GRONDWET VAN DIE VERENIGING VAN REKENMEESTERS VIR AFRIKAANS

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "GRONDWET VAN DIE VERENIGING VAN REKENMEESTERS VIR AFRIKAANS"

Transcriptie

1 GRONDWET VAN DIE VERENIGING VAN REKENMEESTERS VIR AFRIKAANS 1. NAAM Die naam van die Vereniging is - DIE VERENIGING VAN REKENMEESTERS VIR AFRIKAANS hierin na verwys as RVA. 2. DOELSTELLINGS Die RVA stel hom ten doel om Afrikaans in die algemeen as amptelike taal en in die besonder as rekenmeesterstaal te bevorder en uit te bou; Die publikasie van Afrikaanse rekenmeesters-literatuur te bevorder en te fasiliteer en om die vertaling van rekenmeesters-literatuur in Afrikaans aan te moedig en te bevorder; Afrikaans aan universiteite en ander opleidingsinstansies as taal van onderrig te bevorder; Rekenmeesters-onderrig en -opleiding in Afrikaans met Afrikaanse lesingmateriaal te bevorder; Die gebruik van Afrikaans by rekenmeesters-seminare, -byeenkomste en vergaderings te bevorder; Bystand te verleen, in die besonder in omstandighede waar Afrikaanse taalregte of dergelike regte van die Afrikaanse gemeenskap en lede daarvan in die gedrang is; Na goeie oordeel met instellings en verenigings saam te werk wat Afrikaans as taal erken en daadwerklik respekteer en bevorder; Personeelbeleid en -praktyk in die algemeen en in die besonder in die rekenmeestersberoep te bevorder wat streeks- en plaaslike taaldemografie, met spesifieke verwysing na Afrikaans, in ag te neem; Tot voordeel van die lede van RVA en van Afrikaanse rekenmeesters in die breë op te tree; Te werk vir die gelyke erkenning en akkommodering van die rekenmeestersbelang in die gemeenskap; en Om in die algemeen sodanige handelinge uit te voer as wat volgens RVA nodig is om sy doelstellings te bevorder; Die RVA beoefen sy aktiwiteite in die Republiek van Suid-Afrika op n niewinsgewende grondslag en op n wyse wat nie die ekonomiese eie-belang van enige persoon sal bevorder nie Die RVA se hulpbronne, fondse en aktiwiteite moet ter bevordering van sy doelstellings en nie ter ondersteuning van enige politieke party aangewend word nie Enige bates van RVA moet tydens ontbinding aan n soortgelyke organisasie met dieselfde doelstellings oorgedra word. 1

2 3 LIDMAATSKAP 3.1 Lede Die volgende kategorieë persone en instellings, wat die doelstellings van RVA onderskryf, kwalifiseer vir lidmaatskap by die RVA en kan as lede by RVA aansluit; Individuele persone wat as rekenmeesters gekwalifiseer is, of persone wat in die rekenmeestersprofessie is, of persone wat in die akademie staan en opleiding gee in rekeningkunde of verwante vakke, of in n rekenmeesters-hoedanigheid werksaam is; Rekenmeestersklerke, assistente en bona fide rekenmeesterstudente, heeltyds of deeltyds. 3.2 Medewerkers Persone en/of organisasies wat nie as lede kwalifiseer nie, maar die doelstellings van RVA onderskryf en wil bydra tot die bevordering daarvan, kan by bestuur aansoek doen om as medewerkers van RVA geregistreer te word Weiering of beëdiging van lidmaatskap Die Bestuur het die bevoegdheid om enigeen, lidmaatskap van RVA te weier of te beëindig indien daar grondige rede vir die verdenking bestaan dat so n lid nie die doelstelllings van RVA onderskryf nie, of die bedrywighede van RVA mag ontwrig, of tot nadeel van RVA wil optree. Alle gevalle van weiering en/of kansellasie van lidmaatskap deur die Bestuur word by die eersvolgende jaarvergadering van RVA met opgaaf van redes bekend gemaak Erelede Die Bestuur kan erelede van RVA benoem Erelede kom uit die geledere van rekenmeesters wat hulle onderskei het in die rekenmeesters-praktyk of die rekenmeesters-akademie, wat n besondere bydrae gelewer het ter bevordering van Afrikaans as rekenmeesterstaal en wat die doelstellings van RVA ondersteun. Enige lid van RVA kan n geskikte persoon as erelid nomineer vir oorweging deur die Bestuur In buitengewone gevalle kan die Bestuur ook nie-rekenmeesterslui benoem wat n besondere bydrae tot Afrikaans in die rekenmeestersprofessie en/of tot die RVA gelewer het. 4. LIDMAATSKAPFOOIE 4.1. n Jaarlikse lidmaatskapfooi, soos dit van tyd tot tyd deur die Bestuur bepaal word, is deur elke lid van RVA betaalbaar Verskillende lidmaatskapfooie kan vir die verskillende kategorieë lidmaatskappe van die RVA deur die Bestuur bepaal word Medewerkers en erelede van RVA betaal geen fooie nie. 2

3 5. JAARVERGADERING 5.1. n Algemene Jaarlikse Ledevergadering, bekend as die Jaarvergadering, geskied voor die einde van November van elke jaar. Lede sal behoorlike skriftelike kennisgewing deur die Bestuur ontvang. Die Jaarvergadering sal gedurende die derde kwartaal van elke jaar gehou op n plek en tyd soos bepaal word deur die Bestuur. 5.2 Die bestuur moet 21 (een en twintig) dae voor die Jaarvergadering n skriftelike kennisgewing aan elke lid stuur met vermelding van die tyd en plek waar die Jaarvergadering sal plaasvind. 5.3 Die Jaarvergadering van RVA is die hoogste besluitnemingsliggaam van die RVA en bepaal die breë beleid van RVA; lê riglyne neer waarbinne die Bestuur moet optree; en verkies, behoudens die tersaaklike bepalings van die Grondwet oor die bestuur, die bestuur vir die volgende jaartermyn Tydens die Jaarvergadering lewer die Bestuur behoorlike skriftelike verslag oor die aktiwiteite en die finansiële stand van die RVA. 5.4 Alle lede van RVA wie se lidmaatskapfooie betaal is, het sittingsreg en stemreg op die Jaarvergadering. 6. SPESIALE VERGADERING n Spesiale vergadering moet binne een maand vir n geskikte tyd en plek deur Bestuur belê word indien: 6.1 n Skriftelike versoek te dien effekte deur vyf en twintig van die opbetaalde lede by die Bestuur ingedien is, en 6.2 Die rede vir die vergadering volledig op skrif uiteengesit word. 7. KWORUM 7.1. n Kworum van n Jaarvergadering of Spesiale Vergadering bestaan uit minstens vyf en tien opbetaalde lede van RVA onderskeidelik Erelede en Medewerkers van RVA geniet sittingsreg, maar het geen stemreg tydens n Jaar- en Spesiale Vergadering nie. 3

4 8. BESTUUR 8.1. Die Bestuur bestaan uit minstens drie en n maksimum van nege lede, bestaande uit n voorsitter, n ondervoorsitter, n sekretaris/tesourier en addisionele lede Portefeuljes, insluitende dié van sekretaris en tesourier word so gou doenlik na die Jaarvergadering, maar nie later nie as tydens die eerste Bestuursvergadering, na onderlinge oorleg in die Bestuur, geïdentifiseer en toegeken n Meerderheid van die Bestuur vorm n kworum vir bestuursvergaderings en n meerderheid moet teenwoordig bly ten einde n behoorlike gekonstitueerde bestuursvergadering daar te stel Wanneer vakatures op die Bestuur ontstaan, kan die Bestuur die vakature vul deur n plaaslike lid van RVA op die Bestuur te benoem en indien nodig, n portefeulje toe te ken Die Bestuur het die bevoegdheid om enige verdere lede van RVA na goeddunke vir die duur van die ampstermyn of vir n korter tydperk op die Bestuur te koöpteer Die Bestuur vergader minstens driemaandeliks en die verrigtinge van die vergadering word behoorlik genotuleer Die Bestuur funksioneer sover moontlik op die grondslag van eenstemmigheid, maar neem besluite per hoofdelike stemming indien eenstemmigheid nie bereik kan word nie. In die geval van n staking van stemme, oefen die voorsitter n beslissende stem uit Die Bestuur onderneem alle optrede wat na die Bestuur se goeddunke noodsaaklik en doeltreffend is om RVA binne die raamwerk van die Grondwet en die algemene werkswyse van RVA, te bevorder Die Bestuur kan enige organisatoriese of dergelike reëlings tref, met inbegrip van die stigting van subkomitees om die doelstellings van RVA ten beste te bevorder n Lid van RVA wat na die oordeel van die Bestuur die bevordering van die doelstellings en die belange van RVA benadeel, se lidmaatskap kan deur die Bestuur op grond van n tweederde meerderheidstem beëindig word. Daar moet dan met n behoorlike skriftelike opgaaf van redes oor sodanige beëindiging by die eersvolgende Jaarvergadering hieroor verslag gedoen word Vir die doelstelling van die behoorlike funksionering van die RVA moet die Bestuur n bankrekening of bankrekenings open en administreer en in die algemeen die geldelike aangeleenthede van RVA na behore bestuur, wat die byhou van n behoorlike boekhoudingstelsel en opstel van jaarlikse finansiële state soos per klousule 13 behels. Hierdie finansiële state sal elke jaar op die algemene jaarvergadering vir goedkeuring voorgelê word. Die finansiële jaareinde van RVA is einde Februarie. 9. UITVOERENDE BEAMPTE Die Bestuur kan n geskikte persoon as Uitvoerende Beampte van RVA aanstel, wat verantwoordelik is om die besluite van die Bestuur uit te voer en die algemene administrasie van RVA te behartig. 4

5 10. WERKSWYSE RVA benut alle paslike weë binne die raamwerk van die reg ter bevordering van sy Doelstellings RVA is verbind tot n demokratiese, opbouende en deursigtige openbaar eerbare handelwyse en bevorder die verwesenliking van sy doelstellings deur onder andere: Gesprekvoering, onderhandeling, openbare standpuntinname, debat en waar nodig deur litigasie; en Die vestiging en uitbou van selfstandige strukture en fasiliteite RVA werf landswyd lede ten einde sorg te dra dat die doelstellings van RVA oral bevorder kan word. Lede kan ook buite Suid-Afrika gewerf word. Lede van RVA word aangemoedig om op individuele basis, waar nodig, in oorleg met die Bestuur, die doelstellings van RVA te bevorder waar die geleentheid en die noodsaak ook al daarvoor opduik Die Bestuur kan RVA ook informeel op n streeks- of distriks- of dergelike grondslag organiseer. 11. EREPRESIDENT Die Bestuur kan n rekenmeester van uitstaande statuur en met n bewese daadwerklike verbintenis tot Afrikaans as rekenmeesterstaal by die Jaarvergadering aanbeveel om as Erepresident benoem te word. Enige Lid kan ook voorstelle maak oor wie as Erepresident benoem kan word. 12. REGSPERSOONLIKHEID RVA, soos verteenwoordig deur die Bestuur, is n regspersoon en mag enige regshandeling binne die bevoegheid van n regspersoon vervul Geen lid het enige eis teen RVA vir enige skade wat hy of sy mag ly weens n handeling of versuim aan die kant van RVA, of van die Bestuur nie. 13. PROFESSIONELE DIENSTE 13.1 Die bestuur moet op elke jaarvergadering n professionele rekenmeester (hierna verwys as die ouditeur van die RVA) aanstel om as die ouditeur van die RVA op te tree. Aan die einde van elke finansiële jaar sal die bestuur n rekening van die administrasie van die RVA opstel / laat opstel waarin die kapitaal van die RVA uiteengesit word met alle byvoegings daartoe en alle inkomstes en uitgawes deur die bestuur aangegaan en wyse waarop dit alles gehou en belê is. Elke lid of sy regsverteenwoordiger sal op versoek geregtig wees op n ware afskrif van elke sodanige rekening, wat behoorlik deur die voorsitter en ouditeur gesertifiseer is Die bestuur is geregtig om van die dienste van professionele persone gebruik te maak in soverre hulle sodanige dienste noodsaaklik of wenslik ag vir die doeleindes van die RVA en daarvoor uit die RVA se fondse betaal. 5

6 13.3 Die feit dat n lid van die bestuur n professie beoefen of besigheid bedryf, sal geen beletsel vir hom of sy firma wees om in n professionele of ander hoedanigheid opdragte van die RVA te ontvang en uit te voer en daarvoor vergoed te word nie asof hy nie lid van RVA is nie. 14. VRYWARING Die lede van die Bestuur of enige subkomitee, substruktuur, persone in diens van RVA of gekontrakteerdes van RVA, word gevrywaar teen alle verliese gely of onkostes deur hulle aangegaan in die uitvoering van hul pligte, behalwe waar sodanige verliese gely is of onkoste aangegaan is as gevolg van hul eie onderskeidelike opsetlike gebrek aan pligsgetrouheid of nalatige optrede of pligsversuim. n Eis sal egter slegs slaag indien vooraf skriftelike toestemming deur die Bestuur daartoe verleen is. 15. WYSIGING VAN DIE GRONDWET Wysigings aan die Grondwet is onderhewig aan die goedkeuring van minstens twee derdes van die teenwoordige lede tydens n behoorlike gekonstitueerde Jaar- of Spesiale vergadering. 16. DOMISILIE Die domicillium citandi et executandi van RVA onder meer vir die doel van die bestelling van enige kennisgewing is: Gouwslaan 50, Raslouw, CENTURION, Die posadres van RVA is: Posbus 219, Wierdapark, Die eposadres van RVA is: jaco@mrek.co.za ####################### 6

GRONDWET VAN DIE VERENIGING VAN REGSLUI VIR AFRIKAANS

GRONDWET VAN DIE VERENIGING VAN REGSLUI VIR AFRIKAANS GRONDWET VAN DIE VERENIGING VAN REGSLUI VIR AFRIKAANS 1. NAAM Die naam van die Vereniging is : DIE VERENIGING VAN REGSLUI VIR AFRIKAANS hieronder na verwys as die VRA. Die VRA is deur die Kommissaris van

Nadere informatie

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING.

GRONDWET. Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING. GRONDWET Centurion Kunsvereniging (hierna genoem die Kunsvereniging) 1. NAAM Die naam van die Kunsvereniging sal wees CENTURION KUNSVERENIGING. 2. JURISDIKSIE Die area van jurisdiksie van hierdie Kunsvereniging

Nadere informatie

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING

REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING REGLEMENT VAN DIE ADMINISTRATIEWE PERSONEELVERENIGING 1. NAAM Die naam van die vereniging is die Administratiewe Personeelvereniging (hierna genoem "die Vereniging") van die Universiteit van Stellenbosch

Nadere informatie

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB

KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB KONSTITUSIE VAN PRETORIA PAPEGAAI KLUB 1. NAAM Die naam van die klub sal bekend wees as: Pretoria Papegaai Klub 2. Definisie Papegaai verwys na Psittaciformes dit is Alle spesies wat families van Cacatuidae

Nadere informatie

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING

GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING GRONDWET VAN DIE HERMANUS HISTORIESE VERENIGING 1. NAAM Die naam van die Vereniging is: Die Hermanus Historiese Vereniging, (hierna verwys as die Vereniging). 2. GEOGRAFIESE GEBIED Die gebied sal van Voëlklip

Nadere informatie

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN DIE PRE-PRIMÊRE SKOOL SENEKAL 1. NAAM: Pre-Primêre Skool Senekal Die naam van die Beheerliggaam is die Beheerliggaam van die Pre-Primêre Skool Senekal (hierna genoem

Nadere informatie

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag )

KONSTITUSIE. Van die. Hoedspruit Plaaswag. ( die Plaaswag ) KONSTITUSIE Van die Hoedspruit Plaaswag ( die Plaaswag ) Aangesien die aanvanklike lede ondervermeld die plaaswag as n Vrywillige Assosiasie wil stig op voorwaardes hiervan: en Aangesien die Aanvanklike

Nadere informatie

KONSTITUSIE VAN DIE SCHOEMANSVILLE OEWERKLUB

KONSTITUSIE VAN DIE SCHOEMANSVILLE OEWERKLUB KONSTITUSIE VAN DIE SCHOEMANSVILLE OEWERKLUB AANHEF (2017 hersiening goedgekeur op 19 September 2017) Aangesien die Staat die deel van die Hartbeespoortdamoewer aangrensend aan Schoemansville per servituut

Nadere informatie

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN LAERSKOOL RUSTENBURG 1. NAAM: Die naam van die Beheerliggaam is die Beheerliggaam van die Laerskool Rustenburg 2. STATUS: 2.1 Die beheerliggaam bestuur en beheer die

Nadere informatie

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010

KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010 KONSTITUSIE FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE 2 JUNIE 2010 1. NAAM Die naam van die Assosiasie is die FICHARDTPARK WOONBUURT ASSOSIASIE (hierna genoem die ASSOSIASIE) 2. DOELWITTE Die Assosiasie is nie-polities

Nadere informatie

KONSTITUSIE VAN ARSO

KONSTITUSIE VAN ARSO KONSTITUSIE VAN ARSO Handeldrywend as ICO ARTIKEL 1: NAAM 1.1 Aksie Reformatoriese (Gereformeerde) Skoolonderwys handeldrywend as Instituut vir Christelike Onderwys, afgekort ICO. 1.2 ICO is ʼn regspersoon

Nadere informatie

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad

HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad 40 HOOFSTUK 8 Die Nasionale Raad Artikel 68 - Instelling Daar sal n Nasionale Raad wees wat die bevoegdhede en werksaamhede het soos in hierdie Grondwet uiteengesit is. Artikel 69 - Samestelling (1) Die

Nadere informatie

GRONDWET VAN DIE PAARL BELASTINGBETALERSVERENIGING (Die Grondwet) - 26 Januarie 2012

GRONDWET VAN DIE PAARL BELASTINGBETALERSVERENIGING (Die Grondwet) - 26 Januarie 2012 GRONDWET VAN DIE PAARL BELASTINGBETALERSVERENIGING (Die Grondwet) - 26 Januarie 2012 KLOUSULE 1: NAAM Die naam van die Vereniging is die PAARL BELASTINGBETALERSVERENIGING / PAARL RATE PAYERS ASSOCIATION,

Nadere informatie

Eerste jaarvergadering en konstitusie

Eerste jaarvergadering en konstitusie Christen gemeenskap Hartbeespoort Eerste jaarvergadering en konstitusie Notule van die eerste algemene jaarvergadering gehou op 25 Februarie 1983 om 19h00 in die Christensentrum Meerhof 1. Opening Br Samuel

Nadere informatie

KONTIKI PREPRIMêRE SKOOL GRONDWET

KONTIKI PREPRIMêRE SKOOL GRONDWET KONTIKI PREPRIMêRE SKOOL GRONDWET 1. WOORDOMSKRYWINGS, WET EN REGULASIES 1.1 Die eienaar van die skool is die Kontiki Bestuursliggaam, synde die lede van die bestuursliggaam soos deur die ouers verkies.

Nadere informatie

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel.

LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET. 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel. LAERSKOOL DE TYGER GRONDWET 1. WOORDOMSKRYWING beheerliggaam : Die beheerliggaam van die Laerskool De Tyger soos in artikel 16(1) van die Wet bedoel. borgliggaam : n Liggaam of groep persone deur die beheerliggaam

Nadere informatie

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie.

Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie. B. FAKULTEITSRADE WOORDBEPALING Tensy uit die samehang anders blyk, beteken in hierdie reglement: Assessorlid: 'n Lid van die Fakulteitsraad met spreek- maar geen stemreg nie. Fakulteitsraad: Die Raad

Nadere informatie

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10)

UNIVERSITEIT VAN PRETORIA. REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10) UNIVERSITEIT VAN PRETORIA REGULASIE EN PROSEDURE VIR DIE AANSTELLING VAN UITVOERENDE DIREKTEURE EN DIE REGISTRATEUR (Rt326/10) 1. INLEIDING Paragrawe 12 en 13 van die Statuut Van die Universiteit van Pretoria

Nadere informatie

Paarl Rangers Rugby-Voetbal Klub. Gestig (1914) Grondwet en Reglimente

Paarl Rangers Rugby-Voetbal Klub. Gestig (1914) Grondwet en Reglimente Paarl Rangers Rugby-Voetbal Klub Gestig (1914) Grondwet en Reglimente 1. NAAM Die naam van die klub is en bly Paarl Rangers Rugby Voetbalklub (hierna genoem die KLUB ) 2. REGSPOSISIE Sedert die stigting

Nadere informatie

Universiteit Stellenbosch Grondwet van die Akademiese Belangeraad Soos aanvaar op 19 Maart 2009

Universiteit Stellenbosch Grondwet van die Akademiese Belangeraad Soos aanvaar op 19 Maart 2009 Universiteit Stellenbosch Grondwet van die Akademiese Belangeraad Soos aanvaar op 19 Maart 2009 1. Naam 1.1. Die naam van die liggaam wat hierdie grondwet aanneem sal die Akademiese Belangeraad (ABR) wees.

Nadere informatie

KONSTITUSIE VAN PAARL SAKEKAMER

KONSTITUSIE VAN PAARL SAKEKAMER KONSTITUSIE VAN PAARL SAKEKAMER N A A M Die naam van die Sakekamer is PAARL SAKEKAMER (hierna verwys as die Sakekamer ) D O E L S T E L L I N G - Die samesnoering van besighede in die Paarl - Om die sakelewe

Nadere informatie

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN HOËRSKOOL OUTENIQUA Opgedateer 19 Mei 2015

GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN HOËRSKOOL OUTENIQUA Opgedateer 19 Mei 2015 GRONDWET VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAN HOËRSKOOL OUTENIQUA Opgedateer 19 Mei 2015 1. AGTERGROND: Die ordelike funksionering van Hoërskool Outeniqua hang baie af van die goeie funksionering van die beheerliggaam

Nadere informatie

GRONDWET GRAAN SA. Soos goedgekeur tydens die 2018 Kongres

GRONDWET GRAAN SA. Soos goedgekeur tydens die 2018 Kongres GRONDWET GRAAN SA Soos goedgekeur tydens die 2018 Kongres 2 INHOUD GRONDWET 1. Naam... 2. Status... 3. Doelstellings... 4. Bevoegdhede... 5. Lidmaatskap en Ledegelde... 6. Organisatoriese Samestelling...

Nadere informatie

MATZIKAMA SAKEKAMER GRONDWET

MATZIKAMA SAKEKAMER GRONDWET MATZIKAMA SAKEKAMER GRONDWET Indeks 1. Doelstellings... 4 2. Lidmaatskap... 5 3. Gewone Lede... 5 4 Ondersteunende Lede... 5 5. Erelede... 5 6. Vriend Van Die Sakekamer... 6 7. Toetredings en -Lidmaatskapgelde...

Nadere informatie

LOSKOP RUGBYKLUB GRONDWET

LOSKOP RUGBYKLUB GRONDWET LOSKOP RUGBYKLUB GRONDWET INHOUDSOPGAWE 1. NAAM 4 2. DOELSTELLING 4 3. KLEURE EN DRAG 4 4. LIDMAATSKAP 4 5. BEëINDIGING VAN LIDMAATSKAP 5 6. LEDEFOOIE 5 7. KLUBFASILITEITE 6 8. FINANSIES 6 9. JAARLIKSE

Nadere informatie

GRONDWET VAN DIE SUID AFRIKAANSE PROKUREURSVERENIGING

GRONDWET VAN DIE SUID AFRIKAANSE PROKUREURSVERENIGING South African Attorneys Association Tel No: 011 662 1718 Fax No: 086 243 8288 http://www.saattorneysassociation.co.za admin@saattorneysassociation.co.za 1. AANHEF GRONDWET VAN DIE SUID AFRIKAANSE PROKUREURSVERENIGING

Nadere informatie

1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie.

1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie. HUISHOUDELIKE REëLS : CENTURION KUNSVERENIGING 1. Hierdie huishoudelike reels is aanvullend tot en vervang nie die Konstitusie van die Centurion Kunsvereniging nie. 2. Die huishoudelike reels kan onder

Nadere informatie

GRONDWET GRAAN SA. Soos goedgekeur tydens die 2016 Kongres

GRONDWET GRAAN SA. Soos goedgekeur tydens die 2016 Kongres GRONDWET GRAAN SA Soos goedgekeur tydens die 2016 Kongres 2 INHOUD GRONDWET 1. Naam... 2. Status... 3. Doelstellings... 4. Bevoegdhede... 5. Lidmaatskap en Ledegeld... 6. Organisatoriese Samestelling...

Nadere informatie

MOSSELBAAI GASTEHUIS GILDE GRONDWET. (Uitgawe 1)

MOSSELBAAI GASTEHUIS GILDE GRONDWET. (Uitgawe 1) MOSSELBAAI GASTEHUIS GILDE GRONDWET (Uitgawe 1) In gevalle waar daar verskille voorkom in die Engelse en Afrikaanse weergawes van die Grondwet word die Engelse weergawe as korrek aanvaar. 1. NAAM VAN ORGANISASIE

Nadere informatie

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM)

PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM) PERSONEELADMINISTRASIEMAATREËLS (PAM) B.5 DIE ADVERTERING EN VULLING VAN OPVOEDERPOSTE 1 5.2 Advertering 5.2.1 Die advertensie van vakatures vir opvoeders moet: 5.2.1.1 selfverduidelikend en duidelik wees,

Nadere informatie

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME

GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME GEDRAGSKODE VIR LEDE VAN BEHEERLIGGAME Alle beheerliggaamlede staan in ʼn vertrouensverhouding teenoor hulle skool sowel as teenoor die mense wat hulle verkies het, en het daarom ʼn vertrouensplig teenoor

Nadere informatie

GRONDWET VAN HOëRSKOOL HENNENMAN ONDERSTEUNERSKLUB

GRONDWET VAN HOëRSKOOL HENNENMAN ONDERSTEUNERSKLUB HOK GRONDWET VAN HOëRSKOOL HENNENMAN ONDERSTEUNERSKLUB HOK 1. NAAM: Die Ondersteunersklub, (hierin later genoem die "Klub") sal bekend staan as " Hoërskool Hennenman Ondersteunersklub " met die afkorting

Nadere informatie

INDEKS KONSTITUSIE VAN NEWCASTLE SAKEKAMER... 3

INDEKS KONSTITUSIE VAN NEWCASTLE SAKEKAMER... 3 KONSTITUSIE 1 INDEKS KONSTITUSIE VAN NEWCASTLE SAKEKAMER... 3 A. Doelstelling... 3 B. Lidmaatskap... 4 C. Toetredings en Lidmaatskapsgelde... 5 D. Regte van Lidmaatskap... 5 E. Beëindiging van Lidmaatskap...

Nadere informatie

KONSTITUSIE VIR 'N BOEREVERENIGING 1. NAAM Die naam van die Vereniging is die Boerevereniging.

KONSTITUSIE VIR 'N BOEREVERENIGING 1. NAAM Die naam van die Vereniging is die Boerevereniging. KONSTITUSIE VIR 'N BOEREVERENIGING 1. NAAM Die naam van die Vereniging is die Boerevereniging. 2. DOELSTELLINGS 2.1. Om op ge-organiseerde grondslag as mondstuk van die plaaslike boere gemeenskap op te

Nadere informatie

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A

5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER Bylae A 2 5. NOTULE VAN DIE VERGADERING GEHOU OP 7 NOVEMBER 2017 Bylae A PROTEïENNAVORSINGSTIGTING NOTULE VAN DIE ALGEMENE JAARVERGADERING GEHOU OM 13:00 OP 7 NOVEMBER 2017 PNS-KANTOORGEBOU, WOODMEAD 1. OPENING

Nadere informatie

KOUGA BESIGHEIDSFORUM - GRONDWET

KOUGA BESIGHEIDSFORUM - GRONDWET KOUGA BESIGHEIDSFORUM - GRONDWET 1. Naam, Kantooradres en Bedieningsgebied 1.1 Die naam van die Forum is die Kouga Besigheidsforum 1.2 Die kantooradres van die Forum sal op Jeffreysbaai gesetel wees. 1.3

Nadere informatie

GRONDWET en REGLEMENTE Aangepas vanaf die oorspronklike GRONDWET soos op 12 Maart 1996.

GRONDWET en REGLEMENTE Aangepas vanaf die oorspronklike GRONDWET soos op 12 Maart 1996. GRONDWET en REGLEMENTE Aangepas vanaf die oorspronklike GRONDWET soos op 12 Maart 1996. 3/26/2015 Paarl VALLEI EISTEDDFOD HERSIENINGSDATUM: 26 Maart 2015 (Algemene Jaarvergadering) AFDELING 1 DIE GRONDWET...-

Nadere informatie

GRONDWET Die aanvaarde embleem mag op amptelike briewe, kledingstukke, ens., soos deur bestuur besluit, gebruik word.

GRONDWET Die aanvaarde embleem mag op amptelike briewe, kledingstukke, ens., soos deur bestuur besluit, gebruik word. GRONDWET 1. NAAM 1.1. BERG-EN-DAL VOETSLAANKLUB (hierna "klub" genoem). 2. EMBLEEM 2.1. Die aanvaarde embleem mag op amptelike briewe, kledingstukke, ens., soos deur bestuur besluit, gebruik word. 3. DOELSTELLING

Nadere informatie

HOOFSTUK 9 Regspleging

HOOFSTUK 9 Regspleging HOOFSTUK 9 Regspleging Artikel 78 - Die Regbank (1) Die regterlike gesag berus by die howe van Namibië wat bestaan uit: (a) n Hoogste Hof van Namibië (b) n Hoërhof van Namibië (c) Laerhowe van Namibië

Nadere informatie

GRONDWET en REGLEMENTE Aangepas vanaf die oorspronklike GRONDWET soos op 12 Maart 1996.

GRONDWET en REGLEMENTE Aangepas vanaf die oorspronklike GRONDWET soos op 12 Maart 1996. GRONDWET en REGLEMENTE Aangepas vanaf die oorspronklike GRONDWET soos op 12 Maart 1996. 03/22/2018 Paarl VALLEI EISTEDDFOD HERSIENINGSDATUM: 22 Maart 2018 (Algemene Jaarvergadering) 1 AFKORTINGS en BETEKENISSE

Nadere informatie

GRONDWET GRAAN SA. Aangesuiwer in April 2013 itv besluite deur die 2013 Kongres

GRONDWET GRAAN SA. Aangesuiwer in April 2013 itv besluite deur die 2013 Kongres GRONDWET GRAAN SA Aangesuiwer in April 2013 itv besluite deur die 2013 Kongres INHOUD GRONDWET BLADSY 1. Naam... 1 2. Status... 1 3. Doelstellings... 1 4. Bevoegdhede... 2 5. Lidmaatskap en Ledegeld...

Nadere informatie

Dokument A. Grondwet

Dokument A. Grondwet Dokument A Grondwet Grondwet van die Wyndruifverbeteringsvereniging (Soos gewysig op 16 April 2009) 1. NAAM EN AARD VAN VERENIGING Die naam van die Vereniging is die Wyndruifverbeteringsvereniging (afkorting

Nadere informatie

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE

NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE NASIONALE LUSERNHOOI GRADERINGS- EN KWALITEITSKEMA (NLT SKEMA) AANSOEK OM REGISTRASIE EN/OF AKKREDITASIE BESONDERHEDE VAN AANSOEKER Naam van boerdery/besigheid/instansie BTW nommer Straatadres: Posadres:

Nadere informatie

RAAMWERK VIR n KONSTITUSIE VIR n GEMEENSKAPSFORUM / ORGANISASIE VIR GEMEENSKAPSONTWIKKELING

RAAMWERK VIR n KONSTITUSIE VIR n GEMEENSKAPSFORUM / ORGANISASIE VIR GEMEENSKAPSONTWIKKELING RAAMWERK VIR n KONSTITUSIE VIR n GEMEENSKAPSFORUM / ORGANISASIE VIR GEMEENSKAPSONTWIKKELING Hierdie konstitusie is opgestel deur die Sinodale Kommissie vir Diensgetuienis (deur lede van NG Welsyn) van

Nadere informatie

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE

ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSWETGEWING NUUSBRIEWE ARBEIDSVERHOUDINGE (I) WET OP ARBEIDSVERHOUDINGE No. 66 van 1995 (soos gewysig) - Vakbonde 22/27 Hierdie nuusbrief handel oor vakbonde en is in n Vraag en Antwoord formaat.

Nadere informatie

CONCERNED MEMBER GROUP Spesiale Algemene Vergadering: Voorgestelde Veranderinge aan die Konstitusie

CONCERNED MEMBER GROUP Spesiale Algemene Vergadering: Voorgestelde Veranderinge aan die Konstitusie MOSIES DEUR CONCERNED MEMBER GROUP (CMG) MOSIES 1 4 CONCERNED MEMBER GROUP Spesiale Algemene Vergadering: Voorgestelde Veranderinge aan die Konstitusie Mosie 1: Verkiesing van President HUIDIG: Paragraaf

Nadere informatie

MISSIE KONSTITUSIE VAN DIE KWAZULU- NATALSE LANDBOU-UNIE

MISSIE KONSTITUSIE VAN DIE KWAZULU- NATALSE LANDBOU-UNIE MISSIE Strategies fokus Kwanalu daarop om aan alle kommersiële boere (van enige omvang) en verwante landbouorganisasies in KZN, leiding te verskaf ten opsigte van alle belangrike landbousake. Dit sal bereik

Nadere informatie

WESTELIKE PROVINSIE VARSWATERHENGEL VERENIGING GRONDWET

WESTELIKE PROVINSIE VARSWATERHENGEL VERENIGING GRONDWET WESTELIKE PROVINSIE VARSWATERHENGEL VERENIGING (WPVHV) GRONDWET WPVHV onderskryf en onderneem om te voldoen aan die bepalings en vereistes van die volgende wette: 1 Nasionale Sport en Ontspanning Wysigingswet

Nadere informatie

WYSIGINGSWETSONTWERP OP REGISTRASIE VAN AKTES

WYSIGINGSWETSONTWERP OP REGISTRASIE VAN AKTES REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA WYSIGINGSWETSONTWERP OP REGISTRASIE VAN AKTES (Soos ingedien by die Nasionale Vergadering (voorgestelde artikel 75); verklarende opsomming van Wetsontwerp gepubliseer in Staatskoerant

Nadere informatie

Hierdie dokument is die eiendom van Oostvallei Aftree-oord Bestuursvereniging Privaatsak X99166, Garsfontein-Oos 0060, Telefoon (012)

Hierdie dokument is die eiendom van Oostvallei Aftree-oord Bestuursvereniging Privaatsak X99166, Garsfontein-Oos 0060, Telefoon (012) KONSTITUSIE Hierdie dokument is die eiendom van Oostvallei Aftree-oord Bestuursvereniging Privaatsak X99166, Garsfontein-Oos 0060, Telefoon (012) 993-9100 www.oostvallei.com INHOUDSOPGAWE Klousule Onderwerp

Nadere informatie

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76:

vonnisse tot 12 maande resorteer onder die Hoof van die Korrektiewe Sentrum vir plasing op parool. Artikel 76: -445- BYLAAG 11 Artikel 73 tot 82 en 117(e) van die Wet op Korrektiewe Dienste (wet 111 van 1998) Funksionering van die nuwe Korrektiewe toesig- en Paroolraad Artikel 73: - n gevonniste gevangene bly in

Nadere informatie

KONSTITUSIE VAN DIE DURBANVILLE FOTOGRAFIE KLUB

KONSTITUSIE VAN DIE DURBANVILLE FOTOGRAFIE KLUB KONSTITUSIE VAN DIE DURBANVILLE FOTOGRAFIE KLUB 1. NAAM Die Klub sal as die DURBANVILLE FOTOGRAFIE KLUB bekend staan. Die hoofkwartier van die Klub sal in Durbanville gesetel wees. 2. STATUS Die Klub sal

Nadere informatie

TERME EN VOORWAARDES

TERME EN VOORWAARDES TERME EN VOORWAARDES 1. Die Afslaer het die reg om te veiling na sy goeddunke te beheer en te reguleer. 2. Die veilingverrigtinge sal per band opgeneem word welke opname nie aan die publiek of die Koper

Nadere informatie

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema

Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema Aansoekvorm vir die Sertifisering van Plase Voltooi en teken hierdie vorm asb. om aansoek te doen vir deelname aan die Karoo Meat of Origin Sertifiseringskema. Die

Nadere informatie

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS

REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS REËLS VIR DIE AANSTELLING VAN AMPSDRAERS Verwysingsnommer Verantwoordelike uitvoerende bestuurder Eienaar van beleid Verantwoordelike afdeling Status Goedgekeur deur 1P/1.4 Registrateur Registrateur en

Nadere informatie

GRONDWET VAN DIE SAGTEVRUGTEPLANTVERBETRINGSVERENIGING

GRONDWET VAN DIE SAGTEVRUGTEPLANTVERBETRINGSVERENIGING 1 GRONDWET VAN DIE SAGTEVRUGTEPLANTVERBETRINGSVERENIGING (soos gewysig op 16 Augustus 2011) 1 NAAM EN TOTSTANDKOMING VAN VERENIGING 1.1 Die naam van die Vereniging is die Sagtevrugteplantverbeteringsvereniging,

Nadere informatie

BOLAND JUKSKEI-UNIE GRONDWET

BOLAND JUKSKEI-UNIE GRONDWET BOLAND JUKSKEI-UNIE GRONDWET ARTIKEL 1 : NAAM 1.1 Die Unie sal bekend staan as die Boland Jukskei Unie met die dorp waarin die dir. administrasie woonagtig is, as die Hoofkwartier. ARTIKEL 11 : WOORDBEPALING

Nadere informatie

Kleinmond Straatwag Grondwet Bladsy 1 KLEINMOND STRAATWAG / STREET WATCH. Grondwet. Konsep. Datum van inwerkingtrede:

Kleinmond Straatwag Grondwet Bladsy 1 KLEINMOND STRAATWAG / STREET WATCH. Grondwet. Konsep. Datum van inwerkingtrede: Kleinmond Straatwag Grondwet Bladsy 1 KLEINMOND STRAATWAG / STREET WATCH Grondwet Konsep Datum van inwerkingtrede: Na afloop van die Algemene Jaarvergadering waar dit goedgekeur is Kleinmond Straatwag

Nadere informatie

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem)

DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem) DIENSKONTRAK MEMORANDUM VAN OOREENKOMS AANGEGAAN DEUR EN TUSSEN: met adres te: hierin verteenwoordig deur behoorlik daartoe gemagtig (hierna die WERKGEWER genoem) EN met adres te: (hierna die WERKNEMER

Nadere informatie

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1

Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1 Riglyne vir die regulering van termynaanstellings van langer as 3 (drie) maande 1 1. Oogmerk Die oogmerk van hierdie riglyne is om die aanstelling van werknemers op n termynkontrak van langer as drie maande

Nadere informatie

Bosveld Jagters-en Wildbewaringsvereniging

Bosveld Jagters-en Wildbewaringsvereniging Bosveld Jagters-en Wildbewaringsvereniging Posbus 83816 DOORNPOORT,0017 Sekretaresse: RINDIE PRINSLOO E-pos: johan.rindie@vodamail.co.za Voorsitter: ANDRE VAN DER MERWE Tesourier: FREDRICK ELOFF Voorgestelde

Nadere informatie

Die verhuurder verleen aan die huurder die eerste opsie om die kontrak te hernu vir n verdere termyn.

Die verhuurder verleen aan die huurder die eerste opsie om die kontrak te hernu vir n verdere termyn. HUURKONTRAK Aangegaan deur en tussen ------------------------------------------------------------------------------------------- Hierna genoem die VERHUURDER aan die een kant En ----------------------------------------------------------------------------------------------

Nadere informatie

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A

DIE RAAD BEHOU DIE REG VOOR OM N KORTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. AFDELING A DIE AAD BEHOU DIE EG VOO OM N KOTING TOE TE STAAN, AL DAN NIE. MEK BLOKKIE MET N KUISIE X WAT OP U VAN TOEPASSING IS. AFDELING A 1. Vul asseblief die volgende besonderhede in met betrekking tot die applikant:

Nadere informatie

Kennisgewing van Twintigste Algemene Jaarvergadering van Aandeelhouers

Kennisgewing van Twintigste Algemene Jaarvergadering van Aandeelhouers Kennisgewing van Twintigste Algemene Jaarvergadering van Aandeelhouers DIREKSIE BKB Beperk Registrasienr.: 1998/012435/06 D C Louw (Voorsitter) W Edmayr (Besturend) G E J Kingwill (Onder-Voorsitter) A

Nadere informatie

GRONDWET VAN DIE BRONKHORSTSPRUIT GHOLFKLUB

GRONDWET VAN DIE BRONKHORSTSPRUIT GHOLFKLUB GRONDWET VAN DIE BRONKHORSTSPRUIT GHOLFKLUB 1 NAAM Die naam van die Klub sal wees BRONKHORSTSPRUIT GHOLFKLUB (hierna die Klub genoem) 2 DOELSTELLINGS Die Klub is hoofsaaklik gestig as n sport-en onstspanningsklub

Nadere informatie

VOORSTEL VIR LIDMAATSKAP VAN DIE S.A. AKADEMIE

VOORSTEL VIR LIDMAATSKAP VAN DIE S.A. AKADEMIE D I E S U I D A F R I K A A N S E A K A D E M I E V I R W E T E N S K A P E N K U N S Privaat sak X11, Arcadia 0007 Tel. (012) 328-5082 Faks (012) 328-5091 E-pos: akademie@akademie.co.za Webwerf: www.akademie.co.za

Nadere informatie

GRONDWET VAN DIE SUID-AFRIKAANSE WOONWA-ASSOSIASIE

GRONDWET VAN DIE SUID-AFRIKAANSE WOONWA-ASSOSIASIE Inhoud AKTE... 1 1. NAAM... 1 2. ADRES... 1 3. AARD... 1 4. DOELSTELLINGS... 1 4.1. Algemeen... 1 4.2. In besonder om:... 1 5. DIE INKOMSTE VAN DIE ASSOSIASIE... 2 6. AANSPREEKLIKHEID... 2 7. BELANGE EN

Nadere informatie

Taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch

Taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch Taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch n Konseptuele Raamwerk Soos op 2 Junie 2006 1. Inleiding Die Taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch word bepaal deur die missiestelling van die Universiteit:

Nadere informatie

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. Maatskappye Wet, 71 van 2008 (soos gewysig) AKTE VAN OPRIGTING VAN N MAATSKAPPY SONDER WINSOOGMERK MET STEMREG VIR LEDE

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA. Maatskappye Wet, 71 van 2008 (soos gewysig) AKTE VAN OPRIGTING VAN N MAATSKAPPY SONDER WINSOOGMERK MET STEMREG VIR LEDE 1 REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA Maatskappye Wet, 71 van 2008 (soos gewysig) AKTE VAN OPRIGTING VAN N MAATSKAPPY SONDER WINSOOGMERK MET STEMREG VIR LEDE NAAM VAN MAATSKAPPY : PRO LIBERIS REGISTRASIENOMMER :

Nadere informatie

ARTIKELS KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1

ARTIKELS KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1 KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE - INDEKS REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA MAATSKAPPYWET, 2008 ARTIKELS KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1 Nota: Hierdie dokument is slegs vir kennisname deur lede, indien

Nadere informatie

15.3 RAPPORT 3 DIAKONALE SAKE BESTUUR VAN KINDERHUISE EN OORDRAG VAN SDDS OUETEHUISE KONSTITUSIE KINDERHUISE (Art 194)

15.3 RAPPORT 3 DIAKONALE SAKE BESTUUR VAN KINDERHUISE EN OORDRAG VAN SDDS OUETEHUISE KONSTITUSIE KINDERHUISE (Art 194) 15.3 RAPPORT 3 DIAKONALE SAKE BESTUUR VAN KINDERHUISE EN OORDRAG VAN SDDS OUETEHUISE KONSTITUSIE KINDERHUISE (Art 194) A. Ds MJ Erasmus lewer die rapport. B. Die rapport word staande die Sinode afgehandel.

Nadere informatie

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde Algemene Sinode 1998/2003 Die Algemene Sinode aanvaar dat die Belydenis van Belhar op sigself genome nie met die drie formuliere van eenheid in stryd

Nadere informatie

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015

TYGERBERG SKOOLFONDS 2015 HOERSKOOL TYGERBERG In belang van die kind Geagte Oue(s) 5 Novembet 2014 SKOOLFONDS 2015 Die skoolfonds vir 2015 is tydens die onlangse begrotingsvergadering gehou op 30 Oktober 2014 deur die meerderheid

Nadere informatie

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING

EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING EIS OM VERGOEDING INGEVOLGE DIE WET OP MINERAAL- EN PETROLEUM-HULPBRONONTWIKKELING INLEIDING 1. Die doel van hierdie dokument is om riglyne te verskaf aan mineraalreghouers wat die wettige houers van 'n

Nadere informatie

APOSTOLIESE GELOOFSENDING VAN SUID AFRIKA DIE FAMILIA DEI NETWERK BELEID

APOSTOLIESE GELOOFSENDING VAN SUID AFRIKA DIE FAMILIA DEI NETWERK BELEID 1. NAAM APOSTOLIESE GELOOFSENDING VAN SUID AFRIKA DIE FAMILIA DEI NETWERK BELEID (IN OOREENSTEMMING VAN HOOFSTUK 3 VAN DIE KONSTITUSIE VAN DIE KERK) Die naam van die Netwerk is: DIE FAMILIA DEI NETWERK

Nadere informatie

HR BYLAE F-5 BEPALINGS EN VOORWAARDES VERBONDE AAN SOLIDARITEIT LIDMAATSKAP

HR BYLAE F-5 BEPALINGS EN VOORWAARDES VERBONDE AAN SOLIDARITEIT LIDMAATSKAP BEPALINGS EN VOORWAARDES VERBONDE AAN SOLIDARITEIT LIDMAATSKAP 1. Alle lede van Solidariteit MWU ( Solidariteit ) is gebonde en onderworpe aan die geheel van die bepalings van Solidariteit se Grondwet.

Nadere informatie

DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA GEMEENTE: BELEID

DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA GEMEENTE: BELEID 1. NAAM Die naam van die gemeente is: DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA GEMEENTE 2. ONTSTAAN Die gemeente glo en verklaar nederig dat: 2.1 dit sy ontstaan, voortbestaan en bestemming van God

Nadere informatie

REGLEMENT VAN DIE GKSA PREDIKANTE ONDERSTEUNINGSFONDS

REGLEMENT VAN DIE GKSA PREDIKANTE ONDERSTEUNINGSFONDS REGLEMENT VAN DIE GKSA PREDIKANTE ONDERSTEUNINGSFONDS "ARTIKEL 1: NAAM, AANVANGSDATUM, STATUS, DOEL EN GEREGIS-TREERDE KANTOOR VAN DIE FONDS 1.1 NAAM EN AANVANGSDATUM Die GKSA PREDIKANTE-ONDERSTEUNINGSFONDS

Nadere informatie

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid

LAERSKOOL SAAMTREK. Grond-en-gebouebeleid LAERSKOOL SAAMTREK Grond-en-gebouebeleid 1. Inleiding Hierdie dokument is die grond-en-gebouebeleid van (skool)laerskool SAAMTREK, wat die skoolbeheerliggaam op (datum)4 Oktober 2014 goedgekeur het. Die

Nadere informatie

GRONDWET VAN..ROLBALKLUB..

GRONDWET VAN..ROLBALKLUB.. GRONDWET VAN..ROLBALKLUB.. AFDELING 1 SAMESTELLING, DOELWITTE EN BATES 1. NAAM Die klub sal bekend wees as. (Hierna genoem die klub ) 2. EIENDOMBESKRYWING Die klub sal geleë wees te.. 3. KLEURE Die kleure

Nadere informatie

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR:

GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR: GOUDVELD-HOËRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE RAAD VAN LEERDERS EN MATRIEKRAAD AANVAAR: GOUDVELD HOëRSKOOL VERKIESINGSBELEID VIR DIE VERKIESING VAN DIE VERTEENWOORDIGENDE

Nadere informatie

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA MAATSKAPPYWET, AKTE VAN OPRIGTING KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1

REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA MAATSKAPPYWET, AKTE VAN OPRIGTING KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1 REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA MAATSKAPPYWET, 2008 AKTE VAN OPRIGTING KRANSPOORT EIENAARSKOMITEE NWM 8 Maart 2016 Rev 1 Nota: Hierdie dokument is slegs vir kennisname deur lede, indien enige inhoud verskil

Nadere informatie

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES

BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES LAERSKOOL DE TYGER BELEID TEN OPSIGTE VAN OOV UITGAWES INHOUD 1. Omvang van die beleid 2. Begroting vir uitgawes 3. Goedkeuring van uitgawes 4. Reëls rondom spesifieke uitgawes 5. Oorgangsmaatreëls 6.

Nadere informatie

DIE OOSTELIKE PROVINSIE TWEEKAMPVERENIGING. TEGNIESE REëLS VIR ATLETE

DIE OOSTELIKE PROVINSIE TWEEKAMPVERENIGING. TEGNIESE REëLS VIR ATLETE DIE OOSTELIKE PROVINSIE TWEEKAMPVERENIGING TEGNIESE REëLS VIR ATLETE Uittreksel van Tegniese Reëls (April 2012) van Die Suid Afrikaanse Tweekamp Vereniging 1. Inleiding. Tweekamp is n unieke en onafhanklike

Nadere informatie

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. )

DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee Duisend en... (jaar) (20.. ) Voorbeeld Huweliks Kontrak met die aanwasbedeleing Voorhuwelikse kontrak met aanwas Protokol Nr. VOORHUWELIKSE KONTRAK LAAT DIT HIERMEE BEKEND WEES DAT op hierdie (dag) dag van (maand) in die jaar Twee

Nadere informatie

AANBOD OM TE KOOP AAN. F J D TRUST IT2390/1995 Hierin verteenwoordig deur FRANCOIS JOSEPHUS DERCKSEN (hierna genoem die Verkoper)

AANBOD OM TE KOOP AAN. F J D TRUST IT2390/1995 Hierin verteenwoordig deur FRANCOIS JOSEPHUS DERCKSEN (hierna genoem die Verkoper) AANBOD OM TE KOOP AAN F J D TRUST IT2390/1995 Hierin verteenwoordig deur FRANCOIS JOSEPHUS DERCKSEN (hierna genoem die Verkoper) en Hierin verteenwoordig deur (hierna genoem die Koper) NADEMAAL die Ontwikkelaar

Nadere informatie

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS - 1 - HIERDIE OOREENKOMS is opgestel en aangegaan deur en tussen (naam van verhuurder) (hierna die VERHUURDER genoem), wie se adres soos volg is: EN (naam van huurder) HUURDER

Nadere informatie

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS

Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS emcon Dokumentnommer: HUUROOREENKOMS - 1 - HIERDIE OOREENKOMS opgestel en aangegaan deur en tussen Naam van Verhuurder Hierna die VERHUURDER genoem wie se adres die volgende is: EN Naam van Huurder 1.

Nadere informatie

BEPALINGS EN VOORWAARDES VERBONDE AAN SOLIDARITEIT LIDMAATSKAP

BEPALINGS EN VOORWAARDES VERBONDE AAN SOLIDARITEIT LIDMAATSKAP BEPALINGS EN VOORWAARDES VERBONDE AAN SOLIDARITEIT LIDMAATSKAP 1. Inleiding 1.1. Alle lede van Solidariteit is gebonde en onderworpe aan die geheel van die bepalings van Solidariteit se Grondwet. 1.2.

Nadere informatie

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as :

VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM. Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as : VOORWAARDES VAN VERKOPING VAN ONROERENDE EIENDOM Die volgende sal voorwaardes van verkoping wees waarvolgens sekere vaste eiendomme bekend as : ERF : GELEë : GROOT : GEHOU KRAGTENS : aangebied sal word

Nadere informatie

Gladdebek Kommentatorsoektog Standaard Terme en Voorwaardes

Gladdebek Kommentatorsoektog Standaard Terme en Voorwaardes Gladdebek Kommentatorsoektog Standaard Terme en Voorwaardes STANDAARD TERME & VOORWAARDES VIR WEDSTRYD Lees asseblief die onderstaande en teken en dateer dit: 1.1 Ek is 18 (agtien) jaar en ouer; 1.2 Ek

Nadere informatie

KENNISGEWING VAN VERDAAGDE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN BKB-AANDEELHOUERS

KENNISGEWING VAN VERDAAGDE ALGEMENE JAARVERGADERING VAN BKB-AANDEELHOUERS BKB BEPERK (Geïnkorporeer in die Republiek van Suid-Afrika) (Registrasienr: 1998/012435/06) ( BKB ) of ( die Maatskappy ) DIREKSIE D C Louw (Voorsitter) # W Edmayr (Besturende Direkteur) G E J Kingwill

Nadere informatie

HOËRSKOOL WONDERBOOM FINANSIËLE BELEID

HOËRSKOOL WONDERBOOM FINANSIËLE BELEID HOËRSKOOL WONDERBOOM FINANSIËLE BELEID 1. Doelstellings In terme van afdelings 37 44 van die Suid-Afrikaanse Skole Wet 84 van 1996 is die verantwoordelikheid van die Bestuursliggaam die volgende: a) Invordering

Nadere informatie

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE

HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE HOËRSKOOL OOS-MOOT OOS-MOOT RAAD GEDRAGSKODE INHOUDSOPGAWE 1. INLEIDING 2. OORTREDING VAN DIE GEDRAGSKODE DEUR OMR-LEDE 2.1 Ernstige oortredings 2.2 Tugstappe 2.3 Minder ernstige oortredings 2.4 OMR-Tugkomitee

Nadere informatie

TULI GRONDWET VAN DIE TULIBEESTELERSGENOOTSKAP VAN SUID AFRIKA

TULI GRONDWET VAN DIE TULIBEESTELERSGENOOTSKAP VAN SUID AFRIKA TULI GRONDWET VAN DIE TULIBEESTELERSGENOOTSKAP VAN SUID AFRIKA Gewysig 16 Augustus 2013 - 2 - INHOUD BLADSY WOORDOMSKYWING 4 KLOUSULES 1. Naam van die Genootskap 6 2. Doelstellings 6 3. Magte van die Genootskap

Nadere informatie

LAERSKOOL ROBERTSON. 1. Wat word bedoel met Taalbeleid? 2. Die Grondwet, 108 van Die Suid-Afrikaanse Skolewet, 84 van 1996 TAALBELEID

LAERSKOOL ROBERTSON. 1. Wat word bedoel met Taalbeleid? 2. Die Grondwet, 108 van Die Suid-Afrikaanse Skolewet, 84 van 1996 TAALBELEID Tel.: 023-626 3060 Faks: 023-626 4566 Epos: head@lsrobertson.wcape.school.za Die toelatingsbeleid van Laerskool Robertson fungeer binne die raamwerk van bestaande Nasionale en departementele wette en regulasies.

Nadere informatie

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD

INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD INVESTERING BELEID BELEID VAN DIE RAAD ONDERWERP: INVESTERING BELEID DOELWITTE VAN BELEID: Om Bestuur en werknemers van die Raad te help om konsekwente, effektiewe en doeltreffende investering beginsels

Nadere informatie

GRONDWET. van die NASIONALE AFRIKANER VOLKSEIE SPORTFEDERASIE (NAVSFED)

GRONDWET. van die NASIONALE AFRIKANER VOLKSEIE SPORTFEDERASIE (NAVSFED) AANHEF: GRONDWET van die NASIONALE AFRIKANER VOLKSEIE SPORTFEDERASIE (NAVSFED) Aangesien sport in die Republiek van Suid-Afrika, sedert 1994, genormaliseer het tot die stadium dat daar geen diskriminasie

Nadere informatie

GRONDWET VAN DIE ALUMNIVERENIGING VAN DIE UNIVERSITEIT VAN PRETORIA KONSEP. (6 September 2015, soos gewysig en geredigeer op 27 Oktober 2015)

GRONDWET VAN DIE ALUMNIVERENIGING VAN DIE UNIVERSITEIT VAN PRETORIA KONSEP. (6 September 2015, soos gewysig en geredigeer op 27 Oktober 2015) 141 GRONDWET VAN DIE ALUMNIVERENIGING VAN DIE UNIVERSITEIT VAN PRETORIA KONSEP (6 September 2015, soos gewysig en geredigeer op 27 Oktober 2015) 142 AANHEF Aangesien die alumni van die Universiteit n belangrike

Nadere informatie

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES)

1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES) BELEID OOR DIE IDENTIFISERING EN BEWARING VAN INISIASIETERREINE IN DIE WES-KAAP 1. Inleiding 1.1 Erfenis Wes-Kaap (EWK) en die Departement van Kultuursake en Sport (DKES) EWK saam met die DKES het 'n raamwerk

Nadere informatie