IN DIE HOOGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) Datum: 24/5/2006 In die aangeleentheid van Saaknommer 35953/03

Vergelijkbare documenten
UITSPRAAK. [1] In hierdie uitspraak sal die partye na verwys word soos in konvensie in die hoofaksie.

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

ANNA HENDRINA MYBURGH

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

CILLIé R et VOGES WR. [1] Die verhoor van hierdie beskuldigde het in die landdroshof te. Sasolburg n aanvang geneem op 11 November 2002.

[1] Hierdie is n aansoek vir die voorlopige likwidasie van die. respondent nie in staat is om sy skulde te betaal nie.

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die

MALHERBE RP et VAN COPPENHAGEN R VAN COPPENHAGEN R. [1] Die appellant n 46 jarige man het in die Landdroshof

REDES VIR BEVEL GELEWER OP 28\10\2005

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

IN DIE HOË HOF VAN SUID AFRIKA GAUTENG AFDELING, PRETORIA

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN SKILLFULL 54 (EDMS) BEPERK JOHANNES WAGENAAR HUMAN N.O.

Kom ons kyk nou gou net na die getalle van nul to by 999 en selfs groter, as n hersiening van plekwaardes. Bewerkings met telgetalle

UITSPRAAKOPHERSIENING

VAN COPPENHAGEN R. 1. Respondent het as prokureur gepraktiseer tot 5 Augustus 1999 op welke

UITSPRAAK. IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Saak No: CA&R 23/2010 Saak Aangehoor: 24/05/2010 Datum gelewer: 28/05/2010

HARMONY GOLD MINING COMPANY BPK. CORAM: MUSI, CJ, R et MURRAY, H, Wnd R. [1] Die Appellant appèlleer teen die geheel van die uitspraak van

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

NASIONALE BEDINGINGSRAAD VIR DIE CHEMIESE NYWERHEID CEBONE COLLETTE DE BEER WISE WINDSCREEN REPAIRS BK TOEKENNING

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II LEERUITKOMS 3 & 4 LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

Watter koek se dele lyk vir jou die grootste? Dis Reg! Die koek wat in 3 dele gesny is se dele is groter as die koek wat in 4 dele gesny is.

MALHERBE RP. Eiseres vorder skadevergoeding in haar persoonlike hoedanigheid. as moeder en natuurlike voog van haar minderjarige seun, Stefan

Sê maar jy word voor die keuse gestel om een van die volgende getalle as geld in Rand te ontvang, watter een sal jy kies?

Eerste applikant. Tweede applikant. Derde applikant. Vierde applikant. Vyfde applikant. Eerste respondent. Tweede respondent.

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA 70/85. (APPèLAFDELING) In die saak tussen: CILLIé, HOEXTER et VAN HEERDEN, ARR. Verhoor: 24 Mei 1985

IN DIE HOe HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD GAUTENG HOe HOF, PRETORIA)

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

AANVANG VAN N ONDERSOEK VAN BEWEERDE ONBEHOORLIKE GEDRAG

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

Paulus kritiseer sy tyd se manier

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

VRAE EN BESWARE WAT MENSE SOMS OOR DIE DOOP HET

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

0:03: 01:5 Vertel mekaar watter labels mense al op jou gesit het. Wat het mense jou al genoem... goeie goed en slegte goed, dit is alles labels...

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

SPESIALE INTERIM HS 21 & 22 HSAG NUUSBRIEF: NOVEMBER 2018

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING. Land & Landbou Ontwikkelingsbank van S.A. In die saak tussen: h/a Die landbank

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Briewe, posseëls en elektroniese pos

Jesaja sien die Toekoms

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

[1] Hierdie appèl is gerig teen die afwysing, met koste, van die appellant se. vorderings teen beide die eerste respondent en die tweede

INLIGTINGSDOKUMENT: HOE OM GRONDEISE TE HANTEER

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Wie in die Here glo, vertrou Hom met die bestemming.

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) KIMBERLEY SAAK NO.: 183/2005 DATUM: In die Hersieningsuitspraak van:

Saak nr 438/92 /MC IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPeLAFDELING) Tussen. GIDEON JOHANNES BOTHA Appellant. - en - DIE STAAT Respondenb

2. Die skepping van die mens

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

by die werk Mm, ek moet hierdie nuwe assistent n bietjie beter leer ken.

Pragtige Koningin Ester

Die horisontale as verteenwoordig die invoerveranderlike en die vertikale as die uitvoerveranderlike, en die twee asse sny by n gesamentlike nulpunt.

WAT IS DIE VOLGORDE VAN DIE VERLOSSINGSERVARING?

ENKEL E BELANGRIKE REGTE VAN WERKNEM ERS. 1. Die werknemer se reg op vryheid van assosiasie.

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

Galasiërs 6:11. Kyk met watter groot letters ek met my eie hand aan julle skrywe! (Galasiërs 6:11)

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

WRIGHT R et VAN DER MERWE R VAN DER MERWE R. [1] Die beskuldigde in hierdie hersieningsaak is op 26 Junie

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

U het rég gehoor: dat u die HÉre daar gaan dien; want dis wat die Heilige Gees ons hier laat hoor, dat ook ons alledaagse werk godsdiens is.

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

SNIPPER-SNIP KLEUTERSKOOL EN CRÈCHE

FAKTORE EN VEELVOUDE

Les 14: Entrepreneurskap

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

1 JOHANNES 2: Votum en seën. Psalm 34 : 1, 4. Geloofsbelydenis: Nicea. Wet: Exodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 34 : 6. Gebed

Sakkie Parsons E-Pos Bediening

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

JOHANNES 6:48 HK 28. Votum en seën. Psalm 100 : 1, 3. Gebed. Skrifberyming 54 (2-6) : 1. Skriflesing: Johannes 6:41-59 (AV 1983) Belydenis: HK 28

Verloop van die kerkregtelike proses. Besluite van die Algemene Sinode: Selfdegeslag verhoudinge

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling, Kimberley)

Transcriptie:

fc IN DIE HOOGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA ONRAPORTEERBAAR (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) Datum: 24/5/2006 In die aangeleentheid van Saaknommer 35953/03 ALETTA MARIA BOTHA APPLIKANT EN LOUIS JOHANNES BOTHA RESPONDENT Koste geskil oor uitoefeing van toegangsregte kostebevel gemaak aansoek om verlof tot appèl teen die kostebevele van die hand gewys. Van Rooyen WnR [1] In September 2005 het ek in `n bestrede aansoek wat gegaan het oor die beheer en toesig van kinders `n bevel gemaak wat die geskil besleg het deur die oorspronklike bevel aan te pas by nuwe omstandighede. Ek moes ook drie bevele oor koste maak. Die Applikant, mev Botha, moes die koste van die 13 Januarie 2004-aansoek betaal, die Respondent moes die koste van `n Augustus 2005-uitstel betaal en elke party moes haar of sy eie koste betaal vir die dag waarop ek die aangeleentheid aangehoor het. Alhoewel die bevel verwys na 13 Januarie 2005, was die party dit eens dat die datum 2004 moes wees. Ek het die bevel reeds tevore gewysig. Die applikant doen aansoek om verlof tot appèl teen die drie kostebevele wat ek in September 2005 gemaak het: sy versoek dat die kostebevele van 13 Januarie 2004 en September 2005 teen die respondent moet gaan en dat die Augustus-bevel nie net op die gewone skaal moet wees nie, maar op die skaal van prokureur en kliënt.

2 [2] Die dispuut tussen die voormalige egpaar het gegaan oor die wysiging van `n egskeidingsbevel met betrekking tot die redelike toegang van die respondent tot die kinders. `n Tipiese kenmerk van die omvattende stukke is die felheid van die aantygings wat oor en weer gemaak is. Dit het sover gegaan dat die applikant selfs die respondent van seksuele misbruik van die dogtertjie beskuldig het en dat die respondent `n lastersaak teen haar aanhangig gemaak het. Ek het die oorspronklike bevel in September 2005 gewysig, nadat ek beslis het dat die aantygings oor seksuele misbruik teen die respondent deur die applikant op die stukke ongegrond was. [3] In 2006 het die applikant my genader om die kostebevel van 13 Januarie 2004 kragtens Reël 42 weer in oënskou te neem, aangesien applikant die indruk gedurende die aanhoor van die aangeleentheid gekry het dat ek van plan was om deurgaans elke party sy eie koste te laat betaal. Ek het beslis dat ek nòg kragtens Hofreël 42 nòg kragtens die gemene reg die bevel kon wysig. Ek is versoek om redes te gee vir die kostebevele en ek het dit by die weiering van die aansoek kragtens Reël 42 ingesluit. Ek het die bevel op 8 Februarie in die hof oorgedra. [4] Die aansoek om verlof tot appèl is twee dae laat geliasseer. Daar is aansoek gedoen om kondonasie van die laat aansoek. Die redes wat aangevoer is vir die toestaan van die kondonasie het neergekom op `n oorsig van wat gebeur het tussen September 2005 en 3 Maart 2006, toe die aansoek om verlof liasseer is. Applikant vermeld dat vergeefse pogings om die koste te skik aangewend is en dat sy nie oor die nodige fondse beskik het vir verdere litigasie nie. Ek is van mening dat die applikant `n afdoende saak uitgemaak het vir die laat-liassering van die aansoek om verlof en ek verleen dus kondonasie

3 daarvoor. Tot voordeel van die applikant aanvaar ek dat die relevante termyn vir die aansoek om verlof vanaf 8 Februarie 2006 moet loop. [5] Voor ek die meriete van die aansoek verder ondersoek, is dit nodig om te verwys na opmerkings wat ek gemaak het in die Reël 42-aansoek. Ek het gemeld dat indien ek de novo sou kon kyk na die bevele ek elke party sou beveel het om sy of haar eie koste te betaal in elk van die drie gevalle. Ek het sover gegaan om selfs te meld dat ek by nabetragting `n mistasting begaan het: ek het gedink dat ek die koste gelyk op verdeel deur die bevele te maak wat ek gemaak het. My mikpunt was klaarblyklik om die heftige strydbyl tussen die partye tot rus te bring en, ter wille van die kinders, nie die stryd nog verder aan te blaas deur kostebevele nie. Dat ek nie daarin geslaag het nie, blyk uit die feit dat die stryd klaarblyklik nog in felheid voortduur. [4] Die vraag is of daar `n redelike vooruitsig is op sukses op appèl ten aansien van die bevele wat ek gemaak het. Sien Zweni v Minister of Law and Order 1993(1) SA 523(A) op 531E. [5] Me Ferreira, wat vir die applikant opgetree het, het op my vraag hieroor, geargumenteer dat my verwysing na `n mistasting, in hierdie omstandighede, nie die finale toets is nie. Dis `n blote opmerking oor wat ek, by nabetragting, gedink het oor die bevele. Die vraag is of ek bevele gemaak het wat objektief geregverdig was. Die huidige vraag is, in elk geval, of daar objektief gesproke, in die lig van al die feite, `n redelike vooruitsig van sukses op appèl bestaan. Ek neem hier in ag dat daar nie geredelik op appèl ingemeng word met kostebevele nie.

4 [6] Ek het weer die stukke gelees. Eerstens die 13 Januarie-aansoek. Die respondent was ongelukkig met die samewerking van die applikant ten aansien van sy reg tot toegang. Die enigste basis waarop hy toegang sou kon kry was die volgende klousule in die egskeidingsbevel: Die reg om die minderjarige kind per vooraf reëling met die eiseres te eniger tyd te besoek indien omstandighede dit toelaat, tot en met voormelde minderjarige kind die ouderdom van vyf jaar bereik. Na die kind vyfjarige ouderdom bereik, sou `n ander, meer toeskietlike reëling geld. Die partye het aanvaar dat die reg van toegang ten aansien van die seuntjie wat na die egskeiding gebore is, ook deur die klousule beheers sou word. Aanvanklik het die partye sonder probleme hierdie klousule toegepas. Hulle het selfs weer saam gewoon vir `n ruk. [7] Mettertyd het daar egter skerp verskille ontstaan oor hoe die toegang beheer sou word. Volgens die respondent het die applikant onredelik begin optree en het dit hom genoodsaak om groter duidelikheid oor die toegangsregte te verkry. Die aangeleentheid is op die spits gedryf deur omstandighede aan die einde van 2003. Op 19 Desember 2003 het die applikant die huidige aansoek aanhangig gemaak op `n dringende basis. Gepak met verslae van deskundiges het dit uiteindelik in September 2005 voor my gekom. [8] Aangesien die partye mekaar oor en weer heftig beskuldig was dit moeilik om te besluit wie se skuld eintlik gelei het tot die dringende aansoek aan die einde van 2003. Uit `n e-pos van 10 Oktober 2003 van die applikant aan die respondent (bl 17-20 van die gepagineerde stukke) kan daar egter afgelei word dat applikant eise aan die respondent gestel het wat hom tereg omgekrap het. Sy verwys weer na optredes van hom wat haar benadeel het: soos om haar posisie in sy firma van vryskut na werknemer te verander,

5 met gevolglike verlies aan salaris. Die toon van die e-pos is duidelik onredelik. Die klousule in die egskeidingsbevel het op die oog af `n breë diskresie aan die applikant gegee wat dit, uit `n leke hoek, vatbaar gemaak het vir misbruik. Uit `n juridiese hoek sou die diskresie natuurlik redelik uitgeoefen moes word, maar in die praktyk is die klousule vatbaar vir misbruik deur leke. [9] Op die 13de Januarie 2004 het die partye, opvolgend tot die dringende aansoek van die respondent, `n ooreenkoms gesluit wat `n bevel van die Hof laat gemaak is (sien bl 271). Dit het `n inleidende klousule bevat dat die partye vir drie maande ouerbegeleiding moes ondergaan. Gedurende die periode sou die respondent die volgende toegangsregte tot die twee kinders geniet: (1) die reg om die kinders by hom te hê elke alternatiewe Saterdag vanaf 09:00 17:00; (2) die reg om die kinders by hom te hê elke alternatiewe Sondag vanaf 09:00 tot 17:00; (3) die toegangsregte sou daarop neerkom dat die respondent die kinders by hom sou hê elke alternatiewe naweek vir een dag. Sewe dae kennisgewing sou gegee moes word indien die voorgaande nie nagekom kon word nie. Redelike telefoniese kontak is ook toegelaat. Na drie maande sou die sielkundige dan `n verslag lewer en reëlings aanbveel. As enige van die partye nie saamstem nie, sou daardie party die Hof kon nader. Klaarblyklik was die saak nog nie opgelos nie en moes ek die geskil in September 2005 besleg. [10] Alhoewel die 13 Januarie 2004-bevel `n tydelike bevel was, blyk dit, ten spyte van wat Me Ferreira argumenteer het namens die applikant, dat die respondent tog `n verbetering in sy posisie bereik het. Die applikant se uitoefening van haar bevoegdheid was onbillik en het onsekerheid veroorsaak. Die hofbevel het sekerheid bewerkstellig ten gunste van die respondent; die vaagheid van die oorspronklike bevel is verwyder. Die

6 posisie van die respondent was in duidelike terme omskryf. Koste is oorgehou vir latere beslegting. In effek het die respondent `n meer voordelige bepaling van toegangsregte verkry wat die diskresie van die applikant uitgeskakel het. In die lig hiervan was dit geregverdig om `n kostebevel teen die applikant te maak. In effek het die applikant verloor en het die respondent sy posisie verbeter. Haar e-pos waarin sy duidelik haar magte uiteensit, was waarskynlik die hoof rede vir die aansoek en die respondent was geregtig om by die Hof oor haar onaanvaarbare benadering te kla. Al was sy hoe vies vir die respondent, was sy nie geregtig om haar bevoegdheid op die onbillike manier uit te oefen en/of te beskryf nie. Daar bestaan nie redelike vooruitsigte op sukses op appèl nie: die onbillike benadering van die applikant in die e-pos is beëindig deur `n duidelik omskrewe toegangsreg. [11] Vir sover dit die Agustus-bevel betref: die stryd is fel van beide kante gevoer en ek kan aan geen rede dink waarom die respondent op hierdie skaal koste sou moes betaal nie. Die respondent was wel die oorsaak van die uitstel, maar sy styl was nie onderskeibaar van die styl wat die applikant ook deurlopend aangewend het nie. Daar bestaan nie redelike vooruitsigte op sukses op appèl nie. [12] Vir sover dit die September-2005 kostebevel betref, was die respondent op die ou end suksesvol op die meriete. Die bewerings van seksuele misbruik is die nek ingeslaan en ek kon die toegangsregte so reël dat die respondent in `n meer voordelige posisie was as tevore. Die aanval en teenaanval was egter so omvangryk en heftig dat ek van oordeel was dat dit billik was om elke party sy eie koste te laat betaal. Dit sou die stryd net laat voort woed het om een van die partye die kostelas te laat dra. Dit sou ook nie in belang

7 van die kinders gewees het nie. Daar bestaan nie redelike vooruitsigte op sukses op appèl nie. Die aansoek om verlof tot appèl word van die hand gewys. Geen kostebevel word gemaak nie. JCW van Rooyen.. 24 Mei 2006 Waarnemende Regter Vir die applikant : adv Reani Ferreira Die respondent het sy eie saak behartig.