augustus - Verbruikerstudie Gr.12 Eksterne PAT Sangfees - Piketberg (Interskole) Eisteddfod - Voordrag (Gr.6 - Gr.7) HvR Komitee vergadering Dinsdag, 12 Augustus - Verbruikerstudie Gr.12 Eksterne PAT H/S Netbal - Montana (W) L/S Rugby & Netbal - Steynville Primêr (T) Eisteddfod - Voordrag (Gr.6 - Gr.7) Woensdag, 13 Augustus - Donderdag, 14 Augustus - Eisteddfod - Voordrag (Gr.1 - Gr.3) Interskole Sokkie Eisteddfod - Voordrag (Gr.1 - Gr.3) Vrydag, 15 Augustus - Eisteddfod - Kunsuitstalling (Langebaan) 40 Days (Gr.12) Saterdag, 16 Augustus - Rugby & Netbal - Charlie Hofmeyer (W) WILLEM ENGELBRECHT SKOOLHOOF