Toe sê Jesus vir hulle : Kom eet. Nie een van die dissipels het sover gekom om vir Hom te vra : Wie is U, nie. Hulle het geweet dat dit die Here is.

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "Toe sê Jesus vir hulle : Kom eet. Nie een van die dissipels het sover gekom om vir Hom te vra : Wie is U, nie. Hulle het geweet dat dit die Here is."

Transcriptie

1 Johannes 21:12 Ds Willem Kotze Toe sê Jesus vir hulle : Kom eet. Nie een van die dissipels het sover gekom om vir Hom te vra : Wie is U, nie. Hulle het geweet dat dit die Here is. Kom eet! 2 Woordjies wat so algemeen is in letterlik elke taal oor die ganse wêreld om vir ete geroep te word : Kom eet! Maar buitengewoon, en die grootste voorreg, as dit Jesus self is wat jou vir die ete roep : Kom eet! Ons weet ook almal wat die effek van hierdie 2 woordjies op n mens het. Jy word na vriende toe uitgenooi vir ete, jy stap hulle huis binne, die eetkamertafel pragtig gedek begroet jou, Heerlike geure uit die kombuis, maar eers vooraf bietjie kuier. Iets om te drink vir elkeen, terwyl die gasvrou die laaste voorbereidings tref en dan die uitnodiging : Kom eet! En dan word jy bedien, bederf, die samesyn, die vrolikheid, die kuier alles begin by : Kom eet by ons! Jesus se dissipels was die hele nag op see, in hulle bootjie, probeer om vis te vang hulle is moeg en uitgeput en honger. n Ontbyt sal nou goed afgaan, en dan die heerlike woorde van Jesus : Kom eet! Maar, broers en susters, hierdie uitnodiging van Jesus aan Sy dissipels vir n vroeë oggend ontbyt word ook voorafgegaan deur n aantal gebeure, wat die uitnodiging van Jesus aan Sy dissipels in perspektief stel. In die eerste plek openbaar Hy homself aan hulle as die opgestane Christus, In die tweede plek beklemtoon Hy hulle afhanklikheid van God En derdens bevestig Hy opnuut hulle roeping. Broers en susters, dit is enkele weke na die opstanding van Christus. Sewe van Sy dissipels is reeds hier by die see van Tiberias, ook genoem die See van Galilea, bymekaar. So het hulle Hom hoor sê toe hulle nog die laaste paasmaal, voor Sy kruisiging saam ge-eet het. Nadat ek uit die dood opgewek is, sal Ek julle vooruitgaan na Galilea toe. Dis hier waar alles begin het. 1

2 Drie jaar tevore. Toe Jesus vir die heel eerste keer in die bootjie van Petrus geklim het, en vir hom gesê het : Vaar uit na die diep water toe en gooi julle nette uit om te vang. En Petrus toe n bietjie teësinnig was : Meester, ons het die hele nag geswoeg sonder om iets te vang, maar op U bevel sal ek die nette uitgooi. En die resultaat : so n klomp vis dat hulle nette wou skeur. Lukas skryf : Hulle was stom van verbasing. Wie is hierdie man? Wat se mag het Hy dat op Sy bevel die see wat die hele nag geen vis gelewer het nie, nou n oorvloed vis verskaf? Toe het Jesus vir hulle gesê : Moenie bang wees nie, van nou af sal julle mense vang. Dis nou 3 jaar later, terug by die See van Galilea in afwagting op Jesus se verskyning. Die sirkel moet voltooi word. Intussen het daar baie water in die see geloop. Hulle is geskool as dissipels, het volwasse geword in hulle geloof. Hulle het saam met Jesus wonderbaarlike wonders en genesings en tekens beleef. Gereeld gevra wie is hierdie man, verstom gestaan oor Sy wondermag, en stadig maar seker gegroei in n verstaan dat Hy Jesus, die Messias, die Seun van God is. Saam die hartseer van Sy kruisdood beleef, en groots Sy heerlike opstanding ervaar en die waarheid besef : Hy is die Here God, Verlosser en Saligmaker. En weer is hulle nou terug by die See van Galilea waar alles begin het. En dit is asof 3 jaar terug se gebeure presies net so herhaal word. Die hele nag op die see, niks gevang nie. Moeg en uitgeput. Hulle is nog so n 100 m van die strand af as iemand in die oggendskemer van die strand af roep : Het julle nie iets gevang om te eet nie? Nee niks, antwoord hulle Hom. Gooi dan die net aan die regterkant van die skuit uit, dan sal julle iets kry, roep die besoeker op die strand. En weer : toe hulle die net uitgooi, kon hulle vanweë die groot klomp vis dit nie weer intrek nie. Opnuut openbaar Jesus aan hulle Sy wondermag nou as opgestane Here n nuwe openbaring van God se genade. Nou, na 3 jaar saam met Jesus, moet hulle opnuut leer hoe pateties en donker jou omstandighede ookal lyk, in God se genade is daar vir jou oorwinning. Selfs die dood kon Hom nie bind nie, en vir almal wat in Hom glo is hierdie genade beskore. Niks nie, nie eers die dood nie, sal jou kan skei van God se liefde nie. 2

3 Die hele nag geswoeg, uitgeput, niks gevang nie, maar in God se genade is daar vir jou oorvloed. Gooi aan die ander kant en beleef die rykdom van Sy liefde en sorg. Dit is die vreugde en die betekenis van Jesus se opstanding vir ons. Ons was vasgekluister aan die donker van sonde en die ewige dood, maar in Christus se oorwinning oor die graf en die dood, lê ook ons oorwinning. Die sonde het nie meer mag oor ons nie, die duiwel het geen houvas en binding meer oor ons nie in Christus en saam met Hom het ook ons die sonde afgesterf, en het ons opgestaan in n nuwe lewe. Watter omstandighede ookal in jou lewe, hoe donker, hoe beproewend, hoe seer -- Die hele nag geswoeg, geworstel, uitgeput, moedeloos Moenie moed verloor nie, gooi aan die ander kant, volhard in geloof en gebed en sien dan die rykdom van God se genade. Die dissipels gooi weer hulle nette uit, aan die ander kant van die skuit, en vanweë die groot klomp vis kon hulle dit nie weer intrek nie. En hierdie keer, geen verbasing nie, geen vraag van wie is hierdie man nie, Johannes reageer oombliklik : Dit is die Here. Wat hier gebeur is genoeg om te besef, dat die besoeker in die oggendskemer op die strand, die Here is, Drie jaar in Jesus se teenwoordigheid het hulle geleer om Sy wondermag te herken, en te kan erken : Dit is die Here. Herken jy nog die Here en Sy werk in jou lewe, broer en suster? Erken jy Hom nog as Here God van jou lewe? Bely jy nog jou afhanklikheid van Hom? Ons het die afgelope week by JP en Leandri de Kock se babatjie se begrafnisdiens mekaar moes troos, vanoggend is ons saam met Derick en Marchelle Venter dankbaar oor die doop van hulle kind. By die een n familie wat huil en hartseer is, by die ander een n familie wat bly is en fees vier maar by albei bely ons, en erken ons : dit is die Here. Erken en bely ons die wonder van Sy genade en liefde Want hoe sal ons staande bly by die dood van n kind as die Here ons nie in Sy liefde vashou en vertroos nie? En hoe sal ons ooit die verbondsverantwoordelikheid by die doop van n kind kan nakom as God ons nie die wysheid van Sy liefde skenk nie? In elke faset van ons lewe erken ons, dit is die Here. 3

4 Elke dag is Sy genade en rykdom vir ons genoeg Hy troos, Hy gee wysheid, Hy versterk ons in ons geloof elke dag moet ek my afhanklikheid van Hom leef, in die wonder van my lewe, Hom raaksien, en uitroep : Dit is die Here. Alles in ons lewens wat met ons gebeur, die vreugdes, die seer, die verbasing, die beproewings, is God se manier om ons te begelei tot by die erkennng : Dit is die Here. Hy vra elke dag aan ons dieselfde vraag as wat Hy daar aan Sy dissipels op die bootjie vra : Het julle iets gevang? Julle het die hele nag gespook, gespartel, geworstel het julle iets gevang? Die Here vra : Hoe lyk jou lewe? Wat maak jy met jou lewe? Is dit maar n gespook teen die donker van die nag, jy spook en spartel om n vis gevang te kry. En Jesus beklemtoon : Leef in afhanklikheid van God! Kom tot besinning en besef dat hierdie lewe nie om jou alleen draai nie, nie vasgevang behoort te wees in n roetine van wêreldse pligte en plesier nie, maar in afhanklikheid van God. Gee aan Hom die eer, erken Hom as die fokus en middelpunt van jou lewe hoor Sy stem, wees aan Hom gehoorsaam, gooi jou net aan die ander kant en leef ten volle in Sy liefde en genade. Uiteindelik as die dissipels die swaar vrag vis op die strand het, die afwagting om in Jesus se teenwoordigheid te mag wees, - dan hoor hulle Sy uitnodiging: Kom eet! Gewoonlik n uitnodiging aan jou beste vriende. Aan hulle wat rondom jou deel is van jou gesin. Jesus vou Sy dissipels toe. Soos n sorgsame ma haar gesin vir ete naderroep, so trek Jesus Sy dissipels weer nader in die binnekring van Sy liefde. Petrus dra nog swaar aan die skuldgevoel dat hy Jesus verloën het, Thomas voel nog steeds skaam oor sy kleingeloof en hoe hy hom in sy kamer toegesluit het, die ander dissipels sukkel nog om Jesus in die oë te kyk, by Sy gevangeneming het hulle weggehardloop, by Sy kruisiging was hulle nie daar nie. Wat beter as rondom die etenstafel, daar op die strand rondom n vuurtjie vir ontbyt, om alles weer reg te stel. Jesus bevestig weer hier hulle roeping as Sy medewerkers Kom eet! En bring van die vis wat julle gevang het, die werk moet vorentoe, saam in die koninkryk van God, By hierdie ontbyt moet die dissipels opnuut in Petrus se woorde antwoord ; Here, U weet dat ons u liefhet. By hierdie ontbyt hoor hulle in die opdrag aan Petrus vir elkeen self : Pas my skape op. By hierdie ontbyt herhaal Jesus Sy roeping aan elkeen van hulle : Volg my. Julle sal nou vissers van mense word! 4

5 Hierna sou Jesus se hemelvaart volg en Sy opdrag aan die kerk van die Nuwe Testament : Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense My dissipels doop hulle in die naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. Geliefdes in ons Here Jesus Christus, in Christus se opstanding maak Hy Sy dissipels weer bymekaar wat deur die kruisdood verward en seer gelaat is. In Sy opstanding openbaar Hy opnuut God se liefde en genade. Ook ons het deel aan daardie genade Want ook jy mag hoor : Kom eet! Kom sit aan die bruilofsmaal van die Lam, jy is skoongewas van al jou sonde, vrygekoop van die oordeel van God, nuutgemaak in Christus. Jy is deel van Sy bruid vir wie Hy as bruidegom toevou met liefde en genade tot in ewigheid. Jou plek aan die bruilofsmaal is vas en seker Kom eet! Amen! 5

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer

Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer Voorwoord Hoop is nie n hoëhak-skoene-ding waarin jy in be heer van die lewe lyk en is nie. Veel eerder is ware hoop om met gestroopte eerlikheid te weet dat jy bang is, maar tog vorentoe beweeg. Dis om,

Nadere informatie

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie.

Maar hoe gaan julle dit regkry? Los ons julle nou alleen? Hy maak dit baie duidelik wie sy dissipels is, en wie nie. 1 Johannes 14b WH Belydenisaflegging en Nagmaal Kinders, doen julle wat mamma en pappa vra? Altyd? Partykeer eers later nè? Hoekom sal jy iets doen as jou ouers vra? Doen jy wat die Here vra? Wat is jou

Nadere informatie

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg:

Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: Ons Pinkster gaan oor hoe om vir Jesus te volg. Vanoggend het ons begin deur te sien dat daar n paar voorwaardes is as jy Jesus wil volg: 1. Jy MOET n sondaar wees 2. Jy kan Hom volg al glo jy nog nie

Nadere informatie

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was

Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was Jesus se laaste opdrag aan die kerk, aan my en jou, was nie om limate te gaan werf of om mense te gaan bekeer nie, maar om dissipels te gaan maak, mense wat Jesus volg. Net soos wat n mens nie noodwendig

Nadere informatie

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK U alleen is my krag en skild Aan U alleen wy ek nou myself U alleen is

Nadere informatie

Die Groot Gebod dennis de wet

Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod dennis de wet Die Groot Gebod Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk

KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk KINDERKERK LES: 2. Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Jesus vir ons kom doen het en dat ons die nuwe mens

Nadere informatie

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig

Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig Tema: Uit genade maak God ons bekwaam en waardig INLEIDING In ons verduideliking van hoe ons Nagmaal vier, het ons gehoor dat God ons waardig maak om aan die hemelse spys en drank deel te hê. Dit beteken

Nadere informatie

Welkom by Die Storie God se storie

Welkom by Die Storie God se storie Welkom by Die Storie God se storie Hierdie boek vertel die belangrikste, aangrypendste storie ooit: die storie van n ware God wat lief is vir sy kinders, wat gesorg het dat hulle gered is, en wat vir hulle

Nadere informatie

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5)

God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. (1 Joh 1:5) Wie is Jesus? Wie is Jesus vir die mense...? Godsdienste Boeddhisme Islam Judaïsme Hinduïsme New Age Wat sê die Woord van God? Joh 8:12-30

Nadere informatie

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap...

Twyfel Vergewe mekaar Vergifnis van God Vertroue Volharding Voorkoms Vrede Vrees Vriendskap... Inhoudsopgawe Aanbidding... 8 Bekommernis... 12 Beskerming... 16 Blydskap... 20 Dankbaarheid... 24 Diensbaarheid... 28 Eerlikheid... 32 Gebed... 36 Geduld... 40 Geloof... 44 Genade... 48 Gesin... 52 Hoop...

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene

Bybel vir Kinders bied aan. Daniël die Gevangene Bybel vir Kinders bied aan Daniël die Gevangene Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Jesaja sien die Toekoms

Jesaja sien die Toekoms Bybel vir Kinders bied aan Jesaja sien die Toekoms Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man

Bybel vir Kinders. bied aan. Ryk man, Arm man Bybel vir Kinders bied aan Ryk man, Arm man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels.

In die tweede deel van sy gebed, bid Jesus baie spesifiek vir sy dissipels. 1 Johannes 17b PT INLEIDING Lees Johannes 17:1-19 Hoe het dit die week met julle gebede gegaan? Kon julle intiem met julle Vader gesels? Ons het `n tydjie gelede gekyk na die eerste 6 verse van Jesus se

Nadere informatie

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24

15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 1 15. Ek glo aan die opstanding en die ewige lewe Filippense 3:20-21 en Johannes 5:24 Tema Wanneer jy in Jesus glo, eindig jou lewe nie op die dag wanneer jy doodgaan nie. Jy sal uit die dood opstaan en

Nadere informatie

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees

KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees KINDERKERK LES: Vrugte van die Heilige Gees Doel van les: Vandag leer ons van die Vrugte van die Heilige Gees en hoe dit in ons lewens werk. INLEIDING: Sjoe, ons het nou al so baie van die Heilige Gees

Nadere informatie

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap.

Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Jesus se eerste preek op die berg. Hy gee ons onuitspreeklike blydskap. Ses groepstudies oor die Saligsprekinge uit Matteus 5 Groepstudie 1 17 Februarie 1. Die bergpredikasie. i. Leer gou almal se name

Nadere informatie

n Tempel Leier besoek Jesus

n Tempel Leier besoek Jesus Bybel vir Kinders bied aan n Tempel Leier besoek Jesus Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible

Nadere informatie

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13

Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 1 Maak skoon jou huis (Gildenhuys) 1 Korintiërs 8:4-13 Het jy dalk enige afgode of in jou huis? Miskien weet jy nie dat jy het nie, en dit is dalk die rede vir die konflik in jou huwelik, of dat jou kind

Nadere informatie

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak.

Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Vals beeld van God: Ek kan op God vertrou. God sal my bewaar teen alle kwaad. Ek kan nie op God vertrou nie. Ek moet self planne maak. Ware beeld van God: God se beloftes word vervul in Jesus. Ons kan

Nadere informatie

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk

SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk SONDAGSKOOL LES: Die hemel is n gratis geskenk Doel van les: Voordat ons kan leer van ons nuwe identiteit in Christus, moet ons eers stil staan by wat Christus vir ons kom doen het. Vandag gaan ons gesels

Nadere informatie

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit

Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit Het jy al jou kruis opgeneem Die Besluit Hoe kan ek my kruis opneem 1. Deur te doen wat die Woord my beveel, deur myself te verloen. # Verloen Tot n oortuiging

Nadere informatie

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30

4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 4. Ek voel alleen Johannes 10:11-16, 26-30 Tema Die goeie Herder hou al sy skape veilig in sy hand. Agtergrond en interpretasie Kyk weer na Agtergrond en interpretasie by Ontmoeting 1, asook na die aantekenings

Nadere informatie

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL

JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL JOHANNES 19:26-27 NAGMAAL Votum en seën Psalm 118 : 2 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1933/53) Psalm 4 : 3 Gebed Skriflesing: Johannes 19:17-27 (AV 1933/53) Teks: Johannes 19:26-27

Nadere informatie

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet

Baie welkom by vanoggend se erediens. Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet Baie welkom by vanoggend se erediens Doen asb moeite om ander mense rondom jou te groet Kerklike jaar 'n Sistematiese kyk na die Evangelie boodskap Advent - die vier Sondae voor Kersfees Epifanie ("Godsverksyning")

Nadere informatie

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee

Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel. Christiaan Coetzee Die ooreenkomste tussen die ou en nuwe Tempel Christiaan Coetzee www.mathetes.co.za In die ou testament was die tempel n fisise plek of tent gewees waar mense na toe gegaan het om hulle sondes te belei

Nadere informatie

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8)

Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Gereformeerde Kerk Bloempark Die Drie-eenheid (Sondag 8) Teks: Verskeie & HK Sondag 8 Inleiding Geliefdes, die Drie-eenheid van God is seker van die meeste moeilike dinge om te verstaan, en gewoonlik van

Nadere informatie

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld.

Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld. Skriflesing: Esegiël 47 Tema: God se nuwe lewe vloei deur ons na mekaar en na die res van die wêreld. Die volk van die Here kies vir sonde en teen God. Hulle volhard hardnekkig in hulle ongehoorsaamheid.

Nadere informatie

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48

OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 OPENBARING 5:5 HK Sondag 48 Votum en seën Psalm 93 : 1, 4 Gebed Skriflesing: Openbaring 5 (AV 1933/53) Belydenis: HK 48 Teks: Openbaring 5:5 (AV 1933/53) Psalm 72 : 2 Preek: God sorg self vir die koms

Nadere informatie

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen.

Is jy seker dis nie n voorry nie. Ek wonder of die kinders weet wat n voorry doen. Op pad vir Christus NG Kraggakamma Le Roux Familie POPPEKASKAPERJOLLE : Frikkie! Frikkie! Hoekom is jy so stadig vandag? Frikkie: (Nog af. Haal hard asem) Want ek is moeg. Hoekom is jy moeg? Frikkie: Ek

Nadere informatie

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy

VADERSDAG. Een van die raadslede van die sinagoge, 'n man met die naam Jaïrus, kom toe daar aan. Net toe hy vir Jesus sien, val hy op sy VADERSDAG Teks: Markus 5:22 24, 35-42 Hulpmiddels: Sirkel en sirkel met vyfde uitgesny om saam met die verhaal te gebruik Split pin A4-kartonne A4-papier om hemp-kaartjies te vou Inkleurkryte en ander

Nadere informatie

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp.

Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. SKRIFLESING: Johannes 18:28-40 TEKS: TEMA: INHOUD: Johannes 18:37-38b Die ware Koning, Jesus, word nie gesoek nie, maar verwerp. Die waarheid verwerp Psalm 105 : 2, 3 Psalm 73 : 12 Skrifberyming 18 (17-2)

Nadere informatie

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding

Bybelse Dissipelskap. Saligheid/ Redding Bybelse Dissipelskap Saligheid/ Redding Johannes 14:6 Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie. Vers om te memoriseer... Efesiërs 2:8-9

Nadere informatie

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis.

Preek deur ds. Jaco van Sittert Vrydag, 14 April Skriflesing: Johannes 19:17-37 Van die eenkant na die anderkant van die kruis. Vrydag, 14 April 2017 Skriflesing: Johannes 19:17-37 Tema: Van die eenkant na die anderkant van die kruis. Skriflesing Johannes 19:17-37 Jesus word gekruisig 17 Jesus het self sy kruis gedra en uitgegaan

Nadere informatie

Die Kerk se Geboorte

Die Kerk se Geboorte Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk se Geboorte Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 55 van 60 www.m1914.org Bible for

Nadere informatie

God eer Josef die slaaf

God eer Josef die slaaf Bybel vir Kinders bied aan God eer Josef die slaaf Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Vertaal deur: Yvonne Kriel Aangepas deur: M. Maillot; Sarah S. Storie 8 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Januarie Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag. 24 Sopkombuis 08:00 Snr Kuier 09:30 Kerkraad 18:00

Januarie Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag. 24 Sopkombuis 08:00 Snr Kuier 09:30 Kerkraad 18:00 Januarie 208 Handelinge :8 "Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke

Nadere informatie

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture

Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels. Leierskap Strukture Meer Jesus Meer Liefde Meer Dissipels Leierskap Strukture Woord van God, Woord van die lewe, Woord vir ewig vas en waar, Woord onfeilbaar en verhewe waarin God Hom openbaar! L 255:1 (vervolg) Woord betroubaar,

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra

God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra SKRIFLESING: Jeremia 31:23-40 TEKS: Jeremia 31:33b HK 49 TEMA: God het belowe om ons gehoorsaam te maak, net soos ons vra Psalm 103 : 10, 11 Psalm 131 : 2, 3 Skrifberyming 14 (8-1) : 1, 2 Ook: Ps. 40 :

Nadere informatie

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek.

Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in die slegte gewoonte om veral taxi drywers te oordeel oor hoe hulle die reëls breek. 1 Lukas 6h 7.10.18 WH Tema: Hoe kyk jy? Ek sien nou die dag `n taxi met `n plakkaat agter in die venster waarop daar staan: only God can judge me. Dis nogal `n taai een vir my om te sluk, want ek is in

Nadere informatie

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun

TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13. God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun SKRIFLESING: Johannes 1:1-18 TEKS: Johannes 1:12-13 HK 13 TEMA: God maak ons Sy kinders deur Sy eie Seun Psalm 45 : 1, 2, 3 Psalm 72 : 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Dat ons kinders

Nadere informatie

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k

toegewy aan God ross os s v an v nieker i k toegewy aan God ross van niekerk goddelike nageslag hoe verseker ons dit? 1. modelleer. 2. liefde. 3. instruksie. 4. dissipline. 5. meedeling. psalm 127:3 Kyk, kinders is n erfdeel van die HERE; die vrug

Nadere informatie

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie.

D O O P. Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie. D O O P Die doop van bekeerlinge is n kardinale deel van ons redding, wat ons nie kan uit die weg stoot of verontagsaam nie. 1 PETRUS 3:21 Waarvan die die, ons nou ook, nie as n aflegging van die vuilheid

Nadere informatie

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk.

NAGMAAL. SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a. Die kruis is die trots van die Here se kerk. NAGMAAL SKRIFLESING: Galasiërs 6:11-18 (AV 1933/53) TEKS: Galasiërs 6:14a TEMA: Die kruis is die trots van die Here se kerk. Psalm 149 : 1, 2 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Psalm 103 : 6 Psalm 9 : 1, 2,

Nadere informatie

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22

BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 1 BYBELSTUDIE GROEI IN DIE GEES LES 22 Die sekerheid dat jy 'n kind van God is, is nie die einde van die pad nie maar die begin daarvan. Nou word dit moontlik om as gelowiges te groei. Maar waarheen lei

Nadere informatie

Jona en die Groot Vis

Jona en die Groot Vis Bybel vir Kinders bied aan Jona en die Groot Vis Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Aangepas deur: Mary-Anne S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Wedergeboorte Johannes 2:23-3:8

Wedergeboorte Johannes 2:23-3:8 Wedergeboorte Johannes 2:23-3:8 Inleiding Dink net jy kon jou lewe oorbegin met als wat jy nou weet. o Die meeste van ons het al een of ander tyd gewens jy kon oorbegin. Jy sal dan nie dieselfde foute

Nadere informatie

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93

1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 1 JOHANNES 4:20 HK 34:93 Votum en seën Psalm 134 : 1, 3 [ ons ] Gebed Psalm 27 : 4 Skriflesing: 1 Johannes 4:7-21 (AV 1983) Belydenis: HK 34:93 Teks: 1 Johannes 4:20 (AV 1983) Preek: God se wil is liefde

Nadere informatie

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën.

die ark en neem jou gesin saam. Van almal op die aarde het jy die naaste aan my geleef. Binne 7 dae stuur Ek reën. Ontmoeting 4 God is lief vir Noag Kinders hoor in die storie van Noag dat God regverdig is. Hy sien mense raak wat aan Hom gehoorsaam is en Hy maak n duidelike plan om sy kinders te red. Teks: Genesis

Nadere informatie

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte.

Ons hoor hulle het in die land Kanaän gaan woon. (kaart) Kanaän Egipte. 1 Gen. 37a Josef a Die vere maak nie die voël nie Liewe kinders, en broers en susters. Vandag begin ons met `n splinternuwe reeks oor die lewe van Josef. Ek wil veral hê dat die kinders mooi moet luister,

Nadere informatie

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek SKRIFLESING: 1 Johannes 2:28 3:10 TEKS: 1 Johannes 3:8b TEMA: Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek Psalm 45 : 1, 3, 5, 6 Psalm 79: 5, 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1, 2 Skrifberyming

Nadere informatie

Paulus en sy vriende vertel ander van God

Paulus en sy vriende vertel ander van God Ontmoeting 20 Paulus en sy vriende vertel ander van God In hierdie deel van Paulus se verhaal sien ons weereens hoe God vir ons sorg. Hy het vir Paulus vriende gegee om hom te help met sy taak om die boodskap

Nadere informatie

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid

Bybel vir Kinders bied aan. Die Kerk Kry Moeilikheid Bybel vir Kinders bied aan Die Kerk Kry Moeilikheid Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Gert Badenhorst Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër

Bybel vir Kinders. bied aan. Jakob die Bedrieër Bybel vir Kinders bied aan Jakob die Bedrieër Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: M. Maillot; Lazarus Aangepas deur: M. Kerr; Sarah S. Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37

Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37 Ouderdom: Gr1-6 Tema: Veg saam met Jesus teen die duiwel Teks: 1 Samuel 17:34-37 DOEL: Die kinders moet verstaan dat ons saam met Jesus teen die duiwel moet stry. Ons moet hom geen vastrapplek in ons lewe

Nadere informatie

'n Man gestuur deur God

'n Man gestuur deur God Bybel vir Kinders bied aan 'n Man gestuur deur God Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Vertaal deur: Yvette Brits Aangepas deur: E. Frischbutter; Sarah S. Storie 37 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

Petrus en die Krag van Gebed

Petrus en die Krag van Gebed Bybel vir Kinders bied aan Petrus en die Krag van Gebed Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 57 van 60 www.m1914.org

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)?

Wat beteken Christus is die einde van die wet (Romeine 10:4)? Les 11 vir 16 Desember 2017 Wat beteken "Christus is die einde van die wet" (Romeine 10:4)? Christus is die doel of die eindebestemming van die wet. Christus is die vervulling van die wet. Christus is

Nadere informatie

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek.

Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek. Gisteraand het dit gegaan dit oor hoe ons lewens moet wees om Jesus te volg. Watter klere ek moet aantrek. Vanaand gaan dit oor kosteberekening. Wat gaan dit kos? Wanneer n mens trou met die liefde van

Nadere informatie

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees?

Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees? Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees? Die Rol van die Vader, Seun en Heilige Gees? Kobus Kok ʼn Leser vra: Wat is die rol van God die Vader in die gelowige se lewe vandag? Wat is die rol van God

Nadere informatie

gelees. In hierdie roman word die aangrypende verhaal van 'n Franse

gelees. In hierdie roman word die aangrypende verhaal van 'n Franse Romeine 5:1-11 God se vooraf-genade Broers en susters in onse Here Jesus Christus: Dalk het u ook al die baie bekende roman van Victor Hugo, Les Miserables gelees. In hierdie roman word die aangrypende

Nadere informatie

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4

SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b. Skrifberyming 24 (1-1) : 3. Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4 SKRIFLESING: Romeine 8:31-39 (AV 1983) TEKS: Romeine 8:32b OPSKRIF: Grenslose liefde Skrifberyming 24 (1-1) : 3 Psalm 62 : 4 (na gebed) Psalm 93 : 1, 4 Skrifberyming 78 (13-3) 2 Vanoggend het ons gehoor

Nadere informatie

Antonieme en sinonieme

Antonieme en sinonieme Antonieme en sinonieme Naam Oefening 1 1. Die motor is nie groot nie. smal 2. Die skaap is nie slim nie. buite 3. Die koffie is nie soet nie. naby 4. Die kind is nie soet nie. klein 5. Die straat is nie

Nadere informatie

LITURGIE VIR N OOP GESPREK

LITURGIE VIR N OOP GESPREK LITURGIE VIR N OOP GESPREK 1 Liturgie vir ʼn oop gesprek Nota Hierdie liturgie kan gebruik word in ʼn erediens of vir groepgesprekke en vergaderings. Dit sal goed wees as daar 90 minute ingeruim kan word

Nadere informatie

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3

Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps Sb 33:1,3 1 Skriflesing: 1 Johannes 3 Teks: 1 Johannes 3:1a,2a,14,24 Sing- Ps. 9:1,7; Ps. 61:1,2; Ps. 61:3,4; Ps. 23:3; Ps. 116... Sb 33:1,3 1 Johannes 3 1Jn 3:1 Kyk wat n groot liefde die Vader aan ons bewys het,

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff

Preek Romeine 6:3-4. (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff 1 Preek Romeine 6:3-4 (Preek tydens erediens in Gereformeerde Kerk Welkom-Noord op Sondag 25 Junie 2017) Prediker: Ds JL van der Schyff Voor die erediens Sing: Skrifberyming 8-3 Sing: Lied 510:1,2,3,4

Nadere informatie

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy?

Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy? 1 Jakobus 4a Tema: toets van wêreldliefde / begeertes. Wat het jy? Lees Jakobus 3:13 14:10 Wat het jy? Het jy die regte bloed, velkleur, selfoon, motor, huis, werk, kerk, geloof, dade. Het jy iets wat

Nadere informatie

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né.

Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Vir wie van julle is die Bybel soms moeilik om te verstaan? Ja daar is dinge waarmee ons sukkel né. 1 Matteus 11 d2 Wh 16 Lees Matteus 11:25-29 Is jy slim of eenvoudig? Kinders hoe voel julle oor die eksamen wat voorlê? Ek onthou hoe ek baie keer met `n eenvoudige rapport by die huis gekom het, en alles

Nadere informatie

Dooppreek Mika Bogaards

Dooppreek Mika Bogaards 1 Dooppreek Mika Bogaards Dr AH Bogaards 26 Junie 2016 Lees: Efesiérs 5:18-21; en 6:1-4 Teks: Efesiërs 5:18 en 6:1-4 Psalms: Ps. 105:1,2; 9:7; 32:1,3; 105:5,6; 84:1,2 1. Inleiding Julle het pas hierdie

Nadere informatie

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman

PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman PREEK Sondag 10 Junie 2007 Ds Freddie Schoeman Lees Openbaring 21:1 8 Eerste paar verse van hoofstuk 21: Spanning tussen die reeds en die nog nie. Die nuwe Jerusalem, die stad, is besig om neer te daal

Nadere informatie

Van Vervolger tot Prediker

Van Vervolger tot Prediker Bybel vir Kinders bied aan Van Vervolger tot Prediker Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Vertaal deur: Gert Badenhorst Aangepas deur: Ruth Klassen Storie 58 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2

Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2 Jesus as Kind Teks: Matteus 2, 13: 55-56, Lukas 2 Hulpmiddels:: Bordspeletjie: Laai af by http://www.livingwaterbible games.com/christmas-board-game.htm Drukker, papier, gom, skêr, dobbelsteentjies, kleeflint

Nadere informatie

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5

MATTEUS 6:8. Votum en seën. Psalm 7 : 6. Gebed. Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 MATTEUS 6:8 Votum en seën Psalm 7 : 6 Gebed Skriflesing: Matteus 6:5-15 (AV 1983) Teks: Matteus 6:7-8 (AV 1983) Skrifberyming 17 (17-1) : 2, 5 Preek: Vir ons hemelse Vader is eenvoudige gebede goed Gebed

Nadere informatie

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN

SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Skep Die Geleentheid Vir Veilige Kommunikasie Bou Vertroue & Dra Waardes Oor Versterk Verhoudings Ontwikkel Jou Kind Se Emosionele Intelligensie SLAAPTYDSPELETJIE VIR DIE HELE GESIN Created by REËLS VIR

Nadere informatie

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus

KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus KINDERKERK LES: 9. My identitiet in Christus Doel van les: Ons leer meer oor Wie ons is in Christus. Ysbreker: Bome Uitbeeld: In die Bybel lees mens baiekeer dinge oor bome. God praat van bome om ons as

Nadere informatie

Toe God alles gemaak het

Toe God alles gemaak het Bybel vir Kinders bied aan Toe God alles gemaak het Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Byron Unger; Lazarus Aangepas deur: Bob Davies; Tammy S. Vertaal deur: Hannelie Niemandt Vervaardig deur:

Nadere informatie

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê.

Dit wat óns wil hoe óns wil leef en wil praat en selfs wil dink (dit weet ons almal) is baie kere baie anders as wat Gód van ons wil hê. MATTEUS 21:29 HK 49 Votum Seën Psalm 40 : 2 Gebed Psalm 40 : 4 Skriflesing: Matteus 21:23-32 (AV 1933/53) Belydenis: HK 49 Teks: Matteus 21:29 (AV 1933/53) Preek: Jesus leer ons bid vir berou en bekering

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

Baie welkom by vanoggend se erediens

Baie welkom by vanoggend se erediens Baie welkom by vanoggend se erediens Kerklike jaar: Lydenstyd Hoekom moes Jesus so ly? Jes 53 Jesaja - drie in een I - Jes 1-39 Verval voor ballingskap Jesaja II - Jes 40-55 Ballingskap in Babilonië III

Nadere informatie

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol SKRIFLESING: 1 Korintiërs 15:1-20 TEKS: 1 Korintiërs 15:20a TEMA: Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol Psalm 33 : 2 Psalm 33 : 11 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Ook: Sb 27 : 1, 3 1 Weet u

Nadere informatie

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018

DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018 DIE JERUSALEM RAAD Les 8 vir 25 Augustus 2018 Die heidene het die evangelie aanvaar, en dit was vir sommige Jode 'n probleem. Moet die heidene nie onder dieselfde reëls leef nie? Waarom het die Jode besny,

Nadere informatie

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo!

Tema: God gee die blydskap van die ewige lewe aan diégene wat in ons boodskap van Jesus Christus glo! 1 Ons is baie bly en dankbaar saam met Myrna van Eyssen en Ruan Kotze wat vandag geleentheid kry om hulle geloof te bely en Ruan wat ook die doop as teken van God se verbond met hom ontvang. Tema: God

Nadere informatie

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25

6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25 1 6. Ek glo in Jesus Christus Johannes 3:16-18 en Matteus 1:18-25 Tema Ons glo in Jesus Christus, die God-mens, ons Here wat ons verlos. Agtergrond en interpretasie Ons is besig om oor die Apostoliese

Nadere informatie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie

Naäman en die dogtertjie wat nie bang was om van die Here te vertel nie Ontmoeting 7 God gebruik n dogtertjie wat ver van haar eie huis af is, om n belangrike generaal in Hom te laat glo. Teks: 2 Konings 5: 1-14 Hulpmiddels: Sandboks met huise, paleis, rivier en karakters

Nadere informatie

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12

14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 14. Gemaak om lief te hê 1 Johannes 3:11-17; 4:7-12 Tema Jesus het uit liefde sy lewe vir ons afgelê en Hy gee ook hierdie liefde in ons sodat ons mekaar kan liefhê. Agtergrond en interpretasie Johannes

Nadere informatie

Die Groot Muur van Nehemia

Die Groot Muur van Nehemia Bybel vir Kinders bied aan Die Groot Muur van Nehemia Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Jonathan Hay Vertaal deur: Yvette Brits Aangepas deur: Mary-Anne S. Storie 35 van 60 www.m1914.org Bible

Nadere informatie

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society

Jesus - Die Grootste Geskenk van Alle Tye - Reformation Society "Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het." Johannes

Nadere informatie

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.)

Ontmoeting 40. Welkom. Wyding. Woord. te maak, in vorms te giet en te laat droog word.) Ontmoeting 40 Kinders kan vir grootmense van God vertel. Teks: 2 Konings 5; Jesaja 44:6 Hulpmiddels: Bordkryt om teen n muur of op die vloer te skryf (Of maak afwasbare kryt deur waspoeier met kleursel

Nadere informatie

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak.

Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak. Psalm 55 Werp jou bekommernis op die Here Tema van die dag is ons bekommernisse, en wat om daarmee te maak. Ons is hier as gelowiges om ons roeping uit te leef deurdat ons meewerk dat die Koninkryk van

Nadere informatie

Geroep vir Gemeenskap

Geroep vir Gemeenskap Geroep vir Gemeenskap Ef 4:15 in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, 16 uit wie die hele liggaam goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike

Nadere informatie

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan

God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan God bly met u, waar u ook mag gaan. Mag sy Gees u lei en heilig en u altyddeur beveilig. God bly met u, waar u ook mag gaan L 269:2 God bly met u, waar u ook mag gaan. Deur sy sterke hand behoed Hy, daagliks

Nadere informatie

Les 2 vir 13 Oktober 2018

Les 2 vir 13 Oktober 2018 Les 2 vir 13 Oktober 2018 God wil hê dat sy mense verenig moet wees. Om God se wil te gehoorsaam, is noodsaaklik om eenheid te bereik. Wanneer ons verenig is, vul dit die Kerk met vreugde en voorspoed

Nadere informatie

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer.

Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. SKRIFLESING: Psalm 37 : 1-11 TEKS: Psalm 37:4 TEMA: Die Here gee vir mense, wat oor Hom bly is, dit wat hulle harte begeer. Psalm 150 : 1, 2 Psalm 139 : 1, 3 Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Psalm 33 : 11

Nadere informatie