Dooppreek Mika Bogaards

Save this PDF as:
 WORD  PNG  TXT  JPG

Maat: px
Weergave met pagina beginnen:

Download "Dooppreek Mika Bogaards"

Transcriptie

1 1 Dooppreek Mika Bogaards Dr AH Bogaards 26 Junie 2016 Lees: Efesiérs 5:18-21; en 6:1-4 Teks: Efesiërs 5:18 en 6:1-4 Psalms: Ps. 105:1,2; 9:7; 32:1,3; 105:5,6; 84:1,2 1. Inleiding Julle het pas hierdie groot belofte afgelê: Here, ons sál hierdie kind van ons in die christelike leer onderrig. 1. Dit is so n mooi belofte. Want dit is die mooiste wat jy aan jou kind kan gee: om Christus te ken, sy verlossing van die skuld en die mag van die sonde. 2. Maar dit is ook n baie ernstige belofte. a) Want dit het julle nie vir ménse beloof nie. Julle het dit vir Gód beloof: Here, ons sal hierdie kind van u grootmaak as Christin. b) Wat hierdie belofte nog des te ernstiger maak, is hierdie waarheid: ons kinders is eintlik nie óns kinders is nie. Hulle is Gód se kinders! Hy het hulle aan ons geleen; Hy het hulle aan ons sorg toevertrou. Daarom sal eenmaal die dag kom dat die Here van ons rekenskap sal eis: Wat het julle met mý kinders gedoen? Maar nou moet ons in die lig van die Bybels sê: Dit is n onmoontlike belofte vir sondige ouers onmoontlik vir sondige mense. En net so is dit vir sondige kinders n onmoontlike bevel: om gehoorsame kinders te wees. Nee, nee sélf sal ons dit nóóit regkry nie! Ons kan immers ons kinders se sondige harte nie verander nie; ons kan nie eens ons eie sondige ouerharte verander nie. Maar ek verkondig aan ouers en kinders die hulp van God: die evangelie van God se hulp aan hulpelose ouers; die blye boodskap God se hulp aan hulpelose kinders.

2 2 Deur die krag van sy Gees en Woord sal Hý ons instaatstel om die belofte na te kom. Deur die krag van Christus se oorwinning sal Hý ons goeie ouers en gehoorsame kinders maak nét Hý! Net Hy alleen. Ons tema is: Die opdrag om goeie ouers en gehoorsame kinders te wees en hoe God ons daartoe instaat stel. Ek staan stil by drie punte: 1. Die Goddelike genadegeskenk van goeie ouerskap en goeie kindskap; 2. die opdrag om onderdanige kinders te wees; en 3. die bevel om gehoorsame ouers te wees Die Goddelike gawe van goeie ouerskap en goeie kindskap Van nature is ons nié goeie ouers nie en nié voorbeeldige kinders nie. Die Bybel laat ons die teendeel sien (Ef 4:17-19). Dit is eers wanneer Gód in ons lewe ingryp, dat ons goeie ouers en kinders word. Hy maak ons wat ons nie is nie. En dít laat ons Skrifgedeelte ons sien: hoé God dit doen, hoé Hy verlossend sy hande na ons toe uitsteek en ons herskep. In Efesiërs 5 vers 18 leer God ons naamlik die geheim, die oorsprong van goeie ouerskap en kindskap. Daar skryf Paulus... word met die Heilige Gees vervul. Eintlik staan daar nie word mét die Gees vervul nie. Ons sou beter kon vertaal:... word deúr die Heilige Gees vervul. Om deur die Gees vervul te word, beteken heel eenvoudig: Die Heilige Gees vul ons, Hy maak ons vol met iets. Hy stort ons harte tot oorlopens toe vol met iets. Dan is ons harte so vol daarvan, van daardie iets, dat dit ons hele hart beheers en in beslag neem nie meer die sonde nie, maar Iets anders. Wat is daardie Iets? Nee, dit is nie Iets nie, dit is Iemand: dit is Christus! In Kolossense 3:16-22 behandel Paulus ook die verhouding ouers en kinders. Die gedeelte lyk baie na ons Skrifgedeelte. Maar daar is een grootverskil: Daar staan nie: word deur die Heilige Gees vervul nie. In plaas daarvan staan daar: Laat die woord van Christus ryklik in julle woon... Daarmee word vir ons presies gesê wat dit beteken om deur die Heilige Gees vervul te word. Om deur die Gees vervul te word, beteken doodeenvoudig: dat die woord van

3 3 Christus ryklik in ons woon. Dit is waarmee die Heilige Gees ons harte tot oorlopens toe vol maak: met die woord van Christus, met die rykdom van Christus! Om dit nou maar so te sê: wie vol is van die Heilige Gees, is vol van Christus. En - wie vol is van Christus is n goeie ouer en n goeie kind, want Christus verlos ons van die sonde. Maar dit beteken dan: Dit is lewensnoodsaaklik dat ons moet weet hoé ons deur die Gees en met die Woord vervul word? Hoe gebeur dit? Wat moet ons doen? Daarop antwoord ek so: Dit gebeur deur die gebed en deur die Woord 1. Vervulling met die Heilige Gees is eerstens iets waarvoor n mens moet bid. In Efesiërs 3 vers 14 sien ons Paulus op die pad van die gebed loop. Hy het die Vader gebid dat die Heilige Gees in die Efesiërs se harte sal werk. Hy het gebid dat die Heilige Gees hulle die geloof sal gee, sodat Christus deur die geloof in hulle harte sal woon. Hy het gebid dat die Heilige Gees hulle sal inplant en sal wortel in die liefde van Christus (Ef 3:16-19). En weet u wat is daardie liefde? Die kruis en opstanding van Christus, sy verlossing van die sonde. In antwoord op ons gebed skenk die Vader dus aan ons die Heilige Gees. En die gevolg van die Heilige Gees se werk is dat Christus, ons Verlosser, deur die geloof in ons harte woon. Dan word ons hart n woning, n tempel van Christus en sy Gees. En so woon en heers Hy ook in ons gesin. Dan word ook ons huisgesin n tempel waarin Christus heers en woon. Dit leer ons hoe belangrik die gebed in die gesinslewe is. 2. Maar hoé maak die Heilige Gees ons vol met Christus? Waarmee doen Hy dit? Dit in die tweede plek: dit het alles met die Woord te make: om die Woord te lees. Want vervulling met die Heilige Gees beteken: die Heilige Gees dra die Woord van Christus in ons hart. Hy laat die woord van Christus ryklik in ons woon Ons moet altyd onthou: Die Heilige Gees is die Gees van die Woord. As ons Hom soek, moet ons Hom daar gaan soek in die Bybel. Die Bybel is die werkswinkel van die Heilige Gees. Hy kom na ons toe in die kleed van die Evangelie. Hy stort ons vol

4 4 met die rykdom van die Woord. Hy vervul ons met die verlossingswerk van Christus. En dan heers Christus in ons en dan maak Hy ons deur sy kruis en opstanding nuwe ouers en nuwe kinders vol van liefde. Waar ouers aangegryp is deur die woord van die kruis en opstanding van Christus, waar kinders glo in die verlossingswoord van Jesus daar kry jy ouers en kinders wat werklik lief is vir mekaar. Daar kry jy ouers wat hulle kinders op die regte manier opvoed; en daar kry jy kinders wat luister na gesag. Die Heilige Gees doen dit deur die krag van die Woord. Dit leer ons hoe belangrik huisgodsdiens, hoe noodsaaklik daaglikse Bybel-lees, in die gesinslewe is. In Efesiërs 5 vers 19 tot 21 laat Paulus ons sien hoe n Gees-vervulde lewe lyk: Geesvervulde mense is mense wat mekaar met Psalms vertel en leer van die groot dade van God. As jy Gees-vervuld is, sal jy vol wees van Golgota en jy sal as ouers jou kinders daarvan vertel. Jou hele lewe jou woorde, jou dade - word dan n lied, n lied wat sing van Christus se verlossing in jou lewe. In vers 21 maak Paulus ook die volgende merkwaardige opmerking oor Gees-vervulde ouers en kinders: hulle is aan mekaar onderdanig in die vrees van Christus. Kinders en ouers word aan mekaar onderdanig, hulle word aan mekaar diensbaar deur die Heilige Gees. Hoe moet ons dit verstaan? Moet ek as ouer nou n slaaf van my kind word en in alles vir hom spring? Nee, ons sal die onderdanigheid moet sien in verband met die woorde die vrees van Christus. In ons diensbaarheid aan ons kinders moet ons vrees, moet ons eerbied vir Christus uitkom. As ek my kind van Jesus leer, dan is ek diensbaar aan hom/haar in die vrees van die Here. En waar kinders vol is van Christus, is hulle onderdanig aan hulle ouers. Ek gee my kind wat die Here van my vra en nie wat die kind eis nie. Daarmee is ons alreeds by die tweede hoofpunt: 2.2. Die opdrag om onderdanige kinders te wees Ons leef in n tyd van gesagloosheid. Oral word die gesag uitgedaag. Mense kom in opstand teen die staat, leerlinge luister nie na die onderwysers nie, en kinders is ongehoorsaam aan hulle ouers.

5 5 1. Paulus sien dit in Romeine 1 as n kenmerk van n lewe sonder en los van God. Goddeloosheid (God-losheid, losheid van God) blyk nie net in dinge soos moord, twis nie, maar ook in ongehoorsaamheid aan die ouers (Rom 1:30) Timoteus 3:1 ev laat dit sien as n kenmerk van die laaste dae, die dae van die Antichris: dat mense liefdeloos en wreed sal wees en dat hulle ongehoorsaam sal wees aan hulle ouers. So mag Christen-kinders, so sal Gees-vervulde kinders nie wees nie. Inteendeel: Kinders, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg....dit is reg. En dan word kinders op die reg, die Goddelike reg, gewys: die reg van die vyfde gebod, eer jou vader en jou moeder. Dit gaan nie maar bloot oor wat ouers as reg beskou nie, maar dit gaan oor wat die Here bepaal, oor sy reg: Hý eis eerbied vir vader en vir moeder. As kinders hulle ouers eer, onderwerp hulle hulle aan God se reg. Dit is ook wat bedoel word met die woorde: julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here. Daardie woorde in die Here is ontsettend belangrik. Dit beteken heel eenvoudig: In julle gehoorsaamheid aan julle ouers moet ook julle liefde blyk vir die reg van die Here, vir die vyfde gebod. Kinders wat opstandig is, kom teen die reg van God in opstand. Hulle staan nie maar net teen mense op nie, maar teen die Here self. Die Here wil ons immers deur ons ouers se hand bestuur. Agter ons ouers se regering moet ons God se hand sien. Eer jou vader en jou moeder en dan laat Paulus daarop volg: dit is die eerste gebod met n belofte sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde (Ef 6:2-3): 1. Ons moet dit nie letterlik verstaan nie: dat die vyfde gebod die eerste gebod met n belofte is. Die tweede gebod het immers ook n belofte. As Paulus daarom die vyfde gebod die eerste gebod met n blofte noem, wil Hy ons eerder wys op die groot belangrikheid van die vyfde gebod - hoe belangrik die ouerhuis is: die huisgodsdiens, die leer van ons kinders in die dinge van Jesus. 2. Daar is ook n heerlike belofte aan verbind: doen dit sodat dit met jou goed mag gaan en jy lank mag lewe op die aarde. Op die bevel volg dus n belofte... Calvyn sê dit so mooi: Met sy bevele dryf die Here ons en met sy beloftes trek Hy ons. Daar wag n heerlike lewe in die Here se teenwoordigheid nou al en vir ewig vir wie die vyfde gebod gehoorsaam.

6 Die bevel om gehoorsame ouers te wees En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here (6:1). Vaders natuurlik sluit dit ook die moeders in. Net die man word genoem, omdat hy die hoof van die gesin is. 1. Vir vaders en vir moeder word eerstens gesê: moenie julle kinders vertoorn nie. Weet u wanneer gebeur dit? As ons in ons opvoedingstaak nie vervul is met die Heilige Gees en met sy Woord nie. Dan ontbreek die ware liefde in ons onderrig en gesag. 2. Tweedens sê Paulus vir ouers: voed hulle (julle kinders) op in die tug en vermaning van die Here. Dit is belangrik dat ons die woorde van die Here die tug en vermaning van die Here moet raaksien. Dit kom hierop neer: in jou ouerhand moet die kinders die hande van die groot Herder van die skape voel. Hulle moet in ons vermaning en onderwys dit ervaar: pa en ma is vol met die Heilige Gees en die heerlike woord van Christus. Hulle moet onder die indruk daarvan wees dat ons Here Jesus deur hulle ouers oor hulle regeer. Soms verstaan mense tug verkeerd. Hulle dink daarby net aan straf en raas. Maar as ons mooi na Salomo luister, sal ons weet: tug in die Bybelse sin sluit baie meer in as net straf. Tug word deur Salomo ook onderwys genoem: HOOR, julle seuns, na die tug van die vader, en LUISTER om insig te leer ken...verlaat my onderwysing nie. (Spr 4:1-2) Die Bybelse tug onderwys ons in kennis aangaande Christus. Om dit nou maar alles so saam te vat: Tug beteken om jou kind daarop te wys dat hy na Christus moet luister. Ons moet hulle ook leer dat ons net deur die krag van Christus gehoorsame kinders kan wees. En ons moet ons kinders van vergifnis leer: dat daar by ware berou ook vergewing is en wat 'n wonder dit is. 3. Slot Ek wil afsluit met n deel van die slotgebed van ons doopsformulier: Ons bid U, kragtens u grondelose barmhartigheid, dat u hierdie kind (kinders) van U genadiglik wil aansien en deur u Heilige Gees in u Seun Jesus Christus wil inlyf, sodat hy (sy/hulle) met Hom in sy dood begrawe mag word en met Hom in 'n nuwe lewe mag opstaan (Romeine 6:4ev ). AMEN

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra

Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra SKRIFLESING: Romeine 12:1-8 TEKS: Romeine 12:1-2 HK 49 TEMA: Die Here leer ons om gehoorsaamheid aan Sy wil te vra Psalm 103 : 10, 11 Skrifberyming 28 (10-1) : 1, 2 Psalm 119 : 11 Skrifberyming 78 (13-3)

Nadere informatie

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK

Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK Soos n wildsbok wat smag na water Smag my siel na u o Heer U alleen is my hartsverlange En ek bring aan U die eer SOOS N WILDSBOK U alleen is my krag en skild Aan U alleen wy ek nou myself U alleen is

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun Bybel vir Kinders bied aan Die Verlore Seun Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen; Sarah S. Vertaal deur: Yvette Brits Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol

Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol SKRIFLESING: 1 Korintiërs 15:1-20 TEKS: 1 Korintiërs 15:20a TEMA: Jesus Christus se opstanding maak ons lewens sinvol Psalm 33 : 2 Psalm 33 : 11 Skrifberyming 10 (5-4) : 1, 2 Ook: Sb 27 : 1, 3 1 Weet u

Nadere informatie

Goeie Konings, Slegte Konings

Goeie Konings, Slegte Konings Bybel vir Kinders bied aan Goeie Konings, Slegte Konings Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: Ruth Klassen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

DIE VLEUELS VAN GEBED (9)

DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) DIE VLEUELS VAN GEBED (9) Jan van der Watt Dankie Here! Dankie sê is om jou skuld te betaal. In die tyd van die Bybel was dankie sê iets anders as vandag. Vandag is dankie n woord

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3.

SKRIFLESING: Johannes 8 : TEKS: Johannes 8:12. Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe. Psalm 150 : 1, 2, 3. SKRIFLESING: Johannes 8 :12-20 TEKS: Johannes 8:12 TEMA: Jesus Christus, die Lig, bring ware lewe Psalm 150 : 1, 2, 3 Psalm 43 : 3, 4 Skrifberyming 3 (4-7) : 1, 2 Skrifberyming 9 (18-1) : 1, 6 [Ook: Ps

Nadere informatie

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org 1 Sondag 39 Vyfde gebod Dr AH Bogaards Lees: Spreuke 1 Teks: Spreuke 1:7-8; 1 Kor 1:30 HK: Sondag 39 Psalms: Ps

Nadere informatie

23. Reëls vir die pad die padgebruikers

23. Reëls vir die pad die padgebruikers 23. Reëls vir die pad die padgebruikers Oorhoofse tema Die Here is saam met ons op pad. As die Padmaker het Hy vir ons tien padreëls of lewensreëls gegee sodat ons elke dag daarvolgens kan leef. Die eerste

Nadere informatie

DIE BRIEF AAN FILEMON

DIE BRIEF AAN FILEMON DIE BRIEF AAN FILEMON Inleiding Hierdie brief maak saam met die briewe aan die Efesiërs, Filippense en Kolossense die viertal geskrifte uit wat bekend staan as Paulus se gevangenskapsbriewe. By twee geleenthede

Nadere informatie

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg

Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg SKRIFLESING: 1 Johannes 2:1-11 TEKS: 1 Johannes 2:6 TEMA: Wie in Christus bly, moet Sy voorbeeld volg Psalm 9 : 1, 2, 7 Psalm 31 : 13 (na gebed) Skrifberyming 72 (12-3) : 1, 2 Skrifberyming 78 (13-3) Ook:

Nadere informatie

Simson, God se sterk Man

Simson, God se sterk Man Bybel vir Kinders bied aan Simson, God se sterk Man Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Janie Forest Aangepas deur: Lyn Doerksen Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek

Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek Die gebruik van 'n persoonlike joernaal of dagboek Uit Doelgerigte Gebed deur Bennie Mostert, CUM uitgewers Opdrag: Maak 'n keuse om in hierdie week wat kom minstens 5 dae te neem om 15-30 minute per dag

Nadere informatie

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek

Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek SKRIFLESING: 1 Johannes 2:28 3:10 TEKS: 1 Johannes 3:8b TEMA: Jesus Christus is gebore om die duiwel se greep te kom breek Psalm 45 : 1, 3, 5, 6 Psalm 79: 5, 6 Skrifberyming 33 (2-4) : 1, 2 Skrifberyming

Nadere informatie

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom!

Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! SKRIFLESING: Matteus 25:1-13 TEKS: Matteus 25:13 TEMA: Jesus kom op n onbekende tyd weer bly dan gereed vir Hom! Psalm 98 : 3 Psalm 99 : 1, 3 Skrifberyming 29 (18-3) : 8, 9 Skrifberyming 43 (15-7) : 5

Nadere informatie

Antonieme en sinonieme

Antonieme en sinonieme Antonieme en sinonieme Naam Oefening 1 1. Die motor is nie groot nie. smal 2. Die skaap is nie slim nie. buite 3. Die koffie is nie soet nie. naby 4. Die kind is nie soet nie. klein 5. Die straat is nie

Nadere informatie

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Man van Vuur Bybel vir Kinders bied aan Die Man van Vuur Geskryf deur: Edward Hughes Ge-illustreer: Lazarus Aangepas deur: E. Frischbutter Vertaal deur: Yvonne Kriel Vervaardig deur: Bible for Children www.m1914.org

Nadere informatie

Deur Christus Alleen

Deur Christus Alleen Gepubliseer op: Deur Christus Alleen Tuisblad van dr. A.H. Bogaards www.enigstetroos.org 1 Lees: Psalm 51; Rom.5:12-21 Teks: Psalm 51:7 H.K.: Son.3:6-8, Son.14 Datum: 18 Desember 2005 (Rooiwal & Kandelaar)

Nadere informatie

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23

Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Benodighede: Visse op karton afgerol en uitgeknip Skuifspelde Stok met tou en magneet Jnr. Kategese 22 Januarie 2017 Visvang vir Jesus! Matteus 4: 12-23 Wenke: Lees die VERLOOP hier onder deur en maak

Nadere informatie

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER

MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER MENTAL MATHS IN DIE KLASKAMER HOEKOM MENTAL MATHS? Ons wil hê dat ons leerders gemaklik met getalle kan speel. Hy moet weet waar n getal lê. Hy moet n klomp somme met die getal kan maak. Mental Maths bou

Nadere informatie

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2.

SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10. TEKS: 1 Petrus 2:9. God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5. Psalm 4 : 3. Skrifberyming 8 (5-3) : 2. SKRIFLESING: 1 Petrus 2:1-10 TEKS: 1 Petrus 2:9 TEMA: God red sodat ons sal vertel. Psalm 40 : 5 Psalm 4 : 3 Skrifberyming 8 (5-3) : 2 Psalm 71 : 9, 14 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 24 (1-1) : 6 2 Waar

Nadere informatie

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November

Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Dankoffersondag met Nagmaal 4 November Ek begin diens met afkondigings, votum, seëngroet Votum: Ons het ondervind dat die Here goed is. Kom na Hom toe, die lewende steen, wat deur die mense afgekeur is,

Nadere informatie

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman

VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman VERSPREI GOD SE LIEFDE (2) VERTEL ANDER VAN GOD SE LIEFDE 13 Augustus 2006, Ds Freddie Schoeman Die basis van ons verhouding met ander is dieselfde as die basis van ons verhouding met God en mekaar: GENADE.

Nadere informatie

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3.

MATTEUS 7:12. Votum en seën. Psalm 34 : 2, 4. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3. MATTEUS 7:12 Votum en seën Psalm 34 : 2, 4 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Psalm 4 : 3 Gebed Skrifberyming 53 (14-3) : 4 Skriflesing: Matteus 7:7-23 (AV 1983/91) Teks:

Nadere informatie

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die

eboeke word ontwikkel en gratis verskaf deur die Ons praat baie van dinge wat in verhouding tot mekaar is, sonder om dit regtig agter te kom! As jy byvoorbeeld sê dat jy twee van die ses stukke van n pizza geëet het, het jy n verhouding beskryf: Die

Nadere informatie

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun?

Luister en praat. Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? Luister en praat Naam: Kyk na die prent en gesels daaroor. 1. Beskryf wat jy in die prent sien. 2. Waaraan, dink jy, dink die seun? 3. Waaraan, dink jy, dink die kat? 4. Hoekom dink jy is daar ʼn slot aan

Nadere informatie

Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe

Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe SKRIFLESING: Genesis 19:1-30 TEKS: Genesis 19:26 TEMA: Die Here tree op teen dié wat terugdraai sonde toe Psalm 48 : 4 Psalm 7 : 6, 7 Psalm 1 : 1 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 38 (15-2) : 2, 3 As n mens

Nadere informatie

1 KORINTIËRS 10:31. Ook: Pss 8, 19 Ps 96 : 3, 4 Sb 2-5 (35) : 3

1 KORINTIËRS 10:31. Ook: Pss 8, 19 Ps 96 : 3, 4 Sb 2-5 (35) : 3 1 KORINTIËRS 10:31 Votum en seën Psalm 92 : 1, 2 [Tweede melodie P van den Burg] Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983/91) Skrifberyming 15-1 (75) : 2, 4 Gebed Psalm 90 : 1, 9

Nadere informatie

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof?

Gemeenskap. Wat is n gemeenskap? n Gemeenskap het n hoof/hoof? Gemeenskap Wat is n gemeenskap? Die woord gemeenskap dui n intieme verband tussen mense aan. Mense wat deel aan iets, maar dit wat hulle deel is baie besonders. Uit die Grieks is die woord vir gemeenskap

Nadere informatie

Tema 1: Ek en my nuwe skool Week 1, 2 en 3

Tema 1: Ek en my nuwe skool Week 1, 2 en 3 Eerste Kwartaal Tema 1: Ek en my nuwe skool Week 1, 2 en 3 Voorbereiding Doelstellings Lees: Spreuke 1: 4 Mattheus 6: 25-34 Eksodus 22: 28 Romeine 13: 1-7 1. Opvoeding en onderrig by die skool sluit aan

Nadere informatie

FAKTORE EN VEELVOUDE

FAKTORE EN VEELVOUDE FAKTORE EN VEELVOUDE Ons gaan nou na n paar stukkies teorie kyk in verband met Natuurlike- en Telgetalle. Voltooi: 3 X 1 = 3 X 2 = 3 X 3 = 3 X 4 = 3 X 5 = Ons sê dus dat 3, 6, 9, 12 en 15 VEELVOUDE is

Nadere informatie

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20

10. Ek is by julle Matteus 28:16-20 10. Ek is by julle Matteus 28:16-20 Tema Jesus verseker mense wat Hom aanbid, en selfs dié wat nog twyfel, dat Hy, die Almagtige, by hulle is wanneer hulle uitgaan om dissipels oor die hele wêreld heen

Nadere informatie

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36

KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36 KOLOSSENSE 3:17 HK Sondag 36 Votum en seën Psalm 20 : 1, 2, 7 Gebed Skriflesing: Kolossense 3:1-17 (AV 1983) Belydenis: HK 36:99 Teks: Kolossense 3:17 (AV 1983) Psalm 118 : 5 Preek: God se kinders eer

Nadere informatie

In nood kan ons God as Vader aanroep.

In nood kan ons God as Vader aanroep. SKRIFLESING: Jesaja 63:7 64:12 TEKS: Jesaja 63:16 en 64:8 HK 9 TEMA: In nood kan ons God as Vader aanroep. Psalm 33 : 1 Skrifberyming 17 (17-1) : 5, 6 Psalm 103 : 7 Psalm 33 : 11 Ook: Ps 104 Sb 33 2 Na

Nadere informatie

SKRIFLESING: Johannes 3:1-21. TEKS: Johannes 3:16. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 25 : 3. Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1

SKRIFLESING: Johannes 3:1-21. TEKS: Johannes 3:16. Psalm 149 : 1, 2. Psalm 25 : 3. Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1 SKRIFLESING: Johannes 3:1-21 TEKS: Johannes 3:16 INHOUD: Die liefde van God Psalm 149 : 1, 2 Psalm 25 : 3 Psalm 103 : 6 (na doop) Skrifberyming 33 (2-4) : 1 2 As ons sou weet dat die wêreld hierdie week

Nadere informatie

JULLE MOET WEDERGEBORE WORD

JULLE MOET WEDERGEBORE WORD JULLE MOET WEDERGEBORE WORD Deur Abba Vader 23Oktober 2007 om 09;18 Julle moet nie glo dat julle al wedergebore is nie. Die ware wedergeboorte is n langsame en delikate proses. Van julle het al die geestelike

Nadere informatie

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder.

God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. SKRIFLESING: Romeine 8:18-30 TEKS: Romeine 8:28 HK 9 TEMA: God laat alles Sy kinders se saligheid bevorder. Psalm 30 : 3, 4 Skrifberyming 33 (2-4) : 1 Psalm 119 : 25 Skrifberyming 78 (13-3) Ook: Sb 52

Nadere informatie

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nabetragting)

Pretoria- 27 Mei 2012 (Nabetragting) 1 Skriflesing: Psalm 16 Teks: Psalm 16:10-11a Sing- Ps. 68:15; Ps. 23:2; Ps. 2:4 Petrus preek op Pinkstersondag, Psalm 16 (vgl. Hand 2:25-31). Broeder en suster, watter aangrypende Psalm, waar Dawid as

Nadere informatie

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35

Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35 Lewensoriëntering Vraestel 12 Graad 6 Totaal: 35 Vraag 1 GROEPSDRUK Vul die ontbrekende woorde in. 1. Hierdie scenario is n voorbeeld van en groepsdruk vind hoofsaaklik plaas tussen mense van dieselfde

Nadere informatie

Rom 8:1. DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

Rom 8:1. DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. Rom 8:1 DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie, vir die wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees. 1 Kor 1:2 aan die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die

Nadere informatie

Die Here is naby. Reeks preke oor die brief aan die Filippense. Dr AH Bogaards. Preek 7

Die Here is naby. Reeks preke oor die brief aan die Filippense. Dr AH Bogaards. Preek 7 1 Die Here is naby Reeks preke oor die brief aan die Filippense Dr AH Bogaards 2014 Preek 7 Lees: Fil.1:27-30 Teks: Fil.1:27,28a (Fil.reeks nr.7) Datum: 26 Januarie 2014 Psalms: 68:1,2;118:11; 65:2; 68:3,4,5;

Nadere informatie

Teks: Lukas 17:11-19 Belydenis: H.K. Sondag 32 Tema: Dankbaarheid draai ons na God

Teks: Lukas 17:11-19 Belydenis: H.K. Sondag 32 Tema: Dankbaarheid draai ons na God Datum 24 Januarie 2016 Teks: Lukas 17:11-19 Belydenis: H.K. Sondag 32 Tema: Dankbaarheid draai ons na God Liedere: Psalm 107:1, 10 Psalm 1:1 Psalm 119:37 Psalm 116:1, 7 Psalm 100:1-4 * Die meeste van ons,

Nadere informatie

TEKS: Matteus 28:11-15 HK 17. Jesus se opstanding, wat regtig gebeur het, gee moed en hoop.

TEKS: Matteus 28:11-15 HK 17. Jesus se opstanding, wat regtig gebeur het, gee moed en hoop. SKRIFLESING: Matteus 27:62 28:15 TEKS: Matteus 28:11-15 HK 17 TEMA: Jesus se opstanding, wat regtig gebeur het, gee moed en hoop. Psalm 118 : 12 Psalm 37 : 17, 18 Psalm 16 : 5 Psalm 71 : 1, 2 1 Daar word

Nadere informatie

Om God se droom vir jou lewe te mis... Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Om God se droom vir jou lewe te mis... Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Om God se droom vir jou lewe te mis... Ds Willem Louw: NG Kerk Miederpark Lees: Rig.2:1-10 (lees ook hoofstuk een vir groter konteks) 1. God het ʼn Droom vir jou en my. Hy wil ons seën. Israel is op ʼn plek

Nadere informatie

Les 11 vir 10 Desember 2016

Les 11 vir 10 Desember 2016 Les 11 vir 10 Desember 2016 Gord dan soos n man jou heupe dan sal Ek jou ondervra, en onderrig jy My. (Job 38:3) God het in 'n onverwagse en skouspelagtige wyse opgedaag na Elíhu se toespraak. God het

Nadere informatie

Sakkie Parsons E-Pos Bediening

Sakkie Parsons E-Pos Bediening Sakkie Parsons E-Pos Bediening E-pos: sparsons@absamail.co.za Webtuiste: www.sakkieparsons.co.za Sel: 082-568 2704/Tel: 012 543 3669 Tekens Is Vir Die Gelowige en Nie Vir Die Ongelowige Nie Ek wil graag

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISONELE TAAL NOVEMBER 2012 PUNTE: 100 TYD: 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. Bladsy 1 van 7 INSTRUKSIES EN INLIGTING

Nadere informatie

Pretoria- 14 Augustus 2011

Pretoria- 14 Augustus 2011 1 Skriflesing: Prediker 3:1-15 Teks: Prediker 3:1-2a Sing- Ps.118:1,2; Ps.64:1,6,7; Ps. 104:1,12; Ps. 31:1,12 Broeder en suster- Ons lewe mag vir ons lyk soos n groot legkaart, waar ek baie keer voel dat

Nadere informatie

Tema: Prys die Here vir tweede kanse met jou hele lewe. Vooraf sang Lied 188: 1,3 Lied 200:1,2

Tema: Prys die Here vir tweede kanse met jou hele lewe. Vooraf sang Lied 188: 1,3 Lied 200:1,2 1 Tema: Prys die Here vir tweede kanse met jou hele lewe Vooraf sang Lied 188: 1,3 Lied 200:1,2 Ontmoetingsdiens Intreelied Ps. 32 2: 4 Votum Seën Lofsang Ps. 107 1: 1,3,10. Woorddiens Gebed Skriflesing:

Nadere informatie

Wat leer ons die week? Kwartaal 3 Week 7

Wat leer ons die week? Kwartaal 3 Week 7 Wat leer ons die week? Kwartaal 3 Week 7 Om leeruitdagings ten volle aan te durf en die vooruitsigte van teater bederf is die week se vooruitsigte! NUWE KONSEPTE Tema: Groente Ons bespreek die volgende

Nadere informatie

Die Groot Stryd tussen Christus en Satan is die agtergroud regdeur die Bybel. Dit is besonders duidelik in die boek Job. Die Groot Stryd.

Die Groot Stryd tussen Christus en Satan is die agtergroud regdeur die Bybel. Dit is besonders duidelik in die boek Job. Die Groot Stryd. Les 2 vir 8 Oktober 2016 Die Groot Stryd tussen Christus en Satan is die agtergroud regdeur die Bybel. Dit is besonders duidelik in die boek Job. Die Groot Stryd. Die Stryd begin. Die Stryd op Aarde. Die

Nadere informatie

Preek - Sondag 28 Augustus 2016 Fokus 3 - Luk 18:1-9

Preek - Sondag 28 Augustus 2016 Fokus 3 - Luk 18:1-9 Preek - Sondag 28 Augustus 2016 Fokus 3 - Luk 18:1-9 Jacques Rynard en Jan-Paul Otto het saam met Jacques se pa gaan teiken skiet. Daar is n skiet ongeluk en Jacques se pa is oorlede. Jan-Paul is die persoon

Nadere informatie

SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8. TEKS: Openbaring 1:8. Die Here omvat alles altyd. Psalm 90 : 1, 2. Psalm 65 : 2, 4. Psalm 102 : 11

SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8. TEKS: Openbaring 1:8. Die Here omvat alles altyd. Psalm 90 : 1, 2. Psalm 65 : 2, 4. Psalm 102 : 11 SKRIFLESING: Openbaring 1:1-8 TEKS: Openbaring 1:8 TEMA: Die Here omvat alles altyd. Psalm 90 : 1, 2 Psalm 65 : 2, 4 Psalm 102 : 11 Skrifberyming 10 (5-4 ) 5, 6 [Ook: Sb 7-2 : 1, 2 Sb 24 : 1, 7] 1 Die

Nadere informatie

SKOOL AFRIKAANS - GR 6 JUNIE 2010 AFDELING A: KREATIEWE SKRYFWERK TOTAAL: 100 NAAM:

SKOOL AFRIKAANS - GR 6 JUNIE 2010 AFDELING A: KREATIEWE SKRYFWERK TOTAAL: 100 NAAM: SKOOL AFRIKAANS - GR 6 JUNIE 2010 Eksamen TYD: 120 min TOTAAL: 100 NAAM: Instruksies 1. Vul eerstens jou naam en van op die antwoordblaaie neer. 2. Lees jou vrae noukeurig voordat jy antwoord. 3. Alle

Nadere informatie

Johannes 9:13-34; /03/2014

Johannes 9:13-34; /03/2014 Johannes 9:13-34; 39-41 16/03/2014 Die bekende skrywer, Max Lucado, vertel van n blinde man met die naam, Bob Edens wat 51 jaar lank blind was, voor n oogspesialis sy oë in n baie ingewikkelde operasie,

Nadere informatie

MATTEUS 3:1-12 SONDAG 8 DESEMBER 2013

MATTEUS 3:1-12 SONDAG 8 DESEMBER 2013 1 MATTEUS 3:1-12 SONDAG 8 DESEMBER 2013 Broers en susters, Matteus stel n baie interessante man aan sy lesers voor. *Ontmoet Johannes die Doper! Ontmoet die man met die eienaardige klere en ongewone dieet.

Nadere informatie

2 KONINGS 6:20. Votum en seën. Psalm 104 : 1, 20. Gebed. Skriflesing: 2 Konings 6:8-23 (AV 1983) Teks: 2 Konings 6:20 (AV 1983) Psalm 46 : 1

2 KONINGS 6:20. Votum en seën. Psalm 104 : 1, 20. Gebed. Skriflesing: 2 Konings 6:8-23 (AV 1983) Teks: 2 Konings 6:20 (AV 1983) Psalm 46 : 1 2 KONINGS 6:20 Votum en seën Psalm 104 : 1, 20 Gebed Skriflesing: 2 Konings 6:8-23 (AV 1983) Teks: 2 Konings 6:20 (AV 1983) Psalm 46 : 1 Preek: Die Here wys Sy vyande Sy mag en liefde Gebed Kollekte Psalm

Nadere informatie

Jesus beskryf die werking van die Heilige Gees as volg:

Jesus beskryf die werking van die Heilige Gees as volg: HEILIGE GEES SE WERKING IN DIE LEWE VAN DIE CHRISTEN (NT): Jesus leer ons wel dat die werk van die Heilige Gees teenwoordig is by die bekering sowel as wedergeboorte (vernuwing) van die nuwe Christen.

Nadere informatie

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde

Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde Proses van wysiging van Artikel 1 van die Kerkorde Algemene Sinode 1998/2003 Die Algemene Sinode aanvaar dat die Belydenis van Belhar op sigself genome nie met die drie formuliere van eenheid in stryd

Nadere informatie

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2

Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2 Kingswood College Departement Afrikaans AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 9 VRAESTEL 2 Eksaminator: Mnr. D. Koen Tyd: 2 UUR Moderators: Mnr. T. Scholtz Totaal: [100] Me. M. Muller November 2014 Me.

Nadere informatie

Toe sê Jesus vir hulle : Kom eet. Nie een van die dissipels het sover gekom om vir Hom te vra : Wie is U, nie. Hulle het geweet dat dit die Here is.

Toe sê Jesus vir hulle : Kom eet. Nie een van die dissipels het sover gekom om vir Hom te vra : Wie is U, nie. Hulle het geweet dat dit die Here is. Johannes 21:12 Ds Willem Kotze Toe sê Jesus vir hulle : Kom eet. Nie een van die dissipels het sover gekom om vir Hom te vra : Wie is U, nie. Hulle het geweet dat dit die Here is. Kom eet! 2 Woordjies

Nadere informatie

EKURHULENI NORTH November 2015 Graad 05 Afrikaans EAT

EKURHULENI NORTH November 2015 Graad 05 Afrikaans EAT Afdeling A: Leesbegrip EKURHULENI NORTH Lees die storie en beantwoord die vrae Samantha en Tinkerbel se nuwe maats 1 2 3 4 Eendag was daar n dogtertjie met die naam Samantha. Sy het saam met haar ma en

Nadere informatie

NUWE WYN STILTETYD. Leer kinders die daaglikse praktyk van stiltetyd. Dr. Christo Nel. N u w e W y n v i r k i n d e r s

NUWE WYN STILTETYD. Leer kinders die daaglikse praktyk van stiltetyd. Dr. Christo Nel. N u w e W y n v i r k i n d e r s NUWE WYN STILTETYD Leer kinders die daaglikse praktyk van stiltetyd Dr. Christo Nel 2012 N u w e W y n v i r k i n d e r s Contents STILTETYD... 2 DEEL 1 WAT IS STILTETYD?... 2 DEEL 2 HOEKOM HOU 'N MENS

Nadere informatie

PREEK: SONDAG 29 Maart 2015 ONTNUGTERING Ds. Attie Steyn

PREEK: SONDAG 29 Maart 2015 ONTNUGTERING Ds. Attie Steyn PREEK: SONDAG 29 Maart 2015 ONTNUGTERING Ds. Attie Steyn Ontnugtering! Jeremia 15:10, 15-18; 20:7-13 (Die Boodskap-vertaling word gebruik, tensy anders aangedui) 1. Die krisis wat profeet-wees bring As

Nadere informatie

KINDERDIENS JEREMIA 18: APRIL 2013

KINDERDIENS JEREMIA 18: APRIL 2013 1 KINDERDIENS JEREMIA 18:1-1 14 APRIL 2013 Liewe kinders, broers en susters, (1 a)het julle al iets probeer bou met LEGO s en dan n baie (1b)goeie plan gehad van wat jy wil bou maar toe werk dit nie uit

Nadere informatie

GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS

GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS 2011 GRAAD 3 GESYFERDHEID VOORBEELDITEMS (AFRIKAANS) ONDERWYSERSGIDS INSTRUKSIES AAN ONDERWYSERS 1. Daar is makliker en moeiliker items. 2. Die voorbeelditems is so saamgestel dat leerders hulself kan

Nadere informatie

Kan jy raai watter klankie ons in hierdie boek gaan leer? Naam: Oupa Muis woon in n huis onder n struik. Daar voel hy sommer tuis.

Kan jy raai watter klankie ons in hierdie boek gaan leer? Naam: Oupa Muis woon in n huis onder n struik. Daar voel hy sommer tuis. Naam: Oupa Muis woon in n huis onder n struik. Daar voel hy sommer tuis. In sy kombuis sit hy en eet n druif. Hy is vriende met duif, maar hy bly liewer uit oupa uil se pad. Kan jy raai watter klankie

Nadere informatie

DIE VOOR-ISRAELITIESE GESKIEDENIS

DIE VOOR-ISRAELITIESE GESKIEDENIS DIE VOOR-ISRAELITIESE GESKIEDENIS HOOFSTUK 1: DIE SKEPPING Die eerste ding wat aan ons geopenbaar word en wat ons moet weet! is dat God die hemel en die aarde geskape het. God doen dit aan die begin. Toe

Nadere informatie

FORMULIER VIR DIE BEDIENING VAN DIE NAGMAAL

FORMULIER VIR DIE BEDIENING VAN DIE NAGMAAL FORMULIER VIR DIE BEDIENING VAN DIE NAGMAAL Instelling van 1 Kor 11: 23-26 Geliefdes in die Here Jesus Christus Die Here het self ingestel. Daarvan getuig Paulus: "Ek het van die Here ontvang wat ek ook

Nadere informatie

PSALM 127:3-5. Votum en seën. Psalm 146 : 1, 6. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 90 : 4.

PSALM 127:3-5. Votum en seën. Psalm 146 : 1, 6. Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels. Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 90 : 4. PSALM 127:3-5 Votum en seën Psalm 146 : 1, 6 Geloofsbelydenis: Twaalf Artikels Wet: Eksodus 20:1-17 (AV 1983) Psalm 90 : 4 Doopformulier Psalm 146 : 8 (na doop) Skriflesing: Psalm 127 (AV 1983) Teks: Psalm

Nadere informatie

Ons fokus vandag op die tydperk tussen Jesus se opstanding en Sy hemelvaart, en die invloed wat dit op mense gehad het.

Ons fokus vandag op die tydperk tussen Jesus se opstanding en Sy hemelvaart, en die invloed wat dit op mense gehad het. Jacobus 3:13-18 Ds Willem Kotze Eers agtergrond inligting: Ons fokus vandag op die tydperk tussen Jesus se opstanding en Sy hemelvaart, en die invloed wat dit op mense gehad het. n Tydperk van 40 dae,

Nadere informatie

Skoolgereed in 10 weke: Week 1

Skoolgereed in 10 weke: Week 1 Skoolgereed in 10 weke: Week 1 www.kinderwerf.co.za Vaardigheid 1: Kan jou kind al skoenveters vasmaak? Indien hy/sy nog sukkel, oefen dit met hierdie oulike skoenveter-rympie! Hasie-gaatjie om die draaitjie,

Nadere informatie

Hoe om vlae aan te bied

Hoe om vlae aan te bied Hoe om vlae aan te bied Dit is belangrik dat Voortrekkers die geskiedenis van die landsvlag ken. Stappe 1. Jy benodig: kleurkryt en fotostate van die landsvlag wat nie ingekleur is nie. 2. Deel vir elke

Nadere informatie

n Vuurmaak Kit vir Pappas

n Vuurmaak Kit vir Pappas n Vuurmaak Kit vir Pappas Doel: Dat elke kind sal verstaan dat Heilige Gees ook n vuur is, wat aangeblaas en geblus kan word. Dat Heilige Gees God is en dat ons Hom kan teenstaan, bedroef (hartseer maak),

Nadere informatie

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL Kingswood College AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL GRAAD 11 VRAESTEL 2 JULIE 2013 TYD: 2½ UUR 100 PUNTE Eksaminator: Mnr. D. Koen Moderators: Mnr. T. Scholtz Me. M. Muller Leeruitkomste en Assesseringstandaarde:

Nadere informatie

Gereformeerde Kerk Strand Hooglied 8

Gereformeerde Kerk Strand Hooglied 8 Gereformeerde Kerk Strand Hooglied 8 Teks: Hooglied 8 Fokus: Hooglied 8:6,7 Inleiding Liefde. Dit is n woord wat al baie myle op hom het. n Woord wat soms al holrug gery is. Tog, omtrent in die middel

Nadere informatie

WAARDES VIR DIE WEDSTRYD REEKS (SONDAG 10 MEI - SATERDAG 13 JUNIE 2015)

WAARDES VIR DIE WEDSTRYD REEKS (SONDAG 10 MEI - SATERDAG 13 JUNIE 2015) WAARDES VIR DIE WEDSTRYD REEKS (SONDAG 10 MEI - SATERDAG 13 JUNIE 2015) INHOUDSOPGAWE VOORWOORD 1 HOE OM DEEL TE NEEM AAN DIE REEKS 2 KERKSONDERMURE SE CREDO 3 OORSIG VAN DIE HELE REEKS *Elke week se inhoud

Nadere informatie

20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde

20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde SW Aardrykskunde 20. Biodiversiteit: die biome van die planeet Aarde Aktiwiteite 1. Kyk na die volgende foto s. Watter van hierdie organismes speel na jou oordeel die belangrikste rol in die voedselketting.

Nadere informatie

Algemene Grootboek. DIT IS BAIE BELANGRIK NOU OM TE WEET WATTER REKENINGE IS BATES, EIENAARSBELANG en LASTE.

Algemene Grootboek. DIT IS BAIE BELANGRIK NOU OM TE WEET WATTER REKENINGE IS BATES, EIENAARSBELANG en LASTE. Algemene Grootboek Skryf die eerste vier stappe van die Rekeningkundige siklus neer: 1. 2. 3. 4. So met ander woorde, 1. Eerstens moes daar n transaksie plaasvind, 2. dan moes die transaksie wat plaasgevind

Nadere informatie

SONDAG 11 MEI 2014 DANKIE

SONDAG 11 MEI 2014 DANKIE TOETREDE: Psalm 84:1 en 4 SONDAG 11 MEI 2014 DANKIE VOTUM: Soos die oë van n dienskneg gerig is op die hand van sy eienaar soos die oë van n diensmeisie gerig is op die hand van haar eienares so is ons

Nadere informatie

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3

Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3 Johannesburg Cluster Common Examination Vraestel 3 Kreatiewe Skryfwerk November 2011 AFRIKAANS EAT GRAAD 10 Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye. INSTRUKSIES: 1. Kies en beantwoord EEN vraag uit elke

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 12 AFRIKAANS EERSTE ADDISONELE TAAL JUNIE 2014 PUNTE: 100 TYD: 2 ½ UUR Hierdie VRAESTEL bestaan uit 7 bladsye. Bladsy 1 van 7 INSTRUKSIES EN INLIGTING INSTRUKSIES:

Nadere informatie

Joh 4 Aanbidding in Gees en Waarheid

Joh 4 Aanbidding in Gees en Waarheid Joh 4 Aanbidding in Gees en Waarheid As jy nie in n aanbiddings-verhouding met God bly nie, gaan jy ook nie by die waarheid bly nie. As die waarheid van Christus en die evangelie nie in jou gees geopenbaar

Nadere informatie

7. Die tien plae en die instelling van die Pasga

7. Die tien plae en die instelling van die Pasga 7. Die tien plae en die instelling van die Pasga Exodus 6-12 God is almagtig God se ewige krag word duidelik sigbaar. Hy verlos sy volk deur magtige wonderdade. Hierdie hoofstuk fokus op die volgende hoofgedagtes:

Nadere informatie

Wêreld vrede het die mens nog altyd ontduik. Ten spyte van soveel skoonheidskoninginne se mooi voornemens.

Wêreld vrede het die mens nog altyd ontduik. Ten spyte van soveel skoonheidskoninginne se mooi voornemens. Preek: Numeri 6:22-27 Daar is min dinge so ongemaklik soos om in 'n huis in te stap waar die familielede baklei. Ek weet nooit mooi hoe om te reageer nie. Gewoonlik skuifel ek maar op een plek rond. Kyk

Nadere informatie

Lijken op de Heer. heeft Hij ook tevoren bestemd om aan het beeld van zijn Zoon gelijkvormig te zijn,... opdat Hij de Eerstgeborene zou zijn

Lijken op de Heer. heeft Hij ook tevoren bestemd om aan het beeld van zijn Zoon gelijkvormig te zijn,... opdat Hij de Eerstgeborene zou zijn Lijken op de Heer heeft Hij ook tevoren bestemd om aan het beeld van zijn Zoon gelijkvormig te zijn,... 755 689 opdat Hij de Eerstgeborene zou zijn 1 Je bent bestemd om op Gods Zoon te lijken JHO 23112014

Nadere informatie

WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING?

WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING? WAT BETEKEN GESLAGSGELYKHEID BINNE N VERHOUDING? GESLAGSGELYKHEID ALLE PERSONE MOET GELYK WEES VOOR DIE WET Die Namibiese Grondwet, Artikel 10 Wil jy n plakkaat hê? Kinders uit ons jeuggroep het plakkate

Nadere informatie

Skenk ons n helder Somerkersfees in hierdie land, o Heer. Hoor jy hoe sag die klokke beier in eeueoue

Skenk ons n helder Somerkersfees in hierdie land, o Heer. Hoor jy hoe sag die klokke beier in eeueoue Welkom o stille nag van vrede, onder die suiderkruis, Wyl stemme uit die ou verlede oor sterrevelde ruis. Kersfees kom, kersfees kom- gee aan God die eer. Skenk ons n helder Somerkersfees in hierdie land,

Nadere informatie

Die Here het n groot wrewel aan mense wat onder die indruk verkeer dat hulle Hom kan dien en daarmee saam volop genietinge van die sonde kan hê.

Die Here het n groot wrewel aan mense wat onder die indruk verkeer dat hulle Hom kan dien en daarmee saam volop genietinge van die sonde kan hê. Sing vooraf: Psalm 89:6-6- Hoe salig is die volg wat luister na u woord, hul wandel in die lig wat van U afstraal, voort. Hul sal hul in u diens, waaraan hul toegewy is, die ganse dag verheug, omdat hul

Nadere informatie

Ontmoeting 13. Wyding. Woord. Welkom

Ontmoeting 13. Wyding. Woord. Welkom Ontmoeting 13 Saulus word deur God se lig aangeraak en sy lewe word verander. Na sy ontmoeting met God het hy sy lewe aan God gewy. Waar hy eers mense wat in God geglo het, vervolg het, sit hy nou aan

Nadere informatie

Soek al die woorde met n y klank en skryf dit in jou woordeboek.

Soek al die woorde met n y klank en skryf dit in jou woordeboek. Week 3 Datum: Bosluis se huis Ben Bosluis sit op n grassie. Hy wag vir n huis om verby te kom. Hy soek n huis, en hy soek kos. Hier kom Ietermagô verby. Sal ek lekker op sy skubbe bly? wonder Ben Bosluis.

Nadere informatie

Les 14: Entrepreneurskap

Les 14: Entrepreneurskap Les 14: Entrepreneurskap Aktiwiteit Beantwoord die volgende vrae deur die regte kolom te merk Altyd Gereeld Soms Nooit A Dryfkrag en motivering 1. Ek is nie seker wat ek van die lewe dink nie. 0 1 2 3

Nadere informatie

LYDING. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19: Jesus Christus word arm en naak en oorwonne vir ons. Psalm 68 : 9.

LYDING. SKRIFLESING: Johannes 19: TEKS: Johannes 19: Jesus Christus word arm en naak en oorwonne vir ons. Psalm 68 : 9. LYDING SKRIFLESING: Johannes 19:17-37 TEKS: Johannes 19:23-24 TEMA: Jesus Christus word arm en naak en oorwonne vir ons. Psalm 68 : 9 Psalm 32 : 1 Psalm 71 : 4 (na doop) Skrifberyming 44 (15-8) : 2, 5

Nadere informatie

Natuurlik moet jy soos elke ander keer, in die lig van 1 Tess 5:19 e.v., vir jouself aan Sy voete gaan seker maak of dit werklik van Hom af kom.

Natuurlik moet jy soos elke ander keer, in die lig van 1 Tess 5:19 e.v., vir jouself aan Sy voete gaan seker maak of dit werklik van Hom af kom. Profetiese woord vir 2016 Deel 1 Inleiding: Wat is profesie se bedoeling? Wat ek hier vir jou bring is ek van oortuig is n woord van die lewende God. Dit is dieselfde God wat in 2013 vir my gesê het om

Nadere informatie

GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 12 SEPTEMBER 2014 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3 PUNTE: 100 TYD: 2½ uur *AFRFA3* Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. 2 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

Nadere informatie

MATTEUS 10:16. Votum en seën. Psalm 89 : 1. Gebed. Skriflesing: Matteus 10:5-20 (AV 1983/91) Teks: Matteus 10:16 (AV 1983/91) Psalm 67 : 2

MATTEUS 10:16. Votum en seën. Psalm 89 : 1. Gebed. Skriflesing: Matteus 10:5-20 (AV 1983/91) Teks: Matteus 10:16 (AV 1983/91) Psalm 67 : 2 MATTEUS 10:16 Votum en seën Psalm 89 : 1 Gebed Skriflesing: Matteus 10:5-20 (AV 1983/91) Teks: Matteus 10:16 (AV 1983/91) Psalm 67 : 2 Preek: Christus se kerk moet versigtig en opreg werk Gebed Kollekte

Nadere informatie

JOHANNESBURG EAST DISTRICT

JOHANNESBURG EAST DISTRICT JOHANNESBURG EAST DISTRICT DISTRIK-EKSAMEN GRAAD 10 AFRIKAANS EERSTE ADDISONELE TAAL NOVEMBER 2013 PUNTE: 100 TYD: 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye. Bladsy 1 van 7 INSTRUKSIES EN INLIGTING

Nadere informatie

1. Energie is iets binne-in mense, diere en dinge wat hulle laat. 2. Waarvandaan kom alle energie op aarde?

1. Energie is iets binne-in mense, diere en dinge wat hulle laat. 2. Waarvandaan kom alle energie op aarde? 14 Energie Wat weet ek van energie 1. Energie is iets binne-in mense, diere en dinge wat hulle laat. 2. Waarvandaan kom alle energie op aarde? 3. Gebruik die soorte energie in die blokkie en vul die regte

Nadere informatie

Skriflesing: Sondag 17 Teks: Romeine 8:10-11; Sing- SAMESANG: Ps.16:4,5 TYDENS EREDIENS: Ps.9:8,13; Ps.48:4; Sb.10:1,2,5,6

Skriflesing: Sondag 17 Teks: Romeine 8:10-11; Sing- SAMESANG: Ps.16:4,5 TYDENS EREDIENS: Ps.9:8,13; Ps.48:4; Sb.10:1,2,5,6 Pretoria-.. 1 Skriflesing: 1 Korinthiërs 15:1-11; Romeine 8:1-17; Romeine 10:8-10 Heidelbergse Kategismus: Teks: Romeine 8:10-11; Sing- SAMESANG: Ps.16:4,5 TYDENS EREDIENS: Ps.9:8,13; Ps.48:4; Sb.10:1,2,5,6

Nadere informatie

Sakkie Parsons E-Pos Bediening Webtuiste: E-pos: / Sel:

Sakkie Parsons E-Pos Bediening Webtuiste:  E-pos: / Sel: Sakkie Parsons E-Pos Bediening Webtuiste: www.sakkieparsons.co.za E-pos: sparsons@absamail.co.za / bediening@sakkieparsons.co.za Sel: 083 457 6669 laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van

Nadere informatie