VAN COPPENHAGEN R. 1. Respondent het as prokureur gepraktiseer tot 5 Augustus 1999 op welke

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "VAN COPPENHAGEN R. 1. Respondent het as prokureur gepraktiseer tot 5 Augustus 1999 op welke"

Transcriptie

1 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Saak No : 510/2003 In die saak tussen: PROKUREURSORDE VAN DIE VRYSTAAT Applikant En PIETER JACOBUS BRITZ Respondent CORAM: MALHERBE RP et VAN COPPENHAGEN R AANGEHOOR OP: 28 AUGUSTUS 2003 UITSPRAAK DEUR: VAN COPPENHAGEN R DATUM GELEWER: 16 SEPTEMBER Respondent het as prokureur gepraktiseer tot 5 Augustus 1999 op welke datum die volgende bevel op aansoek van applikant verleen was: Die respondent se naam word van die rol van prokureurs geskrap. 2. Applikant beweer in die onderhawige aansoek dat respondent strydig met die bepalings van artikel 83(1) en (4) van die Prokureurswet, Wet No 53 van 1979 sekere werk verrig en dienste lewer. Op sterkte van voormelde bewerings het applikant in n kennisgewing van mosie

2 2 aansoek gedoen vir n bevel met die volgende bepalings: 1. DAT respondent verbied word om te praktiseer as prokureur of om enige regswerk te verrig wat gereserveer is vir prokureurs. 2. DAT respondent verbied word om die bepalings van Artikel 83(1) en (4) van die Prokureurswet No 53 van 1979 te oortree; 3. DAT respondent beveel word om die koste van hierdie aansoek te betaal insluitende die koste aangegaan deur applikant onder aansoeknommer 229/2003; 4. DAT sodanige verdere en/of alternatiewe regshulp aan applikant verleen word as wat die Agbare Hof mag behaag. 3. Respondent se aanvanklike opponering van die aansoek het verval toe respondent kennis gegee het dat hy sy opponerende verklaring terugtrek. Applikant het onder die begrip verdere en alternatiewe regshulp in die bede in die kennisgewing van mosie, versoek dat n bevel nisi uitgereik word waarkragtens respondent opgeroep moet word om redes, indien enige, aan te voer waarom hy nie skuldig bevind sal word aan minagting van die hof en dienooreenkomstig gevonnis sal word nie. Die volgende bevel was dan ook verleen:

3 3 1. Respondent verbied word om te praktiseer as prokureur of om enige regswerk te verrig wat gereserveer is vir prokureurs. 2. Respondent verbied word om die bepalings van Artikel 83(1) en (4) van die Wet op Prokureurs, No 53 van 1979, te oortree. 3. Respondent beveel word om die koste van hierdie aansoek te betaal, insluitende die koste aangegaan deur applikant onder aansoeknommer 229/ Respondent word opgeroep om op 28 Augustus 2003 in hierdie Hof redes aan te voer waarom hy nie skuldig bevind sal word aan minagting van die Hof en gepas gestraf sal word nie. 5. Hierdie bevel moet aan respondent persoonlik beteken word. 4. Op die keerdatum was respondent nie in die hofsaal waarin die aansoek aangehoor sou word aanwesig nie, maar voordat n bevel in sy afwesigheid gemaak kon word, was die misverstand besef en was die aansoek uitgestel tot 11 September Respondent het op 8 September 2003 n beëdigde verklaring afgelewer. In die verklaring verduidelik respondent sy oorweging vir die terugtrekking van sy opponerende verklaring tot die aansoek en voer in konklusie aan dat hy in die bedryf van sy besigheid deurgaans onder die indruk was en steeds is dat hy nie die voorskrifte van artikel 83 van

4 4 Wet 53 van 1979 ootree nie. Respondent beroep hom dan ook verder op sy reg om mondelinge getuienis af te lê. 5. Op 11 September 2003 het respondent verskyn, en soos in sy beëdigde verklaring van 8 September 2003 in die vooruitsig gestel, wel mondelinge getuienis aangebied. Dit sal geen oorvereenvoudiging van respondent se hoofgetuienis wees deur te konstateer dat hy erken het dat hy bewus was dat hy as persoon wie se naam van die rol van prokureurs geskrap is, nie geregtig was om direk en/of indirek vir eie rekening of in vennootskap met enige ander persoon as prokureur te praktiseer nie. Sy verduideliking is ook eenvoudig dat die werk wat hy verrig het en die dienste wat hy gelewer het nie prokureurswerk was nie en ook dat hy nie as vennoot gepraktiseer het nie. Blykens die aansoekstukke en ook respondent se getuienis het persone wat in motorbotsings of ongevalle betrokke was, hetsy op grond van werwing deur hospitaal personeel of uit eie beweging, vir adviese na respondent wat onder die handelsnaam Legal Check funksioneer het, gegaan. Volgens respondent was die besigheid Legal Check op die 2de vloer in

5 5 dieselfde gebou as waar hy voor sy skrapping as prokureur op die 1ste vloer in vennootskap gepraktiseer het. Die eertydse firma met sy gewese vennoot ene Coetzee, het steeds as prokureur op die 1ste vloer praktiseer en wel onder die naam Britz & Coetzee. Die kantoor van Legal Check was deeltyds deur respondent, maar voltyds deur Hester Schoonraad, die persoon wat ook vir respondent sekretariële werk gedoen het in sy termyn as prokureur, beman. Die prosedure wanneer n kliënt om advies aangeklop het was, so het respondent getuig, kortliks die volgende: Volle besonderhede van die kliënt asook n verklaring oor die botsing of ongeval sou bekom word en magtigings om mediese rekords en mediese verslae aan te vra sou verkry word. Hierna sou n ondersoek begin word deur polisie planne en verslae, mediese rekords en verslae aan te vra, inligting oor die meriete, wat ook inspeksies kon insluit, in te win waarna al die versamelde inligting aan respondent se eertydse vernnoot oorhandig was vir indiening van die eis by die motorongelukkefonds. Respondent se rekening vir sy dienste gelewer was deurgaans, wanneer die eis suksesvol afgehandel was, deur respondent se eertydse vennoot wat as prokureur gepraktiseer het, betaal. Die werkswyse soos deur respondent voorgehou skep nie n oortreding

6 6 van die bepalings van die Prokureurswet, Wet 53 van1979 nie. 6. Die funderende asook repliserende verklarings weerspreek die getuienis van respondent reëlreg. Om met vers en kapittel na elke geval waar respondent se getuienis weerspreek word, te verwys, sal n omvangryke oefening wat eerder die verskille sal uitlig en beklemtoon wees as om n bydrae te lewer n gevolgtrekking. Belangrik en myns insiens deurslaggewend is respondent se, deur respondent erkende handtekening as vennoot op die finansiële state vir die jaar geëindig 28 Februarie 2002 asook n sertifikaat betreffende inkomste aangetoon in die finansiële jaarstate op 29 Februarie 2000 van Britz en Coetzee Prokureurs. Verdoemend is die feit dat die finansiële state deur respondent geteken was op 10 Mei 2002 terwyl voormelde sertifikaat geteken was op 19 Desember 2002, dws op twee afsonderlike geleenthede wat genoegsame geleentheid vir refleksie gebied het. Respondent se verduideliking dat hy voormelde dokumente as vennoot onderteken het omdat die bank die state in gemelde vorm onderteken weens sy borgstelling as eertydse vennoot vir die oortrokke rekening van die prokureursfirma vereis het, is n deursigtige leuen dit behoef nie n vennoot om n borgstelling te gee nie en applikant as gekwalifiseerde

7 7 persoon het dit en behoort dit te geweet het. Verwerping van respondent se getuienis dwing tot die afleiding as enigste redelike afleiding dat respondent inderdaad n vennoot in die firma Britz en Coetzee Prokureurs was, soos dan ook bevestig word deur sy winsdeling in die betrokke firma soos blyk uit die finansiële state uiteengesit en die sertifikaat wat aan respondent professionele gelde toeken. 7. Dit is applikant se submissie dat respondent die bevel van 5 Augustus 1999 ie die bevel waarkragtens respondent se naam van die rol van prokureurs geskrap was, geminag het. In uitbouing van voormelde submissie word voorgehou dat n skrappingsbevel n praktisyn, n prokureur, in casu ook respondent, by noodwendige implikasie verbied om as prokureur te praktiseer. 8. In S v BEYERS 1968(3) SA 70 (A) word onomwonde konstateer dat die minagting van n hofbevel n misdryf is. So beskou, kan minagting van n hofbevel in n siviele geding verleen, omskryf word as die opsetlike wederregtelike weiering of versuim om die bevel van n bevoegde hof na te kom [cf CONSOLIDATED FISH DISTRIBUTORS (PTY) LTD v ZIVE AND OTHERS 1968(2) SA 517 (K) te 522B C.]

8 8 9. Hierbo is reeds gemeld dat respondent erken het dat hy bewus was dat hy as gevolg van sy skrapping as prokureur nie direk of indirek hetsy vir eie rekening hetsy in vennootskap as prokureur mag praktiseer nie. Sy deelname as vennoot in die firma Britz en Coetzee Prokureurs was dus in stryd met sy skrappingsbevel en respondent se optrede was as enigste redelike afleiding opsetlik. 10. Vir sy oortreding moet respondent gestraf word. Direkte gevangenisstraf skyn nie aangewese te wees. [Vgl S v NEL 1991(1) SA 730 (AA) te 755F 756D.] 11. Die volgende bevele word gemaak: 1. Respondent word skuldig bevind aan minagting van die hof. 2. Respondent word gevonnis tot 6 maande gevangenisstraf opgeskort vir 5 jaar op voorwaarde dat respondent nie skuldig bevind word aan minagting van die hof of die oortreding van artikel 83(1) of 83(4) van Wet 53 van 1979 gepleeg tydens die periode van opskorting nie.

9 9 G VAN COPPENHAGEN, R EK STEM SAAM: JP MALHERBE, RP

10 10 Namens Applikant : Adv PJT de Wet Iov Symington & De Kok Namens Respondent : Adv PJ Loubser Iov Krohn Prokureurs /Jacobs

MALHERBE RP et VAN COPPENHAGEN R VAN COPPENHAGEN R. [1] Die appellant n 46 jarige man het in die Landdroshof

MALHERBE RP et VAN COPPENHAGEN R VAN COPPENHAGEN R. [1] Die appellant n 46 jarige man het in die Landdroshof IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Appèl Nr.: A198/2003 PHILLIP MAKASE KHOASE Appellant en DIE STAAT Respondent AANGEHOOR OP: 11 APRIL 2005 CORAM: MALHERBE RP

Nadere informatie

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA In die saak tussen:- VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA Aansoeknommer : 4511/09 JAN-NEL DU PLESSIS CHRISTINA MAGDALENA DU PLESSIS Eerste Applikant Tweede Applikant en CHANGING TIDES

Nadere informatie

KRUGER R, et BLOEM WND R BLOEM, WND R. [1] Hierdie is n hersiening. Volgens die oorkonde was die

KRUGER R, et BLOEM WND R BLOEM, WND R. [1] Hierdie is n hersiening. Volgens die oorkonde was die IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die saak tussen: Hersiening Nr. : 368/2007 DIE STAAT en OLEHILE HERCULUS MATSHEKA CORAM: KRUGER R, et BLOEM WND R UITSPRAAK:

Nadere informatie

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL Saak No 622/95 DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL In die saak tussen: CHRISTIAAN WILLEM BROODRYK APPELLANT en BOSCHHOEK MEULE BK RESPONDENT VOOR: HEFER, F H GROSSKOPF, HARMS, SCOTT ARR en STREICHER WndAR DATUM

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee Verslagwaardig: Ja / Nee Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) Saaknr: 919/2002 Datum gelewer: 2002-10-31 Hersieningsnr:

Nadere informatie

Appellant is n 25 jarige eerste oortreder wat in die Streekhof verskyn het. op n aanklag van verkragting van n 41 jarige vrou.

Appellant is n 25 jarige eerste oortreder wat in die Streekhof verskyn het. op n aanklag van verkragting van n 41 jarige vrou. IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die saak tussen: Appèl Nr. 404/2002 ITUMELENG ISAAC MOLEHE Appellant en DIE STAAT Respondent CORAM: MALHERBE R.P. et LOMBARD

Nadere informatie

ANNA HENDRINA MYBURGH

ANNA HENDRINA MYBURGH IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die saak tussen:- Saak Nr. : 4525/2008 MARIUS JACOBS Applikant en JOHAN FREDERICK MARITZ MARIA SUSANNA MARITZ ANNA HENDRINA

Nadere informatie

WRIGHT R et VAN DER MERWE R VAN DER MERWE R. [1] Die beskuldigde in hierdie hersieningsaak is op 26 Junie

WRIGHT R et VAN DER MERWE R VAN DER MERWE R. [1] Die beskuldigde in hierdie hersieningsaak is op 26 Junie IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Hersiening Nr. : 1579/2004 In die hersiening van: DIE STAAT versus MOSES SEGOBO CORAM: WRIGHT R et VAN DER MERWE R UITSPRAAK:

Nadere informatie

UITSPRAAK. [1] In hierdie uitspraak sal die partye na verwys word soos in konvensie in die hoofaksie.

UITSPRAAK. [1] In hierdie uitspraak sal die partye na verwys word soos in konvensie in die hoofaksie. IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD GAUTENG AFDELING) SAAKNR.: 19357/2010 DATUM: 03/09/2010 In die saak tussen L, A Applikant en L, A M Respondent In re: Saaknr. 24167/2006 L, A Eiseres en L, A

Nadere informatie

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die

[1] Die beskuldigde is aanvanklik op 29/08/2005 deur die. landdros, Botshabelo skuldig bevind aan huisbraak met die IN DIE HOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAAT PROVINSIAL AFDELING) In die saak tussen: DIE STAAT en Hersiening Nr: 98/2006 PAKISHO JOHN MOTAUNG CORAM: C.J. MUSI, J et MATHEBULA, AJ UITSPRAAK: C.J.

Nadere informatie

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN SKILLFULL 54 (EDMS) BEPERK JOHANNES WAGENAAR HUMAN N.O.

IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN SKILLFULL 54 (EDMS) BEPERK JOHANNES WAGENAAR HUMAN N.O. IN DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA VRYSTAATSE AFDELING, BLOEMFONTEIN In die aansoek tussen:- Saaknr. : 5107/2013 SKILLFULL 54 (EDMS) BEPERK Applikant en JOHANNES WAGENAAR HUMAN N.O. Respondent AANGEHOOR OP:

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) SAAKNOMMER: 52629/2007 31 OCTOBER 2008 In die saak tussen: ETLO MOTORS CC h/a AUTO TRADERS APPLIKANT EN ABSA BANK BEPERK RESPONDENT

Nadere informatie

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA SAAKNOMMER: 482/96 In die saak tussen: DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA KLIPPIES NTEO Appellant en DIE STAAT Respondent CORAM: Van Heerden AHR, MaraisetStreicher ARR VERHOOR: 20 November 1997

Nadere informatie

[1] Hierdie is n aansoek vir die voorlopige likwidasie van die. respondent nie in staat is om sy skulde te betaal nie.

[1] Hierdie is n aansoek vir die voorlopige likwidasie van die. respondent nie in staat is om sy skulde te betaal nie. IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) In die aansoek van: Aansoek Nr. : 1251/2006 INTERCOMP 24 (EDMS) BEPERK Applikant en HENQUE 2544 BK h/a KESTELL VERVOER Respondent

Nadere informatie

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A DIE AAD BEHOU DIE EG VOO OM N KOTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. MEK BLOKKIE MET N KUISIE X WAT OP U VAN TOEPASSING IS. AFDELING A 1. Vul asseblief die volgende besonderhede in met betrekking tot die applikant:

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) KIMBERLEY SAAK NO.: 183/2005 DATUM: In die Hersieningsuitspraak van:

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) KIMBERLEY SAAK NO.: 183/2005 DATUM: In die Hersieningsuitspraak van: IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) KIMBERLEY SAAK NO.: 183/2005 DATUM: 14 10 2005 In die Hersieningsuitspraak van: DIE STAAT teen DAWID MIAS CORAM: WILLIAMS R U I T S P R A A

Nadere informatie

CILLIé R et VOGES WR. [1] Die verhoor van hierdie beskuldigde het in die landdroshof te. Sasolburg n aanvang geneem op 11 November 2002.

CILLIé R et VOGES WR. [1] Die verhoor van hierdie beskuldigde het in die landdroshof te. Sasolburg n aanvang geneem op 11 November 2002. IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Hersieningsnommer : SR29/2004 In die Spesiale Hersiening van: DIE STAAT versus PHILLEHA TABOHO MOKOENA CORAM: CILLIé R et VOGES

Nadere informatie

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015 HOERSKOOL TYGERBERG In belang van die kind Geagte Oue(s) 5 Novembet 2014 SKOOLFONDS 2015 Die skoolfonds vir 2015 is tydens die onlangse begrotingsvergadering gehou op 30 Oktober 2014 deur die meerderheid

Nadere informatie

UITSPRAAKOPHERSIENING

UITSPRAAKOPHERSIENING Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee Verslagwaardig: Ja / Nee Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee IN DIE HOOGGEREGSHOFVANSUID-AFRIKA (Noord-KaapseAfdeling) Saaknr: 808/02 Datum gelewer: 2003-02-05 Hersieningsnr:

Nadere informatie

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem) DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: met adres te: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem) EN met adres te: (hierna die WERKNEMER

Nadere informatie

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag ) KONSTITUSIE Van die Hoedspruit Plaaswag ( die Plaaswag ) Aangesien die aanvanklike lede ondervermeld die plaaswag as n Vrywillige Assosiasie wil stig op voorwaardes hiervan: en Aangesien die Aanvanklike

Nadere informatie

REDES VIR BEVEL GELEWER OP 28\10\2005

REDES VIR BEVEL GELEWER OP 28\10\2005 Verslagwaardig: Ja / Nee Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord Kaapse Afdeling) Datum Verhoor: 2005\10\28 Saaknommer: 209\05 In

Nadere informatie

[1] Hierdie appèl is gerig teen die afwysing, met koste, van die appellant se. vorderings teen beide die eerste respondent en die tweede

[1] Hierdie appèl is gerig teen die afwysing, met koste, van die appellant se. vorderings teen beide die eerste respondent en die tweede IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Appèl Nr. : A220/2005 In die appèl tussen: PAX OIL VERKOPE CC Appellant en HARRINGTONS INGELYF JOHAN HEINRICH SCHöNKEN 1ste

Nadere informatie

AANSOEK OM GEDEELTELIKE / VOLLE VRYSTELLING VAN SKOOLGELD

AANSOEK OM GEDEELTELIKE / VOLLE VRYSTELLING VAN SKOOLGELD AANSOEK OM GEDEELTELIKE / VOLLE VRYSTELLING VAN SKOOLGELD Kragtens regulasie 3 (1)(a) en (b) van die S.A. Skolewet no. 84 van 1996 ALLE INLIGTING WORD VERTROULIK HANTEER GEEN AANSOEK SAL OORWEEG WORD INDIEN

Nadere informatie

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium

P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium SUID-AFRIKAANSE SKOLEWET, NO. 84 VAN 1996 REGULASIES VIR DIE VRYSTELLING VAN OUERS VAN DIE BETALING VAN SKOOLGELD AANSOEK VIR VRYSTELLING P A U L R O O S Gymnasium / Gimnasium Tel (021) 887 0017/77 Fax

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING In die saak tussen: MOSES NHLAPO Appellant EN DIE STAAT Respondent Coram: JOUBERT AR, CILLIé, et GALGUT, Wn ARR Verhoor: 6 September 1985 Gelewer: 13

Nadere informatie

IN DIE HOOGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) Datum: 24/5/2006 In die aangeleentheid van Saaknommer 35953/03

IN DIE HOOGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) Datum: 24/5/2006 In die aangeleentheid van Saaknommer 35953/03 fc IN DIE HOOGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA ONRAPORTEERBAAR (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) Datum: 24/5/2006 In die aangeleentheid van Saaknommer 35953/03 ALETTA MARIA BOTHA APPLIKANT EN LOUIS JOHANNES BOTHA

Nadere informatie

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad 40 HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad Artikel 68 - Instelling Daar sal n Nasionale Raad wees wat die bevoegdhede en werksaamhede het soos in hierdie Grondwet uiteengesit is. Artikel 69 - Samestelling (1) Die

Nadere informatie

MALHERBE RP. Eiseres vorder skadevergoeding in haar persoonlike hoedanigheid. as moeder en natuurlike voog van haar minderjarige seun, Stefan

MALHERBE RP. Eiseres vorder skadevergoeding in haar persoonlike hoedanigheid. as moeder en natuurlike voog van haar minderjarige seun, Stefan (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Saak Nr. : 5957/2005 In die saak tussen: LOUISA JUSTINE WARD Eiseres en DIE PADONGELUKKEFONDS Verweerder CORAM: MALHERBE RP AANGEHOOR OP: 13 EN 14 MAART 2007 UITSPRAAK

Nadere informatie

WAT BEHELS ONDERHOUD?... 1 WANNEER MOET EK ONDERHOUD EIS?... 1 HOE GAAN EK TE WERK OM ONDERHOUD TE EIS?... 1 VERLOOP VAN DIE PROSES:...

WAT BEHELS ONDERHOUD?... 1 WANNEER MOET EK ONDERHOUD EIS?... 1 HOE GAAN EK TE WERK OM ONDERHOUD TE EIS?... 1 VERLOOP VAN DIE PROSES:... HOOFSTUK 4 ONDERHOUD... 1 WAT BEHELS ONDERHOUD?... 1 WANNEER MOET EK ONDERHOUD EIS?... 1 HOE GAAN EK TE WERK OM ONDERHOUD TE EIS?... 1 VERLOOP VAN DIE PROSES:... 2 GEVOLGE VAN WANBETALING:... 2 ALGEMENE

Nadere informatie

AANSOEK OM STUDIELENING

AANSOEK OM STUDIELENING AANSOEK OM STUDIELENING 1. PERSOONLIKE INLIGTING VAN AANSOEKER (STUDENT) Vul asseblief volledig in waar van toepassing Van: Volle naam: Geboortedatum: ID Nommer: Is u 'n Suid-Afrikaanse burger? JA Huistaal:

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD KAAPSE AFDELING) KIMBERLEY SAAK NO.: 1459/05 DATUM AANGEHOOR: 17 3 2006 DATUM GELEWER: 02 06 2006 In die saak tussen: GWK BEPERK Eiser teen HENDRIK HERMANUS

Nadere informatie

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB 1. NAAM Die naam van die klub sal bekend wees as: Pretoria Papegaai Klub 2. Definisie Papegaai verwys na Psittaciformes dit is Alle spesies wat families van Cacatuidae

Nadere informatie

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING. GRONDWET Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) 1. NAAM Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING. 2. JURISDIKSIE Die area van jurisdiksie van hierdie Kunsvereniging

Nadere informatie

IN DIE HOe HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD GAUTENG HOe HOF, PRETORIA)

IN DIE HOe HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD GAUTENG HOe HOF, PRETORIA) 12 OCTOBER 2010 NOT REPORTABLE IN DIE HOe HOF VAN SUID-AFRIKA (NOORD GAUTENG HOe HOF, PRETORIA) SAAK NO: 12431/2007 IN DIE SAAK TUSSEN: MAINROAD CENTURION 30068CC EN SEVEN FALLS TRADING 59 (PTY) LTD APPLIKANT

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) ABRAHAM PETER PRETORIUS. UITSPRAAK OP APPéL

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) ABRAHAM PETER PRETORIUS. UITSPRAAK OP APPéL Sirkuleer aan Landdroste: Ja / Nee 1 Verslagwaardig: Ja / Nee Sirkuleer aan Regters: Ja / Nee IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Afdeling) Saakno: CA & R 109/02 Datum gelewer: 2002-12-09

Nadere informatie

AANVANG VAN N ONDERSOEK VAN BEWEERDE ONBEHOORLIKE GEDRAG

AANVANG VAN N ONDERSOEK VAN BEWEERDE ONBEHOORLIKE GEDRAG HERROEPING VAN DIE DISSIPLINÊRE REËLS INGESTEL INGEVOLGE DIE WET OP OPENBARE REKENMEESTERS EN OUDITEURS, 80 VAN 1991, EN AANVAARDING VAN NUWE DISSIPLINÊRE REËLS OP 7 JUNIE 2007 Nadat die Raad sy voorneme

Nadere informatie

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL 1. NAAM: Pre-Primêre Skool Senekal Die naam van die Beheerliggaam is die Beheerliggaam van die Pre-Primêre Skool Senekal (hierna genoem

Nadere informatie

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING 1. NAAM Die naam van die vereniging is die Administratiewe Personeelvereniging (hierna genoem "die Vereniging") van die Universiteit van Stellenbosch

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. (APPèLAFDELING) Saak Nr 640/94 IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen: ALFONSO DEON GREEFF Appellant en DIE STAAT Respondent CORAM: E M GROSSKOPF, NESTADT, ARR et SCOTT, Wn AR VERHOOR:

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (NOORD GAUTENG HOOGGEREGSHOF) Saak nommer: 21591/2008 Datum: 8 November 2010 HAAL DEUR WAT NIE VAN TOEPASSING IS NIE (1) RAPPORTEERBAAR: JA/NEE (2) VAN BELANG VIR ANDER

Nadere informatie

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014

NUUSBRIEF: JANUARIE 2014 NUUSBRIEF: JANUARIE 2014 'n Stukkie goeie nuus wat ons pas ontvang het is dat die Minister van Arbeid haar belofte nagekom het en nie weer n algemene hersiening van die minimum loon vir plaaswerkers gedoen

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA. APPèLAFDELING SAMSON RADEBE MATTHEWS MOLOLEKO EERSTE APPELLANT TWEEDE APPELLANT en DIE STAAT RESPONDENT IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING In die saak tussen SAMSON RADEBE MATTHEWS MOLOLEKO EERSTE APPELLANT

Nadere informatie

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING) ONRAPORTEERBAAR Saaknommer: 17108/03 Datum aangehoor: 28 30 Maart 2007 Datum van uitspraak: 08/08/2007 In die saak tussen: A. J.

Nadere informatie

VAN DER MERWE R. [1] Die appellant is in die Landdroshof te Viljoenskroon skuldig. bevind aan oortreding van die bepalings van Artikel 1(1)(b)

VAN DER MERWE R. [1] Die appellant is in die Landdroshof te Viljoenskroon skuldig. bevind aan oortreding van die bepalings van Artikel 1(1)(b) IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA (ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING) Appèl Nr. : A312/2004 In die saak tussen: THABO PAULUS MATSABU Appellant en DIE STAAT Respondent CORAM: H.M. MUSI R et VAN

Nadere informatie

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING INLEIDING 1. Die doel van hierdie dokument is om riglyne te verskaf aan mineraalreghouers wat die wettige houers van 'n

Nadere informatie

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch

DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL. Universiteit Stellenbosch 1 van 8 DIENSKONTRAK vir TYDELIKE PERSONEEL Aangegaan deur en tussen Universiteit Stellenbosch (voorts na verwys as die Universiteit ) EN [NAAM EN VAN] Identiteitsnommer: (voorts na verwys as die werknemer

Nadere informatie

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app

Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app Risikoprofielsamestelling op SanPort ipad- app RISIKOPROFIELSAMESTELLING KAN NOU OP DIE SANPORT IPAD- APP GEDOEN WORD. DIS BESKIKBAAR VIR ALLE SANLAM- TUSSENGANGERS MET IPADS. Die nuwe risikoprofielsamestelling

Nadere informatie

VOLMAG EN FOOIEOOREENKOMS

VOLMAG EN FOOIEOOREENKOMS VOLMAG EN FOOIEOOREENKOMS Ek die ondergetekende, _ (volle naam en adres) stel hiermee aan die vennote/direkteure en/of hulle genomineerdes van BADENHORST-SCHNETLER PROKUREURS Met mag van substitusie (hierna

Nadere informatie

????: Eienaar van I Do tydskrif. BESIGHEIDSVERSEKERING Finansiële Onderskrywingsriglyne

????: Eienaar van I Do tydskrif. BESIGHEIDSVERSEKERING Finansiële Onderskrywingsriglyne ????: Eienaar van I Do tydskrif BESIGHEIDSVERSEKERING Finansiële Onderskrywingsriglyne April 2014 1 Besigheidsversekering Finansiële Onderskrywings-riglyne Persoonlike, mediese en finansiële inligting

Nadere informatie

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSVERHOUDINGE (I) WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE No. 66 van 1995 (soos gewysig) - Vakbonde 22/27 Hierdie nuusbrief handel oor vakbonde en is in n Vraag en Antwoord formaat.

Nadere informatie

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te,

VEILINGSOOREENKOMS. NADEMAAL die Verkoper begerig om onder die beskerming van S.A. Holstein 'n veiling te reël op te, 1 VEILINGSOOREENKOMS OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: S.A. HOLSTEIN (hierinlater na verwys as "S.A.H" en hierin verteenwoordig deur n SA Holstein verteenwoordiger behoorlik daartoe gemagtig) en (hierinlater

Nadere informatie

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010 KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010 1. NAAM Die naam van die Assosiasie is die FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE (hierna genoem die ASSOSIASIE) 2. DOELWITTE Die Assosiasie is nie-polities

Nadere informatie

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING 1. NAAM Die naam van die Vereniging is: Die Hermanus Historiese Vereniging, (hierna verwys as die Vereniging). 2. GEOGRAFIESE GEBIED Die gebied sal van Voëlklip

Nadere informatie

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema Aansoekvorm vir die Sertifisering van Plase Voltooi en teken hierdie vorm asb. om aansoek te doen vir deelname aan die Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema. Die

Nadere informatie

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME Alle beheerliggaamlede staan in ʼn vertrouensverhouding teenoor hulle skool sowel as teenoor die mense wat hulle verkies het, en het daarom ʼn vertrouensplig teenoor

Nadere informatie

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING.

KLIËNT INLIGTING KLIËNT. Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Kode: Woonadres: Kode: PERSOON AANSPREEKLIK VIR REKENING. KLIËNT INLIGTING KLIËNT Van: Voornaam: Identiteitsnommer / Geboortedatum: Posadres: Woonadres: Tel. Nr. (Sel): (W): (H): Huistaal: Graad in skool: Huwelikstatus: Naam van skool: Ouderdom: PERSOON AANSPREEKLIK

Nadere informatie

OPSIE-OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN :

OPSIE-OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN : OPSIE-OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN : MAGNIFICENT MILE TRADING 73 (PTY) LIMITED REGISTRASIENOMMER 2003/006953/07 hierin verteenwoordig deur PIETER HENDRIK VAN STADEN in sy hoedanigheid as Direkteur

Nadere informatie

IN DIE NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY

IN DIE NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY Verslagwaardig: Sirkuleer Aan Regters: Sirkuleer aan Streeklandroste Sirkuleer Aan Landdroste: JA / NEE JA / NEE JA / NEE JA / NEE IN DIE NOORD-KAAP HOË HOF, KIMBERLEY Saakno: / Case number: 1893 / 2009

Nadere informatie

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. )

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. ) Voorbeeld Huweliks Kontrak met die aanwasbedeleing Voorhuwelikse kontrak met aanwas Protokol Nr. VOORHUWELIKSE KONTRAK LAAT DIT HIERMEE BEKEND WEES DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee

Nadere informatie

UITSPRAAK. IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Saak No: CA&R 23/2010 Saak Aangehoor: 24/05/2010 Datum gelewer: 28/05/2010

UITSPRAAK. IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof, Kimberley) Saak No: CA&R 23/2010 Saak Aangehoor: 24/05/2010 Datum gelewer: 28/05/2010 ---------Rapporteerbaar: Ja / Nee Sirkuleer onder Regters: Ja / Nee Sirkuleer onder Landdroste: Ja / Nee Sirkuleer onder Streeklanddroste: Ja / Nee IN DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoë hof,

Nadere informatie

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie.

Ingevolge artikel 185 van die Wet op Arbeidsverhoudinge, Wet 55 van 1995, het elke werknemer die reg om nie onbillik ontslaan te word nie. Beëindiging van ʼn vastetermyndienskontrak 1 Uit FEDSAS se omgewingsontleding van ledeskole blyk dat 28% van opvoeders en 52% van nie-opvoeders deur die beheerliggaam aangestel word. ʼn Groot persentasie

Nadere informatie

2015 AKADEMIESE JAAR

2015 AKADEMIESE JAAR Die sluitingsdatum vir die 2015 akademiese jaar aansoeke is die 5 de Desember 2014 en geen laat aansoeke sal aanvaar of oorweeg word nie. Die indiening van ʼn aansoek is nie ʼn waarborg dat die Trust aan

Nadere informatie

Tjokkerjol Speelgroepie

Tjokkerjol Speelgroepie Ooreenkoms Tussen Tjokkerjol Speelgroepie En (hierna genome die Ouer) Aangesien die Ouer begerig is dat haar/sy kind bedags versorg word deur Tjokkerjol Speelgroepie; en aangesien Tjokkerjol Speelgroepie

Nadere informatie

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018 DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018 Die heidene het die evangelie aanvaar, en dit was vir sommige Jode 'n probleem. Moet die heidene nie onder dieselfde reëls leef nie? Waarom het die Jode besny,

Nadere informatie

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10) UNIVERSITEIT VAN PRETORIA REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10) 1. INLEIDING Paragrawe 12 en 13 van die Statuut Van die Universiteit van Pretoria

Nadere informatie

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe?

Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe? Nasionale Minimumloon: Wie, waar, hoekom en hoe? Die Nasionale Minimumloon wetsontwerp, sowel as die NEDLAC ooreenkoms, blyk n groot bron van kommer te wees in die landbousektor. Hierdie dokument lig die

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

ELETE WHICHEVER IS NOT APPLICABLE

ELETE WHICHEVER IS NOT APPLICABLE IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SU1D-AFRIKA ELETE WHICHEVER IS NOT APPLICABLE 1) REPORTABLE: ^SfNO 2) 0 INTEREST TO OTHER JUDGES : 3) REV&cD IALE AFDELING) Datum: 2012-02-24 Saaknommer: 41168/2008 In die saak

Nadere informatie

Eerste applikant. Tweede applikant. Derde applikant. Vierde applikant. Vyfde applikant. Eerste respondent. Tweede respondent.

Eerste applikant. Tweede applikant. Derde applikant. Vierde applikant. Vyfde applikant. Eerste respondent. Tweede respondent. In die saak tussen: SAAK NO. 3 8444/08 INYANGA TRADING 472 (EDMS) BPK CARL BUCHNER VOS N O CORNELIUS JOHANNES VOS N O CARL BUCHNER VOS CORNELIUS JOHANNES VOS Eerste applikant Tweede applikant Derde applikant

Nadere informatie

INLIGTINGSDOKUMENT: HOE OM GRONDEISE TE HANTEER

INLIGTINGSDOKUMENT: HOE OM GRONDEISE TE HANTEER INLIGTINGSDOKUMENT: HOE OM GRONDEISE TE HANTEER Daar is twee tipes eise wat teen grond ingestel kan word, naamlik n restitusie-eis of n huurarbeider-eis. Huurarbeider-eise is grootliks beperk tot twee

Nadere informatie

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1 Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1 1. Oogmerk Die oogmerk van hierdie riglyne is om die aanstelling van werknemers op n termynkontrak van langer as drie maande

Nadere informatie

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA

DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA Rapporteerbaar DIE HOOGSTE HOF VAN APPèL VAN SUID-AFRIKA Saaknommer: 657/98 Insake die appèl van GF WESSELS NO Appellant en CJ DE JAGER NO JF PEYPER NO 1ste Respondent 2de Respondent HOF: Van Heerden WndHR,

Nadere informatie

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word.

Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word. Bladsy 1/5 Aansoek om deur Ruimsig Gemeente Leraar in die eg verbind te word. Baie geluk en dankie dat julle dit oorweeg om hierdie spesiale verbintenis deur Ruimsig Gemeente te laat hanteer. Dit is Ruimsig

Nadere informatie

Gladdebek Kommentatorsoektog Standaard Terme en Voorwaardes

Gladdebek Kommentatorsoektog Standaard Terme en Voorwaardes Gladdebek Kommentatorsoektog Standaard Terme en Voorwaardes STANDAARD TERME & VOORWAARDES VIR WEDSTRYD Lees asseblief die onderstaande en teken en dateer dit: 1.1 Ek is 18 (agtien) jaar en ouer; 1.2 Ek

Nadere informatie

FPSA FISA RAADSEKSAMEN

FPSA FISA RAADSEKSAMEN FPSA FISA RAADSEKSAMEN Examination date/eksamendatum: 18 NOVEMBER 2013 Time/Tyd: 9:00 11:15 (2 ure en 15 min.) Total marks/totale punte: 50 Eksamenvraestel: TRUSTADMINISTRASIE Hierdie eksamenvraestel bestaan

Nadere informatie

Verlof 251 A. OORSIG. Die aantal dae wat n werknemer gewoonlik in ses weke sou gewerk het binne n siklus van 36 maande.

Verlof 251 A. OORSIG. Die aantal dae wat n werknemer gewoonlik in ses weke sou gewerk het binne n siklus van 36 maande. Verlof 251 HOOFSTUK 12 Verlof A. OORSIG Verlof is n diensvoordeel waarop n personeellid geregtig is. Die werkgewer het egter die reg om te bepaal wanneer verlof geneem mag word. Die saak van Jardine v

Nadere informatie

Vlotheid en intonasie

Vlotheid en intonasie Vlotheid en intonasie Marlene van der Berg 5/20/2012 2 Vlotheid Die gebrek aan vaardigheid in swak lesers is bewys deur hul stadige, hakkelrige en inkonsekwente tempo, swak frasering; en onvoldoende intonasie

Nadere informatie

DEPARTEMENT VAN ONDERWYS. Goewermentskennisgewing R Oktober 2006

DEPARTEMENT VAN ONDERWYS. Goewermentskennisgewing R Oktober 2006 DEPARTEMENT VAN ONDERWYS Goewermentskennisgewing R1052 18 Oktober 2006 SUID-AFRIKAANSE SKOLEWET, WET 84 VAN 1996 REGULASIES VIR DIE VRYSTELLING VAN OUERS VAN DIE BETALING VAN SKOOLGELD IN OPENBARE SKOLE

Nadere informatie

Naskool Tel:

Naskool Tel: Dinky Dots Garsfontein Tel: 083 444 7240 Naskool Tel: 012 991 8602 Registrasie vorm E-pos: dinkydotsfaerieglen@gmail.com Naam van kind Datum van registrasie Afdeling A: Familie inligting Inligting Vader

Nadere informatie

IN DIE HOëHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoëhof, Kimberley) UITSPRAAK

IN DIE HOëHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoëhof, Kimberley) UITSPRAAK Rapporteerbaar: Ja / Nee Sirkuleer onder Regters: Ja / Nee Sirkuleer onder Landdroste: Ja / Nee Sirkuleer onder Streeklanddroste: Ja / Nee IN DIE HOëHOF VAN SUID-AFRIKA (Noord-Kaapse Hoëhof, Kimberley)

Nadere informatie

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing

Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing Les 11: Tegnologie in die sake-omgewing Aktiwiteit Groot handelsbanke soos Absa, Standard Bank en Nedbank bied verskeie nuwe dienste aan hulle kliënte. Kliënte hoef nie meer soos in die verlede die bank

Nadere informatie

Kennisgewing van Twintigste Algemene Jaarvergadering van Aandeelhouers

Kennisgewing van Twintigste Algemene Jaarvergadering van Aandeelhouers Kennisgewing van Twintigste Algemene Jaarvergadering van Aandeelhouers DIREKSIE BKB Beperk Registrasienr.: 1998/012435/06 D C Louw (Voorsitter) W Edmayr (Besturend) G E J Kingwill (Onder-Voorsitter) A

Nadere informatie

besigheidsversekering finansiële onderskrywingsriglyne

besigheidsversekering finansiële onderskrywingsriglyne besigheidsversekering finansiële onderskrywingsriglyne maart 2015 besigheidsversekering finansiële onderskrywingsriglyne Persoonlike, mediese en finansiële inligting is noodsaaklik vir akkurate onderskrywing

Nadere informatie

NASIONALE BEDINGINGSRAAD VIR DIE CHEMIESE NYWERHEID CEBONE COLLETTE DE BEER WISE WINDSCREEN REPAIRS BK TOEKENNING

NASIONALE BEDINGINGSRAAD VIR DIE CHEMIESE NYWERHEID CEBONE COLLETTE DE BEER WISE WINDSCREEN REPAIRS BK TOEKENNING NASIONALE BEDINGINGSRAAD VIR DIE CHEMIESE NYWERHEID VERWYSINGSNOMMER: GPCHEM 2121 VERHOORDATUM: 2005/11/28 In die arbitrasie tussen: CEBONE COLLETTE DE BEER Applikant en WISE WINDSCREEN REPAIRS BK Respondent

Nadere informatie

WYSIGINGSWETSONTWERP OP REGISTRASIE VAN AKTES

WYSIGINGSWETSONTWERP OP REGISTRASIE VAN AKTES REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA WYSIGINGSWETSONTWERP OP REGISTRASIE VAN AKTES (Soos ingedien by die Nasionale Vergadering (voorgestelde artikel 75); verklarende opsomming van Wetsontwerp gepubliseer in Staatskoerant

Nadere informatie

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur :

VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM. Koper(s): ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON. Opgestel deur : VEILINGSVOORWAARDES VASTE EIENDOM ERF 207 en ERF 208 te Karoo Hoogland Munisipaliteit, WILLISTON Koper(s): Opgestel deur : CRAWFORDS Posbus 25 Donkinstraat 27 BEAUFORT-WES 9670 Tel : (023) 414 2161 Faks

Nadere informatie

KENNISGEWING VAN VERDAAGDE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN BKB-AANDEELHOUERS

KENNISGEWING VAN VERDAAGDE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN BKB-AANDEELHOUERS BKB BEPERK (Geïnkorporeer in die Republiek van Suid-Afrika) (Registrasienr: 1998/012435/06) ( BKB ) of ( die Maatskappy ) DIREKSIE D C Louw (Voorsitter) # W Edmayr (Besturende Direkteur) G E J Kingwill

Nadere informatie

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS

MEMORANDUM VAN OOREENKOMS MEMORANDUM VAN OOREENKOMS tussen SITALI JEWELLERS (hierna genoem SITALI) en KATRINA PHILLIPS ANNA CLOETE REBECCA DE WET RONALD JOSEPH DEONALD CLOETE STEVERT HANS (hierna genoem die Kunstenaars) 1. DIE

Nadere informatie

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE INHOUDSOPGAWE 1. INLEIDING 2. OORTREDING VAN DIE GEDRAGSKODE DEUR OMR-LEDE 2.1 Ernstige oortredings 2.2 Tugstappe 2.3 Minder ernstige oortredings 2.4 OMR-Tugkomitee

Nadere informatie

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof? Gemeenskap Wat is n gemeenskap? Die woord gemeenskap dui n intieme verband tussen mense aan. Mense wat deel aan iets, maar dit wat hulle deel is baie besonders. Uit die Grieks is die woord vir gemeenskap

Nadere informatie

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE)

VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE) VERLIES VAN WINSTE (MASJINERIE BREEKSKADE) OMSKREWE GEBEURTENISSE n Ongeluk aan masjinerie gespesifiseer in Bylae II in gebruik deur die Versekerde op die perseel vir die doel van die besigheid en wat

Nadere informatie

HOOFSTUK 9 Regspleging

HOOFSTUK 9 Regspleging HOOFSTUK 9 Regspleging Artikel 78 - Die Regbank (1) Die regterlike gesag berus by die howe van Namibië wat bestaan uit: (a) n Hoogste Hof van Namibië (b) n Hoërhof van Namibië (c) Laerhowe van Namibië

Nadere informatie

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid LAERSKOOL SAAMTREK Grond-en-gebouebeleid 1. Inleiding Hierdie dokument is die grond-en-gebouebeleid van (skool)laerskool SAAMTREK, wat die skoolbeheerliggaam op (datum)4 Oktober 2014 goedgekeur het. Die

Nadere informatie

Peter Dladla besit Dladla s Sokkerwinkel. Die onderneming vervaardig en versprei sokkerballe. Die finansiële jaar eindig op 30 Junie elke jaar.

Peter Dladla besit Dladla s Sokkerwinkel. Die onderneming vervaardig en versprei sokkerballe. Die finansiële jaar eindig op 30 Junie elke jaar. Vraag 1 (Vervaardigingsaspekte en Gelykbreekpunt; 20 punte, 12 minute) Peter Dladla besit Dladla s Sokkerwinkel. Die onderneming vervaardig en versprei sokkerballe. Die finansiële jaar eindig op 30 Junie

Nadere informatie

AKSIE NOTULE VAN DIE SPESIALE RAADSVERGADERING GEHOU OP DINSDAG 11 APRIL 2017 OM 11:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, PIKETBERG

AKSIE NOTULE VAN DIE SPESIALE RAADSVERGADERING GEHOU OP DINSDAG 11 APRIL 2017 OM 11:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE KANTORE, KERKSTRAAT, PIKETBERG 11 APRIL 2017 OM 11:00 IN DIE RAADSAAL, MUNISIPALE TEENWOORDIG LEDE VAN DIE VIERDE MUNISIPALE RAAD Rdh. A de Vries - Speaker Rdh. EB Manuel - Burgemeester Rdd. SM Crafford - Onderburgemeester Rdh. RM van

Nadere informatie

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL

ROBERTSON. AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL ROBERTSON VOORBEREIDINGSKOOL - PREPARATORY SCHOOL REITZSTRAAT, ROBERTSON 6705 POSBUS / P.O.BOX 292 ROBERTSON 6705 TEL: (023) 626 3139 - FAKS/FAX: 086 505 2186 AANSOEK OM TOELATING Vir graad 1-3 AANSOEK

Nadere informatie

Saak nr 26/86 /MC. - en -

Saak nr 26/86 /MC. - en - Saak nr 26/86 /MC DIE STAAT - en - MPHUMELELO MAGONGO JANSEN AR. Saak no 26/86 /MC IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèLAFDELING) In die saak tussen: DIE STAAT Appellant - en - MPHUMELELO MAGONGO

Nadere informatie

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76: -445- BYLAAG 11 Artikel 73 tot 82 en 117(e) van die Wet op Korrektiewe Dienste (wet 111 van 1998) Funksionering van die nuwe Korrektiewe toesig- en Paroolraad Artikel 73: - n gevonniste gevangene bly in

Nadere informatie

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE VIR DIE LEDE VAN DIE BEHEERLIGGAAM

GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE VIR DIE LEDE VAN DIE BEHEERLIGGAAM GOUDVELD-HOËRSKOOL GEDRAGSKODE VIR DIE LEDE VAN DIE BEHEERLIGGAAM AANVAAR: Bladsy 1 van 11 GOUDVELD-HOëRSKOOL GEDRAGSKODE VIR DIE LEDE VAN DIE BEHEERLIGGAAM Nademaal die beheerliggaam van Goudveld-Hoërskool

Nadere informatie