DISSIPLINêRE KODE VAN DARLING KOLLEGE

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "DISSIPLINêRE KODE VAN DARLING KOLLEGE"

Transcriptie

1 DISSIPLINêRE KODE VAN DARLING KOLLEGE 1. Regte en verantwoordelikhede van leerders In die algemeen word daar van leerders verwag om die dissiplinêre kode en skoolreëls te ken, verstaan, aanvaar en te gehoorsaam. Leerders kan, in raadpleging met die skoolbestuur, ouers en beheerraad, hul mening lug t.o.v die skoolbeleid aangaande dissipline. Die leerders moet egter met verantwoordelikheid die pogings van die onderwysers en ouers respekteer, wat die orde wil handhaaf en bevorder sodat die skool doeltreffend kan funksioneer. Leerders moet ingelig word van alle gedragskodes, skoolreëls en toepaslike prosedures. Hulle moet beide die vereistes en gevolge verstaan indien hulle nie hieraan voldoen nie. Terwyl op die skoolterrein val die leerders onder die jurisdiksie van die skool. Terwyl op die skoolterrein, of elders by n amptelike skoolfunksie, of waar hul die skool se toerusting of fasiliteite gebruik, moet leerders die opdragte van die skoolhoof of die aangewese persoon, wat namens hom/haar optree, gehoorsaam. Indien n leerder die skoolterrein sondertoestemming verlaat, verval die skool se wetlike aanspreeklikheid. Indien die leerder/s buite die skoolterrein is, is die ouers of voog/de van die leerder verantwoordelik vir die leerder/s se gedrag. 1

2 Elke individuele leerder moet verantwoordelik optree deur die skool se eiendom en toerusting te beskerm. Leerders moet die persoon, regte en eiendom van hul mede-leerders en onderwysers respekteer. Die skoolhoof behou die reg om aksie te neem teen n leerder wat tydens skoolure op die skoolterrein, n oortreding begaan. In alle gevalle moet die skoolhoof die reëls t.o.v dissipline, soos aangedui in die School Manual p. 22 par.50, nakom. Sien ook bl. 3 van hierdie dokument.) 2. Beheer oor leerders Die personeel van die skool moet behoorlike beheer toepas oor die leerders waarvoor hulle verantwoordelik is. n Personeellid moet tydens pouses sigbaar wees en toesig hou oor leerders. Indien n leerder of n groep leerders (bv. n sportspan) o.l.v die skool is, is die skool geregtig om korrektiewe stappe te neem indien nodig. Leerders wat aanmeld vir buitemuurse aktiwiteite, is onder toesig van die onderwyser verantwoordelik vir die aktiwiteit, net soos gedurende skool-ure. Leerderraad Die gr. 7-klas vorm normaalweg die leerderraad. Hulle woon n leierskamp aan die begin van die jaar by, om hulle voor te berei vir hul take. Die leerderraad word gekoördineer deur n aangewese onderwyser, wat verantwoordelik is vir die verdeling van hul pligte, maar wat hulle ook leiding gee en gereeld met hul vergader. Leerders nomineer moontlike kandidate vir hoofseun en hoofdogter. Onderwysers en leerders stem vir genomineerde kandidate. Die skoolhoof en onderwyser behou die reg om n verkose kandidaat te veto indien: a) die verkose leerder bekend is vir sy swak reputasie b) oor n swak dissiplinêre rekord beskik. c) daar te min seuns of dogters is om n regverdige keuse te maak. 2

3 Hierdie besluit moet egter objektief en regverdig wees teenoor alle betrokke leerders. Pligte Die leerderraad speel n belangrike rol in die handhawing van goeie toesig en orde. Hulle mag geensins lyfstraf of enige ander strafmaatreëls toedien nie. Leerders wat hulself wangedra moet aan die personeellid op speelgronddiens gerapporteer word. Ernstiger oortredings moet na die skoolhoof verwys word. 3. Reëls vir leerders. 1. Leerders moet betyds opdaag vir skool en korrek geklee wees in hul skooluniform. As dit die ouers se skuld is dat leerders laat opdaag, sal dit nie as versagting dien nie. Leerders sal die gevolge moet dra. 2. Geen kind mag die skool verlaat sonder die toestemming van die Skoolhoof nie. 3. Die klasonderwyseres mag slegs verjaardaguitnodigings uitdeel, mits al die klasmaats genooi is. Geen verjaardagpartytjies sal tydens klastyd toegelaat word nie. Verjaardageetgoed sal tydens n pouse uitgedeel word. 4. Geen leerder mag alkoholiese drank, sigarette of dwelmmiddels op die skoolterrein hê of gebruik nie. 5. Pornografiese materiaal is streng verbode. Enige leerder wat betrap word met onwelvoeglike materiaal, se ouers sal dadelik gekontak word om verdere stappe te neem. 6. Geen vorm van inlywing word by die skool toegelaat nie. 7. Geen vorm van boelie sal geduld word nie. Oortreders sal ernstige strafmaatreëls in die gesig staar. 8. Geen leerder mag enige vorm van lyfstraf toepas op n ander leerder nie. 9. Kru taal is verbode. 10. Geen leerder moet hom-/haarself aan onbehoorlike gedrag skuldig maak nie. 11. Indien n leerder skooleiendom beskadig, sal hy/sy vir die herstelwerk verantwoordelik gehou word. 12. Leerders mag gevra word om geringe handearbeid te verrig. 13. Die skool behou die reg om teen leerders op te tree wat die skool in n swak lig plaas deur wangedrag buite die skool. 14. Leerders wat gedurig die klasatmosfeer ontwrig met hul wangedrag, sal gestraf word volgens die dissiplinêre kode van die skool. 3

4 4. Dissipline, lyfstraf en ander wyses van straf Geen lyfstraf mag toegedien word nie. Alle vorms van fisieke aanranding is verbode. Die skoolhoof moet eers n deeglike ondersoek gelas as n oortreding begaan is alvorens hy/sy n gepaste straf kan oorweeg. n Gepaste straf moet van so n aard wees dat die leerder sal begryp waaroor hy/ sy gestraf word en ook daardeur kan leer. Alle strawwe moet gematig wees. Dit moet so toegepas word dat die leerder nie verneder voel of sy karakter geskend word nie. Beide seuns en dogters word ten strengste verbied om mekaar te slaan, te pootjie, te knyp, n oorveeg te gee, hare of ore te trek of in enige ander manier mekaar te viktimiseer nie. Kontakspeletjies is verbode op die skoolgronde. Korrektiewe aksies en strafmaatreëls mag slegs deur goedkeuring en kennisname van die skoolhoof toegepas word. Die skoolhoof moet n register vir oortredings en strafmaatreëls hê waarin alle oortredings en strawwe toegeken deur die skoolhoof of n onderwyser, aangeteken word. Die naam van die persoon wat die oortreding aangemeld het, sowel as die datum moet aangeteken word. Die oortreding moet deeglik beskryf word en so ook die strafmaatreël wat toegepas is, indien daar dalk verdere navrae mag wees. Alle persooneellede en leerders moet elke jaar ingelig word oor bogenoemde maatreëls. Elke personneellid moet n kopie ontvang en teken. Hierdie dokument moet in hul persoonlike lêers in die skoolhoof se kantoor gehou word. Dissiplinêre rekord n Breedvoerige dissiplinêre rekord som alle moontlike oortredings en korrektiewe optredes op. Probleemleerders ontvang twee geskrewe waarskuwings wat albei aan die ouer deurgegee sal word. n Derde oortreding gee dadelik aanleiding tot detensie op n Vrydag. 4

5 Gr. 1-3 Die onderwyser van elke klas is verantwoordelik om n plakkaat te skep wat die merietes sal aantoon wat verwerf is. Dit moet sigbaar uitgestal word in die klas. Gr. 4-7 Elke klas moet n lêer hê wat die volgende bevat: a) dissiplinêre rekord van elke leerder. b) n klaslys wat die merietes aantoon vir die leerder se positiewe gedrag, ens. Gr. 1-7 Hierdie rekords moet weekliks deur die klasonderwyser geassesseer word. Leerders ontvang dan n skoolhoofsertifikaat vir n sekere doel bereik by die volgende saalbyeenkoms. OF Leerders (gr. 4-7) met n negatiewe dissiplinêre rekord sal ingelig word oor hul straf. Probleemleerders sal twee geskrewe waarskuwings ontvang vir hul ouers se insae, waarna verpligte detensie op Vrydag na skool, sal volg. 5. Wangedrag en latere skorsing Alle gevalle van ernstige wangedrag deur leerders, moet deur die Hoof aangeteken word en indien nodig aan die Beheerliggaam vermeld [BL] word. Indien die Hoof voel dat die onbetaamlike gedrag skorsing regverdig, moet die BL dadelik in kennis gestel word sowel as die ouers van die leerder wat die oortreding begaan het. Wanneer die Hoof en BL na deeglike ondersoek voel dat die gedrag van die leerder van so n aard is dat hy/sy onmiddelik uit die skool verwyder moet word, mag die leerder geskors word. Skorsing beteken dat die leerder tydelik die skool moet verlaat en dien nie as mate van straf nie. Die leerder moet te alle tye sy/haar kant van die saak kan stel. Kruisverhoor van die leerder deur die BL mag net plaasvind met die goedkeuring van die ouer/s of voog. Die Hoof mag nie die ouers dreig totdat hul die leerder verwyder, ten einde skorsing te vermy nie. 5

6 Indien daar op skorsing besluit word, moet die ouers per geregistreerde pos in kennis gestel word. In noodsituasies word `n telefoonoproep met skriftelike kennisgewing opgevolg. Die Hoof voorsien die BL van `n volledige skriftelike ondersoek wat die volgende insluit: a) Naam, graad en ouderdom van leerder b) Naam en adres van ouers/ voog c) Volle besonderhede van oortreding/wangedrag d) Verslag van ondersoek met nodige ondersteunende getuienis e) Volle motivering waarom verdere skoolbywoning verbied word Na ontvangs van bg. verslag, sal BL besluit oor skorsing. Die hoof stel dan die ouers/voog skriftelik in kennis van die BL se besluit en stuur `n kopie daarvan aan voorsitter van die BL. 6. Strafmaatreëls Die straf moet by die oortreding pas. Die strafpatroon is soos volg: a) eerste waarskuwing b) tweede waarskuwing c) arbeidsdetensie voorregte word verwyder, bv. * pouses word gebruik om huiswerk of take te doen wat nie tuis gedoen is nie. * uitskryf van ekstra werk * by die onderwyser se deur sit * die skoonmaak van die skooltuine of geboue tydens pouses. d) detensie (gr. 4-7) indien bogenoemde onsuksesvol was. Detensie word op Vrydag na skool vir een uur toegepas. Ouers sal skriftelik in kennis gestel word as hul kind nie saamwerk nie. Indien die gedrag voortduur, sal n formele brief uitgaan. ( sien vb. Bl. 7). In baie ernstige gevalle sal die onderwyser /es die ouer/s of voog nooi om met die skoolhoof te vergader 7. Positiewe versterking n Profiel van n Darling Kollege-leerder met wenslike gedrag. 6

7 Tien ingesteldhede wat op `n praktiese manier aan leerders voorgestel moet word. Leerders moet aangemoedig word om bedag te wees op maats wat sulke goeie gedrag openbaar, en dit dan aan hul onderwyser/es meedeel. Onderwysers/esse moet die 10 ingesteldhede gereeld aan leerders kommunikeer en in hul klasse vertoon: - Omgee - Empatie - Respek - Kreatiwiteit - Onafhanklikheid - Weetgierigheid - Entoesiasme - Samewerking - Waardering - Selfvertroue Leerders moet aangemoedig word om hoflik teenoor bestuur, leerkragte, mede-leerders en besoekers op te tree. Ook moet hul aangemoedig word om hul boeke, klaskamers en skoolgronde skoon en netjies te hou. Leerders moet ontmoedig word om: Kougom te kou Te baklei en om mondelings en fisiek mekaar seer te maak Te jok, te steel of te kul. Die blaam op ander te plaas as hul self skuldig is. Mekaar se besittings/skryfbehoeftes te leen. Wederregtelik skade aan eiendom/toerusting van DK te berokken. Leerders word aangemoedig om Christelike waardes uit te leef en vrugte van die Gees te openbaar: doen aan ander soos jy aan jouself gedoen wil hê. 8. Die Merietestelsel Merietes word deur elke individuele leerder bymekaargemaak. Gr. 1-3 leerders verdien of verloor merietes afhangende van hul gedrag, werk gedoen, ens. 7

8 Gr. 4-7 leerders ontvang merietes vir positiewe gedrag, handelinge, prestasies, ens. (Negatiewe gedrag word op die dissiplinêre record aangeteken.) 9. Ouer-verantwoordelikhede: Dit is die ouer se verantwoordelikheid om toe te sien dat sy kind die skool en ook ander skoolverwante aktiwiteite sal bywoon. Toestemming vir afwesigheid van n leerder of vir niedeelname aan sport of enige ander buite-muurse aktiwiteite, moet altyd eers by die Skoolhoof verkry word. In alle gevalle van afwesigheid moet die ouer/ voog die Skoolhoof inlig. Ongemagtigde afwesigheid moet dadelik opgevolg word met die ouer/ voog. Sou n ouer herhaaldelik weier om hieraan te voldoen, en die leerder is gereeld afwesig, sal die Skoolhoof n geskrewe verslag aan die BL rig en sy/haar kommer daarin uitspreek. Leerders wat n graad moet herhaal en wat terselfdertyd onbevredigende bywoningsrekord het, mag hertoelating geweier word. Onbevredigende bywoning word gedefinieer as n afwesigheid van meer as 20 skooldae sonder n wettige rede. Ouers lê hoflikheid aan die dag deur die Skoolhoof en onderwyser/s in te lig oor: skoolafwesigheid van n leerder a.g.v n bepaalde rede die rede verskaf vir afwesigheid van n leerder rede verskaf vir geen sportdeelname of as n leerder nie opgedaag het vir n wedstryd nie. verkeerde skooldrag waarom n leerder nie n aangevraagde item skool toe kon bring nie. Voltooi en stuur terug aan skool asseblief. Ek bevestig dat ek die Dissiplinêre Kode van Darling Kollege asook die Grieweprosedure vir Ouers gelees en verstaan het en onderneem om aan die voorwaardes daarin gespesifiseer, te voldoen. Datum: Geteken:.(Ouer / Voog) Geteken:. (Skoolhoof) 8

Hierdie dokument is die beleid van Primêre Skool Universitas oor algemene dissipline en optrede teenoor leerders wat hulle skuldig maak aan wangedrag.

Hierdie dokument is die beleid van Primêre Skool Universitas oor algemene dissipline en optrede teenoor leerders wat hulle skuldig maak aan wangedrag. Dissiplinêre stelsel - Beleid Hierdie dokument is die beleid van Primêre Skool Universitas oor algemene dissipline en optrede teenoor leerders wat hulle skuldig maak aan wangedrag. Alle leerders is geregtig

Nadere informatie

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE INHOUDSOPGAWE 1. INLEIDING 2. OORTREDING VAN DIE GEDRAGSKODE DEUR OMR-LEDE 2.1 Ernstige oortredings 2.2 Tugstappe 2.3 Minder ernstige oortredings 2.4 OMR-Tugkomitee

Nadere informatie

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word

DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word DNK TRUST NASORG AANSOEKVORM 2017 n Aparte vorm moet vir elke kind voltooi word GEBOORTEDATUM: GESLAG: LEERDERBESONDERHEDE GRAAD: HUISTAAL: FISIESE ADRES: VAN EN NAAM VAN MOEDER TELEFOON: BEROEP: SEL:

Nadere informatie

LAERSKOOL EVERSDAL SELFOONBELEID

LAERSKOOL EVERSDAL SELFOONBELEID LAERSKOOL EVERSDAL SELFOONBELEID Die doel van hierdie beleid is om n veilige, nie-ontwrigtende opvoedkundige omgewing te skep en te onderhou sodat doeltreffende onderrig en leer kan plaasvind. So n omgewing

Nadere informatie

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK

LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK LAER VOLKSKOOL NASKOOLSENTRUM AANSOEKVORM EN KONTRAK Hierdie kontrak word aangegaan tussen Laer Volkskool naskoolsentrum (hierna genoem Die naskoolsentrum ) en (hierna genoem Die ouer ). 1 Leerderbesonderhede

Nadere informatie

DISSIPLINêRE STELSEL LAERSKOOL TUINRAND

DISSIPLINêRE STELSEL LAERSKOOL TUINRAND DISSIPLINêRE STELSEL LAERSKOOL TUINRAND a. Die stelsel van strafmaatreëls vir wangedrag word gebruik as n opvoedkundige instrument ter bevordering van u kind se ontwikkeling. b. Elke leerling word volledig

Nadere informatie

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR:

DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE DIE JOU SAKGIDS VIR: JOU SAKGIDS VIR: DIE DISSIPLINERE KODE VIR STUDENTE Die Dissiplinêre Kode vir Studente verduidelik wat onaanvaarbare gedrag is, hoe dit aangespreek word en deur wie. Die Kode verseker dat ons die korrekte

Nadere informatie

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E

GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E GOUDVELD - HOëRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E 1. INLEIDING 2. DOEL 3. PROSEDURES 3.1 Bespreking 3.2 Voertuie 3.3 Vervoer 4. BEKRAGTIGING VAN BELEID 5. HERSIENINGSDATUM VOERTUIG

Nadere informatie

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID

GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID GOUDVELD-HOËRSKOOL VOERTUIG EN VERVOER BELEID I N H O U D S O P G A W E 1. INLEIDING 2. DOEL 3. PROSEDURES 3.1 Bespreking 3.2 Voertuie 3.3 Vervoer AANVAAR: 16 September 2010 Bladsy 1 van 6 GOUDVELD-HOëRSKOOL

Nadere informatie

BET-EL CHRISTELIKE AKADEMIE

BET-EL CHRISTELIKE AKADEMIE BET-EL CHRISTELIKE AKADEMIE Skoolreëls & Strafprosedure SKOOLREëLS 1. ALGEMEEN EN TOEPASSING 1.1 Die doel van die skoolreëls en gedragskode is die neerlegging van reëls en prosedures om n gedissiplineerde

Nadere informatie

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word.

Hierdie beleid moet saam met die skool se veiligheidsbeleid gelees word. Skooltoerbeleid Hierdie dokument is die skooltoerbeleid van Laerskool Rustenburg soos die beheerliggaam dit op 1 Januarie 2017 goedgekeur het. Die beleid is opgestel in ooreenstemming met die toepaslike

Nadere informatie

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE OPVOEDERS AANVAAR: 18 September 2012 Bladsy 1 van 5 GOUDVELD-HOëRSKOOL GEDRAGSKODE VIR OPVOEDERS 1. DEFINISIES Tensy die konteks anders aandui, het uitdrukkings in hierdie

Nadere informatie

WELKOM BY HOëRSKOOL LINDEN 2019

WELKOM BY HOëRSKOOL LINDEN 2019 E-pos: elize.dames@linden.co.za WELKOM BY HOëRSKOOL LINDEN 2019 VORMS VIR VOLTOOIING: INSKRYWINGSVORM GRAAD 8 en 9 1. Voltooi n aparte vorm vir elke leerder in Hoërskool Linden. 2. Verstrek asseblief volledige

Nadere informatie

HOËRSKOOL OOS-MOOT AANHANGSEL TOT GEDRAGSKODE

HOËRSKOOL OOS-MOOT AANHANGSEL TOT GEDRAGSKODE HOËRSKOOL OOS-MOOT AANHANGSEL TOT GEDRAGSKODE PROSEDURE VIR GEDRAGSKODE OORTREDINGS EN STRAFMAATREËLS INHOUDSOPGAWE INTERNE GEDRAGSINTERVENSIE PROGRAM/PROSES OORTREDINGS, PROSEDURES EN STRAWWE 1. DETENSIE

Nadere informatie

ONDERNEMING EN GEDRAGSKODE. Naam van leerder: Graad 2019:

ONDERNEMING EN GEDRAGSKODE. Naam van leerder: Graad 2019: ODRMIG GDRAGSKOD aam van leerder: Graad 2019: Gedragskode k aanvaar die skoolreëls, gedragskode van die skool en voorskrifte ten opsigte van dissipline, skooldrag en persoonlike voorkoms van leerders en

Nadere informatie

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR:

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR: GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR: GOUDVELD HOëRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE

Nadere informatie

STUDIESENTRUMBELEID. Leerders word die geleentheid gebied om na skool buitemuurse aktiwiteite by te woon en huiswerk te doen tydens n studiesessie.

STUDIESENTRUMBELEID. Leerders word die geleentheid gebied om na skool buitemuurse aktiwiteite by te woon en huiswerk te doen tydens n studiesessie. STUDIESENTRUMBELEID 1. Doel van die sentrum Die doel van die studiesentrum is om n leer- en huiswerkfasiliteit te skep vir leerders van Kroonheuwel Primêre Skool wie se ouers voldag werksaam is en nie

Nadere informatie

Morsjorsie Reëls. Die Doel van Skool Reëls

Morsjorsie Reëls. Die Doel van Skool Reëls Morsjorsie Reëls Die Doel van Skool Reëls Die Doel van Skool Reëls En hoekom Jy as Ouer daarby moet hou... 1. Skool Reëls is ontwerp om 'n skool meer effektief en doeltreffend te maak. 2. Skoolreëls word

Nadere informatie

uniq Huiswerk Sentrum n Unieke Huiswerk Ervaring

uniq Huiswerk Sentrum n Unieke Huiswerk Ervaring uniq Huiswerk Sentrum n Unieke Huiswerk Ervaring Reëls en Regulasies 1. Doel van die sentrum Die doel van die huiswerk sentrum is om n leer- en huiswerkfasiliteit te skep vir leerders van wie se ouers

Nadere informatie

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding

BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE. 1. Inleiding BELEID OOR GESLOTEKRINGTELEVISIE 1. Inleiding Hierdie dokument is die Beleid oor Geslotekringtelevisie van (voeg naam van skool in), soos die beheerliggaam dit op (voeg datum in) goedgekeur het. Die beleid

Nadere informatie

NASKOOLSENTRUMBELEID

NASKOOLSENTRUMBELEID NASKOOLSENTRUMBELEID 1. Doel van die sentrum Die doel van die naskoolsentrum is om n leer- en huiswerkfasiliteit te skep vir leerders van Kroonheuwel Primêre Skool wie se ouers voldag werksaam is en nie

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer

RESPECT 4 U. L e s 1. Jou vermoëns en sommige van jou verwagtinge en drome indentifiseer WIE KIES EK OM TE WEES? WAT KIES EK OM TE WEES RESPECT 4 U Gedurende hierdie les sal jy: Leer oor die RESPEK vir jouself program en jou ontmoet onderwyser ontmoet Maniere identifiseer om RESPEK te wys

Nadere informatie

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS

KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS KONSEP BELEID T.O.V. DIE BEHEER EN KONTROLE VAN HANDBOEKE EN LEERHULPMIDDELS 1. DOELSTELLINGS VAN DIE BELEID 1.1 Om alle handboeke en leerhulpmiddels te herwin aan die einde van die jaar. 1.2 Die effektiewe

Nadere informatie

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad 40 HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad Artikel 68 - Instelling Daar sal n Nasionale Raad wees wat die bevoegdhede en werksaamhede het soos in hierdie Grondwet uiteengesit is. Artikel 69 - Samestelling (1) Die

Nadere informatie

Les 14: Entrepreneurskap

Les 14: Entrepreneurskap Les 14: Entrepreneurskap Aktiwiteit Beantwoord die volgende vrae deur die regte kolom te merk Altyd Gereeld Soms Nooit A Dryfkrag en motivering 1. Ek is nie seker wat ek van die lewe dink nie. 0 1 2 3

Nadere informatie

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016

KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA. Inskrywings sluit: 24 Junie 2016 KAROO EISTEDDFOD 2016 KLASSE E & F: DRAMA Inskrywings sluit: 24 Junie 2016 Beoordeling vind plaas 15 tot 19 Augustus 2016 1 KLAS E: Enige Taal: SPRAAK EN DRAMA Algemene Riglyne Inskrywings is onderhewig

Nadere informatie

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL 1. NAAM: Pre-Primêre Skool Senekal Die naam van die Beheerliggaam is die Beheerliggaam van die Pre-Primêre Skool Senekal (hierna genoem

Nadere informatie

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME Alle beheerliggaamlede staan in ʼn vertrouensverhouding teenoor hulle skool sowel as teenoor die mense wat hulle verkies het, en het daarom ʼn vertrouensplig teenoor

Nadere informatie

BESONDERHEDE VAN KLEUTER JAAR TOEGELAAT: KLAS EN JUFFROU (KANTOORGEBRUIK) VOLLE NAAM / NAME: NOEMNAAM: SEUN / DOGTER: HUISTAAL: GEBOORTEDATUM:

BESONDERHEDE VAN KLEUTER JAAR TOEGELAAT: KLAS EN JUFFROU (KANTOORGEBRUIK) VOLLE NAAM / NAME: NOEMNAAM: SEUN / DOGTER: HUISTAAL: GEBOORTEDATUM: KANTOORGEBRUIK 0 AANSOEKVORM VIR TOELATING TOT UNIKA PREPRIMÊR TEL.: 0 888 6 FAKS : 086 68 9600 EPOS: unikapp@wbs.co.za WEBADRES: www.unika.co.za LOCKSLEYWEG ROBINDALE POSBUS 99 PINEGOWRIE VIR FINANSIËLE

Nadere informatie

LUCAS MEYER PRIMÊRE SKOOL

LUCAS MEYER PRIMÊRE SKOOL LUCAS MEYER PRIMÊRE SKOOL REGULASIES EN GEDRAGSKODE VIR LEERLINGE EN ANDERE (Hersien en aangepas 2008) 1. STATUTÊRE AGTERGROND 1.1_ VISIE- EN MISSIESTELLING VAN LUCAS MEYER 1.1.1_ Visiestelling Om as skool

Nadere informatie

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING. GRONDWET Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) 1. NAAM Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING. 2. JURISDIKSIE Die area van jurisdiksie van hierdie Kunsvereniging

Nadere informatie

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSVERHOUDINGE (I) WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE No. 66 van 1995 (soos gewysig) - Vakbonde 22/27 Hierdie nuusbrief handel oor vakbonde en is in n Vraag en Antwoord formaat.

Nadere informatie

SAOU 15de HOOFDESIMPOSIUM

SAOU 15de HOOFDESIMPOSIUM SAOU 15de HOOFDESIMPOSIUM 31 Augustus 2010 Port Elizabeth DIE WERKLADING VAN ONDERWYSERS: WAT MOET HOOFDE IN AG NEEM? Gustav Niebuhr WAAROOR PRAAT ONS VANDAG? Wets- en beleidsraamwerk Faktore wat op werklading

Nadere informatie

DISSIPLINÊRE KODE EN VOORGESTELDE OPTREDE

DISSIPLINÊRE KODE EN VOORGESTELDE OPTREDE UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT UNIVERSITY OF THE FREE STATE YUNIVESITHI YA FREISTATA DISSIPLINÊRE KODE EN VOORGESTELDE OPTREDE 1. Onderliggende beginsels... p.1 2. Sleutel tot dissiplinêre matriks... p.1

Nadere informatie

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag ) KONSTITUSIE Van die Hoedspruit Plaaswag ( die Plaaswag ) Aangesien die aanvanklike lede ondervermeld die plaaswag as n Vrywillige Assosiasie wil stig op voorwaardes hiervan: en Aangesien die Aanvanklike

Nadere informatie

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL ROBERTSON VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL REITZSTRAAT, ROBERTSON 6705 POSBUS / P.O.BOX 292 ROBERTSON 6705 TEL: (023) 626 3139 - FAKS/FAX: 086 505 2186 AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 AANSOEK

Nadere informatie

Pre-Graad R / Graad R

Pre-Graad R / Graad R PRE-PRIMÊRE SKOOL KENRIDGE AANSOEK OM TOELATING VAN N LEERDER Van Riebeeckweg, Kenridge, 7550 Tel: 021 976 3046 / 7 Faks: 021 975 1312 soria.human@kenridge.org.za www.kenridgeprimary.co.za Leerder se van:

Nadere informatie

LAERSKOOL TUINE SKOOLREëLS & DISSIPLINE STELSEL

LAERSKOOL TUINE SKOOLREëLS & DISSIPLINE STELSEL LAERSKOOL TUINE SKOOLREëLS & DISSIPLINE STELSEL Die bestaan van n stel skoolreëls is n noodsaaklikheid by elke skool vir doeltreffende opvoedende onderwys. Skoolreëls bied aan die onderwyser n gesagsbasis

Nadere informatie

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur

Handleiding 11. Belangegroepbestuur. GKSA - Belangegroepbestuur Handleiding 11 Belangegroepbestuur 1 11.1 INLEIDING Die kerk het n hele paar belangegroepe wat in ag geneem word, wor, en waarmee daar gereeld gekommunikeer moet word. Die kommunikasie met elk van hierdie

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NOVEMBER 2011 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 DBE/November

Nadere informatie

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG 1. NAAM: Die naam van die Beheerliggaam is die Beheerliggaam van die Laerskool Rustenburg 2. STATUS: 2.1 Die beheerliggaam bestuur en beheer die

Nadere informatie

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE

Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE Geagte graad 9-Ouer/Voog en leerder VAKKEUSES VIR VOO-FASE Die graad 9-leerders moet op 22 September 2017 hul finale vakkeuse vir hul VOO-fase (Verdere Onderrig en Opleiding) in hul hoërskoolloopbaan maak.

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

BELEID TEN OPSIGTE DIE GEBRUIK VAN TABLETTE DEUR LEERDERS BY LAERSKOOL RANDHART

BELEID TEN OPSIGTE DIE GEBRUIK VAN TABLETTE DEUR LEERDERS BY LAERSKOOL RANDHART 1 BELEID TEN OPSIGTE DIE GEBRUIK VAN TABLETTE DEUR LEERDERS BY LAERSKOOL RANDHART Hierdie dokument is die beleid ten opsigte van die gebruik van tablette deur leerders, van Laerskool Randhart, soos deur

Nadere informatie

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool:

BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM. n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool: BASIESE KONSEPTE-PROGRAM PROGRAM TOETSING VAN BASIESE KONSEPTE-KENNIS n Toets ontwikkel deur dr. Louis Benjamin, 2007 Naam van leerder: Ouderdom van leerder: Geslag: Graad: Skool: Datum van toets: Naam

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie. Beëindiging van ʼn vastetermyndienskontrak 1 Uit FEDSAS se omgewingsontleding van ledeskole blyk dat 28% van opvoeders en 52% van nie-opvoeders deur die beheerliggaam aangestel word. ʼn Groot persentasie

Nadere informatie

Hoërskool Swartland SWANGERSKAPBELEID ALDUS AANVAAR TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof

Hoërskool Swartland SWANGERSKAPBELEID ALDUS AANVAAR TE OP HIERDIE DAG VAN. Beheerliggaamvoorsitter. Skoolhoof Hoërskool Swartland SWANGERSKAPBELEID ALDUS AANVAAR TE OP HIERDIE DAG VAN Beheerliggaamvoorsitter Skoolhoof 1 Hoërskool Swartland SWANGERSKAPBELEID Hoërskool Swartland (hierna die skool ) en sy beheerliggaam

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees

RESPECT 4 U. L e s 4. Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees L e s 4 Wat is geslag? Gedurende hierdie les sal jy: Populêre idees verduidelik oor wat ʼn man/seun of ʼn vrou/meisie is en hoe hierdie idees problematies kan wees Die verskil tussen seks as n biologiese

Nadere informatie

MIDDAGSTUDIEPROGRAM & REëLS

MIDDAGSTUDIEPROGRAM & REëLS MIDDAGSTUDIEPROGRAM & REëLS TARIEWE VIR 2018 PERSONEEL: R750 per kwartaal per kind Gr 1: Alta van Heyningen 073 170 5974 Gr 1: Elana Schoeman 072 204 6779 Gr 2: Lynette Pretorius 072 099 7887 Gr 2 & 3

Nadere informatie

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING 1. NAAM Die naam van die vereniging is die Administratiewe Personeelvereniging (hierna genoem "die Vereniging") van die Universiteit van Stellenbosch

Nadere informatie

DISSIPLINêRE BELEID 1. INLEIDING:

DISSIPLINêRE BELEID 1. INLEIDING: DISSIPLINêRE BELEID 1. INLEIDING: Laerskool Brits onderneem om 'n regverdige, billike dissiplinêre- en grieweproses, ongeag ras, afkoms, geslag of werkskategorie in plek te stel en te onderhou. Die skool

Nadere informatie

LAERSKOOL EVERSDAL AANSOEK OM TOELATING VAN N LEERDER

LAERSKOOL EVERSDAL AANSOEK OM TOELATING VAN N LEERDER LAERSKOOL EVERSDAL AANSOEK OM TOELATING N LEERDER Stepping Stones, Eversdal. Durbanville. 7550 Tel: 021 976 8134. Faks: 021 976 1569 : ataljaard@eversdal.org.za www.eversdal.org.za Leerder se van Volle

Nadere informatie

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel. LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel. borgliggaam : n Liggaam of groep persone deur die beheerliggaam

Nadere informatie

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind

RESPECT 4 U. L e s 1 5. Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind L e s 1 5 Verantwoordelikheid en hoe om Hulp te kry Gedurende hierdie les sal jy: Bespreek hoe om n behulpsame, ondersteunende vriend/vriendin te wees waar geweld is of mag plaas vind Erken wanneer die

Nadere informatie

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR

HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR HUISWERKRIGLYNE - INTERSENFASE: GR. 4 2015 Doel: Die koördinering en monitering van alle graad 4-huiswerk op n daaglikse basis. Duidelike kommunikasie vanaf die graad 4-onderwysers aan die leerders, en

Nadere informatie

GRAAD 11 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V3

GRAAD 11 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V3 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2014 AFRIKAANS HUISTAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur *IAFRHL3* Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. 2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (NOVEMBER 2014) INSTRUKSIES EN

Nadere informatie

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem) DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: met adres te: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem) EN met adres te: (hierna die WERKNEMER

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V 3 SEPTEMBER 2014 PUNTE: 100 TYD: 2½ UUR Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye INSTRUKSIES EN INLIGTING: 1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE

Nadere informatie

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING

OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING OOS-RAND AKADEMIE NASKOOLSENTRUMVRYWARING VOLLE NAME EN VAN VAN LEERLING: VOLLE NAME EN VAN VAN OUER / VOOG: 1. Alhoewel die leerder se veiligheid en welstand ten alle tye voorop gestel word, aanvaar die

Nadere informatie

Laer Gedenkskool Danie Theron

Laer Gedenkskool Danie Theron Page 1 of 28 Laer Gedenkskool Danie Theron 42. LEERDER GEDRAGSKODE (DISSIPLINEBELEID) INHOUDSOPGAWE Doel van die gedragskode Inleiding Afdeling 1: Skoolreëls A. Algemene beginsels B. Skool en klasbesoek

Nadere informatie

AANSOEK OM TOELATING TOT DIE ATKV-Postmatriekjaar

AANSOEK OM TOELATING TOT DIE ATKV-Postmatriekjaar AANSOEK OM TOELATING TOT DIE ATKV-Postmatriekjaar DIE INLIGTING WAT HIER VERSTREK WORD, WORD GEBRUIK OM KANDIDATE TE KEUR. DIT IS DUS IN JOU EIE BELANG OM DIE AANSOEKVORM VOLLEDIG IN TE VUL VUL ASSEBLIEF

Nadere informatie

DISSIPLINÊRE PROSEDURE

DISSIPLINÊRE PROSEDURE DISSIPLINÊRE PROSEDURE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS KENNISGEWING 6903 VAN 2000 DEPARTEMENT VAN ONDERWYS SUID-AFRIKAANSE SKOLEWET, 1996 (WET NO. 84 VAN 1996) Kennisgewing ingevolge Artikel 9 (3): Wangedrag

Nadere informatie

SWANGERSKAPBELEID erken die verantwoordelikheid en invloed van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ten opsigte van leerderswangerskappe; en

SWANGERSKAPBELEID erken die verantwoordelikheid en invloed van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel ten opsigte van leerderswangerskappe; en SWANGERSKAPBELEID Hoërskool McLachlan en sy beheerliggaam erken die Grondwet van die Republiek van Suid- Afrika, Wet 108 van 1996 (hierna die Grondwet ); die Suid-Afrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996 (hierna

Nadere informatie

Gladdebek Kommentatorsoektog Standaard Terme en Voorwaardes

Gladdebek Kommentatorsoektog Standaard Terme en Voorwaardes Gladdebek Kommentatorsoektog Standaard Terme en Voorwaardes STANDAARD TERME & VOORWAARDES VIR WEDSTRYD Lees asseblief die onderstaande en teken en dateer dit: 1.1 Ek is 18 (agtien) jaar en ouer; 1.2 Ek

Nadere informatie

HOERSKOOL DIAMANTVELD KOSHUISE

HOERSKOOL DIAMANTVELD KOSHUISE HOERSKOOL DIAMANTVELD KOSHUISE KOSHUISBELEID- EN REëLS Aile inskrywings moet skriftelik voltooi word en by die koshuis of skool ingehandig word [1 per leerder]. Daar word voorkeur aan broers en susters,

Nadere informatie

Laerskool Stellenbosch

Laerskool Stellenbosch Laerskool Stellenbosch Assesseringsbeleid BESTUUR VAN KURRIKULUM Leierspan: Adjunkhoof Departementshoofde Leerareahoofde Opvoeders Pligte: Adjunkhoof Pligte word in opdrag van Leierspan uitgevoer. Sorg

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4)

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4) GRAAD 11 PROEFVRAESTEL AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II SKRYF EN AANBIED (LU3) TAAL (LU4) Tyd: 2½ uur 100 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel

Nadere informatie

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege

BELEIDSDOKUMENT. Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege BELEIDSDOKUMENT Eksamens / Mini-eksamens Grey Kollege 2 Eksamenvraestelle Eksaminator. 1. Dit is die verantwoordelikheid van die eksaminator om toe te sien dat elke lid van die departement die konsepvraestel

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

LITURGIE VIR N OOP GESPREK LITURGIE VIR N OOP GESPREK 1 Liturgie vir ʼn oop gesprek Nota Hierdie liturgie kan gebruik word in ʼn erediens of vir groepgesprekke en vergaderings. Dit sal goed wees as daar 90 minute ingeruim kan word

Nadere informatie

HOËRSKOOL RUSTENBURG

HOËRSKOOL RUSTENBURG HOËRSKOOL RUSTENBURG GEDRAGSKODE VIR LEERDERS ETIEKKODE Ek verbind my plegtig tot die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, en ek onderneem om die reg en die regstelsel te respekteer, te onderhou

Nadere informatie

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word. Bladsy 1/5 Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word. Baie geluk en dankie dat julle dit oorweeg om hierdie spesiale verbintenis deur Ruimsig Gemeente te laat hanteer. Dit is Ruimsig

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS MEMORANDUM VAN OOREENKOMS tussen SITALI JEWELLERS (hierna genoem SITALI) en KATRINA PHILLIPS ANNA CLOETE REBECCA DE WET RONALD JOSEPH DEONALD CLOETE STEVERT HANS (hierna genoem die Kunstenaars) 1. DIE

Nadere informatie

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB 1. NAAM Die naam van die klub sal bekend wees as: Pretoria Papegaai Klub 2. Definisie Papegaai verwys na Psittaciformes dit is Alle spesies wat families van Cacatuidae

Nadere informatie

GEDRAGSKODE VIR LEERDERS

GEDRAGSKODE VIR LEERDERS GEDRAGSKODE VIR LEERDERS A. ALGEMENE RIGLYNE Daar word verwag dat: Leerders te alle tye in n respekvolle en konsidirerende manier teenoor mekaar, onderwysers en besoekers sal optree. Leerders by die skoolreëls

Nadere informatie

HOËRSKOOL CARLETONVILLE GEDRAGSKODE

HOËRSKOOL CARLETONVILLE GEDRAGSKODE HOËRSKOOL CARLETONVILLE GEDRAGSKODE Met die gedragskode vir leerders poog ons om ordelike en effektiewe onderrig te bevorder en poog ons ook om die leerder te begelei tot die ontwikkeling en verwerwing

Nadere informatie

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12

GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2014 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye. Afrikaans Huistaal/V3 2 DBE/Feb. Mrt. 2014 INSTRUKSIES

Nadere informatie

HOOFSTUK 9 Regspleging

HOOFSTUK 9 Regspleging HOOFSTUK 9 Regspleging Artikel 78 - Die Regbank (1) Die regterlike gesag berus by die howe van Namibië wat bestaan uit: (a) n Hoogste Hof van Namibië (b) n Hoërhof van Namibië (c) Laerhowe van Namibië

Nadere informatie

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME

BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME 1 van 5 BELEID TER VOORKOMING VAN NEPOTISME 1. TREFWYDTE Hierdie beleid is van toepassing op alle personeellede (permanent, tydelik, voltyds, deeltyds) en alle studente. In die verdere bewoording sluit

Nadere informatie

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015

GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2015 AFRIKAANS HUISTAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur *AFRHL3* Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. 2 AFRIKAANS HUISTAAL V3 (EC/SEPTEMBER 2015) INSTRUKSIES

Nadere informatie

LAERSKOOL EVERSDAL GEDRAGSKODE

LAERSKOOL EVERSDAL GEDRAGSKODE LAERSKOOL EVERSDAL GEDRAGSKODE INLEIDING Laerskool Eversdal verbind homself daartoe om n skoolomgewing daar te stel wat gehalte-onderwys en n positiewe leeromgewing skep deur Die regte en veiligheid van

Nadere informatie

KALAHARI KUIERFEES 2-4 NOVEMBER 2017 STALLETJIE AANSOEKVORM

KALAHARI KUIERFEES 2-4 NOVEMBER 2017 STALLETJIE AANSOEKVORM KALAHARI KUIERFEES 2-4 NOVEMBER 2017 STALLETJIE AANSOEKVORM ALGEMENE VOORWAARDES & INLIGTING VAN STALLETJIES LIGGING Die KALAHARI KUIERFEES vind op die Upington Expo gronde plaas. Dis geleë op die hoek

Nadere informatie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015 HOERSKOOL TYGERBERG In belang van die kind Geagte Oue(s) 5 Novembet 2014 SKOOLFONDS 2015 Die skoolfonds vir 2015 is tydens die onlangse begrotingsvergadering gehou op 30 Oktober 2014 deur die meerderheid

Nadere informatie

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR

HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR HUISWERKRIGLYNE - SENIORFASE: GR. 7 2015 Doel: Die koördinering en monitering van alle graad 7-huiswerk op n daaglikse basis. Duidelike kommunikasie vanaf die graad 7-onderwysers aan die leerders, en veral

Nadere informatie

LEIERSKAPBELEID. Die volgende doelstellings van leierskapontwikkeling word voorgehou:

LEIERSKAPBELEID. Die volgende doelstellings van leierskapontwikkeling word voorgehou: LEIERSKAPBELEID 1. INLEIDING 1.1 Leierskapontwikkeling is vir Laerskool Jan van Riebeeck baie belangrik. Ons streef daarna om vir elke kind die geleentheid te bied om blootstelling te kry om as n leier

Nadere informatie

REKORD- EN EINDEKSAMEN

REKORD- EN EINDEKSAMEN HOËRSKOOL OOS-MOOT GRAAD 12 REKORD- EN EINDEKSAMEN ROOSTER EN REËLS 2018 Bladsy 2 van 7 REKORDEKSAMENROOSTER DATUM TYD VAK TYDSDUUR 20/8 14:00-16:00 Engels FAL (P3) Afrikaans HT (V1) 21/8 Rekeningkunde

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2011

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2011 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 FEBRUARIE/MAART 2011 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V3 2 INSTRUKSIES

Nadere informatie

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012 GRAAD 12 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 AFRIKAANS TWEEDE ADDISIONELE TAAL V2 NOVEMBER 2012 PUNTE: 80 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye. Afrikaans Tweede Addisionele Taal/V2 2 DBE/November

Nadere informatie

GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1

GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1 GRAAD: 3 VAK: HUISTAAL KWARTAAL EEN FORMELE ASSESSERINGSTAAK (FAT) 1 Naam: Klas: Datum: Skool: Onderwyser: FAT Aktiwiteit/ Vorm Leerder se punt Leerder % TOTAAL VAK: HUISTAAL FORMELE ASSESSERINGS TAAK

Nadere informatie

HOËRSKOOL CARLETONVILLE GEDRAGSKODE

HOËRSKOOL CARLETONVILLE GEDRAGSKODE HOËRSKOOL CARLETONVILLE GEDRAGSKODE Met die gedragskode vir leerders poog ons om ordelike en effektiewe onderrig te bevorder en poog ons ook om die leerder te begelei tot die ontwikkeling en verwerwing

Nadere informatie

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek. 1 Lukas 6h 7.10.18 WH Tema: Hoe kyk jy? Ek sien nou die dag `n taxi met `n plakkaat agter in die venster waarop daar staan: only God can judge me. Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in

Nadere informatie

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium SUID-AFRIKAANSE SKOLEWET, NO. 84 VAN 1996 REGULASIES VIR DIE VRYSTELLING VAN OUERS VAN DIE BETALING VAN SKOOLGELD AANSOEK VIR VRYSTELLING P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium Tel (021) 887 0017/77 Fax

Nadere informatie

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014 NUUSBRIEF: JANUARIE 2014 'n Stukkie goeie nuus wat ons pas ontvang het is dat die Minister van Arbeid haar belofte nagekom het en nie weer n algemene hersiening van die minimum loon vir plaaswerkers gedoen

Nadere informatie

LAERSKOOL ROBERTSON. 1. Wat word bedoel met Taalbeleid? 2. Die Grondwet, 108 van Die Suid-Afrikaanse Skolewet, 84 van 1996 TAALBELEID

LAERSKOOL ROBERTSON. 1. Wat word bedoel met Taalbeleid? 2. Die Grondwet, 108 van Die Suid-Afrikaanse Skolewet, 84 van 1996 TAALBELEID Tel.: 023-626 3060 Faks: 023-626 4566 Epos: head@lsrobertson.wcape.school.za Die toelatingsbeleid van Laerskool Robertson fungeer binne die raamwerk van bestaande Nasionale en departementele wette en regulasies.

Nadere informatie

DISSIPLINÊRE BELEID. Prosedure vir die hantering van Kategorie A-oortredings.

DISSIPLINÊRE BELEID. Prosedure vir die hantering van Kategorie A-oortredings. A. DOEL VAN DIE DISSIPLINÊRE BELEID: DISSIPLINÊRE BELEID 1. Om aanvaarbare en onaanvaarbare gedrag te definieer. 2. Om gepaste strafmaatreëls en strafprosedures daar te stel. 3. Om n positiewe beeld van

Nadere informatie

AFWESIGHEDE TYDENS EKSAMEN U

AFWESIGHEDE TYDENS EKSAMEN U DdP/LP 27 Oktober 2017 Geagte Ouers OMSENDSKRYWE Ons nader nou die laaste gedeelte van n baie besige jaar. Ons bring n paar belangrike sake onder u aandag. 1. NOVEMBER-EKSAMEN Hierdie eksamen is een van

Nadere informatie